|
Aug 2010
IN AUGUSTUS
het verskyn: | Die volgende Onderwerpe / Resepte / Lesers navrae | 31 | All bran karringmelk beskuit | 21 | Tjailatyd-botterbroodjies | | Kaas plaatkoekies | 15 | Piesangs! |
| Piesangbrood | | Piesangjellie | 11 | Pitabrood | | Winter breyani | 8 | Cholesterol |
3 | Candida en candida
resepte | 1 | ALLES OOR komkommers!! |
AUGUSTUS 2010
31 Augustus Liewe Vriende! Ons is weer veilig
tuis! Ek het die Drakensberge oppad Transkei toe natuurlik vreeslik geniet! BAIE meer as die hele toertjie na Transkei! Die
Drakensberge praat altyd met daardie diep binnekant van my hart se punt..! En Og ja! Die see was net so wonderlik mooi, ongerep
het watervalle, soms oor kranse in die riviere benede, of soms direk in die see getuimel en het ek in verwondering gestaan
en kyk hoe duiwe in vlug sommer daardeur swenk en die druppels in keervlug afskud. Varings en lelies verdring mekaar nog, en
die reuk van die veld maak iets diep binnekant mens los. Tarentale wat langs sandsteen murasies skrop en bloedrooi Koraalblomme
wat in oorvloed aan die nog kaal stamme, teen die blousel blou lug afsteek, het my laat verlang na ek weet nie wat nie! Om
soveel uit God se Hand te ontvang, maak my nederig en bly en so so dankbaar! Maar, soos altyd, is dit OOS-WES, TUIS BES
vir hierdie huishen! En natuurlik is die blikke nou dolleeg en sal ek gou die volgende baksel KARRINGMELK BESKUIT moet
bak! Vir diegene wat nie KARRINGMELK het nie: Gebruik dieselfde hoeveelheid melk of Ideal Melk, en voeg daarby 2 Etl asyn
OF Suurlemoensap, OF gebruik dieselfde hoeveelheid Kefir OF Joghurt!  ALL-BRAN-KARRINGMELK
BESKUIT Oond:180 grade 1,5 kg Bruismeel 10ml sout 500
ml suiker 4 x 250 ml All-Bran Flakes 250 ml klapper 500g
Stork Bake 3 eiers 500 ml Kefir of Karringmelk Gooi al die droë
bestanddele saam. Smelt die botter Klits die eiers apart Gooi die Kefir of karringmelk
by die gesmelte botter, meng, en gooi dan die eiers by Gooi dan die mengsel by die droë bestanddele
en meng goed deur Maak dan bolletjies OF druk in pan en sny dit later met elektriese mes as klaar gebak, OF bak in
pan met afdrukker... Bak 35 min teen 180 op middelste oondrak, laat afkoel, breek los en droog uit, oornag in oond @
70-80 grade C, of vir sowat 3-4 ure @ 120 grade Celsius. Hou oond deur op skrefie oop tydens die uitdroog proses
met die steel van 'n houtlepel. Indien jy met 'n gasstoof bak, kan jy ook daarin uitdroog @ 120 grade Celsius maar hou die oonddeur
dan toe. Ek sal weens veiligheidsredes nie aanbeveel dat jy dit oornag doen nie alhoewel dit gedoen kan word. Ek sal ook aanbeveel
dat jy een van daardie los termometers aankoop wat jy net binne die deur van jou gasoond kan hang, want baie gasstowe het
nie 'n termometer in nie. Dit kan dinge net baie vergemaklik! Ek het een by ons plaaslike KLOPPERS gekry en dit lyk nes 'n
klein wekkertjie, en het 'n hakkie bo aan waaraan jy dit aan jou oondrak, gesiggie na die voorkant, kan hang. Ek het heel party navrae
van LESERS ontvang in my afwesigheid en aangesien die maand op sy rug lê, sal ek almal se navrae in SEPTEMBER beantwoord! Groetnis! Retha.
Dit is weer RSG 4x4
tyd! Die afgelope week is besig gehou met voorbereidings en pak en gereedmaak vir die groot pret wat wag! Al langs die Drakensberge
af tot by die see en dan weer terug... En vir 'n Bo-Karoo-naar is die vooruitsig om weer berg en veral see te sien, wonderlik! Oe! om weer langs die groen Drakensberge
te mag ry, langs die blou-blou see te kan staan... Die volgende stukkie wat 'n leseres aan my ge-epos het, is dus nou so van pas dat ek nie anders kan as om dit by
jul te laat tot ek weer terug is nie! ...Met
laagwater, kan mens die skatte tussen en aan die rotse van naderby beskou...Mossels staan uit....Hulle is so baie!...Weer kan mens ontdek hoe goed
hul aangepas is vir hulle unieke omstandighede. Die grootste deel van hul lewe is hulle onder water, is oop en maak
kossies bymekaar. Hulle skulpies, wat oop is onder die water, maak toe om hulle vogtig te hou wanneer hulle nie onder die
water is nie, en hulle teen die uitdroging van die son te beskerm. Wanneer hulle toegeskulp is, is hulle beskerm teen aanslae
van buite, maar hulle kan nie kossies bymekaar maak nie. Indien die water nie weer oor hulle sou spoel nie, sal hulle toegeskulp
bly, en sterf. Ons almal skulp sekere areas van ons lewens ook so toe, dat ons daarvan kan sterf. Ons skulp ons verbittering, onvergewensgesindheid,
geheime sondes en dies meer toe, en daarmee saam ook ons vrede, vryheid en geluk. Ons lewe in die donker - verhonger, uitgeteer,
eensaam... Kom
ons laat weer toe dat ons Vader se lewenswater en ons vriende se liefde oor ons spoel, maak oop en raak vry, laat jou vrugte
groei, dit is nodig om ons ander vriende weer mee te voed. Wanneer ons laagwater beleef, en ons het nie vriende wie se liefdes-vrugte
ons kan voed en ons so aan God se lewenswater herinner nie, is ons kanse baie groot om geestelik te sterf! God se water is altyd lewegewende hoogwater.... Hou jy net jou skulp oop, en jou vriende naby! ...en ietsie lekkers...deel van ons
padkos!  RSG-TJAILATYD- BOTTERBROODJIES 500g bruismeel 250ml vars room / jogurt 250 ml Sprite of Limonade knippie sout ekstra meel vir uitrol Sif die meel. Gooi sout in. Gooi al die room in. Gooi sommer
die Sprite (limonade) in die leë room houertjie in en gooi dan in die meel. Meng alles saam. Die beslag is soos ʼn
pap klei.. Rol uit tot so 2cm dik. Vat ʼn gewone drink glas (ek gebruik ʼn "tot" glasie vir mooi klein botterbroodjies)
en druk sirkels uit. Plaas sirkels op ʼn bakplaat en bak vir so 15 minute op 150C. Die botterbroodjies rys baie so moenie
te naby aan mekaar pak nie. Die botterbroodjies kan ook oor die kole gebak word oor lae hitte. Dien soos gewoonlik op met
konfyt en styf geklitste room. WENK: Gooi kaas en speserye by (of kaas en spek of biltong stukkies ) OF Kaneel en gemmer gemeng in die beslag met
ʼn bietjie kaneel en suiker op gestrooi en dan gebak. KAAS PLAATKOEKIES  1 pakkie "ROYCO Kaas-VIS-Bake" 1 kp bruismeel 1 eier geklits 300 ml melk 2 Etl fyn gerasperde kaas Olie vir gaarmaak Meng als goed. Skep lepelsvol in warm olie gesmeerde
pan, draai om sodra borrels verskyn. (Verwerkte resepte: RSG en A Eksteen)
Seënwense tot volgende week!
15 Augustus  Na my stukkie oor KOMKOMMERS
kry ek 'n nuttige skrywe
oor die geel aap-kos...en
noem my gerus 'n aap want ek is dol oor PIESANGS! En jy kan nie 'n aap sommer flous nie ...o nee! Veral nie 'n gebore Natalse een nie! Laat ek eerder die aap uit die mou laat en
vertel hoekom - behalwe vir die heerlike smaak daarvan- ek nou  PIESANGS se lof so wil besing en
waarom dit dus so voordelig in jou dieet is!  Piesangs bevat 3 soort suikers,
sukrose, fruktose en glukose tesame met vesel. Piesangs bied dus onmiddellike en standhoudende energie aan die liggaam,
ideaal vir die een wat moet gaan oefen of bloot net uit die vere moet kom! 2 piesangs bied glo genoeg energie vir 'n 90 minute
oefensessie! En die vesel daarin? Natuurlik goed teen hardlywigheid. Maar dis nie vanweë die energie en die vesel daarin wat PIESANGS
ons kan help nie, dit bied ook talle raad vir talle siektes: Piesangs bevat glo "tryptophan",
'n soort proteïen wat in die liggaam na serotonien - die goedvoel hormoon- omgeskakel word wat jou bui verlig,
jou kan laat ontspan en jou blyer kan laat voel. Dus ook 'n uitstekende middel teen Seisoenale Depressie! Die vitamien B6 daarin reguleer bloed glukose
vlakke wat ook jou bui kan help verlig, dus is dit goed vir PMS en ligte depressie en angs. Hoog in yster, Uiters hoog in potassium en laag in sout,
kan piesangs die stimulasie van hemoglobien in die bloed verhoog wat bloedarmoede teenwerk, en hoë bloeddruk
help verlaag. Potassium is 'n noodsaaklike mineraal wat die liggaam help om die hartklop te normaliseer, suurstof na die brein
te stuur en die water balans in die liggaam help reguleer. Wanneer ons gespanne raak verlaag die potassium vlakke, piesangs
kan help om die wanbalans te herstel en ons metabolisme 'n hupstootjie gee. Die potassium verhoog breinfunksie en versterk
konsentrasie en kan selfs beroertes help beveg. Volgens studies gedoen vir "The New England Journal of Medicine,"
kan die gereelde eet van piesangs, sterftes te wyte aan beroertes, tot 40 % verminder. Een van die vinnigste maniere om van 'n "babelaas"
ontslae te raak, is om 'n skommel te maak van melk, fyn piesang en heuning. Die piesang kalmeer die maag, die heuning herstel
bloedsuiker wanbalans en die melk herstel die vogbalans! Piesangs blyk ook goed te wees vir oggend naarheid en om deur die dag jou bloedsuiker vlakke konstant
te hou. Peusel gerus eerder aan 'n piesang as aan iets anders en hou so ook die gewig in toom. Piesangs het ook 'n natuurlike teensuur effek op die liggaam
en dus 'n vinnige maklike manier om sooibrand hok te slaan. Vanweë piesangs se sagte en gladde tekstuur vind baie maagseer lyers baat by die eet daarvan,
dit neutraliseer die oormatige afskeiding van maagsure en vorm 'n voering laag in die maag wat sodoende prikkelbaarheid
verlig. Die Vit
B6 en B12 , sowel as die Potassium en Magnesium in piesangs help met nikotien onttrekkings simptome, aan diegene wat probeer
om op te hou rook, bied piesangs dus 'n nuttige hulpmiddel. In vergelyking met appels, bevat piesangs 4 keer meer proteïen as 'n appel, 2 keer meer koolhidrate,
3 keer meer fosfate, 5 keer meer Vit A en yster en dubbel soveel van die res van die vitamiene en minerale wat in appels gevind
word! Dus kan ons
tereg eerder sê:  'n Piesang per dag laat die dokter
wag! En wat
van die skil? Voor
jy insekbyt- verligtings middels soek, vryf die blootgestelde gedeeltes met die binnekant van 'n piesangskil, dit verminder
die erge rooiheid, teerheid, irritasie, jeukerigheid en swelling van insekbyte. 'N stukkie piesangskil met 'n pleister vasgeplak op 'n vratjie, sal ook
glo help om daarvan ontslae te raak! Die binnekant van die skil kan ook as 'n vinnige skoenwaks dien, vryf oor jou skoen en poets daarna met 'n droë
sagte lap! Onthou
om verkieslik nie piesangs in die yskas te plaas nie. Hou by kamer temperatuur of effe koeler en eet dit net vinnig op! IDEES met PIESANGS... Karameliseer
ryp piesangs in bietjie olie en 'n strooiseltjie suiker en eet vir 'n WOEMA-ontbyt saam met roosterbrood. Piesangs saam met grondboontjiebotter maak
'n heerlike "NAGEREG-WAFEL-VULSEL" vir as jul kamp of stap. Vir nog 'n lekker kamp of stap nagereg: PIESANG-FOELIE-PAKKIES Draai 'n
piesang, 'n marshmallow en 'n stukkie flake in foelie toe en braai kortliks oor matige kole. Versap piesang, ½ tl vanilla en melk met een rou
eier vir 'n OPKIKKER DRANKIE voor strawwe oefening of daarna...  My maklike KLAM PIESANGBROOD RESEP! Klits 1kp
marg en 2 kp suiker tot romerig Voeg 1 tl vanilla by Voeg 2 eiers by en klits goed Sif 2 kp meel, 2 tl bakpoeier en ½ tl sout by, en laastens 6-8 fyngedrukte piesangs. Meng als goed. Bak in broodpanne by 180 grade C.  PIESANG-JELLIE
i.p.v. konfyt. ½
kp korente 6-8
piesangs ½
kp gemengde droë perskes of appelkose Verpulp die korente in ‘n versapper tot ‘n pasta. Voeg die piesangs en droë vrugte
by en verpulp verder tot glad en amper romerig. Hou in yskas in glasfles!  Hmmm...Piesangs is dus werklik die
rede waarom apies heeltyd so gelukkig is..! NS. ...en toe "google" ek my eie plasing, en die epos wat ek hieroor ontvang het, en raai? ...die volgende adresse het almal dieselfde
storie geplaas...! http://intlxpatr.wordpress.com/2008/03/31/going-bananas/ http://www.v-r-a.org/ppp/Bananas/Bananas.htm http://www.churchofthebanana.com/banana-facts http://www.banana.com/medicinal.html  Maar myne is tog eerste in Afrikaans!! Voila!!
11 Augustus  Nog een week dan is ons in die middel
van die maand! Augustusmaand. Wind-maand. Inderdaad! Die wind buite, doen geen onreg aan die maand se naam nie want dit waai behoorlik elke laaste droë
verrypte blaartjie van elke Wag-'n-bietjie-boom af. Dit waai en warrel soos stofrokkies hoog die lug in op, dwarrel en dans dat die rok-some bol staan,
balrokke sonder enkels of stewels, jy kan jou verbeel dis regte dames wat so baldadig dans i.p.v. dwarrelwinde wat opskiet
en los dwarrel en weer op 'n ander plek die riel begin draai... Stofdeeltjies speel met die eerste strale van die son, klein reënboogkorrels wat op en af
en heen en weer deur sonligstrale sweef. Die rivier skyn opdraand te vloei soos die wind die golfies druk-druk en vandag sal jy 'n onbekende kon oortuig,
dat die rivier se vloei Noord loop... Augustusmaand, ja Augustusmaand in volle glorie! Maar vandag weet jy ook, jy bly eerder binne! Dit is dus Vandag, 'n uitstekende geleentheid
om Dewald Lambertus Hattingh se resepte uit te toets! Dankie Dewald vir die aanstuur hiervan! (oorspronklik afkomstig van
Nonnie Dedekind se blog.) Hy
haal aan: Ek
is seker jy wonder ook wat jy vanaand gaan maak vir ete. Ek weet altyd dat ek wyn wil drink, maar nie altyd wat daarby te
eet nie Ek
sit met 'n bottel pinotage ,mens moet sommer 'n lekker nagereg maak, soos gebakte peer, aarbei of 'n gemengde bessiedissie, en dan
hierdie pinotage yskoud daarby bedien vir 'n ongewone smaaksensasie. Jy kan dit probeer. Maar omdat ek springbokboudflenters het,
gaan ek dit sommer in pitabrode toepak... 'n Pita doen goed met enige vulsel. Of dit nou vleis, vis, hoender of net slaai is. Hulle vries
ook goed, so jy kan altyd die resep verdubbel vir later! PITABROOD EN PINOTAGE... (Hierdie resep uit Braaitreffers van Hannetjie Joubert, wat deur Lapa uitgegee is.) Vir 8 pitas het jy nodig: 25 ml kitsgis 20ml suiker 300
ml louwarm water 800
ml koekmeelblom, ongesif afgemeet 15 ml sonneblomolie 7,5 ml sout. Voorverhit
jou oond tot 250 °C. Meng kitsgis, suiker en water. Voeg 250 ml koekmeelblom by. Laat op 'n warm plek tot dubbel die volume gerys. Sif die res van die koekmeelblom by. Voeg
die res van die bestanddele by en knie goed. Bedek en laat op 'n warm plek rys tot weer dubbel die volume. Knie liggies af en sny in 8 ewe groot stukke.
Fatsoeneer elke stuk in 'n ongeveer 150 mm sirkel (amper of jy jou eie pierings maak). Plaas op 'n meelbesrooide bakplaat
en laat rys tot dubbel die volume. Gebruik meer as een bakplaat. Bak 5 tot 10 minute lank tot 'n baie ligte strooikleur. Plaas
op 'n draadrak en maak met 'n skoon doek toe tot afgekoel. Sny 'n boonste derde van die pita af, en vul met
jou Springbokkie, of wat ook al. OF
jy kan altyd vir so ‘n winderige dag WINTERBREYANI maak... Hierdie resep is eintlik gegeurde rys, maar dit het woema, is goedkoop en vegetaries. WINTERBREYANI Jy benodig: 1 groot ui, fyngekap 2 huisies knoffel, fyngekap 3 wortels in ringe gesny 1 koppie botterskorsie in blokkies 2 t kerriepoeier (myne was groot teelepels) 1 t borrie 3 e kookolie 1 pakkie tamatiepasta 'n Handvol breyani speserye (anyssade, steranys, kardamom, kaneelstokkies en loerierblaar) 2 t sout 3 koppies rys Skeut suurlemoensap en 'n groot lepel appelkooskonfyt. Water. Maak so: Gooi die olie in jou kastrol en as dit warm is,
gooi die kerrie, borrie,sout en speserye in. Roerbraai en gooi dan die groente en rys by. Roerbraai en voeg tamatiepasta by.
Nou bedek jy dit net-net met water, en laat rys gaar kook.As dit klaar is, voeg suurlemoensap en appelkooskonfyt by en roer
deur tot dit lekker proe. Laat dit vir 'n paar uur staan, sodat daardie geure lekker kan bokspring. As jy daarvan warmer hou, kap 'n rissie by
jou kerrie by. Hierby kan jy ook gaar hoenderrepies byvoeg, of jy kan dit net so as 'n bykos gebruik...  So vind resepte
wat ons met mekaar wil deel, 'n weg na ons almal en was bs. vir jul gebring, al die pad via Nonnie, via Dewald, via Hennie
en uiteindelik via My! Tot volgende keer, Voila!
8 Augustus Kry ek onlangs 'n oproep van ons plaaslike
geneesheer: "Retha, jy is reg , jy's gans te jonk en energiek om so moeg te voel, jou bloedtoetse het gekom, so gaan
haal dadelik die pakkie wat ek vir jou by die apteker gelaat het en drink dit! Op las, seg ek jou!" So gedaan en die pakkie loop haal, spesiaal
in dorp toe gery om die handvol pille te kan sluk elke oggend en aand...hmmm, maar het die goeie dokter my gewaarsku of herinner
ek mag glad nie kroek met etes terwyl ek die handvol pille sluk nie? Nee, natuurlik nie! Want ons kom al 'n lang
pad saam en hy weet ek behoort van beter te geweet het... Ek leef met HIPERCHOLESTEROLEMIE saam van kindsbeen af, gesonde dieet, die regte medikasie en matige
oefening is by ons ingedril as ons nie soos 'n freak wou voel nie! Ander kinders het nie handevol pille gesluk om nie moeg te voel nie! So jy het getrou skelm die
goed gesluk dat jou maats net nie moet sien jy's "anders" nie. Maar iewers langs die pad wil jy net vergeet
dat die pille jou eintlik help, wil jy net gewoon aangaan daarsonder, om op een goeie dag net maar weer te moeg te word, en
opstaan al swaarder raak, dan eindig jy in die liewe jarelange huisdokter se spreekkamer en seg net: "Dok, ek's moeg.
Help my." En dan bel hy jou 2 dae na jou bloedtoetse... Om 'n amper lang storie te verkort, ek gaan die volgende VOLLEDIGE uittreksel
van GESONDHEID24.com, hier spoeg en plak, vir almal wat hierby kan baat vind. Ek wil ook net bylas en sê, as jy eers al die pille drink, veral
die statiene, MOENIE kroek met jou etes nie, net een maaltyd met 2 klein tjoppies saam met 2 gebakte eiertjies- jul weet mos
soos in 'n tradisionele boere-brekfis - gaan jou 2 volle dae in die badkamer hou, en glo my dis net nie die moeite werd nie!
So let op wat jy eet! ... nog 'n voorbeeld...'n SESDE van 'n 100g pak GHOST-POPS, (sowat 16.6 g) bevat 5g, of 1 teelepel ongesonde VET...wie
van ons eet ooit net 'n sesde van 'n pak? Volledige Cholesterol inligting en dieet kan aangevra word, kontak my gerus ! HIPERCHOLESTEROLEMIE Cholesterol is 'n vetterige chemiese stof
wat in die lewer geproduseer word. Dit speel 'n belangrike rol in die buitenste membraan van selle en stel die liggaam in
staat om gal te vervaardig. - Cholesterol is 'n vetterige chemiese stof wat in die lewer geproduseer word. Dit speel 'n belangrike rol in die buitenste
membraan van selle en stel die liggaam in staat om gal te vervaardig.
- Cholesterol word deur die bloedstroom gedra na die liggaam se selle deur
spesiale proteïne, wat lipoproteïne genoem word. Daar is verskeie soorte lipoproteïne.
- Hoë vlakke van laedigtheid-lipoproteïne
(LDLs) cholesterol word geassosieer met 'n verhoogde risiko vir koronêre hartvatsiekte en hartaanvalle.
- LDLs is verantwoordelik vir die grootste
deel van totale cholesterol in die liggaam. Lae vlakke van hoëdigtheid-lipoproteïne (HDLs) plaas ook iemand in die
risikogroep vir hartsiektes.
- Koronêre hartvatsiektes is die mees algemene oorsaak van sterftes in baie Eerste Wêreldlande.
- Na die ouderdom van 20, beveel baie kenners
aan dat cholesterolvlakke elke vyf jaar getoets behoort te word.
- Behandeling vir hoë cholesterolvlakke word gebaseer op totale cholesterolvlakke,
laedigtheid-lipoproteïne cholesterol, hoëdigtheid-lipoproteïne cholesterol en ander risikofaktore vir koronêre
hartvatsiektes.
- Dit
is belangrik om oorerflike toestande te diagnoseer, aangesien hulle geassosieer word met baie hoë vlakke van cholesterol
(>7,5 mmol/L), trigliseried (>5 mmol/L), of albei.
Beskrywing Cholesterol, 'n tipe vet (lipied), is 'n belangrike basiese bousteen van
selle. Te veel cholesterol in die bloed kan egter die vernouing en verharding van die are (aterosklerose) ten gevolg hê,
wat kan lei tot hartaanvalle en beroertes. Cholesterol beweeg deur die bloedstroom terwyl dit aan 'n proteïne vas is. Hierdie cholesterol-proteïne
verbindings, lipoproteïne, kan in twee hooftipes verdeel word, afhangende van hoeveel proteïne daar is in verhouding
tot die vet. Hoe meer proteïne, hoe hoër die die digtheid: - Hoëdigtheid-lipoproteïne (HDL) cholesterol - lipoproteïne
met meer proteïne as vet.
- Laedigtheid-lipoproteïne (LDL) cholesterol - meer vet as proteïne.
LDL is die 'slegte' cholesterol. Dit bestaan meestal uit
vet en slegs sowat 'n kwart is proteïne. LDL vervoer cholesterol vanaf die lewer na ander dele van die liggaam waar dit
benodig word vir selvervanging en ander aktiwiteite. Onder sekere omstandighede, pak LDL cholesterol egter in die slagaarwande saam. Langsamerhand veroorsaak
hierdie samepakking of opbou plek-plek aterosklerose. Bloedvloei na die liggaamsweefsel word verminder wanneer die aterosklerose
'n bloedklont laat onstaan in deel van die aar. Die bloedklont mag bloedvloei blokkeer, wat kan lei tot beskadiging of vernietiging van die weefsels.
As hierdie proses in die hart plaasvind, kan dit tot 'n hartaanval lei en in die brein kan dit tot 'n beroerte lei. In die
been kan dit gangreen tot gevolg hê. Deur die verlaging van LDL cholesterol, kan 'n persoon sy/haar risiko vir aterosklerose en die
komplikasies hiervan verminder. HDL is die 'goeie' cholesterol. Dit is meestal proteïne en bevat slegs 'n klein hoeveelheid vet. HDL cholesterol
help om cholesterol uit die liggaam te verwyder deurdat dit stukkies cholesterol wat in die are agtergebly het, versamel en
dit na die lewer vervoer vir verwerking. Lae vlakke van HDL cholesterol verhoog die risiko vir koronêre bloedvatsiektes en ander vorms van aterosklerose.
Hoë vlakke van HDL cholesterol blyk teen hartsiektes beskerming te bied. Alhoewel hoë cholesterol 'n belangrike risikofaktor is vir hartaanvalle
en beroertes, is dit slegs een van vele faktore wat tot hierdie gesondheidsprobleme kan bydra. Ander risikofaktore soos rook
en hoë bloeddruk kan net so belangrik of belangriker wees as jou cholesterolvlakke. Oorsake Oorerflike faktore, siektes van spesifieke
organe en dieet het almal 'n groot uitwerking op cholesterolvlakke. - Oorerflike faktore - partymaal word hoë cholesterol veroorsaak deur
'n oorerflike probleem, wat die manier verander waarop jou liggaam cholesterol hanteer. In sulke gevalle kan 'n persoon se
totale cholesterolvlakke ver oor 6,46 mmol/L wees.
- Dieet - diëte wat hoog in cholesterol en versadigde vette is kan bloedcholesterolvlakke verhoog.
Simptome Hoë cholesterol veroorsaak selde op
sigself simptome, maar die komplikasies wat dit kan veroorsaak, kan besonder ernstig wees. Die oorgrote meerderheid van mense
met hoë cholesterol is dus onbewus van die probleem tot hulle 'n hartaanval, beroerte of gangreen kry. Hoë cholesterol
kan deur middel van 'n roetine bloedtoets opgespoor word, waarin cholesterolvlakke gemeet word. Kondisies wat die gevolg kan wees van cholesterol,
soos hartvatsiektes en beroertes, kan die eerste teken wees daarvan dat iemand hoë cholesterol het. In mense wat hipercholesterolemie het, kan
neerslae van cholesterol saampak in die tendons, die vel of die weefsel van die oog. Die Achilles-tendon en die tendons van
die hand het 'n neiging om cholesterol op te gaar. Gelerige neerslae van cholesterol in die ooglede kom ook voor by matige toenames in cholesterolvlakke.
Alhoewel 'n witterige area in die horingvlies van die oog toegeskryf kan word aan ernstige oorerflike kondisies. Verloop LDL laat cholesterol in die aarwande ophoop,
en met die tyd saam word dit cholesterol-plaak, 'n dikkerige neerslag. Wanneer koronêre slagare deur aterosklerose geaffekteer
word, kan hulle nie meer genoeg bloed en suurstof aan die hartspier verskaf tydens oefening nie, omdat hulle nie genoegdoende
kan uitsit nie. Gebrek
aan suurstof (ischemie) na die hartspier veroorsaak angina. Die vorming van 'n bloedklont op 'n geskeurde plaakneerslag kan
algehele blokkasie van die slagaar veroorsaak, wat tot die dood van die hartspier kan lei - 'n hartaanval. Dieselfde proses kan in ander organe van
die liggaam plaasvind. In
die brein kan 'n soortgelyke proses beroertes veroorsaak. Verminderde bloedvloei na die been kan kramppyne in die kuit, dy,
of boud veroorsaak. Beheerbare risikofaktore - 'n Dieet wat baie versadigde vette en cholesterol bevat, en laag is in vesel
- Oorgewig
- Gebrek aan oefeing
- Rook
Risikofaktore wat deels beheer kan word. Hierdie sluit in verwante kondisies wat cholesterol
kan verhoog, soos swak beheerde diabetes. Risikofaktore wat onbeheerbaar is - Oorerflike geneties faktore
- Ouderdom en geslag
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat hoë cholesterol slegs een van die vele risikofaktore
is vir hartvatsiekte en beroertes. Ander risikofaktore sluit rook in hoë bloeddruk, diabetes en 'n familiegeskiedenis
van aterosklerose. Die vermindering van hierdie risikofaktore is belangrik om die kanse op hartaanvalle of ander siektes,
wat met aterosklerose verband hou, te verminder. Wanner om 'n dokter te spreek As jy gediagnoseer is met hoë cholesterol of hartsiektes en jy ontwikkel enige simptome wat
jy nie met jou dokter bespreek het nie, moet dit dringend gedoen word. 'n Familiegeskiedenis van hartsiektes voor die ouderdom
van 60 jaar, veral as daar nie ook hoë bloeddruk of diabetes gediagnoseer is nie, behoort 'n waarskuwingsteken vir jong
mense te wees om die dokter te gaan spreek. Dikwels is die eerste teken daarvan dat iemand hoë cholesterol of ander risikofaktore vir
hartsiektes het, 'n hartaanval, 'n mini-beroerte, of 'n beroerte Diagnose Daar is net een manier om uit te vind of jou bloed lipiede binne die normale
perke is, en dit is 'n toets. Behandeling Die behandeling van hoë cholesterol bestaan hoofsaaklik uit twee komponente: - Tuis: leefstylaanpassings en dieetveranderinge
- Medikasie
Tuis: leefstylaanpassings en dieetveranderinge 'n Gesonde laevet dieet en gereelde matige
oefening is belangrike maniere om aterosklerose te voorkom. Vir baie mense is 'n laevet en lae cholesterol dieet al
wat benodig word om LDL cholesterol suksesvol te verlaag. Verandering in cholesterolvlakke na aanleiding van dieetveranderinge verskil grootliks van persoon
tot persoon. Party mense wie se cholesterolvlakke dieetverwant is, kan met dieetveranderings hulle cholesterol met 10 tot
20 persent verminder. Ander mense kan minder sukses behaal alleenlik met dieet. Nietemin is 'n gesonde dieet die basis waarop
ander cholesterolbehandelings gebou word. Oor die algemeen word die volgende dieetveranderinge aan die hand gedoen: - Genoeg kalorieë moet ingeneem word om
die ideale liggaamsgewig te bereik en in stand te hou.
- Van jou totale kalorie-inname behoort 55 persent koolhidrate te wees
- Omtrent 12 - 15 persent van jou totale kalorie-inname
moet uit proteïne bestaan
- Eet baie vrugte, groente, graansoorte, bone, pluimvee, vis, maer vleis en laevet suiwelprodukte.
- Vetinname moet beperk word tot 30 persent
of minder van jou totale kalorieë
- Eet minder as 200 mg cholesterol per dag
Hierdie riglyne sal help om jou vetinname onder 30 persent van jou kalorie-inname te hou asook
jou cholesterol-inname tot minder as 200 mg per dag te beperk. Lae vet word as 3 gram of minder per porsie gedefinieer. Gaan die etikette op verpakte kos na. Die medikasie vir hoë cholesterol behels
die volgende opsies: - Statiene - hierdie middels word die wydste voorgeskryf vir hipercholesterolemie. Hulle werk direk op die lewer in
om cholesterolproduksie te verlaag en cholesterol uit die bloed te verwyder.
- Galsuurbindmiddels. Hierdie middels veroorsaak 'n bindingsproses in die
spysverteringskanaal en verhoed dat galsure sirkuleer.
- Nikotiensuur (niasien). Nikotiensuur is 'n B-vitamiene wat totale cholesterol kan verminder, HDL
verhoog en trigliseriede verminder.
- Fibrate. Hierdie middels verminder trigliseriede.
- Estrogeenvervanging. Na menopause kan estrogeenvervanging cholestrolvlakke effens verlaag.
Mense wat 'n hartaanval gehad het of wat
'n hoë risiko loop vir hartaanvalle mag ook aspiriene voorgeskryf word om hartaanvalle te verhoed. |
3 Augustus Vra leseres Daleen my,  Hi Retha, kan jy asseblief vir
ons 'n paar lekker resepte vir, Candida lyers plaas. Dit sal baie wardeer word. Wel met graagte! So MAAK MENS! Vir meer inligting hieroor en die 4-fase Candida dieet van
Dr Oberholzer, kontak my gerus! (D.m.v. die blokkie, ja!) Kortliks: Wat's CANDIDA nou weer? Die homeopaat, Dr Oberholzer skryf hieroor: Candida Albicans is 'n swam wat teenwoordig is in alle mense vanaf ouderdom
ses maande. Alhoewel nie so erg dat dit hulle lewe in gevaar stel nie, kan dit voldoende wees om verskeie simptome te veroorsaak. Dit sluit in: - Depressie
- Angstigheid
- Oordrewe geïrriteerdheid
- Verteringssteurings soos diarree, hardlywigheid,
winderigheid en sooibrand
- Moegheid en 'n gevoel van wanhoop
- Allergieë
- Aknee
- Migraine
- Blaasontsteking
- Vaginitis
- Sproei in die mond
- Menstruele probleme en pre-menstruele spanning
Met die gebruik van breë-sprektrumantibiotika, die
voorbehoedpil en die algemene gebruik van steroïde het die voorkoms van candida toegeneem. Indien 'n enkele swamsel in
die ideale groeiomgewing geplaas word, kan dit binne vier en twintig uur 'n kolonie van meer as 'n honderd gisselle voortbring.
Teen hierdie tempo van vermeerdering kan een sel in 'n kolonie ontaard met 'n massa van meer as 'n miljard ton binne een week. Navorsing het bewys dat die meeste mense
teenliggaampies teen candida het. Daar is 'n paar faktore wat kan bydrae daartoe dat candida geweldig kan toeneem: - 'n Onderliggende of 'n verworwe immuniteits
gebrek;
- Die
nagevolg van steroïde (hormone) as medikasie of in voedsel;
- Die nagevolg van antibiotiese middels in voedsel of as medikasie;
- Voedsels wat Candida aanhelp.
Gisselle hou van koolhidraatryke voedsel.
Derhalwe moet ons probeer om suiker en styselryke voedsel te beperk. Gegiste produkte, suurdeeg en swamme moet vermy word,
soos asyn, alkoholiese drankies, suurdeegekstrak, kaas en sampioene. Jan en Jua - van ons GESONDHEIDSGESIN seg: Vul jou dieet aan met vitamiene, minerale,
aminosure, verhoogde biotien en verhoogde v itamiene A én verseker dat dit suiker-, gisen melkvry is. Die mitochondria -die energiestasies van
jou liggaamselle - het baie spesifieke spoor elemente nodig om te funksioneer.Dït is onder meer om te verseker dat nutriënte
geabsorbeer en vervoer word en gifstowwe uitgeskei word .As die 78% water in die liggaam nie aanhoudend sirkuleer nie, vind
swambesmetting plaas.  DUS: VERMY die volgende kossoorte: suiker (glukose, sukrose,
fruktose, laktose en maltose); brood en stysels wat gluten en gis bevat ; gefermenteerde produkte soos alkohol en asyn; gerookte
produkte; en grondbone (veral die skil). Skakel dié kossoorte vir sowat drie maande uit en daarna kan jy besluit
hoe streng jy die riglyn wil aanhou volg. Besef
net: een keer 'n Candidalyer, altyd 'n Candida-lyer. Wees bewus van jou suiker- en gis inname. Een glasie wyn te veel kan
dalk net 'n bakteriële ommeswaai veroorsaak met 'n sproei-uitslag die volgende dag. Bou eerder die liggaam se immuniteit op. 'n Sterk immuunstelsel
kan met swamme en virusse saamleef sonder om gebuk te gaan onder die siektesimptome. Ek glo aan 2 Pro-biotika pille daagliks en Baie groente - twee keer per dag, veral aspersies, broccoli,
beet, peper, kool, uie, knoffel en komkommer.Gebruik vrugte matig na die eerste 3 weke van behandeling.Hawermout, bruinrys
en rogbrood, Peulgewasse, lensies, ertjiespruite, bone, sade veral alfalfa en mung, vars kokosneute, okkerneute, amandels,
olierige vis, wit vis, eiers, lam, hoender en wildsvleis is die veiligste.Ekstra suiwer olyfolie - 2 teelepels per dag as
'n slaaisous, tiemie, roosmaryn, knoffel en kaneel vernietig candida. PLAK NOU GERUS DIE VOLGENDE, CANDIDA-DIEEt-ALA-RETHA, OP JOU YSKAS! ONTOELAATBAAR Suiker, Koring produkte,
Geproseseerde produkte, pasta, brode, bier en wyn, en enige swam of fungus kosse(BEHALWE Kefir- dit mag jy!) ONTBYT (kies enigiets
hieruit, waarvoor jy lus is.) Oats, Oatbran, Gort, mielies, Mieliepap, maltabella, Sago,meusli met melk en heuning of jogurt,
muffins met rogmeel/rysmeel/mieliemeel, mieliebrood, oats scones, Ryvita, ryskoekies, met botter en smeer, Tuna, eier, slaai,spruite,
tamatie, maaskaas, vrugte en suikervrye konfyt. Bovril (NIE Marmite) aartappel meel, maizena, ertjie-meel, rogmeel,botter,
olyfolie, canola margarien, heuning, bruin suiker(matig of liefs niks) MIDDAGETES (Kies 1+2 OF 1+3) 1.Enige van toelaatbare
beskuitjies OF Koue sago / mieliepap / tortillas / polenta... 2. Gemengde Slaai OF Bruinrys en lensieslaai OF Tuna
slaai 3. vrugte en jogurt AANDETES (Kies een uit elke groep) 1.Aartappels in enige vorm, bruin rys, lensies, stampmielies,
mielierys, pap, Rys-pasta. 2.Maervleis, skaap, vark, hoender, vis, beeslewer, maer maalvleis, wors sonder koring of geprosesseerde
middels 3.Gestoomde groentes 4.Slaai. 5. Nagereg SONDER suiker of gis. PEUSELKOSSE Vrugte- verkieslik nie saam ander kos nie,
slaaigoed, neute en sade, oats koekies, oats scones, ryvita, ryskoekies, popcorn, plain chips, diabetiese lekkergoed, diabetiese
konfyte.Tuisgemaakte sop, rice krispies en dadel-koekies, rosyne, carob lekkers, Kruie tee, rooibos, appeltizer, 100% vrugtesap
verdun met water, Vodka, gin, whiskey, Na 3 maande mag jy weer: pro-vita's, bruin suiker, ander kase, volgraan
brood, ander pasta, maar nie meer as 2 keer per week.  En nou, met hierdie RESEPTE, sal jy nie te erg voel of jy iets ontsê word nie! CANDIDA BROODRESEP 2 ½ kp Nutty Wheat 1 kp koekmeel / Rogmeel / aartappelmeel 1 tl koeksosa 1 tl sout 60 g margarien 500 ml karringmelk 100 ml water Meng droë bestanddele, frummel margarien in en voeg melk by, meng alles. Bak 45
min by 220º C MALTABELLA BROOD 200 g maltabellameel 3 eiers 1 tl bakpoeier 1 tl bakpoeier 1 tl koeksoda 1 tl sout 1 etl margarien 50 g hawermout 200 ml dikmelk of karringmelk Meng alles saam en bak 45 min by 180º
C GROENMIELIEBROOD 2 kp gemaalde vars groen mielies 2 ml sout 1 tl heuning 1 tl bakpoeier 2Etl Maizena Meng als, maak 'n blikkie 2/3 vol, maak dig toe met foelie en 'n toutjie, en stoom vir 2 ure of
bak vir 'n uur in oond 180º C IPV
BROOD : GEBRAAIDE MIELIEPAP Maak pap met: 375
ml mieliemeel 2
tl sout 1 l water Kook tot die pap gaar is.(so halfuur)Gooi
die pap uit in 'n vlak oondpan nie dikker as 1 cm nie. Laat afkoel. Sny in blokke of repies en braai koue pap blokkies alkant
in Canola olie tot ligbruin. Of op 'n gesmeerde ysterplaat. Eet met suikervrye konfyt, heuning of bovril, saam met laevet
maalvleis ens... ONTBYTKOEKIES 1 kp kookwater 10 ml margarien 500 ml mieliemeel 1 tl sout 1 tl bakpoeier 1kp melk 2 eiers geklits Smelt die margarien in die kookwater en roer die mieliemeel daarby. Meng res van die bestanddele
by. Skep in muffin pannetjies 2/3 vol en bak 30 - 35 minute by 220 ºC. OATS -KOEKIES (ook vir lae Cholesterol eetplan) Skei 3 eiers, klits witte styf. 2 kp oats 1 kp Nutty Wheat ½ tl bakp ½ tl net ½ tl kaneel ½ tl koeksoda ¾ kp rosyne 1 kp vars fyn pynappel ½ kp appelsap 1 tl vanilla Meng alles, skep lepelsvol op gespuite bakplaat. Bak by 180º C (Gele nie nodig, bêre dit bedek in
bietjie water tot jy dit vir iets anders benodig in yskas) RYS "PANNEKOEK" / PLAATKOEKIES Sit voor saam met 'n sout bolaag of saam met vars skyfies vrugteslaai en spuitroom... 125 ml semelryke bruismeel 125 ml gaar bruinrys 2 eiers geklits 30 ml vetarm melk Meng alles, skep lepelsvol in warm
canola-gesmeerde of bespuite pan en druk effens plat. Braai elke kant tot goudbruin. Bedien. Lekker hierby is ook ½
kp fyn gaar spinasie... WITSOUS 25 ml Maizena 300 ml vetarm melk 2 ml sout en peper Maak 'n pasta van die Maizena en die melk, verhit en roer
aanhoudend tot dit verdik het, geur met sout en peper na smaak. Gebruik terwyl warm. 1-2 tl Kaaspoeier opsioneel. KORS VIR TERTE 375 ml hawermout 15 ml heuning 5 ml bakpoeier 2 ml sout 25 ml canola olie 2 eiers geklits Meng als. Voeg bietjie water by as dit te styf is om dun en egalig in 'n tertbord uit te druk. Bak 10 - 15 minute
lank by 180ºC Gebruik
jou gunsteling soet of sout vulsel...verkieslik met min of geen meel en suiker daarin! APPELFRUMMEL 1 kg fyngemaakte ingemaakte onversoete tertappels Gerasperde skil van 1 suurlemoen 125 ml rosyne wat 'n halfuur in warm geweek was. 25 ml heuning 5 ml kaneel Meng alles en skep in 'n tertbak. Room nou 60 ml margarien en 110 g suiker - of die ekwivalent
daarvan in versoeter poeier. Werk nou 100 g hawermout met jou vingers daarby in tot 'n gekrummelde bolaag en sprei egalig oor die appel vulsel.
Bak sowat 45 minute tot die bolaag goudbruin is. Sit warm of koud voor met onversoete skuimroom. MIELIEPAP NAGEREG 500 ml warm slap mieliepap 15 ml margarien 35 ml heuning of 50 ml diabetiese appelkooskonfyt 1 eier geklits 100 g gekapte dadels 5 ml gemmer Meng als. Gooi in gesmeerde bakskottel. Stip met klein klontjies
margarien en bak halfuur by 180ºC Ipv dadels kan jy ook 150 ml sultanas of rosyne gebruik. KOFFIEJELLIE 500
ml sterk swart koffie 25
ml gelatien geweek in 50 ml koue water 50 ml heuning of versoeter Knippie sout 2 ml vanilla Smelt
die geweekte gelatien in die warm koffie. Voeg die suiker en sout by en roer tot alles opgelos is. Roer vanilla by. Gooi uit
in bak en plaas in yskas tot gestol. Bedien met (verkieslik onversoete) vla LEKKER VRUGTE NAGEREG 125 ml suiker of versoeter 300 ml water 1 eier geskei Knippie
sout 50 ml suurlemoensap 1 kp fyngedrukte piesang of appelmoes 15 ml gelatien geweek in 50 ml water. Kook suiker en water saam tot dik stroop.
(tot dit amper hardebal stadium vorm) Klits die stroop by die geklitste eiergeel. Meng die sout suurlemoensap en vrugte en
klits dit by die stroopmengsel. Smelt die gelatien oor kookwater en klits by vrugtemengsel. Laat efe afkoel en vou geklitste
eierwit in. Skep in poedingbak en verkil. Dit stol nie so stewig soos jellie nie meer soos 'n mouse. Bedien met vla. VRUGTEJELLIESKUIM 1 pakkie lae-suiker suurlemoen of groenpruim jellie ( weigh-less) 1 blikkie Ideal melk goed verkoel en styf
geklop. Knippie
sout 500 ml suikervrye
ingemaakte vrugte (2 blikkies) Verhit 1 kp van die vloeistof waarin die vugte ingemaak is, en los die jellie daarin op. Laat afkoel. Klits alles
behalwe die vrugte stukke, nou bymekaar tot styf en vou laastens die vrugte liggies daarby in. Verkoel goed. 
1 Augustus. 'n Fragment vir hierdie dag. Vanuit my diep stoel op ons oewerhuisie se stoep sit ek, vroeg-oggend, verkyker in die hand, na die oorkantste wal
en kyk, hoe ‘n swerm / trop tarentale baldadig krysend neer fladder, en met ‘n uitbundige geskree agter
die hoë riete in, al stroomop langs die wal begin wegdraf. Jy hoor hulle en die geritsel van hul pootjies tussen die
riete, kort-kort sien jy hul soos stertjies kort op mekaar se hakke soos hul dan diekant, dan daaikant, op die wal tussen
bossies, Rivierwilgers en riete verskyn. Dan, terwyl my aandag nog op die baldadigheid van die tarentale fokus, swenk ‘n bruin valkie skielik uit sy
vlug, direk in die bos van Rivierwilgers in. ‘n Wanhopige geskree bars los, ‘n opfladdering van vlerke en vere
toe die valkie tussen die takke induik op die neste van niksvermoedende vlei-vinkies wat begin broei. Dan volg ‘n stille geskoktheid terwyl
hul toekyk hoe hy een van hulle sit en eet terwyl hy grootoog na hul bedreigingsloosheid kyk, en hul net maar in stil verwondering
kan terugstaar. Wanneer hy uit die bos wegvlieg bly ‘n kort verslae magtelose stilte oor. Die valk gaan sit skaars weer sestig treë
van hulle af op ‘n draad-anker-paal, pof sy vere , kyk terug na die bos en vlieg dan versadig-rustig weg. Die vlei-vinke is stil. Augustus het begin. Die Natuur se aangaan,
het die seisoene se opvolg ingelei. Onafwendbaar, en eersdaags, sal dieselfde Rivierwilgerbos, sy kaal stamme vir 'n groen
skynsel verruil, om kort daarna in 'n liggroen lente tabberd te verklee. Van groen gepraat.Kry ek die volgende inligtingsbriefie via my skoonsus-
oor KOMKOMMERS! Wat 'n klein juweel is die KOMKOMMER nie! Mens kan nie anders as om na dese anders daarna te kyk nie! Hoeveel
hiervan waar is, sal ek graag in jul kommentaar wil uitvind!  1. Komkommers bevat meeste van die
vitamiene wat jy elke dag benodig! Net een kleinerige komkommer bevat Vit B1, Vit B2, Vit B3, Vit B5, Vit B6, Folien Suur,
Vit C, Kalsium, Yster, Magnesium, Fosfaat, Potassium en Sink. 2. Voel jy smiddae lam en tam? Los die kafeïn Koffie of Kola uit, en eet ‘n komkommer!
Komkommers is ‘n gesonde bron van Vit B en gesonde koolhidrate wat ‘n vinnige en langwerkende opkikker bied
! 3. Moeg vir jou
badspieël wat toewasem as jy stort? Probeer gerus om dit met ‘n deurgesnyde komkommer af te vryf, dit speel klaar
met die wasem en verskaf ook ‘n heerlike Spa-vars-geur! 4. Is peste en plae en slakke jou beddings se einde? Plaas ‘n paar skywe komkommer in ‘n
plat blikkie onder die plante en dit hou peste en plae vir geruime tyd weg! Die chemikalieë in die komkommer reageer
met die aluminium van die blikkie en gee so ‘n afskrik-geur af wat tuinplae laat vlug! 5. Soek jy na ‘n vinnige effektiewe
manier om van die winter selluliet ontslae te raak voor jy in jou swembroek moet pas? Probeer om die probleem areas met ‘n
deurgesnyde komkommer in te masseer vir ‘n paar minute, die phytochemikalieë in die komkommer veroorsaak
dat die kollageen in die vel verstyf, verferm en die sigbaarheid van die selluliet verminder. Werk glo wondere vir plooie
ook!!! 6. Wil jy
‘n erge hoofpyn en babelaas voorkom? Eet ‘n stuk komkommer voor jy bed toegaan en word verkwik en hoofpynvry wakker!
Komkommers bevat genoeg suiker ,Vit B's en elektroliete om essensiële voedingstowwe terug te sit wat jy met die "kuier"
verloor het, om sodoende jou volle ekwilibrium in balans te hou ! 7.Soek jy ‘n manier om daardie laatmiddag / aand peusel gevoel te laat weggaan? Soek nie
verder as die komkommer nie! Dit verlig hongerpyne sonder skuldgevoelens of kilo-lading! 8. Het jy ‘n werksonderhoud wat wag en jy het
nie tyd om jou skoene te poleer nie? Vryf ‘n vars gesnyde komkommer oor jou skoene, vryf met ‘n snesie af en siedaar!
‘n mooi blink en skoon glans met die bonus dat dit waterdigtheid verhoog!! 9. Is jy uit olie en jou hekkie se skarniere kraak? Vryf
komkommer oor al die problematiese dele en voila, die geskree en kraak is weg! 10. Gespanne, moeg en ‘n Spa is buite die kwessie? Kap ‘n
komkommer op en plaas in ‘n bak vol kookwater, die voedingsware en chemikalieë word in die stoom vrygestel en as
jy nou jou gesig daaroor hou en met ‘n ligte handdoekie bedek, kan die gesig-stoom-bad wonders vir jou vel doen, en
jou meer ontspanne laat. 11. Net na ‘n besigheidsete en geen tandeborsel of pepermente nie? Vryf liggies met ‘n komkommerskyfie
oor jou tande, verhemelte en tong , binne 30 sekondes elimineer dit slegte asem en die pythochemikalieë sal ook met die
bakterie in jou mond klaarspeel wat die slegte reuke veroorsaak. 12. Soek jy na ‘n "groen" manier om krane, wasbakke en oppervlaktes skoon te kry?
Gebruik komkommer skyfies, dit verwyder vlekke bring glans terug, is streepvry, vars en skoon! Verder bly jou hande en naels
mooi terwyl jy die werkies doen! 13. So jy het ‘n pen-fout gemaak? Gebruik die buitekant van die komkommerskil as uitveër! Dit vee
penmerke, krytvlekke, merkpenne en kinderkuns af van mure!En ons het gedink komkommers is net daardie groen goed lekker in
slaaie! ‘n KOMKOMMERSLAAI bly 'n maklike, vinnige en populêre keuse! In ‘n lugdigte houer in die yskas hou
die volgende slaai ook uitstekend vir ‘n volle week! En dit lyk heerlik en pragtig!
KOMKOMMERSLAAI Neem 8 medium grote vars Engelse komkommers. Was dit en sny die punte af. Jy kan dit afskil,
repies skil aanlos, of dit slegs met ‘n vurk skraap. Gewone komkommers moet egter heeltemal afgeskil word, en dan met
‘n vurk geskraap word. Sny nou jou komkommer in diagonale skywe, of nes jy wil- in skyfies in ‘n slaaibak in. Was en verwyder
die sade van ‘n rooi en ‘n groen rissie, en sny in repies. Voeg ook een ui in fyn ringe gesny by. Meng nou: 1 ½ kp suiker 1 kp wit asyn 1 Etl sout 1 Etl selderysout Klits tot die suiker opgelos is, en gooi dit oor die komkommers, rissie-repies en uieringe. Roer deur en verkoel
tot gebruik. Hou daarna, lugdig in yskas. Of probeer ook die volgende maklike resep! SOET EN SUUR KOMKOMMERS. 2 groot komkommers, geskil en in skyfies gesny 3 heel groen uie, in ringetjies gesny, lowwe en al. 2/3 kp rys asyn 1/3 kp suiker
Meng alles, marineer vir ten minste ‘n
halfuur.
|