13 Februarie
'n Leseres : Suna Stirk het al die pad via Nieuw Zeeland , “ there down under” vir
ons hierdie heerlike brokkie inligting en wonderlike PATAT resepte gestuur,
ek deel dit baie graag met julle met haar
medewete en goedkeuring!
Sy skryf:
Retha, dis 'n groot plesier as jy die resepte wil gebruik. Ek het dit van my niggie gekry.
Nie 'n vreeslike
storie verbonde aan die resepte nie,maar ek vertel so 'n bietjie oor wat hulle die patat hier in Nieu Seeland noem en hoe
hulle hom gebruik.
Hier noem hulle die patat, “Kumara of Kumera”.
Die Kiwi's is lief om hom of in die oond te rooster met 'n bietjie olyfolie of te "mash"
soos aartappels.
Die patat (kumara) het 'n lang geskiedenis hier in Nieu Seeland.
Hulle is hiernatoe
gebring deur die Maori's wat hier kom bly het meer as 'n 1000 jaar gelede.
Hulle het hom wyd gekweek hier in
die semi-tropiese gebied ver noord van Auckland.
Die Maori's het goeie tegnieke gebruik om die kumara
te kultiveer en het die ideale klimaat gebruik en die goggas en wurms in toom gehou
met mak swartoog-seemeeue. Wurms
kon so 'n oes oornag vernietig!
Hulle het verskillende variëteite geplant maar in vergelyking met die soorte wat ons vandag
eet was hulle baie klein.
Omtrent so groot soos 'n persoon se vinger.
Die kumera wat ons vandag eet kom van die groter Amerikaanse variant wat soos druiwe op 'n rankplant
groei.
Die het hier geland in die vroeë 1850's en is gou deur die Maori's aangeneem omdat hulle groter
en lekkerder was.
Oor tyd is 'n rooi patat ontwikkel wat hulle Owairaka Red noem.
(Uitgespreek O-wa-i-raka)
Die rooi variëteit lyk maar soos die gewone rooi patat wat ons ook in Suid Afrika kry.
In Suid Afrika word daar maar
meestal na die soetpatat verwys so ook in ander lande.
(Met die rooi-pers en lig-geel-wit-room-kleur skilletjies)
Hier in Nieu Seeland kom hulle in rooi, goud of oranje variëteite voor.
Elkeen met sy eie
besondere kleur en smaak. Hulle word maar meestal in die "Northland" noord van Auckland gekweek.
Daar het jy dit, so 'n bietjie soetpatatgeskiedenis!
Soetpatatresep
3 groot patats (geskil en in dik skywe gesny)
3 eetlepels botter
½ koppie suiker
½ koppie melk
½ koppie water
½ teelepel sout
½ teelepel
koeksoda
2 teelepels suurlemoensap
1. Roerbraai botter en suiker tot karamel. Voeg melk, water, sout, kremetart
en suurlemoensap by (roer deur en oppas dat die mengsel nie oorkook nie).
2. Sit skywe patats in die sous en sit die
deksel van die kastrol op. Draai plaat laag en laat patats kook tot sag, maar steeds souserig.
Bedien saam
met kerrievleis of hoender en natuurlik saam met snoek.

Dadel- en Patat- (Kumara) koek
(...En haar niggie
het dit hieronder gekry, het ek met die woorde "Kumara and date recipes" met "Google" vasgestel!
http://www.deltakumara.co.nz/recipe_display.php?recipe=109
(Erkenning vir foto, gee ek dus hiermee met graagte aan daardie webwerf! Vir die vertaling van
die resep, dankie aan Suna!)
2
koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
340g gekapte dadels
200g botter
1/2 koppie lemoensap
1 1/2 koppie bruinsuiker
1 koppie gouestroop
2 teelepels bakpoeier / baksoda
2 koppies geskilde
en gerasperde patat (kumara)
3 eiers, geklop
Sif koekmeel en bakpoeier saam.
In aparte bak meng dadels, botter, lemoensap, bruinsuiker en gouestroop.
Mikrogolf tot
warm.
Roer baksoda en
patat (kumara) by die warm dadelmengsel.
Voeg
dadelmengsel en geklopte eiers by die meelblom en roer tot net gemeng.
Plaas in ronde los bodem koekpan 25cm deursnee.
Bak teen 180°C vir 30 - 40 minute
of tot middel van die koek terug bons.
Hierdie digte koek kan versier word met roomkaasversiering of bedien onversier met druppels “Maple-syrup”
(Esdoringstroop) en Mascarpone-kaas.
Karamel-toffiesous, maak hierdie koek
heerlik as poeding, baie soos die ou Engelse “sticky date pudding”.

Net reg vir daardie middagtee of koffie!
Baie Dankie Suna, dit klink heerlik!
AS JULLE JUL GUNSTELING RESEP HIER WIL SIEN, STUUR DIT GERUS AAN MY,
onthou net, ek MOET
weet, waar jy dit gekry het!
8 Februarie
Na my vorige plasing het ek omtrent kop gekrap oor wat ek nou outentiek en eksklusief vandag vir
julle kan plaas!
Wel, dit gaan oor geen-knie brood, hernubare gebruik van plastiek inkopie sakke -ons amper nasionale blom...
en
eiervrug lekkertes!
Na ’n naweek waarin ek myself knuppeldik kon eet aan my eie tuisgebakte brood met skywe
eiervrug op,
(’n kindertyd-gunsteling! Vreemd, ek weet!)
sal dit beslis nie plagiaat wees om jul te vertel wat ek
gedoen het nie!
Daar is soveel geen-knie brood resepte orals verkrygbaar, en myne staan beslis nie ver terug nie!
Al wat ek gedoen
het was om die aand voor die tyd in ’n erde skotteltjie;
3 kp witbroodmeel te neem,
¼ tl kitsgis,
½ tl
sout,
bietjie meer as ‘n ¾ kp lou water,
bietjie meer as ‘n kwart kp gas-lose bier, OF Kefir, OF suurmelk,
Of Jogurt!
en 1 groot Etl suurlemoensap, en dit by die meel in te roer!
Dit daarna goed toe te maak vir die nag met ’n plastiek
inkopiesak en ’n teedoek bo-oor, en toe te gaan slaap!
Ons moet immers al die
sakke hernubaar gebruik dan nie!
Wanneer die bak die volgende dag oopgemaak word is die deeg vol blasies en aansienlik meer as die
vorige aand!
Met meel-hande word die deeg effens bymekaar getrek, en in my gesmeerde swart gietyster platboompot gesit.
(My “Dutch-oven”
of Inheemse-pot !!)
Dan sit ek die pot met sy bodem net net bo-oor ‘n plastiek bak met baie warm water, sodat
die bodem net aan die water raak.
Dan trek ek weereens die plastieksak bo-oor die pot en bak met water, ons moet immers al die sakke
hernubaar gebruik dan nie!
gooi weereens ‘n teedoek / handdoek bo-oor - sodat dit vinniger kan rys! (sowat1-2 ure)
Sodra die deeg
in die pot meer as helfte van die oorspronklike hoeveelheid gerys het, bak ek dit gewoon in die oond sowat 1 uur
by 180º C
tot die kante begin wegtrek, dit ʼn “hol“ klank het as jy daarop klop, en mooi bruin is bo.

Voila!
Jy kan natuurlik
ook die deeg liggies met meel bestrooi en in die gespuite plastieksak plaas, ons moet immers al die sakke
hernubaar gebruik
dan nie!
dit liggies bo toeknoop, en dit binne in ‘n kastrol met kokende water op ‘n draadrakkie plaas,
sodat die sak
nie op die bodem van die kastrol rus nie- die deksel opsit en dit laat gaar stoom vir sowat ¾ uur!
Dis ‘n
lelike witterige korsielose brood maar baie lekker om te eet! En braaibroodjies of roosterbrood op die kole daarvan,
maak daarvan
‘n treffer op ‘n kamptog!
Saam met my broodjie het ek Eiervrug gaar gemaak op die heel basiese manier,
deur die vars
jong eiervrugte af te spoel, die stele af te sny, en dit in ringe of skywe te sny.
Ongeskil. Jy kan dit skil as jy wil.
As dit vars
is soos uit die tuin uit by my, dan is dit glad nie nodig om die skywe eers in ‘n sterk sout-oplossing te laat lê
nie,
maar vir ouer vrugte of gekoopte vrugte wat al op die rak was, beveel ek dit aan.
Die water raak so bruin swart, gooi
dit af en dreineer die skywe.
In beide gevalle, meng ek 4-5 eiers, aromat, swart peper en ¼ kp melk,
dompel die
skywe daarin en braai dit dan of in ʼn pan met bietjie olie, of, ek verkies dit, braai myne in my toebroodjie-maker!
Net met ʼn
eenmalige sproeisel van kan-spuit-olie!
Tydens die gaarmaak proses absorbeer eiervrug maklik vette en olies, werk dus spaarsamig daarmee!
Sodra dit weerskant
mooi bruin is, die vlees raak effe grys, is dit gereed, dan eet ek dit sommer net so op roosterbrood, of vars brood,
soos die naweek!
As jy oulik
wil wees, maak ‘n lekker vulseltjie met gaar maalvleis, gebraaide uie, spek, spinasie en kaas,
skep 'n lepeltjie vol daarvan op die
skyfie gaar eiervrug, rol op en steek met ’n tandestokkie vas vir ’n heerlike happie! Koud of warm.
Gaan loer ook
in die ARGIEF daar is my eie MOUSAKA resep!
Eiervrug,
Aubergine, Begun, of Brinjal (Solanum melongena),is ‘n plant van die familie Solanaceae en die genus
Solanum, en “familie” dus van die tamatie, aartappel en tabak!
Oorspronklik uit Indië, Pakistan, Sri Lanka
en Bangladesh.
Dit is ‘n eenjarige plant, seisoenaal, en word sowat 40 tot 150 cm hoog,
met breë
los groen blare en dra wit en pers blommetjies wat soos aartappel en tamatie blommetjies lyk.
Die stamme is effe stekelrig, en die
vlesige vrugte se skil kan wissel van wit, na diep pers.
Botanies word dit geklassifiseer as ‘n bessie vanweë die baie
saadjies, wat ook eetbaar is maar interessant, bevat dit o.a. nikotien!
Maar jy sal omtrent 9 kg eiervrug moet eet om een sigaret
se nikotien vlakke in te neem!
Medisinaal is eiervrug ‘n goeie anti-oksidant, goed teen hoë cholesterol, kan hoë bloeddruk vlakke beheer,
bevat baie foliensuur,
potassium en veral baie vesel.
Die vrug het al as teengif teen sekere giftige sampioene
gedien, is al as wond dekking gebruik vanweë die anti-bloedklontings-effek
wat die plant besit.
Oorlewering
wil dit dat, as jy die vrug skil, goed kneus met ‘n vurk, en dit in asyn week, dit as kompres kan dien vir seer en teer
tye
van borsvoeding, absesse en selfs : aambeie! Sjuut! Nie so hard nie!
Die blare bevat glo ‘n narkotikum,
en kan ook gebruik word, as kompres op brandwonde, swere, absesse en koorsblare.
Die as van gebrande wortels is ook
glo al gebruik vir inwendige spatare, aambeie en self tandpyn!
Die blare is egter GIFTIG so dit is slegs vir uitwendige
gebruik!
Groot asseblief, MOENIE dit alles net toepas of uitprobeer en sê ék het gesê jy moet dit doen
nie!
MAAR as jy weet of dit werklik werk, sal ek dit beslis wil weet!!
Want eintlik, gebruik en ken ek dit net as héérlike
KOS!


Baie van ons vrese is papierdun,
en een
moedige tree in die regte rigting,
kan ons daardeur dra!
Brendan Francis
4 Februarie
Liewe Lesers,
Na aanleiding van ‘n debakel
oor kopiereg en plagiaat wat in die media los gebars het nadat 'n werf-skrywer en 'n kos webwerf woord gemeen geraak het,
en na ek ’n navrae gekry het oor
hoe dit myself raak wat resepte en inligting verskaf, wil ek graag hierop reageer.
Plagiaat is 'n baie ernstige oortreding. As jy jou daaraan skuldig maak, kan jy krimineel aangekla
word of 'n siviele eis kan teen jou ingestel word.
Jul sal bv. ook sien dat ek by my maandelikse TUINHOEKIE streeksgids, dan ook aantoon dat ek daarvoor
toestemming van die Skrywer en Uitgewer verkry het,
en dat wanneer ek iets direk aanhaal ek probeer seker maak dat dit tussen aanhalings tekens verskyn,
of in kursief gedruk word, of as ingeskuifde paragraaf verskyn.
MAAR vir volledigheid wil ek graag nog ’n paar feite hieroor
met julle deel.
Nuttige
webwerwe om ook te besoek is:
Die volgende het
ek by die
©
Universiteit van Pretoria: Akademiese Inligtingsdiens 2003, gekry, en EK HAAL VOLEDIG AAN:
”Wat is Plagiaat?
’n Mens pleeg plagiaat as jy iemand anders se idees – gepubliseer
of ongepubliseer – aanbied asof dit jou eie is.
Mense se idees is onder andere vervat in:geskrewe teks - artikels, boeke, verhandelings, proefskrifte, koerante,
tydskrifte, notas,
kursusmateriaal, medestudente se werkstukke, e-posboodskappe,
data, rekenaarkode, alles op die Internet, ens.
Hoe kan jy plagiaat voorkom?
Die moenies
- Moenie probeer skuil agter onkunde nie. 'n Kriminele oortreding is strafbaar,
ongeag of 'n mens dit bewustelik of onbewustelik gepleeg het.
- Moenie doelbewus plagiaat pleeg (bv. as jy onder tydsdruk is) nie.
- Moenie inligting uit elektroniese bronne
soos webblaaie "knip en plak" nie.
Die moets
- Leer selfstandig en krities dink. Lees wat ander oor 'n onderwerp sê, erken die bron, en
formuleer dan jou eie mening.
- Leer en gebruik die korrekte verwysingstegnieke. Dit behels onder andere die volgende:
- Wanneer jy die presiese woorde van 'n
ander gebruik:
- Plaas
dit tussen aanhalingstekens indien dit deel vorm van 'n paragraaf wat jy self geskryf het.
- Spring die sitaat van die linkerkantlyn af in (Eng. left indent), of druk
dit in 'n ander/kleiner lettertipe indien dit in 'n aparte paragraaf staan.
- Vermeld die bron volgens die verwysingsmetode wat voorgeskryf word.
- Wanneer jy ander se idees wil gebruik,
maar dit in jou eie woorde wil stel of opsom:
- Verander die formulering om by jou skryfstyl aan te pas, of vertaal die sin/paragraaf in die taal
waarin jy skryf, MAAR
- Maak seker dat jy nie die outeur se woorde verdraai om jou eie standpunt te pas nie.
- Vermeld altyd die bron volledig.”
Maar ek het nie daar opgehou nie want in SOMAAKMENS , verskyn ook heelwat
resepte!
Wat RESEPTE, KOOKBOEKE en die plasing daarvan
betref is die volgende van toepassing:
Wanneer jy ’n presiese replika van ’n resep plaas, wat nie jou eie uitdinksel is nie,
moet jy erkenning daarvoor gee, en wel op hierdie wyse:
1.AS dit ’n presiese aanhaling is, moet jy sê dat die resep uit die volgende
BRON geneem is MET hulle toestemming.
Enige variasie op die resep moet apart verskyn, bv. in hakkies, of ander skrif.
2. As ’n resep liggies aangepas word en dan geplaas word,
moet gemeld word dat die resep aangepas is vanaf BRON met toestemming
OF moontlik daarsonder! Veranderinge moet egter duidelik aangetoon word.
3. Resepte wat deur ander resepte
geïnspireer is en wat dan totaal verander is, moet ook vermeld word deur te noem
dat daardie resep deur die BRON geïnspireer is met of sonder toestemming!
4. Wanneer
resepte as GESKENKE aan jou gegee/ gestuur word en dan geplaas word, moet ook gemeld word dat die resep
aan jou geskenk is deur WIE . HIERDIE DEEL
is waar dit HARTSEER raak, want MEESTE resepte wat so aan mekaar gegee word
of gepubliseer word, is iewers langs die pad iewers afgeskryf en
die BRON nooit vermeld nie...
hoekom het Ouma altoos by haar reseppie geskryf: Tante Kowa se Gemmertert..?
5. Om erkenning te gee van ’n resep se oorsprong is egter nie genoeg nie,
wettiglik is dit nodig om toestemming
van
die OORSPRONKLIKE OUTEUR en SAMESTELLER daarvan ook te verkry. As jy werklik moeite gedoen het om dit te verkry,
onbetwisbaar eerlik, behou al die bewyse van jou wettige soektog om toestemming
te verkry vir ingeval hulle skielik opdaag
om
hul resep wat jy sonder hul medewete geplaas het op te eis!
Die lukrake lys van bestanddele of formules, is egter NIE ONDERWORPE aan KOPIEREG NIE!
MAAR, wanneer dit gepaardgaan met verbale uitdrukking en verduidelikings
HOE dit gebruik of aangewend moet word,
of
wanneer daar kombinasies verskyn soos in ’n kookboek, verskyn daar ’n basis van KOPIEREG beskerming.
’n
Kook webwerf : Matilda's Family Cookbook Kitchen, het op dieselfde
vrae so geantwoord, vergewe my Engels:
”...generally
speaking, individual recipes are not typically considered creative works and are not usually protected under copyright law.
However, if you put recipes into a cookbook collection with narrative
and photos that are unique to your own life,
that
distinctive cookbook collection would be considered a creative work and could be copyrighted as a whole.
If some of your collected recipes are not identifiable or come from other
cookbooks, and you still want to include them in your own FAMILY cookbook,
here are a few suggestions to keep you honest and avoid that dreaded P word: plagiarism.
Reproducing recipes from a known cookbook
or website:
If you use an exact recipe verbatim, you should give full credit to the
cookbook, website or newspaper from which it originated,
with specific dates of publication, if possible. If you plan to sell the cookbook for profit or even as a fundraiser,
make every effort to get permission
to reprint
the recipe directly from the publisher/owner. This is called “CYA.”
What if you alter the recipe? Changing a few ingredients here and there to your own tastes essentially
changes any printed recipe and creates a new one.
But
you should always give credit to the source of the new recipe by adding a footnote such as
“Inspired by a recipe in Southern Living magazine, 1978,” for example.
Part of the joy of developing new recipe ideas is the ability to share
them so others can try and enjoy them.
Reproducing recipes from an unidentifiable old clipping:
When you do not know where the recipe came from, adding a simple
“Original Source Unknown” as a footnote to the recipe
indicates that it came from elsewhere, and that you truthfully do not claim ownership of it (but you do use and enjoy
it).
You might check the local newspaper to see if
there are similar recipes in their food section database.
Often collectors clip recipes from the local newspaper, not paying attention to keep the date or publication name
intact with the clipping.
Reproducing hand-written recipes from family members:
Again, assuming you have permission to reprint the family recipes (because everyone knows
you are creating a family cookbook and have agreed to help),
the best thing to do is to give credit to the family member and add a date on the bottom of the recipe, such as circa
1940.
If at all possible, at the end of every original
family recipe, insert a copyright symbol and date (© 1940) if you want to claim ownership of the family recipe.
To
publish for profit, formally copyright your cookbook:
When you create a cookbook of your own for personal use, it is automatically copyrighted
and you do not have to apply for copyright .
But if you want to protect your cookbook as your intellectual property so that others cannot profit
from it,
you
must have your cookbook copyrighted. It is proof in a court of law that you are the creator of the cookbook.”
Die volgende riglyne is ook interessant:
1. Jy kan iets as ALGEMENE kennis
beskou en dit dus onge-krediteer aanhaal of plaas, INDIEN jy dieselfde informasie / resep op
VYF ander kredietwaardige bronne OOK gevind het!
(Dis hoekom ouma so baie resepteboeke gehad
het en AL die FAMILIE-POEDINGS onder mekaar afgeskryf het al was almal dieselfde!)
Dit word ook as ALGEMENE kennis beskou as jy DINK of GLO dat jou lesers
dit wat jy weergee alreeds behoort te weet,
OF DIE MEERDERHEID van hulle dit al wel weet, en dieselfde ook algemeen nageslaan kan word.
2. As jy net bloot die woorde verander, is dit nie genoeg om van
plagiaat te ontsnap nie, jy moet steeds die BRON vermeld as jy idees of resepte leen.
3. As jy jou privaat eposse wil plaas , moet jy self dan van daardie
vriend/in toestemming verkry om dit op ’n openbare forum
of in ’n publikasie te mag plaas.
Indien jy enigeen se epos adres plaas, MOET jy veral toestemming
meld.
Die afsender,
sy adres, dag, maand en jaar, onderwerp van boodskap, en aan wie dit gestuur is, moet ook vermeld word.
Bv. P Poggenpoel, (Pog@Poel.com) (28 November 1997) Vir jou maag. Persoonlike epos aan R Kruger (Retha@somaakmens.com)
Dus Liewe Vriende,
OPLAS:
GOEDERTROU PLASINGS EINDIG DUS VANDAG,
en VRA my dus as jul een van my reseppies wil aanstuur...!!!
En hou my op my tone as jul sien ek gee nie die nodige erkenning of toestemmings nie!
Hou die roede egter privaat en ek sal in die openbaar omverskoning vra!
En op die bitterre nood kan ons nie eindig nie, ek plaas vir julle –
SONDER AMPTELIKE TOESTEMMING in KURSIEF,
en
met erkenning, en in aanhalings tekens IN my EIE PARAGRAAF,
die volgende ”Koffiesoentjies
van jpetro”, soos dit verskyn het op www.boerekos.com. Sy
skryf:
”Bestandele:
250 g sagte
botter
187 ml versiersuiker, gesif
10 ml koffiepoeier
15 ml kookwater
500 ml koekmeel, gesif
Vulsel:
50 g (½ slab) donkersjokolade, gesmelt
Metode:
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en versiersuiker tot liggeel.
2. Roer koffiepoeier en
kookwater saam en giet by bottermengsel. Klits goed.
3. Roer koekmeel by bottermengsel. Dit sal sagte deeg wees.
4.
Voer bakplaat met bakpapier uit.
5. Skep deeg in spuitsak met meduim- grootte sterretjie-spuitpunt
6. Maak sirkeltjies
van ongeveer 2 cm op bakplaat, maar nie te naby aan mekaar nie.
7. Bak vir 10 min of tot effe ligbruin.
Laat op afkoelrakkie afkoel.
8. Plaas twee koekies opmekaar
met bietjie gesmelte sjokolade” en ek, Retha,
hoop van harte dat julle dit baie sal geniet om dit te bak!

Groetnis!!
1 Februarie
So waarmee
gaan ons hierdie Liefdes-Maand inwy?
Hartediefkoekies
180 ml strooisuiker
210 ml sagte botter
1 groot
eiergeel
560 ml meel
2 ml sout
125 ml dik aarbeikonfyt
Verroom die strooisuiker en botter tot lig en romerig. Klits die eiergeel by. Sif die meel en sout
bo-oor en meng tot 'n deeg.
(Die
deeg is baie sag, dus is dit die maklikste om dit tussen velle waspapier uit te rol.)
Verdeel die deeg in vier dele en rol al die dele tussen waspapier uit tot ongeveer 4 mm.
Plaas die uitgerolde deegblokke op 'n kapplank of skinkbord
om makliker te hanteer en plaas in die vrieskas vir 30 minute.
Voorverhit die oond by 180 °. Haal een van die vierkante uit die vrieskas en plaas dit op 'n
werksoppervlak. Verwyder die waspapier.
Sny
die deegblok met 'n liniaal en mes in eweredige reghoeke van 90 mm x 50 mm en rangskik op 'n gesmeerde bakplaat.
Bak vir 10 minute of tot goudbruin en plaas die koekies
op 'n afkoelrak. Herhaal dié proses met een van die blokke deeg in die yskas.
Rol en sny die laaste twee blokke uit nes die vorige koekies, maar druk
eers klein hartvormpies uit voordat dit ook vir 10 minute op 'n slag gebak word.
Onthou om nie die hartjievorms te na aan die kant te maak nie, anders
mag die koekies breek.
Smeer nou
die onderste laag koekie met aarbeikonfyt en druk die uitgedrukte koekie op elk.
Sif versiersuiker bo-oor en sit voor. Lewer 12-15 koekies.
Of wat
van:
Aarbei-tert
Beskuitjiekors: 1/2 pakkie Tennis beskuitjies + botter.
Vulsel: Verhit een koppie suiker en een koppie water.
Maak twee opgehoopte eetlepels maizena
aan met water en voeg by mengsel.
Kook tot gaar en haal van stoof.
Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.
Pak 250 gr. ryp aarbeie (afgewas) (Of 1-2 blikkie gedreineeerde aarbeie)
lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar oor.
Wanneer koud, plaas in yskas.
Versier net voor bediening met 125 ml. geklopte, versoete
room.
ARINA DU PLESSIS en BERNICE VAN DER MERWE Landbou weekblad 2005, het geskryf :
“... Februarie en die liefde vier hoogty. Laat sy
hart fladder Valentynsdag met verleidelike eetgoed, blospienk vonkelwyn en jou onverdeelde aandag.
Maak gerus vir hom hierdie:
Pienk yslollies
Maak 'n mengsel van jou gunsteling bessiesap, vonkelwyn en koeldrank. Jy kan bessielikeur of drank soos vodka of jenewer
ook byvoeg.
Rangskik vars bessies in geskikte plastiekhouers en druk
'n roomysstokkie daarin, sodat dit regop staan. Vul met die sapmengsel en vries tot hard.
Om los te kry, druk die houertjie vinnig in kookwater of laat staan 'n
rukkie buite. Trek dan die lollie aan die stokkie uit.“
Voila!
Dit behoort jul in die regte Februarie-stemming te bring!