....Só MAAK MENS !

Jou Gasvrou

     Aangename Kennis!

                                       My naam is Retha, en ek's jou gasvrou by SO MAAK MENS 
 
    Ek word op 'n plaas Waterhoek, teen Skurweberg, in Vryheid Distrik, Kwa-Zulu-Natal, groot.
 
    Matrikuleer te Empangeni, waarna ek Onderwys studeer aan die Durbanse Onderwys Kollege. 
 
    Trou daarna met 'n Recce, Schalk, en uit die huwelik word 'n dogter en 'n seun vir ons gebore.
 
    Ons omswerwinge kom later tot rus op 'n Bo-Karooplaas, met 'n aalwynkop, wat uittroon oor die Groot Gariep waar jy nog vry kan asemhaal... 
 
    Ek werk - met my tone in die bokkraal, my kop in die son, op almal se senuwees,
 
    is tegnologies en rekenvaardig ook soms besig in ons saadbesigheid...en hier! 
 
    Meeste van die tyd is ek net 'n storm in 'n teekoppie...
 
    Woorde, diere, veldstap ,fotografie en die aarde waarop ek woon is my tydverdryf en vreugde...
 
    Ek is 'n dankbare mens, en ek glo : Die beste lê nog voor!
 
    Sela. 
 

...gaan soek my op FACEBOOK, ek wil graag weet wie ons lesers is, en waar julle jul in die wye wêreld bevind!

 ( Retha van SO MAAK MENS )

 http://www.facebook.com/somaakmens 

 http://www.facebook.com/pages/SO-MAAK-MENS-/196536958619?ref=mf

 

retha/ekkyk.jpg

 ... dis waar ek bly...

en as ons reën kry in die Bo-Karoo, sit ek my sit, en ek kyk, en kyk, want niks is dan mooier nie! 

Teken in op Kammanuus


GetResponse Email Marketing