TUISBLAD | VANDAG op die VOORGROND | TUINHOEK | INHOUDSOPGAWE | GISTER op die AGTERGROND | NUTTIGE TABELLE e.a. | Terug Na Onsdorp

INHOUDSOPGAWE

 
Hier plaas ek 'n paar OPENBARE navrae met my antwoorde.
ALLE navrae en antwoorde verskyn egter soos dit inkom op VANDAG OP DIE VOORGROND, tussen die ander insetsels, en soos die maand uitloop, dra ek dit daarna oor na die GISTER OP DIE AGTERGROND Bladsy, wat eintlik die ARGIEF is...
VRAE waarop ek nie antwoorde kan vind nie, plaas ek hieronder by ONBEANTWOORD.Hier moet julle help ! Vir jul deelname om antwoorde op hierdie onbeantwoorde vrae te gee, kan jul met my komplimente 'n gratis E-resepteboek wen!  Dit meld ek dan by die antwoorde soos jul hieronder kan sien! Kuier dus gerus oral op die werfie rond, en neem asb. deel! 
 
 

OORSIG !

ONDERWERPE en RESEPTE in Só MAAK Mens!

Hier kan jy gou loer wat al alles in SO MAAK MENS verskyn het,  gaan loer dan  by die betrokke MAAND,  op die GISTER OP DIE AGTERGROND bladsy, en jy sal daar die volledige item kry waarna jy soek! 

IN JULIE  het verskyn:

 Die volgende Onderwerpe / Resepte / Lesers navrae


POSITIEWE DINGE OM TE DOEN

 

DROëVRUGTESLAAI

 

APOLOGETE


KAAS-PAMPOEN


VIS EN TJIPS

  

WORSIE en KAAS GEBAK

 

TUNA ROERBRAAI

 

FLAN'S en QUICHE

 

KOLON PROBLEME


KOEK VERSIERSELS en WONDERLIKE GRIEKSE BAKLAVA!

 

ALLES OOR RRRRRISSIES!!

IN JUNIE  het verskyn:

 Die volgende Onderwerpe / Resepte / Lesers navrae


8 wen PATAT resepte

 

DADEL happies, bolletjies, balletjies,truffels en rolletjies!

 

SKON / BOTTERBROODJIES  bêremengsel


AFVAL en SULT / BRON


NEUTE lekkers

  

HEUNINGKOEK

 

SUURLEMOENKWAS 

 

VADERSDAG met BELSBOKBOUD

 

24 BESTE SJOKOLADE KOEK resepte !!


KONDENSMELK MIELIEBROOD

 


 

IN MEI het verskyn:

 Die volgende Onderwerpe / Resepte / Lesers navrae


4 Goulash resepte

 

Breiplesier...

 

Skons en muffins


Miet in bone...


Diabetiese beskuit

  

R200.00 note en so aan...

 

Spek en eier spagetti 

 

Roomys sonder eiers

 

Ontbyt in 'n koppie  en Nog Pekel eiers


Rosti met geposjeerde eier


Meer oor henne en hul eiers...

 

Brandrissie-Mayo

 

Verjaarsdae en Appeltert

 

Verlangdae en "Kedgeree"

APRIL

 

 

 
 

André Rieu

 

Politiek...!

 

Kwaai Braai Paai...

 

Vleis

 

Kaas

 

Wyn

 

Eiers

 

Simnelkoek

 

Paasbolletjies

MAART                      

 

 

Beste Braaivleis WENKE 

 

Rys 

 

Mieliefrutters

 

Hoe kook mens LEKKER PAP! 

 

Esmé en Jan se 3-minute Sjokolade Koek

 

Esmé en Jan se Strooppoffertjies

 

Esmé en Jan se Mieliegereg

 

Gemmer-beet

 

Beet Atjar

 

Beet Blatjang

 

Kruie-asyn-beet

 

Spesery beetslaai

 

Beet-wortelkoek

 

Basiese Biltong resep

 

Leef in die Teenswoordige

 

Esmé en Jan se Groentetert

FEBRUARIE 

    

 

 

1

Pienk Yslollies

 

Aarbei-tert

4

Hartedief koekies

 

Plagiaat

8

Koffie soentjies

 

Als oor Eiervrug en resepte

13

Geen-knie-oornag brood resep

 

Soetpatats

 

Dadel en soetpatat koek

14

Kumara / patat resepte

 

Valentynsdag  resepte : Mieliebrood

 

Rolbrood-wiele

 

Malva poeding/ Jan Ellis poeding/ Bruin Familie poeding!

16

Brood en botter nagereg

 

Esmé en Jan : Terugblik

17

Simba skyfies koekies

22

Sommer net

27

Kluitjies op 'n potjie

 

Hoe om 20 kg in 1 week te verloor!

JANUARIE

 

1

 

11

Nuwe Jaar Boodskap

 

Kits-resepte: Spesery Suiker

 

Souspoeier

 

Texan Steak-mengsel

14

Kits Cuppacino

 

Ma Dorie se bêre mengsel: Vleispastei kors

 

Souskluitjies

18

Sondag aande oppi stoep

19

Pietersielie en basilie kruid

 

Hertzogies

 

Jan Smuts koekies

22

Koningin brood poeding

28

'n Volle Spaanse Fees!

 

Boerewors pastei.

2009

 

DESEMBER

 


 

 5

Sousbone

 

Piekels, Kool, bone, knoffel asyn

 

Gemmer en lemoen wortels

 

Slaphakskeentjies

 

Piekel eiers

 

Perskes

15

Brandrissies

 

Roomys

 

Cholesterol raad

 

Hartstigting dieet en raad

 

Sagte tuna tertjies

 

Wasgoed bondeltjies en blaasoppies

 

Alles oor waspoeier en skoonmaak middels en hoe om jou eie te maak

20

Nog oor vrugtesappe, smere, jonge manne en meisies!

 

Maak jou eie margarien en maak smeer meer!

 

Mikrogolf vrugtekoek (My ma)

NOVEMBER


1

 Oom Jan se Gemmerbier

9

Alles oor meel

 

Nog Wenke oor meel

 

Kolwyntjies: basiese resep en ander variasies

 

Alles oor Deeg...

10

Brood, korse, witsous...!

 

Kitsgis en gis wenke en nog deeg wenke

11

Kook woordeboek en woordeskat

13

Roomys

20

Appelkoos en perske resepte

 

Mieliebrode

 

Alles oor pekel van vleis

 

Wasgoed wenke

21

Kefir

 

Stap wenke

23

Knie-lose brood resep

26

Iets vir die siel

28

Nog iets oor appelkose en perskes

 

Poeier eiers

 

Kook en Geniet se Boerbeskuit  resep

 

Springmielies en ander happies

 

Sonoond en resepte: Hoender, skaapboud, stampmielies, pasta.

 

Konfyt tertjies

 

Wafels, wafels, wafels

OKTOBER


1

 Agurkies, komkommers en nog piekels

6

Dieet Wenke

10

Paella

11

Lemoenkoek

18

Doppies vir vulsels en Alles oor brood

19

Yskastert,  Maaskaastert, Marshmallow tert

25

Plante en troeteldier wenke

27

Mielietert by braaivleis  en Pampoenkoekies

 

Vrugtesappe,

 

Gewone jogurt

SEPTEMBER


3

 Nog seepkook en konfyt tertjie wenke!

4

Plaatkoekies

 

Puisies

8

Diabetiese konfyt

12

Roomys

14

Alles oor Boerseep kook

17

Muggies en plae

18

Quiche

19

Psoriase

 

Suurdeeg, plantjies en Vriendskapsbroodjies

 

Roly-Poly’ ies en broodwiele

 

Sjokolade rolkoek

22

Rolkoeke, wenke en nog resepte

AUGUSTUS


1

 Portugese Lemoen Rolkoek

4

Limonade en vrugtesappe

5

Mieliebrood

13

Bierblik Hoender

16

Hoender en Lensies, en spinasie gebak

24

Alles oor son oonde, prut potte en resepte daarvoor!

 

Moeder se regte kerrie!

 

Moeder se Koeksisters

28

Skuinskoek

 

Vetkoek , vetkoek, vetkoek

JULIE

Soetpatat wafels

Die begin dae...

 

 

Bethulie se dorpswapen

 

Rooibostee met sitrus

11

Soppe, pampoen, spinasie en brokkoli

13

Avo-disse

15

Persimons

18

Kombuis toestelle

20

Alles oor pannekoek, wafels en plaatkoekies

 

Bruinrys nagereg en ander diabetiese resepte

 

My sagte wonderlike altyd reg pasteitjies!

 

Melkkos en snysels

 

Kluitjies en kliet’jes en heerlike Gemmer-kastrol-nagereg!

 

Konfyt tertjies

 

Termiete en rysmiere

 

Kampkos: varktjops, steaksous en askoek

 

Algemene huishoudelike wenke...

 

Prutpot en stadige geregte

 

Moeder se Kerrie en rys

 

Ryspoeding

 

Epilepsie week: Wenke en raad en algemene inligting

 

Psoriase

22

Diabetiese Klapper en appel en dadel nageregte

25

Wafel-snackle-doppies...

 

Rugprobleme

29

Sago en Meringue poeding

 

Nael sorg

 

Wafelsouse

 

Preie en prei-resepte

Jou Naam:
Epos adres:
Navraag of opmerking:
 

 LESERS  NAVRAE :

Ja, julle sal dink daar kom min navrae in! Julle is verkeerd! ALLE navrae antwoord ek eers persoonlik, duplikaat tipe vrae verwys ek net na waar die antwoorde reeds verskyn het en daarom maak ek nie van almal hier melding nie! As jy dus nie jou navrae hier sien nie, is daardie vraag al reeds ook deur 'n vorige leser gevra en hier iewers beantwoord! Maar dan sou ek jou ook persoonlik eers geantwoord het.


 
 
 
 
 TERUGVOER oor LESERS-NAVRAE!

 

 

 

Hantie Skryf: ek gaan op n uitgebreide karavaan toer deur Suid Afrika het jy dalk vir my resepte wat ek kan maak wat vinnig gaan vir 2 mense. baie dankie

Hantie, Hantie!!

Spesiaal vir jou! Ons is self mal oor kamp, so ek heg graag vir jou kampkos en karavaankos resepte aan! Geniet dit!

Beste Groete !

 

Moira: n goulash resep wat bier bevat, het verskyn n week of drie terug ???

Beste Moira

Sjoe, ek pleit skuldig, maar ek spoor die resep waarvan jy praat glad nie op in die ARGIEWE nie, en gewoonlik is al die resepte wat reeds verskyn het daar! In die KAMMANUUS verskyn nou ‘n reeks oor geregte van die wêreld, maar ek dink nie dit het al daarin verskyn nie!

Ek sluit egter vir jou my gunsteling GOULASH resepte in, dalk is dit een van hulle?

 

Mooi wense en lekker kook!

(Met Apologie, ek weet nie meer by wie of waar ek dit gekry het nie! Dis slegs oorgetik en in my boek geplak en ek gebruik dit slegs as riglyn, want as jy een resep eenmaal gemaak het, maak jy daarna altyd jou eie variasie! Ek eksperimenteer gewoonlik met die groente wat ek op daardie stadium in seisoen het, en wees nou maar eerlik, enige “stew”  Potjiekos, of prut-gereg, met vleis, uie, soetrissies en paprika is maar ‘n “goulash”!!  Sjoe! Die kook-deskundiges sal my sekerlik hieroor oor die vingers raps!! )

 

BEES GOULASH MET BIER I

30 ml olie
750 g beesvleisblokkies
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
10 ml paprika
2 blikke (410 g elk) heel, geskilde tamaties
1 blikkie Bier
10 ml bruinsuiker
Sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml suurroom of jogurt

Verhit olie in ’n swaarboompot en braai vleisblokkies bruin. Voeg uie en knoffel by en braai tot uie sag is. Voeg paprika by, braai liggies en voeg tamaties, bier, bruinsuiker, sout en peper by. Verhit tot kookpunt. Bedek pot, verlaag hitte en prut vir 1 ½-2 uur of tot vleis sag en sous dik is. Verwyder van hitte en geur na smaak. Roer suurroom deur. Sit voor op aartappels of pasta. Genoeg vir 4-6 mense.

 

BEES GOULASH MET BIER II

600 gr vleis blokkies

1 blikkie / botteltjie bier

paprika, sout en peper, rooi-peper, tiemie

2 rooi soetrissies in repies gesny

3 uie fyngekap

3 huisies knoffel gekap

2 aartappels in blokkies gesny

4 tamaties opgekap


Meng die vleis blokkies goed met die uie, knoffel en kruie. Soteer dit liggies in olie of botter tot mooi bruin. Gooi helfte van die bier oor mengsel en laat prut tot droog gekook. Voeg nou aartappels, tamaties, soetrissies en res van bier by en stowe verder tot alles sag en gaar is. Bedien met rys.

 

VOLSTRUIS GOULASH MET PORT, SAMPIOENE en KLEIN UITJIES

(Ek het dit nog net met bees-filet probeer)

1 e olyfolie
1 e balsamiekasyn
3 e port
1 ui, gekap
 
3 takkies vars roosmaryn, gekneus
1 e naeltjies en neutmuskaat
sout en peper, na smaak
 
1 kg volstruisfilet, in blokkies gesny (goulash)

Meng al die bestanddele saam en laat vleis oornag hierin marineer.

 

1 e botter 
125 g spekvleis, gekap
1 prei, gekap
 
1 kg volstuisvleis met die marinade
2 knoffelhuisies, gekneus
½ t naeltjies
sout en peper, na smaak
 
'n hand vol vars tiemie, gekap
‘n hand vol roosmaryn, gekap
 
500 g sampioene
 
125 g klein uitjies
 
60 ml vars room

Verhit botter in kastrol. Soteer spek en preie daarin. Voeg vleis en marinade by. Voeg al die geurmiddels by en laat prut 3-4 uur. Voeg die sampioene en uitjies by dertig minute voordat die kooktyd verby is. Haal vleis uit en sit sous terug op stoof. Voeg room by en kook tot verminder en verdik. Plaas die vleis terug in sous en laat deurwarm word. Skep warm goulash met sous, uitjies en sampioene op warm tagliatelle-pasta. (Hierdie resep het ek via die TV program PASELA afgeskryf!)

 

HONGAARSE GOULASH

(‘n mengsel van ‘n Nederlandse internet resep en my improvisering!)

Smelt 2 eetlepels Holsum vet – of olyf olie

Braai 2 groot gekapte uie, moenie dit karameliseer nie.  Strooi 1 eetlepel paprika (die Hongaarse soort as jou kruidenier dit aanhou) en pasop dat dit nie aanbrand nie.  Roer deur.

Neem 500g kook beesvleis, in blokkies opgesny, en saute dit in die pot.  Die vleis gaan begin vog afgee. Dis perfek. 

Gooi 2 huisies fyngekapte knoffel, 1 teelepel caraway sade, ‘n lourier of suurlemoenblaar, sout en peper by .

Gooi water in die pot wat die inhoud net-net bedek, sit die deksel op en prut vir so 1 ½ uur.

Na hierdie eerste kooktyd gooi jy 2 wortels in wieletjies opgesny, 2 Medium tamaties, opgesny, ‘n pakkie tamatie pasta, en 2 greenpeppers, in klein blokkies gesny by.

Gooi nog 2-3 koppies kookwater by, sit die deksel terug en prut verder tot wortels en vleis lekker sag maar nie pap is nie.

Bedien met ‘n lekker potbrood of maak kluitjies bo-op.

 

KLUITJIES

Klits 2 eiers, 3 ETL gesmelte botter en ¾ kp melk goed. Roer 2 kp bruismeel by. Skep lepelsvol bo-op die vleis, laat gaar stoom vir laaste 10 minute, hou deksel dig toe !

 

Voila!

 

 

Loraine Eksteen het geskryf: Goeiedag Retha, Ek het 'n oortrui begin brei wat in een van VKEUR uitgawes was en kan my boek nou nerens opspoor nie. HELP ASB!!

 

Liewe Lorraine!

Ek het dit vir jou! Met komplimente van VROUEKEUR! (Ongelukkig het ek nie die reg om die foto’s ook aan te heg nie! Die een het ‘n pragtige loserige V-hals-kraag en die ander een is ‘n lospassende/loshangende lae nek Polo-hals.)

Groetnis !R.

 

Dubbele breiplesier

Moeilikheidsgraad: matig

Dis weer breityd! Skop af met dié twee maklike oortruie

Benodigdhede

OORTRUI MET KRAAG

SIRDAR CLICK ARAN of ELLE ARAN (50 g-balle)

6(6;8;9;10)balle in kleur van jou keuse

Een paar 4 mm- en 5 mm-breinaalde

Steekhouers

OORTRUI MET LAE HALS

SIRDAR COUNTRY STYLE DK of ELLE DK (100 g-balle)

4(5;6;6;7;8)balle in kleur van jou keuse

Een paar elk 3,25 mm- en 4 mm-breinaalde

Steekhouers

Tensy aanbevole breidraad gebruik word, kan Saprotex nie vir die voltooide produk verantwoordelikheid aanvaar nie.

 

Mate

OORTRUI MET POLOHALS

Om borsmaat te pas van: 61-66(71-76;81-86;91-97;102-107)cm

Ware grootte: Bors: 71(80;90;101;111)cm

Volle lengte: 40(50;60;62;64)cm

OORTRUI MET LAE HALS

Om borsmaat te pas van: 81-86(91-97;102-107;113-117;122-127;132-137)cm

Ware grootte: Bors: 91(101;111;121;131;141)cm

Volle lengte: 65(67;71;75;79;83)cm

Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies. Waar net een syfer gegee word, geld dit vir al die groottes.

 

Spanning

Spaar tyd, doen ‘n spanningstoets.

OORTRUI MET POLOHALS

18 ste en 24 rye = 10 cm oor koussteek met 5 mm-naalde

OORTRUI MET LAE HALS

24 ste en 36 rye = 10 cm oor pat met 4 mm-naalde

Vir die beste resultate is dit belangrik om die regte spanning te hê. As daar te min steke op die toetslappie is, gebruik dunner naalde; as daar te veel steke op is, gebruik dikker naalde.

 

Afkortings

 

alt – alternatiewe

aw – aweregs

beg – begin

cm - sentimeter

herh – herhaal

ks – koussteek

mm - millimeter

oorbl – oorblywende

pat – patroon

– regs

R1O – regs in onderste st

R(V)K – regte(verkeerde) kant

st(e) – steek(steke)

tes – tesame

vermin – verminder

vermeer – vermeerder

vlg – volgende

 

OORTRUI MET POLOHALS

Agterpant

Met 4 mm-naalde en duimmetode, stel 73(85;97;103;115)ste op.

1ste ry: r2, *aw3, r3, herh van * tot laaste 5 ste, aw3, r2.

2de ry: aw2, r3, *aw3, r3, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.

Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 3x3-rif.

Gaan voort in 3x3-rif vir 6(7;8;8;8)cm, eindig met VK-ry.

Vlg ry: aw4(6;2;7;8), aw2tes, (aw6[4;4;6;5], aw2tes)8(12;15;11;14)keer, aw3(5;3;6;7).

64(72;81;91;100)ste.

Met 5 mm-naalde gaan soos volg voort:

1ste ry: r.

2de ry: aw.

Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ks.**

Gaan voort in ks (deurgaans) tot agterpant 37(47;57;59;61)cm lank is, eindig met VK-ry.

Skouervorming

Heg 6(7;8;10;11)ste aan beg van vlg 2 rye af.

52(58;65;71;78)ste.

Heg 6(7;9;10;11)ste aan beg van vlg 2 rye af.

40(44;47;51;56)ste.

Heg 7(8;9;10;12)ste aan beg van vlg 2 rye af.

26(28;29;31;32)ste.

Laat oorbl 26(28;29;31;32)ste op steekhouer.

 

Voorpant

Werk soos gegee vir agterpant tot **.

Werk in ks (deurgaans) tot voorpant 31(40;49;51;52)cm lank is, eindg met VK-ry.

Halsvorming

Vlg ry: r26(29;33;37;41), draai, laat oorbl 38(43;48;54;59)ste op steekhouer.

Werk slegs oor hierdie 26(29;33;37;41)ste soos volg:

Vlg ry: aw.

Werk 4 rye, vermin 1 st aan nekrand in elke ry.

22(25;29;33;37)ste.

Werk 5 rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg alt ry.

19(22;26;30;34)ste.

Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 37(47;57;59;61)cm lank is, eindig met VK-ry.

Skouervorming

Heg 6(7;8;10;11)ste af, r tot einde.

13(15;18;20;23)ste.

Vlg ry: aw.

Vlg ry: heg 6(7;8;10;11)ste af, r tot einde.

7(8;9;10;12)ste.

Vlg ry: aw.

Heg oorbl 7(8;9;10;12)ste af.

Met RKV, werk oor oorbl 38(43;48;54;59)ste, gl12(14;15;17;18)ste op steekhouer, heg draad aan oorbl 26(29;33;37;41)ste en r tot einde.

Vlg ry: aw.

Werk 4 rye, vermin 1 st aan nekrand in elke ry.

22(25;29;33;37)ste.

Werk 5 rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg alt ry.

19(22;26;30;34)ste.

Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 37(47;57;59;61)cm lank is, eindig met RK-ry.

Skouervoming

Vlg ry: heg 6(7;8;10;11)ste af, aw tot einde.

13(15;18;20;23)ste.

Vlg ry: r.

Vlg ry: heg 6(7;9;10;11)ste af, aw tot einde.

7(8;9;10;12)ste.

Vlg ry: r.

Heg oorbl 7(8;9;;10;12)ste af.

 

Polohals

Werk regterskouernaat toe. Met RKV en 4 mm-naalde tel op en r20(22;23;23;26)ste eweredig langs linkerkant van nek, 12(14;15;17;18)ste oor op steekhouer aan voorkant van nek, 20(22;23;23;26)ste eweredig langs regterkant van nek en 26(28;29;31;32)ste oor op steekhouer aan agterkant van nek.

78(86;90;94;102)ste.

1ste ry: r2, *vermeer in vlg ste aweregsgewys, aw1, vermeer in vlg st regsgewys, r1, herh van * tot laaste 4 ste, vermeer in vlg st aweregsgewys, aw1, r2.

115(127;133;139;151)ste.

Begin met 2de ry van 3x3-rif, werk tot polohals 13(14;15;15;15)cm lank is, eindig met VK-ry.

Heg in rif af.

 

Mousgatrande (dieselfde)

Werk linkerskouer- en polohalsnaat toe, werk aan verkeerde kant vir omslaan. Plaas merkers 17(19;22;24;26)cm van skouernate af aan sykante van voor- en agterpante om mousgate aan te dui. Met RKV en 4 mm-naalde, tel op en r79(85;97;109;115)ste eweredig tussen mousgatmerkers aan voor- en agterpant. Begin met 2de ry van 3x3-rif werk 3(3;4;4;4)cm, eindig met VK-ry.

Heg in rif af.

 

Om te voltooi

Werk sy- en mousgatnate toe. Lê trui uit volgens mate, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.

 

OORTRUI MET LAE HALS

Agterpant

Met 3,25 mm-naalde en duimmetode, stel 118(134;146;158;170;186)ste op.

1ste ry: r2, *aw2, r2, herh van * tot einde.

2de ry: *aw2, r2, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.

Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 2x2-rif. Werk in 2x2-rif vir 10(10;10;12;12;12)cm, eindig met RK-ry.

Vlg ry: rif 10(6;6;6;6;4), rif2tes, (rif10[8;9;10;11;9], rif2tes)8(12;12;12;12;16)keer, rif10(6;6;6;6;4).

109(121;133;145;157;169)ste.

Met 4 mm-naalde gaan soos volg vort:

1ste ry: r.

2de ry: aw.

3de ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde,

4de ry: r1, aw1, *R1O, aw1, herh van * tot laaste st, r1.

Van 1ste tot 4de rye stel pat vas **

Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) tot agterpant 65(67;71;75;79;83)cm lank is, eindig met VK-ry.

Skouervorming

Heg 17(20;23;25;28;29)ste in pat aan begin van vlg 2 rye af.

75(81;87;95;101;111)ste.

Heg 18(20;23;25;28;30)ste in pat aan begin van vlg 2 rye af.

39(41;41;45;45;51)ste.

Heg oorbl 39(41;41;45;45;51)ste in pat af.

 

Voorpant

Werk soos gegee vir agterpat tot **.

Gaan voort in pat soos vasgestel (deurgaans) tot voorpant 30(30;32;34;36;38)cm oak is, eindig met VK-ry.

Verdeel vir nek

Vlg ry: pat 47(52;58;63;69;75), draai, laat oorbl 62(69;75;82;88;94)ste op steekhouer.

Werk slegs oor hierdie 47(52;58;63;69;75)ste, gaan soos volg voort:

Vlg ry: pat.

Werk 111(91;91;61;61;33)rye, vermin 1 st aan nekrand in vlg en elke vlg 10(10;10;10;10;8)ste ry.

35(42;48;56;62;70)ste.

 

Vir slegs 2dee, 3de, 4de, 5de en 6de groottes

Werk (24;24;72;72;110)rye, vermin 1 st aan nekrand in elke vlg (12;12;12;12;10)de ry.

(40;46;50;56;59)ste.

 

Vir al 6 groottes

Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 65(67;71;75;79;83)cm lank is, eindig met VK-ry.

 

Skouervorming

Vlg ry: heg 17(20;23;25;28;29)ste in pat af, pat tot einde.

18(20;23;25;28;30)ste.

Vlg ry: pat.

Heg oorbl 18(20;23;25;28;30)ste in pat af.

Met RKV heg draad aan oorbl 62(69;75;82;88;94)ste en gaan soos volg voort:

Vlg ry: heg 15(17;17;19;19;19)ste in pat af, pat tot einde.

47(52;58;63;69;75)ste.

Vlg ry: pat.

Werk 111(91;91;61;61;33)rye, vermin 1 st aanb nekrand in vlg en elke vlg 10(10;10;10;10;8)ste ry.

35(42;48;56;62;70)ste.

 

Vir slegs 2de, 3de, 4de, 5de en 6de groottes

Werk (24;24;72;72;110)rye, vermin 1 st aan nekrand in elke vlg (12;12;12;12;10)de ry.

(40;46;50;56;59)ste.

 

Vir al 6 groottes

Gaan voort sonder om te vorm tot voorpant 65(67;71;75;79;83)cm lank is, eindig met RK-ry.

 

Skouervorming

Vlg ry: heg 17(20;23;25;28;29)ste in pat af, pat tot einde.

18(20;23;25;28;30)ste.

Vlg ry: pat.

Heg oorbl 18(20;23;25;28;30)ste in pat af.

 

Nekband

Regterkant

Werk skouernate toe. Met RKV en 3,25 mm-naalde begin aan binnerand van afhegste aan voorkant van nek, tel op en r127(131;139;145;153;161)ste eweredig oor regterkant van nek en 20(20;20;22;22;26)ste tot in middel van nek agter.

147(151;159;167;175;187)ste.

1ste ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot laaste st, r1.

2de ry: aw1, *r2, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r2.

1ste en 2de rye stel rif vas.

Werk in rif vir 6(7;7;8;8;8)cm , eindig met VK-ry.

Heg in rif af.

Linkerkant

Met RKV en 3,25 mm-naalde begin in middel van nek agter, tel op en r20(20;20;22;22;26)ste eweredig tot by skouer en 127(131;139;145;153;161)ste eweredig oor linkerkant van nek.

147(151;159;167;175;187)ste.

1ste ry: r1, *aw2, r2, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.

2de ry: r2, *aw2, r2, herh van * tot laaste st, aw1.

1ste en 2de rye stel rif vas.

Werk in rif vir 6(7;7;8;8;8)cm, eindig met VK-ry.

Heg in rif af.

 

Mousgatrande (dieselfde)

Plaas merkers 21(23;25;27;29;31)cm van bokant van skouers af aan voor- en agterpant. Met RKV en 3,25 mm-naalde tel op en r110(122;134;146;154;162)ste eweredig tussen merkers. Begin 2de ry van 2x2-rif, werk 6 cm, eindig met VK-ry.

Heg in rif af.

 

Om te voltooi

Werk sy- en mousgatnate toe. Werk naat in middel van nek agter toe. Plaas regter- oor linkerkant, werk syrande van nekband in posisie oor afhegste aan voorkant van nek. Lê trui uit volgens mate, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.

 

ErikaMy kind moet 'n taak maak met die verskil tussen botterbroodjies en muffins en die bakproses, en drie verskillende apparater warmee filterkoffie berei kan word. Help, groot asb!

 

Liewe Erika, ‘n Liewe Niggie in die familie is ‘n kookdeskundige, en sy het my met die antwoord gehelp! Dankie Marelie!! Sy laat weet:

Liewe Tannie, Kom ons begin met die maklikste eerste…

Volgens wat ek kon kry in my handboeke en op Google (my beste maatjie) kry n mens n vakuum brouer, perkulator en plunjer…

 

In verband met die botterbroodjies (skons) en muffins is albei deel van Vinnige brode “Quick breads” wat beteken dat hul albei van chemiese rys agente“chemical leavening agents” gemaak word wat koeksoda “baking soda”en bak poeier“baking powder” is. 

 

Onder quick breads is daar drie tipes meng tegnieke naamlik Koekies metode “Biscuit method”, Muffin metode “Muffin method” en Roommetode “Creaming method”.  ‘n Skon word van die Biscuit method gemaak en die doel is om n “light, flaky and tender” eind produk te kry.  Die prosedure vir die Biscuit method is soos volg.

 

1.Weeg en meet al die bestandele

2.Sif die droë bestandele saam

3.Sny die vet in die droë bestandele in, die vet moet in ‘n solide vorm wees.

4.Meng die vloeistowwe saam, insluitend die eiers

5.Voeg die nat bestandele saam met die droë bestandele en meng.  Moet 

nie oor meng nie dit veroorsaak dat die eindproduk taai is en dit belemmer die rys van die produk.

6.Knie die deeg 10 tot 15 keer ( 20-30 sekondes).  Die deeg moet sag 

en elasties wees maar nie taai nie.

7.Die deeg kan nou gevorm en gabak word.

 

Vorm en bak proses

 

1.Rol die deeg uit oor n oppervlakte met meel oor, tot n dikte van 

1.2-1.8 cm.  Roll dit eweredig uit, die eindproduk gaan dubbel in hoogte wees na gebak.

2.Sny die deeg in die gepasde vorm.  Sny reguit af en moet nie die 

vorm “twist” nie dit belemmer die rys.

3.Plaas die vormpies op n gesmeerde pan.  Hoe nader die vorms aan 

mekaar is, hoe sagter gaan die eindproduk wees, vir ‘n “crusty” kant, sit die vormpies verder van mekaar af weg.

4.Druk die oorblywende deeg saam en rol weer uit.  Dit kan net een 

keer gedoen word.

5.Bak dadelik in ‘n warm oond

6.Koel die eindproduk af voor bediening

 

‘n Muffin word weer met die Muffin method gemaak  die doel is om ‘n “tender product with an even shape and even distribution of fruits, nuts or other ingredients” te kry.  Muffin metode:

 

1.Weeg en meet al die bestandele

2.Sif die droë bestandele saam

3.Kombineer die vloeistowwe, dit sluit die gesmelte vet of olie in

4.Voeg die nat bestandele by die droë bestandele en roer net tot 

gemeng.  Moet nie oor meng nie.  Die beslag sal klontereg wees as gevolg van die neute, vrugte of ander bestandele.

5.Die beslag is nou reg om gedeel en gebak te word.

 

Vorm en bak:

 

1.Smeer die muffin pannetjie

2.Skep eweveel beslag in elke pannetjie

3.Bak

4.Koel die eindproduk af voor bediening

 

Let ook asseblif op dat as daar na skon verwys word praat ons van deeg en as ons na muffin verwys praat ons van beslag… die verskil gaan oor die water inhoud van die twee. 

Bron:LABENSKYS.R & HAUSE, A.M. 2007. On Cooking. 3th  Edition. Prentice

Hall: New Jersey

 

Die volgende webwerwe vind ek ook behulpsaam!

http://www.afrikaanseskoolprojekte.co.za/

http://openpdf.com/ebook/gasvryheidstudies-pdf.html

http://www.mpumalanga.gov.za/education/past_matrci_papers/grade10_2006/Hospitality%20Studies/Afrikaans/FINAAL%20Gasvryheidstudies%20-%20Loods%20Nov%2006.pdf

http://www.impakonderwys.co.za/images/Gasvryheidstudie%20Junie-eksamen%20G10%20K2.pdf

http://www.futureentrepreneurs.co.za/uploads/lessons/AFR/Gr10/Graad10_Gas_Final.pdf

http://www.impakonderwys.co.za/images/Gasvryheidstudie%20Studiebrief%20G10%20K2.pdf

http://openpdf.com/ebook/gasvryheidstudies-pdf.html

http://www.guidelines.co.za/cat-search.aspx?count=280&Ssearch=

 

Mareta: Hoe bewaar ek droe bone sodat daar nie miet inkom nie. Ook droe vrugte asb.

 

Beste Mareta!

Dankie vir jou navraag!

Wat ek met sukses gebruik en wat sover vir my help is 'n stuk gewone wit kers. Ek breek stukke af en plaas dit tussen my rys, mieliemeel ens. in 'n lugdigte bottel of Tupper-houer.

Ek het ook al droë Lourierblare met sukses i.p.v kerse gebruik. My hawermout hou ek egter in die yskas, ek kan nie onthou hoekom nie! Of dit steeds miet ingekry het en of ek dit bloot daarin begin sit het oor die houer so gerieflik in die yskasdeur vir die kinders gepas het om hul eie "oats-pap" of "ouma-see-pap" soos hul dit genoem het, te kon maak, weet ek nie, maar ja, dit bly steeds in die yskas...

 

My droë vrugte gebruik ek te gou op! Maar ek hou gewoonlik myne ook in die yskas en my dadels sommer vir maande in die vrieskas. Ons koop gewoonlik 'n paar kilogramme as ons byPella verbygaan en dis te kosbaar om versmaai te word! Dan "ontdooi" ek dit teen kamer temperatuur en dis piekfyn. Vanweë die hoë suiker inhoud, vries dit nie werklik nie en ontdooi dit dus baie gou.

 

Hoop dit help ook vir jou, laat weet gerus!

 

Colleen ClaassenHi daar, Ek het vandag eers op julle werf aan gekom en dit is stunning. Ons is in die proses om te verhuis na Upington, ek het gister in die Landbouweekblad gelees van die sonstoof.  Ek is bitter nuuskierig hoe die potte en die stoof lyk en het gewondr of U my dalk 'n prentjie of meer kan vertel?  Lekker dag!!!

Colleen,

Ek is so bly jy het op ons werfie beland!

Ek is self besig om te verhuis, nie ver nie maar soos jy weet bly dit chaos! Oe Upington is 'n heerlike plek! Ons is ook Noord Kapenaars en dis die beste provinsie in ons land! Skoon lug, baie son, water, goeie grond, veiligheid en stilte....

Wil jy nie asb op die GISTER OP DIE AGTERGROND bladsy gaan loer nie, heel onder iewers was daar iets en resepte oor 'n sonstoof, ook 'n webwerf se adres waar jy meer kan oplees!

Hoop dit sal jou help, laat weet as jy nie regkom nie dan stuur ek dit vir jou aan sodra ek kansie kry!Mooi dag en beste groete!

 

Louise: Beste Retha

Ek het vandag vir die eerste maal by jou webwerf uitgekom – en was dit nou vir jou ‘n fees!!  Baie dankie vir al die kosbaarhede wat jy met ander deel – dit word gekoester.

 

Ek kon net nie die ingelegde komkommer resep raaklees by die argiewe nie – dalk was daar te veel ander goed wat my oë op gefokus het – sal jy dit asseblief vir my kan stuur.  Ek het gehoor dat ‘n mens ook Engelse komkommers soos agurkies in stroop kan kook – sou dit graag wou probeer omdat agurkies nie so geredelik beskikbaar is nie.

 

Sal van nou af gereeld op jou webwerf rondstap – geniet jou beskrywing van die Karoo ongelooflik – en ja, jy het beslis ongekende talent – dankie dat jy die mooi van die lewe metander deel.  Mooi bly en geniet die wonderlike plaaslewe – mal oor jou foto waar jy die ou bokkie so voer!  God skenk ons soveel vreugde – ons moet net altyd daarvan bewus wees – want ons vind dit oral!

Seënwense

 

Louise , Dankie vir jou heerlike brief! Ek help graag!

GEBOTTELDE AGURKIES

3 bottels (750 ml) asyn

1 bottel water

1/2 kp sout

1/2 kp suiker

1/2 pakkie " Pickling-Spice"

Was jou klein komkommertjies goed af, dreineer alle oortollige water, en pak dit rou en styf in jou bottels.

Kook bs. en gooi dit kokend oor die gebottelde agurkies of jong komkommers. Bottel warm deur dadelik die deksels op te draai,keer die bottels om en laat afkoel voor jy dit was en wegpak. As jou komkommers al te groot raak, kan jy dit was en in skyfies sny en dan ook soos hierbo bottel.

Probeer OOK die volgende:

3 kg vars agurkies of komkommer skyfies

6 kp asyn

6 kp suiker

1 Etl borrie

3 Etl kerrie

6 uie gekap

Aromat na smaak

1 pakkie "Pickling-Spice"

3 rooi "green peppers"

Braai uie. Voeg kerrie en borrie by, roer goed deur.Gooi asyn en ander speserye by, kook. Gooi agurkies of skyfies komkommer by en laat vir so 2-3 minute deurkook. Bottel warm.

En OOK die volgende is heerlik:

4 groot uie in ringe gesny

1 groot Engelse komkommer in ringe gesny

Kook 1 kp water, gooi uie en komkommer by en kook 10 minute tot droog.

Voeg nou by: 1 kp asyn

1 kp suiker

2 Etl kerrie

2 Tl mosterd poeier

1 tl pietersielie en tiemie opsioneel

Kook tot suiker opgelos en deurgekook is. Moenie weer droogkook nie!

Meng 2 Etl mielieblom met 1 kp asyn en gooi dit by,kook tot verdik.

Bottel dadelik warm. Geniet jou komkommers!

 

Jakkie JoubertWaar kan ek Eier poeier koop (gedroogte eier)Groot asseblief

 

Hi Jakkie!

Jy kan eierpoeier koop by CAMPO in Krugersdorp! (Weet nie waar jy is nie!) En ook by ander uitgesoekte kamp / outdoor verskaffings plekke... en as jy by 28 November op die GISTER ... bladsy op die werfie gaan loer, vertel ek jou ook hoe om jou eie te maak as jy sou wou!

Mooi dag en beste groete

 

 

Alta VisserHiasinte - is dit 'n plant of onkruid.  Waar tref mens dit aan?

Wel Alta, Water Hiasinte is 'n onkruid wat die suurstof uit ons damme en mere steel en so die water lewe  stadig maar seker vernietig.  
Hiasinte , egter met hul lieflike wit, pers, blou of pienk  welriekende blomme, is winter bolle wat begin blom sodra die lente aanbreek en jy kan dit gerus aanplant. Jy kan dit ook as fokusplant  in die huis  gebruik, plaas bv. 3-4 bolle op wit spoelklippies in 'n mooi glasbak, en vul met water om die klippies te bedek maar die bolle moet net-net aan die water raak sodat dit wortels kan vorm en die bolle aan die klippies kan anker. So sien jy die wortelgroei en dit word 'n baie mooi  binnenshuise plant. Wanneer dit klaar geblom het  kan jy die bolle in die tuin gaan uitplant tot volgende jaar. Jy kan by enige kwekery of supermark wat bolle aanhou daarvan te koop kry. Ek dink dit is 'n uitheemse plant en wel afkomstig van Holland. 


ISAURA: ek is op soek na ou resep hoe om boer seep te maak.

Ek kon vir Isaura antwoord en haar ook herlei na die GISTER op die AGTERGROND bladsy waar resepte  verskyn... en

daleenvanas@yahoo.com het juis geskryf en gesê:  Iemand het navraag gehad oor boereseep, ek maak en verkoop nog die regte outydse boereseep - kontak my gerus!

 

 

Carin de Beerdiabetiese beskuit resep asb!

Hi Carin! Probeer gerus hierdie een! Daar is wel suiker by, maar omdat dit so hoog in semels is, is dit Gi-Goed!

En mens kan nie juis teveel daarvan eet nie! Uitstekend vir die maag! Dit is baie bros hoor!

9 kp semels

2 kp bruismeel

3 kp NuttyWheat

1 ½ kp suiker(gebruik plaasvervanger soos natreen of Huletts se Suger-lite...)

1 groot hoë Etl bakpoeier

1 desertlepel sout

500 g botter

4 eiers

500 ml melk

3 desertlepels asyn

 

Meng droë bestandele.

Vryf die botter in die meelmengsel in.

Meng al die vloeistof bestandele en roer by bs.

Druk vas in oondpan

Bak vir 40 min teen 180 grade C.

Droog uit.

 

Ek heg ook vir jou die beste uittreksels van ‘n interesante webbladsy aan dalk wil jy inteken by hulle?...jul ander kan my ook kontak as jul meer hieroor wil weet...

 

En laastens, ‘n spesiale Dankie aan ons Burgemeister Hennerik, wat vir my ook via die werfie se navrae-blokkie laat weet het: Jou webtuiste is regtig wonderlik en ek is moerse trots op jou en jou eindelose entoesiasme! Wel gedaan rietbok!

Onthou jul, Marie Burger het gevra:

Waarom bars pasteie wat met broskors deeg gemaak partymaal in die vrieskas ?

 

Wel Marie!

 

Jy het seker gedink ek het heeltemal van jou vergeet? Moenie glo nie! Kyk watter ander raad het ek vir jou opgespoor!

 

RETHA van SOMAAKMENS, en SOMAAKMENS se FAN BLADSY op FACEBOOK, se VRIENDE het gereageer! Hoop dit help!

 

1. Gert Myburgh het laat weet: Ontdooi deeg in yskas.....dis die geheim

 

2. Ursula Steyn sê weer:  As dit klaar gemaakte pasteie is van broskors deeg, sou ek raai dat die vrieskas miskien te koud gestel is of dit kan wees dat die deeg 'n bietjie te veel meel in het.

 

3. Annique Victor Strepies het gesê: Roudeeg moet goed in kleefplastiek toegedraai word-vir 2-3 dae in yskas, ontdooi deeg voor uitrol