|
Tuinhoek!
...Blomme laat hul geur na op die hand wat hulle gee!
MAANSTAND
TERMINOLOGIE: WANING GIBBOUS = Afnemende of Dalende bol / halfmaan WAXING GIBBOUS = Toenemende of Groeiende
bol / halfmaan GIBBOUS = (Byvoeglike Naamwoord -in Engels!!) (van die maan) wat lui: "more than half but
less than fully illuminated" !! Seg ek jou! CRESENT = Sekelmaan FIRST QUARTER = Eerste Kwartier LAST QUARTER = Laaste
of Vierde Kwartier.  LW: DIE STAND VAN DIE MAAN HIERBO, IS VOLGENS DIE SUIDELIKE HEMISFEER! Die een op ONSDORP se TUISBLAD is volgens
die NOORDELIKE HEMISFEER. Oulik nê! HOE PLANT ONS VOLGENS DIE MAAN?? KORTLIKS: Met NUWE
of DONKER MAAN, is daar verhoogde wortel groei, dus 'n goeie tyd om bo-gronds draende minderjarige plante en groente te plant,
bv. boontjies, spinasie,tamaties... Dus goeie algemene ploeg en plant tyd. Meeste grondvog kom nou by die sade vir ontkieming,
en grasperke moet nou gesny word vir verbeterde groei. Met die EEERSTE KWARTIER, is daar toenemende blaar groei
en dus steeds 'n goeie tyd vir plant en verplant! 2 Dae voor VOLMAAN is die heel beste tyd om enigiets te plant! VOOR VOLMAAN, gaan
die energie dus na ontkieming, sade en blare. Met VOLMAAN is alles in balans tussen blaar en wortel groei, plant dus
enigiets! Dit is egter ook nou die draaipunt en na VOLMAAN tot met LAASTE KWARTIER gaan die energie na die wortel gewasse,
plant hierna dus enige minderjarige ondergronds draende plante, bv wortels, patats... Met LAASTE KWARTIER is dit 'n rusfase waarin
nóg blaargewasse nóg wortelgewasse baie aktief is. Doen in hierdie paar dae dus onderhoudswerk, pesbestryding,
snoeiwerrk vermeerdering van plante en oes-werk vir droog van kruie ens. My Oupa het dit saamgevat en gesê:
Soos die maan groei, voor Volmaan, plant jy als wat bo die grond dra, soos die maan daal na Volmaan, plant jy alles wat onder
die grond dra, en met Donkermaan rus jy bietjie! Met Sekelmaan, kyk jy: hang hy met sy onderste punt na bo,
dan skep die maan nog en kom min reën, hang die sekel na onder dan gooi die maan, dan kan jy reën verwag! En met Volmaan, kyk
jy op 'n afgespreekte tyd in die maan, en daar in die maan, sal jou en jou geliefdes wat van anderplek af kyk, se
blik, mekaar ontmoet! Dus, as dit weer volmaan is, op 'n gegewe tyd, al is jy en jou geliefdes nie in vlees bymekaar
nie, laat jul oë daar ontmoet en kyk na mekaar, in die maan! En die res van die tyd? PLANT Vriend en Vriendin,
PLANT!
JULIE Geniet
die laaste maand van die WINTER, dis Middel
van die jaar! Snoeityd. Boomplantyd. Die laaste rustyd voor groeityd.  GESTALTES van die MAAN 2010
Jul
4 Laaste Kwartier Jul
11 Nuwe Maan Jul
18 Eerste Kwartier Jul
26 Volmaan AMPER ORALS WENKE:
Plant, snoei klaar en spuit
alle soort bladwisselende vrugtebome. Spuit met kalkswawel. Snoei rose en plant nuwes aan. Plant Strelitzias. Gooi ’n digte laag kompos om die primulas
en sleutelblomme omdat hulle daarvan hou dat hul wortels koel en klam gehou word. Dit is nou die beste snoeityd vir meeste sierstruike.
Verplant nou jou groter
bome en plant nuwes aan. As jy ’n boom verplant merk Noord –Suid, en plant weer in dieselfde rigting.Gee voeding
en genoegsaam water. STREEKGIDS-WENKE: | SUBTROPIES
| WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREëN
| | Sny bougainvilleas in houers
terug wanneer hulle klaar geblom het. Bemes met superfosfaat
en ’n stikstofryke kunsmis. Wanneer die plant goed groei, gee minder water en bemes met kaliumryke kunsmis om blomvorming aan te moedig. Maak
’n eerste aanplanting van
suikermielies en plant nog skorsies,
komkommers, geelwortels, tamatie, soetrissies, eiervrug, blaarslaai en spinasiebeet. Plant die laaste beet. |
Begin rose teen die einde van die maand snoei. Strooi gips oor swaar kleigrond sodat die reën dit kan inspoel. Plant die laaste ertjies. Saai blaarslaai en kopkool in kissies. Plant geelwortels, rape en beet.
| Wag tot die einde van die maand of begin van Augustus om rose te snoei. Saai beddingplante wat in koue weer kan ontkiem ( floksies, Alyssum, akelei (Aquilegia) skeefblomme, en ridderspore). Plant
hierdie maand ertjies.
| Wit aronskelke, wat uit die winterreënstreek kom, moet klam gehou word.
Plant die laaste ertjies. |
JUNIE  GESTALTES
van die MAAN 2010 Jun 4 Laaste Kwartier Jun 12 Nuwe Maan Jun 19 Eerste Kwartier Jun 26 Volmaan AMPER ORALS WENKE:
Berei gate voor vir aanplant van roosbome, bome en struike.
Gee aandag aan tuinpaadjies,
grasperke en rotstuine. Plant wingerdstokke. Dis tyd om Rabarber, artisjokke, aspersies, radyse en preie te plant! Plant iets wat jy gewoonlik nie sou plant nie, kry Adams-Vy-lote
by vriende en leg dit in, gaan koop daardie Kersie-, Lemmetjie- of Persimonboom! Geniet jou WINTER, dis 'n tyd van refleksie, nabetragting, hergroepering,
of hiberneer sommer net, en laat jou siel en liggaam saam met die seisoen rus! STREEKGIDS-WENKE: SUBTROPIES | WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREë |
Gee rose minder water om
’n rusperiode aan te moedig. Saai boontjies,
skorsies en jongmurgpampoentjies direk. Plant
saailinge van kopkool, tamaties, komkommers, soetrissies,
eiervrug, spinasiebeet, geelwortels,
beet, rape en preie. | Let op na nat areas
en verbeter dreinering waar moontlik.
Deurlug deurweekte grond met ’n klein
vurk en voeg ’n deklaag by. Stut plante wat
windgevoelig is teen stormsterk noordwestewinde.
Plant ertjies, uiesaailinge en die laaste boerboontjies.
Blaarslaai, radyse, rape, geelwortels en
kopkool kan ook hierdie maand gesaai word. | Gee soggens vroeg
water. Isoleer krane en pype deur
dit toe te draai en bêre tuinslange snags
sodat die water daarin nie vries nie. As daar na
’n vrieskoue nag ryp op plante lê, moet jy hulle
met koue water afspuit voor die son op hulle skyn.
’n Deklaag om meerjariges sal hulle teen
rypskade beskerm. Saai die laaste
boerboontjies in ’n warm, beskutte posisie. | Sorg dat plante uit Mediterreense streke wat by winterreën
aangepas is, water kry. Gee asaleas, Rhododendron-struike
en magnolias gereeld water. Saai weer ertjies. Plant blaarslaai
in die Oos-Kaapse kusstreek.
|
MEI  GESTALTES
van die MAAN 2010 Mei 6 Laaste Kwartier Mei 14 Nuwe Maan Mei 20 Eerste Kwartier
Mei 27 Volmaan Mei , is My Maand! My verjaarsdagmaand, my blydskapsmaand! Geniet jou eie Mei-Maand saam met my!
AMPER ORALS WENKE:
Maak ekstra
dekgras bymekaar en beskerm jong plante en bome teen komende ryp Aronskelke blom nou en moet baie water en vloeibare misstof kry. Strooi insekdoder tussen die blare van die Agapanthus en vuurpyle. Dit is slakke
se gunsteling plekke om te oorwinter! Begin
snoei aan vrugtebome. Geniet
die laaste Herfskleure in jou tuin, dis stukke van die reënboog wat vir jou afval en deur die wind op jou grasperk rondgewaai
word! STREEKGIDS-WENKE: SUBTROPIES | WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREë |
Warm winde kan tuine uitdroog; verstel outomatiese besproeiingstelsels daarvolgens. Plant hierdie maand anemoon- en ranonkelbolle, asook kappertjies en afrikaners vir vinnige kleur. Saai ertjies en boerbone aan die einde van die maand, saam met aartappels en klein aanplantings van blaarslaaisaailinge. Saai saad van boontjies, jongmurgpampoentjies en skorsies direk. Saai of plant saailinge van groente wat stadig ontwikkel soos kopkool, tamaties, komkommers, soetrissies, eiervrug, spinasiebeet, geelwortels, beet, rape en preie. |
Bedek
oop komposhope om hulle droog
te hou. Spit bolle soos Galtonia, Liatris, Childanthus
en Zephyrantes wat uit somerreënstreke afkomstig is uit, tensy dit in goed gedreineerde grond geplant is. Saai elke drie tot vier weke klein saaisels ertjies en boerbone direk. Plant ’n paar rye geelwortels, preie, witwortels en rape, asook saad of saailinge van blaarslaai, spinasie en kopkool. |
Gee beddingplante
soggens vroeg water
sodat hulle genoeg tyd het om
droog te word en die gevaar van rypskade op koue nagte minder is. Sit deklae om rose en ander gevoelige plante om die wortels te beskerm. Los droë blaargroei aan meerjariges as isolering teen ryp. Saai pronkertjies. Dit is ook ’n goeie tyd om geharde bome en struike uit te plant. Saai vroeg in die maand die laaste boerboontjies. |
Maak
inheemse plante van die winterreënstreek
en Australiese plante
soos Banksia-, Melaleucaen
Callistemon-soorte wat van winterreën hou, nat. Gee asaleas en kamelias deklae en genoeg water sodat hul blomknoppe nie afval nie. Plant ertjies en boerbone soos vir die winterreënstreek, asook blaarslaai, en saai vir die laaste keer uie. |
APRIL  GESTALTES
van die MAAN 2010 Apr 6 Laaste Kwartier Apr 14 Nuwe Maan Apr 21 Eerste Kwartier
Apr 28 Volmaan Die Herskleurespel
begin in helder rooi, geel en oranje tone orals in my tuin soos kwashale op ’n groen palet wys, en blare begin val en
dwarrel in die ligte bries. Op my stappad begin eerste aalwynblomme se groen hofies kop uitsteek, nog ’n wyle dan begin
die veld om my weer in vlamkleure leef! Ja, dit klink soos Februarie se inleiding...
maar die boerbokke wat die blare wat val begin optel en vreet, het bygekom! Die Somer is amper verby en met die skaduwees
wat langer word, verwag ons koeler dae. Tuinwerk raak lekkerder en opruim van die Somerstuine ’n nuwe uitdaging en vreugde! AMPER ORALS WENKE:
Plant al die eenjarige plantjies wat in die Winter en Lente blom nou uit.
Alle meerjarige plante kan nou uitgehaal en verdeel
word. As die blombolle begin ontwikkel,
kan ’n ligte toediening van vloeistof bemesting een maal per week toegepas word. Saai wat jy kan in die groentetuin vir die laatwinter. Geniet die Herfskleure in jou tuin, dis stukke van die reënboog wat vir
jou gegroei het! STREEKGIDS-WENKE: SUBTROPIES | WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREëN |
Maak
grasperke nat indien die reën wegbly. Saai in koel
weer
anemone, ranonkels en saadgrasse vir die koel seisoen, en
plant freesias en petunias. In hierdie warm streke kan meeste groente
in die wintermaande gekweek word. Maak klein aanplantings van groente soos boontjies,
blaarslaai,
jongmurgpampoentjies en skorsiesoorte wat gou ’n opbrengs
lewer. Saai groente wat lank moet groei, byvoorbeeld soetrissie, eiervrug, komkommer,
tamatie,
pietersielie en spinasiebeet, indien dit nie reeds in Maart
gedoen
is nie. Groente soos geelwortels, beet, rape, witwortels, uie
en preie kan ook nou
gesaai word. | Plant beddingplante vir die
winter en lente uit en saai jaarplante soos weeskindertjies,
strandviooltjies, Nemesia, somerviooltjies en
Nigelia direk. Plant orige bolle wat
in die lente moet blom. As jy probleme
met anemone ondervind, plant bolle in die kompartemente
van saailinghouers en plant in die tuin uit wanneer
die blare ontwikkel het. Gee fuchsias ’n
herfssnoei – die nuwe groei gee hulle ’n voorsprong
in die lente. Saai die eerste boerboontjies,
preie, witwortels, ertjies en rape direk. Saai blaarslaai, radyse en
beet asook een of twee rye geelwortels en kopkool, broccoli
en blomkool indien verlang. Hierdie
maand kan daar ook spinasiebeet en gewone spinasie
gesaai word. | Gee grasperke met ‘All Seasons Evergreen®’
en ‘Shade Over®’ water. Oorsaai grasperke doodryp om
dit groen te hou. Gee rypgevoelige plante ’n deklaag.
Laat begonias in ’n warm, beskutte plek oorwinter.
Bedek rypgevoelige plante met ’n ‘fleece’-doek
of beskerm hulle met tentjies van strooi, riete of goiing
teen koue winde en ryp – maak elke oggend oop en
bedek teen skemer. Verdeel Paeonia, Astilbe
en Polianthe wat mekaar verdring.
Saai nog preie, rape en uie. ’n Paar rye boerboontjies kan
ook hierdie maand gesaai word indien nodig. | Maak nat as reën
wegbly. Bemes aalwyne en vetplante wat blom vir ’n wintervertoning.
Saai Nemesia, Namakwalandse
madeliefies, strandviooltjies, en Kaliforniese papawers direk.
Plant orige bolle wat in die lente moet blom en beddingplante
– gebruik petunias vir winterkleur.
Saai ertjies en boerboontjies. Saai ook nog geelwortels,
beet, preie, rape, witwortels, radyse, kopkool, blomkool
broccoli en blaarslaai direk. |
MAART  GESTALTES
van die MAAN 2010 Mrt 7 Laaste Kwartier Mrt 15 Nuwe Maan Mrt 23 Eerste Kwartier Mrt 30 Volmaan
Die Herskleurespel begin in helder
rooi, geel en oranje tone orals in my tuin soos kwashale op ’n groen palet wys, en blare begin val en dwarrel in die
ligte bries. Op my stappad begin eerste aalwynblomme se groen hofies kop uitsteek, nog ’n wyle dan begin die veld om
my weer in vlamkleure leef! Die Somer is amper verby en met die skaduwees wat langer word, verwag ons koeler dae.
Tuinwerk raak lekkerder en opruim van die Somerstuine ’n nuwe uitdaging en vreugde! AMPER ORALS WENKE:
Saai Saad: Floksies, Gesiggies,Grasangeliere, Viooltjies, Sewejaartjies, Papawers,
Namakwalandse Madeliefies. Bolplante
wat in Februarie nie geplant is nie kan nog geplant word. Bestry slakke en rooispinnekop wat nou baie skade kan aanrig. Begin jou Kruietuin! STREEKGIDS-WENKE: SUBTROPIES | WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREëN |
Snoei oorgroeide struike goed terug, bv:Tibouchina wat uitgeblom is (dit moet elke vier of vyf jaar kwaai gesnoei word). In hierdie streke groei beddingplante wat in die somer moet blom beter in die
koel wintermaande; saai nou saad vir ’n mooi wintervertoning.Gewilde soorte sluit koringblomme, stokrose,
Lavatera, gesiggies, papawers en strandviooltjies in.
Plant
eiervrug, tamaties, soetrissies, spinasiebeet, komkommers en preie (ook ’n paar rye geelwortels en
beet indien nodig.)Maak opvolg aanplantings van groente wat gou ’n opbrengslewer, soos blaarslaai. |
Gebruik Kerb
op grasperke wat die vorige jaar las gehad het van wintergras. Dit is ’n goeie tyd om struike in houers uit te plant sodat hulle ’n gesonde, sterk wortelstelsel kan ontwikkel in die
warm, klam herfsgrond en gereed kan wees
om te groei wanneer dit ná die winter
warm word. Inheemse bolle soos freesias (kammetjies), Ixia en Babiana kan aan die einde
van die maand in los, goed gedreineerde grond geplant word, maar dit is raadsaam om tot
April te wag voor jy bolle uit die noordelike
halfrond plant.
Saai vir oulaas koolsoorte indien verlang.
Dit is die beste planttyd vir saad van koelweergroente soos
spinasiebeet, gewone spinasie, seldery,
preie en witwortels. Maak verdere klein aanplantings van geelwortels, beet, rape en radyse sowel as pietersielie en blaarslaai. | Hou op om plante te bemes.Maak steggies van rypgevoelige plante soos Begonias,
Josefskleed,Plectranthus en Impatiens en beskut dit
teen die koue. Gee grasperke ’n laaste bemesting. Grasperke wat bruin word ná ryp, kan oorgesaai word met ‘Kik-Over®’,
maar sal gereeld water moet kry.
Saai vir oulaas van jou gunstelingkoolsoorte. Saai spinasiebeet, gewone spinasie, seldery, preie en witwortels. Saai
ook geelwortels, beet, rape en radyse, sowel as pietersielie en blaarslaai. | Tuiniers in warm
streke moet onthou dat dit beter is om in die begin van April bolle te plant.
Groente
: Soos by winterreën. |
Februarie.  GESTALTES
van die MAAN 2010 Feb 5 Laaste Kwartier Feb 14 Nuwe Maan Feb 22 Eerste Kwartier Feb 28 Volmaan FEBRUARIE het
baie tuinwerk, maar moenie vergeet om jou tuin te geniet nie! Veral
die lang soel Somersaande. Met die oog hierop, plant genoeg welriekende plante aan om jou in hierdie tye met ’n
siels-lafenis te verfris!
AMPER ORALS WENKE:
Saai saad: Vygies, Gesiggies, Violas, Pronkertjies, Ridderspore, Yslandse Papawers,
Gousblomme en Delphiniums. Plant bolplante
: Affodille, Hiasinte, Tjienkerientjee, Anemone, Ranonkels, Freesias, Watsonias en Sparaxis. Verdeel Agapanthus indien nodig. Berei bedding voor vir ’n kruietuin. Bestry miere wat nou baie aktief is. STREEKGIDS-WENKE: SUBTROPIES | WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREëN |
Sny geil
plante terug, maak steggies van sagteblaarplante terwyl die weer warm en vogtig is en plant tropiese plante wat jy self gesaai
het in potte. Kyk of daar muskiete in
die dammetjies, tussen die Kannablare, Strelitzias en ander grootblaar plante. ’n Druppel paraffien of olie sal hulle weghou en niks aan die plante doen nie. Saai soetrissies en eiervrug, mens kan nooit teveel
hê nie! Saai groentes wat gaan ontkiem sodra dit koeler
begin raak, tamaties, blaarslaai, komkommers, beet, kopkool, spinasie, boontjies en pampoentjies. | Saai beddingplante wat in die winter en lente blom soos
Primulas, Yslandpapawers, vilette...maar hou hul koel en klam. Sny na einde van die maand die gras korter. Hou kompos klam. Plant klein hoeveelhede koolsoorte indien nog nodig. Plant ook nog ’n
paar rye geelwortels en beet. Plant
saailinge van blaarslaai, spinasie en seldery uit. | Verdeel
sleutelblomme nou sodat hulle ’n paar maande het om weer gevestig te raak. Maak steggies van Pelargoniums, madeliefies en laventel,
laat dit op beskutte plek oorwinter, om in die lente uitgeplant te kan word. Verdeel waterlelies wat mekaar verdring. Saai nog ’n paar koolsoorte en die laaste
stambone direk in die grond. Saai uiesaad vir sprietuie Plant jou beet, spinasie, pietersielie en blaarslaai saailinge uit. Geelwortels, preie,
rape en witwortels kan ook met saad gesaai word. | Ruim skades op na Haelstorms. Spit Maartlelies wat mekaar verdring uit en verdeel. Plant dit weer met
die kroon net bo die oppervlak. Plant
groente soos in Ryp gebiede.
|
Januarie. GESTALTES
van die MAAN 2010 Jan 7 Laaste Kwartier Jan 15 Nuwe Maan Jan 23 Eerste Kwartier Jan 30 Volmaan Januarie met sy lang sonnige
dae word beskou as midsomer. Dit is wanneer die laaste vroegsomers kleur van beddingplante, jaarplante, struike en rankplante wyk voor
die geharde helderkleurige somerblomme en loofplante wat die hitte kan weerstaan en die tuin tot in die herfs kan deursien. AMPER ORALS WENKE: 1. Saai saad: Skildblomme, Sweet Williams, Klokkieblomme, Cinerarias en Primulas. 2. Berei grond voor vir pronkertjies
( ou mis, kompos en ’n bietjie kalk) 3. Nuwe rose kan aangeplant word. Bestaande rose kan
netjies gesnoei word. 4. Haal swaardleliebolle uit wat klaar geblom het en bêre. 5. Maak steggies van malvas. STREEKGIDS-WENKE: SUBTROPIES | WINTERREëN | RYP GEBIEDE | SOMERREëN | Sny Acalypta-struike netjies
om kleurryke nuwe groei te stimuleer. Verwyder die blomare van krotons. Knyp die groeipunte van pointsetias uit vir bosagtige,
blomryke plante en groei. Saai soetrissies, eiervrug, en tamaties. | Vervang afgeleefde beddingplante met hittebestande variëteite
soos afrikaners, beddingdahlias, Gomphrena, Vinca en Portulacas. Saai brocholli, blomkool, kopkool, brussels in saadkissies. Maak
klein aanplantings van geelwortels, beet, radyse, en hittebestande blaarslaai. Saai laaste jong murg pampoentjies,
bone, vir oes op jong stadium. | Begin saad van beddingplante wat in die winter en lente blom soos Primula, Cineraria, yslandpapawers,
somerviooltjies en gesiggies, asook meer en tweejariges soos vingerhoedjies en akelei in saadkissies saai. Plaas die houers
in koel skaduryke deel van tuin. Saai koolsoorte in saadkissies. Plant saailinge van spinasie,
beet en blaarslaai en ’n paar rye geelwortels, preie, rape of witwortels. Plant laaste stambone. | Swaar reëns kan grond wegspoel
of laat vaspak; maak liggies met vurk los en bedek met los deklaag. Vir groente, Plant en doen soos in ryp gebied. Komkommers
en beet kan nog in die warmer dele van die Oos-Kaap geplant word. |
Copyright Notice Copyright of the extracts taken from Tuinmark in Suid-Afrika deur die Jaar deur Marianne Alexander remain that of Random House Struik and Marianne Alexander at all times. All rights reserved.
No part of these extracts may be reproduced, stored in a retrieval system or transmitted, in any form or by any means, electronic,
mechanical, photocopying, recording or otherwise, without the prior written permission of the copyright owners.  Credit Notice Random House
Struik en Marianne Alexander besit alle kopie regte vir die titel Tuinmaak in Suid Afrika deur die Jaar. Geen uittreksels uit die titel mag gepubliseer word sonder die toestemming van Random House Struik
nie. Uittreksels uit Tuinmaak
in Suid-Afrika deur die jaar - Marianne Alexander (Random
House Struik, Struik Lifestyle) (Erkenning
: Marble Hall Tuinbouklub, Goedkeuring en toestemming vir plasing van Uittreksels uit Tuinmaak in Suid-Afrika deur die jaar - Marianne Alexander (Random House Struik, Struik Lifestyle) is van Random House Struik verkry)
Enige TUINBOU vrae wat jy vir my wil vra?
Gaan gerus voort! Vul net
hieronder in en stuur aan !
|