....Só MAAK MENS !

FORUM ...SOMAAKMENS speelplek

 

Het jul al op die FORUM geloer?

Hoe kom jy daar? ...deur op die goue megafoon te kliek op een van die bladsye!!...OF om die navrae blokkie in te vul wat op die HUIDIGE MAAND se bladsy is!

Toe, gaan soek dit nou!

 

Op ons Lesers FORUM het al verskyn :

Lien se vraag:  ek wil graag weet wat die afrikaans se woord vir 'n "canopa" is want ek het al in die woordeboek gekyk - help asb ek het al baie snaakse woorde gehoor so kom ons kyk wat kom hier uit.

Gaan lees gerus Hennie se antwoord daarop !

 

Dan was daar ook nog interessante stukkies oor:

Bid A BACHELOR

Lekker Afrikaans

Enige hulp ivm LOUW...

Ingelegde Komkommer...

 

 

By die  : Noem die vreugdes in jou lewe! Het die volgende al verskyn:

Ek het gesê: Appelkoostyd, ganse wat met kleintjies tussen lusernlande stap,
Boerbokke wat teen die hang uitskilfer, ’n hanslam wat kwispelstertjie skuimbekkie
geknield by jou staan en drink, ’n kat wat 6 kleintjies in jou kas in die mandjie
wat jy orals vir haar reggeskuif het kry en hulle spinnende en trots vir jou wys!
‘n Skaaphond wat baldadig en getrou altyd op sy pos langs jou draf,

’n Karoo-kop vol vuurvlammende rooi aalwyn raseme, ’n sonsondergang langs die groot Gariep.
Die lag in iemand se oë wat na jou kyk en diep-bly is om jou te sien en te ken...

 

Johann  het gesê: melkkos en braaivleis as jy in Taiwan bly!

 

Tom het gesê: Beesstert-potjie op 'n Sondagmiddag in die bos, langs die Luembe-rivier diep in Angola, saam met jou SA kollegas.....en natuurlik 'n lekker glas Captain Morgan!

 

Wat sê jy?

 

 

En ek het oor Kombuis toestelle gevra:  

Sonder watter "gadget" of kombuis toestel kan jy glad nie kosmaak nie? In die Winter, is my gunsteling die lemoensap uitdrukker!

Toe, wat's joune?

 

 

Speel ook saam in ons:  KOM DEK SAAM TAFEL, WAT BRING JY ? 

Jy kan ietsie losslaan met jou antwoord...

Ons begin so:

Ek sê: Ons gaan piekniek hou onder ’n  reuse Eikeboom , langs ’n  spruit waarin ook Wilger-takke in die water sleep...

Ek bring saam: ’n  geruite tafeldoek met bypassende servette en reuse kussings waarop ons kan uitspan...

 

 

 ....Hmmm

Wat bring jy?


Teken in op Kammanuus


GetResponse Email Marketing