NAVRAE TERUGVOER MEI 2011

retha/80624213.jpgEdit Picture

Terugvoer oor NAVRAE!

Jul dink ek is dalk stil hieroor, maar eintlik is jul stil hieroor!

Wonder jul dan oor niks meer nie?

Ek wil graag help so stuur gerus jul navrae in wie weet dalk kry ek die antwoord waarop jy hoop!

Onthou ek stuur die antwoord heel eerste aan jou per epos voor dit op die werfie verskyn!

Duplikaat navrae verskyn egter nie weer hier nie, dit verklaar dalk waarom jy nie jou navrae hier sien nie! Maar dan het ek egter jou per epos geantwoord en verskyn die relevante antwoord iewers op ‘n bladsy terug…

Ek sal terugvoer oor my antwoorde ook op prys stel, bv. as jul dink ek kon dalk iets iewers breedvoeriger geantwoord het of as jul my daarop wil wys waar ek iets weggelaat het, want jul weet immers ek is ook maar ‘n lekeprediker oor baie dinge maar ek probeer nogtans die beste antwoord gee wat ek kan!

Help dus gerus as jy ‘n kundige op een van die vrae se tereine is!

 

Die volgende is dus  n.a.v. lesers navrae.

(Party verkort –en by party is aanhalings in Engels!! Vergifnis afgesmeek!)  

 

Frik Pretorius skryf: Help Retha, Hoe vries mens pampoen?

Pampoen vries maklik!! Behalwe lemoen pampoentjies, pettypans en daardie soorte, dit vries ek nie graag nie.

Klein babymarrows, was ek net af, druk droog en sny in skyfies/ringetjies en vries dit net so, dit hou egter nie so lank soos boerpampoen, ysterpampoene en hubbards nie. Die droër pampoensoorte vries beter en langer as waterige soorte.

Jy was/skrop die pampoen eers mooi aan die buitekant, dan bly jou hande en die binnekant van jou pampoen mooi skoon en hoef jy die binnekant nie weer te spoel nie, dan skil die pampoen, sny dit in blokkies, spoel dit af as jy wil/moet, laat afdrup of druk dit redelik droog op ‘n groot skoon handdoek, gooi in sakkies, en voila! Vrieskas toe! Net so rou.

Jy kan dit natuurlik ook blansjeer as jy wil maar hoekom al die moeite! Ek doen dit so rou maar ek sorg regtig dat dit droog is anders “ryp” dit in die vrieskas en as jy dit kook dan ruik dit soos haelkorrels en kook baie skuim, maar dit is nog eetbaar- jy kook dit net vinnig op, gooi die skuimwater af, en kook dit verder droog met net jou suiker en botter…

Wenk: (uit die E-WENKE, E-Boek, wat ek gratis aan Frik gestuur het)Om te verhoed dat hande vlek wanneer pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.

Suurlemoensap sal hande wat deur groente gevlek is ook weer mooi wit maak…

En hoe lui die oudste raad hieroor? uit my ou ou boek…(1895)

PRESERVED PUMPKIN.

Cut slices from a fine high-coloured pumpkin, and cut the slices into chips about the thickness of a dollar. The chips should be of an equal size, six inches in length, and an inch broad. Weigh them, and allow to each pound of pumpkin chips, a pound of loaf-sugar. Have ready a sufficient number of fine lemons, 'pare off the yellow rind, and lay it aside. Cut the lemons in half, and squeeze the juice into a bowl. Allow a gill of juice to each pound of pumpkin.

Put the pumpkin into a broad pan, laying the sugar among it. Pour the lemon-juice over it. Cover the pan, and let the pumpkin chips, sugar and lemon-juice, set all night.

Early in the morning put the whole into a preserving pan, and boil all together (skimming it well) till the pumpkin becomes clear and crisp, but not till it breaks. It should have the appearance of lemon-candy. You may, if you choose, put some lemon-peel with it, cut in very small pieces.

Half an hour's boiling (or a little more) is generally sufficient.

When it is done, take out the pumpkin, spread it on a large dish, and strain the syrup through a bag.—Put the pumpkin into your jars or glasses, pour the syrup over it, and tie it up with brandy paper. If properly done, this is a very fine sweetmeat. The taste of the pumpkin will be lost in that of the lemon and sugar, and the syrup is particularly pleasant. It is eaten without cream, like preserved ginger. It may be laid on puff-paste shells, after they are baked.

 

Deon van der Walt skryf :  Hallo, Dankie vir jou insiggewendeblad. ek wil graag weet hoe sensitief Ysland Papawers is vir die son en of ek 'n skadunet moet oprig vir die warm somermaande. Ek woon in die warm Klein-Karoo.

Deon, sover ek weet is dit eintlik ‘n plant wat jy nou moet plant in VOL son, maar juis nou (April-Mei)in die kouer maande, so ek neem aan onder skadunet in die somer sal seker kan werk, ek het dit self nog nie gedoen nie!

Ons het hier by ons ‘n wonderlike inspirerende tannie Oin gehad (Ons bly in die warm Bo-Karoo!!) wat elke jaar haar ysland papawers, die tipiese bloedrooi een met die swart gesiggie- mens kry baie kleure maar die regte rooietjie het sy geplant in die winter maande en dan begin Lente was dit ‘n prentjie in haar tuin! Dit het geblom tot laat in Desember nog , sy het gesê hoe later in die somer egter hoe kleiner het haar plantjies geword, so ek neem aan hul hou nie van baie hitte nie nee.

Deon het per epos ook nog ander wenke oor papawers en so meer gekry en ek het sy navrae afgesluit met: Oja, ek kon ooknie anders as om ‘n lekker muffin reseppie wat ek raakgelees het ook by te las nie!

SUURLEMOEN en POPPIESAAD KOLWYNTJIES

125g botter

200ml suiker

3extra  groot eiers

500ml koekmeel

3t bakpoeier

200m lemoen of suurlemoensap

60ml poppie sade

VERSIERSEL:

2t gerasperde lemoen of suurlemoenskil

½ k versiersuiker

½ k water

 

Klits suiker en botter goed.Voeg eiers een vir een by. Voeg meel en bakpoeier by en dan die saadjies. Skep in Kolwyntjie panne. Bak by 160 º C vir 20 – 25 minute. Meng die versiersel se bestanddele goed en smeer oor afgekoelde gaar kolwyntjies…

 

Corne Crafford het gevra: Enige nagereg resepte vir diabete asb!

Vir Corne het ek terug geantwoord : Op die werfie is reeds 'n paar diabetiese resepte en wenke, het jy hul al gekry?( En toe gee ek haar die skakels om makliker daar te kom…)En ek stuur vir haar ‘n hele klomp lekker nagereg resepte wat sy sou kon aanpas…

Ek het ook met my vriendin gepraat wat 'n diabetiese tiener het en sy seg jy kan omtrent enige resep aanpas deur die suiker met die regte lae-suiker vervanger te gebruik en dan die meel met ten minste die HELFTE te vervang met semelryke meel om dit lae GI te maak.(Sy seg sy gebruik net veselryke meel en dan verhoog sy net die bakpoeier ook bietjie)

Toe stuur ek ook vir Corne ‘n hele kaboedel resepte wat ek nie alles hier gaan herhaal nie- as jy belangstel, kontak my gerus en vra jy wil ook Corne se volledige antwoord hê!

So met die korespondensie wat daarna gevolg het vind ek toe uit Corne se kind was besig met skooltake hieroor…

O, en ek’s ‘n sucker vir skooltake…!! Toe stuur ek sommer nog info aan Corne !!

Maar as lusmaker van wat sy ontvang het om met sukses aan te pas, kry jul net die volgende:

ARMMAN SE POEDING

1 Koppie meel

1 Eetlepel botter

3/4 Koppie suiker

1 Desertlepel appelkooskonfyt

1 Eier

1 Teelepel asyn

1 Gelyk teelepel koeksoda

Sout

1 Koppie melk

Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt saam. Voeg by eerste mengsel.

Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 1/2 uur by 180º C.

Sous:

1 Koppie room

3/4 Koppie suiker

1/4 Koppie botter

1/2 Koppie kookwater

Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm of afgekoel met vla.

 

BROOD-EN-BOTTERPOEDING

10 snye wit brood, korsies afgesny en in groot blokke gesny

½ (125 ml) koppie suiker

3 eetl. botter

4 k (1 liter) melk

4 eiers

Pak blokke brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en strooi die suiker bo-oor.

Smelt die botter in die melk.

Klop die eiers goed en voeg die melt-en-bottermengsel daarby. Roer goed deur.

Gooi melkmengsel oor die brood en laat week vir sowat vyf minute.

Bak vir 40min op 180° (tot gestol)

Intussen, maak die bolaag:

1 k (250 ml) botter

2 k suiker

2 eiers

2 tl. vanilla-geursel

Gebruik ‘n elek menger (of voedselverwerker) en meng die botter en suiker tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een by. Klop tot romerig. Voeg vanilla–geursel by.

Smeer oor die gebakte poeding sodra dit uit die oond kom. Werk vinnig want die smeer smelt. Plaas terug in oond en bak vir ‘n verdere 20 min teen 180°.

Bedien met vla indien verkies.

 

BRUINPOEDING SONDER EIERS

3 kop Meelblom

3 teel Koeksoda

3 eetl Margarine

1 kop Melk

3 eetl Gouestroop

Sout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in.

Sif meel en sout in en meng deeglik.

Stroop:

Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.

Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.

Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

 

JOGHURT-TERT/POEDING

500ml Joghurt

1 Pakkie jellie

1 blikkie kondensmelk

1 houer vars room [250 ml]

Vars of ingemaakte vrugte.

Grenadillamoes saam met Grenadilla

Joghurt [opsioneel]

Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie.

Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.

Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.

Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.

Vir poeding:

Gooi in bak en laat stol in yskas

Vir tert:

Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas

 

Volgens die DIABETIESE VOEDSEL PIRAMIDE, behoort Diabete vette en suikers spaarsamig te geniet. Dit maa die eet van lekkernye en die gepaardgaande handhawing van stabiele bloedsuiker vlakke moeilik. Hier is egter iets wat jul ook kan geniet sonder om jul reëls te breek!!

 

BLOUBESSIE JOGURT SOUS (oor laevet, laesuiker sponskoek)

Dis heerlik en maklik! Hierdie versiersel is lae-kalorie en amper vetvry wat jou soettand sal bevredig sonder om jou te laat skuldig voel! Verder lyk dit heerlik en mooi!

½  k bevrore bloubessies, laat ontdooi.

½ k laevet vanilla jogurt

1 e suiker

1 t suurlemoensap

Sny  ‘n ligte sponskoek in skyfies( of gebruik onversierde kolwyntjies)Meng die bestanddele en skep bo-oor elke porsie!

 

GEEN SUIKER VLA

6 eier gele

¼ k fructose

½ k koekmeel

2 k laevet melk

1 t vanilla

1 e botter

Klop eiergele en Fruktose tot dik en lig.Terwyl jy klop, voeg meel geleidelik by. Verhit oor lae hitte en voeg geleidelik die melk en vanilla by. Kook en roer deurentyd tot verdik. Smelt die botter en gooi die gesmelte botter bo-oor die vla om te voorkom dat ‘n skilletjie vorm! Roer dit bloot in net voor bediening!

 

LEMOEN GEGLASEERDE PAMPOEN BUNDT KOEK

1 k koekmeel

½ k semelryke meel

2 t kaneel

2 t bakpoeier

¼ t sout

¼ k laevet margarine (Canola)

½ k “Splenda” of Vloeibare Nutrisweet

½ k ligte bruin suiker

1 k gaar pampoen moes

1 groot eier

½ k laevet karringmelk

2 t vanillaextract

1/3 k strooisuiker ***

2 t lemoensap

Verhit oond tot 350 º C Spuit ‘n 6 k BUNDT koekpan (ringpan!) met kleefvrye middle en hou eenkant.

Meng droë bestandele, hou eenkant. Verroom die margarien, versoeter en bruin suiker , klits eier en pampoen by. Meng nou die meel mengsel hierby en dan die karringmelk en vanilla. Skep in BUNDT pan en bak 25 – 30 minute tot gaar. Gaar wanneer ‘n tandestokkie ingesteek kan word en skoon uitkom! Laat afkoel vir so 10 minute voor jy die koek uitkeer op draadrakkie om verder heeltemal aft e koel.

Om te versier: Meng die strooisuiker en die 2 t lemoensap ( of bietjie meer om ‘n drup tekstuur te verkry) “Drizzle” oor afgekoelde koek.

 

*** Om suikervrye “strooisuiker” te maak:

Sit 3/4 k  versoeter poeier  en 2 e mielieblom(Maizena) in ‘n voedsel vermenger (Bamix) klitser en klits tot ‘n baie fyn poeier.

 0 gram suiker en slegs 4 kal per eetlepel! Moet vir niemand sê nie!! Meeste mense sal nie die verskil agterkom nie!

 

LEKKER DIABETIESE KOEK
2 k water
2 k pitlose rosyne
1 k onversoete appelsous/moes
2 k meel
1 t vanilla
2 eiers
2 e vloeibare versoeter
¾ k olie
1 t bakpoeier
1 ¼ t kaneel
½ t neutmuskaat

Kook die rosyne in die water tot drooggekook. Laat afkoel. Voeg dan die appelmoes, eiers, versoeter en olie by. Meng goed. Klits die meel en bakpoeier by, voeg oorblywende bestanddele by en meng goed.  Bak vir 40 minute of bietjie langer in ‘n 180 º C oond tot gaar.   Versier met die lekker Bloubessie jogurt sousie hierbo...

Gaan loer gerus ook hier vir nog diabetiese wenke en resepte:

http://www.diabeticcooking.com/

http://www.americandiabetes.com/diabetic-recipes/delicious-diabetic-recipes

http://www.righthealth.com/topic/Diabetes_Recipes

http://www.my-personal-dietician.co.za/?gclid=CLmRkJXv0qcCFYKFpAod_UR99A

 

Amanda Kapp skryf: Kan u my asb inlig wat 'n persoon op Katjiepierings, Japonika's en Krismisrose moet gooi dit help blykbaar dat die blare nie vergeel nie.  Baie Dankie.

Amanda,

Al waarvan ek weet is dat jy die geel blare aan krismisrose en asaleas met ysterchelaat ('n produk van SOYGROW- by kwekerye en Kooperasies beskikbaar)  en ’n eetlepel (1 e op 2-5 l ligte louwater)magnesiumsulfaat (Engelse sout) kan behandel. Maak dit bloot in 'n gieter aan en dien toe teen aan die stamme   dit is nie nodig om dit oor die plant uit te giet nie dit word deur die wortels na die blare oorgedra, alhoewel dit geen skade  sal maak as dit direk op die blare ook toegedien word nie. Verder moet jy kyk dat die plante goeie dreinering het want al wil hul amper daagliks  vog hê wil hul nie in NAT grond staan nie.

'n Toediening van ysterchelaat gedurende die lente voorkom en behandel chlorose (ystertekort aangedui deur geel blare). Sonder magnesuim kan plante nie groen kleurstof vorm en dus nie fotosinteer nie. Seeprodukte soos seebamboes is ryk aan magnesium. So ook dolomietiese kalk en kraalmis. Engelsesout (magnesiumsulfaat) vul die magnesiumvlakke aan. Albei kan in water opgelos word om die plante mee nat te maak. Dit kan ook as blaarvoeding gebruik word.

Magnesiumsulfaat is in enige hoeveelheid by landboukoöperasies beskikbaar.

Die mikro-organismes is die belangrikste bestanddeel van grond. Dit kom in hul miljoene in grond voor, breek orangiese materiaal af en herwin dit vir plantwortels.

Daar is 'n ongelooflike hoeveelheid soorte wat dikwels interafhanklik is en saam werk om voedingstowwe so doeltreffend moontlik uit selfs die hardste houtsoorte, been en dierehoewes te herwin.

Azaleas, Katjiepierings, Japonika's en blou krismisrose hou van suurder grond en is nes fuchias lief vir baie water. As jy nie 'n besproeiingstelsel het nie, moet jy maar sorg dat jy hulle soggens goed natmaak en ook die blare bespuit. Op warm dae kan jy hulle selfs in die aand ook weer 'n keer nat maak. (Op sulke dae is dit vir jouself ook beter om liefs nie deur die dag in die tuin rond te karring nie, maar eerder vroegoggend jou ding te doen of te wag totdat die son begin water trek).

Om die suurgehalte van grond aan te vul, kan jy blomswael oor die plante se wortelgebied strooi of 'n suur kompos toedien. Aluminiumsulfaat in water opgelos sal ook help. Vra by jou kwekery wat die verhouding moet wees.

Om blou krismisrose se kleur te verbeter, kan jy aluminiumsulfaat om die wortelgebied van gevestigde plante toedien. Doen dit tweeweekliks tot in Januarie.

Strooi weer kalk liggies om die wortelgebied van pienk krismisrose om húl kleur te verbeter.

Krismisrose en azaleas se blare is geneig om soms te vergeel. Behandel dit soos genome met ysterchelaat en blaarvoeding wat spoorelemente bevat.

Let op na die verskyning van rooispinnekop op azaleas, krismisrose en fuchias en behandel dadelik.

Azaleas en krismisrose vertoon nie net mooi in die tuin nie, maar is goeie snyblomme wat jou huis teen Kersfees kan versier. Die eikeblaar-krismisroos is die beste geskik as snyblomme.

Gaan loer ook hier op bladsy 6 van die Obaro nuusbrief wat hul seg oor KRISMISROSE!

http://www.obaro.co.za/nuusbrief/2006/nuusbrief_200612.pdf

ALLES oor SPOORELEMENTE BESTUUR kan jy hier kry:

http://155.240.170.39/downloads/191719991127944820.pdf

Ook het ek vir haar Maart se tuintake kon aanstuur…

 

Wendy Pool skryf: Ek is opsoek na bazaar / flooimark items om tuis te maak.  Het jy enige idees of e-pos adres waar ek meer inligting i.v.m bogenoemde kan bekom.

Baie dankie.

Wendy! ja ek het 'n oulike e-boekie gekry vriend Peter van PETERJASSIE PATRIOT faam, op'n CD wat hy verkoop met allerhande resepte boeke en ander dinge op. AS jy intussen ook op sy webwerf wil gaan rondkrap kan jy by sy ARGIEF bladsy gaan rondlees,by:

http://www.peterjasie.co.za/

http://www.peterjasie.co.za/argiewe.html

Ek spoeg en plak uit die Eboekie die volgende om jul almal dalk te help!

Die skrywer skryf oor KERMISSE en BASAARS:

 Ons soek altyd vir nuwe idees om van ons kermisse 'n sukses te maak. Daar is toe besluit om soveel verskillende idees bymekaar te kry en dit op een bladsy saam te sit. Wie weet, miskien help dit om van julle kermis 'n sukses te maak.


…'n mens moet BAIE adverteer sodat mense van buite ook kennis neem van die basaar. Jou verkope is tog wat tel om geld in te samel. Dus het ons 'n plaaslike koerant genader wat vir ons groot plakkate gaan druk om orals op lamppale aan te bring en ons gaan ook in die omgewing se koerant 'n berig plaas. Ons het ook met 'n plaaslike afslaer gereël om na die basaar die items wat oorgebly het op te veil en dan kry 'n mens nogal "bargains". Dit geld gewoonlik die groot items soos skilderye ens.

- Ons het met die "2 dae" konsep begin verlede keer en dit was 'n reuse sukses so dis 'n beslis vir die keer ook. Ek doen die bemarking en is verantwoordelik vir die stalletjies. Bemarking is nie regtig efektief behalwe 2 weke voor die tyd by ons nie. Daar is te veel plakate in ons omgewing weekliks en mense ignoreer dit. Basies sien hulle dit eintlik nie eers meer raak nie. Ons gebruik altyd Beeld se plakkate en druk ons kermis advertensie daarop. Baie simplisties maar so groot as moontlik. Dit moet baie sigbaar wees as die mense verbyjaag. Verder adverteer ek op die radio, en het ek "banners" laat maak wat 6 meter lank is en 1.2 breed. Dit sit ek vir so 4 weke voor die tyd op verskillende plekke, net vir bewusmaking. Ek druk ook pamflette om by al die skole, ouetehuise, koshuise, en sommer op die donkie se begrafnis ook uit te gee. Ons maak plakate vir ons karre en sit dit in die vensters. Ons hou worsbroodjie verkope vanaf 'n bakkie die week voor die tyd deur by die huise langs te ry en maak vreeslik lawaai met 'n megafoon. Dit irriteer die grense uit almal uit, maar hulle vergeet nie. En as jy so bohaai maak voor die tyd, is almal in elk geval so nuuskierig dat hulle die dag opdaag. Ek het vir Remax (eiendomsagente) gevra en hulle het 'n warmlugbalon gratis geskenk. Die winste was ons s'n. Wind is net 'n risiko en die ding kan nie altyd opstyg nie. Kyk bietjie of daar nie een in julle omgewing ook is nie.

- Ons het uit vorige jare geleer en NIE meer flooimark stalletjies nie. Die winste gaan dan na die mense toe en die kerk kry net 'n klein persentasie. 

- Mens kan items van sportmanne kry om op te veil (Getekende balle, hempde ens.) Verlede jaar het ons van daai groot ruimtetuie ens gehuur om die kinders te trek. Dit was great idee, maar geen wins nie so die jaar is dit uit. 

- Dit werk altyd lekker as jy 'n potjiekos kompetisie het, dit bring gewoonlik die gesinne saam.

-Reël vervoer vir ouetehuisinwoners, of neem bestellings en gaan lewer daar af. Daar kan ook voor die tyd bestellings by besighede geneem word (eetgoed) en dan gedurende die oggend afgelewer word.

- Om mense buite die gemeente te trek het ons 'n pannekoek en boerierol tafel voor 'n besige winkelsentrum, met natuurlik die nodige advertenise vir die Fees. saam met elke aankopie kan ons 'n afslagkaartjie gee vir iets op die Fees om die mense soontoe te trek. Glo my, daardie tafels bly heel oggend besig! 

- Betrek die omgeegroepe, hulle is die kern van die gemeente. Kompetisie tussen die omgeegroepe om te sien wie se projek bring die meeste geld in. 
- Daar was 'n baardgroei kompetisie, die manne moes van Februarie af groei vir die fees in September. Pryse vir netjieste, ylste, grysste, langste ens. Manne wat reeds baarde gehad het moes "voorsprong" boete betaal, en die wat nie wou deelneem nie ook 'n boete. Dis 'n langtermyn kompetisie wat die kermis heeltyd vars in die geheue hou.

- Reel 'n gholfdag wat met die Fees saamval, kan die vorige of volgende Saterdag wees,

- Baie van die meer beroemde kunstenaars doen "charity events". Kontak hulle lank voor die tyd sodat hulle die datum van die kermis oophou.
- Kry die kermisgangers om "dubbel" te spandeer. Verkoop kaartjies lank voor die tyd vir ontbyt, spitbraai, konsert ens. Teen die tyd wat dit kermis is het hulle alweer geld!

- Reel kompetisies teen spanne van ander gemeentes. Die wenspan in elke kompetisie kry 'n wisseltrofee wat hulle dan by die volgende kermis mot verdedig. Sodoende kom daar meer mense kermis toe, hoe meer spanne hoe meer mense hoe meer wins.

- Spaar geld waar julle kan, kry soveel moontlik borge vir pryse, ens. As elke gesin in die gemeente een borg kan kry vir 'n prys of iets kan jullebaie pryse kry. Die groot probleem is net dat almal moet saamwerk en entoesiasties wees omtrent die projek. Dit is van uiterste belang dat daar nie net 'n paar moet wees wat werk nie, maar almal moet saamwerk.

- Bemarking is 'n groot MOET - gebruik die "snowball" e-pos idee. Deesdae het alle werkende persone toegang tot e-pos selfs tuis op hulle persoonlike rekenaars. Begin by jouself en e-pos 5-10 persone en adverteer julle kermis - nooi hulle uit en vertel so 'n bietjie van wat alles daar gaan gebeur. Laat hulle dan die e-pos verder stuur.

- Plakkate, strooibiljette is 'n moet [net nie te lank voor die tyd nie]. In elke gemeente waar ek nog was, is daar altyd 'n persoon wat òf 'n drukkersbesigheid besit òf by een werk. Reël met hulle vir die drukwerk teen kosprys of as julle gelukkig is sal dit gratis aangebied word.

- Wat ook gedoen kan word is kry borge [sponsorships] vir pryse vir kinders asook borge vir die nodige skryfbehoeftes en reël 'n wedstryd waar die kinders groot plakkate maak - die beste 3 kry pryse - en elke kind [kry vooraf goedkeuring by die skoolhoofde] kan dan sy plakkate by die skool opsit - wat 'n goeie advertensie is - want kinders kan hulle ouers tog te lekker "nag" om te gaan. Druk stelle van allerhande relevante prentjies vanaf rekenaarprogrammme "Greetings, Die Internet en "Master Clips" en gee elke kind dieselfde stel [sodat elkeen 'n regverdige begin het] en laat hulle dan verder mal gaan hiermee.

Eerste item op die kermis, laat almal 'n SMS afstuur na vriende en familie en nooi hulle uit na die kermis, dit kan ook 'n kompetisie wees met inskrywingsfooi, die een wat die selfde boodskap die vinnigste kan tik op hulle selfoon wen die prys.

 

VERMAAK


- Ons beplan 'n springkasteel, en allerhande speletjies vir die kinders. Sou ook 'n water glybaan gehad het, maar weens waterskaarste is dit weggelaat. Ons het 'n paar gaskunstenaars wat kom musiek maak die Vrydagaand terwyl almal hulle stalletjies opslaan en uitpak en gaan sommer dan pannekoek en worsbroodjies verkoop en ook iets te drinke. 

- Saterdagoggend van die basaar het ons iemand wat kom sing in die teetuin. Ons het ook iemand wat 'n versoekprogram gaan aanbied en dit gaan werk soos 'n radiostasie. Jy gaan gee jou musiekversoek op en dan speel hulle die plaat of CD vir jou. Luidsprekers is oor die hele terrein aangebring.

- Iemand wat die kinders se gesigte in diere gesiggies kan omskep of iets anders, iemand wat diere ens uit dun lang ballonne maak is ook 'n idee. 

- Ek het ook een keer 'n kersmaak stalletjie gehad. Ek het verskillende kleure was in blikke gehad en almal genooi om hulle eie kers te kom maak. Dit was baie pret maar toesig is die hele tyd nodig. Ek het ook klaar gemaakte kerse verkoop maar baie mense het verkies om hul eie kers te maak.

- Ons het 'n "foefie-slide" en klimmuur gereël wat die Vry middag so 5 uur al begin funksioneer. Die jonklomp hou daarvan. Sovêr vir hierdie jaar beplan ons 'n "opelug konsert" met een beroemde gaskunstenaar en "locals" wat saam optree. Die spitbraai idee is ook onder bespreking en ons gaan dalk "potjiekos restaurantjies" hë wat so 20-30 mense kan bedien. Ons kry gasvrouens/manne vir elke restaurantjie en hulle is verantwoordelik vir alles. Ons voorsien net die vleis en groente. Hulle moet self ook hulle 30 kaartjies verkoop.

- Die Saterdag skop ons af met 'n "fun-run" van 4 km en ons het gelyktydig 'n 8 km "fun-cycle" in 'n ander rigting. Dit is so 7 uur. 8 Uur is dit verby en begin die kermis voluit vorentoe.

- Ook: baie mense hou hul trourokke: Dan kan mense hul trourokke kom uitstal teen 'n klein fooitjie, maar mense moet dan raai wie het daarin gepas: MAAK DIE TEMA; WIE SE ROK IS DIT DIE? Sommer net 'n paar lawwe idees. 

-Wat van 'n kareoki vir die tieners. Hulle hou mos daarvan om te perform en sal betaal om te kan sing oor 'n mikrofoon. 

- Ook skreeusnaaks is as mans aantrek soos ballerinas. Hulle skryf in vir die Beste Ballerina 2004. R10 per inskrywing. En dan het julle 'n beoordelaar. 

- Hou 'n informele honde skou: Hond wat die meeste lyk soos sy baas, Hond wat so vet is soos sy baas,Hond met 'n temperament soos sy baas.

- Jong, ons kerk is die jaar sestig en ons het besluit om die kermis 'n
sixties tema te gee. Nou gaan ons groot. Vrydagaand is daar talentaand,
Saterdag 09:00 begin die kermis met waterwurm vir kinders, ponies, musiek, outydse karre, kompetisies vir oud en jong ens. Die aand het ons 'n sixties dans. Glo my did gaan groot fun wees en almal is opgewonde. Ons het 'n foto kompetisie - jy weet van ou foto's.

- Verder is dit altyd lekker om die kinders met avontuur speletjies besig te hou - bv gladiator baan of hindernis baan. Dan is die "nuwwer" speletjies soos boogskiet, en blaaspyltjies nogal lekker vir oud en jonk.

- Aand voor die kermis (ons noem dit Gemeentefees) het ons 'n verskeidenheidskonsert, die gemeente neem deel, soort van elke omgeegroep het sy eie item. Baie snaaks en suksesvol; en skep gees vir die volgende dag. 

- Ons het valskermspringers gehad wat op 'n papierbord op 'n rugbyveld moes land, die borde is vir R5 elk verkoop, hierdie een was 'n wenner. 

- Ons het kameelritte een jaar gehad en laasjaar 'n polisiehond vertoning. 

- Wat van karwas die dag? Die jongklomp kan karwas vir so R20 per kar. 
- Voorsien 'n teetuin met genoeg koelte waar die mense kan rus en gesels. Verversings word dan daar bedien.

- As die kermis op of naby 'n rugbyveld gehou word, hou 'n stelskop kompetisie. Dink jou eie speletjie uit, drie skoppe van verskillende afstande, die 5 beste skoppers skop dan uit vir 'n prys.

- 'n Tafel wat by ons basaar baie goed gewerk het was die sogenaamde wit-olifant tafel..Mense wil help met jou goeie doel of kerk maar het nie baie geld nie maar hulle gee dan hul oortollige dinge..Skilderye en prente is sulke items,skoene ,elektriese goed moet getoets word maar ek sê jou mense hou daarvan om in sulke goed rond te krap,

- Een sogenaamde grabbelton is ook gewild by die kinders. Koop klein goedjes en pak dit in en gooi alles in 'n groot vat of drom.aak die prys so dat jy jou geld met profyt terug maak.

- Prysskiet met windbukse is ook gewild. Ook kettieskiet.

- Stel 'n "pitching green" op vir die gholfspelers. Die ou wat naaste aan die pen "pitch" is die wenner.

- Laat iemand met 'n digitale kamera rondloop en heeldag fotos neem. Sy assistent neem dan ter selfde tyd bestellings vir 'n CD met al die fotos op.. Goeie wins want 'n CD kos minder as R10..

- Ons het stalletjies uitverhuur aan groepe in ons kerk soos byvoorbeeld die oggend en aand vroueverenigings, die vadersgroep, die moedersgroep, nasorggroep, die kleuterskool by ons kerk, die Jong Mensegroep, ensovoorts. Die stalletjies ['n plan moet vooraf opgestel word van die area/s wat vir die rede gebruik kan word] word uitverhuur vir 'n bedrag vanaf R80.00 to ?? afhangende van die grootte wat benodig word deur die groep. Hier moet 'n mens net versigtig wees dat jy baie betroubare mense aan uitverhuur, aangesien hulle ook 'n deel van hulle wins [tussen 20% en 50% soos bespreek tussen die twee partye] aan die kerk moet skenk. Hierdie persone moet dan ook vir julle eie benodigdhede sorg soos tafels, tafeldoeke, Gazebo's, die items of kos wat hulle wil verkoop, ens. Ons het gewerk op die basis van "first come, first choose" - sodra die groep sy huurgeld betaal - kry hy die keuse [op die kaart] waar hy sy stalletjie, teetuin, koffiekroeg, ens wil staanmaak. Groot areas wat gebruik word vir buitemuurse vermaak, wedstryde, ensovoorts moet duidelik op die kaart aangedui word - baie mense maak hulle keuses as gevolg van dit.

- 'n Kompetisie tussen die groepe of individuele huurders kan gehou word om te sien wie die grootste wins maak. Hiervoor sal 'n prys benodig word - Net 'n eerste prys!

- Ons het met die verkeersafdeling gereël vir die dag dat alle voertuie buite die kerkgronde parkeer sodat die hele kerkgrond beskikbaar was vir stalletjies, ens - hulle was wonderlik en ons het gereël met die teetuin om vir hulle 11 uur die oggend en 4 uur die middag 'n stukkie koek en koppie koffie te skenk. So het ons ook met 'n kosstalletjie gerëel om 1uur & 5uur die aand vir hulle etes te skenk.

- Ons het byvoorbeeld 'n persoon van buite gehad wat 'n "mini merry-go-round" [net vir kinders onder 10jaar] opgerig het - Ons het hom dubbeld die huurgeld gevra en geen wins nie aangesien ons nie beskik het oor 'n manier om hier wakende oog te hou nie. Ons het selfs die ouetehuis in die omgewing gehad wat 'n stalletjie gehuur het, asook ander instansies. Vir die instansies wat [Offisiële "Fund Raising" Nommers gehad het, het ons die stalletjies nog teen dieselfde prys verhuur maar hulle kon die wins hou. Hierdie mense het ook rondgegaan en gekoop en geeet en die algemene kermis "support".

- In die saal het ons ook 'n kwartuur uit elke uur 'n talentvolle musikant, sanger/es, kulkunstenaar, ens. [almal uit die gemeente en geen fooie betaal] laat optree sodat mense kon bietjie uitrus en ontspan. Toegang was maar so iets soos R1.00 per keer.

- Indien moontlik kry 'n stêr [wat vir "charity" dit sal doen] om op te tree of net 'n bietjie "glamour" te gee. Sy/hy moet of optree of net vir 'n vooraf bespreekte tyd 'n bietjie rondloop en met die mense meng. Hier word nie 'n direkte wins gemaak nie, maar stêrre trek mense soos blomme bye trek. Moet tog net iemand gebruik wat van vêr gebruik nie, want dan moet julle verblyf reël en betaal. Sulke persone moet darem taamlik beroemd, berug of wat nog ookal wees. Sepiestêrre, Sangers & Sangeresse, Sportstêrre, Musikante [veral orkeste], Kinderprogramaanbieders, ens. Die jeug is nie meer gepla oor oumens orkeste nie, vir hulle moet jonger orkeste en stêrre gebruik word.

- Ons het ook 'n "petting zoo" gehad met die normale bokkies, lammetjies, ens. Maar vir 'n verandering reël dat jy 'n Sjimpansee of Klein Leeutjie daar kry - dit trek tot die grootmense ook. Natuurlik word 'n ingangsfooi gevra. Neem ook fotos met 'n kind by 'n wildediertjie en die hulle gaan mal - "Polaroid" werk soos 'n bom - hulle koop hom dadelik want Maandag gaan hulle by hulle maats spog hieroor.

- Polisiehondeskou of gewone Hondeskou trek mense. Mense is gefassineerd wat diere kan aanvang - maak net seker hoe groot die area hulle nodig het vir hulle vertoning. Kry van doe plaaslike hondeskole om te kom spog met hulle "leerlinge"

- Bangmaak goed is 'n trekpleister - Slange, spinnekoppe, ens. Reël vir so 'n vertoning met iemand wat dan sommer met die vertoning ook 'n les gee in hierdie verband.

- Onthou om altyd met die Rooikruis te reël vir hulle teenwoordigheid - dit is gewoonlik gratis en alhoewel hulle dit nie verwag nie, gee ons maar altyd vir hulle 'n teetjie en etes. Dit word regtig opreg waardeer. Hulle is regtig 'n groot hulp. Mense word moeg, flou, voetseer, sonbrand, ens. en hierdie mense is daar met hulp.

- Visvang - Groot bad water met vissies in wat aan magneet kan klou, (skuifspeld?) Visstok het magnet aan end van lyn. Visse het elk 'n nommer en pryse is ook genommer. Klein pryse het baie nommers, groot prys net een nommer. Vra inskrywingsfooi vir elke probeerslag.

- Ring gooi - Bord met "dowelsticks" in van verskillende lengtes, "dowelsticks" genommer en pryse ook, vra inskrywingsfooi vir elke probeerslag.

- Reël 'n motor gymkhana. Stel 'n hindernis baan op die sportveld op, tussen pale om bale ens. Vorentoe en in trurat, bestuurders moet uitspring en om motor hardloop, ens. Hulle ry teen die tyd, maak 'n fout en tel tyd by. Bestuurder wat in die kortste tyd klaarmaak wen. Om grasperk te bewaar mag wiele nie tol nie, anders word tyd bygetel. Hierdie is groot pret en toeskouer waarde. Deelnemers betaal inskrywingsfooi om deel te neem.

- Reel ‘n properse "Ready steady Cook" kompetisie tussen 3 spanne( as kan betrek ander gemeentes om so buite fondse in te bring.)
Kry ‘n borg van plaaslike supermark. Verkoop kaartjies. 
Prys: Ete vir wenner en ‘n wisseltrofee(natuurlik self gemaak deur ‘n kreatiewe persoon, bv: ‘n primus stofie wat mooi geverf is en onder is plek vir naamplaatjies)

- Hou ‘n kinder teetuin: Kinders bak vooraf koekies, beplan en doen hele teetuin op ‘n middag vooraf en bedien self : Teikenmark: Ouer persone in gemeente wat graag wil uitkom en iets doen op ‘n middag.

- Koekversiering vir pa’s; Elke wyk moet ‘n pa inskryf: aantal koeke word vooraf gebak en pa moet beplan, voorraad self bring en dan versier. Tema’s werk goed. Kaartjies word verkoop deur kykers( daar kan eers uitdunne gehou word. Koeke word geskenk aan een of ander organisasie. Wenner ontvang klein prys en wisseltrofee.

 

KOS


- Ons het eerstens 'n basaarontbyt gereël vir 150 mense 'n week voor die basaar en al die kaartjies is so te sê verkoop. 

- Ek het die lekkergoedstalletjie die jaar en beplan om dit baie kleurvol te maak. Ek het 'n groot (3 meter) sambreel gekoop wat ek ook in my tuin kan gebruik en gaan die rant versier met verskillende kleure ballonne aan 'n lintjie wat ek agterna vir die kinders gaan gee. Bo-op die dak gaan ek groot lekkergoed vasmaak wat ek van plat kartondose (die waarin die blikkies koeldrank en drank kom) gevou het. Alles baie kleurvol. Gekleurde kreukelpapier kom oor die tafels.

- Die Vrydag-aand is 'n gemeente bymekaarkoms en ons het basies net 2 groot ete strome. Een vir die groot eters ('n spitbraai met slaaie en pap en so aan) en een vir die kinders (hamburgers). Ons bemark die kaartjie vreeslik en verkoop dit voor die tyd. (Speel natuurlik op almal se gevoel en sê daar is net 200 ete kaartjies beskikbaar....natuurlik verkoop ons 300) 

- Hierdie jaar gaan ons 'n groot ontbyt doen vroeg die oggend wat saam die funrun gaan. 

- Mens bak mos altyd pannekoek by 'n basaar en die wat flop kan julle ook 'n kompetisie mee hou. Wie die meeste pannekoeke kan eet. Maar ook weereens is daar 'n inskrywingsfooi (hou dit laag) want 'n pannekoek kos tog min. Jy sal verbaas wees, pannekoeke is baie ryk, dus dink 'n ou jy kan baie eet, maar jy kan nie werklik nie. Veral as hulle klaar gekuier het by die koektafel en kostafels op daardie dag. 

- Die gemeenteontbyt word ook baie goed ondersteun. Dit was een van die omgeegroepe se projek. 
- Instede van 'n potjiekompetisie - reël eerder 'n ketelbraaikompetisie [Weber] - gee vooraf die protokol en reëls soos bv:
[a] 'n Vroue-afdeling - [Kry borg vir 'n prys;
[b] 'n Mans-afdeling - [Kry borg vir 'n prys; en
[c] 'n Algehele wenner [òf man òf vrou - [Kry borg vir 'n prys!
Nog reëls: Laat elkeen 'n regverdige begin kry deur 'n reël te maak dat net hoender [of wat ook al] gebruik mag word.
[Dit is maklik om kotelette, wors, ens te braai - bogenoemde maak dit meer interessant]!
Elke deelnemer moet sy eie Weber voorsien asook die vleis en wat ookal hy/sy benodig. 
Hoender is blykbaar die goedkoopste maar miskien kan julle 'n slaghuis kry wat dalk ander vleis kan borg.
Na die wedstryd kan hierdie vleis dan verkoop word - wat meen dat die kerk 'n wins daaruit kan maak. 

- Spitbraai, kaartjies kan voor die tyd verkoop word om werkskapitaal te kry vir kermis voorbereidings.

- Kosstalletjies wat nog altyd 'n sukses was:
*1 Stalletjie gaan net Boereworsrolletjies, "Hotdogs" & "Hamburgers" verkoop. Die kinders is meer geneig tot hierdie kos.
**1 Stalletjie - Teetuin - koffie & tee & milo met 'n stukkie koek of tert of 'n skon, "flapjack" of "muffin"
***1 Stalletjie gaan net Kerrie en Rys verkoop - Mild & Hot.
****Die weberkompetisie se vleis gaan by 1 stalletjie verkoop word waar daar pap en/of slaaie as bygeregte is. Daar is braaivleis wat hier gaan verkoop word.
*****Daar is 'n stalletjie wat lekkers, "crisps" en spookasem verkoop.
Ons het nie 'n poedingstalletjie nie aangesien ons voorheen gevind het dat dit nie so goed verkoop nie. 
******Hulle kan altyd 'n stukkie koek gaan koop of roomys wat ook beskikbaar is by 'n ander stalletjie. Die koeldranke en vrugtesap word ook by die roomysstalletjie verkoop.
*******Natuurlik die immergewilde pannekoek stalletjie.

-Hier is 'n reseppie vir kinders se fondsinsameling en entrepeneurs dae. Almal is mal oor die soet springmielies en die kleure kan gekies word om by 'n tema te pas - dit kos nie 'n fortein nie en kinders kan selfs help om te maak
Benodighede:
45ml olie
250ml springmielie pitte
500ml(260g) versiersuiker
50-75ml warm water
voedsel kleursel
1. verhit olie en spring 'popcorn'
2. laat afkoel in groot bak
3. meng versiersuiker en warm water tot 'n dun 'glace icing'
4. gooi voedsel kleursel in na smaak
5. gooi die 'icing' oor die koue popcorn en meng baie goed tot alles bedek is.
6. sprei op bakplaat\skinkbord in enkel laag en lug droog vir 5-6 ure.
7. dit vorm 'n heerlike 'crisp' lagie verpak soos verkies

Terwyl ek by 'n Laerskool se OOV betrokke was, het ek 'n Kompetisie gehou wat gedurende die Skool Kermis plaasvind. (Hierdie ikdee kan ook by 'n kerkbasaar gebruik word met die verskillende Omgeegroepe wat teen mekaar meeding)
Betrokkenheid van ouers, kinders en familie om nie eens te praat van onderwysers nie, is altyd 'n hengse probleem. Ons het toe 'n plan beraam om "gees" te skep deur al die klasse te laat deelneem.Ons het die klasse se onderwysers/verteenwoordiger laat trek uit 'n verskeidenheid van lande en hulle moet dan kos voorberei wat vanuit hulle stalletjie vertoon/uitgestal/vervaardig/verkoop word. 'n Paneel be-oordeelaars ken dan punte toe vir oorspronklikheid, kleredrag, prys van kos/eetgoed, aanbieding en algemene gevoel van "kliente". Die persoon in beheer moet net seker maak dat daar nie botsings plaasvind as twee stalletjies 'n produk wil verkoop nie!

Voorbeelde van idees: 
Frankryk 'n Hoender kwart, skyfies, slaai en rolletjie. 
VSA Hamburger (alle soorte) en skyfies 
China Springrolls, Bowties en Egg-Fu yong ….soos boere dit maak! 
Kanada Roooooomyse te kus en keur 
Nederland Alles wat soet en lekker is….fudge, koek, terte ens. 
RSA Vetkoek met vulsels, nie net kerrie nie, enige ding ender die son EN boeretroos! 
Engeland Tea, my dear and pancakes, flapjacks etc. 
Indië Kerrie en rys ens 

Dit is maar die basiese dinge, maar dit is pret vir almal!


As voorloop vir die Saterdag Pretdag is daar Vrydag aand 'n Mnr en Mej Kompetisie gehou asook ope item vir die Pa/Ma/Oom/Tannie wat oorspronklik kan wees! Saterdag tydens die Kermis is daar so 2 Rugby en Netbal wedstryde om mense te trek en rondom 12h00 trek twee-twee spanne Pa's tou om die Top klas Pa's te kroon. Reuse opblaas glybaan sorg heeldag vir pret, want dit kos maar net 50 sent (x 100 keer deur die dag!) 

Saterdag na die Kermis, volg skoonmaak voor die Groot Skerm Rugby en 'n Sokkie…. 
En, Sondag oggend sê ons dankie aan die Vader!!

Die volgende is ook nogal ter sake: WERK VAN DIE HUIS!

Peterjasie het geskryf: Ek wonder nou al vir 'n geruime tyd wat mens van die huis af kan doen om 'n ekstra geldjie te verdien sonder om 'n klomp geld uit te gee of om advertenie na advertensie te beantwoord wat jou belowe dat jy duisende sal verdien deur koeverte te vul en dan werk dit nie. Nie almal van ons is bemarkers of het die kontakte om polisse of iets dergeliks te gaan verkoop nie.

Wat jy ookal besluit om te doen, hier is 'n paar goue rëels:

- wees eerlik en hou jou woord, as jy sê jy gaan iemand terug bel by 'n spesifieke tyd, doen dit voor daardie tyd.

- volg altyd op, vind uit of die diens wat jy gelewer het op standaard was. Maak reg waar jy fouteer het op jou onkoste.

- gaan die ekstra myl. Wat jy ookal doen, sit daardie ekstra bietjie by, dit maak wat jy doen net soveel beter as 'n ander persoon wat dieselfde diens verrig.

-Soek na 'n diens wat nie in jou omgewing verrig word nie, of as so 'n diens wel verrig word, vind maniere om dit beter, vinniger, goedkoper te verrig.

-Jy gaan nie oornag ryk word nie maar talle suksesvolle besighede het klein begin!

Hier is ‘n paar idees…

Almal moet eet. Baie mense het nie die tyd om daagliks toebroodjies te maak nie en gaan koop ten duurste by hulle werk se kafeteria middagete. By ons werk het 'n dame daagliks etenstyd by ons werk opgedaag met die heerlikste vars toebroodjies. Haar pryse was billik en sy het elke dag verskillende toebroodjies gehad. Op nat koue dae het sy pannekoek gehad en somtyds ook sop.

Hier is wat jy doen. Vra by kenisse wat hulle by hulle werk vir middagete geniet. Bied aan om dit beter en goedkoper te voorsien. Neem 'n paar voorbeelde en oortuig hulle Jy kan jou pryse billik hou en tog 'n wins maak. As hulle daarvan hou is jy in en kan jy dan daagliks aan hulle toebroodjies voorsien. neem 'n meningspeoling en vra wat hulle sou verkies vir afwisseling. Probeer vetkoek met verskillende vulsels, gebruik jou verbeelding! Vir verjaarsdae kan jy koek voorsien en vir hulle partytjies versnaperings. Vir die wat dit so verkies kan jy pap en sous voorsien. Jy kan dan die firma as verwysing gebruik om uit te brei na 'n volgende firma en so aan.

Meeste mense besit deesdae rekenaars. Dit gee my 'n groot kramp as daar iets verkeerd gaan met my rekenaar en ek moet alles uitprop, dit in die motor laai en na die plaaslike rekenaarwinkel neem. As my rekenaar breek wil ek dit in my huis en nog dieselfde dag reggemaak hê!

Hier is jou kans as jy in staat is om rekenaars te herstel. Werk van jou huis, adverteer plaaslik en bied aan om na jou kliënt se huis te gaan en die werk daar te doen of dit daar af te haal en terug te besorg! Ek sal vir seker so iemand ondersteun!

Jy is 'n gekwalifiseerde haarkapster en sit by die huis. Weet jy hoeveel oumense sit in ouetehuise of by hulle huise en kan nie by winkels uitkom om hulle hare te gaan sny of "perm" nie?

Al het jy geen kwalifikasie nie, gaan was hulle hare en doen algemene versorging. Hulle sal dit vreeslik waardeer! Neem die wat nie meer kan bestuur nie winkels toe, daar is vele sulke geleenthede.

Hier is jou kans, besoek die plaaslike ouetehuise en doen jou ding daar by hulle. Jy hoef natuurlik nie te stop by ouetehuise nie, die plaaslike kerke weet van lidmate wat oud is en nie meer kan rondry nie, nog meer kliënte!

Baie mense sit met hope langspeelplate wat hulle nie meer na kan luister nie omdat mens nie meer platespelers te koop kan kry nie. As jy 'n rekenaar het is dit redelik maklik om plate om te sit op CD's. Adverteer plaaslik en dan in naburige dorpe, ek sien gereeld advertensies van mense wat wil weet hoe om hulle ou plate op CD te sit.

 

Hier is iets lekkers! Die rëel van partytjies! Baie ma's het vandag net nie die tyd om kinderpartytjies te rëel nie. Bied die diens in jou omgewing aan. Sorg dat jy alles doen, die ma en haar kind en die gaste moet net opdaag en hulleself geniet. En dan natuurlik betaal ook! Gebruik jou verbeelding, ek is seker jy sal 'n sukses daarvan maak. Adverteer plaaslik en as jy goed is sal "word of mouth" die res vir jou doen, sommer gou sal jy hulp moet kry en jou besigheid sal begin uitbrei. Dit hoef natuurlik nie by kinderpartyties op te hou nie, gebruik jou verbeelding!

Met misdaad wat deesdae hoogty vier is dit altyd 'n bekommernis as mense met vakansie weggaan. Diere moet kosgegee word, plante moet natgemaak word, pos moet uit die posbus gehaal word.

Bied hierdie diens in jou omgewing aan. Ek wens ek kan 'n betroubare persoon  kry om ons honde kos te gee en van ons plante nat te maak as ons met vakansie of selfs net vir 'n naweek weggaan! Bou vir jou gereelde klandisie op en as jy betroubaar is sal hulle vir jou adverteer. Adverteer ook om na diere om te sien by jou plaaslike veearts.

Baie mense sit met ou fotos van geliefdes wat met die tyd gevou of gekrap geraak het. As jy 'n rekenaar en die regte sagteware het kan jy die fotos so goed soos nuut herstel, bied sommer aan om dit vir hulle te raam ook!

As jy in 'n vakansiedorp woon is daar ook geleenthede. Baie mense het vakansiehuise en as hulle na 'n lang reis arriveer wil hulle nie nog gaan kruideniersware koop, die yskas en vrieskas aansit en die bier laat koud word nie. Hier is 'n geleentheid vir iemand om so 'n diens te verrig, gaan gesels met die mense as hulle weer daar vakansie hou, asook met ander families wat ook met vakansie is. Baie huise word verhuur en dieselfde diens sal nodig wees wanneer die vakansiegangers arriveer!

Oorweeg 'n stalletjie by jou plaaslike vlooimark. Hier in ons omgewing is hulle net naweke en vakansiedae oop so dit neem nie al jou tyd in beslag nie nie. Op jou "af" dae kan jy voorraad vervaardig! As jy handig is met iets soos houtwerk, klere maak of enigiets interessant kan maak is daar geleentheid. Ek het by die Waterfront in Kaapstad 'n ou gesien wat papier doilies lamineer en hulle dan vir 10 keer hulle oorspronklike prys verkoop! So lyk dit fantasties op 'n skinkbord en kan oor en oor gebruik word. Al wat dit verg is 'n bietjie verbeelding!

Een van ons kerk se omgeegroepe het op 'n Saterdagoggend op 'n lëe erf worsbroodjies verkoop en net vir die oggend R1600 wins gemaak.  Ek is nie seker of mens moet toestemming daarvoor kry nie, maar ek plaas dit hier as 'n idee! Een van die plaaslike supermarke verkoop ook elke Saterdag oggend worsrolletjies op hulle stoep en dit het al 'n instelling geword om daar te gaan koop, wie wil tog kosmaak op 'n Saterdag?

Op pad Hartebeespoortdam toe by Lanseria veby is daar 'n stalletjie, Pete's Boerewors Rolls,  en ek sien altyd motors wat daar stilhou. Ek sien hy brei nou uit want 'n paar kilometers verder het hy nou al 'n tweede stalletjie. Een ding is seker, in kos is daar geld!

Nog op die onderwerp van kos, ek sien in die industriëele gebied naby ons is daar 'n paar mense wat uit omgeboude ou karavane middagete aan die fabriekswerkers voorsien. Hulle moet 'n klein fortuintjie maak!

As jy sweisapparaat het en handig is daarmee is daar ook geleenthede. Ek soek die ander dag vir iets waarop ek die tuinslang kan oprol. Die supermarkte vra 'n klein fortuin daarvoor en ek koop toe 'n heel werkbare een langs die pad vir R60. Dis nou tuinmaak seisoen en so iets sal in aanvraag wees. Ons het van hierdie waterspuite wat jy aan die tuinslang skroef, dit lê dan op die gras en spuit. Ons wou dit van 'n hoogte af laat spuit en my swaer maak toe 'n eenvoudige staander wat jy in die gras indruk en die spuit gly bo op in 'n gleuf in. Siedaar, probleem opgelos.Hierdie en soortgelyke item is ideaal om op 'n vlooimark te verkoop.

Daar is 'n dame in ons kerk wat vreeslik lekker koeke, beskuit en beskuitjies bak. Sy adverteer nie en almal weet hoe om met haar in verbinding te tree as hulle iets spesiaals wil hê. Jy bel haar net en plaas 'n bestelling en in 'n dag of twee gaan haal jy dit af.  Begin om koeke vir julle kermis se koektafel te bak, maak seker jou naam en foonnommer is beskikbaar en as hulle daarvan hou sal die mense jou begin kontak. As jy goed is kan jy ook vir die plaaslike tuisnywerheid bak, maar jou wins is dan minder.

Ek kry 'n advertensie in my posbus van mense wat op weeksdae 'n maaltyd by jou huis kom aflewer. Die koste is R19.99 per bord en die verskeidenheid is groot, van bobotie tot skaapnek potjie. Elke maaltyd het ook groente by. Ideaal vir werkende mense wat nie tyd het vir koskook nie.Jy kry 'n maand se spyskaart vooruit en jy weet wat jy gaan kry!

 

Natuurlik kry ek steeds gereeld lesers- navrae oor

GEMMERBIER-BYE, SKG ‘s (Sugar-Kefir-Grains) Japanese Water Kristalle of Tibicos  om Gemmerbier en ander probiotiese gegeurde drankies mee te maak.

Ook bly die aanvraag na die KOMBUCHA “Scoby” of sampioen ook constant, waarmee swart of groen tee gefermenteer word tot ‘n unieke  en gesonde drankie vol vitamine en minerale.

Melk-Kefir, Kombucha en Tibicos(SKG) hou baie gesondheids voordele in en dit word ‘n al groter groeiende mark. Omvattende inligting hieroor kan aangevra word, ek stuur dit graag aan belangstellendes.

Een van ons lesers, JEAN van Dunottar, het so ver gegaan in haar soeke dat sy uiteindelik van die Gemmerbier-Bye (tibicos / SKG) vanaf Australië ingevoer het!  Die ENIGSTE SKG’s dus waarvan ek tot op hede van weet op Suid Afrikaanse bodem is dus in haar besit!!

… ‘n Eetlepel van die kosbare korrels het egter daarna toe ‘n behoorlike “aflos-roete” gery  sodat ek nou ook kan bely dat die “ander helfte” van die kosbare korrels nou hier by my in onse oewerkaia suutjies aan die aanteel is…dus die enigste ANDER SKG’s op SA bodem is in die Bo-Karoo…

 

Wanneer hierdie wonder kristal - kolonie genoegsaam aangeteel het vir uitdeel, sal ons jul HIER op SO MAAK MENS dadelik in kennis stel van die beskikbaarheid en prosedures, so hou die spasie dop!!

Intussen …so ‘n bietjie troos….

GEMMERBIER 1
10 liter water 
1,5 kg (7 ½ x 250 ml) witsuiker
1 koekie (25g) saamgeperste gis 
50 ml rosyntjies met pitte
1 bottel (750 ml) lemoen- of suurlemoenkwas
750 ml sodawater
50 ml gemaalde gemmer
• Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet word.
• Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is. Verkrummel die suurdeeg
daarin.
• Voeg die rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot
gemengm
• Laat die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan. Roer dit af en
toe om.
• Syg die mengsel na 24 uur deur en gooi dit in houers. Spoel die
rosyntjies af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies. Laat die bier
12 uur lank by kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.
• Lewer 13 liter gemmerbier.

GEMMERBIER 2
Kneus 60g gemmer en
kook in 10 liter water.
Giet in 'n vaatjie en
voeg 1 kg suiker,
30g kremetart en
2 dungesnyde suurlemoene by.
Wanneer die mengsel afgekoel het tot lou,
voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan.
Syg deur, gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed
wees vir gebruik.

GEMMERBIER 3
4 x 500 ml ( 2kg?) suiker
20 x 250 ml ( 5 liter) kookwater
5 ml droë gis 
50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
• Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
• Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van
bestanddele by.
• Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
• Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.

GEMMERBIER 4
Maak 4½ liter
1 koekie suurdeeg
4 stukke droë gemmer, gekneus
1 teel suiker
3 koppies water
½ kop sterk lou water
Krummel die koekie suurdeeg saam met die suiker en meng tot dit loperig
word.
Voeg die lou water by en laat staan vir ± 10 minute tot dit skuimerig is.
Kook die gekneusde gemmer en water vir 5 minute.
Gooi die volgende in ‘n 6 liter houer:
3 kop suiker
2 kop kookwater
1 suurlemoen, skil en al in skyfies gesny
12 Hanepoot rosyne
13 kop koue water (= 3 liter + 250 ml)
Roer tot suiker opgelos is
Voeg die gemmerstukke en water by.
Voeg die suurdeegmengsel by.
Roer tot gemeng.
Laat staan vir 12 uur of oornag met ‘n doek oor.
Syg deur.
Gooi in 2 liter bottels en sit in die yskas.

GEMMERBIER 5
1 Pakkie Anchor Aktiewe Droë Suurdeeg
6 Liter Louwarm water
4 k Suiker
1t Kremetart
1t Wynsteensuur
3t Fyn gemmer
1 Bottel Jamaika gemmer (opsioneel)
Los suiker in water op
Meng ander bestandele met 'n klein bietjie water en voeg by suiker water
Voeg Jamaika gemmer by. Syfer deur dun doek.
Gooi in bottles, gooi ook 3 rosyne in elke bottle en en sit prop
op.(MOENIE bottles te vol gooi nie)
Laat staan 24 tot 48 uur buite yskas maak kontroleer die gisting.
Plaas nou in yskas om koud te word.
LET WEL: Al is die gemmerbier in yskas kontroleer steeds die gisting!

GEMMERBIER 6
1k Bruinsuiker
2k Witsuiker
4,5 liter Lou warm water
20-30ml Gemmer
10ml Kremetart
10ml Wynsteensuur
5ml Droë gis
1eetlepel Rosyne
Meng alles saam.
Laat staan vir 24uur.
Bottel.
Drink na 12 - 24uur.

GEMMERBIER 7 
20ml gemaalde gemmer 
10 liter lou water
1.6kg wit suiker 
150g rosyne
10g aktiewe droëgis 
0ml kremetart
10ml wynsteensuur
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is. Voeg
die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiekemmer met 'n
deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat
in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas 2-3 van die
rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas. Laat die bier 'n dag of
twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.

GEMMERBIER 8
Hierdie resep kom van baie geslagte terug ............
6 liter water
6 koppies suiker
1 eetl fyn gemmer
handvol rosyne
1 koekie yeast (nat blou blokkie)
Gooi alles in emmer, en roer goed. Laat staan vir 24 uur. Gooi deur kaasdoek
(om gemmer en rosyne op te vang. Bottel en laat yskoud word en geniet dit.
Moenie proppe op die bottels plaas nie!
Dis heerlik.

VINNIGE GEMMERBIER 9
1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit
7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)
4½ koppies suiker
10ml Jamaika Gemmer (Lennons se produk)
10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)
28 rosyne
1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 - 20 minute (todat dit begin gis).
2. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het).
3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur.
4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2 uur in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen"
5. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.
Nota: Dit is 'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter
probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.

GEMMERBIER 10
7 liter water
7 koppies suiker
7 eetlepels gemmer
1 koekie suurdeeg (dit moet die outydse koekie suurdeeg wees wat mens
in warm water oplos, nie kitsgis nie)
1 tl kremetart
1 tl wynsteensuur (tartaric acid)
1 handvol rosyne
Los die suurdeeg in warm water op en meng alles goed saam totdat die suiker
opgelos is (ek het 'n spesiale emmer hiervoor). Laat staan oornag - die rosyne
sal bo dryf as die gisproses klaar is. Gooi deur 'n doek of fyn net, bottel en
plaas in yskas. Jy kan dit dadelik drink maar die smaak verbeter hoe langer
dit staan.

GEMMERBIER 11
12 k suiker (2½ kg) 
1 pakkie kremetart (25 ml)
1 k gekneusde gemmer 
½ pakkie tartaric acid (12,5 ml)
1 k gekneusde rosyne 
20 naeltjies
1 k stroop 
2 e suurdeeg
Gooi al die bestanddele buiten die suurdeeg, in 'n 4-gelling (? liter) kan.
Vul op met kookwater.
Sit suurdeeg volgende dag by.
Hou in warm plek.
Bottel wanneer rosyne almal bo is - ± 3 dae.

GEMMERBIER 12
3 x 750 ml kookwater 
750 ml (3 k) suiker
3 x 750 ml koue water 
15 ml Jamaica-gemmer
20 ml droë suurdeeg 
handvol rosyne met pitte – gekneus
Los suiker in kookwater op.
Voeg koue water en gemmer by.
Laat afkoel tot louwarm.

VINNIGE GEMMERBIER 13
1 groot emmer met lugdigdeksel 
7 x 750 ml ( 5.25 liter) louwarm water
4,5 k suiker 
10 ml Jamaica-gemmer
10 ml kitsgis 
28 rosyne
Meng 10 ml suiker en 10 ml kitsgis in 125 ml louwarm water – laat staan om te gis.
Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 min. tot suiker opgelos is.
Voeg die Jamaica-gemmer en die water- suiker- en kitsgismengsel by die suikerwater en roer baie goed.
Voeg die rosyne by en roer weer deur.
Plaas deksel op die emmer en laat staan in die son om te gis (10:00 tot14:00 of langer).
Laat gas elke nou en dan uit.
Gooi in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.

GEMMERBIER 14
Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water. Giet in 'n vaatjie en voeg 1 kg
suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde suurlemoene by. Wanneer die mengsel
afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan. Syg deur,
gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed wees vir
gebruik.

GEMMERBIER 15
4 x 500 ml suiker
20 x 250 ml (5 liter) kookwater
5 ml droë gis
50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van
bestanddele by.
Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.

 

LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP:
8 sappige lemoene 
4 sappige suurlemoene
1.5liter kookwater 
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur
Rasper net die oranje en geel buiteskil vandie lemoene en suurlemoene dun af.
Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat
smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die
gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker
opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat
die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
OM TE SKINK:
Skink dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met 'n paar
ysblokkies.

 

LIMONADE:
500ml suiker 
250ml water
250ml vars suurlemoensap
Meng die suiker en water in 'n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit
aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot
kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder om te roer.
Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Syg die limonade deur 'n
moeseliendoek en bêre dit in 'n houer met 'n deksel in die yskas. Bedien die
limonade deur 30ml van die suurlemoenstroop by 'n glas yswater te voeg.
Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop.

 

Petro Pretorius het gevra: Ek wil graag weet watter tuinboek julle sou aanbeveel? Ek is nuut in die kwekery bedryf ..iemand het Readers Digest Gardening A-Z aanbeveel. Is daar dalk iets anders? Dankie Petro.

Petro! Daardie boek van Readers Digest is baie goed ja, maar nie direk geskryf vir ons Suid Afrikaanse  tuine ens nie. Ek gebruik myne vir algemene naslaan oor die verskeidenheid plante daarin wat relevant is enige plek. As jy dit gebruik onthou net dat dit vir die boonste helfte vd aarde geskryf is en ons is in die suidelike halfrond dus as hul seg lente  is dit herfs by ons maar die algemene riglyne is steeds van toepassing.

 ‘n Wonderlike  Plaaslike boek wat jy kan gebruik wat ek kan aanbeveel, is Marianne Alexander se TUINMAAK IN SUID AFRIKA…op my tuinhoekie is sy voorblad  en my uittreksels vir elke maand kom ook daaruit.

Dan is ENIGE boek van wyle Prof Kristo Pienaar  steeds relevant en uitstekend.

Ook Diddi Hofmann se boeke veral oor kruie is ‘n aanwins vir enige tuinier of kwekery.

‘n Ander baie goeie gids is HUISPLANTE VIR SUID AFRIKA  van Keith Kirsten en Owen Reid.  Dan is al Margaret Robberts se kruie boeke  natuurlik ook uitstekend.

Ander outeurs  op my rak wat ek aanbeveel is:

Beckett/Bradley/kingsbury/Newbury;  Penelopy Ode;  Braam en Piet van Wyk;  LeRoux, Kotze en Nel; Frits van Oudshoorn;  Antoinette Pienaar;  Walters;  Schriefer;  John en Rosemary Hemphill; Rodales se plant en kruie Ensiklopedies;  Betsie Rood;  Meredith;  Marienne Uys;  Nancy Gardiner en Dudley Harris.

 

Esthee Erasmus skryf: Goeie dag,Ek het n resep by my ma gekry wat sy nog van so maak mens af gekry het. Ek het dit ongelukkig in n onlangse trek verloor en het gewonder of julle nie dalk n kopie van die resep in julle rekords het nie? Die resep se naam is n Swart Fluweel Sjokeladekoek en ek het nog geen soortgelyke sjokeladekoek resep in die hande kon kry nie. Baie dankie

Esthee,ek  kon die volgende vir jou opspoor,

Laat weet my asb of dit die regte resep was!Lekker bak!

Tadidadaaaa!!!!

Hier volg dus EKSKLUSIEF: Esmé en Jan se SWART SJOKOLADE FLUWEELKOEK

(Eksklusief ja, want al E&J se resepte verskyn mos tans in KAMMANUUS, voordat dit per E-BOEK hier op SO MAAK MENS beskikbaar gestel gaan word!!...)

 

SWART SJOKOLADE FLUWEELKOEK

2 k koekmeel

1 k botter

1 3/4 k suiker

1/2 - 1 k mielieblom (maizena)

4 t bakpoeier

1 t vanilla

4 eiers

1 k lou melk

1/4 t sout

1/2 k kakao

Room botter en suiker tot suiker opgelos.

Sif meel en sout 2 keer saam

Meng melk, kakao en mielieblom tot glad

Vou beurtelings meelmengsel en melkmengsel by botter en suiker.

Voeg laastens die bakpoeier en vanilla by Bak 30 -35 min by 180 grade C.

 

En toe het ek ook aan Estee ‘n hele paar ANDER ook gestuur…

Waaronder verskeie ROOI FLUWEEL KOEKE…

Koek:

100g Botter

350g Suiker

2 Eiers

75ml Kakao

30ml Kookwater

2 Bottels rooi voedselkleursel

520ml Koekmeelblom

5ml Sout

250ml Karringmelk

5ml Vanieljegeursel

5ml Koeksoda

5ml Witasyn

Versiersel:

250ml Melk

90ml Koekmeelblom

275ml Suiker

250ml Botter

5ml Vanieljegeursel

Sjokolade-vermicelli

Koek:

Voorverhit die oond tot 180C.

Smeer twee 20cm losboomkoekpanne met margarien.

Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig.

Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging.

Meng die kakao, kookwater en voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm.

Voeg by die botter mengsel en meng. Sif die koekmeelblim en sout saam. Meng ook die karringmelk en vanieljegeursel saam.

Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel.

Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed.

Verdeel die mengsel in twee gelyke dele en skep in die voorbereide koekpanne.

Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek kom.

Versiersel:

Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde pasta. Bring die res van die melk saam met die suiker tot kookpunt.

Roer gedurig.

Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed.

Voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot gaar en dik.

Roer gedurig.

Verroom die botter tot sag.

Voeg die vanieljegeursel by.

Giet die melkmengsel by en klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room.

Koel af.

Smeer ‘n bietjie van die versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek met die res van die versiersel.

Strooi ‘n bietjie sjokolade-vermicelli bo-oor.

 

En ook laastens: ‘n BEETKOEK

Hierdie beetkoek is amper soos 'n rooi fluweelkoek waar hulle rooi voedselkleursel gebruik vir die dieprooi-kleur. As jy dit nie wil insit nie, kan jy dit ook uitlos.

Basisresep

Met hierdie resep kan jy verskillende groentekoeke maak (sien hieronder).

420 g (750 ml) bruismeel

15 ml koeksoda

 1 ml sout

250 ml sonneblomolie

400 g (500 ml) suiker

4 eiers

Verhit oond tot 180ºC.

Sif meel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in 'n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Vir die Beetkoek : VOEG BY b.s.

5 ml fyn kaneel

1 ml fyn neutmuskaat

500 ml beet, geskil en gerasper (OF WORTEL,PAMPOEN,PATAT)

250 ml wortel, gerasper

150 ml melk

100 g pekanneute, gekap

1 botteltjie rooi voedselkleursel (OPSIONEEL)

Bolaag

250 g gladde maaskaas

sap en geel skil van 2 suurlemoene

80 ml kondensmelk

vars bessies van jou keuse

Vou kaneel, neutmuskaat, beet, wortel, melk, neute en rooi voedselkleursel by basisresep in. Spuit 'n losboom-ringkoekpan met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 - 40 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. Keer uit op 'n draadrak en laat afkoel. Meng bestanddele vir bolaag saam (behalwe bessies)en versier koek na keuse..!

 

Nog ‘n DIABETES verwante navrae het van Danie van Wyngaard gekom, hy skryf: Ek sal graag wil verneem of Whiskey(duur soort) enige effek op die uitwerking op my Diabeties het? Is deur my Kardiologiese geneesheer meegedeel dat ek slegs n hoee Glukose telling het, wat 6 dae terug geneem is. Daar gaan bv. n paar weke verstreke sonder die Whiskey, dan kry ek tellings wat wissel van 11.5 tot by 17 rond. Onlangse telling was 9.4. Ek sal u spoedige antwoord waardeer . Groete

Danie, weereens, Ek is nie ‘n kundige nie maar dis wat ek vir  hieroor vir jou kon bymekaarmaak! Hoop dit help, vertel as dit nie het nie dan kan ek nog help soek na raad! Ek plaas enkele uitreksels uit my antwoord aan Danie…

Oulike websites: 

http://www.diabetes.org/

http://ehealthmd.com/library/diabadults/DIA_diet.html

http://www.kznhealth.gov.za/diabetes1.htm

http://www.healthtips.co.za/diabetes/

http://www.americandiabetes.com/diabetic-recipes/delicious-diabetic-recipes

http://wiki.answers.com/Q/Is_whiskey_bad_for_diabetes#ixzz1LfWIBgV6

 ‘n Gratis boekie wat jy kan aflaai…

http://www.freediet.co.za/diabetes-book.html?gclid=CM6Dxsnp1agCFUqFpAodTCHBhA

NOG INFO:

Diabetes is cased by a deficiency of insulin a hormone that occurs in the pancreas. A lack of this hormone stops the body absorbing glucose. In this case insulin needs to be injected with type 1 diabetics to normalise glucose levels.

Symptoms.

Abnormal thirst.
High frequency of urination.
Body weakness.
Bad breath.
Eye sight deterioration.
Bad circulation is hands and feet.
Impotence.
Gangrene in some cases.

Treatment.

Eat fresh parsley to manage the bad breath situation.
Celery as well as sauerkraut reduces sugar levels.
Raw carrots daily.
Onions and garlic raw.
Stinging nettle tea boil and drink 2 cups per day.
Sweden Bitters.
For the drinking diabetic 3 cloves of garlic crushed add 1 litre of whiskey or Vodka.
Drink 3 Brewer’s Yeast before bed.
Take cayenne pepper/tumeric and make a mixture and drink it twice per day.

Ian Harris, Tel: +27 11 021 4523; ian (at) talismanhealth (dot) net

…OOR DIE ROL VAN KOS:

A healthy diet is the foundation for good blood sugar control in any type of diabetes. Whether you are being treated with insulin or tablets, you still need to follow a sensible diet.

The so-called "diabetic diet" is not in fact a diet, but rather a healthy eating plan which can, and should be followed by the whole family.

Keeping to a healthy food intake not only controls blood glucose levels (and so delays the onset of diabetic complications) but also helps to maintain body weight and prevent heart disease.

Ten important points to remember:

Eat regular meals (breakfast, lunch and supper), which contain different kinds of foods. Your diet doesn’t have to be boring by only including boiled foods – use herbs & spices, try different ways of cooking and different kinds of foods.

Make starchy foods the basis of your meals.

Eat less fat.

Chicken, fish, lean meat, and low fat dairy foods could be eaten daily.

Eat more fibre such as vegetables & fruit with skin and wholegrain foods.

Eat dry or tinned beans, peas, lentils and soya (pulses) at least twice a week.

Be active and control your weight.

Eat less salt and salty foods.

Drink as much safe water as you can throughout the day (6-8 glasses).

If you drink alcohol, drink sensibly.

Make Strachy Foods the Basis of your meals

There are two types of carbohydrate:

Starchy foods

Sweet foods

Starchy foods

The best starchy foods to choose are those high in fibre as they are digested slowly making it easier for your body to control your blood glucose. Try to choose high fibre foods more often e.g. high bran cereals, porridge, brown or wholegrain bread, rice, dried or baked beans, samp and beans, potatoes, roti made with brown or wholegrain flour, phutu, lentils, oats and mealie meal, vegetables and fruit with skin.

Include a starchy food with each meal. Starches by themselves do not make you gain weight or worsen your diabetes especially those rich in fibre.
However, be careful of having large amounts of starches in one meal (e.g. potato curry and rice).

Sweet foods 
Sweet foods are quickly taken up by your body and cause blood glucose to rise very quickly. The best food choices of sweetened foods are those which have lots of fibre in them such as bran muffins.

However, if you are going to eat sweet foods, try to eat them seldomly and in small amounts, then have them with a high fibre meal rather than alone. E.g. plain cake following a meal rather than as a snack.

Use less fat and salt

Too many high fat foods can result in weight gain and make your diabetes more difficult to control. They can also increase your risk of heart disease. Fats are in your food as:

Visible fat (fats you can see) such as: 
Cooking oil, dripping, ghee, butter, margarine, fat on meat, skin on chicken.

Hidden fat (fats you cannot see) such as:

Full cream milk/ maas, coffee creamer, full cream yoghurt, ice-cream, potato crisps, hot chips, pastry, sweets, chocolate and cream filled biscuits, chocolate, samoosas, sweetmeats, bhajias, pies, rich sauces, meat and meat products (wors, burgers, polony, processed meats, fried foods such as chicken, eggs and fish).

Having too much salt in the diet is linked with high blood pressure. Salt is commonly used to add flavour to foods and can come in the form of table salt, soup and gravy powders, stock cubes and seasoning. Many people use too much of these foods when they are cooking.

To use less salt but still keep a great taste make use of herbs, curry powder, ginger, garlic, onions, peppers and tomatoes. Some foods are also high in salt such as biltong, snoek, pickled fish, salted nuts, salted popcorn and chips. These foods can still be part of a healthy diet if they are eaten in small amounts and not too often.

Eat plenty of fruit and vegetables everyday

All types of fruit and vegetables are good for you and can be eaten in a healthy diet (preferably with their skin on).

Try to eat a variety of fruit and vegetables every day.

3 pieces of fresh fruit can be eaten every day (each the size of a tennis ball). Spread fruit intake throughout the day in different meals/ snacks.

Frozen vegetables are as good as fresh vegetables.

Add extra vegetables to recipes such as stews, curries or pasta dishes.

Do not overcook your vegetables otherwise the vitamins will be lost.

Fruit tinned in syrup, dried fruits and dried fruit roll may be eaten in small amounts as part of a high fibre meal.

The motto is to " strive for five" – 3 vegetables and 2 fruits a day. This can be managed by for example having a banana as a snack, salad and an apple with your lunch and 2 vegetables with your supper.

Eat Beans, Lentils, Peas and Soya Regularly

Eat dry or tinned beans, lentils, peas and soya regularly (at least once a week) as they are high in protein and fibre and low in fat.

Replace or stretch meat dishes with beans, lentils, peas and soya.

Cut down on the cooking time needed for dried beans, lentils and peas by soaking them in water overnight.

Chicken, Fish, Lean Meat and Low Fat Milk/Maas could be eaten daily

Lean meat/ skinless chicken/ fresh or tinned fish/ egg (max. 4 per week) and low fat milk/ maas may be eaten every day.

Cut off the fat you can see on the meat and take the skin off the chicken before cooking.

Eat fish at least once a week, either tinned in tomatoes or water, or fresh/ frozen (plain) fish if available. Try not to have fried fish or fish tinned in oil.

Cooking Methods and the best food choices

If you need to have a snack choose raw vegetables, fruit, or high fibre biscuits. Try not to have high fat snacks such those mentioned in the hidden fat section.

Choose other methods of cooking like baking, steaming, microwaving, grilling, stewing, braaing or boiling instead of frying food.

Use less oil for cooking by measuring out the oil needed for a stew or curry. Use 1 teaspoon of oil per person in the family. E.g. curry/ stew for 6 people will need 6 teaspoons of oil.

Use skimmed/fat free/ diet or low fat milk/ maas plain or fruit yoghurt, low fat cheese.

Use tub margarine instead of brick margarine. Spread less margarine on your bread (you should still be able to see the bread).

When making sandwiches you may use a fat reduced mayonnaise or salad cream instead or margarine

What can I drink?

Hot and cold drinks

Water is the best drink for health. Don’t wait until you are thirsty. Drink at least 6-8 cups of water a day.

"Diet" or "sugar free" drinks are good choices for the whole family and may be drunk in moderation.

Fresh fruit juice and sweetened juice are good when then are diluted with water as otherwise they are a very concentrated form of sugar.

Sugar free tea and coffee may be whitened with fresh low fat milk or low fat milk powder as these are a better choice than coffee whiteners.

If you drink alcohol, do so in moderation i.e. try to have at least 2 days free of alcohol per week. If you have been advised not to drink by your doctor then it should be avoided.

All alcohol is high in calories and some drinks are high in sugar e.g. sweet sherry. Use sugar free or diet mixers with spirits e.g. diet lemonade & whiskey.

Try not to drink more than the following amounts per day: 2 small cans or 1 pint ordinary beer, lager or cider or 2 glasses of dry wine or 2 glasses dry sherry or 2 spirit measures

Avoid sweet wine, sweet sherry, liqueurs, homemade beer

Alcohol lowers blood glucose, which can become dangerously low. Always have alcohol with a meal and your usual snack afterwards. Never drink on an empty stomach.

A guide to healthy snacks

It may be important for some people to have a snack at mid-morning and at bedtime. Try to choose a high fibre snack -the following are some examples:

Best snack choices

Fresh fruit 

Wholegrain cereal with low fat milk

Brown or wholegrain bread with thinly spread peanut butter

High fibre biscuits

A bran muffin

Low fat yoghurt

Not so good snack choices

Meat pies, sausage rolls, fried samoosas

Potato crisps and hot chips

Chocolate/ cream biscuits/ chocolate bars/ ice-cream

Sponge cake, sweet pastries/ cream cakes/ sweetmeats

Tips for healthy shopping

Check labels on foods, which say "reduced sugar" or "no added sugar" – as glucose, fructose, sucrose and dextrose all mean sugar. Choose foods where sugar is not listed in the first 3 ingredients.

Use skimmed/ fat free/ diet or low fat milk/ maas, fruit & plain yoghurt and low fat cheese as they contain less fat.

Eat high fat take-aways or fast food such as deep fried chicken, burgers, chips, and pizza seldomly.

Exercise

It is important to do some form of exercise 3-4 times per week for 10-20 minutes. This may take the form of :

Walking up and down a flight of stairs instead of taking the lift.

Walking to the shops instead of taking a car/taxi/bus or getting off a bus/ taxi a couple of stops early.

50 –100 skips with a skipping rope.

 

SO : OOR ALKOHOL en die vraag oor WHISKEY en diabete:

Alcohol / Whisky,  is processed in the body very similarly to the way fat is processed, and alcohol provides almost as many calories. Therefore, drinking alcohol in people with diabetes can cause your blood sugar to rise. If you choose to drink alcohol, only drink it occasionally and when your diabetes and blood sugar level are well-controlled. If you are following a calorie-controlled meal plan, one drink of alcohol should be counted as two fat exchanges.

One of the biggest problems for most diabetics is that the liver over-produces glucose, usually while we are asleep but also in smaller quantities during the day. The liver also has the important job of filtering out alcohol from your bloodstream. It seems to operate on a list of priorities, where clearing alcohol takes priority over everything else (proof that everyone's liver is male because it can't multi-task). This means that, while it is dealing with your whisky (or a glass of red) it isn't producing glucose, so your BS level is lower. It takes the liver 1 hour to clear 1 unit of ancohol. So a small whisky would keep it busy for 4 hours, two glasses 8 hours, etc.

Alcohol can make blood glucose too high or too low. You need to know when and how to drink to keep your diabetes under control.

Alcohol has calories. You should fit these calories into your food plan, especially if you want to lose weight.

You need to know if and when it is safe for you to drink alcohol.

Alcohol goes from your stomach straight into your blood. The alcohol in your bloodstream is highest 30 to 90 minutes after drinking. Your liver slowly breaks down alcohol. If you weigh 150 pounds, it takes about 2 hours to break down one drink. Two drinks take twice as long, or 4 hours.

If you drink alcohol faster than your body breaks it down, the alcohol stays in your blood and affects other body parts. When alcohol affects your brain, you feel or act drunk.

Some signs of too much alcohol, such as slurred speech and confusion, are similar to low blood glucose signs and symptoms.

If you drink a lot of alcohol (three or more drinks a day), you may develop liver disease and other health problems.

When no alcohol is in the blood, your liver keeps blood glucose from going too low by releasing glucose into your blood.

If the liver is busy breaking down alcohol, it cannot release glucose into your blood.

If you take insulin or diabetes pills, your blood glucose may go too low when you drink alcohol because the medicine and alcohol both lower blood glucose.

The alcohol and sugars in many drinks can cause blood glucose to go too high.

Alcohol can also cause high blood triglycerides (fats).

Check your blood glucose after you drink to see how alcohol affects you.

Your best choices are dry wine, light beer, or unsweetened liquor (whiskey, brandy, rum, vodka or gin) mixed with plenty of low-calorie mixer, club soda or water.

Talk to your dietitian about when and how you can have alcohol.

 

En laaste maar nie die minste nie!

Johanna Breytenbach vra: Kan iemand my help met 'n 3 in 1 snackle for snacks.

Johanna, Soek jy na die resep om die doppies te maak of soek jy die snackle makertjie? Die reseppie is reeds geplaas op die werfie heel aan die begin, en die aparaatjie kan jy op die internet by BID or BUY soek of in 2de handse winkels dalk. Dis waar ons dit vir ‘n vorige leser kon opspoor. Hoop dit help?

Indien enige leser egter weet waar Johanna een kan kry, laat weet my asb, sodat ek dit vir haar kan deurgee!

Dankie en VOILA!!

Groete!!

Enter content here

Enter content here


Enter content here



Enter content here

Enter supporting content here


 
   Vir 'n PERSOONLIKE epos antwoord op jou navraag, 
   kontak my regstreeks by: rethajm@gmail.com
Groetes!! Rx. 
 
 

Indien jy nog nie ONSDORP se nuusbrief ontvang nie,

Vul die onderstaande vormpie in vir heerlike tong in die kies humor,

Vars elke twee weke in jou posbus

Teken in op Kammanuus


GetResponse Email Marketing