|
Jul 2010
IN JULIE het verskyn: | Die volgende Onderwerpe / Resepte / Lesers navrae |
| POSITIEWE DINGE OM TE DOEN | | DROëVRUGTESLAAI | | APOLOGETE |
| KAAS-PAMPOEN |
| VIS EN TJIPS | | WORSIE en KAAS
GEBAK | | TUNA ROERBRAAI | | FLAN'S en QUICHE | | KOLON PROBLEME |
| KOEK VERSIERSELS
en WONDERLIKE GRIEKSE BAKLAVA! | | ALLES OOR RRRRRISSIES!! |
JULIE 2010
29 Julie Watter
gedagtes bly telkens oor in jou hart wanneer jy van 'n geliefde se begrafnis af wegry? Die Groot Dankbaarheid dat God ook
deur daardie persoon, jou lewe begenadig het met Sy Teenwoordigheid, dat jy die voorreg gegun was om te kon deel in daardie
persoon se eie uniekheid, en dat juis daardie persoon se spontane liefde vir jou, in retrospek wys, dat ook jy, nie te bad was nie...  Die jare bondel in sy oë tot oumensnek en heupjigstap vereng en tog verhewe bo die grense van die sterflikheid... (Ernst van Heerden. ) ST Potgieter skryf: Tien positiewe dinge om te doen Dit voel vir my al of hierdie jaar onder my uithardloop. Of die week net vyf dae in plaas van sewe
het. So al asof ons nog nie eers behoorlik winter gehad het nie, en hier is dit al amper einde Julie. Hier is vir jou 'n
tien gedagtes vir wanneer jy moeg voel van al die hardloop en vergaderings en bekommernisse. Iets wat jy vir jouself kan doen: · Maak vir
jouself tyd vir 'n stille uurtjie. In al die gejaag en spanning is dit goed om 'n breek te neem, weg te kom van die televisie
en die skare van mense. Skakel die selfoon vir 'n uurtjie af en ontsnap van al die eise en aanvraag op jou tyd. Doen net so
'n klein bietjie sit in die wintersonnetjie iewers in 'n park. · Gaan stap
'n lang ent. Om te stap laat jou ontspan en gee oefening. Deur die stap kry jy tyd om met jouself te gesels,
kop skoon te kry en gee dit vir jou die gevoel van gesondheid en lewenslus. · Maak 'n
lysie van 20 dinge wat jy nog graag wil doen in jou lewe en sal geniet. En begin dan vandag een van die dinge doen. · Kry empatie
(meedoënheid) met jouself. Wanneer jy deur trauma, spanning, hartseer of slegte tye gaan, wees 'n bietjie genadig met
jouself. Jy hoef nie altyd net die sterkste te wees en alles een honderd persent reg te doen nie. Troetel jouself met 'n bietjie
genade en simpatie. · Glimlag en wees vriendelik met iemand wat jy die eerste keer vandag ontmoet. Bring 'n titsel sonskyn in iemand anders se lewe - jy
sal die vrugte daarvan pluk. Gee vir iemand 'n stukkie liefde en 'n drukkie, reik uit en luister met empatie. · Gaan sit
op 'n rots by die see en kyk oor die wye groot oseaan uit. Of as jy in die binneland bly, klim 'n heuwel uit waar jy ver en
wyd kan kyk. En daar weg van almal af, onthou jy dalk weer jou perspektief. Skryf dan neer die doel van jou lewe. Skryf
neer jou drome en ambisie. Ons kom te min tot stilstand om die breër prentjie van ons lewe te waardeer en bedink. · Moenie
jou tyd mors met mense wat jy nooit tevrede kan stel
nie. Sulke mense is uitputtend en emosioneel afbrekend. Werk en leef saam met mense waarvan jy hou en goed mee klaarkom. Omring
jou met positiewe mense. · Eet 'n goeie gesonde en gebalanseerde ete. Ons spoed voort en is besig en het nie altyd tyd vir 'n goeie gesonde
ete nie. Mak tyd om 'n slag weer 'n ordentlike gesonde bord kos te eet. · Bêre
jou woede en skuif dit weg. Ja, die lewe is vol frustrasie, maar sommige mense het die gewoonte om elke dag kwaad te word.
Mense wat voortdurend kwaad is vir alles en almal versuur die lewe. Sulke mense kan nooit gelukkig wees nie. Sien
die goeie in 'n situasie, lag vir jouself en waardeer die genade om te kan lewe
en lief te hê. · Maak 'n tyd om weer intens Bybel te lees en te bid. ANNA Eksteen se DROËVRUGTESLAAI. Week
1kg gemengde droëvrugte vir ‘n uur in kouewater. Kook die vrugte tot sag en laat afkoel en sny in stukke. Maak
intussen ‘n slaaisous deur 1 klein blikkie Ingedampte melk styf te klits, Vou ‘n blikkie kondensmelk by die melk
in, en roer dan 125ml asyn, 125 ml olie en 15ml aangemaakte mosterd by. Laat staan om dik te word. Sny
8 piesangs in skywe. Pak nou ‘n laag vrugte, ‘n laag piesangs ‘n lag gekapte
neute ‘n laag sous en herhaal tot bak vol is. Bedien koud. Droëvrugte kan soms duur wees
maar die slaai is vullend en met so ‘n bak kom mens ver  Nog
'n Sprankie gedagte vir hierdie dag: "My bedoeling was om jou advies te gee, maar ek onthou nou hoeveel ongebruikte raad van laasjaar is nog oor." - George Harris – 
23 Julie Op 21 Julie, lui die foon op 'n gewone manier, maar
die boodskap is die ongewone, gewone een, oor dood. Daardie doodgewone ding wat met ons almal moet gebeur maar wat ons nie
antisipeer of graag oor wil praat nie. Dan onverwags-skielik staan jy by die draai in die pad of die vurk wat beide kante
toe lei, reg voor jou. Dan weet jy hierdie roete is onafwendbaar, onveranderbaar en onuitskuifbaar. Nie net 'n hoë hek
waaroor jy moet kom nie maar 'n groot en wyd ope een waardeur jy moet gaan. Soms is jy in die prosessie, op 'n dag word ander
deel van jou prosessie. En of hierdie proses jou eie is, en of jy dit saam met familie, vriende of kennisse, meeloop, begeleid
tot voor die laaste tree, jou treë, gaan onafwendbaar alleen daardeur. So ook is die gedagtes en verwerking van die dood
van 'n bekende dierbare, jou eie innerlike alleen en rou-pad. My innige simpatie dus vandag, aan
almal wat 'n dierbare verloor het, en my hulde aan elkeen wat ons vooruitgegaan het, elkeen wat soos 'n ware Seder maar net
altyd daar was, en vir wie mens skielik verskriklik veel gaan mis! En laat ons weet, wanneer dit ons beurt word, ons veilig,
in die palm van Sy Hand bly! [foto,met liefde vir Oom H.] Skryf iemand nou die dag aan my en noem my 'n Apologeet. Wel,
ek sou nie selwers gedink het om my (o.a.) so te beskryf nie, so navorsing - bo en behalwe die woordeboek- was dus natuurlik
vanselfsprekend! apologeet N: 'n persoon wat beweer
om te verdedig of 'n beleid / instelling regverdig; "'n apologeet vir lewensvreugde" [syn: (verdediger), (regverdig)] Ek haal ook
graag die volgende -iewers raakgelees- bron onbekend, aan: "Vandaag is er meer behoefte
aan apologeten dan ooit te voren. Veel mensen laten zich overwelmen door allerlei verzinsels en geloven oprecht dat ze gelijk hebben wanneer ze zeggen
dat het geloof ook maar een verzinsel is. Aan de apologeet de
mooie taak om aan te tonen dat een christen niet dom of verward is als hij/zij zegt in Jezus te geloven." Op die werf "Apologete vra nie verskoning nie" staan daar ook: Mens kan maklik die woorde "apologeet" , "apologie" en "apologetiek "verkeerd
verstaan. Apologize" het oorspronklik beteken: "Om ‘n rede te
gee vir jou gedrag of standpunt." Of om van ‘n ander webblad af aan te haal wat dit beteken: Apologetics is derived from the Greek word (apologia) meaning "defense" or "answer."
Apologetics is giving a reason for the hope of Christianity and a defense of the gospel. Because of the identity of Christians
with the One true God, the Christian worldview is antithetical with the world of unbelievers who hate their Maker and thus
Christianity as well. Christian apologetics serves its Creator by affirming Him as the basis and purpose of rationality before
men, and showing that the basis of other worldviews cannot account for the reality they live in. The goal of reformed apologetics
is to defend the gospel from the wisdom of the world by silencing its foolishness and offering the only possible interpretation
of reality in light and hope of Jesus Christ. Daar het ons dit: Apologetiek het
niks te doen met verskoning vra nie. As jy verstaan wat en waarom jy glo, kan jy ‘n apologeet wees, ofte wel, jou redes
gee vir wat jy glo. En waarom gee ek redes? Want die hart kan nie bly wees oor iets as die verstand dit verwerp nie. (Retha) C.S. Lewis het hieroor geskryf: I believe in Christianity
as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else. En Salomon Ibn Gabirol het geskryf: There are those who know not
and know not that they know not They are fools-shun
them There are those who know not and know that they know not They are children- teach them There are those who know and know not that they
know They are asleep- wake them There
are those who know and know that they know They are wise- follow them En my eie woorde hieroor:  Apologeet. soos Aristides se apologie-geskrif naas 'n braambos oorblyfsel in 1889 tussen mure in die koel Catharinaklooster in Sinai so wag my geskrif op leesbaarheid die deurblaai daarvan deur jou oë en met jou vingers wat troeteling daaroor uitgiet soos salwende olie so wag my bepeinsing op joune in repliek antwoord - soos Aristides staan ek in hierdie verligte eeu ook wagtend op jou ware apologie in erkenning van myne want ons tekste lê op soveel terreine al het die Sinai-wind ons s'n onwetend weggewaai - so sê
my, Herken jy ooit vir Aristides -al is sy geskrif in 'n Siriese vertaling
behou- in my woorde as jy weer alleen op skoongewaaide klipgebergtes
staan die opkomende son agter jou soos heuning uitgegiet - herken
jy myne dán nog want ek ek verdien ook jou begrip soos hy al is myne in Afrikaans. (die uwe, 20 Julie 2010) Nou iets ligters! Anna Eksteen
het met my die volgende lekker en maklike resepte gedeel, onthou om op die RESEPTE blad te gaan loer na haar wye verskeidenheid
E-Resepte-boeke, gaan skaf gerus vir jou en jou vriende 'n paar daar aan! Dit is waarlik waarde vir geld! LIP-AFLEK KAASPAMPOEN 4 groot skywe pampoen, ongeskil 90ml bruinsuiker 60ml botter 100g grondbone 1 vanielje peul in
lengte verdeel en dan gehalveer 125g bloukaas, gekrummel Verhit
'n swart platboompot. Braai die pampoen in die suiker, botter en vanielje stadig tot dit deurskynend en sag is. Gebruik 'n
eierspaan om die pampoen om te keer - dit moet heel bly. Voeg grondbone en bloukaas by. Sodra die kaas gesmelt is, verwyder
die pampoen van die vuur of stoof en bedien warm. Lewer 4 porsies. VIS EN TJIPS 6 porsies bevrore stokvisfilette 120g koekmeel 1 eiergeel 90ml bier 1ml sout 45ml melk,
gemeng met 30 ml koue water 2 eierwitte sowat 600 ml sonneblomolie
om vis in te braai Sit die koekmeel in 'n mengbak. Maak 'n holte in die middel van die meel.
Gooi die eiergeel, bier en sout in die middel van die holte. Meng baie goed. Ek gebruik gewoonlik 'n ballonklitser, dis die
een wat sjefs gebruik. Maak seker dat daar geen klonte is nie. Voeg die melkwater geleidelik by en meng tot glad. Maak die
bak met 'n vadoek toe en laat die beslag vir minstens 30 minute rus. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Vou nou die
geklopte eierwitte versigtig by die beslag in. Verhit die olie in ‘n kastrol. Doop 2 tot 3 visfilette in die beslag
en wanneer dit goed bedek is, sit dit versigtig in die warm olie. Braai die vis sowat 4 tot 5 minute aan weerskante. Haal
versigtig uit die warm olie. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die res van die vis. Sit voor saam met tjips. En so van Tjips gepraat : SIMBA TJIPS GEREG 4 eetlepels
botter 3 eetlepels koekmeel 375ml warm melk 250ml ham 2 x 375ml gekrummelde skyfies 375ml gerasperde kaas Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies
by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met kaas en skyfies gemeng
en bak 15-20 minute. WORSIE EN KAASGEBAK 450ml gesnyde macaroni 50ml botter of margarien 1 klein ui, fyn gekap 1 groen soetrissie,
fyn gekap 1 pakkie sampioenroomsoppoeier 575ml koue melk 250ml gerasperde Cheddarkaas 1ml vars gemaalde swartpeper 50ml droë broodkrummels 3 gaar beesworsies 10ml aangemaakte
mosterd 37.5ml Parmesaan kaas, gerasper Voorverhit die oond tot 180C. Kook
die macaroni gewoonweg tot gaar en dreineer dit. Spoel dit met warm water af en hou dit warm. Verhit die botter of margarien
in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie ongeveer 5 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer die soppoeier
vinnig by. Roer die melk geleidelik by en verhit dit tot kookpunt. Laat dit 10-15 minute lank prut totdat die sous dik is.
Roer dit voortdurend. Roer die Cheddarkaas en die peper by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer die macaroni by
die sous en skep dit uit in ‘n gesmeerde oondskottel. Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit 20-25 minute op die
middelste oondrak. Voorverhit die roosterelement van die oond sodra die macaroni kaasgebak uit die oond gehaal word. Halveer
die gaar worsies in die helfte sodat daar 6 helftes is. Smeer die worsies met die mosterd. Rangskik die gaar worsies soos
die speke van ‘n wiel op die macaroni kaasgebak. Strooi die Parmesaankaas bo-oor en verhit die gereg in die voorverhitte
oond totdat die kaas gesmelt het. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe RYSROERBRAAI
MET TUNA 45ml olie 1 eier, geklits 10ml water 2 knoffelhuisies, gekneus 3 stingeluie, fyn gekap 2 blikke (175g elk) tuna in water, gedreineer 750ml gaar rys 20ml vissous 30ml sojasous 250ml koljanderblare ¼ pynappel, in klein blokkies gesny (opsioneel) 1 klein komkommer, in blokkies gesny; brandrissiesous om voor te sit Verhit
'n klein bietjie van die olie in 'n groot braaipan of wok, meng die eier en water saam en giet in die pan, verhit tot gestol
en skep uit. Rol die eieromelet op en sny in dun repe; hou eenkant vir garnering. Verhit die res van die olie en braai die
knoffel, stingel-uie en tuna 'n paar minute. Roer die rys by en roerbraai tot deurwarm. Meng die souse by die rysmengsel in
en sprinkel die koljander en eierrepies oor. Sit voor met die gekapte pynappel, komkommer en brandrissiesous. Lewer 4 porsies. En laastens! Leseres, Tertia, skryf: Eerste besoek, lekker gelees en geleer. Ek
is opsoek na ‘n "flan deeg" die pan het ek geërf maar sukkel om die regte resep te kry. Sal baie bly
wees as ek die resep kan kry die bakpan vorm is soos die ingevoerde klaar gebakte flans. Vir eers dankie. Wel vriendin, daarvoor is SO MAAK MENS mos hier, om jou graag te help! Nou, eerstens, word FLAN as 'n Franse nagereg bestempel, maar die Viëtnamese , Meksikane, Spanjaarde en Engelse maak
net so sterk daarop aanspraak as deel van hul kulinêre erfenis! So kom ons stry nie daaroor nie, wat ons wel vir 'n
feit weet is dat dit so ver terug dateer as antieke Rome! Tydens die Romeinse tyd is hoenders as eier-lê'ers (!!)
aangehou, en met die eier-surplus moes verwerkings tegnieke ontwikkel word! Hoe ken ons die Romeine!! Wel die bekendste vla-konkoksie was die geboorte van wat ons vandag die FLAN noem! - in soverre my geskiedenis
les vir vandag strek! Byvoegend moet ek ook egter sê, dit was oorspronklik 'n sout gereg, nie soet nie, maar aromaties
en "pleasing to the palate". Na die val van die Romeinse Ryk - ag ja wat, laat
ons aangaan met die geskiedenis, dis heel indrukwekkend! - het die FLAN die barbaarse invalle ook oorleef maar daarna egter
as SOET gereg na die oppervlak beweeg, maar die basis om eiers en room te gebruik om ‘n vla te verkry, het dieselfde
gebly. Ons woord FLAN kom van die Latynse "flado" (wat plat koek
beteken) en daarna "flaon" in ou Frans geword het...Wel ek praat nie Latyns of Frans nie so of dit waar is weet
ek nie!! Interesant egter is dat die Spaanse en Meksikaners, FLAN - of gebakte vla weergawes- vandag tot die mees buitengewone
geregte omtower het! England, met sy liefde vir pasteikorse, het
egter ‘n eiesoortige FLAN ontwikkel. En ek dink dis waarna Tersia eintlik opsoek is! En raai wat? Ons eige tradisionele
MELKTERT is eintlik 'n FLAN-wenner!! Kan jul dit glo! Gebakte vla, word gewoonlik
in 'n waterbad of BAIN MARIE gebak ( gaan kyk op die GISTER... bladsy heel aan die begin is hieroor berig!). MEKSIKAANSE FLAN 1 ½ kp suiker 6
groot eiers 1 blikkie kondensmelk 2 blikkies Ingedampte melk 1 tl vanilla Voorverhit oond tot 160º C Jy sal
6 ramekins of ander Flan-bakkies en 'n groot oondpan benodig waarin jy dit in water, vir die bak daarvan kan plaas. Gooi 1 kp suiker in 'n warm kastrol oor medium hitte, en roer deurentyd tot die suiker karmeliseer,
gooi vinnig 2-3 ETL hiervan in elke bakkie, bedek kant van bakkie ook as jy kan. Klits nou
die eiers, meng die melk stadig by en dan die ½ kp suiker en vanilla tot 'n gladde dun vla-tekstuur. Skink dit
bo oor die karamel in die bakkies, plaas die bakkies in die oondbak / Bain Marie, en vul die bak met sowat 1-2 duim
water. Bak vir 45 minute in die waterbad. Toets met 'n mes reg langs die middel van elke bakkie as dit skoon uitkom is dit
gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel, verkil vir nog sowat 1 uur in yskas, keer uit en Voila!! Die Basiese SPAANSE FLAN gebruik ¾ kp
suiker, 1 blik ingedampte melk, 1
½ kp volroom melk, 4 groot eiers en 1 tl vanilla Metode: Dieselfde as die hierbo. TAIWANESE GEBAKTE VLA MET KARAMELSOUS. Karamelsous: Vir elke 3 eetlepels suiker, Voeg 1 teelepel
water by. Kook saam tot ‘n goue stroop gooi die warm karamelsous in 'n "vorm". Die karamel moet verhard
wanneer dit afkoel. Vla: 6 eiers 500g vars melk-of room 150g suiker 1 teelepel vanielje-ekstrak Meng eiers, suiker, melk en vanielje. Gooi mengsel in voorbereide vorm
oor die harde Karamelsous. Stoom oor hoë hitte vir 5-10 min. Skakel die hitte af en laat die flan afkoel in die
waterbad tot kamertemperatuur. Let wel: Moenie die eiers klits nie, Minder geroer gee 'n gladder tekstuur flan.
Die stoom tyd hang af van die grootte van die vorm wat gebruik word. Die hoof idee is om die flan ½ - ¾ gaar
te laat stoom en hitte oordrag die res van die werk te laat doen. Oor-stoom sal 'n negatiewe invloed op die tekstuur
hê. Wanneer afgekoel keer uit sodat die gesmelte Karamelsous bo-oor uitloop. Variasies: *Sitrus Vla: Voeg fyn gerasperde lemoenskil by. ** Kokos Vla: Gebruik
kokosmelk in die plek van melk (of ½ kokosmelk, ½ melk) *** Koffie Vla: Vervang deel van die melk met koffie
(hoeveelheid hang af van jou smaak) Flan bakke is gewoonlik van glas, pyrex, porselein, vlekvrye staal en nou ook al in sagte silikoon vorms beskikbaar!  Engelse FLAN'S met die kenmerkende skilferkorse, het egter ‘n swaar metaal pan met kepige kante nodig. Ek dink
dis die een wat Tersia ge-erf het! Om eerlik te wees, hierdie weergawes van die FLAN
is vir my eintlik maar dieselfde as 'n gewone quiche of souttert! ANNA seg egter : Die verskil tussen 'n quiche en 'n souttert is dat 'n quiche 'n soutige eiervla-mengsel as basis het, terwyl 'n souttert
enige ander stysel soos mielieblom of meel as basis kan hê, met of sonder 'n eier om die mengsel te bind. ANNA se MAKLIKE TERTKORS 475ml volkoringmeel 15ml bakpoeier 3ml sout 75ml margarien, gesmelt 150ml melk Meng al die bestanddele en knie dit goed. Druk dit in gesmeerde tertbord
en laat dit 30 minute lank staan. Prik die kors en bak dit 10 minute lank in ‘n voorafverhitte oond van 200C. Alternatiewelik
kan ‘n vulsel op die rou kors geskep word. Stel dan die temperatuur na 10 minute na 180C en bak die tert totdat die
vulsel gaar is. ANNA se SOET TERTKORS 12.5ml margarien 1 eier, geklits 250ml volkoringmeel 10ml bakpoeier knippie sout 37.5ml
suiker 50ml melk Room die margarien en voeg die geklitste eier by.
Meng die volkoringmeel, bakpoeier, sout en suiker. Voeg dit by die eiermengsel en meng goed. Voeg die melk by en meng tot
‘n smeerbare deeg. Smeer die deeg in ‘n gesmeerde tertbord. Bak dit 10-15 minute lank in ‘n voorverhitte
oond by 190C. As dit saam met die vulsel gebak word, stel die temperatuur na 10-15 minute laer na 160C, en bak dit tot die
vulsel gestol het, afhangende van die tipe van vulsel. My SNOWFLAKE
resep: Soet Flan-deeg: 250 ml koekmeel 2 ml sout 65 ml stroosuiker 60 g botter 2 eier gele 2 ml vanilla Sif die meel en sout saam. Voeg suiker
by en vryf die botter in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die
eiergele en vanilla by en knie tot 'n stywe ferm gladde deeg. Die elektriese menger werk baie goed want die deeg moet
goed tot 'n fyn en bros kors geknie word. Op 'n meelbestrooide oppervlak, rol die deeg nou
uit tot sowat 3 mm dikte. Voer die losboom ( party het) FLAN bak daarmee, en verkoel vir sowat 1 uur in yskas. Prik die basis
en bak blind (plaas waspapier bo-oor deeg en vul bak met droë bone) in 'n 190 º C voorverhitte oond vir sowat 10
minute .Verwyder die waspapier en bone en bak nog 'n verdere 5 minute tot gaar en lig goudbruin. Laat in pan afkoel, keer
uit en vul met vulsel van jou keuse. Dit kan 'n soet of sout vulsel wees! Probeer hiervoor gerus ANNA se ANSJOVIS-EN-UIE vulsel 125ml olyfolie 5 uie, in dun skywe gesny 1 knoffelhuisie, gekneus 100g beleë cheddarkaas, gerasper 4 eiers, liggies geklits 250ml room 10ml gekapte vars kruie soos tiemie, oreganum of pietersielie 60g ansjovisfilette, gedreineer Verhit olie in 'n swaarboompan. Voeg die ui en knoffel
by. Bedek en laat 10-15 minute prut totdat die ui sag en goudbruin is. Roer af en toe. Verwyder van hitte en plaas ui in vergietes
om te dreineer vir ongeveer 5 minute. Meng die gedreineerde ui en knoffel, kaas, eiers, room en gekapte kruie saam. Geur na
smaak met sout en peper en giet vulsel in warm voorbereide kors. Sny die ansjovisfilette in lang dun repe en plaas die repe
oorkruis bo-oor die vulsel, om 'n traliewerkpatroon te vorm. Bak die tert in 'n voorverhitte oond teen 180C vir ongeveer 40
minute totdat die vulsel gestol en ligbruin van kleur is. OF haar HADDOCK- VULSEL 50g margarien 25ml meel knippie sout 15ml maizena 500ml melk 250ml kaas 1 gekapte hardgekookte eier 375ml gaar gevlokte vis 1 geklitste eier Maak witsous met margarien,
meel, sout, maizena en melk. Voeg res van bestandele by en meng goed. Skep in kors en bak
vir 30 minute by 180C.  HULETTS Se FLAN-RESEP (-amper nader aan 'n gewone sponskoek -kors.) 2 eiers 2 Etl (30 ml) meelblom goed gesif Knippie sout 2 Etl witsuiker 2 tl bakpoeier Klits die eiers en suiker saam. Voeg die meel en bakpoeier by, giet 'n 'n gesmeerde FLAN-bak, rn bak vir 8 minute
by 220º C. As jy die FLAN bak gebruik wat m.a.w. 'n holte binne
so maak as jy dit uitkeer, kan jy holte nou vul met enige van die volgende: Karamel
en piesangs, aarbeie en room, gaar vla en perskes of enige vars vrugtelsaai met room! OF enige
sout vulsel van jou keuse, 'n spinasie of Feta, een of 'n Snoek en aartappel vulsel... ...en net so vir die variasie op dieselfde
tema : 'n regte QUICHE resep ook! Die "deeg" word as't ware bo-oor die vulsel gegooi en deur gebak,
anders as by die fLAN wat sy vulsel op die kors kry! Dis als in die metode, newwer-maaind of dit Quiche of Flan heet!! ANNA se "PERKY" MEXICAN QUICHE 1 rooi ui,
gekap 10ml droë hoenderaftrekselpoeier 3ml kerriepoeier 15ml soetrissiesous 1 pak gevriesde Mexican Mix groentemengsel 4 eiers 400ml vars room 125ml cheddarkaas,
gerasper 125ml fetakaas, gekrummel 30ml sprietuie, opgekap paprika Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n
quiche bak. Braai die ui tot net sag in ‘n groot kleefvrye braaipan. Gooi die hoenderaftrekselpoeier, kerriepoeier en
soetrissiesous by. Meng goed en gooi dan die Mexican Mix groentemengsel by. Kook 2-3 minute. Plaas die groentemengsel in die
quichebak. Klits die eiers, melk, kase en sprietuie saam in ‘n ander bak. Giet die mengsel oor die groente. Besprinkel
met paprika. Bak vir 35 minute.  Waarom sing voëls? Voëls sing nie omdat hul 'n antwoord het nie.
Hulle sing, omdat hul 'n lied het! Anoniem
16 Julie Alweer 'n week verby! Waarheen hardloop die dae! Maar my
week was dol en ek moet eers "brag"!! Ek het gister my handstut gekry en tik ek nou vir die eerste keer in seker
15 jaar met al my vingers!! Kan ook weer 'n skêr vashou en daarmee knip! En breipenne sonder dat dit lyk of ek nie
weet waar die voor of agter of beginpunt is nie! Ek voel soos 'n graad eentjie wat vir die eerste keer dit regkry om op lyntjiespapier
te skryf en dit uit te knip! Nou sal die bank my nie meer hoef te bel en te vra: Mevr het jy hierdie tjek geteken nie-
vanweë die slordige onleesbaarheid daarvan- nie! Nee! nou sal hul vra: Mevr!! Wie skryf nou so netjies, is
jou tjek nie dalk gegaps nie!! Yess!! Oeps! Jaaa!!  Dit lyk heel woes om my pen ondanks die kontrepsie, normaal vas te hou, maar ek kanletterlik weer leesbaar skryf!! Jul kan nie glo hoe gewoond
ek was om met beperkte funksie aan te kon pas nie, maar nou!! (En verskoon vir vandag al die uitroeptekens!!) Om
'n teelepel gewoon op te tel en te roer! Ek kan tot 'n bottelprop afdraai! Maar ek kan nou glad nie aartappels skil
nie die messie hak aan die stut vas so ek sal 'n nuwe plan ontwerp of skillertjie gebruik of bloot net nie meer aartappels
skil nie! Bevrydend nie waar! Om my naellak en oorlog-verf alias, my "damage-control" met
die regter hand te kan doen is wonderlik!!-sonder om 'n vinger in die oog te kry! Omdat my linkerhand
soveel van die regterhand se funksies oorgeneem het, het ek werklik my rigting orientasie ook al ingeboet en as jy skielik
seg draai regs of links, is albei vir my links! Nou kan ek weer weet wat is regs sonder om te kyk aan watter kant my horlosie
sit!! Is dit nou nie groots nie! Tandeborsel is ewe maklik behalwe die ding mag dalk nat word en dit wil ek nou nie, so ek
hoef darem nie tot daardie uiterstes te gaan nie! Ha-ha, partydinge sal ek beslis sonder die dingetjie doen glo my, want my
haastige geaardheid sal my wel noop om soms die stut nie aan te gespe nie... Wat ek eintlik probeer
sê is: Moenie moed opgee nie, iewers loop jy altyd iets raak om jou te help in jou eie situasie!! Dank aan my Hemelse
Pappa-God!! Ek's 'n regte goudgat-witbroodjie vandag! 'n Leser skryf : Goeie dag. Ek het sommer op die Netwerk rondgekrap,
vir moontlike hulp en raad vir my hardlywigheid of PDS. Jitte ek sukkel met daardie aspek in my lewe. wat kan
mens doen om dit te verbeter. Ek drink baie water, gebruik geen alkohol, rook nie, moet se ek het so bietjie slap gele met
oefening, maar dis mos nou winter, maar hierdie ou derm pla maar baie. wens ek kon ook soos normales gaan sit
en ontslae raak van al die gifstowwe in my kolon. maar dit gebeur nie. Het medikasie by dokter gekry, maar ai,
ek en medikasie is nie regtig maats nie. Wat is 'n natuurlike produk wat geen newe effekte het nie.  Ek help graag, want almal, kry op 'n tyd hiermee te doen! Ek het self ervaring daarvan, en vandag is ek, deur
Genade, gesond! Dit is 'n sensitiewe onderwerp, maar ons is almal mos mooi groot! My beste persoonlike
raad vir ʼn Spastiese kolon is om heelwat water of baie rooibos te drink, warm, melkloos,
met bietjie heuning en 'n skeutjie suurlemoensap, of yskoud-koud, met heuning, roosmaryn , sitroengras of peppermint
blare en skeutjie suurlemoen! Elke aand 4-5 pruimedante in 'n glasie water te sit en dit soggens
voor of saam ontbyt te eet. Net tot jou maagfunksie gestabiliseer het . Ek eet ook amper elke dag beet! Op enige manier! Dis
wonderlik teen hardlywigheid. Droë pere ook, maar dis 'n vinnige metode want pere elke dag maak 'n maag te sag. Groen tee is ook goed teen hardlywigheid maar dis vir my effe sleg en weliswaar weet ek nie of dit jou derm
dalk “luier” maak soos ander lakseermiddels nie. Lakseermiddels werk
wel vinniger maar dit vorm later 'n bose ongesonde kringloop. Dit vat so 3 dae om 'n gereelde patroon vas te stel as jy reg
eet, so ek glo in reg eet! Vir daardie eenmalige krisis werk gliserien setpille van Lennons ook effektief genoeg om moed te
kan hou tot jou regte eetpatroon inskop. Jy moet strewe na 'n daaglikse vasgestelde patroon min of meer op dieselfde tyd en
min of meer dieselfde “consistency”. Die dat hul SK o.a. diagnoseer met die wissellende hardlywigheid en diarree
aanvalle, want dis nie hoe dit behoort te wees nie. En moenie uitstel nie. As jy behoefte het gaan want om terug te hou is
om die hardlywigheid te vererger. Jy weet mos, as mens langpad vat dan is jy die volgende dag sommer goor met almal! Moenie
peusel aan alles as jul langpad vat nie behalwe aan die regte goed en los die gaskoeldrank drink water oppad. Of Rooibos! Dan gebruik ek ook elke dag ongegeurde jogurt of Kefir, en as ek nie het nie, drink ek daagliks
net saans 2 probiotika pille. Die goedkoopste een is die 4-Strain Probiflora in die blou houertjie. Vir die dae wat jy skielik
diarree ontwikkel, sluk ek 5 hiervan! Glo my dit werk. Lees gerus hul pamfletjie dis vol goeie raad en info. Indien
ek baie pyn ondervind- en ek MAG DIT NIE EINTLIK SKRYF NIE!!! WANT EK IS NIE ‘N APTEKER OF DOKTER NIE!! drink ek eenmalig
of uiters 2 keer per dag vir slegs een of maksimum 2 dae, 2 Millerspas of Librax of Colofac pilletjies afhangende waar die
pyn is, en sorg dat ek dadelik genoeg water drink om gifstowwe uit te kry en poog dan dadelik om my dieet weer op koers te
kry! Die gewone Entrens druppels en Peppermint druppels van Lennon is uiters sleg maar goedkoop en dit help ook! Daaglikse
stap is ononderhandelbaar! Dit verlig stress, maak jou soepel en hou die kwale op hul plek! Suiker, alkohol en
rook moet vermy word sover moontlik, en ek gebruik soos gesê heuning i.p.v. suiker. Dan, al seg almal kry baie vesel is, ja dit is so jy het dit nodig, maar dit moet baie stelselmatig geskied! - want
het ek gevind, dit maak die ongemak erger en ek sit dus vesel merendeels in my dieet op die volgende maniere: saad of bruinbrood,
veselryke groentes soos o.a. lemoenpampoentjies en ek eet baie vars vrugte en groente. Veral piesangs! Dit het baie magnesium
en dit help teen krampe en winderigheid en sooibrand ...ryp piesangs (nie pap) is die beste. Gerasperde appel met skil en
al gerasper, en gelaat vir 'n rukkie om bruin te kleur vanweë die oksidasie proses voor jy dit eet, is ook uiters
gesond en elke aand voor slapenstyd 'n wonderkuur! Los maar die appelasyn rate... (Jammer
vir die op wie se tone ek nou trap maar hoe kan al die oormatige sure vir 'n reeds sensitiewe ingewande goed wees?
My oupa se wagwoord –een daarvan- was matigheid...) Verder eet ek bitter
min olierige of ryk kosse, en is slap-tjips NET vir die nou en dan se uiteet!! Dit geld ook Hamburgers en daardie goed, witbrood,
wit pasta en wit van alles behalwe gesonde aartappels in velletjie gekook, beperk ek ook. Ek kou ook graag baie rou pietersielie en gebruik graag tiemie en borrie in kos. Kerrie is mos trooskos maar kies 'n matige een en gebruik eerder marsala vir geur as sterk gekruide soorte kerries. Vermy gis en “Yeast-pille” vermy enigiets wat Candida groei in die derms kan bevorder. Nou
as dit nie help nie moet jy weer na 'n dokter! Onthou om PDS of SK te help is 'n lewenslange leefwyse en nie net wanneer dit
toeslaan nie, vir daardie akute tye gebruik ek medikasie maar as jy meestal reg leef dan word die simptome soveel draagliker
! Hier volg ook 'n paar mediese kundiges se advies ! (Die beste Via die
internet!) Hulle seg, en EK HAAL AAN: ʼn Spasties kolon is een van die mees algemene gastro-enteritiese siektes. Dié siekte neig daartoe om
chronies van aard te wees. Meeste mense ondervind die siekte egter so gering dat hulle nooit ʼn dokter gaan spreek nie.
Algemene simptome van ʼn spastiese kolon sluit abdominale pyn, opgeblaaste gevoel,
slym in ontlasting en ongereelde vertering, soos diarree en hardlywigheid in. Die simptome hou verband met abnormale spiersametrekkings
van die ingewande. ʼn Spasties kolon beïnvloed egter nie lewensverwagting nie en mense begin gewoonlik simptome voor
die ouderdom van 30 ervaar.
Daar is geen definitiewe oorsaak van ʼn spastiese kolon nie. Stres en depressie,
rook, ooreet, laktose-intoleransie, die gebruik van morfien en kodeïen, hormoonveranderinge, te veel vet in die dieet
en suikervervanger mag moontlik ʼn spastiese kolon aanwakker.
Simptome verskil van mens na mens, wat hardlywigheid en diarree insluit, veral kort
na etes. Abdominale pyn of krampe kan voorkom, saam met ʼn opgeblaasde gevoel . In sommige gevalle mag naarheid en sooibrand
ook voorkom.
ʼn Spasties kolon het nie ʼn vasgestelde behandeling nie. Sekere kosse kan uit die dieet geskakel word, maar
ʼn dieetkundige sal moet vasstel watter kosse. Mens kan ook die hoeveelheid vesel in jou dieet vermeerder, aangesien meeste
mense nie voldoende vesel in hul dieet insluit nie. Vermeerder ook jou water-inname.
As dieetaanpassings nie help
nie, kan ʼn dokter ʼn middel voorskryf wat spysvertering aanwakker en pyn verlig. “Candida” is 'n term om ’n oormaat swam/fungus te beskryf. Wanneer iemand 'n
“candida probleem” beteken dit ‘n probleem met oormatige gis het. Daar word ook daarna verwys
as “Candida Albicans” of “Candida Yeast”. Baie mense loop dekades daarmee sonder om dit
aan te spreek of te verstaan dat hulle 'n candida probleem het. As Candida in die bloedstroom beland veroorsaak
dit allerlei siektes deur die liggaam.WAT VEROORSAAK CANDIDA?• 'n Dieet gelaai met verfynde koolhidrate •
Antibiotika • Stres • Oorerflikheid • Vel tot vel kontakHoe kan ’n oormaat candida in jou dermkanaal bydra tot siektes?1) 'n Oormaat van candida dra by tot die verswakking van die immuunsisteem2) Wanneer candida vermeerder word toksiene afgeskei wat in die liggaam opgeneem kan word3) Candida gis kan die bloedstroom infiltreer. Wat
is “PREBIOTIKA” en hoe skakel dit met bakterië en candida?“Prebiotika” is 'n tipe dieet aanvulling wat die goeie bakterië in jou derm kanaal “voed”. Dit werk soos “kompos” vir die mikroskopiese bakterië plante. Die goeie bakterië
“eet” en “vermeerder”. Dit opsigself is goed omdat die groei van goeie bakterië help om die slegte
bakterië in toom te hou. Soos om jou grasperk goeie kompos te gee sodat die gras kan bly groei
maar die onkruid uit te hou.Hoekom werk PROBIOTIKA nie altyd suksesvol
nie?Probiotika is die naam vir lewende bakterië wat per mond geneem word,
hetsy per kapsule, poeier of andermetode. Daar is letterlik honderde tipe probiotika op die mark vandag. Onthou jy het
(onder optimale kondisies) letterlik duisende stringe bakterië in jou dermkanaal wat triljoene opmaak. So hoeveel hulp kan 'n kapsule gevul
met 5 of 8 of 12 verskillende bakterië jou gee? Waar dit candida aanbetref gaan dit nie veel van hulp wees nie.BEHANDELING TANS BESKIKBAAR:Antifungus
produkteDit word of deur 'n dokter voorgeskryf of by 'n
gesondheidswinkel gekoop. Dit maak slegte en goeie bakterië dood. Dit kan jou dermkanaal so “stroop”
dat die slegte bakterië meer aggressief as tevore kan groei en aanteel.
Antifungus is ook hard op jou ander organe. Candida kan later muteer, wat die anti-fungus oneffektief laat.AntibiotikaVanselfsprekend is antibiotika vir sekere siektes
nodig en belangrik. Dit is gemaak om “onvriendelike bakterië of infeksies dood te maak wat in die liggaam
skuil. Antibiotika is egter nie kieskeurig watter tipe bakterië hulle doodmaak nie. Dit vernietig slegte
sowel as goeie bakterië. As daar voor die voet goeie bakterië uitgewis word, kan die fungus wat normaalweg
deur “goeie bakterië” onder beheer gehou word, skielik losgelaat word om na willekeur en
teen 'n ongelooflike spoed te reproduseer. Lees volgende keer jou antibiotika se voubiljet aandagtig deur!ProbiotikaWord gebruik om te help met die reprodusering van
goeie bakterië. Meeste bakterië wat in probiotika voorkom is nie aggresief genoeg teen candida nie en word vernietig
deur maagsure wanneer dit in die maag beland.’n Candida dieetBeperk jou streng tot groen groente, hoender en vis, wat sorg dat candida fungus nie gevoed word nie. Dit is ’n
baie streng dieët waarby min mense vir lang tye kan hou.Wat is “Candida Yeast Support” en waar kom dit vandaan?“Candida Yeast Support” is 'n produk gemaak van lewende bakterië. Lewende
bakterië word in 'n diep slaap geplaas deur dit vinnig te droogvries en in kapsules geplaas. Wanneer die
kapsule gesluk word, gaan dit in die maag en beland vandaar in jou dermkanaal waar die bakterië “wakker word”
en begin soek na die “slegte bakterië” om hulle dan onder beheer te bring. Die produk is ontwikkel in Amerika
deur Leeda McCabe in samewerking met ’n laboratorium. Leeda is enig in haar soort op die gebied van alternatiewe geneesmiddels.
Sy is ’n gesertifiseerde Kolon-, Suurstof-, en Hidroterapeut. Gis, swamme en fungus is haar vakgebied.Hoe werk “Candida Yeast Support” en hoekom is dit so effektief?“Candida Yeast Support” is Sinbiotika. Sinbiotika is 'n kombinasie van probiotika en prebiotika in 'n
enkel kapsule. Jy gee dus goeie bakterië vir jou liggaam en
“kompos” om jou bestaande goeie bakterië te help groei. Soos 'n dubbellem swaard. Dit is
die rede waarom die produk so effektief werk waar dit by candida probleme kom. Dit is gemaak van stringe bakterië
wat baie aggresief teen candida werk. Die uitsluitlike doel is om die goeie bakterië wat reeds in jou dermkanaal
is te “voed” wat dit laat muteer en die “slegte” bakterië uit te roei. Anders as in die meeste
probiotikas, word ’n spesiale laag om die kapsule geplaas, wat verhoed dat dit deur die maagsure beskadig word. Die
bakterië kom dan onbeskadig in die dermkanaal. Dooie bakterië beteken niks!Nog ‘n Definisie: Die kolon besit omringende senuwees wat veroorsaak dat die spiere saamtrek. Met 'n prikkelderm of spastiese kolon is die senuwees hipersensitief vir dinge soos kos, stres en emosies. Dié impulse veroorsaak dat die spiere sterk saamtrek. Dit veroorsaak krampe wat baie pynlik is. Hoe herken 'n mens dié toestand? 'n Mens ly dikwels aan winderigheid omdat te veel gas geproduseer word. Hardlywigheid of diarree kom ook voor. Die duurte en ernstigheidsgraad wissel. Faktore wat 'n spastiese kolon vererger: Stres weens emosionele en sosiale probleme, slegte slaapgewoontes en te veel werk. Dieet. Teken aan wanneer jy pyn ervaar om te probeer bepaal watter voedselsoorte dit vererger. Eet genoeg veselryke kos en semels as jy hardlywig is. Drink sowat 1,5 vloeistof per dag, verkieslik water. Indien jy pyn ervaar maar nie hardlywig is nie, vermy semels. Wat kan 'n mens doen om beter te voel? Vermy stres deur genoeg oefening te doen en te rus. Asemhalingsoefeninge en joga sal ook help. Raadpleeg 'n gesondheidswerker vir advies as simptome nie weggaan nie. Medisyne: Besoek die arts vir 'n voorskrif. Onthou irriterende lakseermiddels kan buikkrampe veroorsaak. Raad vir 'n spastiese
kolon“Spasties” of “pynlik” is terme wat algemeen gebruik
word vir die beskrywing van ’n problematiese kolon. Hoewel dit algemene terme is, kan geen mediese toetse of ondersoeke
hierdie toestand diagnoseer nie. Dus word staat gemaak op net die simptome om die toestand te diagnoseer.
Simptome ’n Diagnose word gemaak wanneer ’n pasiënt vir langer as
drie maande, drie van die onderstaande ses tipiese simptome ervaar:
• Abdominale pyn of ongemak
• Onreëlmatige dermfunksie (hardlywigheid, diarree
of afwisseld)
•
Buikswelling
•
Uitermatige winderigheid
• Slym in stoelgang
• Gevoel van onvoldoende dermledi- ging
Faktore wat simptome aanwakker
• Gastro-enteritis of ander infeksies
•
Stres (veroorsaak spasmas van die kolon)
• Dieet
• Medikasie (soos antibiotika)
• Hormoon wanbalans en -behandeling
•
Laktose intoleransie
Hoekom
is ’n gesonde kolon belangrik?
’n Ongesonde kolon is nie in staat om sy normale funksie
te verrig nie en dus ontstaan spasmas, wat die kolon se beweegbaarheid beïnvloed. Hipersensitiwiteit teenoor kos en selfs
allergieë kan dalk ontwikkel wat moontlik kan lei tot die simptome van ’n problematiese kolon.
Gereelde
dermbeweging help die liggaam om ontslae te raak van afval- en gifstowwe – daarom is ’n gesonde kolon belangrik
vir die handhawing van algemene gesondheid. Fisiese ongemak en spanning kan dus verhoed word deur ’n gesonde kolon te
handhaaf.
Hoe weet
ek…?
Hoe weet
ek of ek simptome van ’n problematiese kolon het? Indien jy die klassieke simptome soos buikswelling, abdominale ongemak
en pyn, gepaardgaande met konstipasie en/of diarree ervaar, kan jy moontlik aan ’n problematiese kolon lei.
Lei spanning
tot ’n spastiese kolon?
Ja, hoewel nie direk daarvoor verantwoordelik nie, kan spanning
die simptome aanwakker en selfs vererger. In talle gevalle voel mense ’n “knop op die maag” wat gevolg word
deur krampe en spasmas. Lyers kan ook die simptome ervaar tydens stresvolle tye, wat aandui dat stres ’n bydraende faktor
is.
Watter behandeling is die beste?
Hoewel verskillende behandelings beskikbaar is, is gevind dat tradisionele medikasie
net gedeeltelik suksesvol is. Vra jou dokter oor die beste medikasie. Een van die behandelings is Lp299v van NutriLida Healthcare,
wat die eerste klinies beproefde, natuurlike oplossing is wat bydra tot die verligting van tipiese simptome van ’n problematiese
kolon.
Dit bevorder normale gastro-intestinale funksie, verminder buikswelling, abdominale pyn en normaliseer die beweegbaarheid
in die dermkanaal. Omdat dit ’n natuurlike middel is, het dit geen middel-interaksies nie en kan dit dus saam met enige
ander medikasie gebruik word. Vir meer inligting, kan jy jou dokter oor die produk vra. 'n Dame op FB het gesê: Koop NORMACOL ( lees ma al die detail op boxie en binne in.....interessant) Drink dit MET WATER
in tye van kwaai hardlywigheid en winde. Wanneer erge diarree, eet dit saam met Yoghurt. Ek kan dit nie aanbeveel nie want ek het dit nog nooit gebruik nie. My MIMS seg hiervan : die aktiewe
bestandeel is STERCULIA, maar dit word teenaangewys vir ongediagnoseerde abdominale siektes, dit val ook in dieselfde groep
as lakseermiddels, en ek vra soos met ander “natuurlike” senna of agiolax ens. middels, ook omsigtigheid
hiermee!  Beste groete en sterkte !
8 Julie Die wind waai droë Blinkblaar-wag-'n-bietjie-blare herwaarts en derwaarts, en ek skuil vandag
binne in my oewerhuisie daarteen! Het 'n leser lank terug vir my gevra wat maak jy as jy lus voel om koek te bak en jy MAG NIE EIERS
gebruik nie? Wel, lees ek so pas in my nuwe tydskrif (Oe! Ek's 'n suigstokkie as dit
by tydskrifte kom!!) die volgende wenwenke raak: In SPONSKOEKE: vervang elke eier
deur 50 ml appelpuree plus 'n ekstra addisionele halwe tl bakpoeier .Voeg die puree by die botter en suiker en voeg dan by
die meel. In MUFFINS en VRUGTEBRODE: vervang elke eier deur 'n fyngedrukte klein piesang. In SOETKOEKIES: vervang
elke eier deur 50 ml melk en gebruik bruismeel pleks van gewone koekmeel. En vra RIEKIE my: Ek is op soek na lekker
versiersuiker resepte. Myne kom net nooit lekker uit nie. Wel Riekie, Ek is seker jy sal iets
uit die volgende kry wat jou kan help! SUPERWENK: As jy 'n koek se versiersuiker
te slap aangemaak het en jou versiersuiker is op, voeg bakpoeier of mielieblom by om dit stywer te maak. BASIESE BOTTERVERSIERSEL: Klop 140 g sagte botter tot romerig. Voeg 140 g versiersuiker by en klop tot glad. Voeg nog 140 g versiersuiker by en klop weer tot glad.Kleur met voedselkleursel by as jy wil.
“ROYAL ICING” is beslis die maklikste versiersuiker om mee
te werk. Al wat jy daarvoor benodig is eierwit en versiersuiker. Gebruik 'n menger en klits 1 eierwit saam met 200 g versiersuiker vir 5 minute. Voeg 'n skeut suurlemoensap by net
voor jy ophou klits. Verdubbel van die begin af indien jy meer versiersuiker
benodig. Indien jy nie alles gebruik nie kan jy dit in 'n lugdigte-houer in die
yskas vir later bêre. MELK- VERSIERSEL: 250 ml melk 90 ml koekmeelblom 275 ml suiker 250 ml botter 5 ml vanielje geursel sjokolade-vermicelli
om bo-oor te strooi Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n
gladde pasta. Bring die res van die melk saam met die suiker tot kookpunt. Roer gedurig. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed. Voeg by die warm melk
en kook oor lae hitte tot gaar en dik. Roer gedurig. Verroom
die botter tot sag. Voeg die vanieljegeursel by. Giet die melkmengsel
by en klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room. Koel af. Smeer ‘n bietjie van die versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek met die
res van die versiersel. Strooi ‘n bietjie vermicelli bo-oor. LEMOENVERSIERSUIKER 50 ml margarien 5 ml gerasperde lemoenskil 25 ml suurlemoensap 50 ml lemoensap versiersuiker knypie sout Meng bestanddele saam en versier koek daarmee. BAR-ONE-KOEKVERSIERSEL 240 g Bar-One sjokolade 80 ml room Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ´n glasbak saam met
die room. Verhit dit oor ´n kastrol met kookwater tot dit smelt. Roer nou en dan. Koel af en smeer oor koek. KOFFIE VERSIERSUIKER 115 g margarien 230 g versiersuiker 2 teelepels fyn kitskoffie 4 teelepels melk Sit dit tussen die koeklae en om die koek. Sprinkel ekstra gekapte okkerneute
oor. SITRUS-VERSIERING Maak 500g versiersuiker aan met die skil en sap van 1 lemoen en suurlemoen vir die versiering. GRONDBOONTJIEBOTTER –VERSIERING 500 ml versiersuiker, gesif 125 g roomkaas 30 ml grondboontjiebotter Meng die roomkaas en versiersuiker goed saam tot
glad en romerig. Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed. KARAMEL KONDENSMELK-VERSIERING Meng ipv botter die versiersuiker met 'n blik karamel
kondensmelk. Dit sit redelik op die koek wanneer dit warm word en droog nie so vinnig uit as jy wel die koek in die yskas
wil sit nie. MERINGUE-VERSIERING ¾ koppie Versiersuiker 1 eier wit 3 eetlepels water 1/8 tl kremetart ½ tl vanilla Knippie sout Vat n ‘double boiler ‘ pot en kook op hoog. Indien jy nie een het nie sal 2 potte op mekaar ook werk.
Gooi al die bestanddele saam en klop vir 7 minute. Kleur of geur soos jy wil. Dit sal stywerig word. Onthou dat dit hard word
soos dit op die koek is in die lug. SJOKOLADE-VERSIERSEL: 100 g goeie gehalte bittersjokolade in blokkies 100 ml
room Plaas room in 'n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat met 'n derde
indamp. Verwyder van hitte en roer sjokoladeblokkies by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar. GLACÉ VERSIERING: 1 k (150 g) versiersuiker 2 T (30 ml) warm water 2 t (10 ml) suurlemoensap Garnering: gedroogde mangostukkies of bosbessies Versiersuiker om bo-oor
te sif Sif die versiersuiker in ‘n medium grootte mengbak en plaas dit oor ‘n klein kastrolletjie
met kookwater. Roer die water en suurlemoensap by die versiersuiker, totdat dit verdik en die agterkant van die lepel bedek.
Gooi die versiering oor koek,druk mangostukkies of bessies daarin vas. Sif versiersuiker bo-oor en bedien. SJOKOLADE MOUSE (lekker by sjokolade koek as versiersuiker) 50 ml vla 50 ml Kakao 175 ml suiker - meng bogenoemde saam met bietjie melk van die 500 ml 500ml melk - kook die melk 15 ml gelatien 30ml kouewater - meng dit en hou eenkant 510 g Idealmelk Meng vla, kakao, suiker en voeg van 500 ml melk by Kook res van die melk
Gooi by vla mengsel, en gooi terug in kastrol en kook dit net op. Roer aanhoudend. Meng gelatien en kouewater
en laat staan om dik te word. Gooi dan die gelatien by melkmengsel. Roer to dit
opgelos is. Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel.  (Bronne: Facebook, E-Wêreld, My Anonieme resepte boek, Google,
RooiRose en Sarie.)
3 Julie Nou sien, in ons KAMMANUUS, “toer” ek deur die wêreld en plaas my eie weergawes
van elke land se gewildste resepte, ALA-RETHA natuurlik! Wel, jul moet weet dat ek daar NET een bladsy tot my beskikking
het, en dus nie alles wat lekker is daar kan plaas nie- TENSY ek natuurlik gevra word om meer! So
het Griekeland gekom en skaars in die posbusse beland of ek kry dadelik die boodskap: Hoekom is daar nie
‘n BAKLAVA resep by nie! En sommer skaars 'n halfuur daarna red Elsbeth my en skryf: Ek het die resep as
Retha dit nie het nie en ek gee dit graag, onthou net dat dit BAIE vet maak! Net daar besluit ek dat dít die rede moes wees dat ek dit nie self geplaas het nie- want iets wat vet maak...MOET
ek mos by verby-hou!! Nietemin, hoe kan ek egter anders as om die dekadente lekkerte NIE met jul te deel nie! Sy het dit beproef
en beveel dit dus sterk aan! Ek moet egter ook hierdie WENK gee: Eet
dit met 'n BALAKLAVA , sodat ander jou nie kan herken en sien HOEVEEL jy hiervan eet nie! Geniet dit!   ELSBETH se BAKLAVA! 12 phyllo-deeg velle. 1 ½
kp gesmelte botter 450 g fyn gekapte
Amandel / Pistachios / Pekanneute / Okkerneute of 'n mengsel van almal!! ½ kp droë broodkrummels ¼
kp suiker 1 tl kaneel ½ tl naeltjies Vir die STROOP 4 kp suiker 2 kp water Sap van een suurlemoen SO MAAK MENS: Plaas 1 deeg vel in 'n goed gesmeerde 9x13’’
oondbakpan en borsel bo-oor ook met botter. Plaas tweede vel bo-oor en smeer ook
met botter. Herhaal nou die gebotterde lae tot jy 6 velle bo-op mekaar het. Meng nou die neute,
broodkrummels, suiker, kaneel en naeltjies. Besprinkel nou die boonste gebotterde
deegvel goed hiermee, en volg op met nog 2 gebotterde deegvelle. Nou weer 'n goeie strooisel
van die neute mengsel, weer 2 velle, weer neute, en eindig met laaste 2 gebotterde deeg-velle. OF 6 lae gebotterde Phyllo, laag neutemengsel, weer 6 lae gebotterde Phyllo-velle. Smeer boonste laag ook goed met botter en sny kante netjies met skerp messie indien nodig. Sny nou diagonale snitte regoor en deur al die deeg-lae in die pan, om diamante te vorm. Sprinkel liggies bo-oor
met water. Bak in matige oond van 180º C vir omtrent 1 uur tot goudbruin. Maak intussen die stroop, deur die suiker, water en suurlemoensap te kook vir 10 minute. Gooi die warm stroop oor die gaar BAKLAVA. ('n Ligte strooisel kaneel kan ook nie skade doen nie!) Laat 'n paar ure staan voor bediening. Genoeg vir omtrent 30 mense. Ek het ook
al 'n variasie hiervan geëet met sowat ½ -1 kp korente of fyn gesnipperde appel of appelkoos en selfs sjokolade,
by die neute mengsel. Jy kan natuurlik dit ook in rolletjies voorberei deur 2 velle gebotterde
Phylodeeg, met 'n lagie neute mengsel oor, op te rol en in ewe groot rolletjies te sny, voor jy dit op 'n bakplaat bak.Of
in driehoekies, of as “pasteitjies” of in kolwyntjiedoppies... Probeer ook My stroopresep: 1 kp water 1 kp suiker ½ kp heuning 2 Etl suurlemoen of Lemoensap 1 kaneelstokkie

1 Julie 2010 !! Die MIDDEL van die jaar!! Die seisoen het onheroepelik
gedraai, die WINTER kom nie meer nie, dis met ons, om ons, in ons! Maar dit gaan amper verby! Die EINDE van die winter is
nou nader as die begin! Gaan maak 'n draai op die TUINBLADSY, vir raad wat om nou in die tuin te doen. En nou iets WARMS vir die laaste dae van Winter!! Kotie het gevra hoe mens  RRRRRRRRRRRRISSIES
inlê. Wel Kotie, SO MAAK MENS!  Mari Goosen se ingelegde rissie resep. Sy sê sy lê in, net soos beet of enige ander groente. 1
koppie suiker, 1 koppie asyn en 1 koppie water. Kook rissies (of groente) 'n rukkie daarin, net
tot dit deurwarm is, en bottel terwyl dit warm is.´n Bietjie suurlemoensap
kan ook bygevoeg word om kleur te behou. My piekel resep lees
so: Sowat 4-5 kg van wat jy wil inlê, RRRRRRRisssies, agurkies... Dis omtrent so 'n dosyn 340 ml heuning-grote, botteljies.
As daar van die asyn mengsel oorbly kan jy dit in die yskas hou en gebruik soos en wanneer jy asyn wil gebruik, en as dit
te min is, dan maak jy net nog 'n bietjie by! 3 x 750 ml
bottels asyn 1 bottel water 1/2 kp sout 1/2
kp suiker 1/2 pk pickling spice Kook bs. En gooi kokend oor agurkies / knoffel /
ander groente van keuse, wat styf in flesse gepak is. Groente kan effe opgekook of rou in
die skoon gesterilliseerde flesse gepak word. Bottel warm. Ek
draai die deksel dadelik op en keer dan die bottel dadelik onderstebo om die digtheid te verseker. En probeer ook gerus die volgende resepte van Helena Kruger van: “Resepte vir die Jongergeslag”  RISSIE BLATJANG Bestanddele 3 Uie 2 Knoffelhuisies 500 ml Opgesnyde brandrissies 250 ml Bruin asyn 750 ml Appelkooskonfyt 10 ml Kerriepoeier 5 ml Mosterdpoeier 5ml Gemaalde Gemmer 125ml soet rissie sous 5ml Sout Metode Skil die uie en knoffel
en sny dit in stukkies op. Maal dit saam met die brandrissies. Voeg die asyn by en kook vir 'n paar minute. Roer die res van die bestanddele by. Verhit dit stadig tot kookpunt. Prut ongeveer 30 minute lank tot dik. Roer gereeld. Bottel warm en verseël dadelik. Inmaak van
PEPPADEWS!! Stroop: 1 1/2 k Asyn.. 1 1/4 k Suiker.. 1k Water.. Paar gesnyde stukke
vars gemmer.. Paar knoffelhuisies.. 2t Peperkorrels.. Bay leaf of n suurlemoen blaar.. knippie sout.. 2 groen rissies.. Metode: Sny jou stingels af en haal die pitte mooi uit..Laat in n oplossing
van 4t Sout op 2k Water le oornag of n paar ure..Spoel more baie goed af en maak droog..Kook jou stroop vir so 5min. en gooi
dan jou Peppedews!!!by en kook weer 5min.. Nie pap nie nog styf. Pak dan jou bottels lekker styf in en gooi jou stroop bo
oor!!Pak bo op n knoffel stukkie en n gemmer stukkie net soos jy wil en verseel jou bottels baie goed..Laat dit vir so 2-3
weke staan of langer voor jy dit gebruik..Baie lekker hoe langer dit staan ..van myne staan al 3jaar!!! NS. Skud die bottel sodat die sous in die gaatjies kan inloop voor jy dit verseel en gooi dan nog sous by as dit
kort.. GEPIEKELDE BRANDRISSIES 600 g brandrissie 15 swartpeper korrels 5 lourierblare 2 eetlepels koljandersade of een eetlepel peperkorrels en een eetlepel mosterdsade 5 teelepels sout 6 eetlepels strooisuiker 1 liter wit asyn 1 eetlepel paprika 1 teelepel borrie Sny rissies oop en
verwyder sade - indien verkies- Gooi kookwater oor rissies en laat 1 minute staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels,
lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot suiker gesmelt is en terwyl nog warm, nie gekook,
gooi dit in fles. U kan dit ook deel in kleiner flessies soos u verkies. TAMATIE EN BRANDRISSIE KONFYT 1.2 kg suiker 1.2 kg ryp pruimtamaties en die lengte deurgesny 2-6 middelslag brandrissies
ontpit en in skyfies gesny 2 granny smith appels geskil en gerasper 2 cm stuk vars gemmer in kort repe gesny sap van 1 suurlemoen Plaas alles in groot bak en laat 20 min staan...gooi dan in groot kastrol...verhit stadig en roer tot suiker opgelos
is...prut stadig tot dikte van konfyt bereik het...roer af en toe....skep die skuim af terwyl dit prut...skep in flesse en
verseel onmiddelik. As jy nie rissie wil bygooi nie los net uit…  Voila!
|