VIR DIE EERSTE SEPTEMBER, het ek HIERDIE NUWE veranderings
aan die werfie aangebring! Ek hoop jul vind die gebruik daarvan makliker en dat jul lekker hier sal rondblaai!
’n WONDERLIKE LENTE-MAAND word jul toegewens!
HIERONDER, VOLG ALLE KOS EN RESEP VERWANTE NAVRAE, en KLETSPRAATJIES,
WAT SEDERT JANUARIE TOT EINDE AUGUSTUS GEPLAAS WAS…
STUKKIE
KLETS:
Die wind waai soos dit in
Augustus moet waai, en tussen in verlustig ek my in die windstil dae!!
'n Leser het gevra vir foto's van die resepte. Ek sou graag wou, maar hoe meer foto's hoe
stadiger laai die bladsy vir sommige ander lesers, die dat ek bietjie afgeskaal het daarmee. Vergewe toe?
Hier en daar net na opstaantyd het yswitkristalle aan die kampdraad gehang,
doodstil en stadig druppend op die eerste windstil Augustus dag. Julie se laaste week se woeste winde het die Augustus wind
gehalter en getem sodat vandag se verekroos losvlerk op die takke wip en hul hulself in die spieëlgladheid van die rivier
kan eien...
Hennie Coetzee skryf:
Hallo Retha. Hoop alles wel met jou en joune. Ek en my Verlangste bewandel genadiglik ook nog die ondermaanse maar ons verlang
na egte regte outydse slaptjips maar al wat ons kry is die moderne identiteitlose harde aartappelskyfies wat ver van slaptjips
verwyder is. Weet jy dalk hoe slaptjips gemaak was of was dit maar net omdat dit in papier toegedraai was?
Altyd lekker om van jou te hoor! Hennie, en Hoe lekker laat lag jy my nou!
Ja dit was seker die papier!! Die BESTE aartappels vir skyfies en wiggies is: Van der Plank
or Fianna. (Ovaal met ligte skilletjies, en die vlees roomwit.)
Die beste raad oor slapchips het ek een aand op TV gesien deur Ina Paarman! Hier is haar metode!
Beste VIS
en SKYFIES ooit!
Bier Beslag:
1 k (120 g) koekmeel
2
e (30 ml) maizena
1 t (5 ml) Ina Paarman’s
Seasoned Sea Salt
1 k (250 ml) bier of soda water
Sif droë bestanddele saam, Voeg die bier stadig by en
klop met draad “whisk” Moet nie te bekommerd wees oor ‘n paar klontjies nie dit word
gaar en verskaf tekstuur. Laat die beslag rus by kamertemperatuur vir sowat half uur voor gebruik.
VIS:
500 g
wit vis fillette, Ina Paarman’s Fish Spice, canola olie en die Bier beslag.
Geur die vis met die spesery, laat in yskas tot ferm en gereed vir gebruik.Verhit olie in
swaarboom kastrol, toets of dit warm genoeg is met ‘n drupel deeg, dit moet borrel en gou verbruin. Doop die vis in
die bier beslag en braai in die olie (op medium hitte) tot brosbruin aan beide kante.Laat ergste olie op absorbeerpapier afdrup
of op verkrummelde bruin papier.Bedien met suurlemoen wiggies en krakerige aartappelskyfies!
SKYFIES:
Skyfies moet bros wees aan die buitekant en sag en donsig aan die binnekant en nie teveel olie absorber nie.
Die beste wenk ooit; aartappel of rys meel!! ( by gesondheids
winkels en gesondheids rake in supermarkte)
4-5
medium/groot aartappels
1¼ e (18,75 ml) aartappel
of rys meel
canola olie
Ina Paarman’s Potato Spice
Skil die aartappels. Spoel en droog af.Sny in skyfies.Moet nie weer afspoel nie.Skud die skyfies in ‘n
sakkie met die aartappel meel om liggies te bedek. die stysel meel sal alle vogtigheid verder absorber. Voorverhit die olie
en braai die skyfies tot bros en goudbruin.Dreineer en geur met Potato Spice en bedien.
GEBAKTE AARTAPPEL
WIGGIES
MOENIE in die versoeking kom om 6 groot
aartappels te skil nie, was hulle net deeglik en sny in dik wiggies.
Skud die wiggies in ‘n sak met
3
e (45 ml) olyf olie en 3 t (15 ml) Ina Paarman's Potato Spice
Voorverhit jou oond tot 220ºC. Bak vir omtrent 35-45 minute tot goudbruin en bros.
Voila!!
En ‘n ander mening- en vergewe my die Engels, maar dit
was eintlik vir my mooi! Dit is net ons Afrikaans sprekendes wat dit juis kan waardeer, want watter ander land se mense
weet regtig van “slap” “chips”!
Heston Blumenthal seg: …although I favour crispy, rather than slap-chip…The secret is to cook the
potatoes twice. The first cooking,could be to boil or microwave the chips, enough to cook the inside but leave the exterior
intact. First, cut your potatoes into rectangles about 1cm thick. Soak the chips in water to get rid of some of the starch.
You could then boil the chips in unsalted water for about 10 minutes, until a sharp knife point penetrates them easily. Gently
remove from the water, drain and put in the fridge to harden up a bit. I don't boil, but rather cook the raw chips in the
deep fat fryer at a low, low temperature (about 50 - 60C) for about half an hour. This doesn't colour or crisp the chips in
any way (if this starts happening, remove them and lower the temp.) - it merely cooks the inside to a fluffy softness. Keep
checking and tasting throughout the process - this isn't an exact process. Remove from the fat, drain and put in the fridge
to cool and harden. (You can do this days beforehand). When you want to finish off the chips, get the fryer's temp to 130C.
Cook for about 5 minutes - this still won't brown them, but it will crisp the outside a bit and fluff up the interior. For
slap chips, taste after 5 minutes - they might be slap enough, but you probably may need more time, even another 5 to 10 mins
(it can depend on the variety of potato you used). If you want a crispier chip, now raise the temp to 180C, and fry until
they're as brown as you would like.
Estelle Hattingh vra: Goeie dag, ek is op soek
na n mostert resep, die een wat kondensmelk en Engelse mostert inkry. My man is verslaaf daaraan nadat ek dit by Ta Ralie
se stalletjie gekoop het by Harties. Ek sal dit so waardeer as julle my kan help met die reseppie.
Estelle!Hier is een wat ek al probeer het:
TUISGEMAAKTE MOSTERD
397g kondensmelk
250ml suiker
110g Engelse mosterdpoeier
200ml mayonnaise
200ml
asyn
Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier.
Voeg die mayonnaise en asyn by en meng. Klits dit goed met ‘n eierklitser. Bewaar dit in die yskas. Lewer ongeveer 1
liter.
Verder is daar in WENRESEPTE
1 of 2 'n resep vir "Skoonma se tong", dit is 'n HEERLIKE mosterd resep, en kan ook lank in yskas bewaar
word. Dis vir my mense 'n persoonlike gunsteling. Die resep is iewers op my ARGIEF bladsye, as jy dit nie kry nie laat weet
gerus!
Naomi skryf : As my uie wat in die kombuis is al begin uitloop bo, kan ek
die boonste groen uitloopsels eet?
Inderdaad ja,
jy kan die groen uitloopsels eet, dit sal effe flouer in smaak wees as die ui self maar dis heerlik in sop en fyn gekerf in
slaaie. Jy kan ook die groen uitloopsels van knoffel in jou kos gebruik.
UIE MARMELADE
150ml olyfolie
20ml mosterdsaad
1kg rooi uie,
geskil, in dun ringe gesny
25ml gemmer, vars, gerasper
2 vars lourierblare
100ml bruinsuiker
150ml
rooi wynasyn
100ml rooiwyn
fyngerasperde skil en sap van 2 lemoene
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol en soteer die uie stadig oor ‘n lae hitte tot dit
sagg is (sowat 25 minute) Roer dit af en toe. Voeg die res van die bestanddle by en prut saggies tot die sappe verdik. Geur
na smaak met sout en en vars gemaalde peper en laat staan 8 uur sodat die geur goed deurtrek. Skep in droë, skoon en
warm flesse en bêre in yskas. Sit voor met gebraaide beesvleis, ham of kaas.
KAAS-UIE-TERT
Deur Barbara Joubert, SARIE - Mei 2007
Die kombinasie van die gebraaide uie en kaas is heerlik. As jy wil, kan jy ’n hand vol
vars roket of bronkors bo-op sprinkel.
1 vel (400
g) blaardeeg
1 eier, geklits
olyfolie
5 rooi-uie,
gehalveer en in skywe gesny
100 g fetakaas, in blokke
gesny
1 camembertkaas, in blokke gesny
100 g chevinkaas (1 rolletjie), in skywe gesny
vars gemaalde swartpeper
hand vol vars basiliekruid, gebreek
10 swartolywe, verkieslik ontpit
Plaas
die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Verf die deeg met geklitste eier. Plaas die deeg in ’n warm oond teen
200 °C vir ongeveer 30 minute tot mooi bros en bruin. Verhit intussen ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan
en braai die gesnyde uie tot mooi bruin. Dit duur ongeveer 20-25 minute. Wanneer die deeg gaar is, haal uit die oond en plaas
die uie bo-op. Verlaag die temperatuur van die oond tot 180 °C. Rangskik die drie verskillende kase op die uie en voeg
die olywe by. Geur met swartpeper en sprinkel die basiliekruid oor. Gooi nou nog ’n klein bietjie olyfolie oor en plaas
terug in die oond. Bak die tert vir 20 minute tot die kaas gesmelt is. Sit warm of teen kamertemperatuur voor. As die 3 kase
vir jou te ryk is, gebruik net die fetakaas.
UIERINGE. (KleinKombuis)
As julle volgende keer steaks braai, maak lekker uieringe daarby.
Sny 5 groot uie in ringe – halfsentimeter
dik. Maak die ringe los en gooi dit in ‘n plastiek- of glashouer, gevul met ys en water, en sit in
die yskas vir ‘n uur of meer.
Gooi die water
af – gooi dit sommer in ‘n sif of vergites dat die ekstra water kan afloop, en neem ‘n Ziplock, mind you,
‘n skoon winkelsak sal seker ook die truuk doen. Gooi daarin ‘n paar lepels koekmeel.
Dit is om ‘n lagie te vorm tussen die gladde uie vleis, en die beslag.
Gooi ‘n paar ringe op ‘n slag in, skud rond sodat die meel die uie lekker omsingel,
en dan dompel jy dit in ‘n beslag wat gemaak is met ‘n draad handklitser, 250ml bruismeel, en ‘n teelepel
van tannie Ina Paarman se garlic en herb sout. Hierby gooi jy koue water en klits en verwyder klonte, totdat
‘n beslag voor jou oë vorm aanneem.
Vis
die ringe uit met ‘n sosatiestokkie, of gisteraand se take away chinese chopstick! Teen die tyd moet
die olie al baie warm staan en wag – gooi die ringe in die olie, laat tog net eers die beslag bietjie afloop
weens vanselfsprekende redes, en dreineer op handdoekpapier as die uie goudbruin gebraai is.
Dit klink na moeite, ja, maar lekker eet is soms bietjie moeite. En mens dooi nie sommer van
kosmaak nie!
Wenk: ‘n ui
in kwarte gesny en by tuisgemaakte slapchips in die olie gegooi, gee ‘n heerlike geur aan daardie slapchips!
As die ui te donker raak, gooi ‘n nuwe kwart in.

HESTER KRUIS het gevra: Ek soek 'n resep vir
die inmaak van sampioene soos die wat jy in blikkies koop by die supermark. Ook 'n “Sweet Chillie" sous resep soos
die wat smaak en lyk soos Steers s’n!
Wel
Hester, my resep proe NIE soos die sampioene in die blikkies nie, maar dit hou net so lank en is baie smaakvol, so probeer
dit gerus en laat weet of dit jou kon help!
En ek
neem aan jy het ook al die resepte oor RRRRRRISSSIES… in die Argief gekry? Daar is o.a. ‘n soet-rissie sous van
’n Facebook vriendin Helena Kruger! Jy kan dit gerus probeer!
GEBOTTELDE
SAMPIOENE (1)
6x 250g gekerfde sampioene
2 fyn gekapte uie – opsioneel
1 k asyn
8 k water
Kook water en asyn. Voeg sampioene by. Prut vir 10 minute,
dreineer. Pak sampione in bottels.
1 x 750 ml kookolie
/ olyfolie/canola olie
1 t elk van : peri-peri,
crushed chillies, pietersielie,gemmer,swart pepere, aromat, hoender spesery, paprika en knoffel vlokkies.
Kook olie en speserye sowat 5 minute, oppas vir aanbrand en brand!
Gooi warm olie oor sampioene, en bottle warm.
GEBOTTELDE
SAMPIOENE (2)
1 ½ kg sampioene
2 k olyfolie
½ k water
6 e asyn
2 t sout
1 t koljander
½ suurlemoen
se sap
1 lourierblaar
1 fyn knoffel huisie
1
rissie
1 t suiker
Kook asyn, sout, koljandeer, lourierblare,rissies, knoffel, suiker en suurlemoensap saam,
voeg sampioene by en prut vir 10 minute. Dreineer en pak in bottels. Vul bottels met KAMER TEMPERATUUR olyfolie en bottel
dig.
ANNA se MIKROGOLF RISSIE-TAMATIESOUS
1 kg tamaties, geskil en gekap
1 teelepel sout
4 toontjies knoffel geskil en gekneus
¼ koppie bruinsuiker
3 brandrissies ontsaad en gekap
¼ koppie vars koljanderblare
¼ koppie asyn - druiweasyn is lekker maar nie ´n
moet nie!
Meng alles saam in glasbak en mikrogolf
op hoog vir 25 minute roer deur af en toe. Laat koud word en meng in voedselverwerker. Gooi in gesteriliseerde bottels. Maak
625ml. Wag 2 weke voor gebruik. Hou in yskas nadat oopgemaak is.
Ander, RISSIESOUS
1 vars rooi brandrissie
1 klein rooi soetrissie
2 tamaties
4 knoffelhuisies
2ml paprika
2ml borrie
65ml olyfolie
10ml wit asyn
sout na smaak
Plaas die rissies,
tamaties en knoffel 5 minute lank in 'n warm oond van 200C om sag te word. Skil die knoffel en die tamaties en verwyder die
pitte van die rissies. Kap alles fyn en voeg die speserye by. Roer die res van die bestandele by, druk dit deur n growwe sif.
PNP SOET RISSIESOUS
2
k suiker
3 e gerasperde vars gemmer
1 k tamatiesap
1 k wit asyn
2 gekapte rooi rissies
Meng al die bestandele in ‘n kastrol,
roer tot die suiker opgelos het en kook dan op stadige hitte vir sowat 7 minute, tot effe verdik. Indien
jy dit dicker wil hê kan 1 e Maizena bygeroeor word. Bottel warm.
WENK: Roer hiervan by roomkaas in, en gebruik as doopsous of as rissie-kaas-smeer
op beskuitjies.
Ag UITEINDELIK!! Hier in die middel van Augustus, word die dae met tussenposes weer warmer! Is dit nie heerlik
nie! Die kortste dag en die langste nag is nou lank reeds verby en ek begin reikhalsend na die LENTE uitsien!Hier volg sommer
iets lekkers…
‘n
bitter maklike (woes) JOGURT-TERT resep wat jul gerus kan probeer.
1 pk Eat sum more (druk fyn) nie botter by nie
1 x 500 ml Jogurt (enige geur) chocchip is glo baie lekker
1 blikkie kondensmelk
1. Druk koekies
fyn en sit onder in tertbord.
2. Klits jogurt en
kondensmelk
3. Gooi in tertbord.
4. Sit dit in mikrogolf vir 3 minute!!
5. Laat afkoel/yskas en eet dieselfde dag!
WENK: jy kan die gewone
koekie en botter kors maak of selfs die koekies net so inpak (gooi dan bietjie warm melk oor, of smeer die koekies aan die
onderkant met dun lagie botter sodat dit nie opdryf nie!!)
PETRO GREEFF SE PATATKOEK
!
550 ml koekmeel – ongesif afgemeet
15 ml bakpoeier
5 ml kaneel
5 ml neutmuskaat
1 ml sout
500 ml suiker
375 ml sonneblomolie
60 ml kookwater
4 eiers geskei
375 ml geskilde,
grof gerasperde rou patat
100g (250 ml) gekapte
okkerneute
5 ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180C . Smeer twee laagkoekpanne van 23 cm deursnee of spuit met sproei.
Sif die meel, bakpoeier, kaneel, neutmuskaat en
sout saam.
Klop die suiker en sonneblomolie baie
goed saam. Voeg die kookwater by en hou aan klop totdat al die water ingeklop is. Voeg die eiergele en meelmengsel by en roer
tot gemeng. Voeg die patats, okkerneute en vanieljegeursel by en meng. Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies met
‘n metaallepel in die patatmengsel in.
Skep
die deeg in die panne en maak gelyk. Bak ongeveer 40 minute op die middelste oondrak tot gaar. Laat die koeklae effens in
die panne afkoel en keer dan versigtig op ‘n draadrak uit om heeltemal koud te word.
Vulsel en versiersel:
250
(500ml) versiersuiker, gesif
60 ml botter of margarien
by kamertemperatuur
1 houer fyn maaskaas
125 ml gekapte okkerneute
Kaneel
Meng die
versiersuiker en botter of margarien baie goed saam, die mengsel sal fyn krummelrig wees. Voeg die helfte van die maaskaas
by en roer tot net gemeng.
Smeer die oorblywende
maaskaas op die bokant van elke koeklaag. Smeer die maaskaasversiersel op die maaskaas. Plaas koeklae op mekaar. Strooi dei
okkerneute bo-op om die rand en sif ‘n biejtjie kaneel in die middel. Verkoeld die koek ‘n rukkie in die yskas
voor opdiening. Bewaar die oorskiet-koek in die yskas.
NS. Ek gebruik nie eens die maaskaas nie, maak gewone botterversiersel
aan en so bietjie suurlemoensap by maak nogal lekker suurderig.
Ek kan getuig: Dit is HEERLIK! Petro is ’n Faceboek-vriendin wat ek die voorreg gehad om te ontmoet en sy het
ons trakteer op hierdie heerlike koek! Dankie Petro jy is 'n Staatmaker!
Carol Elliott
se VINNIGE AANDETE!
4 Dik snye brood
1 Bl WeenseWorsies
3 Geklikste eiers
2
k Gerasperde kaas
2 k Melk
1 Pakkie Baconstukkies
Pietersielie,sout,rooipeper,mosterd
2 Uie gekap
Braai uie en spek. Krummel die brood, voeg warm melk oor en week. Voeg geklitste eiers by, meng goed. Gooi
alles in 'n bak, bak in matige oond tot gestol en gaar. Saam slaai! Voila!!
Ems Saaiman het ook geskryf: Ek is opsoek na
grootmaatresepte vir gestoofde groenbone met aartappels, pampoentert en korslose melktert. Sal dit baie waardeer. Dankie!
Ek het vir Ems 'n lekker versameling grootmaak resepte aangestuur,
as jy dit ook wil ontvang, laat weet my net d.m.v. die NAVRAE BLOKKIE!!
Ek hou ook baie van die volgende web bladsye rakende hierdie onderwerp! Gaan loer gerus daar!
http://www.ellenskitchen.com/bigpots/
http://www.egafrikaans.co.za/eg2010/index.php/resepteboek-hoofblad
http://www.boereenheid.co.za/viewtopic.php?f=66&t=38
http://www.jouwereld.co.za/jl_herfsfees.htm
http://www.boerekos.com/
Die volgende is wel nie grootmaat nie maar wel baie lekker!
GEBAKTE GROENBONE
500g groenboontjie
stukkies (nie die french cut nie)
250g fyn spek
(bacon)
1 groot ui, grof gekap
1 pakkie sampioene, gekap
½ groot pak Niknaks
1 pakkie aanmaak
kaassous
1 houer (250ml) room
+- 125ml gerasperde kaas
Meng alles saam behalwe die kaassous en room.
Gooi
kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor.
Gooi
kaas oor en bedek met foelie.
Bak vir 1 - 1½
uur by 180 grade Celsius.
JAPTRAP-BONE
kookolie
2 uie, fyn gekap
1 groen soet rissie, fyn gekap
10ml kerrie poeier
2ml
gemengde kruie
1 blikkie boontjies in tamatie sous
Braai die ui en soetrissie in 'n klein bietjie kookolie.
Voeg die kerriepoeier en kruie by, en braai nog sowat
een minuut. Roer die boontjies by en verhit.
Bedien warm.
PAMPOENPOFFERS
IN STROOP
500 ml fyngemaakte pampoen
250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
2
ml sout
kookolie
15 ml botter
325
ml suiker
200 ml melk
40 ml mielieblom
175
ml koue water
kaneel
1. Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep
teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.
2. Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker
en melk tot kookpunt.
3. Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en skep oor koekies.
4. Dien warm op.
SMOORKOOL
1 middelslag ui
30ml sonneblom olie
2 tamaties
400g gesnipperde kopkool
2 ml sout
growwe
swart peper
Skil die ui en sny in ringe. Soteer
uieringe in sonneblom olie.
Skil die tamaties en
sny in blokkies. Voeg dit by die uieringe en smoor 'n paar
minute saam. Voeg die kopkool by en roerbraai die mengsel oor stadige hitte
net totdat die kool sag is. Geur met sout en swart peper. Bedien warm.
GESTOOFDE
GOENBOONTJIE (Outydse Resep)
1. Was 500g groenboontjies,
haar dit af en kerf dit fyn.
2. Was en skil 1 middelmatige
aartappel en 1 middelmatige ui, sny dit in skyfies en
voeg
by die boontjies, Indien verkies, kan by die boontjies. Indien verkies, kan ʼn
klein stukkie skaapvleis ook bygevoeg word.
3. Kook die groente 40 minute of langer stadig in ʼn klein hoeveelheid water tot alles
sag is.
4. Maak dit met ʼn vurk fyn en voeg sout, peper en botter by na smaak.
En,
TERLOOPS, Vir die wat hou van boeke… Gaan loer hier en kommentaar welkom!
http://eenvolmuurboekrakvolboeke.blogspot.com/
THEA DE
WET skryf: Sjoe! Ek's so bly ek't toevallig op hierdie affêre afgekom! Laat mens nostalgies voel! Was eintlik op soek
na 'n SNACKLE resep! Asb. indien jul kan help sal ek bly wees!! EN terwyl ek op jul afgekom het- HOE kan ek 'inskakel' op
hierdie webwerf, vir gereelde 'saamkuier'? Dankie! Thea
Thea, Ek is baie bly jy het op die werfie uitgekom, geniet dit en vertel jou vriende gerus!
Jy kan enige tyd inskakel, stel dit bo by jou "browser"
as een van jou "bookmarks" of "Favourites" en Voila! jy kliek net daar en jy is op die werfie!
Ek stuur nog nie 'n “Blog-post”-kennisgewing
van alle nuwe plasings uit nie, want ons is wagtend vir GRROOOT webwerf veranderings wat hopelik een van die dae heeltemal
interaktief sal wees, hou maar die kennisgewings daaroor dop!
Dan is daar 'n 2maandelikse Nuusbrief wat ons uitstuur teen R120-00 per jaar, wat nie duur is nie,
en daarin is allerhande lekker dinge, ek heg vir jou een aan as vb!(aan haar epos natuurlik!!) Jy kan daarop inteken deur
bloot die blokkie - heel onder op al SOMAAKMENS se bladsye, in te vul.
Verder kan jy op my FACEBOOK bladsy (Retha van SOMAAKMENS)'n vriend word en daar ook saam
kuier. Die dinge wat op FB, op die werfie en in die Kammanuus verskyn is nie dieselfde nie terwille van verskeidenheid. Laat
weet gerus as ons wegraak dan spoor ons mekaar bloot net weer op!
Ek weet presies ook waarna jy soek (Jou Snackle reseppie) en hier is die oorspronklike resep
wat saam met daardie produk gekom het!! Dis in my eerste resepte boek opgeteken as " MEIS SE WAFELTJIE VORM RESEP"
My sus was toe al getroud en ek nog op skool en sy het so 'n dingetjie gehad!!.... Kan jy glo!
SNACKLE -WAFELTJIES
1.
Klits 2 eiers, 2tl suiker en knippie sout
2. Voeg
1kp melk by
3. Klits goed
4. Voeg 1kp meel by
5.
Meng tot glad
6. Maak vorm goed in die olie warm
voor in deeg doop, en let daarop dat die deeg nie oor die bokante ook is nie!
7. Vul doppies met soet of sout vulsel net voor bediening.
Ek onthou sy het hare altyd
met 'n caramel-vla of 'n tuna-mayonaise vulsel gevul.
Dit
was altyd 'n treffer! Hare het skoenlappertjies, harte, "spades" en sirkeltjies gehad!
Die eerste plasing hiervoor kan op die werfie gevind word by
:http://www.onsdorp.com/somaakmens/begin_aug2009.html
Mari Smit skryf: Goeie more. Groot
asseblief die resept vir die gemmerpoeding op die stoof.Baie dankie.Mari
Mari!Met graagte!
GEMMER POEDING
Kook: 2 k water
1
k suiker
1 e botter
Meng: 1 k meel
2 e stroop
1e botter
1 t gemmer
1 t koeksoda opgelos in 1/2 k melk
Skep lepelsvol
van die degie in die kokende stroop. Plaas digsluitende deksel op en laat op lae hitte gaar stoom vir sowat 25-30 minute.
MOET nie deksel in die eerste 10 minute oopmaaak nie anders
word dit kluitjierig.
Bedien warm met vla. Of met
dun room wanneer die poeding koud is!
*Ek maak gewoonlik
die sous 1 en 1/2 keer aan.
Josephine Kemp skryf: Ek soek graag 'n biltongsop
resep.Dankie
Josephine, Dalk het jy hierdie resepte
al, dis wat ek ook maar via die web bymekaar gemaak het! Hoop nogtans dit kan jou help!
BOEREKOS.COM se BILTONG EN BLOUKAAS SOP
Bestanddele
125 g botter
250 g koekmeel
250 g gerasperde cheddar/ soetmelkkaas
125
g bloukaas in blokke gesny
4 hande vol biltong,(gekerf
)
2 l kookwater
500 ml melk
3 eetlepels
port
2 hoenderekstrak
Sout en peper na smaak
Metode
Smelt die botter in die soppot. Gooi die meel by en roer dit,
verkieslik met n handklitser of n vurk. Breek die blokkies hoenderekstrak by die mengsel.
Voeg nou stadig die melk en die kookwater by, terwyl jy aanhou roer. tot romerig
Voeg nou die cheddarkaas by of soetmelkkaas, 2 hande vol biltong.
Hou aan met roer terwyl jy die bloukaas byvoeg en dit in die sop weggesmelt het.
Haal nou die pot van die hitte af, of draai die hitte laag genoeg om die pot warm te hou,
sonder dat die sop prut. Plaas die res van die biltong in die sop en roer dit deur saam met n sopie port.
Onthou dat die bloukaas nogal sout is en die biltong sy eie speserye het, so proe eers voor
jy die sout- en peper byvoeg na smaak.
Landbou .com se BILTONG SOP
2 uie, gekap
100
g botter
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml koekmeelblom
500 ml ligte hoenderaftreksel
250 ml warm volroommelk
125 g beesbiltong,
fyn gekap
60 ml bloukaas, gekrummel
60 ml fetakaas, gekrummel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die uie in die botter tot sag. Voeg die knoffelhuisies by en braai tot geurig. Voeg die meel by en
braai tot die mengsel borrel. Voeg die hoenderaftreksel by en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Voeg die warm melk
by en verhit weer tot kookpunt. Laat prut tot dit gaar proe. Voeg die biltong by en verpulp tot glad. Verhit net voor opdiening
weer tot kookpunt, roer die kaas deur, geur met sout en peper en sit voor as voorgereg. Genoeg vir 6 mense (as voorgereg).
MEDIA 24 SE BILTONGSOP RESEP
1ui, fyngekap
350gbroccoli
225gblomkool
200gbiltong, fyn gerasper
3-4 koppies
hoenderaftreksel
250mlsuurroom
250mlverouderde Cheddar
Braai
1 ui tot sag, voeg die 225 g blomkool en 225 g broccoli by en braai vir nog 2 minute. Voeg 200 g biltong en 3 - 4 koppies
aftreksel daarby en verhit tot kookpunt. Plaas al die bestanddele in 'n voedselverwerker of gebruik 'n handmenger en meng
alles tot baie fyn. Roer 250 ml suurroom en 250 ml kaas daarby en geur met sout en peper. Laat prut vir 'n paar minute oor
lae hitte. Garneer met roket en sit onmiddellik voor.
TJAILATYD, ADRI VAN WYK se BILTONGSOP
125ml (½k) botter
2 beesvleisaftrekselblokkies
2t gemaalde
swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml
melk
1½ liter kookwater
1 k gerasperde cheddar
200g
fyngekerfde biltong
room & port (Opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekrummel
Smelt botter in kastrol, krummel vleisaftrekselblokkies oor en voeg die speserye by. Roer
die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, hou aan met roer, jy soek nie klonte nie!
Verwyder sop van die stoof en roer die cheddar en helfte van die biltong in. Moenie die mensel
weer laat kook nie, hou net warm.
Roer 'n bietjie
room en port in net voor opdiening.
Skep sop in
bord, sprinkel orige biltong oor en krummel bloukaas oor.
PASELLA SE BILTONGSOP RESEP
½ k botter
1 k meel
1 L beesvleisaftreksel
1 k fyn biltong
100 g bloukaas
200 g cheddarkaas
1 k room
Smelt die botter en roer die meel by. Voeg die vleisaftreksel bietjie vir bietjie by terwyl geroer word.
Verhit tot kookpunt en prut tot verdik. Voeg biltong by en laat baie stadig prut, sodat biltonggeur kan deurtrek. Proe en
voeg sout en peper by na smaak. Roer die room by, en haal van die hitte af.
Voeg gerasperde kaas by en roer deeglik. Die hitte van die sop sal die kaas laat smelt. Bedien met nog gerasperde
biltong oor.
Dries Cremer skryf:Ek wil wildsvleis inmaak.. in bottles en dan kan bêre
vir 'n paar maande. Ek het lank gelede ingemaakte buffelvleis in Skukuza gekoop, dit was regtig lekker.
Hi Dries!
Ja dis
'n gebruik wat regtig uitsterf!
Ek onthou my ouma
het dit baie gedoen, maar nooit met vleis wat bene bevat het nie, dit was gewoonlik vleis blokkies, frikkadelle of wors, dit
was gewoonlik gaar gemaak met net sout en peper en min speserye, en dan styf in die flesse verpak, en dan verseël met
warm gesmelte varkvet, en dan warm gebottel. Om te keer dat die vleis met gebruik later te vetterig was, is dit uitgehaal
en die meeste vet koud verwyder voordat die vleis verhit is. Die vleis is gewoonlik gebruik in pasteie of stowe geregte. Die
geheim is higiëne en die proses moet so warm moontlik geskied. Bottels moet baie skoon wees en warm.
Die stoom-kook/steriliseer proses waar bottles gepak word met rou vleis en speserye ens. en
daarna verseël word en dan in 'n stoompot gekook word- daaroor kan ek my nie uitlaat nie want ek het geen ondervinding
daarmee nie!
Ek het heelwat meer aan Dries gestuur as wat ek hier plaas, indien
jy ook die volledige antwoorde soek, laat weet net en ek stuur dit graag aan jou!
Oulike werf
met BAIE resepte hieroor:
http://www.recipecottage.com/preserving-meats/
Jong, ek weet nie of jy die bottels kan toeskroef nie, ek dink die rekke of seëls gaan beskadig van
die hoë druk, maar as jy foelie oor elkeen sit met ‘n toutjie ( ek gebruik dental floss) dan behoort dit die probleem
op te los.
Geniet jou vleiswerkery en hou my op
hoogte van jou vleis inmakery!
O ja, En Hier’s
ons reseppie vir KERRIEVIS OF KERRIE-BABER. (Seker maar dieselfde as joune)-jy weet seker hoe om baber te bewerk?...hang hom
op, sny hier by kiewe al in die rondte en trek die vel af tot onder by stert sonder om dit af te sny, dan laat jy hom hang
vir so 2-5 ure dat al die olie en vog in die stert af dreineer, dit verwyder die moddersmaak en oortollige olie, dan sny jy
dit mooi van die graat af, rook of rooster of kerrie die vleis, en Voila!!
KERRIE-VIS
1k suiker
1 k olie
1 k blatjang
1 k asyn
4 e kerrie
2 e borrie
5 groot ui in ringe
gesny
1 kg vis
Braai eers uie in olie. Gooi Kerrie ens. by, braai uie verder in kerriemengsel sowat 5-10
minute tot glansend en gaar, skep nou die visstukke in die Kerrie-uie en prut sowat halfuur. Eet netso, of bottel warm. Hou
in yskas of op koel rak .
Theo (facebook) le Roux skryf:Haai daar! Vertrou
dit gaan goed met jou! Sit en blaai nou net deur jou webwerf, en toe ek Hertzog (verskoon die spelling, hy was voor my tyd) sien, toe dink
ekke, miskien weet jy:Ek soek die oorspronklike Jan Ellis poeding resep.
Theo! Dankie dat jy op my werfie kom rondloop het! Wat dink jy van die werfie? Toe, terugvoer sal lekker
wees selfs kritiek ook!
Jan Ellis poeding, seg
jy, ek het 'n hele paar variasies op die tema geplaas, dis maar eintlik wat ons op die basaar tafels as "familie-poeding"
"bruin poeding" "asyn poeding" of "Malva poeding"
leer ken het. Dit het later bekend geraak as Jan Ellis poeding.(ek weet regtig nie hoekom nie dalk oor hy dit altyd gebak
het of net self baie daarvan gehou het?)
Al die
resepte hiervoor is egter eintlik maar inherent dieselfde! Hul seg mos, hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde!
Die verskille en variasies het gespruit uit die bekostigbaarheid
van die resep, arm gesinne het egter net so lekker saam geëet aan hul goedkoper variasie met botter, suiker en melk sousie
as die ryker gesin met hul Idealmelk/room sousie...en by party resepte het asyn bygekom, die ander het dit weer weggelaat.
Die kleur verskil van 'n ligter poeding na 'n donkerder poeding was bloot maar oor die asyn toevoeging of die byvoeging van
koeksoda as rysmiddel.
JAN ELLIS POEDING
Beslag:
5 ml koeksoda
125 ml melk
375 ml bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
30 ml fyn appelkooskonfyt
25 ml baie sagte margarien
1 ml sout
Sous:
250 ml water
250 ml room
250 ml margarien
250 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
Voorverhit
die oond tot 180.
Spuit 'n oondvaste bak met kleefwerende
kossproei.
Los die koeksoda in die melk op.
Meng die res van die beslag se bestanddele, roer die sodamelk
by en meng dit baie goed.
Skep die beslag in die
bak.
Bak die poeding 25 tot 30 minute lank.
Verhit al die sousbestanddele tot kookpunt.
Giet die warm sous bietjiesgewys oor die warm poeding sodra dit
uit die oond kom.
OF
Beslag
5 ml koeksoda
125 ml melk
375 ml meel
2 tl bakpoeier
125 ml suiker
2 eiers
30 ml appelkooskonfyt
25 ml sagte margarien
1
ml sout
Sous:
250 ml water
250
ml room
250 ml botter
250 ml suiker
5
ml vanilla
Verhit oond tot 180 grade. Los die koeksoda
op in die melk. Meng die res van die bestanddele vir die beslag saam en roer die melk by. Maak seker dat jy dit goed meng.
Bak dit vir ongeveer 25 - 30 minute lank of totdat jou toetsstokkie skoon uitkom. Kook al die bestanddele vir die sous saam
en giet dit oor die warm poeding. Bedien met lekker vla.
OF
1 1/2 kop. bruismeel.
2
eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2
kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4
teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die
ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.
Stroop:
1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien
warm of koud.
OF
Malvapoeding
1 kop. meelblom.
1 teel. koeksoda.
1
eetl. botter.
1 eier.
1/2 kop. melk.
1
eetl. asyn.
1/2 kop. suiker.
sout.
Room botter,
suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond
tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.
Sous:
1 kop. Carnation melk.
1 kop. kookwater.
1
kop suiker.
Kook saam en gooi oor poeding.
OF
Malvapoeding.
2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 g. strooisuiker ( 250 ml.)
15 ml. appelkooskonfyt.
150 g. koekmeelblom
( 315 ml.)
knippie sout.
5 ml. koeksoda.
30
ml. botter.
5 ml. asyn.
125 ml. melk.
Sous:
250 ml. room.
100 g. suiker.( 125 ml.)
100 g.
botter.
125 ml. Suid-Afrikaanse Brandewyn.
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.
Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele
beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte
oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.
Berei
sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor
poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam met room.
En NOG 'n variasie!
Predikantsvrou
Poeding!
3 E botter/margarien
1 K suiker
1 eier
1 K koekmeel
1 K melk
1 t vanielje
2 E goue stroop
1 t koeksoda
knippie sout
Metode
Meng alles saam in 'n oondskottel met 'n deksel. Bak vir 'n 3/4 uur op 180ºC. Wanneer gaar gooi 'n klein
blikkie Ideal melk bo-oor warm poeding. (Indien jy nie Ideal melk in die huis het nie, kook saam 1/2 K melk, 2 E suiker en
1 t margarien - net so lekker bo-oor.)
Lekker poeding
bak!!
Rianda Retief skryf: Hallo vriendin.Hoe gaan met jou? So heerlike winterdag, na al die
vele verkluim dae. ‘n Vriend het vir ons so 3 weke gelede van sy pepadew oes gebring, waarvan hy die plantjie by jou
gekry het!! Ek het geen idee waar om 'n resep te soek hier op jou werf vir die inlê daarvan nie.
Hy kom kuier weer oor 'n week en my ma wil dit graag inmaak voordat hy kom, so kan jy baie groot asb vir my laat weet
of jy so 'n resep hier op die web het en waar ek dit kan opspoor!Liefde,Rianda
Nou wil ek graag hierdie stukkie hier invoeg!
Sowat paar jaar gelede is Rianda hulle se Plaashuis totaal afgebrand, sy skryf toe per vorige
keer aan my hier via SMM, en vertel hoe haar Pa na sy ou musieke verlang. Na amper 5 maande was ek so bevoorreg om vir haar
baie van haar pa se gunsteling musiek snitte per MP3 CD’s bymekaar te kry!!
Ek sê veral BAIE DANKIE aan Pieter en Fytie van Sasolburg wat dit moontlik
gemaak het!!
Rianda, Dit sal
alte lekker wees as jy dalk na hierdie geweste kan kom, of ek kan jou iewers naby kry, dan kan ek sommaar self vir jou die
pakkie van jou Pa se musieke oorhandig!! Die pakkie lê hoeka en wag op 'n geleentheid!
Vir alles oor die Peppadews en Rissies se inmaak, sal jy op die ARGIEF bladsy moet gaan kyk,
by Desember 2009!! Ek plaas egter hier ‘n uittreksel!!
Peppadew® is 'n handelsnaam vir die pikantrissie, in Hollands soms genoem kaboutermusjes.
Inmaak van
PEPPADEWS!!
Stroop:
1 1/2 k Asyn..
1
1/4 k Suiker..
1k Water..
Paar gesnyde stukke vars gemmer..
Paar knoffelhuisies..
2t Peperkorrels..
Bay leaf of n suurlemoen blaar..
knippie sout..
2
groen rissies..
Metode: Sny jou stingels af en haal
die pitte mooi uit..Laat in n oplossing van 4t Sout op 2k Water le oornag of n paar ure..Spoel more baie goed af en maak droog..Kook
jou stroop vir so 5min. en gooi dan jou Peppedews!!!by en kook weer 5min.. Nie pap nie nog styf. Pak dan jou bottels lekker
styf in en gooi jou stroop bo oor!!Pak bo op n knoffel stukkie en n gemmer stukkie net soos jy wil en verseel jou bottels
baie goed..Laat dit vir so 2-3 weke staan of langer voor jy dit gebruik..Baie lekker hoe langer dit staan ..van myne staan
al 3jaar!!!
NS. Skud die bottel sodat die sous in die gaatjies kan inloop voor jy dit verseël en
gooi dan nog sous by as dit kort..
Wanneer ek soms
blokkies Fetakaas insit, pak ek my koue gevulde peppadews in die bottels en gooi die warm stroopsous oor en bottel dit dadelik
warm, sonder om die peppadews vooraf te kook, dit werk soos 'n bom !Plus 'n handvol vars geskeurde basillie blare!
Ander resep:
1 k goeie wit asyn,
1 k wit suiker, 1 k water. Kook dun stroop. Voeg halveerde pikantrissies hierby en kook vinnig op. Bottel. (Dit is raadsaam
om dit te halveer omdat myne soms 'n goggatjie in kry - As jy 'n baie mooi produk soek MOET jy elke liewe pitjie eers uitskraap.
By hierdie hoeveelheid stroop voeg ek so vier - ses koppies pikantrissies. As daar stroop oorbly gebruik ek dit bloot as smaakmiddel
oor slaai, broodjies en gebraaide hoenderborsies.
Nog 'n Resep
200g skoongemaakte ryp Peppadews (ontpit en slegte plekke verwyder)
1 k asyn
½
k suiker
½ t sout
Kook bogenoemde tot suiker opgelos het. Sit die stoof af en gooi die Peppadews in die oplossing
terwyl dit warm is. Laat afkoel en bottel.
Tersia Heimstadt het geskryf: Hoe maak mens
Koejawel steggies. Ek het 'n wonderlike boom wat uit gehaal moet word omdat ons gaan aanbou en wil die boom nie verloor nie
omdat hy groot verm vrugte dra. Ek het al probeer met uitloopsels wat aan die stam uit kom, maar sonder sukses.Ek woon op Otjiwarongo, Namibia
Tersia het ‘n BAIE lang antwoord gekry, omtrent ALLES
oor Koejawels en nog meer! Gaan loer by die TUIN NAVRAE!
‘N HARDEKOEJAWEL—só praat ons van ’n eiewyse en koppige mens. En as daar iets is
wat nog altyd teen die koejawel getel het, is dit sy baie en harde pitte. Van die nuwe variëteite het egter baie meer
vleis en minder pitte, en suikersoet, ingelegde koejawels en koejawel-koeldranke is vandag gunstelinge in menige huis.
RESEPTE:
KOEJAWEL HOENDER
10 ml Chinese
5-Spesery mengsel
125 ml tamatiesous
125 ml sojasous
125 ml suiker
125 ml koejawel konsentraat
1 knoffelhuisie, fyngemaak
a 2 cm stukkie gemmer, gerasper
6 hoenderboude
6 hoenderdye
Voeg speserye, suiker, koejawelkonsentraat, knoffel en gemmer
bymekaar. Gooi mengsel oor die hoender en marineer oornag. Bak, rooster of braai die
gemarineerde hoender tot gaar.
HOE OM INGEMAAKTE KOEJAWELS VIR TOEKOMSTIGE GEBRUIK TE BERG
1. KOEJAWEL NEKTAR
Was omtrent 2kg ferm, ryp koejawels. Skil, sny die stingel en onderkant
af en sny in skywe. Kook die koejawels in 750ml water tot sag. Druk die gekookte koejawels deur ‘n
sif om van die pitte ontslae te raak. Voeg 500ml suiker vir elke 2 liter nektar by. Verhit en roer totdat
die suiker opgelos is. Voeg water by tot die puree dun genoeg is om te drink.
Wenk: Om koejawel nektar te vries, plaas in a lugdigte houer en laat ‘n opening van
3mm vir uitsit. Dit kan tot ‘n jaar teen 0 grade geberg word.
2. BOTTELLERING / INGELEGDE KOEJAWELS
Skil
ferm en ryp koejawels en sny elk in die helfte.Verwyder al die kneusplekke en beskadigde dele van die vrug. Pak
vrugte in bottels en gebruik onderstaande stroop riglyne.
Berei die stroop voor deur 250ml suiker in 500ml water op te los en dan te kook. (Ongeveer 250-350ml stroop per groot
glasbottel word benodig en 125-200ml stroop vir ‘n kleiner bottel.) Plaas die geskilde koejawels in die kokende stroop
en kook omtrent 10-15 minute of totdat ‘n lagie bo-op die stroop vorm of totdat die pitte los gaan. Wees
versigtig om nie die koejawels te gaar te maak nie. Oorgaar koejawels verloor die pitte.
Verwyder al die etikette van die glasbottels deur dit in water
te laat le. Steriliseer die bottels met kookwater vir 30 minute. Bottels moet ‘n metaaldeksel he
en moenie gekraak of stukkende plekkies aan he nie.
Haal
die bottels uit die kookwater en skep die gekookte koejawels in. Vul dan met stroop tot bo.
Verwyder al die lugborrels deur ‘n mes teen die binnekant
van die bottels in te druk. Maak die deksel dig toe en plaas die bottels onderstebo terwyl dit afkoel.
Dit sal verseker dat die bottels deeglik seël.
Enige bottels wat lek, moet verkieslik dadelik gebruik word.
3. KOEJAWELSMEER
1kg koejawels,
afgeskil
+/- 4 koppies suiker
1½ koppies water
Maak
1 Kilogram
Sny koejawels in die helfte en verwyder
die pitte. Week die pitte in ‘n koppie water. Plaas die koejawels en die res van die water in ‘n pan, bring tot
kookpunt, verminder hitte en prut tot baie sag. Dreineer die water van die pitte en voeg dit by die koejawels.
Verwyder die pitte. Maak die koejawels in ‘n voedselverwerker fyn en plaas in ‘n swaar
pot. Voeg dieselfde hoeveelheid suiker by en kook oor lae hitte terwyl aanhoudend met ‘n houtlepel
geroer word en die mengsel dik is. Toets of die mengsel reg is deur ‘n bietjie jellie op ‘n
ysblokkie te te laat val. As dit in een stukkie afgehaal kan word, is die pasta reg. Verwyder
van die hitte en meng met ‘n houtlepel vir 10 minute of totdat dit ‘n dik mengsel is. Voer
‘n Pyrex bak met waspapier uit en gooi die pasta bo-oor. Laat staan vir 24 uur. Plaas
foelie oor om goed te stoor.
Om mengsel te droog,
plaas die gekookte pasta op waspapier en maak toe met ‘n kaasdoek. Plaas in die son en laat 2 dae toe om droog te word.
Onthou om gereeld om te draai.
4. KOEJAWEL
PUREE
Maak die koejawels in ‘n voedselverwerker
fyn. Druk deur ‘n sif om die pitte te verwyder. Voeg suiker na smaak by. Kook
stadig op die stoof of mikrogolf teen matige hitte. Laat afkoel. Gooi in houers en vries.
5. Kinderhoekie: KOEJAWEL SMOOTHEE
½ koppie koejawelsap
1 skep vanilla roomys of laevet joghurt
1
teelepel macadamia neute, gekap
½ piesang
¼ vars pynappel (afgeskil en ontpit)
4 aarbeie
Meng al die bestanddele vir 10 sekondes. Voeg 4-6 ysblokkies by. Meng op hoë spoed
vir 30 sekondes. Garneer met 'n skyfie pynappel en koejawel en geniet!
En ten laaste,
sommer vir die lekker, iets heel anders!
Maak een aand gou my SPAANSE RYS MET ‘N STIRFRY-TWIST!
Kook 1 k rys, Roer 1 e botter daardeur,
hou eenkant.
Braai 500 g maalvleis mooi bruin, geur
met sout, swartpeper, tiemie, chickenspice en aromat. Wanneer gaar, roer 1 sakkie tamatie puree daardeur. Hou eenkant.
Rasper Kool en Wortels grof tot jy sowat 2 k daarvan het, en
Kerf 2 groot uie fyn . Meng 1 k gemengde gevriesde groente ( erte, mielies, bone, green peppers, sampioene)daarby.
Roerbraai dit met botter of olyfolie tot gaar en glansend.
Meng nou die rys by die groente en roerbraai vinnig deur sodat daar geen vogtigheid is nie maar dit ook nie aanbrand
nie. Bedien die “Spaanse” rys met die gaar maalvleis, en ‘n ‘n
skepseltjie parmesaankaas bo-oor.

STUKKIE KLETS:
Dis die eerste maand van die tweede helfte van die jaar. Voel dit nie vir
julle ook asof die jaar voortsnel op die tyd spoor sonder halte of koelte stop nie?
Asof die jaar voortsnel en dit vir niks en niemand wil asemhaal nie.
Mens word soms so gebombardeer met rekeninge,
kennisgewings, eposse wat jou E-posbus soms oorvol maak, dat mens amper selfs in die virtuele ruimte ook ‘n
stil hoekie soek, amper na ‘n leë skerm wil staar net om iewers stilte en “ruimte” te kry...
Ons kry soms soveel Nuusbriewe en aantekeninge,
jy sit soms ure en staar na die rekenaar skerm sonder om by die ander dinge wat altyd belangrik was uit
te kom. Jy staar na die skerm met die sonsondergang sonder om die ware sonsondergang in al sy glorie buite te gaan opsoek
en net daar te wag tot dit verby is, ademloos respekvol. Jy sit en staar kyk in verwondering oor die lieflike
boom op die vierkantige reghoekige skerm, sonder dat jy onder sy takke gaan skuiling soek, die wind deur die blare voel en
die ritseling hoor…
Soveel
eposse kom klokslag daagliks na jou kubervenster, mooi en minder mooi, meer as een daarvan, en al is party so baie mooi het
elkeen ‘n gemene deler: dit word nie meer begin met Liewe So en So nie. Dit word ook nie onderteken met Beste Groete
van So en So nie.
Soms kry jy ‘n
nota bo aan of onder aan, om aan te dui wat die sender se opinie van die aangestuurde epos is, soos ‘n nagedagte dat
dit tog iewers persoonlik was.
Hoe
reageer mens?
Ek praat nie eers
van die lukrake stuur-aan-anders-word-jy-deur-10-swerm-negatiewe-vogeltjies-betjorts, eposse nie!
Daardie lees ek en pos dit bloot na ‘n eige vouertjie toe.
Ek praat van sinvolle, mooi opbouende en positiewe
eposse. Party wat jy weer en weer wil herlees, wat jy wil deel met jou vriendekring.
Maar is ek verkeerd of onlekker, as ek weereens seg dat ek die Liewe…
en Bestegroete van… mis?
En
hoeveel wonderlike internetwerwe en “blogs” kry mens nie deesdae nie! Jy kan enige woord of
frase in-googel, en Voila! Jy kry 10plus antwoorde uitgespoeg! Jy kan kliek en kies en siedaar!
Ekself het soveel wat ek “volg” dat ek nie
kan voorbly om almal te lees nie! En soveel daarvan wil ek met jul deel want soveel daarvan is net soveel
meer vindingryk en vars en nuut as waarmee ek in my kreatiwiteit mee te voorskyn kan kom!
Dit laat mens besin.
Dit laat mens wonder hoeveel mens mag “ontleen”. Dit laat mens besin oor hoekom
die werfie ontstaan het.
Die
dat ek lukrake resepte plasings, soos somtyds die geval was, effe afgeskaal het. Die ARGIEF, ervaar ek toenemend as ’n
“onbesoekte” hoekie, want baie navrae wat ek kry is reeds daar beantwoord…
Soveel van ons is in die buiteland.
Soveel sonder ouers.
Soveel sonder Ma’s en Oumas.
Maar ons almal het die ONTHOU in ons.
En ons almal wil soms iets doen wat uit daardie herinnerings tyd ontstaan, hetsy ‘n
resep, of selfdoen projek, of gesprek of raad vra of jou siening teen ‘n klankbord vasgooi …
Dis wat SO MAAK MENS wil wees.
Daardie antwoord uit die “verlede” met ‘n moderne inslag
en aanpassing. Daardie stem uit die hede en self uit die toekoms, daardie klankbord wat jy nodig het, soms.
SOMAAKMENS, soos die destydse
radio program, waarvandaan die inspirasie gekom het, is nie net nog ‘n resepteblad nie.
Dit wil meer wees en is meer.
Dis daardie “goue knoppie” wat ons konnekteer omdat ons Afrikaans
is, dieselfde herkoms en kultuur deelagtig is, dieselfde sentimente en geloofsoortuigings deel.
Ons weet hoe die reuk van paraffien lampe geruik het as
ons saans om die tafel boeke gevat het, ons weet hoe dit was om met kerslig te studeer, later TV en elektrisiteit gekry het,
van Draadloos tot Satelliet TV ontwikkel het, van Handsentrale na Selfone tot Ipads en Wonderfone gekom het.
Van swart en wit Filmkamera’s tot mega-pieksel
en meer as reënboog kleure digitale versendings en onsigbare WIFI konneksies.
En net soos daardie tyd dinge relevant tot daardie tyd gespreek het en was,
so wil ons met hierdie SOMAAKMENS werfie relevant bly vir vandag.
Ek waardeer dus elke NAVRAE, VOORSTEL, KOMPLIMENT en KRITIEK wat jul vir my stuur, en ek
belowe steeds dat ek dit steeds klokslag sal antwoord, persoonlik en privaat alvorens ek dit hier ook in verkorte weergawes
sal “spoeg-en-plak”.
Jul
kontak is kosbaar, en die essensie waarom SO MAAK MENS begin is!
Ons wil hier wees vir julle.
Ons wil anders wees as die gewone en ongewone werwe en “blogs” want ons wil inter aktief
wees, en vir julle daardie “oproep” na jou “ma” “ouma” “iemand”
toe wees, vir wie jy kan kontak om te vra: Retha, hoe maak mens…?
Sodat ons jul daadwerklik kan, en wil antwoord: Só, Maak mens!
So kom! Neem gerus deel!
Beste Groete!
Retha.
Sop en soetigheid, dis mos WINTERKOS!
BUTTERNUT SOP
2
Medium Butternuts
1 appel
2 medium uie
50g
botter/margarine (4e)
7 ml medium Kerrie poeier(1
½ t)
40 g koekmeel (4 e)
2 hoender aftreksel blokkies
750 ml kookwater (3 k)
500 ml melk (2 k)
7 ml sout (1 ½ t)
Berei die groente voor deur te skil, te ontpit en te kerf. Braai die uie in botter tot goudbruin,
en voeg die Kerrie poeier daarby.Braai liggies om die Kerrie geur te ontwikkel. Voeg die pampoen en appel by en soteer liggies
.Voeg die meel by, en roer deur.Los die aftreksel blokkies op in kookwater en gooi dit en die melk, en
sout, by die pampoen mengsel. Kook dit nou saam tot die papoen sag en gaar is. Roer gereeld. Puree mengsel tot glad, en bedien
saam met croutons en ‘n lepel vol room of bulgaarse ongegeurde jogurt en gekapte vars pietersielie of lemoenskil!
Vat vyf ... ROCKY ROAD-BRUINTJIES...
Maak 12.
4 x 60 g Mars- of Bar-One-sjokoladestafies
4 e goue stroop
100 g botter
50 g Rice Krispies
100 g melksjokolade, in blokkies
Kap die Mars- of Bar-One-stafies in klein stukkies en plaas dit in ’n kastrol saam met
die goue stroop en 75 g van die botter. Verhit oor lae hitte vir 3 minute tot 4 minute totdat die sjokolade
gesmelt het. Klop tot glad. Vou die Rice Krispies in en meng goed. Skep die mengsel in ’n vlak, gesmeerde bakplaat en
maak die bokant glad.Smelt die sjokolade en die res van die botter in ’n mengbak bo-oor kookwater. Smeer ’n eweredige
laag van die sjokolade oor die bruintjies. Laat dit vir ’n uur staan sodat die sjokolade kan stol voordat jy die bruintjies
in blokkies sny.
– Uit Just Five Ingredients
deur Ainsley Harriott. ISBN: 9780563539247. Die boek is deur BBC Books uitgegee.
Elsa du Plessis skryf op haar blog, sy het hierdie resep in een van haar ma se kookboeke gekry, wat sy gereeld
gemaak het. Dalk ‘n E&J resep?
Melktert-Koek!
Kors: 1 1/2 koppie meelblom, 1/2 koppie botter, 3 teelepels
bakpoeier, 1/2 koppie suiker, 1/2 koppie melk, 1 eier, sout
Klop die botter en suiker tot room. Voeg by die eiers, meelblom, bakpoeier en melk. Meng deeglik. Smeer in twee tertborde
en skep die volgende vulsel in:
Vulsel: 2 1/2 koppie melk, 2 eiers, 1 eetlepel meelblom (hoogvol),
vanielje en amandelgeursel, 1 eetlepel botter, 1 1/2 eetlepel mielieblom (gelykvol)
Kook 2 1/2 koppie melk met 1/2 koppie suiker. Roer mielieblom, aangemaak met orige 1/2 koppie
melk, eiergele en suiker in. Haal van die vuur af en roer eierwitte, botter en geursels in. Verdeel die vulsel in twee dele
en skep in die twee tertborde. Strooi kaneel oor voordat dit gebak word. So 180 grade C vir so 45 minute!
Voila!!
Hmmm, en wat sal Junie vir ons inhou...
So het Hennie bv gevra: Hallo daar. Hoop als wel met jou en joune. Hier gaan
dit goed. Ek wil so graag outydse boerbeskuit volgens die resep van tannie De Villiers in "Kook en Geniet" bak maar
die hoeveelhede is so groot en ek is te onnosel om dit te verminder tot die 4 koppies inhoud van my ou pannetjie. Kan jy help
asseblief?
En aangesien Hennie die METODE geken
het, het ek slegs gehelp met die aanpassing van die BESTANDDELE!
Outydse BOERBESKUIT
...dalk sal jy nietemin 2 baksels moet bak! Hoop dit kom mooi!
Laat weet asb of ek reg was anders skuld ek jou 'n baksel!! :-)
Vir 'n DERDE van die oorspronklike resep in KOOK EN GENIET, neem:
1/2 kg botter of marg
1/2 k kookmelk
1/2 k kookwater
1.7 kg of 6 + 1/2 k meel
1 + 1/3 k soetsuurdeeg of 1/2 koekie droë of klam suurdeeg of 1/2 e aktiewe droë gis
1 t sout
Dan sou
ek seg vir jou een pannetjie behoort die volgende te werk:
1/4 kg botter of marg
1/4 k kookmelk
1/4 k kookwater
3 + 1/4 k meel (812.5 kg)
125 ml
of 1/2 k soetsuurdeeg of 1/4 koekie droë of klam suurdeeg of 1/4 e aktiewe droë gis
1/2 t sout
En Alta Tromp het gevra: Resep vir Jan Smuts
tertjies!
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan
Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was.
Die resep lewer 4 dosyn koekies. Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder
genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout
250 g botter of margarien, by
kamertemperatuur
200
g (250 ml) suiker
2 eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur
125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits
125 g (225 ml, ongesif afgemeet)
koekmeelblom
5 ml
bakpoeier
100 ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit hull met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter
of margarien met die vingertoppe
hierin totdat
die mengsel fyn gekrummel is.
Voeg die suiker by
en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol
die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee,
met 'n koekiedrukker uit.
Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die
koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste
oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit
en laat afkoel.
En terwille van...REGVERDIGHEID en ONPARTYDIGHEID!!
ook die resep vir: HERTZOG KOEKIES:
KORS:
450ml koekmeel(ongesif
afgemeet)
35ml strooisuiker
10ml bakpoeier
1ml sout
125g margarien by kamer temperatuur
15ml
koue water
3 gele van ekstra groot eiers
VULSEL:
50-75ml fyn appelkooskonfyt
3 eierwitte van ekstra groot eiers
300ml
suiker
500ml
klapper
KORS:
Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien liggies met vinger
punte in tot goed gemeng. Klits die eiergele en water effens, voeg by die meelmengsel en meng tot 'n sagte, hanteerbare deeg.Voeg
nog 'n bietjie water by as die deeg te styf is. Knie die deeg goed. Bedek en laat eenkant staan. Voorverhit die oond tot 180C.
Smeer die holtes van kolwyntjiepannetjies. Rol die deeg dun uit op 'n meelbestrooide werkoppervlak. Druk groot sirkels met
'n koekiedrukker uit en voer die panne en holtes daarmee uit.
VULSEL:
Skep 'n teelepel appelkooskonfyt
in die middel van elke korsie. Klits die eierwitte tot styf. Klits die suiker geleidelik in. Roer die klapper in. Skep lepelsvol
van die vulsel op die appelkooskonfyt op die korsies. Bak die koekies 20-25 minute op die middelste oondrak. Laat hulle effens
in die panne afkoel. Lewer 12-15 porsies.
STUKKIE KLETS:
Dagsê!!
Dit gaan goed hier met ons innie bos!
‘n Paar grepe uit die afgelope weke:…Dit reën blare op die dak, die wind dans 'n
baldadige riel op die blaretapyt, drywende blare vloei in herfskleurpalette op die Grote Gariep, onder 'n wolkelose blou koepel
was my Moedersdag vol sonskyn!
...die
wind huil om die hoeke van ons oewerkaia, druk die groot bruin waters in opdraand golfies terug, wit maanhaar perdjies wat
die winde ry soos die yl maan se strale hul rakelings raakvang...môre is die bos se Wag-'n-Bietjie's kaal gestroop soos
die soetdorings wat kaalarms reeds na bo smeek, en sal bosmuise tussen die dwarrelende blare op die dorsvloer van die seisoen
baljaar...
...dit reën in die
Bo-Karoo....en ek speel in die plasse water waarin rysmiervlerkies dryf…
...en die watersakke van die Hemel- wie giet hulle leeg, wanneer die
stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe? (Job)
…En met my en wyle Esmé se verjaarsdae, het met laastelig 'n enkel ligroos
wolk op die horison se einder gehang, waarna ek van onder die digte grys rammelende wolkbank wat dik oor ons gehang het kon
loer - Wilgerslierte sleep deur die Gariep se water soos die wind dit heen en weer stuur en die rooi-roos-wolk raak dowwer
soos die skemernag nader tot dit dieselfde grys aanneem van die wolk-kalos wat oor ons bly hang en rammel...
Frik Pretorius skryf: Help Retha, Hoe vries mens pampoen?
Pampoen vries maklik!! Behalwe lemoen pampoentjies, petty pans en daardie soorte, dit vries
ek nie graag nie.
Klein babymarrows, was ek net
af, druk droog en sny in skyfies/ringetjies en vries dit net so, dit hou egter nie so lank soos boerpampoen, yster pampoene
en Hubbard’s nie. Die droër pampoensoorte vries beter en langer as waterige soorte.
Jy was/skrop die pampoen eers mooi aan die buitekant, dan bly jou hande en die binnekant van
jou pampoen mooi skoon en hoef jy die binnekant nie weer te spoel nie, dan skil die pampoen, sny dit in blokkies, spoel dit
af as jy wil/moet, laat afdrup of druk dit redelik droog op ‘n groot skoon handdoek, gooi in sakkies, en voila! Vrieskas
toe! Net so rou.
Jy kan dit natuurlik ook blansjeer
as jy wil maar hoekom al die moeite! Ek doen dit so rou maar ek sorg regtig dat dit droog is anders “ryp” dit
in die vrieskas en as jy dit kook dan ruik dit soos haelkorrels en kook baie skuim, maar dit is nog eetbaar- jy kook dit net
vinnig op, gooi die skuimwater af, en kook dit verder droog met net jou suiker en botter…
Wenk: (uit die E-WENKE, E-Boek, wat ek gratis aan Frik gestuur het)Om te verhoed dat hande
vlek wanneer pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.
Suurlemoensap sal hande wat deur groente gevlek is ook weer mooi wit maak…
En hoe lui die oudste raad hieroor? uit my ou ou boek…(1895)
PRESERVED PUMPKIN.
Cut slices from a fine high-coloured pumpkin, and cut the slices into chips about the thickness
of a dollar. The chips should be of an equal size, six inches in length, and an inch broad. Weigh them, and allow to each
pound of pumpkin chips, a pound of loaf-sugar. Have ready a sufficient number of fine lemons, 'pare off the yellow rind, and
lay it aside. Cut the lemons in half, and squeeze the juice into a bowl. Allow a gill of juice to each pound of pumpkin.
Put the pumpkin into a broad pan, laying the sugar among it.
Pour the lemon-juice over it. Cover the pan, and let the pumpkin chips, sugar and lemon-juice, set all night.
Early in the morning put the whole into a preserving pan, and
boil all together (skimming it well) till the pumpkin becomes clear and crisp, but not till it breaks. It should have the
appearance of lemon-candy. You may, if you choose, put some lemon-peel with it, cut in very small pieces.
Half an hour's boiling (or a little more) is generally sufficient.
When it is done, take out the pumpkin, spread it on a large dish, and strain the syrup through
a bag.—Put the pumpkin into your jars or glasses, pour the syrup over it, and tie it up with brandy paper. If properly
done, this is a very fine sweetmeat. The taste of the pumpkin will be lost in that of the lemon and sugar, and the syrup is
particularly pleasant. It is eaten without cream, like preserved ginger. It may be laid on puff-paste shells, after they are
baked.
Deon van der Walt skryf : Hallo, Dankie vir jou insiggewende
blad. ek wil graag weet hoe sensitief Ysland Papawers is vir die son en of ek 'n skadunet moet oprig vir die warm somermaande.
Ek woon in die warm Klein-Karoo.
Deon het per epos
ook nog ander wenke oor papawers en so meer gekry en ek het sy navrae afgesluit met: O ja, ek kon ook nie anders as om ‘n
lekker muffin reseppie wat ek raakgelees het ook by te las nie! Gaan loer by die TUINBLAD als oor die papawer…
SUURLEMOEN en POPPIESAAD KOLWYNTJIES
125g
botter
200ml suiker
3extra groot eiers
500ml koekmeel
3t bakpoeier
200m lemoen of suurlemoensap
60ml poppie sade
VERSIERSEL:
2t gerasperde lemoen of suurlemoenskil
½ k versiersuiker
½ k water
Klits suiker en botter
goed.Voeg eiers een vir een by. Voeg meel en bakpoeier by en dan die saadjies. Skep in Kolwyntjie panne. Bak by 160 º
C vir 20 – 25 minute. Meng die versiersel se bestanddele goed en smeer oor afgekoelde gaar kolwyntjies…
Corne Crafford het gevra: Enige nagereg resepte vir diabete asb!
Vir Corne het ek terug geantwoord : Op die werfie is reeds
'n paar diabetiese resepte en wenke, het jy hul al gekry?( En toe gee ek haar die skakels om makliker daar te kom…En
ek stuur vir haar ‘n hele klomp lekker nagereg resepte wat sy sou kon aanpas…)
Ek het ook met my vriendin gepraat wat 'n diabetiese tiener het en sy seg jy kan omtrent enige
resep aanpas deur die suiker met die regte lae-suiker vervanger te gebruik en dan die meel met ten minste die HELFTE te vervang
met semelryke meel om dit lae GI te maak.(Sy seg sy gebruik net veselryke meel en dan verhoog sy net die bakpoeier ook bietjie)
Toe stuur ek ook vir Corne ‘n hele kaboedel resepte wat
ek nie alles hier gaan herhaal nie- as jy belangstel, kontak my gerus en vra jy wil ook Corne se volledige antwoord hê!
So met die korespondensie wat daarna gevolg het vind ek toe
uit Corne se kind was besig met skooltake hieroor…
O, en ek’s ‘n ‘sucker’ vir skooltake…!! Toe stuur ek sommer nog info aan Corne !!
Maar as lusmaker van wat sy ontvang het om met sukses aan te
pas, kry jul net die volgende:
ARMMAN SE POEDING
1 Koppie meel
1 Eetlepel botter
3/4 Koppie suiker
1 Desertlepel appelkooskonfyt
1 Eier
1 Teelepel
asyn
1 Gelyk teelepel koeksoda
Sout
1 Koppie melk
Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt
saam. Voeg by eerste mengsel.
Meng melk met koeksoda
en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 1/2 uur by 180º C.
Sous:
1 Koppie room
3/4 Koppie suiker
1/4
Koppie botter
1/2 Koppie kookwater
Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom.
Bedien warm of afgekoel met vla.
BROOD-EN-BOTTERPOEDING
10 snye wit brood, korsies afgesny en in groot blokke gesny
½ (125 ml) koppie suiker
3 eetl. botter
4 k (1 liter) melk
4 eiers
Pak blokke brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en strooi die suiker bo-oor.
Smelt die botter in die melk.
Klop die eiers goed en voeg die melt-en-bottermengsel daarby. Roer goed deur.
Gooi melkmengsel oor die brood en laat week vir sowat vyf minute.
Bak vir 40min op 180° (tot gestol)
Intussen, maak die bolaag:
1 k
(250 ml) botter
2 k suiker
2 eiers
2 tl. vanilla-geursel
Gebruik ‘n elek menger (of voedselverwerker) en meng
die botter en suiker tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een by. Klop tot romerig. Voeg vanilla–geursel by.
Smeer oor die gebakte poeding sodra dit uit die oond kom. Werk
vinnig want die smeer smelt. Plaas terug in oond en bak vir ‘n verdere 20 min teen 180°.
Bedien met vla indien verkies.
BRUINPOEDING SONDER
EIERS
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3
eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk
op en roer in.
Sif meel en sout in en meng deeglik.
Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol
deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel
op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies,
kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.
JOGHURT-TERT/POEDING
500ml Joghurt
1
Pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room [250 ml]
Vars of ingemaakte vrugte.
Grenadillamoes saam met Grenadilla
Joghurt
[opsioneel]
Gebruik enige geur joghurt van jou keuse
en gebruik dieselfde geur jellie.
Suurlemoenjellie
is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.
Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.
Vir poeding:
Gooi in bak en laat
stol in yskas
Vir tert:
Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat
stol in yskas
Volgens die DIABETIESE VOEDSEL PIRAMIDE, behoort Diabete vette
en suikers spaarsamig te geniet. Dit maa die eet van lekkernye en die gepaardgaande handhawing van stabiele bloedsuiker vlakke
moeilik. Hier is egter iets wat jul ook kan geniet sonder om jul reëls te breek!!
BLOUBESSIE
JOGURT SOUS (oor laevet, laesuiker sponskoek)
Dis
heerlik en maklik! Hierdie versiersel is lae-kalorie en amper vetvry wat jou soettand sal bevredig sonder om jou te laat skuldig
voel! Verder lyk dit heerlik en mooi!
½
k bevrore bloubessies, laat ontdooi.
½
k laevet vanilla jogurt
1 e suiker
1 t suurlemoensap
Sny ‘n ligte sponskoek in skyfies( of gebruik onversierde kolwyntjies)Meng die bestanddele
en skep bo-oor elke porsie!
GEEN SUIKER VLA
6 eier gele
¼ k fructose
½ k koekmeel
2 k laevet melk
1
t vanilla
1 e botter
Klop eiergele en Fruktose tot dik en lig.Terwyl jy klop, voeg meel geleidelik by. Verhit oor
lae hitte en voeg geleidelik die melk en vanilla by. Kook en roer deurentyd tot verdik. Smelt die botter en gooi die gesmelte
botter bo-oor die vla om te voorkom dat ‘n skilletjie vorm! Roer dit bloot in net voor bediening!
LEMOEN
GEGLASEERDE PAMPOEN BUNDT KOEK
1 k koekmeel
½ k semelryke meel
2 t kaneel
2 t bakpoeier
¼ t sout
¼ k laevet margarine (Canola)
½
k “Splenda” of Vloeibare Nutrisweet
½
k ligte bruin suiker
1 k gaar pampoen moes
1 groot eier
½ k laevet karringmelk
2
t vanillaextract
1/3 k strooisuiker ***
2 t lemoensap
Verhit oond tot 350 º C Spuit ‘n 6 k BUNDT koekpan (ringpan!) met kleefvrye middle en hou eenkant.
Meng droë bestandele, hou eenkant. Verroom die margarien,
versoeter en bruin suiker , klits eier en pampoen by. Meng nou die meel mengsel hierby en dan die karringmelk en vanilla.
Skep in BUNDT pan en bak 25 – 30 minute tot gaar. Gaar wanneer ‘n tandestokkie ingesteek kan word en skoon uitkom!
Laat afkoel vir so 10 minute voor jy die koek uitkeer op draadrakkie om verder heeltemal aft e koel.
Om te versier: Meng die strooisuiker en die 2 t lemoensap ( of bietjie meer om ‘n drup
tekstuur te verkry) “Drizzle” oor afgekoelde koek.
*** Om suikervrye “strooisuiker”
te maak:
Sit 3/4 k versoeter
poeier en 2 e mielieblom(Maizena) in ‘n voedsel vermenger (Bamix) klitser en klits tot ‘n baie
fyn poeier.
0 gram suiker en
slegs 4 kal per eetlepel! Moet vir niemand sê nie!! Meeste mense sal nie die verskil agterkom nie!
LEKKER
DIABETIESE KOEK
2 k water
2 k pitlose rosyne
1
k onversoete appelsous/moes
2 k meel
1 t vanilla
2 eiers
2 e vloeibare versoeter
¾ k olie
1 t bakpoeier
1 ¼ t kaneel
½ t neutmuskaat
Kook die rosyne in die water tot drooggekook. Laat afkoel. Voeg dan die appelmoes, eiers,
versoeter en olie by. Meng goed. Klits die meel en bakpoeier by, voeg oorblywende bestanddele by en meng goed.
Bak vir 40 minute of bietjie langer in ‘n 180 º C oond tot gaar. Versier met die
lekker Bloubessie jogurt sousie hierbo...
Gaan loer
gerus ook hier vir nog diabetiese wenke en resepte:
http://www.diabeticcooking.com/
http://www.americandiabetes.com/diabetic-recipes/delicious-diabetic-recipes
http://www.righthealth.com/topic/Diabetes_Recipes
http://www.my-personal-dietician.co.za/?gclid=CLmRkJXv0qcCFYKFpAod_UR99A

Natuurlik kry ek steeds gereeld lesers- navrae
oor
GEMMERBIER-BYE, SKG ‘s
(Sugar-Kefir-Grains) Japanese Water Kristalle of Tibicos om Gemmerbier en ander probiotiese gegeurde drankies
mee te maak.
Ook bly die aanvraag
na die KOMBUCHA “Scoby” of sampioen ook constant, waarmee swart of groen tee gefermenteer word tot ‘n unieke
en gesonde drankie vol vitamine en minerale.
Melk-Kefir, Kombucha en Tibicos(SKG) hou baie gesondheids voordele in en dit word ‘n al groter groeiende
mark. Omvattende inligting hieroor kan aangevra word, ek stuur dit graag aan belangstellendes.
Een van ons lesers, JEAN van Dunottar, het so ver gegaan in haar soeke dat
sy uiteindelik van die Gemmerbier-Bye (tibicos / SKG) vanaf Australië ingevoer het! Die ENIGSTE SKG’s
dus waarvan ek tot op hede van weet op Suid Afrikaanse bodem is dus in haar besit!!
… ‘n Eetlepel van die kosbare korrels het egter daarna toe ‘n
behoorlike “aflos-roete” gery sodat ek nou ook kan bely dat die “ander helfte”
van die kosbare korrels nou hier by my in onse oewerkaia suutjies aan die aanteel is…dus die enigste ANDER SKG’s
op SA bodem is in die Bo-Karoo…
Wanneer
hierdie wonder kristal - kolonie genoegsaam aangeteel het vir uitdeel, sal ons jul HIER op SO MAAK MENS dadelik in kennis
stel van die beskikbaarheid en prosedures, so hou die spasie dop!!
Intussen …so ‘n bietjie troos….
GEMMERBIER
1
10 liter water
1,5 kg (7 ½ x 250 ml) witsuiker
1 koekie (25g) saamgeperste gis
50
ml rosyntjies met pitte
1 bottel (750 ml) lemoen-
of suurlemoenkwas
750 ml sodawater
50 ml gemaalde gemmer
• Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet word.
• Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is. Verkrummel die suurdeeg
daarin.
• Voeg die rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot
gemengm
• Laat
die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan. Roer dit af en
toe om.
• Syg die mengsel
na 24 uur deur en gooi dit in houers. Spoel die
rosyntjies
af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies. Laat die bier
12 uur lank by kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.
• Lewer 13 liter gemmerbier.
GEMMERBIER 2
Kneus 60g gemmer en
kook in 10 liter water.
Giet
in 'n vaatjie en
voeg 1 kg suiker,
30g kremetart en
2 dungesnyde suurlemoene by.
Wanneer
die mengsel afgekoel het tot lou,
voeg 30g suurdeeg
by en laat 12 uur staan.
Syg deur, gooi in erdekanne
of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed
wees
vir gebruik.
GEMMERBIER 3
4 x
500 ml ( 2kg?) suiker
20 x 250 ml ( 5 liter) kookwater
5 ml droë gis
50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n
halwe pakkie)
• Los die suiker in die kookwater
op en laat afkoel tot dit lou is.
• Week die
surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van
bestanddele by.
• Laat 6 ure staan.
Syg deur en bottel - kurk toe.
• Na 12 uur
is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.
GEMMERBIER 4
Maak 4½ liter
1 koekie suurdeeg
4 stukke droë gemmer, gekneus
1 teel suiker
3
koppies water
½ kop sterk lou water
Krummel die koekie suurdeeg saam met die suiker en meng tot
dit loperig
word.
Voeg die lou water by en laat staan vir ± 10 minute tot dit skuimerig is.
Kook die gekneusde gemmer en water vir 5 minute.
Gooi die volgende in ‘n 6 liter houer:
3 kop suiker
2 kop kookwater
1 suurlemoen, skil
en al in skyfies gesny
12 Hanepoot rosyne
13 kop koue water (= 3 liter + 250 ml)
Roer tot suiker opgelos is
Voeg die gemmerstukke en water by.
Voeg
die suurdeegmengsel by.
Roer tot gemeng.
Laat staan vir 12 uur of oornag met ‘n doek oor.
Syg deur.
Gooi in 2 liter bottels en sit in die yskas.
GEMMERBIER 5
1 Pakkie Anchor Aktiewe Droë Suurdeeg
6 Liter Louwarm water
4 k Suiker
1t Kremetart
1t Wynsteensuur
3t Fyn gemmer
1 Bottel Jamaika gemmer (opsioneel)
Los suiker in water op
Meng
ander bestandele met 'n klein bietjie water en voeg by suiker water
Voeg Jamaika gemmer by. Syfer deur dun doek.
Gooi in bottles, gooi ook 3 rosyne in elke bottle en en sit prop
op.(MOENIE bottles te vol gooi nie)
Laat
staan 24 tot 48 uur buite yskas maak kontroleer die gisting.
Plaas nou in yskas om koud te word.
LET
WEL: Al is die gemmerbier in yskas kontroleer steeds die gisting!
GEMMERBIER 6
1k Bruinsuiker
2k Witsuiker
4,5 liter Lou warm
water
20-30ml Gemmer
10ml Kremetart
10ml
Wynsteensuur
5ml Droë gis
1eetlepel Rosyne
Meng
alles saam.
Laat staan vir 24uur.
Bottel.
Drink na 12 - 24uur.
GEMMERBIER 7
20ml gemaalde gemmer
10 liter
lou water
1.6kg wit suiker
150g rosyne
10g
aktiewe droëgis
0ml kremetart
10ml wynsteensuur
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos is. Voeg
die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiekemmer
met 'n
deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die
bier daarna deur en giet die filtraat
in gesteriliseerde
bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas 2-3 van die
rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas. Laat die bier 'n dag of
twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.
GEMMERBIER
8
Hierdie resep kom van baie geslagte terug ............
6 liter water
6 koppies suiker
1 eetl fyn gemmer
handvol rosyne
1 koekie yeast (nat blou blokkie)
Gooi
alles in emmer, en roer goed. Laat staan vir 24 uur. Gooi deur kaasdoek
(om gemmer en rosyne op te vang. Bottel en laat yskoud word en geniet dit.
Moenie proppe op die bottels plaas nie!
Dis heerlik.
VINNIGE GEMMERBIER 9
1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit
7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)
4½ koppies suiker
10ml Jamaika Gemmer
(Lennons se produk)
10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)
28 rosyne
1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 - 20 minute (todat dit
begin gis).
2. Voeg die suiker by die louwarm water
in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het).
3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater
en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur.
4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer
10 uur in die oggend tot 2 uur in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word
om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee
heen"
5. Gooi die bier in houers en plaas in
yskas om verdere gisting te voorkom.
Nota: Dit is
'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie
skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter
probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag gemmerbier drink nie,
het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.
GEMMERBIER 10
7 liter water
7 koppies suiker
7 eetlepels gemmer
1
koekie suurdeeg (dit moet die outydse koekie suurdeeg wees wat mens
in warm water oplos, nie kitsgis nie)
1
tl kremetart
1 tl wynsteensuur (tartaric acid)
1 handvol rosyne
Los die suurdeeg in warm water op en meng alles goed saam totdat die suiker
opgelos is (ek het 'n spesiale emmer hiervoor). Laat staan oornag
- die rosyne
sal bo dryf as die gisproses klaar
is. Gooi deur 'n doek of fyn net, bottel en
plaas
in yskas. Jy kan dit dadelik drink maar die smaak verbeter hoe langer
dit staan.
GEMMERBIER 11
12 k suiker (2½ kg)
1 pakkie
kremetart (25 ml)
1 k gekneusde gemmer
½ pakkie tartaric acid (12,5 ml)
1 k gekneusde rosyne
20
naeltjies
1 k stroop
2 e suurdeeg
Gooi
al die bestanddele buiten die suurdeeg, in 'n 4-gelling (? liter) kan.
Vul op met kookwater.
Sit suurdeeg
volgende dag by.
Hou in warm plek.
Bottel wanneer rosyne almal bo is - ± 3 dae.
GEMMERBIER 12
3 x 750 ml kookwater
750 ml (3 k) suiker
3 x 750 ml koue water
15
ml Jamaica-gemmer
20 ml droë suurdeeg
handvol rosyne met pitte – gekneus
Los suiker in kookwater op.
Voeg koue water en gemmer by.
Laat afkoel
tot louwarm.
VINNIGE GEMMERBIER 13
1
groot emmer met lugdigdeksel
7 x 750 ml ( 5.25
liter) louwarm water
4,5 k suiker
10 ml Jamaica-gemmer
10 ml kitsgis
28
rosyne
Meng 10 ml suiker en 10 ml kitsgis in 125
ml louwarm water – laat staan om te gis.
Voeg
die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 min. tot suiker opgelos is.
Voeg die Jamaica-gemmer en die water- suiker- en kitsgismengsel by die suikerwater en roer
baie goed.
Voeg die rosyne by en roer weer deur.
Plaas deksel op die emmer en laat staan in die son om te gis
(10:00 tot14:00 of langer).
Laat gas elke nou en
dan uit.
Gooi in houers en plaas in yskas om verdere
gisting te voorkom.
GEMMERBIER 14
Kneus
60g gemmer en kook in 10 liter water. Giet in 'n vaatjie en voeg 1 kg
suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde suurlemoene by. Wanneer die mengsel
afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan. Syg deur,
gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal dit gereed
wees vir
gebruik.
GEMMERBIER
15
4 x 500 ml suiker
20 x 250 ml (5 liter) kookwater
5 ml droë gis
50 ml rosyntjies, gekneus
10 ml Jamaica gemmer
12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)
Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.
Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van
bestanddele by.
Laat
6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe.
Na 12
uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.
LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP:
8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5liter
kookwater
1.2kg wit suiker
15ml wynsteen of sitroensuur
Rasper net die oranje en geel buiteskil vandie lemoene en suurlemoene dun af.
Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal laat
smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg
dit by die
gerasperde skil. Voeg die res van die
bestanddele by en roer tot die suiker
opgelos is.
Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat
die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
OM TE SKINK:
Skink
dit in lang glase, na smaak verdun met soda of yswater, met 'n paar
ysblokkies.
LIMONADE:
500ml suiker
250ml water
250ml vars suurlemoensap
Meng die suiker en water in 'n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit
aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot
kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder
om te roer.
Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap
by. Syg die limonade deur 'n
moeseliendoek en bêre
dit in 'n houer met 'n deksel in die yskas. Bedien die
limonade
deur 30ml van die suurlemoenstroop by 'n glas yswater te voeg.
Lewer ongeveer 600ml onverdunde stroop.
Esthee Erasmus skryf: Goeie dag,Ek het n resep
by my ma gekry wat sy nog van so maak mens af gekry het. Ek het dit ongelukkig in n onlangse trek verloor en het gewonder
of julle nie dalk n kopie van die resep in julle rekords het nie? Die resep se naam is n Swart Fluweel Sjokeladekoek en ek
het nog geen soortgelyke sjokeladekoek resep in die hande kon kry nie. Baie dankie
Esthee, ek kon die volgende vir jou opspoor,
Laat weet my asb of dit die regte resep was! Lekker bak!
Tadidadaaaa!!!!
Hier
volg dus EKSKLUSIEF: Esmé en Jan se SWART SJOKOLADE FLUWEELKOEK! !
(Eksklusief ja, want al E&J se resepte verskyn mos tans in KAMMANUUS, voordat dit per E-BOEK hier op
SO MAAK MENS beskikbaar gestel gaan word!!...)
SWART SJOKOLADE FLUWEELKOEK
2 k koekmeel
1 k
botter
1 3/4 k suiker
1/2 - 1 k mielieblom (maizena)
4 t bakpoeier
1 t vanilla
4 eiers
1 k lou melk
1/4 t sout
1/2 k kakao
Room botter en suiker tot suiker opgelos.
Sif meel en sout 2 keer saam
Meng melk,
kakao en mielieblom tot glad
Vou beurtelings meelmengsel
en melkmengsel by botter en suiker.
Voeg laastens
die bakpoeier en vanilla by Bak 30 -35 min by 180 grade C.
En toe het ek ook aan
Estee ‘n hele paar ANDER ook gestuur…
Waaronder
verskeie ROOI FLUWEEL KOEKE…
Koek:
100g Botter
350g Suiker
2 Eiers
75ml Kakao
30ml Kookwater
2 Bottels rooi voedselkleursel
520ml Koekmeelblom
5ml Sout
250ml Karringmelk
5ml Vanieljegeursel
5ml Koeksoda
5ml
Witasyn
Versiersel:
250ml Melk
90ml
Koekmeelblom
275ml Suiker
250ml Botter
5ml
Vanieljegeursel
Sjokolade-vermicelli
Koek:
Voorverhit die oond tot 180C.
Smeer
twee 20cm losboomkoekpanne met margarien.
Verroom
die botter en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg
die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging.
Meng
die kakao, kookwater en voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm.
Voeg by die botter mengsel en meng. Sif die koekmeelblim en sout saam. Meng ook die karringmelk en vanieljegeursel
saam.
Voeg om die beurt met die droë bestanddele
by die bottermengsel.
Meng laastens die koeksoda
en asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed.
Verdeel
die mengsel in twee gelyke dele en skep in die voorbereide koekpanne.
Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek kom.
Versiersel:
Voeg
‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde pasta. Bring die res van die melk saam met die
suiker tot kookpunt.
Roer gedurig.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng
goed.
Voeg by die warm melk en kook oor lae hitte
tot gaar en dik.
Roer gedurig.
Verroom die botter tot sag.
Voeg die vanieljegeursel by.
Giet die melkmengsel
by en klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room.
Koel
af.
Smeer ‘n bietjie van die versiersel op
1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek met die res van die versiersel.
Strooi ‘n bietjie sjokolade-vermicelli bo-oor.
En
ook laastens: ‘n BEETKOEK
Hierdie beetkoek
is amper soos 'n rooi fluweelkoek waar hulle rooi voedselkleursel gebruik vir die dieprooi-kleur. As jy dit nie wil insit
nie, kan jy dit ook uitlos.
Basisresep
Met hierdie resep kan jy verskillende groentekoeke maak (sien
hieronder).
420 g (750 ml) bruismeel
15 ml koeksoda
1 ml sout
250
ml sonneblomolie
400 g (500 ml) suiker
4 eiers
Verhit oond tot 180ºC.
Sif
meel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder
jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in 'n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.
Vir die Beetkoek : VOEG BY b.s.
5 ml fyn kaneel
1
ml fyn neutmuskaat
500 ml beet, geskil en gerasper
(OF WORTEL,PAMPOEN,PATAT)
250 ml wortel, gerasper
150 ml melk
100 g pekanneute, gekap
1 botteltjie
rooi voedselkleursel (OPSIONEEL)
Bolaag
250 g gladde maaskaas
sap en geel skil van 2 suurlemoene
80 ml kondensmelk
vars bessies
van jou keuse
Vou kaneel, neutmuskaat, beet, wortel,
melk, neute en rooi voedselkleursel by basisresep in. Spuit 'n losboom-ringkoekpan met kleefwerende sproei. Gooi beslag in
die pan en bak vir 35 - 40 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. Keer uit op 'n draadrak en laat afkoel. Meng bestanddele
vir bolaag saam (behalwe bessies)en versier koek na keuse..!
STUKKIE KLETS:
DIS Mei! April het gekom en gegaan en soos die misbanke soggens nou wit en ondeurdringbaar oor die
rivier hang voor die son dit stelselmatig begin lig, net so is dit al soggens plek plek spierwit op die omliggende bossies
geryp. Met al die water en vloede en ongekende baie reën het die bome nie eers verkleur om die Herfs
aan te kondig nie, nee, dit het direk van Somer na Winter oorgegaan met vallende rypgebrande blare wat nou selfs harder op
die sinkdakke neer reën.
Dit
bly mooi in die Bos, met al sy nuanses…
MAAR,
Aangesien Mei die Winter amptelik innooi, wil ek afskop met ‘n stuk oor:

GEMMER! - ‘n Lieflike wonderlike mooi plant
/ krui / spesery en medisyne alles in een!
Ek het
reeds vroeër in ‘n leser navraag ietsie oor GEMMER geplaas, maar ek is self so mal oor GEMMER dat ek graag meer
wil deel!
Oor die Kweek van GEMMER sê Ernst van die BURGER die volgende:
Die bloeiwyse en blare van die geelgemmer, Hedychium gardneranum, een van die gemmer-verwante
is 'n mooi tuinplant. Gemmer is bekend vir sy medisinale waarde veral as 'n vloeibare ekstrak teen koliek.
Eetbare gemmer behoort tot die gemmer-familie, Zingiberaceae, en
is naverwant aan ons kraanvoëlblom, Strelitziaceae, en die piesang, Muscaceae. Hulle is wortelstok-meerjariges en dié
familie se verspreiding is meestal beperk tot die tropiese gedeeltes van die wêreld meestal Indo-Maleisië.
Daar kom ook drie inheemse wildegemmer-soorte, Siphonochilos,
in die noordelike subtropiese dele van ons land voor. Hulle is veral gewild vir hul medisinale nut en is al byna uitgeroei.
Ons inheemse soorte het ook besonder mooi blomme en die Zoeloes
gebruik die wortelstok vir verkoue en seer keel. Bygelowiges plant die gemmerplante naby hul huis teen weerlig. Die Swazi's
gebruik dit teen malaria.
Die gewone gemmer, Zingiber
officinale, en verwante plante maak mooi tuinplante en het aromatiese kruie-eienskappe wat deur die mens benut word. Die plante
groei meestal van 'n kruipende wortelstok, soos die gemmerplant s'n wat u gekoop het, mev. Cronje.
Die blare is groot en gewoonlik in twee teenoorstaande rye gerangskik. Die gewoonlik aantreklike
bloeiwyse is van die verlengde soort en word aan die eindpunt van die stingel gedra.
Soorte wat algemeen gekweek word in ons streek, sluit in rooigemmer, Alpinia purpurata, skulpgemmer,
A. zerumbet, rooigemmer- lelie, Hedychium coccineum, witgemmer-lelie, H. coronarium, en die geelgemmer-lelie, H. gardneranum.
Die gemmersoorte verkies ryk, vrugbare grond, volop water en 'n rypvrye omgewing.(Vra vir Ernst, WoonBurger, Posbus 692, Kaapstad
8000.)
OOR GEMMER EN GESONDHEID, skryf Hettie Grove ’n omvattende inligtingstuk
hieroor op die werf WOES, dit word geplaas op leen-erkenning.
GEMMER, NAARHEID
EN KANKER..
Gemmer is so bekende spesery, maar ongelukkig
word die gebruike van gemmer word soms tot ons voedseldisse beperk. Die immer gewilde gemmer, aromatiese wortel word dus ook
`ʼn ontdekkings kas vol gesondheids- voordele, is nie net beperk tot swangerskap en kinderbaringsjare nie. Onlangse navorsing
het bewys dat die gemmerkoekies in die oggend vir oggend of swangerskap naarheid toe nie mite was nie. Gemmer help nie net
met die verligting van menstruele krampe nie, maar is ook effektief in die stryd teen kolonkanker en lewerkanker. Inderdaad
`ʼn ou worteltjie wat duidelik sy gewig in tonne werd is.
Die spesery gemmer kom van die ondergrondse risoom van die gemmerplant botanies die Zingiber Officinale. Die eetbare
risoom is gewoonlik geel of wit in kleur, en word bedek deur dun bruin skil, nadat hy geskil is, kan die ferm tekstuur gerasper,
of fyngemaal word. Dit mag rou op slaaie, groente disse en boontjies gebruik word.
Dit gee fassinerende, pikante smaak ervaring aan die kos en sommige mense beskryf dit as warm
. Gemmer is `ʼn gunsteling in Asiatiese kookkuns vir etlike eeue. Daar word ook na gemmer verwys in antieke Chinese, Indiese
en Middel Oosterse skryfwerk. Deur die eeue is gemmer geprys vir sy kook en medisinale gebruike. Word ook tradisioneel gebruik
deur die Chinese en Meksikane, wat dit in hul seekos- geregte as detoksifikasie agente gebruik, om voedselvergiftiging deur
seekos te voorkom. Die drink van gemmer tee word gereeld deur Chinese geneeshere voorgestel as manier om vitaliteit te behou.
GEMMER EN SWANGERSKAP, NAARHEID EN BRAKING
Sewe en sestig vroue wat van naarheid en braking gekla het, het hulself beskikbaar gestel vir `ʼn studie wat
beskryf is in die Journal of Alternative and Complementary Medicine van 15 Maart 2009. Die vroue is toe verdeel in `n eksperimentele
groep en `ʼn kontrolegroep. Die eksperimentele groep het 250mg gemmer kapsules ontvang 4 keer dag vir 4 dae en die kontrole
groep het plasebo’s ontvang. Effek van die behandeling is geevalueer twee maal per dag, deur middel van voor en na behandeling
vraelyste, die gemmerverbruikers het verbetering getoon, wat relatief hoog was teenoor die placebo verbruikers naamlik 85%
versus 56 %. Die afname in brakingstye was ook relatief hoog naamlik 50 % versus 9%
Baie sal weer redeneer of dit werklik goeie studie is, en is daar werklik soveel verbetering
maar vroue wêreld wyd sal saamstem, enige bietjie hulp wat nie newe effekte het, en relatief goedkoop is, is beter as
niks
GEMMER HELP VIR MENSTRUELE PYN NET SO EFFEKTIEF SOOS MEDIKASIE
`ʼn Studie is gedoen om die effekte van gemmer, ibuprofeen en mefenaamsuur vergelyk. Hierdie
studie is oor 6 maande gedoen, en die deelnemers was almal studente 18 jaar en ouer, opgedeel in drie groepe. Die gemmergroep
het 250mg gemmerpoeier kapsules, vier maal dag vir drie dae vanaf die begin van menstruasie geneem. Die ander 2 groepe het
onderskeidelik 250mg mefenaam suur en 500 mg ibuprofen op dieselfde protokol gekry . Evaluasie van die ervaring van pyn is
op verbale, multidimensionele puntestelsel gedoen om die graad van die pyn vas te stel,
Graad van pyn, pyn verligting en tevredenheid met die behandeling was onder andere vergelyk
tussen die groepe na een menstruasiesiklus. Die resultaat in al drie groepe was, dat die graad van pyn, pynverligting en tevredenheid
met hul produk beter was, en geen verskille was gevind. Geen erge newe –effekte het voorgekom. Die navorsers se gevolgtrekking
was dat die gemmer net so effektief as mefenaamsuur en ibuprofen is om menstruele pyn te verlig. Die studie is gepubliseer
in the Journal of Alternative and Complementary Medicine.van 13 februarie.2009
GEMMER BIED OOK KANKER BESKERMING
Gingerol, die hoofkomponent van gemmer, is verantwoordelik
vir gemmer se unieke smaak. Dit word geglo dat dit die rede is hoekom die eet van gemmer, beskerming oordra teen kolon kanker.
Die Burns School of Medicine at the University of Hawai, het aantal navorsers die bio-aktiwiteit van 6 gingerol en gemmer
ekstrakte, in 2 sleutelaspekte van kolon kanker nagevors. Hul kyk na die kanker biologie, en kankersel proliferasie, sowel
as die vermoë en handhawing van eie bloedvoorsiening. Interessant hul het bevind dat hierdie selektiewe bio-aktiewe samestelling
van gemmer `ʼn direkte invloed het op in kanker voorkoming. Die effek op die selproliferasie, en indirekte effek op die
endoteel sel funksie, is fenomenaal. Die navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat 6-gingerol 2 tipe anti-tumor effekte
het.Dit het invloed op kolonkanker sel groei waardeur te onderdruk en inhibeer dan die bloedstoevoer voorsiening van die tumor
te inhibeer. Die studie was gepubliseer in inhibits. Physiotherapy Resources, December 31, 2008
Daar is ook bevind dat gingerol ovaria of eierstok kanker kan beveg, deur middel van indusering
van `ʼn geprogrammeerde sel dood en selfvertering daarvan. In nog `ʼn studie gepubliseer The World’s Healthiest
Foods is gemeld dat gemmer ekstrak wat 5% gingerol bevat verskeie ovaria kankerselle beïnvloed. Wanneer gemmer betrokke
is, word die hoof oorsake vir inflammasie onderdruk in die ovariale kankerselle dit is groot pluspunt want gemmer mag dan
van groot nut wees vir die persoon met kanker. Indien mens kanker probeer vermy, is gemmer altyd `ʼn goeie idee. In die
Desember, 2008 uitgawe van Clinics was die gevolgtrekking dat gemmer wel goeie anti-inflammatoriese en `n anti-karsinogeniese
agent mag wees
GEMMER HELP OOK MET REISSIEKTES
Navorsers het bevind dat gemmer meer effektief is as Dramamine om duiseligheid, naarheid, braking en koue sweet,
deur hierdie insidente te voorkom of te verminder.
GEMMER VERLIG TOT ARTERITIS
Verskeie mense met osteo-artritis en rumatoïede artritis het `ʼn vermindering in
pyn vlakke, en verbetering van mobiliteit getoon, indien hul gemmer gereeld gebruik. Twee kliniese studies, het bewys dat
75% van artritis pasiënte, en 100% pasiënte met spier ongemak, minder pyn ervaar as hul gereeld gemmer gebruik.
GEBRUIK DIE VARSTE GEMMER WAT JY KAN VIND.
Dis altyd beter om vars gemmer as die gedroogde soort te gebruik. Nie net is die geur beter nie, maar dit
bevat ook hoeer vlakke van gingerol en ander samestellings wat inflammasie onderdruk. Ongeskilde gemmer kan vir tot drie weke
in die yskas geberg word. Gemmer is ook hoog in kalium wat weer nodig is vir hartfunksie, mangaan, `ʼn mineraal wat weer
help om weerstand teen siekte op bou. Dit help ook om die hartvoering te beskerm. Verder bevat die goeie gemmer vitamine A,
C, E en die B kompleks sowel as magnesium, fosfor, sodium, yster, kalsium en beta karoteen.
Wie sou kon droom dat gemmer goeie ou gemmer se lof so sou besing word in die teenswoordige
eeu van vandag. Dat dit nou sou gebruik word in swangerskaps naarheid, kanker, artritis, hart probleme en vir al die vitamiene
en minerale vir optimale gesondheid. Mense staan nie verniet deesdae tou waar vars gemmer te koop is nie, hul weet iets wat
baie ander nie weet nie
En Natuurlik, wat is SO MAAK MENS sonder:
RESEPTE!!
Gemmer gee vervelige disse ʼn hupstoot ! Meng rys disse met bietjie gerasperde gemmer.
Gebruik dit in slaaie met olyfolie en knoffel. Sprinkel bietjie gemmer op patats en groente. Gebruik dit ook vars groente
en vrugte, in hoenderdisse en vis. Een derde teelepel vars gerasperde gemmer by jou voedsel of drankies
elke dag het vele voordele!
Peter Veldsman se KWEPER-EN-GEMMER-BREDIE
1,5 kg ontbeende skaapbors en -blad, in bokkies gesny
10 ml gerasperde neutmuskaat
3 ml fyn kruie-naeltjies
sout en varsgemaalde
swartpeper sonneblomolie
2 groot uie, oorlangs gehalveer,
skille afgetrek en gekap
1,5 kg kwepers, oornag
in 'n lou-warm oond gebak
5 ml borrie
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn wonderpeper
1 groot stuk
pypkaneel
1 groot stuk (75 mm) vars gemmerwortel,
geskil en in skyfies gesny
1 steranys
6 vet knoffelhuisies, gekneus, geskil en fyngemaak
Geur die vleisblokkies met neutmuskaat, naeltjies, sout en
peper en laat 30 minute lank staan. Verhit 'n bietjie olie in 'n swaarboomkastrol en braai 'n paar vleisblokkies op 'n keer
rondom bruin. Verwyder met 'n gaatjieslepel en hou eenkant. Braai die res van die vleis, ook 'n bietjie op 'n keer, bruin.
Gebruik meer olie, indien nodig. Skep die uie in die kastrol waarin die vleis gebraai is (met die olie daarin) en braai tot
sag. Skep die helfte van die vleis terug in die kastrol. Sny die kwepers, skil, pitte en al in skywe en geur met borrie, fyn
gemmer en fyn wonderpeper. Skep die helfte van die kwepers bo-op die vleis in die kastrol en plaas die stuk pypkaneel en steranys
daarop. Skep die res van die vleis en daan die res van die kwepers in die kastrol. Strooi die gemmer en knoffel bo-oor.
Voeg 'n klein bietjie water (sowat 125 ml) by. Verlaag die hitte na laag, plaas die deksel op en prut stadig - sowat
2-2 ½ uur lank totdat die vleis murgsag en gaar is. Loer af en toe in die kastrol en voeg klein
bietjies water (niks meer as 50 ml op 'n keer) by, indien nodig. Aan die einde van die kooktyd, rasper ek gewoonlik die skil
van 1 lemoen en 1 suurlemoen en meng dit met 50 ml fyngekapte pietersielie en 2 vet, fyngekapte knofflehuisies. Net voordat
die bredie voorgesit word, word dit versigtig by die bredie ingeroer. Sit voor met stampkoring of rys.
Barbara
Joubert, SARIE KOS Herfs 2010 se GEMMER-EN-VINKEL-TEE
Kyk
in jou yskas en maak self 'n drankie met gemmer en vinkel as jy nie op jou beste voel nie of met slegte spysvertering sukkel.
•
1½ cm-stuk vars gemmer, in skyfies gesny
•
1 vinkeltakkie, afgespoel en opgesny
•
1 - 2 koppies kookwater
Laat die gemmer en
vinkel sowat 5 minute in kookwater trek. Versoet met heuning, indien verkies. Onthou, vir chroniese derm-ongemak mag dit nodig
wees om ook ander dieet-aanpassings te maak.
GEMMER TERT (Onbekend)
Bestanddele Tert Kors
1
k Meelblom
1 e Strooisuiker
125 g Margarien
'n
Knippie sout
Bestanddele Tert
1 k Goue stroop
1
k kookwater
2 k Water
2 e Vlapoeier
2
e Mielieblom
1 t Vanilla
75 g Ingelegde gemmerkonfyt
½ t Fyn gemmer
Metode Tert kors
Meng die meelblom en suiker. Vryf botter daarin totdat dit
krummelrig is. Druk die mengsel op die boom en die kante van 'n groot tertdop vas. Bak dop by 190°C tot mooi bruin.
Metode Tert
Meng die stroop, kookwater en fyn gemmer en kook dit saam. Voeg gemmerkonfyt by en meng deeglik. Meng die
mielieblom en vlapoeier met die koue water. Voeg die mielieblom mengsel by die gemmer mengsel. Kook die mengsel vir 3 minute.
Gooi die mengsel in gebakte tertkors, laat afkoel en styf word. Versier met geklopte room indien verkies.
GEMMER-HOENDERSLAAI
500 ml fyngesnyde blaarslaai
1 blik ( 250 g ) appelkooshalwes
1 pakkie ( 250 g ) groenbone – gekook
600 g gaar rys ( 750 ml )
450 g gaar hoendervleisblokkies
( 750 ml )
125 ml joghurt
12,5 ml olie
12,5
ml suurlemoensap
1,5 g gemmer ( 5 ml )
Voer slaaibak uit met fyngesnyde blaarslaai. Dreineer appelkose
en sny elke halwe middeldeur. Dreineer groenbone en meng met rys. Voeg hoederblokkies en appelkose by en meng liggies met
vurk. Meng res van bestanddele en giet bo-oor. Hou in koelkas tot benodig.
GEMMER - LEMOENWORTELS-
PIEKELS
80g suiker
5ml gemaalde gemmer
10ml mielieblom
60ml asyn
750ml
gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15ml olie
10ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)
Meng suiker, gemmer en mielieblom in 'n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte
tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde
inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak.

STUKKIE KLETS:
PAASTYD.
Die jaar stap aan, en elke seisoen bring sy eie FEESTE.
Herfs, en April, is sinoniem met PASE. Vir die klein kindertjies is dit ‘n
spel van paaseiers soek en vind, vir baie ander spel dit bloot sjokolade-eiers, sjokolade-hase, kuikentjies en alles wat dierbaar
is…vir party is dit bloot net nog ‘n foefie-tyd, en vir ander bly dit die toppunt van ons Christelike jaar-kalender,
wanneer ons kan introspeksie doen en weereens kan besef HOE kosbaar Jesus se soenverdienste vir ons is.
Laasjaar het die volgende op die WERFIE oor PAASTYD verskyn:
Izak de Villiers het vir April geskryf:
"In tye van die dood en opstanding van
ons Heer, Jesus Christus,
wat gekom
het om ons U liefde te wys,
en ons
deel te maak van U vernuwing,
en
van die herskepping van alles wat U gemaak het,
soek ons na die stil punt in ons lewe,
soek ons die wysheid van U gees,
soek ons U in alles wat ons sien en ervaar."
April hier op SO MAAK MENS,het dan ook te doen met die viering van PAASFEES!
Elke land vier tradisioneel PASE met sy eie unieke gebak. Paastyd
geregte is ook simbolies, so word EIERS beskou as die simbool van lewe en wedergeboorte. Vandaar die gebruik van die paaseiers...
PAPAWERS, soos in die Russiese Papawersaad-brosbrood ,simboliseer
die passie van ons Heer, en die vredevolle slaap van die dooies.HEUNING simboliseer weer soetheid en oorvloed. (Aldus “alle-resepte.com”)
So kry ons tradisionele Russiese vlegsel brode, 'n ryk brood
(in Russies 'n Kulich) se tekstuur herinner effens aan mosbolletjies.
Dit word tradisioneel in blikke gebak om 'n hoë, ronde brood te verkry. Die Russe bedien 'n soet smeerkaas
daarby en dit word met die res van die Paasmaal (wat gewoonlik bestaan uit vleis, kaas en gekookte eiers) geëet. En wat
van hul gisryke “babka” brooddeeg, dun uitgerol en gevul met kaneel-neut vulsel of sjokolade vulsel- watertand
lekker!
Hollandse Paasbrood, gevul met amandel pasta
, rosyne en suurlemoenskil...
Italiaanse spesery
koekies “Piparelli” genoem, en is 'n gunsteling wat net ná die vastyd oral in Italiaanse koekwinkels verskyn.
Dit word met naeltjies gegeur en die heuning in die deeg karameliseer
terwyl die koekies bak en verleen 'n besonderse geur.
Choereg,
bekend as Tsoureki in Griekeland, is tradisioneel gegeur met gemaalde suurkersie pitte genaamd makhlepi of mahaleb en is ‘n
soort
gevlegte brood. En wat van Lemoenskilkoekies,
Sagte Griekse koekies (Koulourakia) met 'n ligte sitrus, anyssaad of sesamsaad vir geur.
Italië, se gevlegte brood (pane di Pasqua) is weer spesery ryk en word gemaak met kaas,
vleis, olywe en kappertjies.
En te enige tyd en
orals is die bekende “hot cross buns “ altyd 'n welkome lekkerny.
Dié bekende SIMNELKOEK, Paasfees lekkerny, het sy oorsprong in Frankryk.
Dit word nie, soos die meeste vrugtekoeke, ryp gemaak voor
dit geëet word nie. Inteendeel, dis warm uit die oond die heel lekkerste.
Simnelkoek word tradisioneel met 'n lagie marsepein versier en kry dan elf marsepeinballetjies bo-op.
Dié elf balletjies verteenwoordig die elf getroue dissipels
(die twaalfde een, wat Judas verteenwoordig, word uitgelaat.)
Dié volgende variasie daarvan is deur ARINA DU PLESSIS aangepas uit die Sarie resepteboek: Soetgoed, en het
in haar artikel: Paasgebak uit verre land, in 2006 in die LANDBOU WEEKBLAD verskyn.
SIMNELKOEK
750 g
marsepein
80 ml botter
200 ml strooisuiker
4
groot eiers
375 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
10
ml gemengde speserye
500 g luukse vrugtekoekmengsel
Voorverhit die oond tot 150 °C. Smeer 'n hoë losboomkoekpan
van 18 cm en voer die bodem en kante met bakpapier uit.Deel die marsepein in drie gelyke dele. Draai die een in kleefplastiek
toe en hou eenkant. Rol die ander ongeveer so groot soos die pan uit en sny 'n sirkel so groot soos die pan se bodem uit elkeen.
Verroom die botter en suiker goed. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier
en speserye bo-oor. Voeg die vrugtekoekmengsel by en roer tot gemeng. Skep die helfte van die beslag in die pan.
Sit een van die marsepein sirkels op die beslag en skep die
res van die beslag bo-op. Maak gelyk en bak vir 2 uur tot gaar.Deel intussen die orige stuk marsepein in elf ewe groot stukkies
en rol in bolletjies.
Laat vir 10 minute in die
pan afkoel en verhit intussen die oondrooster. Keer die koek uit.
Plaas die tweede marsepein sirkel bo-op die koek en pak die marsepeinbolletjies op.
Druk die koek vinnig onder die oondrooster tot die marsepeinlaag en -bolletjies ligbruin is.
Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer.
WARM-KRUIS-BOLLETJIES
(ALA Retha)
1 pk kitsgis
¼ kp warm lou water
4 ¼ kp meelblom
Knippie sout
½ kp suiker
1 tl anys
1 ¼
kp lou melk
½ kp gesmelte botter
1 eier
½ kp rosyne sonder pitte of sultanas of koekvrugte
2 - 2 ½ kp versiersuiker
¼ kp melk
1 tl amandel geursel
Strooi die gis oor die warm water en los tot opgelos.
Meng nou die meel, suiker, anys, 1 ¼ kp melk, botter
en eier, gooi die gis bo-oor.
Werk deur met die
hand en knie dan tot elasties en tot jou hande “skoon” kom. Knie dan die rosyne goed deur.
Deel die deeg in 12 bolletjies. Bedek en laat rys tot dubbel hul grootte.Sowat driekwart uur.
Bak in voorverhitte oond teen 175 º C tot goudbruin. Vir
20 tot 25 minute.
Meng intussen die versiersuiker,
¼ kp melk en amandel geursel tot glad.
Sodra
die bolletjies afgekoel het, versier elkeen met ‘n kruisie bo-op. Ek hou ook van ‘n strooisel kaneelsuiker by.
Variasie: (“CHELSEA-bolletjies”)
I.p.v. anys, gebruik ½ tl fyn kaneel en ½ tl gemengde speserye.
Rol die deeg liggies plat, strooi die speserye en rosyne bo–oor,
rol dan op soos 'n rolkoek, sny in skywe, pak in oondpan, laat rys, bak dan soos hierbo, en versier deur die versiersel liggies
bo oop te smeer.
Hoe jy ookal verder oor PASE dink, sonder
PAASBOLLETJIES saam met tee onder ‘n lieflike Herfs getooide Rivier-oewerboom, kan ek myne nie voorstel
nie!
Uit die arsenaal van PAASRESEPTE wat in my argief, en in al wat tydskrif , Radio, en TV-program
hierdie tyd verskyn, het ek die volgende ook vir jul saamgestel. Geniet dit!
Bronne: My eie boeke, Idees,
WEG, Die Burger, Sarie, Ontbytsake, Landbouweekblad, asook Kook en Geniet en Ander Afrikaanse Respte op die WWW.
Mev. J. Swanepoel van Fatti's & Moni's het dié maklike PAASBOLLETJIE
resep:
10 g Anchor droë kitsgis
500 g koekmeel
65 ml suiker
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml fyn neut
4
ml fyn kaneel
150 ml lou warmwater
60 g margarien gesmelt
125 louwarm melk
1
eier geklits
150 g droë vrugte koekmengsel
Kruisie:
100 g koekmeel
50 ml olie
125 ml melk
2 ml sout
Metode:
Meng meel, sout, suiker, speserye, kitsgis en vrugte baie goed
saam. Meng gesmelte margarien, louwarm water, melk en eier. Voeg vloeistof by droë bestanddele en meng tot 'n sagte elastiese
deeg. Plaas deeg in gesmeerde bak. Bedek en laat rus vir 20 minute. Knie goed deur en verdeel in 18 eweredige dele. Rol in
bolletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Laat 20 minute rys of tot dubbel die grootte.
Maak intussen die deeg vir die kruise. Meng meel, sout, olie en melk tot 'n dun deeg, wat
gespuit kan word, maar nog vorm sal behou. Bestryk die bolletjies met geklitste eier. Spuit 'n kruis oor elke bolletjie en
bak 15 tot 20 minute op 200 C.
Kook intussen
50 ml melk, 50 ml suiker en 50 ml water vir vier minute lank saam. Glanseer bolletjies hiermee sodra dit uit die oond
kom.
STAP-VIR-STAP SJOKOLADEPAASBOLLETJIES
Volg dié maklike stappe om 'n heerlike sjokoladeweergawe van almal se gunsteling-Paaslekkerny te maak.
Maak: 12
Bereidingstyd: 45 minute, plus rystyd
Baktyd:
20 minute
Oondtemperatuur: 200ºC
• 450g
(830ml) witbroodmeel
•
5ml fyn kaneel
•
2ml fyn kardemom
•
50g (60ml) suiker
•
7g (10ml) droë kitsgis
•
55g (55ml) sagte botter
•
215ml louwarm melk
•
10ml vanieljegeursel
•
1 groot eier, liggies geklop
•
100g donkersjokoladebrokkies
VERSIERSEL
• 60ml
witbroodmeel
•
15ml suiker
•
15ml melk
•
1 groot eier
1 Sif die meel en die speserye
in 'n mengbak saam met 2ml sout. Roer die suiker en gis daarby in. Voeg die botter in 'n aparte bakkie by die melk en roer
totdat die botter gesmelt het. Voeg die vanieljegeursel en eier by die melkmengsel.
2 Maak 'n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die vloeistof daarin.
Gebruik 'n houtlepel om die droë bestanddele van die kante af in te roer. As dit klaar gemeng is, moet die deeg sag wees,
maar nie taai nie. As dit te taai is, moet jy 'n lepel vol meel en melk op 'n slag byvoeg tot jy 'n sagte deeg het.
3 Knie die deeg vir 10 minute op 'n oppervlak wat liggies met
meel bestrooi is, of gebruik die deeghaak van 'n voedselverwerker teen 'n stadige spoed.
4 Bedek die bak met 'n klam vadoek en laat dit eenkant op 'n warm plek rys tot die deeg dubbel
die oorspronklike grootte is. Knie die deeg af.
5
Voeg nou die sjokoladebrokkies by. Knie vir 'n paar minute om die sjokolade by die deeg in te werk. Verdeel die deeg in 12
stukke en rol elkeen in 'n bolletjie. Pak die Paasbolletjies langs mekaar op 'n gesmeerde vierkantige of reghoekige bakplaat.
Sit hulle 'n entjie uitmekaar sodat hulle plek het om te rys. Laat weer eenkant staan om te rys vir sowat 45 minute, of totdat
die Paasbolletjies dubbel die oorspronklike grootte is.
6
Versiersel
Meng die meel en suiker met 60ml water
om 'n dik, gladde pasta te vorm. Skep dit in 'n spuitsak met 'n gewone spuit. Gebruik die agterkant van 'n mes om 'n kruis
oor die bolletjies te trek. Meng die melk en eier, verf dit oor die bolletjies en spuit dan die pasta in die kruise.
7 Sit die bolletjies in 'n voorverhitte oond en bak dit vir
15 tot 20 minute tot goudbruin en deurgaar. Haal dit uit die oond uit en laat dit op 'n draadrakkie staan om af te koel. Wanneer
die bolletjies heeltemal afgekoel het, kan jy hulle liggies van mekaar lostrek.
Wenke
• Maak
tradisionele Paasbolletjies deur die sjokoladebrokkies uit te laat en 120g gemengde droëvrugte (rosyne, sultanas, korente
en gemengde sitrusskil) by te voeg. Gebruik ook 5ml fyn gemengde speserye in plaas van die kardemom.
• Dis baie belangrik om vars gis
te gebruik, en om die bolletjies 'n ligte tekstuur te gee moet jy die deeg knie tot dit glad en elasties is.
• Laat
die deeg op 'n warm plek rys, maar dit moet nie aan 'n te hoë hitte blootgestel word nie, want dit kan die gis doodmaak
en dan sal die deeg nie rys nie.
•
As jy wil, kan jy die Paasbolletjies 'n lekker taai bolagie gee deur 50ml suiker met 'n bietjie warm water te meng
en dan die suikerwater oor die bolletjies te verf sodra dit uit die oond kom en nog warm is.
• Sit die Paasbolletjies voor
op die dag wat jy dit gebak het, of bêre dit in 'n lugdigte houer en sny dit dan middeldeur voor jy dit rooster en voorsit
met botter.
VRUGTE-RING
Kikker
Paasfees op met hiérdie pikante vrugte-ring.
Maak:
1 groot ring of 6-8 klein ringetjies
Bereidingstyd:
35 minute, plus rystyd
Gaarmaaktyd: 20-25 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
• 420 ml (230 g) koekmeel
• 10 ml fyn kaneel
• 10 ml fyn
gemengde speserye
• 10 ml droë kitsgis
• 45 ml (40 g) koue botter
• 70 ml melk
•
1 groot eier, liggies geklits
Vulsel
• 140 ml vars lemoensap
• 100 ml (75 g) droë pere, gekap
• 20 ml (15 g) gemengde sitrusskil
• 95 ml (85 g) botter
• 70 ml
(60 g) bruinsuiker
• 55 ml (30 g) koekmeel
• 80 ml (60 g) sultanas
• 145 ml (60 g) gekapte pekanneute
• 10 ml gerasperde lemoenskil
Glaseersel
• 30 ml melk
• 30 ml suiker
1
Meng die meel, speserye, gis en 2 ml sout en vryf die botter daarby in. Meng die melk en eier. Maak 'n holte in die middel
van die droë mengsel en gooi die vloeistof daarin. Meng stadig tot 'n sagte deeg. Knie vir 10 minute.
2 Sit die deeg eenkant en laat dit rys vir 'n uur of tot die volume
verdubbel het.
3 Verhit die lemoensap vir die vulsel
effens en gooi dit oor die pere en sitrusskil. Laat afkoel.
4 Dreineer die pere en sitrusskil. (Gooi die vloeistof weg.) Klop die botter en suiker saam. Sif die meel by en roer
die vrugte, sultanas, neute en gerasperde lemoenskil in.
5 Knie die deeg af en rol dit uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is om 'n reghoek van 30 x 22 cm te
vorm. Smeer die vulsel oor die deeg en rol dit soos 'n konfytrol in die lengte op. Rol die deegrol weer liggies uit tot dit
sowat 50 cm lank is.
6 Gebruik 'n skerp mes en sny
die deegrol in die lengte middeldeur. Sorg dat die gesnyde kante bo is en draai die helftes versigtig om mekaar. Sit dit op
'n gesmeerde bakplaat sodat die deeg 'n ring vorm en knyp die punte aan mekaar vas. Bedek dit en laat dit rys tot dit verdubbel
het (sowat 'n uur). Bak in die verhitte oond vir 20 tot 25 minute tot goudbruin.
7 Verhit die melk en suiker vir die glaseersel saam en verf dit oor die vrugterol sodra dit
uit die oond kom. Laat staan dit op 'n draadrakkie om af te koel.
VINNIGE KOFFIEKOEK
Niks in die huis vir teetyd nie? Bak gou dié heerlike
koffiekoek.
Maak: 1 x 24 cm-ringkoek
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 5-7 minute
60
ml melk
25 ml kitskoffiekorrels
200 ml (200 g) sagte botter
200 ml (175 g) strooisuiker
3 groot eiers,
liggies geklop
300 ml (165 g) bruismeel
25 ml kakaopoeier
VERSIERSEL
300 ml
(160 g) gesifte versiersuiker
wit Dipped Flake-sjokolade,
vir versiering
•
1 Verhit die melk en los die kitskoffiekorrels daarin op. Klop 175 ml (175 g) van die botter saam met die strooisuiker
tot lig. Voeg die eier bietjies-bietjies op 'n slag by en klop goed ná elke byvoeging. Vou die meel en kakaopoeier
om die beurt by die melk in.
•
2 Skep die beslag in 'n gesmeerde ringvormige silikoon- of mikrogolfbakpan. Mikrogolf dit vir vyf tot sewe minute op
hoog tot die koek terugspring as jy daaraan raak. (Dit raak nog fermer ná dit uit die mikrogolfoond kom.)
• 3
Haal die koek uit die oond uit en sit dit vir vyf minute eenkant om af te koel voor jy dit uit die pan keer.
• 4
Meng die res van die botter met die versiersuiker. Voeg genoeg kookwater by om 'n gladde, smeerbare mengsel te vorm en skep
dan die versiersel bo-op die koek. Versier met gekrummelde wit Dipped Flake-sjokolade.
Marlene
van Eeden se PAASBOLLETJIE-BROODPOEDING
As daar
tydens Paasfees 'n paar ekstra Paasbolletjies oorbly, kan jy dit gebruik vir dié heerlike nagereg.
Jy benodig (vir 6 mense)
• 6 paasbolletjies
• 90 ml botter
• 90
ml fyn appelkooskonfyt
•
250 ml room
•
3 eiergele
•
4 eierwitte
•
100 g (120 ml) strooisuiker
Só maak
jy
1 Voorverhit die oond tot 108º C.
2 Sny die paasbolletjies oop en smeer dik met botter en appelkooskonfyt.
Plaas ’n Paasbolletjie in ’n teekoppie wat met botter gesmeer is. Druk gate met ’n mes in elke bolletjie.
3 Klits die room em eiergele saam en gooi oor die paasbolletjies.
Plaas die koppies in ’n oondbak en vul die bak met kookwater tot halfpad op teen die koppies. Plaas in die oond vir
15 minute.
4 Klits intussen die eierwitte styf en
voeg die strooisuiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n lekker stywe meringue wees.
5 Haal die oondbak versigtig uit die oond en skep die meringue bo-op die bolletjies. Plaas
terug in die oond vir minstens 8 minute tot die meringue bruin word. Sit warm voor.
Persoonlik
kon ek nog nooit verstaan hoe die haas uit die eier kom nie..! Maar Marlene van Eeden sê: “Maak vanjaar jou eie
gekleurde eiers. Wie weet, dalk kry jy 'n Paashaas in jou tuin...”
So, hier is haar: GEKLEURDE EIERS!
Jy
benodig
• hardgekookte eiers (soveel soos wat
jy nodig het)
• voedselkleursel
• koue water
• ‘n glas vir elke kleur wat jy gebruik. (groot genoeg om ‘n
eier in te dompel)
• 'n kombuistang of ‘n
paar kombuishandskoene as jy nie jou hande vol kleursel wil hê nie
• ‘n leë eierhouer waarin die gekleurde eiers kan droog word.
So maak jy
1 Kook
die eiers vir sowat 6 minute tot hard. Laat dit afkoel. Maak intussen die kleursel aan.
2 Gooi een eetlepel kleursel in ‘n glas en maak die glas vol met net genoeg water om
‘n eier te bedek.
3 Dompel die eiers een vir
een in die kleursel. Laat staan vir minstens 5 minute – afhangende hoe donker jy die kleure verkies. Gebruik ‘n
kombuistang en haal die eiers versigtig uit die kleursel.
4 Plaas die eiers op die leë eierhouer om droog te word.
WENK Voor jy die eiers kleur, kan jy hulle een vir een uitblaas deur klein gaatjies aan beide kante te maak.
Ryg die gekleurde eiers aan ‘n tou en hang dit by die voordeur op.
‘n 2009
uitknipsel in my boek lees só:
PAASFEES OP
DIE PLAAS, Deur ARINA DU PLESSIS (aduplessis@landbou.com)
Die rustigheid en vars lug van 'n plaas, die samesyn van familie en 'n lang tafel vol lekker kos is die ideale bestanddele
vir 'n ete om te onthou. Dek vanjaar 'n Paastafel buite en geniet al hierdie goeie dinge saam met die mense na aan jou hart.
Spyskaart
Olyfbrood met eiervrugsmeer
en crudités
Gerolde hoender gevul met
kaas en kruie
Oondgeroosterde groentegereg
Appel-en-filotertjies
met karringmelkroomys
Koffie en paaseiers
OLYFBROOD
Dié brood maak
die lekkerste toebroodjies - probeer 'n vulsel van roomkaas en ham of beleë cheddar en seldery. Dis net so lekker as
dit louwarm voorgesit word met olyfolie en dukkah om dit in te doop.
500 g koekmeel
5 ml sout
10 ml suiker
10 ml kitsgis
Vars gemaalde swartpeper
60 ml olyfolie
250-375 ml louwarm water
180 ml
grof gekapte, ontpitte olywe (swart of calamata)
Meng
die meel, sout en suiker in 'n groot mengbak. Voeg die gis by en meng goed. Maak 'n holte in die middel en voeg die
swartpeper, olyfolie en warm water bietjie vir bietjie by,
terwyl jy met jou hande meng tot 'n sagte, hanteerbare deeg. Keer die deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie vir
ongeveer 10 minute tot glad en elasties. Sit die deeg in 'n gesmeerde bak en bedek losweg met kleefplastiek of met 'n effe
klam vadoek. Laat rys die deeg op 'n warm plek tot dubbel in volume. Knie die deeg af en knie die olywe by die deeg in. Smeer
'n bakplaat en bestuif met meel. Vorm die deeg in twee langwerpige brode en plaas op die bakplaat. Bedek weer liggies met
plastiek of 'n vadoek en laat rys die brode weer tot dit verdubbel in volume (ongeveer 20 minute). Voorverhit intussen die
oond tot 200 °C. Bak die brode vir ongeveer 20 minute by 200 °C. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak vir
'n verdere 20-25 minute tot deurgaar en goudbruin. Lewer twee middelslagbrode.
EIERVRUGSMEER
2 groot eiervrugte
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
Sap van 1 suurlemoen
30 ml gekapte, vars
koljander of pietersielie
Sout en vars gemaalde
swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 220
°C. Smeer die eiervrugte se skil met olie en draai elkeen in foelie toe. Pak op 'n bakplaat en bak in die oond vir ongeveer
45 minute tot die eiervrugte papsag is. Halveer elkeen en skep die vleis uit. Plaas in 'n voedserverwerker en pols tot glad.
Voeg die knoffel, suurlemoensap, kruie, sout en peper by. Pols weer tot goed gemeng. Skep uit in bakkies en sit voor met die
olyfbrood en crudités. Genoeg vir ses tot agt mense.
Nota: Crudites is die Franse term vir rou groente wat (heel of gesny) op 'n groentebord bedien word, meestal saam
met 'n doopsous. 'n Lekker kombinasie is heel radyse, 'n stukkie komkommer, heel kersietamaties, stukke wortel, mangetout
en babamielies.
HOENDER-INVOLTINI
6-8
hoenderborsies, sonder vel of been
2 knoffelhuisies,
fyn gedruk
15 ml gekapte, vars salie
45 ml gekapte, vars pietersielie
Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
2-3 snye Provolone of Emmenthalerkaas
6-8
tiemietakkies
15 ml olyfolie
125 ml sjerrie
Sout
en vars gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit
die oond tot 180 °C. Maak 'n sny teen die kant van elke hoenderborsie en vlek elkeen oop. Bedek elke hoenderborsie met
kleefplastiek en kap liggies platter met 'n vleishamer of rolstok. (Elke borsie moet so dun as moontlik wees
sonder dat die vleis vol gate is.) Meng die knoffel, salie, pietersielie
en suurlemoenskil in 'n bakkie. Sny die kaassnye in kleiner stukkies en pak daarvan op elke borsie. Smeer die knoffelmengsel
bo-oor die kaas, op elke borsie. Rol die borsies in die lengte op. Sit 'n tiemietakkie boop elkeen en bind vas met 'n stukkie
tou. Verhit die olie in 'n oondvaste pan en braai die hoenderrolletjies daarin tot egalig goudbruin. Giet die sjerrie oor
en laat opkook. Verwyder van die stoofplaat en bak in die oond vir 15 minute, tot die hoender gaar is. Laat rus vir 10 minute
voor dit voorgesit word. Om voor te sit, knip die toutjies af en sny die hoenderborsies in skywe. Bedruip met die pansouse
en sit voor. Genoeg vir ses tot agt mense.
Wenk: Meng 'n paar skeute pikantrissie-spatsous (sien "Nuut
en Nuttig", bladsy 49) met die pansouse en skep dit net voor opdiening oor die hoender, vir ekstra geur en 'n bietjie
byt.
GEROOSTERDE GROENTEGEREG
2 rooi soetrissies, gehalveer en ontpit
1
kg aartappels
30 ml olyfolie
500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
Paar takkies vars roosmaryn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sap
van 1 suurlemoen
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Sny die soetrissies in dik repe en hou eenkant. Sny die aartappels in kwarte, spoel af en druk droog. Verhit die olie in 'n
swaarboompan en braai die aartappel-kwarte daarin tot goudbruin en bros. Skep uit en rangskik in 'n oondbak. Voeg die soetrissierepe,
botterskorsieblokkies en roosmaryntakkies by en giet die olie (uit die pan) oor die groente. Geur met sout en peper en rooster
vir ongeveer 40 minute tot die groente deurgaar is. Verwyder van die hitte en bedruip met vars suurlemoensap. Sit dadelik
voor. Genoeg vir ses tot agt mense.
APPEL-EN-FILO-TERTJIES
6-8 velle filodeeg
50
ml gesmelte botter
3 appels, in kwarte gesny
60 ml gevlokte amandels
15-30 ml bruinsuiker
Versiersuiker,
om oor te sif
Voorverhit die oond tot 180 °C
en smeer twee bakplate met olie. Voer uit met bakpapier. Gebruik een vel filodeeg op 'n slag en hou die res goed toe met 'n
klam vadoek terwyl jy werk. Smeer elke vel filodeeg met botter, vou in die helfte en smeer weer met botter. Frummel die buitekante
van die deegblok na binne en vorm elkeen rofweg in 'n sirkel van ongeveer 12 cm. Herhaal met die res van die deeg. Ontkern
en skil die appels en sny in dunner skyfies. Pak die appelskyfies binne-in die filosirkels, smeer met gesmelte botter en sprinkel
die amandels en bruinsuiker bo-oor. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin. Bestuif met versiersuiker en sit louwarm voor met
karringmelkroomys of geklopte room. Lewer 6-8 tertjies.
KARRINGMELKROOMYS
Maak die roomys minstens die vorige dag, maar jy kan dit ook tot ?n week voor die ete berei.
125 ml suiker
250 ml volroommelk
4 groot eiergele
375 ml karringmelk
5 ml vanieljegeursel
Verhit
die suiker en melk stadig oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verwyder van die hitte. Klits die eiergele in 'n groot
mengbak tot lig en dik. Voeg die warm melkmengsel stadig in 'n dun straaltjie by die eiergele terwyl aanhoudend geroer word.
Giet alles terug in die kastrol en verhit weer oor baie lae hitte, terwyl geroer word, tot die vla verdik (moenie kook nie).
Die vla is reg as dit die agterkant van 'n lepel met 'n dun lagie bedek as dit geroer word. Verwyder van die hitte, laat afkoel
en roer die karringmelk en geursel by. Giet in 'n geskikte bak en vries tot die mengsel net-net begin yskristalle vorm. Klits
die mengsel goed deur (om groot kristalle op te breek). Vries weer, tot amper gevries, en klits dan weer deur. Vries nou tot
hard en haal 5 minute voor opdiening uit die vrieskas om skepwerk te vergemaklik. Lewer ongeveer 625 ml roomys (genoeg vir
ses tot agt mense).(Landbouweekblad, 10 April 2009)
STUKKIE KLETS:
Mag APRIL vir u ook, Liewe Leser, 'n tyd van introspeksie wees, en hier en
daar ‘n soetigheidjie…!
Geseënde
Paasfees jul toegebid.
Shalom!
Wayne Dyer: "Wat jy
vandag doen, is die enigste aanduiding van wie en wat jy is!
April, ook Gekke-maand noem party dit.
Die dat ek nie op 1 April met plasings begin het nie! Want vir my is April wonderlik!
Die begin van die Herfs met sy lieflike blaar kleurskakerings…Die son deur die blare en die gras in die lááste
lig is die kleur van soet ryk akasia-heuning, diep, ryk, lig geelgoud wat soos ligte amber die son in die binnekamers inhou
al het dit al gesak.
Wat hou hierdie
maand vir jou in? Waarna sien jy uit? Is daar lewe in vandag en more?
Ek lees op die oulike blog-bladsy, met die naam: HEUNING (!!) (http://www.heuning.co.za/index.htm)
die volgende stelling van die skrywer raak:
…ons
het die kuns verloor om vir vandag te lewe. Iemand noem vir my hierdie aanhaling: "Yesterday is history, tomorrow is
a mystery, but today is a blessing." Hoe moeilik is dit nie vir ons arme mensdom om vandag voluit te leef nie. Ek het
die vraag gevra, "Wat hou vandag vir jou in? Vir jou, as individu. Vir die meeste mense is dit of niks, of spanning,
of harde werk, of sommer net 'n totale leegheid. So asof ons sommer soms net opgee om te leef.
Sjoe, maar dit klink darem swaarmoedig en stroef, maar dis ongelukkig die
realiteit. Ons as mense het die kuns verloor om te leef vir vandag, om uit te sien na more en om dit wat tot 'n goeie vandag
gelei het, te koester. As kind het ek altyd iets in my kop gehad wat lekker was om aan te dink, en altyd iets gehad waarna
ek uitgesien het. Ek onthou ook as kind dat ek soms my ma gevra het, wat gaan "eendag" gebeur. "Eendag"
was vir my iets misterieus wat voorgelê het. So leef ons ook vir eendag, en nie vir vandag nie.
Carpe Diem - Gryp die dag. Moeilik om vandag voluit te leef. Ons leef maar
almal vir môre, of iewers in die toekoms, en maak in alles voorsiening vir môre, ipv vandag. Die makelaars vertel
jou om soveel moontlik vandag opsy te sit vir môre. Op die ou end is ons almal meer werd dood as lewendig. So asof môre
'n uitgemaakte saak is...
Hoe leef
ons vir vandag?
• Doen vandag
iets sinvol of lekker, iets wat jy kan geniet. Drink koffie saam met jou lewensmaat.
• Gaan kyk vandag daardie rugbywedstryd,want môre is dit dalk te
laat.
• Neem dalk vandag daardie
groot besluit. Dit wat jy moet doen om jou te laat losbreek van die bande van ongelukkigheid wat jou vashou.
• Maak 'n afspraak om vir daardie vriend te
gaan kuier wat jy lankal wou sien.
•
Bel vandag jou ma, pa, kind, broer, suster vir wie jy so lank opsy skuif.
• Beplan meer vir vandag as die toekoms, want jy kom dalk nooit daarby uit nie.
• Spandeer dalk so 'n paar rand op jouself,
of bederf iemand anders.
•
Glimlag vir 'n slag. Sommer ook vir jou baas. Dalk val hy om - dan glip jy vroeg huis toe.
• Maak dalk vandag iets met iemand reg, wat jy lankal uitstel.
• Laat vandag tel. Laat môre vir
môre en gister in die verlede.

Onse FRIK LOMBARD skryf oor HEUNING die volgende:
Die eerste verwysing na heuning in die Bybel kom voor in Genesis
43:11. So van die begin af was die by al daar gewees om ons van sy soete arbeid te gee. Op 26 Junie 2003 is die 29ste herdenking
van die strepieskode (barcode) gevier. In die natuur vlieg die by rond met sy eie strepieskode op sy agterlyf.
Die by is ´n meerdoelige dier. Eers help hy met die bestuiwingsproses
en dan maak hy ook die lekkerste en soetste lekkerny vir ons. Daar word ook tans ´n studie gedoen oor die gif van heuningbye
wat gebruik kan word vir die verligting van artritis onder andere.
Ongeveer een derde van alle artikels wat ons in supermarkte koop het heuning in. Die Engelse woord "honey"
maak deel uit van die woord honeymoon. Die oorsprong van die woord kom van die middeleeue waar pasgetroudes vir een maand
lank elke dag "Mead" gedrink het. Mead is ´n heerlike heuningdrankie. Mead is gedrink om te verseker dat die
paartjie ´n seun so kry. Die basiese meadresep bestaan uit heuning, water, gis en speserye.
Indien mens na ´n natuurlike middel teen seer kele en verkoues soek dan is heuning die
antwoord. Wanneer jou keel krapperig voel gryp die bottel heuning nader en eet ´n teelepel vol heuning. Jy kan met die
behandeling aanhou tot jou keel beter is, heuning is nie skadelik nie so jy kan maar eet tot jou keel beter is. Nou moet ek
ook dadelik sê dat as jou keel nie binne ´n dag of twee beter is nie gaan sien maar liewers jou dokter. Verder
kan jy heuning meng met lemoensap, suurlemoensap of met pomelo´s om daardie ekstra vitamiene in te kry om die verkoue
die finale nekslag toe te dien.
Daar is ook navorsing
gedoen oor die effek wat heuning het op atlete. Heuning is nie net ´n opkikker nie maar daar is bewyse dat indien atlete
heuning gebruik voor strawwe oefeninge of resies, hulle spiere vinniger en makliker herstel as atlete wat glad nie heuning
gebruik nie. So dit sal goed wees vir atlete om eerder ´n heuning energiedrankie te drink as om enige chemiese middel
te gebruik.
Vir die skoner geslag is daar ook goeie
nuus. Wanneer jy vol spanning is bad in heuning. Die bad sal al jou spanning wegneem en dit sal jou vel bevog aangesien heuning
die natuur se eie bevogter is. Nou hierdie resep is so maklik: 1 Koppie amandelolie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning,
½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in ´n mengbak en sit dit dan in ´n
bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik.
Daar is genoeg heuning badolie in vir 4 heerlike en hemelse badervarings.
Ek glo ook nie dit sal ons mans skade aandoen om so nou en dan in een van hierdie baddens
te klim nie. Mans, terwyl ek so sit en dink is hierdie eintlik ´n pragtig geskenk om vir jou vrou te maak vir moedersdag
of sommer net om dankie te sê vir alles wat sy vir jou beteken. Gooi net die mengsel in ´n mooi glas bottel. Ek
dink hierdie geskenk sal ook help om te sê ek is jammer, want ons manlike spesie is mos maar altyd in die moeilikheid!
En hoe sal SO MAAK MENS wees as hierook nie ‘n paar HEUNING RESEPTE is nie!!
GEBRAAIDE
PIESANG MET HEUNING
piesang
Botter
heuning
Skil piesang en sny in die lengte deur. Verhit in ‘n
pan bietjie botter en braai die piesang alkant mooi goudbruin. Bedien op roosterbrood met ‘n lepeltjie heuning bo-oor!
KALKOEN MET HEUNING
1
kalkoen
12 pruimedante, oornag geweek in water
15 heel okkerneute
40 ml heuning
½
kg varkworsvleis
1 ui
1 eier
Om kalkoen
mee te bedek:
60 ml botter
1 kalkoen12 pruimedante, oornag geweek in water15 heel okkerneute40 ml heuning½ kg
varkworsvleis1 ui1 eierOm kalkoen meet e bedek:60 ml botter
50 ml heuning
Maak die kalkoen goed droog.
Dreineer en ontpit die pruimedante, doop dit in die heuning.
Maak seker dat al die heuning gebruik word.
Plaas die varkworsvleis in ‘n mengbak.
Voeg hierby die pruimedante en gekerfde ui.
Voeg laastens die eier by en meng goed.
Vul die kalkoen met die mengsel en werk toe.
Moenie
te styf vul nie – die vleis krimp in die gaarmaak proses en die vulsel sit uit – dit kan die kalkoen laat bars.
Draai die kalkoen goed in gebotterde foelie toe.
Bak vir 3 uur in voorverhitte oond van 160ºC, maar maak
die foelie na 1½ uur oop en
bedruip met die
sappe in die foelie en smeer met die heuning.
Draai
die kalkoen weer toe en bak vir die volgende 1½ uur.
Vir ‘n bros vel moet die kalkoen die laaste 40 minute oop gebak word.
HEUNING-EN-SUURLEMOEN-HOENDERVLERKIES(
Bernice van der Merwe)
16 hoendervlerkies, puntjies
afgesny en gehalveer
7 ml seesout
125 ml suurlemoensap
3 knoffelhuisies, gekneus
1 knippie rooipeper
90 g heuning
suurlemoenwiggies vir opdiening
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Plaas die vlerkies in ’n oondpan, sprinkel die sout oor en rooster 25 minute.
Verhit die suurlemoensap, knoffel, rooipeper en heuning oor lae hitte totdat die heuning gesmelt
het.
Giet dit oor die hoendervlerkies en roer om
dit met die heuningmengsel te bedek.
Rooster nog
15 – 20 minute tot goudbruin.
Sit dit voor
met suurlemoenwiggies en kapokaartappels of oondgebraaide groente.
BARBARA JOUBERT, VAN SARIE,
SE HEUNING-KOEKIES
(ongeveer
40 koekies)
185 g botter
125 ml bruinsuiker
125
ml geroomde heuning
1 eier
420 g (750 ml) meel
5
ml kaneel
2 ml bakpoeier
knippie sout
Room
die botter, suiker en heuning tot glad. Voeg die eier by en meng goed. Sif die droë bestanddele saam. Voeg die droë
bestanddele by die bottermengsel en maak aan tot ’n stywe deeg. Vorm die deeg in ’n langwerpige fatsoen. Dit moet
so 4 tot 5 cm in deursnee wees. Maak toe met kleefplastiek en laat staan vir ’n uur in die yskas. Verhit die oond tot
180 °C. Voer bakplate met bakpapier uit en smeer met gesmelte botter of spuit die papier met ’n kleefwerende kossproei.
Sny die deeg in skywe van so ’n ½ cm dik. Plaas op die bakplaat en bak vir 10 minute.
Pasella se
HEUNING STAFIES
Hierdie stafies is propvol glukose
wat vinnig energie vrystel en heuning wat stadig koolhidraatenergie vrystel – perfek vir ouer kinders wat baie aktief
bly of na skool sport doen.(Maak 10)
100 g heuning
100 g room
40 g glukose
40 g gedroogde vrugte
50 g gemengde neute
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en verseker dat die kante ook bedek is. Plaas die
heuning, room en glukose in ‘n kastrol en kook saam tot 128°C of hardebalstadium (die stroop sal ‘n harde,
tog vormbare bal vorm as ‘n halwe teelepel daarvan in koue water geplaas word). Voeg die gedroogde vrugte en neute by
en meng goed. Giet in die bak
HEUNING-EN-KANEELBAKLAVA (ARINA DU PLESSIS, LandbouWeekblad)
Die Turke en Grieke sê mekaar glo oor en weer sleg oor
dié hemelse neute-en-filodeeg-nagereg, want albei maak aanspraak daarop dat dit van hulle afkomstig is. Wie dit ook
al uitgedink het – ek is net bly hulle het die resep die res van die wêreld ingestuur. ’n Wenk – soek
vir jou ’n oondpan waarin ’n vel filodeeg netjies pas sodat jy nie deeg hoef te meet of sny nie.
Stroop
1 groot suurlemoen
500 ml (2 k)
witsuiker
160 ml (2/3 k) water
2 kaneelstokke
180
ml (¾ k) heuning
Vulsel
500 g ongesoute neute van jou keuse
(ons het amandels, makadamias en
pistasieneute
gebruik)
60 ml (¼ k) strooisuiker
10 ml (2 t) fyn kaneel
½ pak (250 g) filodeeg
Sowat 180 ml (¾ k) gesmelte botter
Stroop
Rasper die skil van die suurlemoen fyn af en hou eenkant. Druk
die suurlemoen se sap uit en verhit dit, saam met die res van die bestanddele vir die stroop, oor lae hitte. Roer gereeld,
tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir 10 minute. Laat afkoel tot kamertemperatuur en haal die
kaneelstokke uit.
Vulsel
Kap die neute baie fyn en meng met die fyngerasperde suurlemoenskil, strooisuiker
en kaneel. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak (waarin ’n vel filodeeg netjies pas) met gesmelte
botter. Lê ’n vel filodeeg op die werksoppervlak neer en verf met ’n dun lagie gesmelte botter. Sit nóg
’n vel deeg presies bo-op neer en smeer weer met gesmelte botter. Sit die dubbele laag deeg in die oondbak. Sprinkel
’n dun lagie van die vulsel oor en volg weer met ’n dubbele laag bottergesmeerde filodeeg. Herhaal die proses
en hou die lagies dun, tot die neute of deeg opgebruik is (eindig met ’n laag deeg). Smeer bo-op ook met gesmelte botter.
Neem ’n skerp toetspen of stukkie draad en druk ’n paar gaatjies van bo af dwarsdeur die baklava. Bak vir sowat
35 minute, tot goudbruin. Sodra dit uit die oond kom, skep die stroop oor. Maak seker dit trek oral goed in en loop in al
die gaatjies. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bedek goed tot wanneer benodig. Sny in skywe of blokkies en sit voor met
sterk koffie.
Lewer sowat 30 porsies.
HEUNINGDRANKIE
1 koppie lemoensap
4 eetlepels suurlemoensap
3 eetlepels heuning
knippie
sout
Meng al die bestanddele goed. Bedien op ys
en versier met lemoenskil!
Maar die einde is dit niet.
Neem twee
eetlepels heuning, twee eetlepels amandel of olyfolie, 5 druppels roos olie en 1 druppel vitamiene olie. Meng alles goed en
smeer aan jou gesig en nek. Gaan lê en ontspan vir 15 minute.
Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water.
Jou vel sal gou jonger lyk en baie verfrissend voel!
Natuurlike gesig maskers
met HEUNING in, is VIR:
'n uitstekende skoonmaak,
‘n bron van genesing, ‘n stress-verwante aknee behandelling in adolessensie, ‘n nagtelike
Velselvernuwende kuur…
Na toediening, spoel
altyd met louwarm water af.
KANEEL EN HEUNING MASKER. Meng in 'n glasbak:1
eetlepel heuning en1 eetlepel kaneel. Smeer aan. Hou aan so lank as wat jy wil, hoe langer hoe beter! Spoel met warm water
af en droog liggies met skoon handdoek.
EIER WIT-HEUNING MASKER: 1 eier wit word gemeng met 2 eetlepels
heuning en aan die gesig gesmeer. Hou aan vir 20 minute. Was gesig met warm water aan
die einde van die tyd.
Heuning liefhebbers weet dat verskillende heuning elk sy eie eienskappe
het.
BV:
SITROEN heuning het 'n kalmerende effek, is goed teen slapeloosheid en senuweeagtigheid,
FYNBOS heuning en tiemie, is geskik vir die griep,
DONKER heuning, soos Alfalfa, is aangedui vir die genesing
van urinêre kwale,
BLOEKOM
heuning vir die ontbinding van slym,
DANDELION/paardebloem
heuning en ander veldblom heuning help met ontgifting ens.
En dan praat ons nie eers van al
die MEDISINALE rate met HEUNING in nie!
Stokou resepte
lui:
HEUNING ROSE
Berei 'n tee met ongeveer 3 eetlepels roosblare (beste as geoes in Mei) en 150 ml van die
water. Voeg dit na filtrasie, by ongeveer 450 g heuning. Die resultaat is 'n heuning met strelende eienskappe, en effens vrank
is maar sal ten einde strelend wees na dit geëet word. Vir berging: voeg 0,2% van
natriumsalicylaat ontbind nell'infuso by.
HEUNING
VIOOLTJIES
Berei 'n tee met ongeveer 3 eetlepels
van die blare van viooltjies en ongeveer 150 ml van die water. Voeg dit na filtrasie, by ongeveer 450 g heuning.
KALK HEUNING
Berei 'n tee met ongeveer 3 eetlepels van kalk en ongeveer 150 ml van die water en voeg by
sowat 900 g van heuning.
Hierdie mengsel help vir
algemene borskwale soos hoes, kroep, brongitis en so meer. Dit maak slym los maar verlig ook 'n droë hoes. Dit verminder
ook die sinus slym en beheer dus die slym wat agter in die keel afloop. Sinus-lyers vind grootliks verligting met die gereelde
gebruik van hierdie mengsel.
En dan die volgende BOERERATE met HEUNING in:
Voordat jy begin, moet jy bewus wees dat baie mense die smaak van
hierdie mengsels onaangenaam vind. As jy dus iemand is wat te kere gaan vir die reuk en smaak van medisyne, moet jy liewer
los, want jy sal net jou geld mors. Ek glo egter die reuk/smaak weersin is maklik beheerbaar, dit verg net 'n bietjie selfbeheersing("it
is all in the mind ! ")
BORSMIDDEL
Meng die volgende in 'n groterige glas bottel met 'n digte skroefdeksel:
1 botteltjie LENNON Paragora; 1 botteltjie Peppermentdruppels; 1 botteltjie LENNON Turlington;
1 botteltjie LENNON Ipekakuanawyn; 1 botteltjie LENNON Borsdruppels; 1 botteltjie roulyn olie; ½ bottel heuning(250g).
Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is. OF Gooi alles saam, kook vir 5 minute en gooi in 'n bottel. Vat so
twee groot slukke, of 2 groot desertlepels vol op 'n slag OF Neem een desertlepel vol soggens en saans. Sodra jou toestand
verbeter het kan jy net een keer per dag 'n desertlepel vol neem. Kinders van so drie tot agt jaar moet net 'n halwe desertlepel
op 'n slag neem. Raadpleeg eers jou geneesheer voordat jy dit vir babatjies gee.
HOES MEDISYNE
2 botteltjies borsdruppels
1/2 koppie vars suurlemoen sap
1/2 bottel heuning
Meng bestandele saam
in 'n houer. neem (1) eetlepel daarvan 3 maal per dag. (Moet nie in yskas plaas)
EN NOG IS
HET EINDE NIET!
HEUNING bevat :
SUIKERS : Glukose - fruktose en klaar verteerde suiker ensieme ..
VITAMIENE: B-1 Thiamin - Riboflavien B-2 - Pantothenic 3 -
tot 4 Necotiik - niasien op 5 - tot 6 - tot 8 - tot 9 - Vitamien K – askorbiensure, beta karoteen
wat in die lewer omgeskakel word tot vitamien A - Biotin…
GROEP ENSIEME:Invertase - amilase - Alkataliz - fosfatase - 'n Gelokosidiz - Glukose Oksidase
- B amylase…
GROEP MINERALE:Yster- Koper
- Fosfor - Magnesium - Natrium - Kalsium - swael - Mangaan - kalium - silika - chloor - Selenium ...
GROEP SURE:Citroenzuur - melksuur - azijnzuur - miere suur - bottersuur - tannine - oxalic
GROEP PROTEÏENE:Beptun - Alpimin - globulien
- Nikilobrotin ...
Heuning het die natuurlike neiging om te kristalliseer by lae minimum temperature, 20 grade
Celsius, die temperatuur van kristallisasie wissel egter van elke tipe heuning na gelang van die bron .
As jou heuning gekristaliseer het, MOET DIT NIE KOOK nie- dit vernietig
die goeie ensieme, laat staan dit net in baie-nie kokend- warm water tot dit weer gesmelt het.
ONTHOU OOK: Ligter heuning neem langer om te kristaliseer as donker heuning.
Donker heuning se yster inhoud is meer as ligte heuning s’n.
NOG ENKELE VOORDELE van HEUNING
Vanweë
die terapeutiese, voorkomende en hoë voedingswaarde is heuning nuttig vir kinders en volwassenes,
dit bly nie lank in die maag nie en die vinnige vertering
beteken dit kan vinnig opgeneem word in die limfatiese stelsel om die bloed te bereik.
Behandeling van verteringsteurnisse -dit verhoog die aktiwiteit van die ingewande en veroorsaak
nie fermentasie vir pasiënte met spysverteringskanaal en irritasie van die spysverteringstelsel kanale
en wande nie, en werk mee om die proses van weefsel metabolisme te stimuleer en maak die uitvoer
van gifstowwe maklik .
Kanselleer die impak
van 'n oormaat suur in die maag sal verhoed dat maagsere van die maag en duodenum vererger.
Word gemeng met heuning en stuifmeel en koninklike jellie -Om
pyn te verlig - die genesing van weefsels in alle vorme van wonde – is anti-bakterieël.
Help met die Behandeling van chroniese hepatitis en ontsteking
van die galblaas
Heuning werk ten
gunste van hartsiektes , versterk die hartspier want die teenwoordigheid van glukose en heuning, voed die hartspier - elke
dag (100-150 gm)
Help met die behandeling van anemie
en verhoog die hemoglobien in die bloed ( ryk aan Vitamien B 12 en vitamien C)
Verlig slaaploosheid
Gebruik in
die behandeling van senuwee hoofpyn en inflammasie, want dit bevat (vitamien B 1)
Behandel rumatiek en artritis (heuning, stuifmeel en koninklike gelei)
Weerstand van seksuele impotensie en onvrugbaarheid
Werk om die groei van bene en tande te verbeter en te verhoed dat die risiko van ragitis by
kinders voorkom (kalsium en fosfor)
Strelend
en nuttig vir droë keel en droë hoes , het goeie potensiële impak by
ontsteking van die mangels en keel
Nuttig
by voeding vir pasiënte in herstellingsoorde en speel ‘n rol in teen veroudering by koma-pasiente.
Voordelig vir vroue: Behandeling van menstruele pyn en sametrekking
van die uterus en pre-eklampsie en word gebruik in die behandeling van borskanker. Swanger vroue tydens swangerskap, werk
braking teen, versterk die sametrekkings van die uterus tydens geboorte.
Baie nuttig vir die vel van vroue, nael versorging
en vermindering van plooie !
Heuning word
beskou as ‘n anti-bloedings middel en help dus om bloedstolling te bespoedig.
Verbeter sig-vermoë (vitamien B2) Voorkom nag blindheid en infeksies
van die kornea en konjunktiva en die rand van die ooglid en chroniese inflammasie van die kornea (vitamien A)
Help met velbesering tydens herpes besmetting en psoriase, ryk
aanVitamien E
Behandeling van infeksies van die
tandvleis, nuttig vir die kinders wanneer hulle tandekry, help met koorsblare op die tong, tandbederf en gekraakte lippe,
ryk aan (fluoor)
Verlaag bloedsuiker diabetes: Die
teenwoordigheid van fruktose en sy Alzylaihtaj Insulien vir verbranding bevat 'n stof soortgelyk aan Alonsoliyn wat bloedsuiker
in toom hou.
Heuning verhoog Anti-mikrobiese weerstand.
Heuning is goed in die behandeling van hardlywigheid en aambeie!
Jy kan selfs gewig verloor , want dis glo wetenskaplik
bewys dat heuning 'n anti-vetsug hormoon bevat,dus laat dit die liggaam sodat die liggaam vet kan
verbrand!
Die wetenskap begin nou eers om te bewys
wat ons voorouers al lankal geweet het en dit is dat heuning goed is vir ´n mens. Een van die dae sal die wetenskaplikes
miskien ´n heuningpil maak wat ons kan gebruik om ons te help verlos van al ons pyne skete en kwale.
Hoe dit ookal sy, en of jy nou alles wat hier bo staan, vir soetheuning
opeet of nie, HEUNING het bewese voordele, en soms dalk ‘n paar onbewese eienskappe, maar dit is nie te versmaai
nie!
Niemand kan stry nie, HEUNING is pragtig,
HEUNING is heerlik en HEUNING is kos van Bo!!
So,
geniet dit net!
As jy NOG oor HEUNING wil weet,
gaan kuier ook gerus hier:
http://www.health-benefits-of-honey.com/index.html
Volia!!
STUKKIE
KLETS:
Dagsê julle!!
Die afgelope naweek was ek vasgenael voor die
TV. Hoe allerverskriklik om te sien hoe die mense van Japan se omstandighede voor jou oë radikaal verander!
Hoe die pynlike smarte voor jou ontvou asof in ‘n surrealistiese film.
Uur op uur word die beelde herhaal en elke keer kom ‘n bietjie meer
kommentaar by.
Ek kan identifiseer-
op klein skaal. Ek weet hoe ek gevoel het toe die waters van die Grote Gariep al hoër gestyg het. Hoe die waters die
fondasies van ons nuwe oewerkaia begin uitkalf het. Hoe die besluite geneem moes word om te ontruim…
LW, ek sê, ek kan identifiseer OP KLEIN SKAAL.(Gemeet
aan wat in Japan gebeur het, is ons s'n nie eers op 'n skaal nie !!)
En tog was dit vir my ‘n emosionele reis. En ek kyk na die kinder gesiggies op TV,
wat stil en ”composed” kalm na alles om hul kyk. Ek wat so verbaal alles wat ek gevoel het met almal wou deel!
My “ontberinge” is nou in retrospeksie
slegs ‘n afbeelding, ‘n minimale gewig in die skaal van proporsionele grote teenoor hierdie ramp wat hierdie mense
getref het. Hoe bloei my hart!
Na
die vloede ons “geteister” het, het ek na my aardse goedjies gekyk en gedink, ja ek het daarvan afskeid geneem
eintlik…nou waardeer ek alles weer te meer…tot ek gesien het hoe niks vir hulle in Japan oorgebly het nie- hoe
bloei my hart!
Ek voel klein en
skaam om so vasgenael te sit en kyk na die pyn en verlies van ander- tog, tog vul dit my met onuitspreeklike dankbaarheid
oor alles wat ek het- maar ook met skaamte oor ek in die lig van die afgelope maande se vloede hier tuis op my voorstoep,
gedink het wat my getref het was erg!
Tot
jy sien wat met ander gebeur, dan besef jy weer en weer jou eie lot is so ongelooflik geseënd en lig! En ons bid, laat
hierdie beker tog by my verbygaan! Waarom?
Waarom
moet dit MY gespaar word? En hierdie mense nie? Is ek dan op meer genade as hulle geregtig? Mag ek aanspraak maak daarop dat
swaarkry en rampe my nie tref nie? Op grond waarvan?!
Ek, sondaar! Wees my genadig!
Mag
dit my gespaar word dat ek nooit weer sal bid vir luukshede nie, en mag ek daagliks meer en meer dankbaar bly vir elke klein
guns van Genade uit my Pappa-God se Vrygewende hand!
NOU Ietsie oor BUNNY CHOWS…
Bunny chow is 'n eg Suid-Afrikaanse dis. Basies is dit kerrie wat in brood bedien word. Op
die stadium is daar net eenstemmigheid dat dit in Durban begin het en dat dit as gevolg van Apartheid was... Die "oplossing"
was om 'n kwart brood uit te hol en die kerrie daarin te skep en dit so te verkoop vir buite eet...
Sny 'n brood in vier en hol die kwarte uit.
1 ui
1 knoffelhuisie, in papierdun
skywe gesny
5 komyn
5 ml borrie
10 ml
kerrie
1 blikkie gekapte tamaties
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 blikkie gebakte bone
10
ml olyfolie
sout en varsgemaalde peper
1 groen rissie, fyn opgesny
Braai die ui en knoffel in die olie tot glaserig. Roer die soetrissie, rissie, komyn, borrie
en kerrie by en braai vir nog een minuut. Gooi die tamaties en bone by en prut vir 15 minute oor lae hitte. Toets vir sout
en peper.
My persoonlike gunsteling kerrie is seekos...
Peter
sê: Myne is bees of hoender wat ek dan soos gewoonlik maak en dit dan uit die uitgeholde kwart brood eet. Ook 'n anderse
manier om te onthaal met geen skottelgoed na die ete nie! Ook lekker vir kampeerkos! Onthou: Die tradisionele drankie saam
met Bunny chow is Cream Soda!
Ditto! Peter!
Maak sommer jou eie variasie hiervan met vetkoek of met
Peter se MAKLIKE ROOSTERKOEK
500 g Bruismeel (1 pakkie)
340 ml bier ( 1 blikkie)
5 ml (1 t) sout
olyfolie
Metode
Meng die bestanddele deeglik
en knie. Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld
om.
Variasie: Voeg 5 ml (1 t) gekapte knoffel,
125 ml (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.
STUKKIE KLETS:
MAART 2011
Dit is die derde maand van hierdie jaar 2011!!
Nou, hierdie tyd van die jaar by ons is ek lelik LUI vir kosmaak...Wie wil nou ook kosmaak
as jy net land toe kan stap en VARS GROENMIELIES kan gaan afpluk!!
Groenmielietyd gaan so gou verby dan word dit hard en is dit wag tot volgende seisoen en
glo my, die lus daarvoor betrap mens soms ongevraagd!
MIELIE-WENKE
* ’n Maklike, vinnige manier om mielies gaar te maak is om die mielie in sy blare op kombuispapier
in die mikrogolf te plaas vir 2-4minute (vol sterkte). Vir elke bykomende mielie moet daar nog 2 minute bygevoeg word.
* Heel mielies kan vir ’n jaar bevrore bly, die pitte
net 3 – 4 maande.
* Draai mielies in foelie
toe, met vars kruie of ’n stukkie suurlemoen, en braai oor die kole − ’n lekker alternatief vir botter en
sout.
* Sny gaar mielies in ringe van 3 cm en ryg
saam met soetrissie en olywe op sosatiestokkies. Braai oor die kole.
* Sny sowat 10 mieliekoppe se mielies af, maal dit fyn en meng met ½ t sout, en stoom in blikkies
gaar vir sowat 1 ½ uur – of plaas lepelsvol hiervan – gemeng met 1 eier en ½ k bruismeel op ‘n
mielieblaar, vou toe en steek vas met ‘n tandestokkie, (of op foelie) en “bak” op die kole...
* geroomde suikermielies = roommielies = roomsoort mielies
= (Sweetcorn) !!
* Gaan loer by vorige plasings,
daar is nog heerlike MIELIE GEREGTE op hierdie werf!
Of dit nou VOORGEREG, HOOFGEREG of NAGEREG is, MIELIES bly
voortreflik!
ANDA NIEUWOUDT SE MIELIESOP
(bedien 4)
2 patats,
geskil en in blokkies gesny
2 liter aftreksel (groente
/ hoender)
1 bottel bier
10 ml fyngemaalde komyn
1
lourierblaar
1 ui, fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
olyfolie
1 blikkie geroomde mielies
2 rissies, pitte verwyder en fyn opgesny
500 ml melk
125
ml room
450 g Cheddar, gerasper
vars gekapte koljander
sout
en varsgemaalde swartpeper
Braai die uie, rissie
en knoffel in olyfolie tot sag in 'n lekker swaar-boom soppot of drukkoker (sonder sy deksel natuurlik).
Kook die patats sag in helfte van die aftreksel, die bier, die komyn en die lourierblaar.
Verwyder die lourierblaar wanneer die patats sag is.
Voeg
die patats, die res van die aftreksel en die mielies by die uie en knoffel.
Roer die melk en room geleidelik by terwyl dit liggies kook - 15 minute.
Voeg die kaas by (maak seker jou sop is deurwarm) en bedien met vars koljander bo-op.
Party seg :MIELIE TERT (Onbekend) ander seg dis DIRK SE MIELIE TERT ~ RSG. (die enigste verskil
is 20 ml suiker!! 40ml of 60ml!!)
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
40 ml Suiker
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele
goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.
MONICA
VAN SCHALKWYK SE MIELIE GEREG
3 blikkies roomsoort
mielies
3 e botter
6 e koekmeel
6
eiers
3 knippies sout
1½ t bakpoeier
375ml
suiker
¾ k melk
smelt botter en suiker in kastrol
voeg res van bestanddele by – meng goed
voeg mielies by en roer goed deur
bak
180° +- 1uur tot styf
MIELIE GEREG (naamloos)
1 eier
30ml suiker
30ml koekmeel
30ml botter
7ml bakpoeier
1 blik room mielies
Meng alles saam, gooi in plat bak
oond: 180º C
bak gereg tot
goud bruin
laat staan vir 10min
MINNIE
SE MIELIEGEREG
2 blikkies roommielies
½ k mieliemeel
2 eiers
½
k melk
1 k suiker
½ t bakpoeier
1
½ k gaar gebraaide spek, sampioene en uie mengsel
Gerasperde kaas om bo-oor te strooi - opsioneel
Meng alles, skep in oondpan, bak tot gestol!
SARIE - OKTOBER 2009
SE MIELIE-SOUFFLÉ
Jy hoef glad nie bang te
wees om ’n soufflé te maak nie. As jy ’n witsous kan maak, kan jy ook dié soufflé maak (4
porsies)
50 ml botter
50 ml koekmeel
3
ml sout
250 ml melk
250 ml gerasperde cheddarkaas
1 blik (340 g) mieliepitte, gedreineer
4
eiers, geskei
Verhit oond tot 180 °C. Smelt
botter en voeg meel en sout by. Roer tot gladde pasta. Voeg melk bietjies-bietjies by en roer heeltyd tot ’n gladde
pasta vorm. Voeg kaas en mieliepitte by. Haal van hitte af en voeg eiergele een vir een by. Klits eierwitte styf. Skep ’n
groot lepel styfgeklitste eierwit by die mengsel en roer goed deur. Dit breek die mengsel effens. Vou res van eierwitte versigtig
in. Skep mengsel versigtig in ’n gesmeerde oondbak van so 18 – 20 cm. Trek met jou vinger ’n sirkel om die
rand en bak vir 45 minute. Sit onmiddellik voor.
SUIKERMIELIE POFFERTJIES (Soos pampoenpoffers, net makliker,
vinniger en net so heerlik!!- dit kan amper as NAGEREG werk!!)
BESLAG:
1 blik roommielies
1 t bakpoeier
1 k koekmeel
1 eier
Meng alles saam, skep lepelsvol in redelike diep olie en bak
tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
SOUS:
1 k suiker
1/3 k melk
2 t maizena
½ k water
2 t margarine
Knypie
sout
Maak Maizena aan met melk, meng res van bestanddele
in mikrogolfvaste bak of op stoofplaat en verhit tot sous verdik. Roer gereeld. Gooi oor warm mieliepoffertjies en maak seker
almal word met sous bedek! Bedien dadelik!
NOG SUIKERMIELIEPOFFERTJIES
250ml koekmeelblom
10ml
bakpoeier
5ml sout
1ml rooipeper
30ml
margarien (gesmelt)
2 eiers (geskei)
5 ml Uie (gerasper)
300ml Cheddarkaas (gerasper)
420g geroomde suikermielies (Sweetcorn)
Olie
vir vlak vet braai
Sif die droë bestanddele
saam.
Voeg die margarien of botter by.
Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel.
Meng dit goed.
Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik.
Vou die styf geklitste eierwitte in.
Skep
lepelsvol van die beslag in warm olie en bak dit tot goudbruin.
Dreineer goed.
SARIE - MEI 2009 SE MIELIE-VETKOEK
280 g (500 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml botter
250 ml melk
1 blik (410 g) mieliepitte,
gedreineer
sowat 500 ml sonneblomolie
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg
melk by en meng goed. Voeg mielies by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om
te toets of dit
gereed is. As die deeg mooi stadig
bruin braai, is olie reg. Draai die temperatuur laer wanneer vetkoeke begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur
gaar te word. Dreineer op kombuispapier.
Wenk:Gebruik
twee eetlepels om deeg in die olie te skep, en doop die lepels voor elke skep in die warm olie.
ASPERSIES
EN MIELIES
Ligte Middag of Aandete Resep
30 ml ( 2 e ) koekmeelblom
30 ml ( 2 e ) olie of margarien
1 blik ( 410 g ) ingedampte melk
1 ekstra-groot
eier, liggies geklits
1 blik ( 283 g ) aspersielote
1 blik ( 420 g ) mielies, gedreineer
2 ekstra-groot eiers, hard gekook en gekap ( opsioneel )
250 ml ( 1 k ) gerasperde kaas
100 ml vars broodkrummels
Voorverhit oond
tot 180 C en smeer `n dieperige oondbak van 20 cm met botter. Meng meelblom en olie in `n pan en koek ongeveer 1 minuut lank
saam. Voeg ingedampte melk by en roer tot glad; kook dan totdat dit `n dik sous vorm. Geur met sout en peper na smaak. Laat
effens afkoel en voeg geklitste eier by. Roer deur. Voeg aspersies, mielies en hard gekookte eier by. Skep in voorbereide
bak en sprinkel kaas en broodkrummels bo-oor. Plaas klein stukkies botter bo-op en bak 20 minute lank tot goudbruin en gaar.
MIELIE-KONKOKSIE
Hier is nou 'n maklike gereg! Hierdie resep kom van Isca Scorgie
van Warmbad. Sy
was die stigter van Huis Tekna,
'n huis vir verwaarloosde en mishandelde kinders.
1
blikkie suikermielies
1 blikkie pitmielies
½ koppie suiker
1 groot eetlepel maizena
1 teelepel bakpoeier
3-4 eiers (geklits)
Metode:
Meng al die bestanddele en bak vir 1 uur by 180ºC.
Bedien saam met ontbyt of saam met braaivleis.
MIELIEBROOD IN 'N POTJIE
OP DIE VUUR
500g bruismeel
1/2 teelepel sout
1
koppie melk
2 eiers
1 blikkie geroomde suikermielies 410g
Bietjie pietersielie en paprika vir versiering
Metode
Vryf jou platboompotjie goed in
met bietjie olie (deksel ook). Meng al die bestanddele saam en stoom dit stadig oor lae hitte (omtrent 'n uur). Dis ook lekker
om bietjie kaas, spek en gebraaide uie in te roer.
ANSA se MIELIEBROOD
1 blik soetmielies
1
pakkie bruismeel( 500g)
1 eier
1 houerkarringmelk (500ml)
1 knippie sout
Meng alles en bak vir 1
uur in matig warm oond.
( 500ml melk + 2 e asyn
+ vervanging vir die karringmelk!)
MIELIMEEL MIELIEBROOD
Klop saam:
¾
k suiker
2 e olie
3 eiers
Sif saam:
1 k mieliemeel
1 k koekmeel
2 e bakpoeier
1 t sout
Meng alles en voeg by: 1 blikkie roommielies ¼ k melk.
Meng alles en bak vir 1 uur in matig warm oond.
WENNER MIELIEMEEL
SKEPBROOD
500 ml melk
170 ml mieliemeel
2
ml sout
45 g botter
4 eiers geskei
Oond
180º C
Laat melk opkook, verlaag hitte en roere
mieliemeel en sout in melk in. Hou aan roer tot dik. Voeg botter by, verwyder van hitte en laat effe afkoel. Voeg eiergele
een vir een by. Klop eierwitte styf en vou in. Plaas in gesmeerde kasserolbak en bak sowat 40 minute. Sit voor met botter
of eet saam met die sousie van ‘n stowegereg of saam met braaivleis!
MAKLIKE MIELIEBROOD
1 kop. meelblom
1 blik geroomde soort suikermielies
3 eiers
1/2 kop. suiker
1 kop. mieliemeel ( fyn )
3 tl. bakpoeier
sout
Klits eiers en voeg die res van bestanddele by. Gooi in gesmeerde
broodpan. Kook n bietjie water in n groot kastrol en plaas die broodpan daarin. Laat dit vinnig stoom in die toe kastrol vir
+ - 20 minute. As die water wegkook, kan dit na 10 minute weer aangevul word.
HANS HAINES
SE SPEK-EN-MIELIE-KAASBROODJIE
1 klein blikkie suikermielies
(roomsoort)
1 klein tot medium ui, fyn gekap
1 pakkie spek, sonder swoerd
1 koppie cheddar
6
snye brood liggies gesmeer met botter. (dag-oud brood werk goed)
Aromat
Braai die ui in botter of
olie tot sag . Gebruik min olie of botter. Snipper die spek en voeg by die ui wat braai, hier kom die verdere olie van die
spek wat sal uitbraai. Braai tot spek na jou smaak gaar is. Voeg nou die mielies en helfte van die kaas by en roer deur tot
die kaas gesmelt het en die mielies warm is. Laat effens afkoel en skep eweredig oor die ses snye brood wat op ʼn bakplaat
gesit is. Strooi Aromat oor en versprei die res van die kaas oor die brood. Plaas onder die roosterelement van die oond en
rooster tot die kaas gesmelt het. Sit voor met goeie koffie en jy het n redelike ontbyt of ligte Sondag-aand happie.
(Erkenning vir foto’s goedgunstiglik geleen: SARIEKOS
se webwerf.)
STUKKIE KLETS:
GESKENKIE: Gaan loer gerus hier!
http://www.allexplore.com/id582.htm
http://www.allexplore.com/id192.htm
(Ag ja, en wat sal jul tog sonder my doen! Vir diegene vir wie dit werklik
net te omslagtig gaan wees om al die resepte bymekaar te maak, kontak my gerus, en ek stuur dit alles SONDER die foto’s!
in Word-formaat graag aan jou! Vra net vir die UIT DE KOMBUIS AFRIKAANSE RESEPTE !)
28 Februarie! Nee, dis nie die dag voor Skrikkeldag in ‘n Skrikkeljaar
nie, maar dit is hierdie jaar se laaste dag in Februarie!
Wanneer is Skrikkeljaar nou weer? ...op ‘n paar na, Elke jaar wat deur 4 gedeel kan word...dus
volgende jaar behoort weer 29 dae in Februarie te hê...
22 Februarie, So, tussen die ontruimings vir potensiële vloedskade, terugtrek, herbouery van
uitgekalwe fondasies en bou van nuwe terrasse en die blote aangaan met die lewe, het my kuikens hul vlerke wyd gesprei en
is een tans in die Bahamas op 'n groot skeep as Duik Instrukteur doenig, en die ander een pas terug na 'n besoek aan Georgia
saam met ‘n TLU inisiatief...
Kan
mens glo dat daar 'n tyd was toe die wêreld nog so groot was dat jou enigste twee kuikens onmoontlik so wyd en ver van
die huis af kon gaan? Die wêreld het voorwaar gekrimp mens kan via die tegnologie almal se voetspore navolg, enige plek
besoek en verken, en mens wonder of daar nog mense is wat kan aanspraak maak daarop dat hul werklik 'n on-virtuele eksklusiewe
plek het waar net hul woon en net hul die padkaart daarheen ken!
Virtuele en digitale beelde het so bekend en deel van vandag se lewe geword
soos Anderson en Broeder Grimm se Sprokies tekeninge vir ons was toe ons kinders was. Lank lank gelede, toe die wye wêreld
daarbuite, en reis en soetkys net vir Prinse en Konings beskore was...
So kry ek die lieflikste foto’s van Georgia, balkonne en hekke en buitelug oonde waarin
ruit-gevormde broodjies teen die kante bak tot goudbruin heerlikhede- net die reuk daarvan ontbreek.
(Wanneer gaan iemand uitvind hoe ons ook geure en reuke digitaal sal kan versend?)…
Ek moes meer van die brode te wete kom!
Hulle word tonis puri genoem [Georgian Baton
Bread (Shotis Puri),
kiln bread,
of Tandoor Oven Bread!]
Dankie aan
Bennie van Zyl (TLU) wie se foto’s ek plaas en vir sy hulp om die resep op te spoor!
Erkenning ook aan THE GEORGIAN FEAST van D Goldstein, asook Mc
Seas, Ivan, Jeffrey Alford en Naomi Duguid vir al hul inligting!
AGTERGROND
Georgia:
Hoofstad is Tbilisi.
Republiek
van Georgia, omtrent 27,000 vierkante myl.
TONE BREAD (Georgian: თონის პური Tonis
Puri ) is a type of Georgian bread, baked in specific bakery called tone or torne/turne (old Georgian). The bread is served
as any other bread but it tends to be more popular on special celebrations such as Easter, Christmas, New Year's Day, as well
as birthdays and weddings.
PURI
(TONIS PURI) – the Georgian bread staple. Baked in a ceramic circular hearth oven with the dough stuck to the side (like
Indian naan), puri comes out moist and sourdoughy, perfectly tainted with black bits from the oven. Its edges are browned
and taste faintly of matzo.
Maar,
Hoe Kan Jy TRADISIONELE Tonis Puri’s oftewel Tandoor-Styl platbrood uit jou eie oond, bak SONDER DIE REGTE OOND??
Wel jy kan! (Volgens Fine Cooking, October/November,
2001)
Oond gebakte platbrode is
die ideale inleiding tot broodbak. Hul onreëlmatige vorms is juis hul aantreklikheid en nuweling bakkers hoef nie daardie
onvolmaakte broodjie te vrees nie en kan dus ontspan en dit net geniet! Omdat dit ook plat en dun broodjies is, en in 'n warm
oond bak, bak dit baie vinnig en is dus vinnig gereed, binne 5-10 minute!
Die tipiese TANDOOR oond waar die brode teen die binne wande bokant kole gebak word verskaf
'n krakerige onderkant met 'n sagter bo-kors.
As
jy nie 'n tradisionele TANDOOR of Pizza-oond het nie is 'N BAKKLIP / ongeglasuurde KLEI-TEEL of PIZZA STEEN in 'n BAIE warm
oond die sleutel tot jou eie Tonis Puri broodjies!
Plaas net jou teël op jou bak-rak in jou oond. Die teël behoort die hele rak vol te lê –
hoe groter hoe beter- met sowat 1-2 duim spasie reg rondom vir lug sirkulasie. Pizza stene is gewoonlik sowat 1-2 cm dik.
Verhit jou oond sowat 20 minute voordat jy die brode insit om die bak-klip goed warm te kry.
Gebruik dan 'n plat plaat sonder randjie as jy nie 'n Pizza-spaan
het nie om die deeg op die bak-klip in die warm oond te kry en ook weer daaruit te kry!
Die tradisionele GEORGIA-OOND: ‘n FOTO-STORIE op
sy eie!
1.Die deeg word volgens
resep gemeng, geknie, laat rys, en afgeknie .
2.Die
bakker maak deegballe in plat ruit vorms, en “plak” dit met ‘n hout spaan teen die kante van die oond.
3. Dan bak dit 6-8 min bokant kole of soms
bokant ‘n gasvlam.
4.
Sodra gaar, word die brode met ‘n hout stok raakgevat-gesteek en uitgehaal vanuit die baie warm oond en Siedaar! Gereed
vir eet!
Die GEHEIM lê in
die hoeveelheid SOUT! Teveel, en die brood smaak goor, te min en die deeg klou nie aan die oond-wande terwyl dit daar bak
nie!

Die TONIS PURI RESEP:
1
t aktiewe droë gis
2 ½
k louwarm water
1 k volgraan broodmeel
Sowat 5 en 'n derde k ongebleikte veeldoelige koekmeel, soos
benodig(!)
1 e growwe sout
Los die gis in die lou-water op, begin dan die meel bietjies-bietjies byvoeg. Roer in dieselfde
rigting. Hierdie eenrigting roer beweging veroorsaak lang GLUTEN stringe. Tydens die knie proses word hierdie stringe oor
en oor oormekaar ingevou wat die komplekse sel struktuur van die deeg vorm wat later sal uitsit en verstewig tydens die bakproses,
en sodoende ons die regte tekstuur sal gee!
As jy
omtrent 2/3 van die meel bygevoeg het sal dit te styf raak vir roer. Nou keer jy die deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak
en begin knie –gebruik jou orige meel hiervoor soos wat jy knie tel die deeg self die meel by.
Hoe meer meel jy gebruik hoe stywer jou deeg en droër jou brood, hoe minder jy gebruik
hoe taaier en sagter die deeg. Knie tot jou hande skoon kom en die deeg glad en elasties is en nie meer aan jou hande vassit
nie.
'n Langer rys-tyd by 'n kouer temperatuur –
soos oornag net onder
75°F, gee beter resultate
as 'n kort rys tydperk by warm temperatuur. Die stadiger fermenteer proses verskaf ook daardie dieper ryker kenmerkende broodsuurdeeg-geur.
Maar jy HOEF nie dit die vorige aand al te knie soos onse (Georgiese)
oumas dit gedoen het as jy nie wil nie!
Vorm jou aparte broodjies en laat dit rus vir sowat 20 minute, dan kan jy dit makliker rek en strek in die vorm wat
jy dit wil hê. As jy dit eers plat gemaak het moet dit nie omkeer nie, want jy wil nie 'n meel oppervlakte bo hê
nie.
Plaas die deeg in die warm oond op jou bak-klip,
dit sal dadelik vassit daaraan. Sodra die kors onder begin opkrul en bo goudbruin kolle uitslaan is jou broodjies gereed!
Laat vir sowat 5 minute op 'n afkoelrak afkoel, dit sal effe oppof, stoom uitlaat en dan ferm wees. Maar eet dit egter net
so heerlik warm!
En as dit als vir jou gans te erg
klink, probeer dan sommer hierdie flatervrye PIZZA DEEG –dit proe amper net soos die ware Jakob (verseker my seun my!)-
verander net die vorm en bedien sonder bolaag!! – of dan as jy moet, met net 'n dun smeersel knoffel en pietersieliebotter
of korrelmosterd en Mozarella kaas...
Bestanddele:
600 g witbroodmeel
1 pakkie kitssuurdeeg
30 ml olyfolie
10 ml sout
Ongeveer 300ml louwarm
water
Metode:
1. Meng die witbroodmeel, suurdeeg, olyfolie en sout in ‘n groot mengbak. Maak ‘n
holte in die meelmengsel en gooi die water in. Meng met skoon hande. Voeg nog water by indien nodig om stywe deeg te vorm.
2. Knie vir 10 minute. Verdeel in 4 ewe groot balle. Maak die
bak met kleefplastiek toe en laat rys tot dubbel die grootte.
3. Sit op oppervlakte wat met meel bestrooi is en rol uit om pizzabasis –of jou Tonis Puri broodjies te maak!
[Klaar uitgerolde pizzabasisse kan vir tot ‘n maand in
die vrieskas gehou word. Pak dit doodeenvoudig tussen lae kleefplastiek. Maak net seker die deeg is heeltemal met die kleefplastiek
bedek anders droog dit uit.]
Oppas vir brand!!

Nog 'n paar GEORGIESE DISSE wat jy tuis kan probeer!
KHACHAPURI
200 ml joghurt, suurmelk of wei
3
eiers,
Broodmeel of koekmeel
0,5 kg Kaas (feta werk goed)
25-50 g botter
½ t sout
Klits 2 eiers en die joghurt en sout en maak verder aan met
meel tot ‘n sagte nie taai deeg. Verdeel deeg in 4 stukke. Rol elke deel omtrent 1 cm dik uit. Krummel
die kaas en meng dit met die ander eier en die botter. Verdeel kaas mengsel tussen die 4 dele deeg en Smeer oor elke stuk
deeg. Plaas deeg lae op mekaar. Druk stewig vas of rol liggies platter. Diepbraai die Khachapuri nou in
‘n swaarboom pan in botter tot ligbruin aan onderkant. Sodra dit onder bruin is, draai dit versigtig om, borsel gebraaide
kant met botter en bedien dan dadelik in wig-snitte!
LABDA (AARTAPPEL PANNEKOEK)
Labda is ‘n PAAS spesialiteit van die Georgiaanse Jode, maar hierdie groot pannekoeke
maak ‘n vullende aandete enige tyd van die jaar!
2
k fyn gedrukte geskilde, gekookte aartappels
1 k
gekapte neute
2 e fyn gekapte vars pietersielie
½ t sout
vars gemaalde swart peper
3 groot
eiers geklits
Meng alles.
Verhit nou 1 e botter en 1 e olie in ‘n vlak pan, skep al die beslag daarin, en druk
plat en braai tot goudbruin en amper bros. Laat op ‘n bord uitgly. Verhit weer 1 e botter en 1 e olie, plaas halfgaar
pannekoek terug in warm olie en braai die anderkant ook tot bruin en bros. Bedien ook in wiggies.
Jy kan ook as jy wil i.p.v die pannekoek weer in verhitte olie aan die anderkant ook te braai,
die pan bloot in die oond onder die rooster druk sodat die bokant so verder kan gaarbak.
KADA
(BOTTER PASTEI)
Deeg:
1 ½ k witbroodmeel
¼ t sout
½ k water
6 e gesmelte botter
Vulsel
2 e koekmeel
3 e botter
½ k suiker
1
eiergeel geklits
Plaas broodmeel in ‘n groot
bak, vorm holte in middel en voeg sout en water by en maak aan tot ‘n ferm deeg, knie goed vir sowat 1 minuut. Rol uit
in ‘n reghoek. Smeer die deeg met gesmelte botter, vou in kwarte, draai toe in waspapier en laat rus in yskas vir 10
tot 15 minute. Herhaal hierdie proses nog 2 keer. (3keer in totaal) Laat yskoud word.
Berei nou intussen die vulsel:Braai die koekmeel droog in ‘n warm pan tot dit begin
verkleur, maar moenie die meel skroei nie. Voeg nou die botter by en roer goed tot die botter smelt, en die mengsel glad is.
Verwyder van hitte en roer die suiker by. Laat afkoel.
Voorverhit
oond tot 350°F .Stuif ‘n 10-duim pasteibord liggies met meel. Rol die deeg nou uit tot ‘n reghoek, bedek met
die vulsel en rol in die lengte op soos ‘n rolkoek. Rek die rol nou met die hand liggies uit tot langerige “wors”.
Plaas die deeg-wors nou opgerol soos at mens wors in ‘n pan sou sit in die pastei-bak, met die soomkant na onder. Druk
die begin en eindpunte met koue water goed toe. Borsel die deeg-ring met die geklitste eiergeel. Bak tot ligbruin vir sowat,
45 tot 50 minute.Verwyder uit bak en laat afkoel. Bedien lou.
GEORGIESE VRUGTE PASTEIE
6 e bakpoeier
2 t gemaalde kaneel
6 ¼
k koekmeel
1 t sout
½ t All spice
12 g bruin suiker
½
k stroop of heuning
2 k Rosyne
2 k room
2 k roomkaas
(feta werk goed maar laat dan die sout weg)
4 k
gekapte vars appel stukkies
1/3 k pruimedante puree
1/3 k Appel sous
1/3 k perske puree
1/3
k Water
Meng droë bestanddele saam, gooi die
vloeistowwe , behalwe die room oor, frummel die kaas oor , meng alles nou met die hand in tot goed deurgemeng. Laaste die
appel en rosyne, en dan die room. Meng goed deur. Vorm 24 deeg balle, druk effe plat en vorm in pastei-vorms as jy wil. Bak
op gesmeerde bakplaat vir 50-55 minute in voorverhitte oond teen 300 º F.
STUKKIE
KLETS:
VIR DIEGENE WAT NOU WONDER...:
Fahrenheit Celsius
Gas Beskrywing
225 110
1/4 Baie stadig
250 120/130
1/2 Baie stadig
275 140
1 Stadig
300
150 2
Stadig
325
160/170 3 Matig
350
180 4
Matig
375
190 5
Matig
400
200 6
Matig
425
220 7
Warm
450
230 8
Warm
475
240 9
Baie warm
Kliek ook hier:
http://www.allexplore.com/id582.htm
En
heerlike bonus: http://www.allexplore.com/id192.htm
Voila!!
Geniet
dit!
14 Februarie 2011: Ons is uiteindelik
weer terug getrek in onse Oewerkaia wat ons moes ontruim het weens die vloede...
En op hierdie “spesiale” dag het my “aandete” toe
‘n laatmiddag-ete geword want die manne het honger ingekom en verslind wat reeds gaar was sonder om te wag vir die volledige
aandete! Maar honger is 'n goeie kok en ek kla dus nie! Vir “Valentynsdag-aandete” het ons toe volstaan met 'n
koppie tee en 'n “Tinkie”...
Hester het geskryf: ek is op soek na ñ wasgoed bondeltjie resep. Baie dankie
Hester!
SAGTE TUNA PASTEITJIES / TUNA WASGOEDBONDELTJIES
(Enige ander spek of maalvleis vulsel kan ook gebruik word.)
VULSEL
2 blikkies tuna, gedreineer
en gevlok
2ml mosterd
3 Etl vars pietersielie
Sout,
swart peper, paprika na smaak
½ kp fyn gerasperde
kaas
1 pakkie tamatie pasta
1 groot fyn gerasperde ui
Meng alles, hou gereed.
DEEG
4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g botter
Yswater
Vryf smeer in droë
bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg.
Rol
dunnerig uit.
Vir WASGOED BONDELTJIES :
Druk vierkantige vormpies uit deeg uit, skep lepel vulsel in middel, bring hoeke bymekaar
en steek vas met heel naeltjie.
Bak in diep olie
tot goudbruin, plaas op kombuispapier om te dreineer.
Vir PASTEITJIES:
Druk sirkel vormpies uit deeg uit, skep vulsel in middel en vou oor mekaar tot halfmaan pasteitjie,
druk halfmaan kante goed met vurk vas, smeer bo-oor met geklopte eiergeel wat met gesmelte botter geklits
is.
Bak in oond tot goudbruin OF ook in diep olie!!
En terwyl ons met hierdie manier van southappies maak besig is, probeer
ook gerus hierdie BLAASOPPIES.
3 kp meelblom
1 ½ tl sout
5 eiers
Sif meel
en sout saam, Voeg eiers een vir een by tot ferm kniebare deeg. Knie goed.
Rek en trek deeg. Rol dun uit, druk vormpies uit deeg uit.
Bak in diep olie.
Skep enige vulsel
daarop!
Voila!!
Martie
Weyers se versugting is ook baie ander s’n: Hoe om regtig gewig te verloor en dit af te hou!
Martie, daar is heelwat oulike wenke al op die werfie geplaas, maar ek volstaan met die volgende:
Stap elke dag, en eet reg.
Begin met 10 min se wegstap, en 10 min terug Huistoe. (20min in total) vir die 1ste week.
Dan volg week, 15 min se wegstap, 15 min terug, die week daarna 20 min se weg en terug en die week daarna 30 min weg en 30
min terug. % dae per week. Stap so vinnig: 120 treë per minuut.
Eet reg: Baie groente en vrugte, min stysel en suikers en sny witbrood en witrys en witpasta ens. uit.
Los die tussen in peusel.
Gebruik min vette en eet maer vleis, en nie teveel eiers nie.
Vetvrye melk en jogurt.
DRINK
BAIE WATER!
Dis die basis en dit werk regtig want
dis nie so drasties nie en mens kan daarmee volhou.
Dit
word LEEFWYSE nie dieet nie. As mens op dieet gaan moet mens weer daarvan afgaan dis hoekom dit nie werk nie, maar as jy jou
leefwyse aanpas vat dit effe langer maar dit werk en hou vir altyd die vetrolletjies weg.
En wees realisties. Kyk hoe lank jy is, en hoe oud jy is, en werk jou BMI uit (op die werfie
is daar ‘n omsetter by die tabelle bladsy)Gebruik jou BMI as RIGTINGWYSER. Onthou net niemand sal ooit weer weeg wat
iemand geweeg het toe ons jonk was nie, maar as jy bv 6-7 kg meer as op jou maerste kan draai en dit konstant kan hou
dan is jy 100% reg.(Ek is baie kort - was altyd–46 kg- ek sal dit nooit weer sien nie en wie wil nou ook! Nou
is ek Honkey-Dorey met tussen 55-60kg en dis amper 10+ meer as my maerste tyd!! Maar ek’s gelukkig in my vel en niemand
sien werklik die paar ekstras nie hul kyk mos na jou glimlag mens! En ons is mos slim genoeg om reg aan te trek ook mos...!)
As ‘n rigtingwyser: ‘n vrou van sowat 1.65m behoort
tussen 55-65 kg te weeg.
As jy tussen 1.6 en 1.7m
lank is en tussen 40-60 jr oud is, mik vir 60kg.
AS
jy dit vir meer as ‘n jaar daarop kan hou sal jy nie weer gewig optel nie.
Sterkte!!
Marietjie van der Merwe, is ook op soek na
die kristalle wat haar ouma hulle gebruik het om gemmerbier mee te maak...

Marietjie, daar is baie navrae
hiervoor maar ek kon dit nog nie opspoor om vir jou in SA te sê waar om te kry nie.
Een van ons lesers het egter van hierdie kristalle vanaf Australië aangekoop, die regte
naam is: WATER of SUIKER KEFIR.
Ek het van die leseres
die belofte gekry sodra sy haar kristalle (party noem dit “bye”) het sal sy vir my laat weet en dit dalk ook beskikbaar
stel aan julle wat daarna vra.
Hou die werfie dop
vir die aankondiging hoor! (Op werfie is heelwat oor KEFIR geplaas ook en ook adresse waar jy meer hieroor kan oplees.
Ekself is ‘n Melk-KEFIR-MAISTER, en dit is heerlik om altyd
vars jogurt in die huis te kan hê!
As jy in
Pretoria omgewing is kan ek vir jou daarvan laat kry.)
Kyk watter heerlikhede loop
ek raak... o.a. ’n paar Begin die dag met 'n lag se resepte...
HEERLIKE SOUS VIR VLEIS (Van Alta)
Kerf
1 pakkie sampioene dun en braai in groot eetlepel opgehoopte margarien
Gooi by 1 bakkie opgehoopte margarien
Gooi
by 1 bakkie vars room en
1 blokkie hoender ekstrak
(net so)
Bind met 1½ teelepel maizena
Proe of sout genoeg is
Geur met swart peper, suurlemoenpeper na smaak.
1 Bossie grasuie 1 cm stukkies gesny asook die lowwe.Meng.
MARA SE SOUS
Bestanddele :
Sampioene
'Bacon' 250 gram
1 bakkie room
Braai sampioene en spek saam
Meng
met room en bedien oor aartappels.
SOUTTERT (van Rassie)
1 blik (113g) Weense worsies , fyn gemaak
1 koppie kaas
1 koppie melk
2 eiers
1 teelepel mosterd
1 eetlepel meel
sout en peper na smaak
Meng alles en bak by 180° tot ligbruin. Omtrent 20 min.
TAMATIE HOENDERLEWERTJIES
(van Rassie)
2 houers (250g elk) hoender lewertjies,
skoongemaak
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
, olie
1 uie in ringe gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
200g sampioene in skywe gesny
2 ryp tamaties, ontvel en in blokkies gesny
10ml
tamatiesous
25 - 50 ml worcestersous
Geur die hoender lewertjies na smaak met sout en peper en braai
in 'n bietjie
olie tot bruin van buite, maar nog
ligpienk van binne. Skep uit en hou eenkant.
Soteer
die uie en soetrissie in dieselfde pan tot sag. Voeg die sampioene by
en roerbraai tot ligbruin. Voeg die tamatieblokkies by. Meng die tamatie en
worcestersous, voeg by die sampioen mengsel en prut tot 'n moes. Skep die hoender lewertjies
terug in die pan en prut tot die gereg lekker warm is. Geur weer met sout en peper indien nodig. Dien op met rys.
SPINASIEGEREG (van Rassie)
1 Rol
blaardeeg
1 Pak spinasie
250ml suurroom
2
Fetakaas sirkels
½ pak spek
swartpeper
meel
Voer die bak uit met deeg.
Sny spinasie en kook vir 10 minute. Dreineer baie
goed.
Braai spek. Gooi by spinasie en suurroom. Brokkel fetakaas binne
in spinasie mengsel. Verdik met meel (ongeveer 2 opgehoopte eetlepels).
Skep in deeg. Bak 20 min by 200°C.
MARINDA SE PASTA
1 pak pasta van jou keuse
1 pakkie spek
2
blikkies gerookte mossels
1 blikkie tamatie en uie
smoor
knoffel
witsous of kaassous (sommer die kits pakkies of nog beter maak jou eie)
gerasperde kaas
kook
die pasta volgens die aanwysings
intussen braai
die spek tot lekker bros, voeg knoffel by en braai 1 minuut
gooi tamatie en uie smoor by
dreineer olie
van gerookte mossels en voeg mossels ook by
laat
prut tot warm - sowat 1 minuut
geur met sout (indien
nodig aangesien dit reeds souterig sal wees) en peper
dreineer
gaar pasta en vorm lae met pasta en mengsel in 'n oondvaste bak
gooi die witsous/kaassous oor die gereg en sprinkel gerasperde kaas bo oor
bak in oond tot kaas gesmelt is
sit voor met mengelslaai en lekker vars brood
BEESVLEIS-EN-GROENTEBREDIE
3 pd dikrib
2 eetlepels
meel
2 teelepels sout
kwart teelepel peper
3
eetlepels olie
5 middelmatige wortels
5 klein uie
l klein koolkop
2 koppies ertjies
2 koppies vleis-ekstrak
kwart lb droëperske snippers
Sny vleis, rol in meel, sout en peper en braai bruin in warm olie.
Voeg ekstrak by en laat stadig kook vir 1 uur.
Berei groente en vrugte voor. Sny uie middeldeur en sny die wortels in die lengte.
Voeg groente en perskes by die vleis en laat stowe tot sag.
Kook ertjies apart. Kook koolblare sag.
Haal vleis en groente uit die sous en verdik die sous
Rangskik koolblare in vleisskottel en skep vleis, wortels, perskes en uie
daarop. Versier met ertjies.
SEMELROOMBESKUIT:
1 kg Bruismeel
8 x 250 ml Semels
500 ml Witsuiker
5 ml sout
500 gr Margarien of Botter
1 liter
Room (of ½ room en ½ ingedampte melk)
Verhit
oond tot 180°C
Smeer twee rolkoekpanne van 40
x 27 x 2
Meng die bruismeel, semels, witsuiker en
sout saam
Frummel die smeer daarin
Voeg die room by en meng goed
Druk deeg eweredig met spaan in panne
Sny die deeg in vierkante van ongeveer 4 x 6cm
Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin
Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel
Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek
Droog beskuit uit in koel oond
(Voer
panne uit met waspapier of bakpapier want die beskuit is baie bros en
geneig om vas te sit.
As die deeg
bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word)
GESONDHEIDSBESKUIT RESEP: (van Elizma)
Dit is heerlik en die kinders vra altyd dat ek 'n paar stukkies
nie moet uitdroog nie sodat hulle dit vir koekies kan eet.
1 Kg bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml Sout
4 koppies Semels
½ koppie Klapper
500
g Margarien
500 ml Karringmelk of melk met 2 eetlepels
asyn aangesuur
3 Eiers
1½ koppie Suiker
Sultanas
(opsioneel)
Smeer twee rolkoekpanne. Sif meel, bakpoeier
en sout saam. Voeg
semels en klapper by. Vryf smeer
in meelmengsel. Klits melk, eiers
en suiker saam
tot goed gemeng. Voeg by droë bestanddele by en
meng
goed. Skep deeg in panne en maak gelyk. Sny in klein stukke
en bak teen 180°C. Droog uit.
Wenk
: Indien jy die beskuit growwer verkies kan jy van volkoring bruismeel
gebruik maak.
PEUSEL BROODJIES - vinnig en maklik (van Marlene)
Lang rolletjies of 'French Bread' - daai lang, maer brode
Margarien/botter (opsioneel)
Kaas (Cheddar, Soetmelk, Mozzarella, ens.)
Sny die rolletjies/brood in 'ronde skyfies' en plaas die volgende bo-op:
[Danie - as vulsel 'filling' in Engels is, wat is 'topping' in Afrikaans??]
'Topping' 1:
Rasper die volgende baie fyn - hoeveelhede na smaak - wortel, ui, agurkies.
Meng met mayonnaise en voeg kerriepoeier, sout en peper na smaak by. Smeer
bo-op broodskyfies en sprinkel bietjie kaas bo-oor. Plaas onder
die
roosterelement totdat die kaas borrel en goudbruin
is.
'Topping' 2:
Smeer toebroodjiesmeer (Sandwich Spread) bo-op en sprinkel bietjie kaas
bo-oor. Rooster tot goudbruin.
'Topping' 3:
Plaas biltongskyfies bo-op
broodjie en sprinkel met kaas. Rooster tot
goudbruin.
'Topping' 4:
Die immergewilde tamatie-en-kaas roosterbroodjie, maar sprinkel bietjie
'Portuguese Chicken Spice' of 'Cajun Spice' bo-oor die tamatie voordat jy
die kaas oorstrooi - dis njammies!
HOENDERPASTEI (VAN CHARLENE)
1 x 1kg pak hoender(Gaar en ontbeen en in stukkies gesny)
1 Blikkie sampioenroomsop
1 Pakkie hoenderroomsop of sampioenroomsop
4 Eiers
1 Pak skilferkorsdeeg (Uitgerol
en in twee dele gedeel)
Metode:
Voorverhit oond: 200 º C
Meng al die bestanddele saam, behalwe een eier.
Voer 1 helfte van die deeg uit in 'n pastei bak.
Skep hoendermengsel op deeg.
Plaas ander
deel deeg bo-op.
Smeer geklitste eier bo-op deeg.
Bak vir 30 min of tot goudbruin.
Dien op.
Dit is
vinnig, maklik en HEERLIK!
Martie se EIERVRUG (BRINJAL) SOUTTERT
6 - 8 porsies
2
- 3 Eiervrug
1 groot ui, gekap
2 x 250 ml kartonnetjie suurroom
l pakkie sampioensop
1 rol Readydoe
skilferkorspastei deeg
Gerasperde cheddarkaas vir
bo-op
Skil die eiervrug en sny in skywe.
Pak op skinkbord en sprinkel goed met sout
Laat staan vir ongeveer 30 minute
en was dan die skywe goed onder koue water
en droog met papierhanddoek
Sny skywe in
blokkies en braai saam met die gekapte ui
Voer 'n
groot oondskottel uit met kors en
smeer die eiervrug
en uiemengsel bo-oor die kors.
Meng die suurroom
met die sampioensop en
gooi bo-oor die eiervrugmengsel
Maak toe met gerasperde kaas
Bak teen 180ºC vir 30 minute
ONWERKLIKE TERT (Van Welma
G)
Dis waarlik onwerklik hoe die tert lyk as dit
klaar gebak is. Die bestanddele word alles op een slag in ‘n bak gegooi maar is dit gaar, het die tert ‘n behoorlike
kors, met ‘n vlavulsel in die middel en ‘n klapperbolaag.
4 eiers
50 ml margarien
200 g (250 ml) suiker
60 g (125 ml) koekmeelblom
2 ml sout
3 ml bakpoeier
500 ml melk
80 g (25) ml) klapper
5 ml vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180º C (350º F).
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en klits goed
totdat al die bestanddele goed gemeng is.
Giet in
‘n gesmeerde oondvaste 24-cm tertbord en bak sowat 45-55 minute lank of totdat die bokors goudbruin en die vlavulsel
gestol is. Los in die oond nadat dit afgeskakel is dan stol dit gouer.
Lewer sowat 12 skywe.
Dit is so
‘n lekker en vinnige tert dat jy nie anders kan as om dit dubbeld aan te maak nie.
GEMENGDE
SLAAI (Van: Judy Myburgh)
2 gaar aartappels, in
blokkies gesny
1 klein komkommer, in blokkies gesny
1 koppie gaar ertjies
1 skyf pynappel, grof gekap
1 piesang, in skywe gesny
knippie rooi
peper
1 teelepel sout
half koppie mayonnaise
slaaiblare
half teelepel Aromat
Metode
Meng al die
groente en vrugte.
Geur dit met sout, peper en rooipeper.
Klam dit aan met die mayonnaise.
Skep ‘n lepelvol in elke slaaiblaar.
Versier met repies rooi tamatie en dien op met nog mayonnaise.
ERTJIESLAAI
(Corrie Marais)
BESTANDDELE
1 blik ertjies 250 g gebraaide spek
2 uie fyn gekap en gebraai 6 gekookte eiers in ringe gesny
1 pak Bacon Kips fyngemaak Mayonnaise
METODE
Meng alles behalwe die Bacon Kips liggies saam. Meng die B.
Kips by net
voor opdiening.
PYNAPPEL
RING (Corrie Marais)
2 ringe
2 pakkie pynappeljellie 1 teelepel gelatine 2 koppies gerasperde kaas of
1 houer maaskaas (gebruik 1 kop kaas en 1 maaskaas) 2
koppies room 1 blik fyn pynappel ½ tot 1 koppie neute gekap
METODE
1. Meng jellie,
gelatine en 2 koppies water.
2. Laat afkoel.
3. Voeg alles by behalwe room.
4. Klits room styf en vou in.
5. Laat stol in ringe.
SJOKOLADE POEDING (Wilma Murphy)
Ek het die volgende resep vir die poeding, die een word in die mikrogold gebak, maar 'n mens
kan dit ook in die gewone oond bak.
250 ml koekmeel
25 ml kakao
15 ml bakpoeier
knypie
gemaalde naeltjies
sout
200 ml sagte bruinsuiker
60 ml sagte botter / marg.
1 eier
175 ml melk
SOUS
250 ml water
250 ml sagte bruinsuiker
25 ml kakao
2 ml
kaneel
1 sif droë bestanddele saam
2. verroom botter, suiker en eier en voeg melk by (mengsel
sal skif)
3. roer droë bestanddele by en meng
goed
4 gooi mengsel in gesmeerde, diep 2 l glasbak
5. mikrogolf die sousbestanddele 5 min oop in 1
l bak by 100 % krag ( of kook op stoof tot suiker gesmelt het)
Roer af en toe
6. Giet die kokende sous
oor die beslag.
7. Bedek die bak met kleefplastiek/
deksel en mikrogolf 9 minute by 100% krag. Laat 5 minute staan. / bak ongeveer 30 minute by 180 grade tot gaar.
bedien met roomys.
AFVAL
POTJIE
2 klompe skaappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250 ml halfsoet wit wyn
sap
van 1/2 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2 ml rissiepoeier
10
ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droëperskes
Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn,
suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor
matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is – ongeveer 3-4 uur.
Wanneer pens blokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder
nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank.
Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met
perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30
minute. Roer goed om en dien op.
HOENDER-BROCCOLIGEBAK
½ Pakkie Spiraal pasta
4 Blik Dubbel dik sampioensop
1 k Dik room
½ k Mayonnaise
1 t Kerriepoeier
3 e Koljander, gekap
1
t Hoenderaftreksel-poeier
Sout en swartpeper na
smaak
6 Sprietuie, gekap
6 Gaar Hoenderborsies, in repies gesny
1 Gaar Broccoli, in blommetjies gebreek
1 k Vars broodkrummels
1 ½ Koppie
Kaas, gerasper
Stel oond op 180C. Kook pasta in
water met sout en bietjie olie. Dreineer en hou eenkant. Meng intussen sop, room, mayonnaise, kerrie, koljander, hoenderaftreksel-poeier,
sout, peper en sprietuie. Roer hoender en broccoli by. Skep hoendermengsel in gesmeerde oondbak. Meng broodkrummels en kaas
en sprinkel oor. Bak 25 minute en sit warm voor.
BILTONG PATEE
1 Ui Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
1 Pakkie Sampioene, in skyfies gesny
500
ml Fyn biltong
1 Bakkie Laevetmaaskaas
½ Koppie Laevetmayonnaise
2 E Vars pietersielie, gekap
Soteer ui en knoffel in olie tot sag en deurskynend en voeg sampioene by. Roerbraai tot sampioene sag is. Laat afkoel.
Kap uiemengsel in voedselverwerker tot redelik glad. Voeg oorblywende bestanddele by en verwerk tot goed gemeng. Skep in geskikte
bak of in twee of drie kleiner bakkies en verkoel. Sit saam met soutbeskuitjies of kaasstrooitjies voor.
KORSLOSE
MELKTERT
4 e. margarien ( gesmelt )
1 kop. suiker.
4 eiers. ( geskei )
2 t. bakpoeier.
1 k. meelblom.
4 k. melk.
sout.
Smelt margarien en suiker. Klits goed. Voeg eiergele by. Klits
goed.
Voeg meelblom, bakpoeier en sout by. Klits
goed. Voeg melk ge -
leidelik by. Vou styf geklopte
eierwitte by. Bak teen 180 Grade C vir
45 minute.
Sprinkel kaneel oor wanneer koud. Lewer 3 tertborde.
VINNIGE MELKTERT RESEP
Dit maak 2 ronde gewone silwer foelie bakkies vol of anders die gewone glas vierkantige tertbakke
vol. Gebruik n kors van jou keuse. Hy het nie n spesifieke een nie.
Benodighede
1 Blik kondensmelk
50 ml Maisina
50 ml Vlapoeier
1 Eier
1 L Melk
Essense(Vanilla)
Kaneel
Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die leë blik
vol melk in gooi saam met die kondensmelk. Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik kondensmelk. Roer aanmekaar tot
kook. Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier, vlapoeier en Maisina. Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi
die laaste melk mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min
en gooi die essense by.
Nou kan jy die mengsel in
jou bak gooi en dadelik kaneel oorgooi. Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit in die yskas sit.(Maak
asb. net seker dat die mengsel n bietjie dikker geword het voordat jy dit oorgooi.)
Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die kondensmelk en melk in die begin
in die mikrogolf dan hoef ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek maak net seker dat dit nie oorkook
nie.
RAAP EN SKRAAP (DIS NOU MY SOORT KOS, DIÉ)
4 dik snye brood (wit) korsies afgesny
500ml kookmelk
1 blik geroomde
suikermielies van 410g
1 blik Weense worsies van
375g gedreineer en fyngesny of koue ham – 2
koppies
fyngesny
3 eiers geklits
5ml mosterdpoeier
sout
en peper na smaak
15ml gerasperde ui
25ml fyngekapte pietersielie
100g (250ml) gerasperde kaas
Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met
vurk. Roer res van bestanddele behalwe helfte van kaas bo-oor en bak 40
minute. Dun skyfies tamatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met
aromat gegeur word voordat dit in die oond geplaas word.
Voila!
STUKKIE KLETS:

Sê net hier is nie iets waarvan jy gehou
het nie!
...iemand het gesê:
Daar is nie beter antibiotika vir die siel as die bos, en ‘n rivier met lopende water nie. Spandeer bietjie tyd langs
lopende water en reflekteer oor jou lewe. Dink aan alles wat jou lewe beïnvloed, aan alles wat klaar ‘n merk gelos
het, en aan jou drome. Stilte, sonder afleiding, bied geleentheid om jou lewe, jou menswees, in perspektief te beskou onder
‘n vergrootglas. Jy besef weereens dat jy nie in ‘n lugblasie lewe nie, en dat niemand beloftes gemaak het dat
alles maklik gaan wees nie. Jy is nie die enigste klip in die rivier nie, en die water gaan aanhou om jou te vorm. Daardie
water kan die vorm van geluk, hartseer, pyn of vreugde aanneem. Dit is die lewe, in beter perspektief.
En hierby kan ek net voeg: En jy het die KEUSE hoe jy op alles gaan reageer.
KIES dus die positiefste KEUSE!
EN dis al reeds Februarie!
Wat het van Januarie geword?
O Ja, ek – en vele ander- het gekyk na water, reën en op eie manier vloede ervaar!
En volgens alle weer spekulasies en voorspellings,
is het nog einde niet!
Soos jul
kan onthou, het ek wyd en syd gevra vir oorspronklike SO MAAK MENS resepte! Wel heelwat lesers het vir my tussen hul moeders
se boeke begin snuffel en ek het reeds heelparty wonderlike resepte ontvang! (Hou aan stuur asb!!)
Hierdie resepte sal van nou af telkens in die KAMMANUUS verskyn! Maak seker
jy maak jou eie reeks daarvan bymekaar! (Vir diegene wat nie ingeteken is nie- Ag-Nee!!- Toemaar ek sal die volledige reeks,
na afloop van alle plasings in E-Boek formaat beskikbaar stel!! Hou maar die werfie dop vir die aankondiging! Tevrede? Die
wat nie kan wag nie, kry jou KAMMANUUS!!)
Aangesien
ek julle egter in Januarie so afgeskeep het (ek het darem alle NAVRAE persoonlik beantwoord!!) en eerlik nie weet wat die
Gariep se vloei my in Februarie gaan toelaat nie, plaas ek graag 'n hele MENGELMOES-KARDOES-BONUS vol resepte!
Die wat al gekyk het na Eg-Afrikaans, Peterjasie
Patriot, ons eie Frik, en ANNA se resepte samestellings, sal weet dat hulle ook nuusbriewe uitstuur. Die volgende resepte
is o.a. uit van die nuusbriewe van die afgelope halfjaar.
Ek hoop jul geniet dit!
RYSROERBRAAI MET TUNA
45ml olie
1 eier,
geklits
10ml water
2 knoffelhuisies, gekneus
3 stingeluie, fyn gekap
2 blikke (175g
elk) tuna in water, gedreineer
750ml gaar rys
20ml vissous
30ml sojasous
250ml koljanderblare
¼ pynappel, in klein blokkies gesny (opsioneel)
1 klein komkommer, in blokkies gesny; brandrissiesous om voor
te sit
Verhit ’n klein bietjie van die olie
in ’n groot braaipan of wok, meng die eier en water saam en giet in die pan, verhit tot gestol en skep uit. Rol die
eieromelet op en sny in dun repe; hou eenkant vir garnering. Verhit die res van die olie en braai die knoffel, stingel-uie
en tuna ’n paar minute. Roer die rys by en roerbraai tot deurwarm. Meng die souse by die rysmengsel in en sprinkel die
koljander en eierrepies oor. Sit voor met die gekapte pynappel, komkommer en brandrissiesous. Lewer 4 porsies.
WORSIE EN KAASGEBAK
450ml
gesnyde macaroni
50ml botter of margarien
1 klein ui, fyn gekap
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
575ml koue
melk
250ml gerasperde Cheddarkaas
1ml vars gemaalde swartpeper
50ml droë broodkrummels
3 gaar beesworsies
10ml aangemaakte mosterd
37.5ml Parmesaan kaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180C. Kook die macaroni gewoonweg tot gaar en dreineer dit. Spoel
dit met warm water af en hou dit warm. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie
ongeveer 5 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer die soppoeier vinnig by. Roer die melk geleidelik by en verhit dit tot
kookpunt. Laat dit 10-15 minute lank prut totdat die sous dik is. Roer dit voortdurend. Roer die Cheddarkaas en die peper
by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer die macaroni by die sous en skep dit uit in ‘n gesmeerde oondskottel.
Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit 20-25 minute op die middelste oondrak. Voorverhit die roosterelement van die oond
sodra die macaroni kaasgebak uit die oond gehaal word. Halveer die gaar worsies in die helfte sodat daar 6 helftes is. Smeer
die worsies met die mosterd. Rangskik die gaar worsies soos die speke van ‘n wiel op die macaroni kaasgebak. Strooi
die Parmesaankaas bo-oor en verhit die gereg in die voorverhitte oond totdat die kaas gesmelt het. Garneer die gereg met geroosterde
tamatieskywe
SIMBA TJIPS GEREG
4 eetlepels botter
3 eetlepels
koekmeel
375ml warm melk
250ml ham
2 x 375ml
gekrummelde skyfies
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die
botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n
bak, skep die witsous bo-op, bedek met kaas en skyfies gemeng en bak 15–20 minute.
LIP-AFLEK
KAASPAMPOEN
4 groot skywe pampoen, ongeskil
90ml bruinsuiker
60ml botter
100g
grondbone
1 vanielje peul in lengte verdeel en dan
gehalveer
125g bloukaas, gekrummel
Verhit 'n swart platboompot. Braai die pampoen in die suiker, botter
en vanielje stadig tot dit deurskynend en sag is. Gebruik 'n eierspaan om die pampoen om te keer - dit moet heel bly. Voeg
grondbone en bloukaas by. Sodra die kaas gesmelt is, verwyder die pampoen van die vuur of stoof en bedien warm. Lewer 4 porsies.
VIS EN TJIPS
(3
porsies: 2 stukke vir elkeen)
6 porsies bevrore
stokvisfilette
Beslag
120g koekmeel
1
eiergeel
90ml bier
1ml sout
45ml melk,
gemeng met 30 ml koue water
2 eierwitte
sowat 600 ml sonneblomolie om vis in te braai
Sit die koekmeel in 'n mengbak. Maak 'n holte in die middel van
die meel. Gooi die eiergeel, bier en sout in die middel van die holte. Meng baie goed. Ek gebruik gewoonlik 'n ballonklitser,
dis die een wat sjefs gebruik. Maak seker dat daar geen klonte is nie. Voeg die melkwater geleidelik by en meng tot glad.
Maak die bak met 'n vadoek toe en laat die beslag vir minstens 30 minute rus. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Vou
nou die geklopte eierwitte versigtig by die beslag in. Verhit die olie in ‘n kastrol. Doop 2 tot 3 visfilette in die
beslag en wanneer dit goed bedek is, sit dit versigtig in die warm olie. Braai die vis sowat 4 tot 5 minute aan weerskante.
Haal versigtig uit die warm olie. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die res van die vis. Sit voor saam met tjips.
MELKKOS
750ml vermicelli
water om te bedek
knypie sout
10ml
kookolie
6 x 250mlmelk
2 stukkies pypkaneel
2
steranyse
3 huisies kardamom
12.5ml suiker
sout
12.5ml mielieblom
125ml water
30ml
botter
Breek die vermicelli in 5 cm stukkies, sodat
jy genoeg het om 3 koppies te vul. Bedek met water in ‘n kastrol, voeg ‘n knypie sout en die kookolie by en kook
tot sag. Dreineer en hou eenkant. Kook die melk, pypkaneel, steranys, kardamom, suiker en sout. Voeg die gekookte vermicelli
daarby. Meng nou die mielieblom met die 1/2 koppie wateren roer dit in die melk. Voeg die botter by. Laat dit stadig prut
vir 5 minute. Skep op in diepborde en dien op met kaneelsuiker.
KLAPPERYS IN DIE MIKROGOLF
Gebruik ‘n mengbak was mikrogolf vriendelik
is. Gooi 500g suiker en 150ml melk saam in ‘n mengbak en kook ophoog vir 8 minute. Roer die mengsel gedurig tydens die
kookproses. Die mengsel moet nou lekker stroperig wees. Voeg 200g gedroogde klapper by en meng goed. Skep helfte van die mensel
in ‘n bakplaat of oondpan van ongeveer 20cm x 20cm en maak mooi gelyk. Kleur nou die ander helfte van die mengsel met
rooi of pienk voedselkleursel en smeer die pienk mengsel oor die wit mengsel. Laat afkoel en sny in blokkies ! Geniet! !
FRANSE ROOSTERBROOD
6
dik snye brood
2 eiers
2/3 koppie melk
1/4
teelepel kaneel (Opsioneel)
1/4 teelepel neut (Opsioneel)
1 teelepel vanielje ekstrak
sout na smaak
Klop
die eiers, melk, sout, speserye en vanielje saam. Verhit 'n lig gesmeerde riffelpan goed. Doop die snye brood in die eiermengsel
en sorg dat albei kante geweek is. Plaas in die pan en bak aan beide kante tot goudbruin. Bedien warm.
Wenk:
Gooi ook bietjie
botter in die pan vir ekstra geur. 'n Deksel oor die pan help om dit binne ook goed gaar te kry.
DROËVRUGTESLAAI.
Droëvrugte kan soms duur wees maar die slaai is vullend
en met so ‘n bak kom mens ver.
Week 1kg gemengde
droëvrugte vir ‘n uur in kouewater. Kook die vrugte tot sag en laat afkoel en sny in stukke. Maak intussen die
slaaisous deur 1 klein blikkie Ingedampte melk styf te klits. Vou ‘n blikkie kondensmelk by die melk in en roer dan
125ml asyn, 125 ml olie en 15ml aangemaakte mosterd by. Laat staan om dik te word. Sny 8 piesangs in skywe. Pak nou ‘n
laag vrugte, ‘n laag piesangs ‘n lag gekapte neute ‘n laag sous en herhaal tot bak vol is. Bedien koud.
VARKTJOPS MET HEERLIKE SOUS
6 groot varktjops
bietjie knoffel
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise
125ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang
Braai
tjops goudbruin aan beide kante. Meng die sousbestanddele bymekaar en gooi oor die tjops wat in 'n oondvaste
skottel gesit is, sit foelie oor en bak vir 1 uur in die oond.
MAALVLEIS-NOEDELS
250g groen of wit lintnoedels
400g maalvleis
30ml olie
15ml botter sout
swartpeper en 'n knippie
suiker
2 uie, gekap
500ml gerasperde wortels
125ml gesnipperde tafelseldery
2,5ml gerasperde neut
125ml gekapte pietersielie
3 knoffelhuisies,
fyngedruk
Maak die pasta gaar volgens die vervaardiger
se instruksies, maar wees versigtig om dit nie langer te kook nie - die gaarmaakproses gaan voort nadat dit van die stoof
afgehaal is. Roerbraai die maalvleis in die olie en botter. Gebruik 'n vurk om dit te roer en terselfdertyd die klonte fyn
te druk. Voeg die geurmiddels en groente by. Roerbraai tot die uie sag en geurig is. Voeg die neut by. Dreineer die pasta
en meng met die vleismengsel. Skep in 'n opdienbak. Meng die pietersielie met die fyngedrukte knoffel en sprinkel oor die
gereg net voor dit opgedien word. Sit voor met 'n tamatie-en-blaarslaai. Lewer 4 porsies.
GEROOKTE
HOENDERSLAAI met SOET MOSTERDSOUS
4 gerookte hoenderborsies
250 g boontjies
350 g baba-aartappels
SOUS:
3 eiers
250 ml suiker
250 ml asyn
40 ml mosterdpoeier
5 ml sout
50 ml
kondensmelk
Sny hoender in skyfies en plaas in 'n
mengbak. Kook die aartappels tot gaar, laat dit afkoel en halveer. Kook die boontjies vir n minuut en meng saam met die hoender.
Meng al die bestanddele vir die mosterdsous, behalwe die kondensmelk, saam en klits goed vir 'n paar minute. Plaas die sous
in 'n klein kastrol en op die stoof oor 'n baie lae hitte. Roer aanhoudend totdat die sous begin kook. Sodra die sous begin
kook, roer die kondensmelk by. Meng nou die bestanddele vir die slaai saam en roer die afgekoelde soetmosterdsous daarby.
Genoeg vir vier tot ses mense.
MEXIKAANSE HOENDER
30ml olie
1 kg hoenderdye
sout en peper na smaak
2 uie, fyngekap
125ml
tamatiesous
15ml Worcestersous
15ml blatjang
45ml
suiker
40ml kerriepoeier
250g spekvleis
vars
koljanderblare vir garnering
Voorverhit die hoender
tot 180C. Verhit olie in pan en geur hoender met sout. Braai hoender tot goudbruin aan beide kante. Skep uit en braai uir
in dieslfde pan tot ligbruin. Giet tamatiesous, worcestersous, blatjang en suiker by en bring tot kookpunt. Laat prut vir
‘n paar minute. Pak gebraaide hoenderstukke in oondbak en giet sous oor. Strooi die kerriepoeier oor die hoender en
rangskik die spek bo-op. Bedek met foelie en bak vir sowat 30 minute of tot gaar. Garneer met koljanderblare. Bedien met rys
en groen groente. 4-6 porsies.
PIKANTE TAMATIE-VARKVLEIS
1kg varkvleis in blokkies of repies gesny
30ml kookolie
1 medium
ui, gekap
1 stingel seldery,
gekap
1 groenrissie, gekap
1 x pakkie tamatiesoppoeier
500ml water
sout en peper na smaak
Verbruin
varkvleis in verhitte kookolie. Verwyder en hou eenkant. Soteer ui en seldery en groenrissie tot deurskynend en plaas vleis
terug in kastrol. Voeg sop, water en geurmiddels by. Bedek en prut vir 45 tot 60 minute tot varkvleis sag is. (6 porsies)
MAALVLEIS EN MIELIEGEREG
250g maalvleis
25 ml kookolie
1 ui, fyngekap
2 tamaties, geskil en fyngekap
1
lourierblaar
7 ml sout
2ml vars-gemaalde swartpeper
4 ml neutmuskaat
MIELIEBOLAAG:
20 gr (25 ml) botter
12g (25 ml)
meelblom
125 ml melk aangevul met suikermieliesous
tot 250ml
80 g (200 ml) gerasperde Cheddarkaas
1 blik suikermielies
Verhit kookolie en braai vleis tot bruin. Voeg ui by en sorter. Voeg res van bestanddele by
en prut vir 15 minute. Skep vleis in ‘n vuurvaste bak. Maak ‘n witsous van die botter, meelblom en melkmengsel.
Voeg die suikermielies by en prut vir 5 minute. Roer nou die kaas in. Skep oor vleis en bak by 200C vir
15 minute. 4 – 6 porsies.
AARBE