....Só MAAK MENS !

Mrt 2010

MAART                      

Lesers navrae terugvoer, Goulash,muffins en skons... 

 

Beste Braaivleis WENKE 

 

Rys 

 

Mieliefrutters

 

Hoe kook mens LEKKER PAP! 

 

Esmé en Jan se 3-minute Sjokolade Koek

 

Esmé en Jan se Strooppoffertjies

 

Esmé en Jan se Mieliegereg

 

Gemmer-beet

 

Beet Atjar

 

Beet Blatjang

 

Kruie-asyn-beet

 

Spesery beetslaai

 

Beet-wortelkoek

 

Basiese Biltong resep

 

Leef in die Teenswoordige

 

Esmé en Jan se Groentetert

2010

MAART 

 

As vandag die eerste dag van jou nuwe lewe was, waarmee sou jy begin? 

 


Waarvoor meer kan mens in hierdie lewe vra? Kyk net vir 'n wyle saam met my na my uitsig...net die wolke en die weer verander daagliks...

Ek is oneindig dankbaar hiervoor! 'n Wonderlike Maart word jul toegebid!


 TERUGVOER oor LESERS-NAVRAE!

Hantie Skryf: ek gaan op n uitgebreide karavaan toer deur Suid Afrika het jy dalk vir my resepte wat ek kan maak wat vinnig gaan vir 2 mense. baie dankie

Hantie, Hantie!!

Spesiaal vir jou! Ons is self mal oor kamp, so ek heg graag vir jou kampkos en karavaankos resepte aan! Geniet dit!

Beste Groete !

Moira: n goulash resep wat bier bevat, het verskyn n week of drie terug ???

Beste Moira

Sjoe, ek pleit skuldig, maar ek spoor die resep waarvan jy praat glad nie op in die ARGIEWE nie, en gewoonlik is al die resepte wat reeds verskyn het daar! In die KAMMANUUS verskyn nou ‘n reeks oor geregte van die wêreld, maar ek dink nie dit het al daarin verskyn nie!

Ek sluit egter vir jou my gunsteling GOULASH resepte in, dalk is dit een van hulle?

 

Mooi wense en lekker kook!

(Met Apologie, ek weet nie meer by wie of waar ek dit gekry het nie! Dis slegs oorgetik en in my boek geplak en ek gebruik dit slegs as riglyn, want as jy een resep eenmaal gemaak het, maak jy daarna altyd jou eie variasie! Ek eksperimenteer gewoonlik met die groente wat ek op daardie stadium in seisoen het, en wees nou maar eerlik, enige “stew”  Potjiekos, of prut-gereg, met vleis, uie, soetrissies en paprika is maar ‘n “goulash”!!  Sjoe! Die kook-deskundiges sal my sekerlik hieroor oor die vingers raps!! )

 

BEES GOULASH MET BIER I

30 ml olie
750 g beesvleisblokkies
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
10 ml paprika
2 blikke (410 g elk) heel, geskilde tamaties
1 blikkie Bier
10 ml bruinsuiker
Sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml suurroom of jogurt

Verhit olie in ’n swaarboompot en braai vleisblokkies bruin. Voeg uie en knoffel by en braai tot uie sag is. Voeg paprika by, braai liggies en voeg tamaties, bier, bruinsuiker, sout en peper by. Verhit tot kookpunt. Bedek pot, verlaag hitte en prut vir 1 ½-2 uur of tot vleis sag en sous dik is. Verwyder van hitte en geur na smaak. Roer suurroom deur. Sit voor op aartappels of pasta. Genoeg vir 4-6 mense.

 

BEES GOULASH MET BIER II

600 gr vleis blokkies

1 blikkie / botteltjie bier

paprika, sout en peper, rooi-peper, tiemie

2 rooi soetrissies in repies gesny

3 uie fyngekap

3 huisies knoffel gekap

2 aartappels in blokkies gesny

4 tamaties opgekap


Meng die vleis blokkies goed met die uie, knoffel en kruie. Soteer dit liggies in olie of botter tot mooi bruin. Gooi helfte van die bier oor mengsel en laat prut tot droog gekook. Voeg nou aartappels, tamaties, soetrissies en res van bier by en stowe verder tot alles sag en gaar is. Bedien met rys.

 

VOLSTRUIS GOULASH MET PORT, SAMPIOENE en KLEIN UITJIES

(Ek het dit nog net met bees-filet probeer)

1 e olyfolie
1 e balsamiekasyn
3 e port
1 ui, gekap
 
3 takkies vars roosmaryn, gekneus
1 e naeltjies en neutmuskaat
sout en peper, na smaak
 
1 kg volstruisfilet, in blokkies gesny (goulash)

Meng al die bestanddele saam en laat vleis oornag hierin marineer.

 

1 e botter 
125 g spekvleis, gekap
1 prei, gekap
 
1 kg volstuisvleis met die marinade
2 knoffelhuisies, gekneus
½ t naeltjies
sout en peper, na smaak
 
'n hand vol vars tiemie, gekap
‘n hand vol roosmaryn, gekap
 
500 g sampioene
 
125 g klein uitjies
 
60 ml vars room

Verhit botter in kastrol. Soteer spek en preie daarin. Voeg vleis en marinade by. Voeg al die geurmiddels by en laat prut 3-4 uur. Voeg die sampioene en uitjies by dertig minute voordat die kooktyd verby is. Haal vleis uit en sit sous terug op stoof. Voeg room by en kook tot verminder en verdik. Plaas die vleis terug in sous en laat deurwarm word. Skep warm goulash met sous, uitjies en sampioene op warm tagliatelle-pasta. (Hierdie resep het ek via die TV program PASELA afgeskryf!)

 

HONGAARSE GOULASH

(‘n mengsel van ‘n Nederlandse internet resep en my improvisering!)

Smelt 2 eetlepels Holsum vet – of olyf olie

Braai 2 groot gekapte uie, moenie dit karameliseer nie.  Strooi 1 eetlepel paprika (die Hongaarse soort as jou kruidenier dit aanhou) en pasop dat dit nie aanbrand nie.  Roer deur.

Neem 500g kook beesvleis, in blokkies opgesny, en saute dit in die pot.  Die vleis gaan begin vog afgee. Dis perfek. 

Gooi 2 huisies fyngekapte knoffel, 1 teelepel caraway sade, ‘n lourier of suurlemoenblaar, sout en peper by .

Gooi water in die pot wat die inhoud net-net bedek, sit die deksel op en prut vir so 1 ½ uur.

Na hierdie eerste kooktyd gooi jy 2 wortels in wieletjies opgesny, 2 Medium tamaties, opgesny, ‘n pakkie tamatie pasta, en 2 greenpeppers, in klein blokkies gesny by.

Gooi nog 2-3 koppies kookwater by, sit die deksel terug en prut verder tot wortels en vleis lekker sag maar nie pap is nie.

Bedien met ‘n lekker potbrood of maak kluitjies bo-op.

 

KLUITJIES

Klits 2 eiers, 3 ETL gesmelte botter en ¾ kp melk goed. Roer 2 kp bruismeel by. Skep lepelsvol bo-op die vleis, laat gaar stoom vir laaste 10 minute, hou deksel dig toe !

 

Voila!

 

 

Loraine Eksteen het geskryf: Goeiedag Retha, Ek het 'n oortrui begin brei wat in een van VKEUR uitgawes was en kan my boek nou nerens opspoor nie. HELP ASB!!

Liewe Lorraine!

Ek het dit vir jou! Met komplimente van VROUEKEUR! (Ongelukkig het ek nie die reg om die foto’s ook aan te heg nie! Die een het ‘n pragtige loserige V-hals-kraag en die ander een is ‘n lospassende/loshangende lae nek Polo-hals.)

Groetnis !R.

Dubbele breiplesier

Moeilikheidsgraad: matig

Dis weer breityd! Skop af met dié twee maklike oortruie...gaan loer gerus vir die voledige patroon  op die GISTER...bladsy!

 

Erika het gevraMy kind moet 'n taak maak met die verskil tussen botterbroodjies en muffins en die bakproses, en drie verskillende apparater warmee filterkoffie berei kan word. Help, groot asb!

 

Liewe Erika, ‘n Liewe Niggie in die familie is ‘n kookdeskundige, en sy het my met die antwoord gehelp! Dankie Marelie!! Sy laat weet:

Liewe Tannie, Kom ons begin met die maklikste eerste…

Volgens wat ek kon kry in my handboeke en op Google (my beste maatjie) kry n mens n vakuum brouer, perkulator en plunjer…

 

In verband met die botterbroodjies (skons) en muffins is albei deel van Vinnige brode “Quick breads” wat beteken dat hul albei van chemiese rys agente“chemical leavening agents” gemaak word wat koeksoda “baking soda”en bak poeier“baking powder” is. 

 

Onder quick breads is daar drie tipes meng tegnieke naamlik Koekies metode “Biscuit method”, Muffin metode “Muffin method” en Roommetode “Creaming method”.  ‘n Skon word van die Biscuit method gemaak en die doel is om n “light, flaky and tender” eind produk te kry.  Die prosedure vir die Biscuit method is soos volg.

 

1.Weeg en meet al die bestandele

2.Sif die droë bestandele saam

3.Sny die vet in die droë bestandele in, die vet moet in ‘n solide vorm wees.

4.Meng die vloeistowwe saam, insluitend die eiers

5.Voeg die nat bestandele saam met die droë bestandele en meng.  Moet 

nie oor meng nie dit veroorsaak dat die eindproduk taai is en dit belemmer die rys van die produk.

6.Knie die deeg 10 tot 15 keer ( 20-30 sekondes).  Die deeg moet sag 

en elasties wees maar nie taai nie.

7.Die deeg kan nou gevorm en gabak word.

 

Vorm en bak proses

 

1.Rol die deeg uit oor n oppervlakte met meel oor, tot n dikte van 

1.2-1.8 cm.  Roll dit eweredig uit, die eindproduk gaan dubbel in hoogte wees na gebak.

2.Sny die deeg in die gepasde vorm.  Sny reguit af en moet nie die 

vorm “twist” nie dit belemmer die rys.

3.Plaas die vormpies op n gesmeerde pan.  Hoe nader die vorms aan 

mekaar is, hoe sagter gaan die eindproduk wees, vir ‘n “crusty” kant, sit die vormpies verder van mekaar af weg.

4.Druk die oorblywende deeg saam en rol weer uit.  Dit kan net een 

keer gedoen word.

5.Bak dadelik in ‘n warm oond

6.Koel die eindproduk af voor bediening

‘n Muffin word weer met die Muffin method gemaak  die doel is om ‘n “tender product with an even shape and even distribution of fruits, nuts or other ingredients” te kry.  Muffin metode:

1.Weeg en meet al die bestandele

2.Sif die droë bestandele saam

3.Kombineer die vloeistowwe, dit sluit die gesmelte vet of olie in

4.Voeg die nat bestandele by die droë bestandele en roer net tot 

gemeng.  Moet nie oor meng nie.  Die beslag sal klontereg wees as gevolg van die neute, vrugte of ander bestandele.

5.Die beslag is nou reg om gedeel en gebak te word.

Vorm en bak:

1.Smeer die muffin pannetjie

2.Skep eweveel beslag in elke pannetjie

3.Bak

4.Koel die eindproduk af voor bediening

Let ook asseblif op dat as daar na skon verwys word praat ons van deeg en as ons na muffin verwys praat ons van beslag… die verskil gaan oor die water inhoud van die twee. 

Bron:LABENSKYS.R & HAUSE, A.M. 2007. On Cooking. 3th  Edition. Prentice

Hall: New Jersey.

Mareta: Hoe bewaar ek droe bone sodat daar nie miet inkom nie. Ook droe vrugte asb.

Beste Mareta!

Dankie vir jou navraag!

Wat ek met sukses gebruik en wat sover vir my help is 'n stuk gewone wit kers. Ek breek stukke af en plaas dit tussen my rys, mieliemeel ens. in 'n lugdigte bottel of Tupper-houer.

Ek het ook al droë Lourierblare met sukses i.p.v kerse gebruik. My hawermout hou ek egter in die yskas, ek kan nie onthou hoekom nie! Of dit steeds miet ingekry het en of ek dit bloot daarin begin sit het oor die houer so gerieflik in die yskasdeur vir die kinders gepas het om hul eie "oats-pap" of "ouma-see-pap" soos hul dit genoem het, te kon maak, weet ek nie, maar ja, dit bly steeds in die yskas...

My droë vrugte gebruik ek te gou op! Maar ek hou gewoonlik myne ook in die yskas en my dadels sommer vir maande in die vrieskas. Ons koop gewoonlik 'n paar kilogramme as ons byPella verbygaan en dis te kosbaar om versmaai te word! Dan "ontdooi" ek dit teen kamer temperatuur en dis piekfyn. Vanweë die hoë suiker inhoud, vries dit nie werklik nie en ontdooi dit dus baie gou.

Hoop dit help ook vir jou, laat weet gerus!

Colleen ClaassenHi daar, Ek het vandag eers op julle werf aan gekom en dit is stunning. Ons is in die proses om te verhuis na Upington, ek het gister in die Landbouweekblad gelees van die sonstoof.  Ek is bitter nuuskierig hoe die potte en die stoof lyk en het gewondr of U my dalk 'n prentjie of meer kan vertel?  Lekker dag!!!

Colleen,

Ek is so bly jy het op ons werfie beland!

Ek is self besig om te verhuis, nie ver nie maar soos jy weet bly dit chaos! Oe Upington is 'n heerlike plek! Ons is ook Noord Kapenaars en dis die beste provinsie in ons land! Skoon lug, baie son, water, goeie grond, veiligheid en stilte....

Wil jy nie asb op die GISTER OP DIE AGTERGROND bladsy gaan loer nie, heel onder iewers was daar iets en resepte oor 'n sonstoof, ook 'n webwerf se adres waar jy meer kan oplees!

Hoop dit sal jou help, laat weet as jy nie regkom nie dan stuur ek dit vir jou aan sodra ek kansie kry!Mooi dag en beste groete!

 

Louise: Beste Retha

Ek het vandag vir die eerste maal by jou webwerf uitgekom – en was dit nou vir jou ‘n fees!!  Baie dankie vir al die kosbaarhede wat jy met ander deel – dit word gekoester.

Ek kon net nie die ingelegde komkommer resep raaklees by die argiewe nie – dalk was daar te veel ander goed wat my oë op gefokus het – sal jy dit asseblief vir my kan stuur.  Ek het gehoor dat ‘n mens ook Engelse komkommers soos agurkies in stroop kan kook – sou dit graag wou probeer omdat agurkies nie so geredelik beskikbaar is nie.

Sal van nou af gereeld op jou webwerf rondstap – geniet jou beskrywing van die Karoo ongelooflik – en ja, jy het beslis ongekende talent – dankie dat jy die mooi van die lewe metander deel.  Mooi bly en geniet die wonderlike plaaslewe – mal oor jou foto waar jy die ou bokkie so voer!  God skenk ons soveel vreugde – ons moet net altyd daarvan bewus wees – want ons vind dit oral!

Seënwense

Louise , Dankie vir jou heerlike brief! Ek help graag!

GEBOTTELDE AGURKIES

3 bottels (750 ml) asyn

1 bottel water

1/2 kp sout

1/2 kp suiker

1/2 pakkie " Pickling-Spice"

Was jou klein komkommertjies goed af, dreineer alle oortollige water, en pak dit rou en styf in jou bottels.

Kook bs. en gooi dit kokend oor die gebottelde agurkies of jong komkommers. Bottel warm deur dadelik die deksels op te draai,keer die bottels om en laat afkoel voor jy dit was en wegpak. As jou komkommers al te groot raak, kan jy dit was en in skyfies sny en dan ook soos hierbo bottel.

Probeer OOK die volgende:

3 kg vars agurkies of komkommer skyfies

6 kp asyn

6 kp suiker

1 Etl borrie

3 Etl kerrie

6 uie gekap

Aromat na smaak

1 pakkie "Pickling-Spice"

3 rooi "green peppers"

Braai uie. Voeg kerrie en borrie by, roer goed deur.Gooi asyn en ander speserye by, kook. Gooi agurkies of skyfies komkommer by en laat vir so 2-3 minute deurkook. Bottel warm.

En OOK die volgende is heerlik:

4 groot uie in ringe gesny

1 groot Engelse komkommer in ringe gesny

Kook 1 kp water, gooi uie en komkommer by en kook 10 minute tot droog.

Voeg nou by: 1 kp asyn

1 kp suiker

2 Etl kerrie

2 Tl mosterd poeier

1 tl pietersielie en tiemie opsioneel

Kook tot suiker opgelos en deurgekook is. Moenie weer droogkook nie!

Meng 2 Etl mielieblom met 1 kp asyn en gooi dit by,kook tot verdik.

Bottel dadelik warm. Geniet jou komkommers!

 

Jakkie JoubertWaar kan ek Eier poeier koop (gedroogte eier)Groot asseblief

 

Hi Jakkie!

Jy kan eierpoeier koop by CAMPO in Krugersdorp! (Weet nie waar jy is nie!) En ook by ander uitgesoekte kamp / outdoor verskaffings plekke... en as jy by 28 November op die GISTER ... bladsy op die werfie gaan loer, vertel ek jou ook hoe om jou eie te maak as jy sou wou!

Mooi dag en beste groete

Alta VisserHiasinte - is dit 'n plant of onkruid.  Waar tref mens dit aan?

Wel Alta, Water Hiasinte is 'n onkruid wat die suurstof uit ons damme en mere steel en so die water lewe  stadig maar seker vernietig.  
Hiasinte , egter met hul lieflike wit, pers, blou of pienk  welriekende blomme, is winter bolle wat begin blom sodra die lente aanbreek en jy kan dit gerus aanplant. Jy kan dit ook as fokusplant  in die huis  gebruik, plaas bv. 3-4 bolle op wit spoelklippies in 'n mooi glasbak, en vul met water om die klippies te bedek maar die bolle moet net-net aan die water raak sodat dit wortels kan vorm en die bolle aan die klippies kan anker. So sien jy die wortelgroei en dit word 'n baie mooi  binnenshuise plant. Wanneer dit klaar geblom het  kan jy die bolle in die tuin gaan uitplant tot volgende jaar. Jy kan by enige kwekery of supermark wat bolle aanhou daarvan te koop kry. Ek dink dit is 'n uitheemse plant en wel afkomstig van Holland.

ISAURA: ek is op soek na ou resep hoe om boer seep te maak.

Ek kon vir Isaura antwoord en haar ook herlei na die GISTER op die AGTERGROND bladsy waar resepte  verskyn... en

daleenvanas@yahoo.com het juis geskryf en gesê:  Iemand het navraag gehad oor boereseep, ek maak en verkoop nog die regte outydse boereseep - kontak my gerus

Carin de Beerdiabetiese beskuit resep asb!

Hi Carin! Probeer gerus hierdie een! Daar is wel suiker by, maar omdat dit so hoog in semels is, is dit Gi-Goed!

En mens kan nie juis teveel daarvan eet nie! Uitstekend vir die maag! Dit is baie bros hoor!

9 kp semels

2 kp bruismeel

3 kp NuttyWheat

1 ½ kp suiker(gebruik plaasvervanger soos natreen of Huletts se Suger-lite...)

1 groot hoë Etl bakpoeier

1 desertlepel sout

500 g botter

4 eiers

500 ml melk

3 desertlepels asyn

Meng droë bestandele.

Vryf die botter in die meelmengsel in.

Meng al die vloeistof bestandele en roer by bs.

Druk vas in oondpan

Bak vir 40 min teen 180 grade C.

Droog uit.

Ek heg ook vir jou die beste uittreksels van ‘n interesante webbladsy aan dalk wil jy inteken by hulle?...jul ander kan my ook kontak as jul meer hieroor wil weet...

En laastens, ‘n spesiale Dankie aan ons Burgemeister Hennerik, wat vir my ook via die werfie se navrae-blokkie laat weet het: Jou webtuiste is regtig wonderlik en ek is moerse trots op jou en jou eindelose entoesiasme! Wel gedaan rietbok!

Onthou jul, Marie Burger het gevra:

Waarom bars pasteie wat met broskors deeg gemaak partymaal in die vrieskas ?

Wel Marie!

Jy het seker gedink ek het heeltemal van jou vergeet? Moenie glo nie! Kyk watter ander raad het ek vir jou opgespoor!

RETHA van SOMAAKMENS, en SOMAAKMENS se FAN BLADSY op FACEBOOK, se VRIENDE het gereageer! Hoop dit help!

1. Gert Myburgh het laat weet: Ontdooi deeg in yskas.....dis die geheim

2. Ursula Steyn sê weer:  As dit klaar gemaakte pasteie is van broskors deeg, sou ek raai dat die vrieskas miskien te koud gestel is of dit kan wees dat die deeg 'n bietjie te veel meel in het.

3. Annique Victor Strepies het gesê: Roudeeg moet goed in kleefplastiek toegedraai word-vir 2-3 dae in yskas, ontdooi deeg voor uitrol anders kraak dit.

4. Linda Fouche het laat weet: Ek dink dis die vetterigheid van die botter wat met die vogtigheid van die yskas in aanraking kom wat dit veroorsaak, want as jy water en botter  in 'n pan gooi, dan skei dit mos, en ek dink dit kan dalk die rede wees hoekom die deeg dan kraak.

Laat weet gerus of dit jou help!

Miems Vorster het geskryf: Ons beplan 'n groentetuin by ons huis in Benoni.  Watter groente kan nou geplant word?  Groete

Liewe Miems, ek het vir jou goeie raad in ons TUINHOEK, sal jy daar gaan snuffel ook?

Hetty Openshaw het  gesoek na : Hoesstroop resepte!

Hetty, Hoop ek kan jou hiermee help! My ouma se resepte lui:

1. Kook 250 ml asyn met 12.5 ml naeltjies vir sowat 6 minute, syg deur, voeg by  die naeltjie-asyn 250 ml suiker  en kook daarvan ‘n dunnerige stroop. Laat afkoel, en bottle.

Gebruik 5 ml soos nodig.

2.Rooster afgedopte sonneblom sade soos koffiebone, en maal dit dan. Maak  hiervan ‘n kp “sonneblom-koffie”. Versoet met suiker of heuning. Drink vryelik.

3.Meng 1 Etl Rum, ½ Etl Terpentyn-spiritus (Turlington’s) en 1 Etl heuning. Meng goed, en gebruik as SMEERMIDDEL op bors, rug, polse en onder voetsole.

4. Meng 15 druppels Ipecuana Wyn en 10 druppels Paragorie

Gee snags op suiker of in bietjie water.

Jy kan dit tesame met brorsdruppels ook in gouestroop inmeng en so daarvan gebruik.

5. Meng 2 Etl Brandewyn, ½ kp  heuning en 3 Etl suurlemoensap deeglik, en gebruik soos nodig.

6. Kook ‘n hoesstroop van 2 kp Wildeals, ( gebreekte blare en takkies)  en een 20 cm takkie Wynruit en 1 kp suiker in 1 liter water.Kook dit saggies op matige vuur vir sowat 1 uur tot daar sowat ‘n kwart verdamp het en dit ‘n lekker stropie gekook het.

Gebruik soos nodig.

Nog kruie wenke op die GISTER...bladsy!


MARINDA  wou weet wat help vir 'n lekblaas? Bekken en kegel-oefeninge vriendin! En ek hoop die boererate wat ek aangestuur het het iets gehad wat kon help? 
 
M Pollock het laat weet dat koeksoda ook help teen miertjies en kokkerotte, en dat eierpoeier gekoop kan word by CAMPO in Krugersdorp!
Ook, dat suurlemoensap en gerasperde ui gemeng wondere verrig met BRANDWONDE ! Eet dan ook baie rou uie, tamaties en borrie, dis anti-inflamatories en 'n natuurlike antibiotikum.  Dankie mens!
 
CARIEN van HEERDEN van Wesselsbron wou weet of sy nog spinasie kan plant, al is die herfs al in die laat middel? Carien, jou antwoorde wag vir jou in die TUINHOEK! 
 
  

 

Daar was bv. Madel Brand, wat geskryf het: Ek is op soek na 'n outydse Boerseep resep, nie vir oorlewering nie, maar omdat ek dit graag wil maak, want my ma sweer daar is geen ander seep wat vlekke so lekker lig nie.

 

Jan, wat hulp gevra het met sy: Ek weet nie of ek uit my pad is nie maar ek soek raad wat werk vir klein swart miertjies?

 

Schalk se: My vrou ken van KFC Family Super Variety Bucket en Hungry Jack's Double Whopper Burgers. So eg Ozzie. Vir 'n Ozzie Burger sit jy net beet en eier by.

 

Ons maak ons eie biltong, en stoei nog met die sout, asyn, speserye en tydsduur vir elkeen. Maar die biltong verdwyn, so dit proe al heel gangbaar!

 

Rika West wat destyds ‚n Yogurt-plantjie gesoek het, het my op die spoor gebring na my soektog vir haar op die KEFIR kulture, dis is  aangeskaf en ek kan nou al hieroor berig ek is nou ook al sowaar ‚n KEFIR-MEISTER!!

 

Susanna het so gesoek na die wafel-sous resep wat sy verloor het, en SASKO / Snowflake het die presiese resep gehad vir die wafel sous resep wat sy gesoek het! Opgespoor!

Dit was by albei al geplaas en is dieselfde. Sy het laat weet dit was reg!

 

250 ml bruinsuiker

50 g botter

250 ml melk

25 ml vlapoeier

1 ml sout

5 ml karamelgeursel

 

Karamelliseer bruinsuiker ne botter effens tot dit begin bruin word.

Verwyder van hitte en voeg 200 ml verhitte melk geleidelik by. Roer tot suiker opgelos is.

Meng vlapoeier, sout en orige melk tot gladde pasta en voeg by melk.

Verhit tot mengsel begin kook en verdik. Kook sowat 3 minute.

Verwyder van hitte. Voeg geursel by.

Voila!

  

Thea Fouche het gevra: Ek wil beet inlê en soek asseblief 'n resep.

Wel Thea, SO MAAK JY!

 

GEBOTTELDE GEMMER-BEET (Ouma Leen)

500ml suiker

500 ml water

750 ml asyn

3 ml gemmer

5 ml kaneel

Sout en peper na smaak

2 bossies beet ( sowat 12)

Kook beet tot gaar, verwyder skil en sny of rasper. Kook res van bestandele saam. Voeg beet by en laat weer opkook.As jy dit bietjie meer wil bind, kan jy 1 Etl Maizena byroer net voor jy dit bottel.

Bottel warm.

 

En Dan uit:E-Boek:  EGTE AFRIKAANSE RESEPTE, my variasie!

BEET-ATJAR

Meng en bring 2 kp bruin asyn,  en 3 kp suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kp gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap.

Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.

 

OF

 

BEET-BLATJAN

 2 groot bossies beet

8-10 uie

6Etl Kerrie

1.5 kg suiker

1.5 l wit asyn

Sout en peper na smaak

3 Etl olie

4 Etl Maizena

Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.

 

KRUIE-ASYN-BEET

1 kg beet, sag gekook, gerasper of in skyfies gesny.Pak in gesteriliseerde bottels.

Kook die volgende vir sowat 5 minute saam : 1 kp water

2 kp suiker

1/2 tl gemmer

1/4 tl kaneel

4 kp asyn

Sout en peper na smaak.

Gooi kokende asyn-mengsel oor beet, en bottel warm.

 

SPESERYE-BEET-SLAAI (My Verwerking van die resep wat in KNUPPELDIK verskyn het.Kan ook gebottel word.)

Kook vir sowat 10-15 minute:

2 kp asyn

2 kp water

1/2 tl fyn naeltjies

1/2 tl kaneel

1 tl piment korrels

2 lourierblare

Sout en peper na smaak

Maak 1 pk rooi Jellie nou aan met hierdie asyn, en gooi bo-oor gerasperde gaar beet. Laat stol en bedien as koue slaai.

* Ek het die jellie ook al by die asyn gemeng in die kastrol, die water vervang met 1 kp suiker, en dit dan oor blokkies gaar beet in bottels gegooi en warm gebottel. Dit wss op geeet voor 2 maande om was so ek weet nie of dit langer sou gehou het,soos die ander bottel-resepte hierbo nie!

 

En wat van 'n BEET-WORTELKOEK?

500 ml meelblom, gesif

12.5 ml bakpoeier

5 ml fyn kaneel

1 ml sout

250 ml olie

3 eiers geskei, witte styf geklop

375 ml strooisuiker

250 ml gerasperde gaar beet

250 ml gerasperde wortels

250 ml gekapte neute

Sif meel, bakpoeier en kaneel saam. Klop olie en suiker tot glad. Voeg beet, wortels, neute en eiergele by. Roer goed in. Meng nou die droë bestandele by, en dan die eierwitte ingevou.

Bak in gesmeerde ringpan in MIKROGOLF vir sowat 11 minute teen volle krag.

Laat staan rukkie voor uitkeer. Ek voer my pan ook met handdoekpapier uit, en spuit dit ook met kllefsproei...

 

 

BASIESE BILTONG RESEP (vir bees of wildsvleis)

Gebruik goeie snitte uit die boud, blad of rugstring.

Meng:

1 kg growwe sout

45 ml bruin suiker

50 ml saltpeter (Opsioneel, dit gee daardie mooi pienk kleur en help met persevering.)

10 ml koeksoda (Ook opsioneel, help met preservering en sagmaak van vleis)

15 ml swart peper

62.5 ml growwe koljander.

Sout die biltong deeglik in. Sprinkel die asyn oor die biltong en laat lê vir 12 uur of oornag.

Haal uit en was af in matige asynwater. Hang op om droog te word.

* Ons meng sommer alles en “roer” die biltong, asyn en speserye mengsel goed met die hand deurmekaar, laat dit oornag, en in ons warmer gebiede, “spoel” ons dit nie weer met ligte asyn af nie, maar hang dit direk na die oornag-wag op, dan drup die oormatige asyn en vog self af op koerantpapier.

Laat droog tot hoe droog jy dit verkies, en bêre in sakkies in vrieskas of in katoen slopie in donker koel plek. In slopie word dit net nog meer droog en bros maar in vrieskas behou dit daardie klam“ biltong tekstuur. Laai ontdooi teen kamer temperatuur en Voila!! 

 

Geniet jul kookerye!

 

Hennie Coetzee het weer vir my geskryf: Môre Retha

Hoop die nuwe jaar bring jou vreugde. Ek is alweer op soek na 'n resep en wonder of jy sal kan help. Iets wat ons as kinders gereeld gedrink het, was suurpap of te wel mageu, 'n tradisionele drankie waarvan mieliemeel die hoofbestandeel is en waarvoor Swart mense veral baie lief is. Die hedendaagse mageu wat in kafees ens te koop is kom in soveel geure maar nie een kom by die smaak van die gewone mageu van my kinderjare nie.Hoop jy kan help.Groetnis,

Hennie, ek het op hierdie afgekom  op 'n FERMENTEER geselsblad...verskoon weereens die ander taal, maar ek wil so vinnig as moontlik reageer, en om dadelik alles te vertaal laat onodige foute insluip...soms!

Ja, ek belowe om met tyd, wel alles in alle ander tale na AFRIKAANS te vertaal, want ek IS  trots AFRIKAANS! 

 ... To make traditional suurpap you start by stonemilling unsprouted maizekernels into a fine flour. This is mixed with pure fresh cold water into a thin slurry, put in an earthen crock and covered with a cloth to keep out insects. After a week it should have formed a thin white scum on the surface and smell sourish, which indicates a bacterial fermentation has taken place. Now boil a pot of water on a open fire and scoop out 1 or 2 cups of this soured raw maize and stirr into the boiling water. It will start to thicken immediately. A drinking consistancy was normally required so two cups is enough for about 10 litres of boiling water. It is boiled for 10 minutes and emits a specific aroma during this period of boiling which is instantly recognized by those that know it. When sugar or honey was available the wife would also add a bit during boiling for a now sweet/sour tang.
After boiling it is set aside to get cold and then stored in a kalbas and enjoyed by the men and women and children as a filler when hungry or a thirst quencher. No alcohol fermentation takes place and by using the unsifted kernel it is high in fibre and b-vitamins. The glycemic index also changes because it is drunk cold to a very low, good value and it is thus suitable for diabetics or health conscious people.

Alternative: Thin mealie pap is prepared, to which wheat flour is added, providing the inoculum of lactate-producing bacteria. The mixture is left to ferment, typically in a warm area.I added Matabella powder and not wheat flour. Sugar is added traditionally. did that, leave it again for a few days.Now it has turned really sour and delicious. Most of the sugar is gone, but it is still lingering there...

 
Rika West het geskryf : Beste Retha, waar kan mens 'n jogurt plantjie koop of verkry asseblief. Ek het jare gelede een gehad wat gelyk het soos 'n klein blomkool maar dit het tot niet gegaan.

Waarderend, Rika.

Beste Rika! Jou vraag is die een vraag wat ek van die begin af gevrees het!!

Ek weet presies waarvan jy praat, dit is iets waarna ek al jare ook bly soek maar nog steeds nie weer kon opspoor nie en ek seg van die begin af

vir almal daar is een vraag wat ek nie sal kan beantwoord nie en dis joune!! 

Ek sal nie moed opgee om te kyk of ons wel hierdie plantjie kan opspoor nie!

So hou moed ek sal aanhou soek!!

En RAAI WAT?

Hennerik stuur toe 'n antwoord vir ons in, wat my op die regte spoor bring, en siedaar! heelwat verstommende en wonderlike inligting ontvou voor my!!

GELUK Hennerik, jy ontvang ook 'n gratis E-Resepte boek vir jou bydrae!

 

KEFIR seg mens in AFRIKAANS só: kê-veer!!

Internet opinie is dat mens jogurt maak met ‘lewende kultuur’  daar word waarskynlik verwys na die ‘kefir’ plantjie wat wel soos n blomkool lyk en waarvan mens kan gebruik maak.

Kan ook via die net bestel word.

 

... Vergewe die Engels, maar die volgende het ook betrekking. Ek belowe die Afrikaanse vertaling volg!

 

What is kefir?
Kefir is a cultured milk product that is created by adding a mother culture to milk, fermenting it at room temperature, and then straining out the mother culture for use in the next batch.

How is kefir pronounced?
The "proper" pronunciation for the word "kefir" is "kuh-feer'". Many people, especially in the US, pronounce it "kee'-fur", similar to the name of Donald Sutherland's son. Basically, it's pronounced however you pronounce it (a rose by any other name, and all) but the "traditional" pronunciation is as described here.

What are kefir grains or kefir granules?
Kefir grains, also called kefir granules, are the mother culture for kefir. They are a SCOBY (Symbiotic Colony of Bacteria and Yeasts) similar to that which the kombucha tea mushroom produces. The bacteria and yeasts produce a protective protein and polysaccharide matrix in which they live and propagate. (More information and chemical make-up is available on Dom's Kefir In-Site.)

To make kefir, you add the grains to your milk and allow them to ferment the milk. After the primary fermentation, you strain the kefir to separate out the grains for use in the next batch. As a by-product of the fermentation process, the grains grow and bud off new grains so that the volume of grains increases with each fermentation cycle. This allows you to freely share grains with those who do not have them or to eat them, either fresh or dried, to add to the probiotic effects that the kefir offers. 

It's been shown the ingestion of kefir grains also provides benefits beyond the population of beneficial bacteria in your gut. They are known to have an anti-inflammatory effect and it's possible that they can provide many other health benefits.

From where does kefir originate?
That is a very long story. It's believed that kefir originated in the Caucasus mountains. It was later introduced to Russia through some rather strange and romantic (in a way) interactions and has spread through the world from there.

From what kind of milk is kefir made?
Originally, kefir was made from whole cow or goat milk. Kefir can propagate in just about any kind of milk including nut and grain milks such as soy or rice milk.

You can make kefir with just about any milk. Pasteurization is not a factor in kefir growth, nor is the fat percentage of the milk. You can even use dehydrated milk, though it would be best to mix it with water before doing so.

How can I get kefir grains?
The best way to get kefir grains is from someone who has them. Try pointing to the sky, uttering the words "Look! Haley's comet!", grabbing the grains and running. Or, if you would be more polite, just ask.
Many people who have grains will happily share them. If you cannot find someone in your community who has grains that they can share, many people will ship them to you for the cost of shipping and packaging. Often the easiest method of packaging them involves dehydration. Dehydrated grains may take some time to come back from their dormant stage and fully recover from the dehydration process. By 'some time', I mean months. If you can get fresh, hydrated grains then you'll have great kefir right from the start.

Dom, the operator of Dom's Kefir In-Site, does ship his grains around the world. Contact him for information on getting some of his grains. He has a booklet that he ships with them that includes recipes, historical information about kefir, and instructions to make kefir.

I have kefir grains. How do I use them?
To use your kefir grains, first you need the following items:

  • A sanitized clean jar with a clean, loose-fitting lid or some covering method (such as a coffee filter held in place with a rubber band).
  • A plastic or stainless steel colander or strainer.
  • A with a mouth larger than your strainer or colander.
  • A spoon (plastic, lexan, nylon, etc) can be useful.

You also, of course, need milk and your kefir grains. 
To culture the kefir:

  1. Pour your milk into the jar in about a 1:3 ratio of grains to milk (depending on your tastes).
  2. Cover the jar loosely with lid or coffee filter.
  3. Place the jar in a warm place away from strong sunlight. 
  4. Some people recommend that you give the jar a gentle rocking motion after the first 12-14 hours of fermentation or stir with a clean spoon to make a nicer curd.
  5. After 24 hours, uncover the jar and start to pour the finished kefir through your strainer. You may need to tap or shake the strainer to get the curd to pass through the strainer.
  6. When all of the kefir is strained and your grains are in your strainer, wash the jar.
  7. Allow the jar to cool, or go back to step 1 and use cold milk. Do not add grains to a jar that is still hot from the wash.

When your kefir is finished with the primary fermentation, you can either drink it fresh, refrigerate it and drink it later, or put it into a loosely-capped jar or container of some sort and leave it at room temperature for a secondary fermentation. 

retha/Kefir.jpg

 

 

  Ja-ja, ek sal dit vir jul vergroot, gee kans!

Verbeel jou intussen: dit lyk soos te lank gekookte blomkool, mooi wit egter en ferm-slymerig tussen jou vingers. 

Moenie so gril nie! Dis nie vir voel nie, dis vir werk en kweek daarmee, en dit is uiters gesond!! 

Jul kan ook jul eie kultuur plantjie aanskaf by :

Elna van Coller

Cell: 082 77 88 037  

 http://www.personaltrainer4fitness.co.za/4u/Products/KefirHelpforDairyAllergies/tabid/64/Default.aspx

Sy het my baie gehelp en een van die dae sal ek dit ook aan jul kan verskaf asook die KOMBUCHA "sampioen" waarvan gefermenteerde tee gemaak kan word! 

 

 

NOG 'n vraag waarop ek geen definitiewe antwoord gehad het nie, was: WAAR kry mens in die gewone handel EIERPOEIER te koop?
Weet iemand dalk? 
 
En die antwoord hierop is deur Johan Le Roux van Pretoria verskaf!
Gaan loer by 28 November 2009! Baie Dankie Johan, jy ontvang 'n gratis E-Resepteboek, met my komplimente! 

Kan julle glo dat nóg 'n week en amper nóg 'n maand verby is? En met die begin van APRIL is die somer mos eintlik nou amptelik verby...daarom vind ek dit gepas om die somer naweke se tradisionele tydvermaak af te sluit met die volgende BRAAIVLEIS WENKE.

( In SA? Ag nee kom, wees ernstig! Hier in ons Sonskynland, kan ons dit Somer, Herfs, Winter én Lente volhou! )

 Op 13 Junie 2007, Het ene, DAWID op die SA Buitelug Fokus die volgende wenke oor braaivleis gegee. Hy skryf:

   “   Kos wat in die buitelug gaargemaak word, hou 'n wonderlike bekoring in, en die tergende geur van vleis wat op die kole sis maak 'n mens rasend honger. Dit is seker een van Suid-Afrikaanse se nasionale tydverdryfte. Dit is wonderlik hoe dikwels mense met bitter min ervaring aan kookkuns dit regkry om die heerlikste kos oor die kole gaar te maak. Daar is geen formaliteite by 'n braaivleisvuur nie. 'n Braai is wat jy self daarvan maak. Braaivleis bly ewe lekker, of dit nou by 'n swierige braaiplek, jou eie lapa, in die tuin of op 'n eenvoudige braaitoestelletjie berei word. Wat is nou geselliger as die sorgelose saamkuier om 'n braaivleisvuur? Niks klop immers daardie besonderse rooksmakie van kos wat oor die kole gaargemaak is nie. 


BRAAI WENKE
So maak mens jou braai beter as die buurman s'n:
 

BEESHAAS (STEAK)
  
Moet nie gevriesde steak ontdooi nie. Plaas dit net so op die vlamme en sout eers wanneer dit amper klaar is.
 
BOEREWORS
 
Ryg boerewors deur 'n sosatiestok met uie tussen in. Braai die wors oor die koeler deel van jou vuur / kole. So laat jy dit stadiger kook. Moet nie die vel prik dat die vet uitkook nie. Die wors moet juis gaar kook in die vet om sodoende die smaak te behou.
 
Draai die wors om sodra jy kan sien die vet kook aan die binnekant. Moet nooit meer as tien minute aan 'n kant braai nie. Doop wors in water voor jy dit braai. Dit verhoed dat die wors maklik oopbraai terwyl dit gebraai word.
FILET
 
Laat 'n filet vir 'n paar uur in Cola Cola marineer voor jy dit braai. Braai dit oor vlamme en sorg net dat die kante seël.
 
GROENTE
 
Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai.
 
HOENDER
 
Kook hoender in Coke voor jy dit braai of 20 minute in water. Dit maak dit sag en smaakvol.
 
KRUIE
 
Gooi jou gunsteling kruie op die vuur vir 'n aangename reuk.
 
KRUISSTUK (RUMP)
 
Marineer jou kruisstuk (Rump) oornag in sonneblomolie en worcestersous voor jy dit vinnig weerskante seël en dan verder braai soos jy dit verkies.
 
LAM
 
Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai.
 
MIELIES
 
Maak 'n pasta van gemmer, rissie, olyfolie, heuning en sesamesaad en smeer oor mielies.
 
PIESANG
 
Braai piesang in die skil. Haal af sodra die skil begin swart word en sit voor met room.
 
PIESANGBLARE
 
Was 'n piesangblaar en vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai, ± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer, suurlemoensap en olyfolie op die vis.
 
 
ROOSTER
 
Indien jou vleis vassit op jou rooster, maak dit skoon met jou draadborsel terwyl dit nog warm is en smeer ui daaroor.
 
SUURLEMOENSAP
Druk vars suurlemoensap oor hoender, groente, vis of lam net voor dit van die kole afkom vir 'n pikante smaak.
 
TJOPS
Sprinkel suurlemoensap oor jou tjops voor jy dit braai. Dit maak dit sag. Laat jou tjops oornag in Coke lê. Die vleis is dan sag en smaakvol wanneer jy dit braai. Moet nie tjops sout voor jy dit braai nie. Dit maak dit taai.
 
KLAAR GEBRAAIDE VLEIS
 
Plaas die vleis wat reeds gebraai is op 'n bed gebraaide uie. Dit verhoed dat die vleis uitdroog en dit gee die vleis ekstra geur.
 
VLAMME
 
Sit ys op die vleis indien die vlamme te hoog brand. Plaas 'n koeldrankblikkie of bierblikkie ¾ gevul met water in die middel van jou kole. Dit verhoed dat vlamme, veroorsaak deur druppende vet, buite beheer raak.
 
VUURAANSTEKERS
 
'n Alternatief tot vuuraanstekers is 'n die onderste helfte van 'n eierdoos gevul met ou kookolie Plaas dit plat neer en bou jou vuur daarop.  ”
 

  • Ek sê: vul jou eierhouertjies met kerswas, wanneer dit gestol het, breek jy telkens net een af en gebruik dit! Die res breek jy by voorbaat af en hou dit in ‘n boksie of plastiek bakkie, handig naby!

DAWID eindig deur die volgende bekende epos aanhaling te plaas:

SLEGS WARE MANNE BRAAI VLEIS
Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.
Wanneer 'n man besluit om te braai, ontstaan die volgende ketting-reaksie.:
1)   Die vrou gaan koop die vleis en by-kossies.
2)   Die vrou maak die slaai, pap en sous.
 
3)   Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die braaier met 'n dop in sy hand staan.
4)   Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER
5)   Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.
 
6)   Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die situasie onder beheer bring.
 
7)   Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT VIR DIE VROU AAN.
Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.
9)   Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.
10)   Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging.

Later vra die man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige vrouens tevrede sal stel nie! 

 

 

  Hierop seg ek, liewers niks! 


Wat een Heerlik, rustige naweek! Geen gejaag en geen MOET dinge om te doen! En wie is dan lus vir kosmaak?

So Probeer gerus die volgende min moeite, maar lekker RYS-bykos of RYS-gereg! 

 

SPESERY-RYS 

300 ml rou rys

5 ml Margarien

5 ml Rys-speserye

2 ml paprika

Kook rys soos gewoonlik, maar voeg res van bestandele by i.p.v. sout.

Braai nou intussen : gekapte uie, groen en rooi rissies, sampioene en klein stukkies spek. 

Sodra die rys gaar is, roer die gebraaide uie mengsel daarby in  en Voila!!

 

OF

 

GEGEURDE RYS

90 g Margarien

250 ml rou rys

750 ml Kookwater

5 ml Aromat

30 ml Tamatiesous

10 ml Blatjang

5 ml gedroogde pietersielie of handvol vars gekapte pietersielie 

3 ml gemengde kruie 

Smelt die Margarien in 'n kastrol, en voeg die rys daarby. Braai rys oor matige hitte tot amper 75% daarvan gepof is. Giet kookwater oor en roer res van bestandele by. Sit deksel op en prut  nog sowat 15 minute, verwyder deksel en prut tot droog gekook. Bedien warm.

 

MIN MOEITE RYS GEREG

500 g maalvleis

25 ml Margarien

1 groot ui fyn gekap ( Ek gebruik altyd meer uie!!)

250 ml rou rys

1 blik ( 410 g ) MINESTRONE sop

Braai maalvleis ( met bietjie sout, peper en tiemie) in margarien tot gaar, gooi dit daarna oor in oondskottel met deksel. 

Strooi die fyngekapte ui bo-oor, dan die rou rys en laastens die sop. Vul die blikkie met water en voeg dit ook by.

Sit deksel op en bak 1 uur by 180ºC.

Sit voor met lekker vars krakerige groenslaai met kersietamaties!

 

Frank Outlaw het gesê:

Wees versigtig wat jy dink, dit word jou woorde.

Wees versigtig wat jy sê, dit word jou aksies.

Wees versigtig wat jy doen, dit word jou gewoontes.

Wees versigtig met jou gewoontes, dit bou jou karakter!


...Spreuke 4:23 sê: Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dít, bepaal jou hele lewe. 

 

 

  

30 mm Reën!

Poele staan oral in die veld en in my stappad om die berg, spoelslote laat my swenkend en spring-spring stap, rysmiervlerke dryf weereens in miniatuur dammetjies teen gras en bokmis opdrifsels vas in die ligte môrebries, en wolke hang gryswit onderstebo in weerkaatsings in die helderskoon watergevulde holtes bo op rotse.

Droë, swart rotse wat bedags in die son bak, het oornag swart-blink, rots-kruike,  vol Hemelse water geword- waarin voëltjies nou opgepof hulself sit en beskou en welbehaaglik daaruit drink.

Om elke blaar waarop die eerste son sy eerste strale gooi, hang 'n glansend blink son-sekelmaan, met kristal-ster-druppels getooi voor dit stadig in afskeid van die blaar afdrup, en op die nat versadigde aarde val.

Daar’s twee Bo-Karoo’s hier by my vandag, een waarop ek met nat modderspore trap, en een wat onderstebo in die waterpoele weerkaats. 

Terwyl ek my stapklere uittrek, wedywer drie tienerkatte spinnend soos diesel trekkertjies om aandag al om my voete terwyl makmeerkatkind baldadig in kringspronge sy eie stert in die sonkol op die mat voor die venster probeer vang, soos die Dexter kalwers vroegoggend kromrug en stert in die lug geboog, natrug oor die nat swart leemgrondkluite hul huppelspronge gewaag het.

30 mm reën in die Bo-Karoo!

Dis nat, dis wonderlik nat, en die reuk van reën oor 'n dankbare aarde vul my siel soos die son wat vroeg reeds soos goue sonrooigoud heuning teen die berg af gedrup het.

 

Op so 'n oggend staan jy self baldadig op en bak vir jou eie lus 'n groot bak songoue mieliefrutters wat jy stomend met rykgoue stroop bedien, en vir die sout en proteïen belustige, 'n pan vol boerewors met 'n dik tiemiesous, mieliepap en gebraaide tamatie helftes...

 

MIELIEFRUTTERS

Meng ½ kp koekmeel, 1 tl bakpoeier, 1 groot eier en knippie sout. Roer daarby 1 – 2 kp gedreineerde pitmielies. Bak soos plaatkoekies in vlak olie, draai om sodra blasies  bo-op vorm en begin bars en albeikante goudbruin en bros  is. Dreineer op kombuispapier, bedien met stroop of heuning vir die soettande of 'n strooisel Aromat vir die ander...

 

SLAPPAP

500ml water, 3 ml sout, 90 g mieliemeel 15 g botter.

Bring 375 ml water en die sout tot kookpunt. Meng die mieliemeel en die oorblywende water en roer dit by die kokende water in. Kook vir 20 minute of langer tot dit gaar is. Roer af en toe.  Met opdiening, roer die botter in en dien warm op. (4 porsies)

 

STYWEPAP

500 ml water, 3 ml sout, 225 g mieliemeel 10 g botter.

Verhit water en sout tot kookpunt. Roer die mieliemeel by. Sit deksel op en kook vir 5 minute. Haal deksel af, roer meel nou met 'n langtand vurk goed met die water in. Sit deksel weer terug op en laat vir 20 minute of langer stoom tot dit gaar is. Roer botter in en bedien warm. (6 porsies)

 

KRUMMELPAP

375 ml water, 3 ml sout, 300 g mieliemeel

Verhit water en sout tot kookpunt. Voeg mieliemeel stadig by sodat dit 'n hopie in die middel van die water vorm. Sit deksel op en laat kook sowat 5 minute tot die hopie rondom 'n “skil” gevorm het. Roer nou die pap met 'n langtand vurk  totdat dit fyn en krummelrig is. Sit deksel op en laat vir sowat 15 minute stadig op lae hitte gaar stoom. Roer af en toe. Dien warm op saam met wors en sous, of tradisioneel met bruinsuiker en dikmelk. (6 porsies)

 

MY LEKKERSTE PAP

350 ml aangemaakte poeiermelk (of vars melk), 145 g mieliemeel, 200 ml pitmielies of soetroomsoort, 5 ml sout, 10 g botter, brosgebraaide gedreineerde stukkies spek.

Maak stywe pap op die gewone manier, maar gebruik die melk i.p.v. water. Sodra dit gaar is, roer die mielies , botter en spek daarby in. Voila!

 

NS. Onthou as jy met melk pap maak, doen dit oor lae hitte want anders brand of skroei dit makliker aan. 

 

 

  'n Vriend is iemand wat instap wanneer die hele wêreld uitstap. 

 

 

 


Helena Kruger skryf:  

Esme & Jan Cronje op Springbok radio!!!

'K Het sopas in ‘n resepte boek van my Moeder nog  ‘n paar goeie resepte van Esme en Jan daarin gekry, haar boek is in 1966 met die hand geskryf, kom ons kyk!!

Dankie Helena, dit is kosbaar en ek deel dit graag met ons ander lesers! 

 

3 MINUTE SJOKOLADE KOEK

3etl Kakao

2 eiers

1/3k sagte botter

3 t Bakpoeier

1 3/4k Meel

11/3k Suiker

1/2t Kaneel

1/2k Melk

1 t Vanilla of 2t Kitskoffie

Meng droë bestanddele saam.

Vryf botter in en voeg melk by. Meng alles goed deur.

Bak vir 40min. In gesmeerde koekpan

 

 

STROOP POFFERTJIES

2k Meelblom, 

1 1/4k Melk,

3e Botter,

1/2t Sout,

4 eiers

Stroop

2 1/2k Suiker,

2k Water

Geursel 

Kook stroop die vorige dag.

Kook suiker en water vir 10min saam. Laat afkoel.

Voeg geursel by [amandel of suurlemoen of lemoen]

Laat yskoud word[ yskas]

Beslag: Kook melk en botter,  roer meel en sout vinnig in tot gaar.

Verwyder van stoof, voeg eiers een vir een by.

Bak teelepelsvol in warm olie en doop in yskoue stroop!!!

 

MIELIE GEREG 
1 Blik Suikermielies
1e Tamatiesous
2 eiers [geskei]

bietjie sout

Roer tamatiesous in mielies , dan geklitste eiergele, en dan die styfgeklopte eierwitte

Gooi in bakskottel en bak!!!! So by 180*C tot geset en mooi bruin.

 


 Is dit nou nie wonderlik nie!

 So herleef ons verlede in die hede en maak ons, ons toekoms net meer vol van kosbare herinneringe!

 

 

 

LESERS NAVRAE...ek plaas dit vir 'n wyle hier maar dit hoort eintlik op die NAVRAE BLADSY...So gaan loer gerus daar!

Ek het ook besluit - omlat- soos my kinders gesê het toe hulle klein was, omlat julle nie in die ARGIEF wil rondsoek nie, om vir julle ’n INHOUDS OPGAWE te skep en by te werk, ek moet nou net besluit waar dit vir julle die mees toeganklikste sal wees! Wat dink julle, op die TUISBLAD, HIER by HUIDIGE MAAND, of aan die begin van die ARGIEF blad?? Terugvoer sal verwelkom word asseblief!!

Intussen, gaan loer gerus by die ARGIEF blad alles op die WORDENDE INHOUD sal wel daar wees!

 

Ja, julle dink seker daar kom geen navrae in nie! Julle is verkeerd! Baie navrae het ek egter al per vorige kere ontvang en kon ek dus via die ARGIEF beantwoord, en daarom maak ek nie van almal melding nie!


Daar was bv. Madel Brand, wat geskryf het: Ek is op soek na 'n outydse Boerseep resep, nie vir oorlewering nie, maar omdat ek dit graag wil maak, want my ma sweer daar is geen ander seep wat vlekke so lekker lig nie.

 

Jan, wat hulp gevra het met sy: Ek weet nie of ek uit my pad is nie maar ek soek raad wat werk vir klein swart miertjies?

 

Schalk se: My vrou ken van KFC Family Super Variety Bucket en Hungry Jack's Double Whopper Burgers. So eg Ozzie. Vir 'n Ozzie Burger sit jy net beet en eier by.

Ons maak ons eie biltong, en stoei nog met die sout, asyn, speserye en tydsduur vir elkeen. Maar die biltong verdwyn, so dit proe al heel gangbaar!

 

Rika West wat destyds 'n Yogurt-plantjie gesoek het, het my op die spoor gebring na my soektog vir haar, op die KEFIR kulture, die is aangeskaf en ek kan nou al hieroor berig ek is nou ook al sowaar 'n KEFIR-MEISTER!!  Ek het al soveel kon weggee en het selfs begin KEFIR-GEMMERBIER maak !! My eerste "batch" SKG of "Sugar-Kefir-Grains (SKK=Suiker-Kefir-Korrels) pas wonderlik aan en ek is baie opgewonde! Ek het ook 'n KOMBUCHA "sampioen" of fungi gekry en nou word my mense onderwerp aan gefermenteerde tee en Kefir elke dag!!

 

Susanna het so gesoek na die WAFEL-SOUS-RESEP wat sy verloor het, en SASKO / Snowflake het die presiese resep gehad vir die wafel sous resep wat sy gesoek het! Opgespoor!

Dit was by albei al geplaas en is dieselfde. Sy het laat weet dit was reg! My antwoord het gelui: 

250 ml bruinsuiker

50 g botter

250 ml melk

25 ml vlapoeier

1 ml sout

5 ml karamelgeursel

Karamelliseer bruinsuiker ne botter effens tot dit begin bruin word.

Verwyder van hitte en voeg 200 ml verhitte melk geleidelik by. Roer tot suiker opgelos is.

Meng vlapoeier, sout en orige melk tot gladde pasta en voeg by melk.

Verhit tot mengsel begin kook en verdik. Kook sowat 3 minute.

Verwyder van hitte. Voeg geursel by.

 

Thea Fouche het gevra: Ek wil beet inlê en soek asseblief 'n resep.

Wel Thea, SO MAAK JY!

 

GEBOTTELDE GEMMER-BEET (Ouma Leen)

500ml suiker

500 ml water

750 ml asyn

3 ml gemmer

5 ml kaneel

Sout en peper na smaak

2 bossies beet ( sowat 12)

Kook beet tot gaar, verwyder skil en sny of rasper. Kook res van bestandele saam. Voeg beet by en laat weer opkook.As jy dit bietjie meer wil bind, kan jy 1 Etl Maizena byroer net voor jy dit bottel.

Bottel warm.

 

 

En Dan uit: EGTE AFRIKAANSE RESEPTE, my variasie!

BEET-ATJAR

Meng en bring 2 kp bruin asyn,  en 3 kp suiker tot kookpunt. Voeg dan by: 6 kp gaar beet in blokkies gesny en 2 uie redelik fyn gekap.

Meng die volgende en voeg by kokende mengsel: 3 tl kerrie, 1 tl tiemie,1 tl sout, en kook alles vir nog sowat 10 minute, voeg dan 45 ml maizena by en kook deur tot verlangde dikte. Bottel warm.

 

OF

 

BEET-BLATJAN

2 groot bossies beet

8-10 uie

6Etl Kerrie

1.5 kg suiker

1.5 l wit asyn

Sout en peper na smaak

3 Etl olie

4 Etl Maizena

Kook beet tot gaar, rasper. Braai uie in olie tot ligbruin.Voeg by beet. Voeg res van bestandele by, bring tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie water en voeg egter laaste by, roer tot verdik. Bottel.

 

KRUIE-ASYN-BEET

1 kg beet, sag gekook, gerasper of in skyfies gesny.Pak in gesteriliseerde bottels.

Kook die volgende vir sowat 5 minute saam : 1 kp water

2 kp suiker

1/2 tl gemmer

1/4 tl kaneel

4 kp asyn

Sout en peper na smaak.

Gooi kokende asyn-mengsel oor beet, en bottel warm.

 

SPESERYE-BEET-SLAAI (My Verwerking van die resep wat in KNUPPELDIK verskyn het.Kan ook gebottel word.)

Kook vir sowat 10-15 minute:

2 kp asyn

2 kp water

1/2 tl fyn naeltjies

1/2 tl kaneel

1 tl piment korrels

2 lourierblare

Sout en peper na smaak

Maak 1 pk rooi Jellie nou aan met hierdie asyn, en gooi bo-oor gerasperde gaar beet. Laat stol en bedien as koue slaai.

* Ek het die jellie ook al by die asyn gemeng in die kastrol, die water vervang met 1 kp suiker, en dit dan oor blokkies gaar beet in bottels gegooi en warm gebottel. Dit wss op geeet voor 2 maande om was so ek weet nie of dit langer sou gehou het,soos die ander bottel-resepte hierbo nie!

 

En wat van 'n BEET-WORTELKOEK?

500 ml meelblom, gesif

12.5 ml bakpoeier

5 ml fyn kaneel

1 ml sout

250 ml olie

3 eiers geskei, witte styf geklop

375 ml strooisuiker

250 ml gerasperde gaar beet

250 ml gerasperde wortels

250 ml gekapte neute

Sif meel, bakpoeier en kaneel saam. Klop olie en suiker tot glad. Voeg beet, wortels, neute en eiergele by. Roer goed in. Meng nou die droë bestandele by, en dan die eierwitte ingevou.

Bak in gesmeerde ringpan in MIKROGOLF vir sowat 11 minute teen volle krag.

Laat staan rukkie voor uitkeer. Ek voer my pan ook met handdoekpapier uit, en spuit dit ook met kllefsproei...

 

En vir Schalk:

Ons BASIESE BILTONG RESEP (vir bees of wildsvleis)

Gebruik goeie snitte uit die boud, blad of rugstring.

Meng:

1 kg growwe sout

45 ml bruin suiker

50 ml saltpeter (Opsioneel, dit gee daardie mooi pienk kleur en help met persevering.)

10 ml koeksoda (Ook opsioneel, help met preservering en sagmaak van vleis)

15 ml swart peper

62.5 ml growwe koljander.

Sout die biltong deeglik in. Sprinkel die asyn oor die biltong en laat lê vir 12 uur of oornag.

Haal uit en was af in matige asynwater. Hang op om droog te word.

* Ons meng sommer alles en “roer” die biltong, asyn en speserye mengsel goed met die hand deurmekaar, laat dit oornag, en in ons warmer gebiede, “spoel” ons dit nie weer met ligte asyn af nie, maar hang dit direk na die oornag-wag op, dan drup die oormatige asyn en vog self af op koerantpapier.

Laat droog tot hoe droog jy dit verkies, en bêre in sakkies in vrieskas of in katoen slopie in donker koel plek. In slopie word dit net nog meer droog en bros maar in vrieskas behou dit daardie klam“ biltong tekstuur. Laai ontdooi teen kamer temperatuur en Voila!! 

   Geniet jul kookerye!

  Die lewe gaan nie daaroor dat ons moet wag dat die storms moet oorgaan nie,

  maar dit is die leerskool dat ons kan leer om juis in die reën te kan dans!

Anoniem.  

 

 

 

Izak de Villiers het oor MAART geskryf:

Die natuurdinge wys dat hoogsomer aan die verbygaan is, maar ook in die verbygaan is genieting, want dit skep die herinneringe wat bly.”

 En die Psalmis het gevra: “Leer my, my dae so te tel, 'n wyse hart te bekom.”

 

Dr. ST Potgieter ( 'st@pitkos.co.za') skryf dat ons in die teenswoordige tyd moet leef.

Hy sê:  Hoe snaaks, of hoe onmoontlik dit ook mag klink, baie mense leef nie regtig in die teenswoordige tyd nie. Ja, hulle is wel aanwesig in die teenswoordige, maar hulle gedagtes en motivering dwaal rond in die verlede of hunker na die toekomstige. 

Let wel, ek sê nie jy moet maak of die verlede nie bestaan nie. Wat ek wel sê is dat jy nie jou teenswoordige op die altaar kan sit ter wille van die verlede nie. Of om dit op 'n ander manier te stel, moenie soos Lot se vrou bly omkyk nie, maar leef in die huidige oomblik. 

Daar is ook mense wat leef net vir die toekoms. Hulle bou lugkastele, verf die kamers van die kasteel uit, lê die tuine uit, en vertel wat hulle alles gaan doen. Eendag, eendag, eendag. Jy weet nie wat die toekoms inhou nie. Jy weet nie eers of jy môre nog gaan leef nie. Fokus op vandag, leef vandag, geniet vandag. Doen wat jy moet doen, vandag. George Patton het gesê: "Voer eerder vandag 'n goeie plan met oorgawe uit as om tot môre te wag om die perfekte plan uit te voer." 

Let wel, ek sê nie jy moenie drome en doelwitte vir die toekoms hê nie. Wat ek wel sê is dat die stene vir die kastele van môre, vandag gemaak en gelê moet word. Werk vandag, doen vandag, leef vandag. Iemand het by geleentheid gesê: "Ons lewe in die teenswoordige tyd. Gister is verby; môre moet nog kom. Vandag is die wonder." 

Enkele voordele om in die teenswoordige te leef: 

· Jy kasty jouself nie oor verkeerde keuses in die verlede nie. 
· Slegte herinneringe het nie 'n effek op jou nie. 
· Jy geniet jou lewe meer en leef meer voluit. 
· Jy is beter in beheer van jou lewe en tyd. 
· Jou siening van die lewe is beter en meer objektief. 
· Jy kan beter besluite maak. 
· Jy mors nie energie op bekommernisse nie, maar is meer produktief. 
· Jy leer dat tyd kosbaar is. 
· Jou gedagtes dwaal nie, want jy is gefokus op die oomblik. 


Philip M Raskin het gesê: "Die man wat vandag mors om oor gister te kla, sal môre mors om oor vandag te kla." 
En in die woorde van Sanskrit: "Elke vandag, voluit geleef, maak van gister 'n droom van geluk en elke môre 'n visioen van hoop. Let dus op hierdie dag, want dit alleen is lewe." 


Dit wil ek alles maar net ego, en sê: Ek is Dankbaar!

Vir Gister, Vandag en my Môre, in Sy palm!

 

GROENTE TERT 

(soos voorgelees deur Esmé en Jan op Springbokradio! Dankie aan Helena Kruger wat dit vir my gegee het en haar Moeder wat dit vir ons afgeneem en so vir die nageslag bewaar het!)


Gaar fyngemaakte aartappels vir die kors.

1 1/2k dik witsous.

Gaar gegeurde maalvleis.

Fyngekapte gaar groente [ enige soort]

1 geklitste eier.

1k Gerasperde Kaas.

Sprei fyn aartappels in tertbord vir kors.

Bak 20min in matige oond tot mooi bruin.

Meng witsous met eier, vleis en... groente en geur met sout en peper.

Skep in jou kors en sprinkel gerasperde kaas bo-oor en sit terug in oond tot 
kaas gesmelt het ...en mooi bruin is!!! Bak sowat 10min


  Wayne Dyer

  "Wat jy vandag doen, is die enigste aanduiding van wie en wat jy is."




 
Wil jy hê ek moet jou meer inligting oor iets gee?    
Kontak my regstreeks by: rethajm@gmail.com  
Groetes!!
 Rx. 
 
 

Retha van Somaakmens

Indien jy nog nie ONSDORP se nuusbrief ontvang nie,

Vul die onderstaande vormpie in vir heerlike tong in die kies humor,

Vars elke twee weke in jou posbus