Nov 2010

OP HIERDIE dae in NOVEMBER: verskyn die volgende Onderwerpe, Resepte en Lesers navrae...

1 NOV: ons bou en breek..SkoonmaakWenke, Geroosterde Butternut-ala-Louis!

10 Nov: Hael, Mieliepapballe en Molshope...

16 Nov: Rabarber tert, -nagereg en -limonade! Gemmerbier-BYE, Nog Dieet-wenke, en hulp in die soeke na"snackles" !

21 Nov: Kammanuus en Patats... 

22 / 11/ 2010

Kyk! Van WROEG kan jul my min vertel!

Ek kan heerlik wroeg! Ek hou van wroeg. Jy moet die storms kan jaag om by die reënboog antwoorde te kan kom! Ek kan wroeg oor dinge en mense, die verlede die hede én die toekoms.

Wroeg gee my die kans om betekenis te vorm uit lewenslesse, sodat ek sekere dinge later “BY die lig van my oortuigings”  kan doen.

Ek kan diep wroeg en ek kan liggies wroeg en ek kan positief wroeg – want negatief wroeg maak jou onuitputlik moeg so dit laat ek doelbewus agterweë!

Maar veral wroeg ek graag oor die SIN VAN DIE LEWE. Meer spesifiek, die sinvolheid of doelbewustheid van my daaglikse bestaan. Nie soseer my “doelgerigte lewe” –aldus die selfhelp-boeke nie. Die antwoord wat almal na jou kaats is dat as jou GELOOF reg is dan het jy ‘n sinvolle bestaan... of keer net na binne na jou GEESTELIKE kamers dan is jy reg... Maar my wroeg oor die sinvolheid van my bestaan, kom juis vanuit my geloof. 

Ek is baie bevoorreg. Ek het niks nodig nie. Om nie gelukkig te voel/te wees, oor sekere goed nie, maak nie van jou 'n ongelukkige mens nie! Ek is 'n gelukkige mens.

Ek is 'n Koningskind.

Ek het ‘n goeie man en kinders. 'n Huisie by die ...rivier!

Ek hoef nie te “werk” nie...

Ek het semi-afgetree mos! Vol vitaliteit en lewenskrag! (soms minder moet ek erken terwille van die gewete ja!) Maar immers is ek glad nie verveeld nie! Ja ek raak verveeld met sekere dinge. Maar vervelig wees? (Ai, grootbaas Hennerik sal so trots op my wees by die lees hiervan!)

Iederwel, ek wroeg baie oor die vraag wat wil God hê moet ek met my lewe doen terwyl ek nou nog hier benede in transit leef. Moet ek uitreik en betrokke raak in die gemeenskap of moet ek dit of dat? Ons voel mos altyd ons moet iets tasbaars DOEN om sinvol te kan leef. Elkeen se omstandighede en introverte wees is egter anders en jy kan nie skielik in ‘n ekstrovert verander en uitreik en aktief dinge begin doen oor jy dink dis wat jy moet doen nie!

Ek het veral, na my grote ongeluk, nou ook al ‘n paar jare terug al, so ‘n tweede lewens belewing ontvang, maar wat DOEN EK DAARMEE- vra ek myself heel dikwels af! Bel ek Saterdag my liewe weduwee vriendin wat saam met my in die ongeluk was, en  ‘n ware sielsgenoot is, een wat my tipe wroeg ken en verstaan-  en seg sy, Retha, dalk is daar werklik sekere dinge wat ons nie die antwoorde op sal kry nie, bly maar net besig.(Seg sy op 80 hierdie jaar!)

Wel, gaan sit ek daarna op die randjie van ons amper klaar spoelplaspoedeltjie en uitkyk oor die mooie Gariep, dink ek: Dis so lekker hier! Dit maak my so bly om net so te sit en net te wees. Net dankie in my te voel oor ek die bome en die koeltes  en die groen kan geniet! 

Ek hoef dalk niks te doen nie!

Ek hoef dalk net hier te wees en dit te geniet!

Dalk is dit die sin in my lewe!

Bloot net om besig te wees en alles te geniet!

Eureka!! Uiteindelik! ‘n oomblik van onversluierde WEET!

Stap ek terug in die koelte van die oewerhuisie, val my oog op ‘n tydskrif en die woorde van June Polis wat sê: Die wind wat waai en die geluid van water vul my met VREUGDE en dankbaarheid dat ek kan leef!

Dit ego en bevestig die antwoord op my binne vra. Ek het al vir my Abba Vader gevra: Sit dit tog swart op wit dat ek dit moet lees want ek bly U antwoord miskyk! (Ek is ‘n sondaar onthou, en mens lees soms doelbewus antwoorde mis...)

Op my yskas (en hoeveel keer lees ek dit net nie!) hang die nou al verflenterde uitknipsel van ‘n see toneel wat teen ‘n klip aanspoel met Eleonora Duse se woorde: As die blou van die lug jou hart met vreugde vul; as die geringste ding in die natuur ‘n boodskap dra wat jy verstaan...jubel, want jou siel leef!

Ek dink ek het die antwoord op my wroegvraag oor die sin in my daaglikse lewe nou my eie gemaak, in die woord VREUGDE.

Die dag gee my VREUGDE.

Die lewe gee my VREUGDE.

Om te wees wie ek is en waar ek is vul my met VREUGDE.

VREUGDE is my sin.

My dieper doel. 

Retha het met VREUGDE geleef, en gewroeg! DIT is wat op my grafskrif moet staan! Want dit impliseer dat Hy my eerste so lief gehad het dat ek VREUGDEVOL mag leef- al doen ek niks, al IS ek net.

Die woorde van Prediker 3:13 en 8:15 bevestig soveel van die sin van die lewe, juis met die woordjie VREUGDE!

EN, Kry ek vandag as verdere swart op wit bevestiging van my naweek se wroeg, my E-KERK stukkie van Stefan Joubert. Is ek nie- met soveel respek en ontsag gesê - sowaar alweer 'n regte witgatwitbroodjie van my Pappa-God nie!

Stefan skryf: Welkom by ekerk se goeie nuus! "IS DAAR 'N DOEL MET ALLES?"

Dit is die tipe vrae wat deesdae gedurig opduik. Baie van ons loop deur onder misdaad, geweld, armoede en onreg. Wat dan? Moes God dit gekeer het? Hy is immers die Een wat alle mag het. Moet diegene wat die slagoffers van misdaad en ander slegte ervarings is daardie gebeure juigend aanvaar? Of moet hulle huil en treur? Ek weet nie wat die regte antwoorde is nie. Wat ek wel weet, is dat daar nie kitsantwoorde op sulke vrae is nie — ek bedoel daardie Google tipe wat binne 0,005 sekondes tien sakpas antwoorde op enige probleem op jou lewe se rekenaarskerm plaas nie.

Ek identifiseer graag met Spreuke 25:2 dat God se planne ten diepste onverstaanbaar is. Of met die woorde van Prediker 8:17 dat mens eers iets van God begryp as jy die lewe juis nie verstaan nie!

Hierdie woorde is goeie nuus, want dit sê jy is nie geroep om alles in die lewe haarfyn uit te pluis nie. Anders gestel, om SIN te maak van die lewe, is nie gelyk aan die rasionele verstaan van wat die "groot doel" met elke gebeurtenis is nie. Hoor weer, die Prediker meen jy snap iets van God as jy in dieselfde asem besef die lewe is onverstaanbaar.

Om gelukkig te wees in hierdie holderstebolder wêreld van ons moet jy ten alle koste 'n nuwe roetine aanleer volgens die Prediker. Jy moet leer om jou brood met VREUGDE te eet. JY MOET VREUGDE SKEP IN DIT WAT JY ELKE DAG DOEN (2:24-5).

Dan ontdek jy die goeie hand van God op verrassende maniere en op onverwagse plekke. Moenie jou kop moeg maak oor dinge wat te groot is vir jou verstand nie. Betekenis lê in die omhelsing van eenvoud en in die skep van vreugde met die bietjie wat jy in jou hand het. Dan ontdek jy God se voetspore sommer hier op jou eie lewe se voorstoep!

En, Het julle die film “Eat, pray, love” gesien?

Min van ons sal ooit die geleentheid kry om ’n jaar lank oral oor Italië, Indië en Indonesië te toer. Vir ons sal om te eet, bid en lief te hê moet gebeur in die chaos van ons elke dag se bestaan, waar ons ook al is.

Miskien lê die uitdaging daarin om die meeste te maak van al ons maaltye, van God asook die verhoudings waarin ons staan, eerder as om te smag na dit wat ons nie het nie!

En ek het belowe dat ek  Izak se vraag wel sal beantwoord! Hy het geskryf: ...wat is "Turkish fig"? Mens kry Balsamiese asyn met "Turkish fig" en ek weet dit is nie turksvy nie, want dit is tog "prickly pear" in engels?

Sover ek geweet het, is dit gedroogde heel vye, maar ek wou net seker maak, en toe gee onse Frik vir my die voledige antwoord!

Hy seg: In kort is dit gedroogde vye. Hulle laat dit aan die boom ryp word en dan laat hulle dit so ‘n ruk hang om droog te word.

Background:In areas ranging from the Middle East to eastern and southern Africa, numerous species of wild figs have grown for thousands of years. Fig seeds have been found in Bronze Age settlements in the Mediterranean and remains of dried figs were discovered in the ruins of Pompeii. Figs were actively cultivated as a staple in the diet of the Spartans, and Romans fed figs to geese they kept to warn them of invaders. When the Romans introduced this custom to the Gauls, it is speculated that foie gras, the delicacy obtained from force fed geese was born. The cultivated fig, Ficus carica, derives its name from the ancient region of Ciara in western Turkey, and is a member of the mulberry family.

Description:Turkish dried figs are the original Smyrna cultivar, a species which requires pollination for the fruit to set. Tiny wasps are needed to achieve this pollination. Although many varieties of figs are grown throughout Turkey, the large, sweet, light colored variety known as “Sarilop” which are grown for drying purposes are intensively cultivated in the Izmir and Aydin provinces near the Aegean Sea. Today, Turkey is the world’s leading producer of dried figs, and Bedemco exclusively offers these high quality figs to our customers.Dried figs have one of the highest contents of polyphenols – substances thought to offer the benefit of reduced cancer risk. Fig consumption has also been increasing due to the fruit’s recognized high mineral and ferrous material content. Figs are an important source of essential amino acids and vitamins, and dried figs offer significant amounts of calcium.

Harvest:Figs are not harvested until they ripen fully and begin to dry on the branches of the trees, generally from mid-August to mid-September. The fruit is then picked and spread under the hot Aegean sun for more intensive drying. After washing and processing, the fruit is shaped and packaged in a variety of different forms. Figs are not treated with any additives or preservatives; Turkish figs are always natural. The most common forms of whole figs exported are the garland figs (disc shaped) and pulled figs (elongated). Turkish Fig Paste constitutes the bulk of US fig imports because of its suitability to many confectionary applications by itself or as a base for other fruit flavors. Bedemco is the leading supplier of Turkish Fig Paste to the U.S. market which requires product from factories that meet the most stringent quality standards.

En Baby het geskryf:. Retha baie dankie vir jou terugvoere.. is daar nie 'n resepte boek wat van Esme en Jan gemaak is nie? ek weet my ma het altyd die resepies so

afgeskryf, dis hoekom ek navraag doen. ek het 'n boekie van haar, maar

dit is so oud, ek sal vir jou kyk of daar moontlik een of twee daarvan in

is, 'n mens soek so na die resepies waarmee jy grootgeword het, maar dit lyk

my dit is baie skaars.

Toemaar Baby, Ek werk tans daaraan! Dit sal my eindelose plesier verskaf om sulke resepte van almal te mag ontvang en dit hierby te kan insluit! As mens nie doelbewus probeer om iets te bewaar en te koester nie dan gaan dit werklik verlore.

Die idée van SO MAAK MENS het lank terug begin, van Esmé en Jan se dae af al, wou ek so graag iets soortgelyks doen - maar die platform het ontbreek, en ons het groot geword en die lewe het aangegaan...toe kom Hennie van OnsDorp op 'n vreemde manier in my lewe, en so kry ek by hom die geleentheid om hierdie werf op sy Virtuele Dorp te begin!...en die res word Geskiedenis!! Letterlik en figuurlik word dit Geskiedenis!

Een dag, terwyl ek ietsie vir hom vertaal het, het ek gesit en dink dat ek so maklik altyd my Ma gebel het en gevra het: Ma, hoe maak mens...van witsous, tot kluitjies tot hoendersiektes en skaapvrektes, vra maar en sy kon my altyd dadelik reghelp of raadgee!

En toe skielik gaan daardie tyd verby en moet jy self delf na antwoorde en al weet jyself baie dinge het mens soms daardie bevestiging nodig dat jy wel op die regte spoor is!

My ma leef nog, maar die gedagtes het korter geraak, die begin van die lang vergeet...Weet jul as sy nou soms in my SO MAAK MENS leger blaai dan herken sy nie haar eie goed nie maar raak so opgewonde daaroor en sê:

Haai! Ek het dit ook geweet!! Of: Haai! Jou Oupa sou nou ook só gesê het...!Of sy sal vra: Haai, my kind, hoe weet jy al die dinge!

En dan sal ek sê: Baie by Ma geleer! En dan sal sy lag en vra: Haai, regtig? Ek kan dit glad nie meer onthou nie!

Dit als het my laat besef dat daar soveel van ons oral is, wat nie meer net ons Ma’s kan bel of vra wat om te doen nie, soveel wat oorsee is wat ook nie net meer hul ma's of in hul eie taal selfs iets meer GOU kan vra nie.

En soveel van ons kennis gaan juis verlore omdat die internet kits antwoorde verskaf! Dit klink kontradiksies! Maar: Kinders vra nie meer hul Ma's nie! En ons arme Ma's het soveel om aan iemand te leer, soveel van onsself en uit onsself wat ons wil deel en "weggee"!

Met SO MAAK MENS wil ek poog om juis in party van daardie behoeftes te vervul, die van kennis oordra en die van ...Ma, help my gou!

Ek wil dit egter juis so doen dat dit nie dieselfde is as al die ander internet werwe met kits antwoorde nie, ek wil die nostalgie behou van die amper hand-geskrewenheid van die eie "RESEPTE-EN-RADE-PLAKBOEK" maar ek het jul hulp nodig en jul bydrae sal werklik van onskatbare waarde wees!

Kom , maak hierdie werf en die SO MAAK MENS RESEPTEBOEK 'n spanpoging!

Ek het so 'n klein sakboekie met resepte van my Ouma Leen...kosbaar seg ek jul! Ek gebruik almal self en dis goedkoop en lekker resepte en ja dis eintlik die gevoel van "TUISWEES" wat in elkeen na vore kom.

En dan het ek o.a. 'n egte 1895 (7000ste !!)uitgawe van HILDA'S se "Where is it?" !! Vol handgeskrewe notas’ en griffels van my ander ouma! Ek raak so in vervoering as ek net daardeur blaai!

Haai! laat ek ophou kuier en gaan werk! Toe toe toe!! Het jul nie werk nie? Jul kan nie heeldag hier sit en lees nie! Toe sit nou af die internet en loop werk...

Haai! Jy is nog hier!

Toe loop nou, kom kuier môre weer!

Voila! vir vandag! 

 

 
21/11/2010
 
Amper is dit nou minder as 'n maand dan is dit Kersfees! Vir ons bly dit 'n Christusfees, een wat nie gepaardgaan met geskenke en "trimmings" nie.
Kan mens glo die jaar het so vinnig verby gesnel!
En in al wat winkel venster en op elke radio stasie en in elke TV advertensie word ons reeds geindoktrineer dat die groot kooplus nou moet begin...
 
Mag ek vra dat ons hierdie jaar sal besin, en al ons lysies met heroorweging sal opstel!
Kom ons fokus hierdie jaar eerder op geskenke wat die HART volmaak, en nie uit ons BEURSIES hoef te kom nie!
 
Sterkte hiermee, en as ek my aap uit die mou mag haal- moenie my verklap nie!- maar my "geskenke" hierdie jaar aan al my mense, gaan wentel om 'n rustige Dankbaarheidsfees, oor ons Groot Verlosser se grootste Geskenk aan ons, en 'n vredevolle saamkuier onder die groot Wilgers op die oewers van die grote Gariep! Watter mooier "trimmings" kan mens voor vra as groen Wilgerslierte wat in die stroom drywe, heilige koeltes vol erbarming terwyl die Afrika-son op ons neerbak...
 
...Vir die noenmaal, dink piekniek ... en geskenke gaan glad nie uit enige winkel kom nie!
Jul idees kan my natuurlik verder inspireer, so toe skryf dadelik aan my!
 
Ek wil nou aandag gee aan net een leser se navraag, want dit gebeur wel dat iemand skryf SONDER om sy adres te gee!  
So Piet, en almal, maak asb. seker jy gee die epos adres voledig sodat ek jou kan kontak asb! 
 
Piet van der Merwe het geskryf: Wil graag weet wat dit behels om jou nuusbriewe te kry....lyk oulik. Wil weet van patat resepte.....swart word en in stukke bak bv.
 
Hi Piet! 'Skuus jy moes so lank wag! Maar jy het nie jou epos adres voledig ingevul nie!! So nou moet jy jou antwoord maar hier - hopelik- raaklees!

Die nuusbrief waarna jy verwys is seker KAMMANUUS wat deur Onse Hennie van OnsDorp elke twee weke uitgestuur word! Dit is beslis die moeite werd en vir slegs R250-00 per jaar, beslis waarde vir geld! Daarin is ook elke keer 'n SO MAAK MENS bladsy, waarop jy ekstra resepte sal kry!

Om te keer dat patats swart word as jy dit skil kan jy dit in suurlemoen of asynwater of soutwater hou tot gebruik, dit behoort te keer dat dit verkleur.
Verder bak ek graag patats net so in die skil in die oond, dit bly maar die gesondste en lekkerste!  

AS jy verder hier op die werfie loer, hier is iewers "KUMARA" resepte, doodgewone, maar wonderlike patat resepte, maar in NZ en AuZ noem hul mos patat 'n Kumara!

En hier is ook iets lekkers wat jy kan probeer, met komplimente van Frik Lombard, ons eige "onse Jan" van SO MAAK MENS!

450g Patas
2el Heuning
Koppie Brandewyn
3el Bruinsuiker
5el Broodkrummels
Gerasperde Lemoenskil
Botter
Knypie sout

So Gemaak:

1. Kook patats in sout water vir 15 min. Sny in skywe en plaas in gesmeerde oondpan.
2. Meng heuning met koppie brandewyn en giet oor patats.
3. Meng bruinsuiker, broodkrummels en lemoenskil saam , strooi dan bo-oor patats 
4. Sit klontjies botter op en bak in matige oond tot goudbruin.

 
 
  Mooi groete, tot volgende keer!
  Retha.
 
 
 

16/11/2010

Staptyd, kom ek nou die dag van die berg se kant af, verby die ou opstal, en stap 'n draai tussen die appelkose

wat hierdie jaar nie veel gedra het nie.Dan stap ek by die bokke se nuwe lusern kampe verby, en steek net daar vas!

In die middel van die een landjie roep 'n helder cherise-pienk blom my! Ek stap die lusern binne, hier en daar die

delikate ertjie-pers-lusern blommetjies. Die helder pienk blom is 'n Petunia. Die heksehoedjies met die slap randjies

wieg triomfantlik in die wind. Hoe kom dit daar? Ek het nog nooit van ons hier bly, Petunia’s geplant nie!

Dit laat my dink aan die mooi verhaal van die ou ou man wat Mango bome geplant het.

Toe vra iemand hom waarom hy dit hoegenaamd doen, want vanweë sy ouderdom 

sal hy sekerlik nie die vrugte daarvan pluk nie!

Hy antwoord en  sê dat hy al soveel vrugte van bome gepluk het wat ander geplant het,

en die eet daarvan so geniet het, dat hy nou bome plant waarvan ander eendag sal kan pluk...

So het iemand - sekerlik 'n vrou-

iewers Petunias geplant neffens 'n land waar haar man lusern-saad verbou het,

en so het een van daardie saadjies by ons opgekom, en pluk ek vandag die blom daarvan!

 

Dis soos die Koning se vrou wat erg depressief was, en die wysgere het toe aangeraai dat

iemand gevind moes word wat baie gelukkig is, en dat hul dan die gelukkige mens se jas

vir haar moes aantrek dat sy weer gelukkig kan word.

Oral is gesoek, maar niemand was opreg gelukkig nie.

Toe in die middel van 'n woud – (!hmm!) – vind hul 'n ou vroutjie wat baie gelukkig was,

sy het tevrede die diere gevoer, die son gevoel die wind beluister en skatryk uit God se hand

net geleef en gewees, maar sy het nie 'n jas gehad nie...

Ons kan nie geluk vind in iets buite ons self nie.

Iemand het gesê: Om lief te hê stel ons altyd bloot aan verlies en teleurstelling,

wat nie altyd is wat ons uit liefde wil hê nie, maar wat ons soms uit liefde ontvang.

Daarom moet ons voortdurend vra wat God kan.

Liefde wil die wêreld 'n beter plek maak.

Om met God te lewe is om te waak teen die gevoel van verontregting.

Ons moenie iets buite onsself soek om iets binne onsself te besweer nie.

Dis ‘n moeilike les om te leer.

Lewe egter met entoesiasme.

Ons moet ophou met die vraag waarom en liewer vra waarnatoe...

Laat ons God entoesiasties bly verheerlik, ook waar ons aan die skadukant van die kruis verbyloop.

Die woordjie entoesiasme kan vry vertaal word met God binne ons...

Kom ons probeer  dus met entoesiasme, so leef dat ons aanhou Mango boompies plant , of diere in 'n bos voer, 

of wat  ook  al  doen wat jou gelukkig  maak...

 

Ek kan ook nie anders as om te dink aan die woorde van Marilyn Monroe nie –

"I'm selfish, impatient and a little insecure. I make mistakes, I am out of control and at times hard to handle.

But if you can't handle me at my worst, then you sure as hell don't deserve me at my best."

Die teendeel is egter ook waar, iemand wat jou slegste kant kon hanteer, verdien weliswaar jou beste! 

En dis 'n moeilike boom om entoesiasties te bly plant!

 

Ja! Een van julle het my gevra wat is Rhubarb oftewel RABARBER!

Rabarber / Rhubarb (Rheum rhabarbarum) is 'n plant in die duisendknoopfamilie.

Die plant word vanweë sy eetbare dele gekweek.

Rabarber staan al meer as 5 000 jaar by die mens in die belangstelling,

in die begin egter alleen as 'n geneesmiddel.

Die Sjinese was die eerstes wat die gewas,

vanuit die Asiatiese steppe, in gebring het. Uit die wortel is en word nog steeds 'n sterke purgeermiddel ontgin.

Omstreeks 1600 ontdek John Gerard, hofbotanikus van die Engelse koning Charles die Eerste,

dat die stele geëet kan word.

Dit het egter tot ver in die agttiende eeu geduur voordat rabarber as groente 'n groter bekendheid gekry het.

Rabarber is gulsige plante, wat hou van goeie vrugbare humusryke en voghoudende grond.

Effe suurgrond werk ook goed!

Kompos en bemesting dra by tot welige dik steelvorming. In die winter vra dit minder water.

Rabarber saai en kweek nie te maklik nie, saad ontkiem stadig so wees geduldig, dit is beter om rabarber

te vermeerder deur ouer plante(minstens 3 jaar oud) in die najaar te vermeerder deur deling.

Van siektes en plae het die plant weinig las net soms meeldou en bladluise.

Bespuiting daarteen met gekoopte produkte of organiese selfmaak-produkte werk uitstekend.

Heerlike RHUBARB KRUMMEL-TERT  

1 k rou rhubarb

200 g (360 ml) koekmeel

100 g haselneute, fyngekap

150 g (109 ml) suiker

5 ml vanieljegeursel

150 g (160 ml) sagte botter

600 g rabarber

15 ml suiker

Aangemaakte Kaneel-suiker.

(NB. Vir die van julle wat daardie ietsie ekstra wil hê, of die ekstra myl wil loop:

Gaan loer op een van die BEGIN maande se bladsye daar het ek my SPESERY-SUIKER RESEP gegee –

dit werk hemels in hierdie resep i.p.v. kaneelsuiker!! )

Verhit oond tot 180 ºC. Meng meel, haselneute, helfte van die suiker en die vanieljegeursel.

Vryf botter in tot dit soos broodkrummels lyk.

Smeer ’n oondvaste bak met botter.

Was rabarber en sny ente van stingels af. Skil / haar af indien nodig. Sny rabarber in klein stukkies.

Besprinkel met oorblywende suiker.

Meng goed. Sit rabarber in bak, strooi nog 15 ml suiker bo oor.

Bedek met krummel-mengsel. Strooi lagie kaneelsuiker OF Spesery-suiker bo oor.

Bak vir sowat 30 minute tot gaar.

Bedien warm met dun room, weliswaar Bon appétit!

 


En proe my RABARBER LIMONADE!!

 

Was sowat 20 rabarberstele en sny in stukke van circa / sowat 5 cm lank.

Bring die rabarber met 2 liter water tot kook en laat die rabarber circa 15 min saggies

kook met die deksel op.

Die stele moet heeltemal blus of uitmekaar kook as jy dit roer.

Giet dit oor deur ‘n metaalsif, en druk die rabarber in

die sif om al die vloeistof uit die pulp te haal.

(Die pulp kan jy weggooi, of saam met tertappels in ‘n nagereg gebruik.)

Roer nou sowat 2 k suiker na smaak deur die sap.

Kook sap weer vinnig op en laat weer vinnig afkoel. Hou in yskas!

Bedien net so met ‘n takkie kruisement daarby of vermeng met rooibostee

vir ‘n heerlike vars drankie!

My vinnige RABARBER NAGEREG

2 k gesnyde rabarber stele, onthaar

1 blik tertappels (opsioneel)

1 k suiker

1 t kaneel

Kook die rabarber in 1 k water vinnig  tot sag( dit gabeur baie gou!)

Voeg suiker by. Kook deur. Voeg appels by, roer nou 2 t vlapoeier aangemaak met bietjie water by,

en kook alles tot verdik.

Draai hitte laer. Maak ¼ van die volgende kluitjiereseppie aan en drup die deeg bo-oor die rabarber

in die kastrol.

Plaas deksel terug en hou dig  vir sowat 10 minute totdat die kluitjies gar gestoom het!

KLUITJIES

2 eiers geklits

Voeg daarby 3 e gesmelte botter, ¾ k melk, 2 k bruismeel, en 2 t suiker.

Meng goed tot 'n gladde stywe drup-deeg.

Gebruik soos nodig.

  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
   Voila!!

 

 

PRUE LOMBARD het gevra: Kan enige iemand vir my laat weet waar ek 'n "Snackle" kan aankoop. 

Ek weet dat die goed voorheen vervaardig is deur Transvaal Industries. 

Ons woon in die Verre Oos Rand (Springs/Brakpan).

Byvoorbaat dankie & groete

Al wat ek via Frik kan voorstel is dat Prue, Bid or Buy gereeld gaan dophou.

Hulle het so rukkie terug as Augustes een verkoop vir R 20.

http://www.bidorbuy.co.za/category/230/Antiques_Collectables_Kitchenalia.jsp

Hier is so bietjie geskiedenins van die snackle en waar hy vandaan kom

http://www.bidorbuy.co.za/item/18059923/SNACKLE3in1_MADE_BY_TRANSVAAL_

INDUSTRIES_COMPLETE_WITH_INSTRUCTION_RECIPE_LEAFLET.html

En dan was daar navrae oor GEMMERBIER-BYE van IZAK en JEAN wat geskryf het:

Ek is op soek na "bye" om gemmerbier meer te maak.  Ek kan onthou as kind het my mammie altyd

vir ons die heerlikste gemmerbier daarmee gemaak.

Dit is in werklikheid kristalle wat leef op suikerwater.

Dit is omdat hulle baie besig is en aanmekaar op en af in die houer beweeg terwyl die gemmerbier "gis"

dat hulle in die volksmond bekend is as "bye". Hulle teel ook verskriklik vinnig aan as hulle net in suikerwater gesit

word deurdat die kristalle net doodeenvoudig opbreek en die stukkies weer groter word

om later ook weer op te breek in talle kleiner stukkies, wat weereens op hulle beurt groter word en opbreek.

Buite die water "vrek" hulle.

En:

Ek is op soek na 'n resep om gemmerbier krisalle te maak.  My ma het so 'n plantjie gahad toe ek klein was. 

Ons het 'n tyd terug so 'n resep in 'n tydskrif gekry,maar ek kry nie die kristalle gemaak nie. Dankie

Ek het geglo hulle verwys na WATER SUIKER KEFIR , en nadat ek aan hulle beide alles hieroor aangestuur het

laat weet Izak :

Ek het gelees oor die water kefir, maar dit klink nie vir my heeltemal wat ek soek nie. 

Dit klink vir my meer of ek en Jean op dieselfde spoor is.

Die "kristalle" is deurskynend en sag soos jellie.  Ek gaan vir jou die resep stuur wat ek het, maar nie regkry nie. 

Het al 'n paar keer probeer.

Ek het nog nooit vars gemaalde gemmer gebruik nie, maar gekoopte gemmer poeier. 

Weet nie of dit 'n verskil kan maak nie. 

Ek weet ook nie presies wat is bakkerssuurdeeg nie.  Is dit die nat gevriesde blokkies wat mens kry?

Die artikel was in Landbou Weekblab van 19 April 1991.

Lynette de Lange, via Landbou weekblad, se resep lees:

56 g bakkerssuurdeeg [vars koekiesuurdeeg, ja!]

1 k water

2 gelykvol t suiker

2 gelykvol fyn gemmer (of 1 med fyn gestampte gemmerwortel)

Plaas suurdeeg in ‘n glasfles en voeg res van bestandele by.

Voed die plantjie nou vir 7 tot 10 dae elke tweede dag met 1 t suiker en 1 t gemmer.

[Ek lees in die ander internet weergawes dat voiding elke dag geskied]

Dreineer dan deur ‘n gaasdoek en hou die afsaksel.

Die afsaksel word nou weer soos bo gevoed en die vloeistof wat afgegooi is kry nou die volgende by:

Sap van 2 suurlemoene

2 k kookwater

2 k suiker

Roer tot suiker opgelos is, vul met water aan tot 4.5 l en bottel. Laat staan vir 2 ure en skroef dan toe.

Wanneer kristalle gevorm het en jy wil nie die suurlemoen basis gebruik nie, kan jy jou bier maak.

Onthou egter dan gebruik jy nie die vloeistof wat van die aftreksel oorbly nie. -

hierdie deel van die instruksies verstaan ek nie!

Om die BIER te maak :

1 k kristalle

8 k water

2 k suiker

4 t fyn gemmer

24 rosyne (‘n handvol sal ook werk!)

Maak alles aan, gooi in bottles en laat staan vir 2 dae. Syg deur en hou in yskas.

Lynette seg dat die kristalle ALTYD in ‘n skroeffles in die yskas gehou moet word.

ANDER LESERS SE BYDRAE EN TERUGVOER IN HIERDIE VERBAND SAL WAARDEER WORD.

KONTAK MY ASSEBLIEF!

Ons eie Frik Lombard het hieroor gesê:

Ek het so bietjie gaan soek na die "bye" op die Internet. Die naaste wat ek kon kry is 'n gemmerbier plantjie.

Jy maak die plantjie en dan vir 5 dae gooi jy suiker oor die plantjie en gebruik dan die plantjie.

Ek sit so paar skakels oor die "plantjie" op.

Manne, as dit nie presies is soos wat jul kan onthou nie, kontak ons weer en ons sal verder soek.

http://www.buzzle.com/articles/ginger-beer-plant-how-to-make-ginger-beer.html

http://hubpages.com/hub/DarkwingsGinger_Beer_Recipe

http://www.yours.co.uk/Home--Leisure/Search-Results/Food--

Drink/Search-Results/Cookery-Tips/How-do-you-make-a-ginger-beer-plant/

http://lukehoney.typepad.com/the_greasy_spoon/2008/05/the-mysterious.html

 

'n Ander vraag vir interressantheid is wat is "Turkish fig"? 

Mens kry Balsamiese asyn met "Turkish fig" en ek weet dit is nie turksvy nie,

want dit is tog "prickly pear" in engels?

Die ANTWOORD hierop volg in die volgende plasing! Want:

CHARENE MAY, e.a. het weer Navrae oor Dieet wenke, ingestuur.

Charene, Ek is nie maer nie. Ek fokus op gesond wees, in my klere te pas, dankbaar en gelukkig te wees.

Daar is al baie op die werfie geskryf oor hierdie onderwerp, jul kan gerus maar op die vorige maande se

bladsye rondblaai, maar ek gee tog weer:

MY 6 BESTE WENKE VIR VETVERBRANDING.

1. Eet Vesel

'n Hoë-vesel dieet verminder vet en cholesterol absorpsie in jou derm (voorkom vet storing),

verstadig glukose opname

in die bloedstroom (beteken meer suiker word verbrand as energie, minder word gestoor as vet), stabiliseer insulien vlakke

en verbeter normale maag lediging, en maak jou vinniger versadig.Navorsing het getoon dat 'n lae-vet, hoë-vesel dieet

resultate byna drie keer meer gewigsverlies veroorsaak as' n lae-vet, lae-vesel dieet. 

So, hoe kry jy jou vesel? Hier's hoe ek myne kry(iewers ingepas p/dag):

1 groot bak slaai, 1 bak hawermout, baie groente, neute, 2-3 rou vrugte elke dag.

Vrugte het nog 'n bonus: water en vitamien C in die sitrus vrugte-

wat ook help vet verbrand.

2. Eet / drink Kalsium!

Navorsing toon dat drie of vier daaglikse porsies van lae-vet suiwelprodukte kan help om liggaamsvet te verminder.

Hoër vlakke van kalsium wat gestoor word in die vetselle kan help om vet afbreek, asook 'n toename in termogenese

(die liggaam se kerntemperatuur) te verbeter.

Die beste kalsium kom van suiwelprodukte soos lae-vet melk, joghurt en maaskaas (dus nie uit duur kalsium aanvullings).

Ander goeie bronne, veral vir diegene wat laktose intolerant is, sluit in donker blaargroentes, salm, amandels, en hawer

(met die ekstra bonus van nog vesel).

3. Eet ontbyt.

Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag. Studies het getoon dat mense wat 'n groot en' n gesonde ontbyt

in hul dieet het, verloor beduidend groter hoeveelhede vet as diegene wat ontbyt uitsluit.

Om ontbyt uit te los, sal tot spierverlies en metabolisme verlaging ly, wat albei jou vetverbrandende vermoë verhinder.

'N groot ontbyt voorbeeld is' n groot glas water, tee of koffie-sonder suiker met afgeroomde melk,

hawermout, vars vrugte en neute.

Of 2 snye volkoring roosterbrood met geposeerde eier of roereier. Of jogurt en volkoring ontbytkos.

4. Eet 5-6 klein maaltye per dag.

Dit sluit 3 hoofmaaltye in met 2 of meer versnaperinge, afhangende van jou energieverbruik en behoeftes.

Hier's 'n voorbeeld (7 maaltye!!)van wat op een dag op my bord kan verskyn:

1) piesang so 7uur soggens

2) hawermout met kaneel en rosyne of roosterbrood met ½ Avo, of 1 eier... so 9uur

3) handvol amandels / vrug 10:30

4) ligte middagete, van koue vleis / tuna, 3 Provita’s en joghurt of 1 eier met spinasie...

5) appel so @ 3:30

6) ‘n proteïen met baie groente of soms 'n groot slaai, nooit later as 7:00!

7) handvol rosyne / jogurt (of SOMS 'n roomys, of 5 Marie-koekies saam my laaste teetjie!) 9:30

Ek drink tussen in tee met versoeter met afgeroomde melk...

Die filosofie agter die dikwels eet is dat die fisiese daad van vertering 'n metaboliese koste het,

en deur voortdurend te voed, handhaaf mens ' n hoër metaboliese tempo. 

Solank as wat jou kos gesond is, lei dit tot meer kalorieë verbranding regdeur die dag.

Eet te min, en jy veroorsaak dat jou liggaam in hongersnood gaan en energie verlaag, wat lei tot 'n verhoogde vet storing...

5. Drink Water!

Jou liggaam maak voortdurend gebruik van water om energie te vorm, spiere te bou,

vet  te verbrand, gifstowwe uit te spoel... sonder genoeg water,

het studies getoon dat spiere minder aktief is, metabolisme verstadig, en jou liggaam verbrand dus vet minder effektief.

Water help ook om die eetlus te onderdruk en gee jou 'n "vol gevoel". 

So drink verskeie glase water per dag, en drink 'n glas water ten minste 30 minute

voor jou oefensessie. Water kom ook natuurlik voor in voedselsoorte, soos groente en vrugte. 

Ek sukkel met water drink, en gooi suurlemoensap daarby en probeer my 3 ekstra glase inkry!

Mens werk jou liggaam se vog behoefte so uit:

Jou gewig deel deur 10 + 1 = soveel glase VOG per dag wat jy benodig!

NIE SOVEEL ADDISIONELE WATER soos almal seg nie! 

Bv. 60 kg  = 7 glase van 250 ml elk VOG. Ek glo ek drink genoeg tee of koffie, so ter wille van my gewete,

drink ek ook elke dag (probeer) 750 ml skoon water ook.

6. Oefen!

Vind iets waarvan jy hou. Wat jy kan doen en wat veilig vir jou omstandighede is. 

Ek stap amper elke dag so 4-6 km @120 treë per minuut, vir ten minste 'n uur elke dag.

So eenmaal per week kies ek een dag en gaan stap so 2 ure lank.

Begin so: Stap vir de eerste week vir 10 minute weg van jou huis, en kom terug.

Volgende week stap jy 'n ¼ uur weg, en terug,

dan 20 minute en dan die 4de week stap jy 'n halfuur weg en terug, en siedaar!

Jy het dit in 'n maand aangeleer en jy is klaar in roetine en jy sal nie glo hoeveel dit vir jou beteken nie!

As jy soms nie kan nie, so what, jy gaan mos net weer aan sodra jy kan! Om te stap, is egter MY tyd.

Ek luister musiek, bel my vriendin, luister sommer net na als om my, geniet net bloot die WEES op daardie oomblik, dink,bid,

mediteer en filosofeer sonder inmenging van iemand, en ja, geniet dit net om te voel hoe jou lyf beweeg!

7. Aanvullings

As jy gesond is, eet en leef, het jy nie juis aanvullings nodig nie. Maar ek gebruik:

1.My gewone medikasies soos voorgeskryf.

2.Probiotika – dit doen wondere vir 'n mens se immuniteit ens...

3.Daaglikse multi-vitamien- met minerale, Goeie Omega’s en CLA.

(CLA speel 'n noodsaaklike rol om liggaamsvet te verminder en spiertonus te verbeter deur

die liggaam se vermoë om vet te stoor, te inhibeer.)

NOG WENKE:

Marí Hudson wat die PlusMinusEetplan ontwerp het en die Guru’s @health24.co.za, sê almal:

 

Jy hoef nie 'n dieet te volg om gewig te verloor en dit af te hou nie. Jy moet 'n plan maak.
En dit moet realisties wees. As jy 'n kilo per week kan verloor, wonderlik.
As jy net wil verhoed dat jy weer gewig op tel, selfs beter.
Hier is die eerste stappe:
- Praat met 'n professionele persoon. 'n Dokter, dieetkundige of gekwalifiseerde gesondheidskenner kan
vasstel wat jou ideale en gesonde liggaamsgewig is.
- Eet kleiner porsies.
- Eet 'n wye verskeidenheid kosse om seker te maak jy kry die nodige voedingstowwe.
- Eet kosse met baie vesel. Dit sluit vrugte, groente en graankosse in.
- Eet minder hoë-vet kosse. Dit sluit suiwelkosse soos kaas, botter, volroom melk, rooivleis, koek en pasteie in. 
- Oefen minstens 20 minute drie keer per week.

 

Volgens hulle lyk DIE IDEALE DIEET so:

Koolhidrate moet die grondslag van jou energie-inname vorm (55%), met die fokus op lae-GI-kos vir

volgehoue energie.

Jy moet maer vleis en minstens vyf porsies vrugte en groente per dag eet en jou slegte vette beperk

tot 20% van jou energie-inname.

Eet gereeld droë bone, lensies en soja, asook hoender, vis, laevetmelk en eiers en beperk kos met baie

suiker en vette, asook jou alkoholinname

tot twee of minder drankies per dag. 

Voorbeelde van 'n volmaakte bord:

Ontbyt

• Volgraanontbyt en melk met vrugte bo-op

• Omelet van drie eierwitte met volgraan roosterbrood en vrugte

Middagete

• Toebroodjie gevul met twee of drie skywe maer vleis, met 'n slaai, vrugteslaai, of groente

• Boontjie- of lensiesop met 'n slaai of bygereg van groente

Aandete

• slaai of gekookte groente (helfte van die bord); 'n porsie vis, hoender of maer vleis die grootte van jou handpalm

• Roerbraai: Driekwart groente en een kwart vleis, pluimvee of seekos. Maak driekwart van jou bord vol

met die roerbraaigereg en een kwart met rys.

PEUSELHAPPIES:

3 Kraakbeskuitjie soos Provitas

1 Sny Volgraan / low GI brood met avo, tamatie, sout en peper

1 Bakkie groen slaai

1 Bakkie vrugteslaai

3 Malvalekkers

LEKKER VRUGTEPONS:

1 Liter sodawater

Algemene dieetkoeldrank (ek verkies “Passionfruit” of lemmetjie)

Medium appel (gerasper)

Medium papaja (verpulp) of Pynappel fyn gekap / grof gerasper

Meng die sodawater en gegeurde koeldrank tot hul mooi gemeng is.

Voeg die appel en papaja by en roer weer. Plaas is ‘n houer en hou

verkoel in die yskas.

Interessante feit is dat 3 blokkies sjokolade gelykstaande is aan 10 en 'n halwe koppies skoon blaarslaai.

So peusel liewer aan blaarslaai voor

daardie laataand TV as aan sjokolade.

3 blokkies is ook gelyk aan 2 snye brood, so kies maar self, as jy honger is, eet brood want na 3 blokkies

gaan jy steeds honger wees, maar na 2 snye brood?

’n Feit van die lewe is, is dat daar altyd iemand mooier, slimmer en ryker as jy gaan wees.

Jy sal vir ewig in die skadu van iemand anders staan,

en slegs ’n tevrede “self” sal jou die son laat sien.

Mooi groete!

 

 

10 November 2010

So word dit eergister skielik om half drie skemer in die bos.

Skollie skaaphond van my kom eerste, soek bang skuiling by my voete. Die katte kom een een die huis ingehardloop. Die bosvoëltjies raak stil. Windbuie breek en vou kermend om die groen stoeptralies wat wegsmelt teen die bos se agtergrond...

Diep-wit wolke nes binne in swaar grys swart manjifieke reuse.

Die water van die rivier maak walle opdraand en branders breek klotsend teen die oewer waarop ons huisie staan.

Die reuk van stukkende blare en die skerp nitraatreuk is die eerste gewaarwording van die tweede fase van die storm...Dan die oorverdowende gekletter op die sinkdak!

Die grys skalie walle aan die oorkantste oewer word amper wasig wit ingekleur, elke kontoer met wit nagetrek, die rivierriete se nuwe pluime dansend in die kokende waters waarin druppels plonsend mosaïekbeelde vorm. Afgebreekte riete begin met die stroom afdryf...

Eers na die derde of vierde roep reageer ek onwillig, terug geruk na die werklikheid van hierdie felle Half-drie-storm, se kwartier van chaos. Ons enigste “geut” is deur die skielike haelbui oorval, blare, takkies en laaste Kaapse-wag-n-bietjie bessies koek saam met die wit ys kristalle en verstop die afvoerpyp by die agterdeur. Water, ken nie grense nie.

Een kwartier van verwoestende hael, op die middag om Half drie in die bos.

Veel later, breek die laaste son weer deur, asof daar geen storm was nie. Net die swart grys wolke op die einders anderkant die laaste koppe en die veraf gedreun bevestig dat die storm deur en aanbeweeg het. Die bosvloer lê wit gekorrel, soos ryspoeding gestip met botterklontjies, bedek en omring deur 'n groen blare tapyt wat soos vla tussen die krakies van die bos invloei.

'n Flenter reënboog breek effens deur tussen die oewerbosbome wat hangblaar oor ons afkyk in stille meelewing oor die een reus wat nou omgewaai sy wortels die lug in wys.

My eerste oranje Kappertjie blomme is afgekap, lê soos garnering oor my binnetuintjie gestrooi. My Tiemie se wit blommetjies lê kop onderstebo in die modderwater, die spinasie blare in repe geskeur. Die handvol amper ryp aarbeie fyn verpulp, nou net 'n rooipienk bloedplas wat oor die wit hael vlek.

Gister het ek my eerste rabarber gekook vir nagereg...

Ek stap opgerolde broeksoom koudvoet tussen die nat bome van die bos. Spring oor modderplasse. Asem die stikstof reuk van die vars gevalle hael diep in en weet: Dit, is kunsmis van Bo af!

ANNA EKSTEEN stuur 'n resep vir MIELIEPAPBALLE, en sê: Die resep is baie veelsydig. Deur verskillende geure blikkies tamaties, verskillende geure soppoeier en met kaas en verbeelding te speel tower jy elke keer ‘n nuwe wenner op.

Maak ‘n lekker pot medium stywePAP.

Voeg 1 blik heelpitmieleis,

1 eetlepel botter of margarien

200g baie fyn gekapte biltong / gaar gebraaide spek / gaar maalvleis by.

Roer alles goed deur en Laat effens afkoel.

Maak nou ‘n dik romerige SOUS met:

1 blikkie tamatiesmoor of jou eie sheba

200g gesnyde sampioene / 1 groot blik sampioene

1 pakkie sampioenroomsop / tamatieroomsop

2 kp water

1 kp melk

peper  (Daar is reeds baie sout in die sop!)

Kook vir sowat 10 minute.

Vorm nou balletjies van die pap en plaas hulle in ‘n gesmeerde oondskottel. Gooi die sous oor,  rasper kaas bo-oor (ops.)

Bak vir 20 minute @ 180C.

* Ek het hierdie resep suksesvol met my “molshope-aartappels” gemaak.

MOLSHOPE

3-4 groot aartappels geskil

Groot klont botter

2-3 ml bakpoeier

Sout en peper na smaak

250 ml room

125 ml gerasperde cheddarkaas

Kook aartappels gaar en druk fyn.

Voeg res van bestanddele by maar net helfte van die room, en klop goed deur met ‘n vurk tot lig en donsig.

Smeer oondskottel, skep lepelsvol van aartappel daarin, gooi res van room oor en die kaas bo-oor, bak 20 – 35  minute @ 180C.

OF i.p.v die res van die room, gooi van die bg. SOUS oor en bak...


Bedien saam met steak / tjoppies en ‘n lekker groen slaai!

Voila!!!

 

1 November 2010

AHHH! Die eerste dag van 'n nuwe maand! Angswekkend om te dink dis die voorlaaste maand van hierdie jaar! Wat kan ons wys vir 2010 wat so vinnig verbygesnel het? Genade op genade, is al wat ek kan sê!

Louis van Aswegen van Doonholm Nursery, skrywer van die artikels oor “Moon Gardening” vir Die Tuinier / The Gardener asook die inligting op die AORTA webwerf,  het laat weet dat sy webwerf: www.healthyliving-herbs.co.za in die nabye toekoms ‘n tabel formaat gaan kry vir maan tuinmaak en dan is ek welkom om dit ook op SO MAAK MENS se TUINHOEK te gebruik! Dankie Louis!

Die volgende resep is van Louis af!

GEROOSTERDE BUTTERNUT        

1 groot butternut, dun skywe of blokkies                                

1 e Olyfolie

2 t fyn knoffel

¼ k fyn gekapte vars koljander blare (as jy nie het nie, gebruik vars pietersielie)

¼ fyn gekapte rocket-blare (vir daardie heerlike peper-smaak!)

Sout na smaak

2 t heuning

Verhit oond tot 180 ºC

Meng al die bestanddele in 'n mengbak, maak seker dat die butternut deeglik  bedek is. Plaas die pampoen op 'n bakplaat en rooster in die oond tot die pampoen goudbruin en brosgebak is. Draai die pampoen stukke om sodat albei kante mooi bak- soos mens met oond-skyfies sou doen! Garneer met vars gekapte koljander blare en bedien warm. Heerlik by braaivleis, vra my!

 

En aangesien ek vir 2010 darem o.a. (!!) kan noem, dat ons klaar gebou het, kon intrek, én al heerlik kan bly in ons Oewerkaia op die walle van die grote Gariep, wil ek die volgende met jul deel oor Selfdoen of laat doen. 

En waar en wanneer trek jy die streep? ( Met erkenning aan TUIS se opknap afdeling, dit was lank terug, maar is steeds relevant!)

Daar's twee afdelings van instandhoudings- of opknapwerk wat ek dink 'n mens nie self moet aanpak nie - elektriese en loodgietwerk. In die eerste geval omdat jy 'n elektriese sertifikaat nodig het as jy wil verkoop en in die tweede geval omdat 'n pyp-lek wat klaar toegeteël is jou op die ou end 'n klomp geld uit die sak kan jaag. Maar as dit kom by ander take, doen jou huiswerk, oorweeg die koste- en tydsaspek en besluit of jy daarvoor kans sien. As jy dinge self doen, kry jy wel kans om meer aandag aan sekere detail te gee as wat 'n kontrakteur sou doen.

Hoe werk ek my opknapbegroting uit en watter vertrekke moet voorrang geniet?
Beplan jou opknapwerk volgens die geld en tyd wat jy het - sal dit eers net die badkamers wees, of kan jy die kombuis ook insluit? Wat daarvan om die hele huis op te knap? Selfs al kan jy dit nie alles op een slag bekostig nie, moet jy in die beplanningsfase die hele huis in ag neem. As jy die geheelbeeld en die gepaardgaande totale begroting in ag neem, is die kans kleiner dat jy sal oorkapitaliseer, selfs al doen jy dit projek vir projek oor 'n aantal jare. Dis altyd goed om met badkamers en kombuise te begin, want dit sal uit die staanspoor uit die meeste waarde toevoeg.

Hoe kan ek opknap én waarde toevoeg?
Al oorweeg jy nie om jou huis gou te verkoop nie, is dit nie 'n goeie idee om ruimtes te skep wat nie in die groter mark se smaak sal val nie - veral nie as dit struktureel van aard is nie. Dit beteken nie jy kan dit nie inrig soos jy daarvan hou of volgens die jongste neigings nie. Druk jou eie stempel daarop af met kunswerke, kleur, meubels en objekte eerder as ingeboude eenhede of meer permanente afwerkings. Verf bly een van die maklikste (en goedkoopste) maniere om 'n ruimte te verander - maar hou by neutrale afwerkings en bring kleur in deur 'n fokusmuur of 'n alleenstaande struktuur soos 'n kaggel te verf.

Ek wil 'n vertrek aanbou. Wat is alles belangrik?
Wanneer jy besluit om 'n groot aanbouing by jou huis te doen, of net 'n vertrek aan te bou, moet jy die strukturele én die estetiese implikasies daarvan in ag neem. Planne moet geteken en deur jou plaaslike owerheid goedgekeur word en fondamente moet gelê word. Laat dit liefs deur 'n ingenieur nagaan om probleme wat tussen die bestaande struktuur en die nuwe een kan ontstaan, te voorkom. Dit geld ook die manier waarop die nuwe dak in ooreenstemming met die bestaande een opgesit word - jy wil nie met lekkende lasplekke opgeskeep sit nie. Aanbouings aan jou huis sal ongetwyfeld die algehele voorkoms daarvan verander. As jy onseker is, raadpleeg 'n argitek om toe te sien dat die toevoegings nie afbreuk doen aan die voorkoms nie. Jy soek daardie broodnodige ekstra ruimte, maar wil darem ook die mooi voorkoms behou of selfs verbeter.

Is dit duur om ekstra vensters of deure in te sit?
Sit gerus ekstra vensters of groot deure in as jy aanbou of nuut bou, want dit kos nie veel meer as stene nie. Moet ook nie bang wees om agterna gate vir vensters of deure te breek nie - dit verg nie veel moeite nie - maar maak net seker die konstruksie laat dit toe. Die grootste lastigheid is die stof wat met so 'n verbreking gepaard gaan.

Wanneer is dit veilig om binnemure uit te kap?
Eerstehuis-kopers kan gewoonlik nie wag om dié dinge te doen wat hulle nie in hul gehuurde plekkie kon doen nie - soos om mure uit te slaan! So aanloklik soos dit mag lyk, is dit wys om eers vir 'n rukkie in 'n plek te bly voor jy sulke drastiese stappe doen. Jy besef soms met verloop van tyd dat jy dalk 'n pilaar moet behou (om strukturele én estetiese redes) of dat jy met vloerhoogtes kan speel (as jy hoë plafonne het). Die hele muur moet ondersoek word om vas te stel of dit 'n dramuur is. Die veiligste is om 'n struktuur-ingenieur se raad te kry, anders kan dit jou duur te staan kom.

Wat is die maklikste manier om binnemure te bou?
Droëmure is 'n bekostigbare en maklike manier om binnemure te bou. Uitermate groot vertrekke kan beslis verdeel word, maar oppas om nie 'n vertrek met lekker proporsies in te klein spasies te verdeel nie. As jou dakkappe op die regte manier gestruktureer of geherstruktureer is, kan 'n solder verbasend groot wees. As jy dié opsie kies, kry deskundige raad oor hoe om die dakrame te verander.

Ek wil my kombuis opknap - waar begin ek?
'n Praktiese, moderne kombuis voeg waarde by jou huis en jou lewe. Die regte ontwerp sal jou jare se plesier gee. Vermy bepaalde temas - kies eerder 'n neutrale afwerking en gebruik bykomstighede slim as jy iets modieus wil byvoeg. Raadpleeg gerus professionele kombuisontwerpers, want hulle ken al die slaggate. As jy die projek self wil aanpak, kry inspirasie in tydskrifte, beplan deeglik en moenie meer aanpak as wat jy kan hanteer nie. 'n Tekort aan kragpunte is dikwels 'n probleem by ouer kombuise. Laat 'n elektrisiën genoeg nuwes insit.

Is teëls my enigste opsie vir badkameroppervlakke?
Die badkamer is die nuwe spa. Dis groter as voorheen en word dikwels ontwerp as 'n spatvertrek met 'n luukse stort of selfs 'n stoomstort. Teëls bly 'n gewilde muurafwerking, maar jy kan ook ander oppervlakprodukte aanwend, soos naatlose pleisterkalk (te kry in verskillende kleure) wat waterdig geseël is.


BUITE

Wat werk die beste vir 'n natuurlike dak buite?
Bloekompale kan gebruik word om aardse afdakke te maak, en kan geverf of onbehandel gehou word. Gras- of bamboesskerms is ideaal as jy onooglike oppervlakke soos betonmure wil wegsteek, maar kan ook oor 'n dakstruktuur werk. So 'n skerm is nou wel nie waterdig nie, maar gee skadu terwyl dit 'n bietjie lig deurlaat.

Wat is beter - 'n chloor- of 'n soutwaterstelsel?
Eerstens is 'n soutwaterswembad nie chloorvry nie; dit gebruik 'n chloorontwikkelaar wat chloor uit sout maak. Die voordeel is dat jy nie chloor hoef te koop, te bêre of te hanteer nie, maar dié stelsel het ook sy nadele. Chloorontwikkelaars sorg vir die regte hoeveelheid chloor in die swembad om te keer dat alge daarin groei en dit vervaardig net chloor terwyl die pomp loop. Maar die pomp moet elke dag tot 12 uur loop om die stelsel behoorlik te laat werk en genoeg chloor te maak wat die water sal skoon hou. Nog 'n probleem met soutwaterswembaddens is korrosie - dit kan oppervlakke aantas en metaal soos dié van handrelings laat verweer. Maar, dié feite buite rekening gelaat, verkies baie mense om in effens sout water te swem - dit laat jou vel sagter voel en is heerlik verfrissend.

Watter soort hout is die beste keuse vir 'n buitevertrek?
Wanneer jy hout-elemente in jou tuin of op die stoep gebruik, moet jy die onderhoud daarvan in gedagte hou. Kies eerstens die regte soort - meranti, balau, saligna, garapa en kiaat is jou beste opsies. Die pryse wissel en jou besluit sal afhang van jou begroting. Elke houtsoort het sekere voordele sover dit onderhoud aangaan: meranti is 'n goeie veelsydige keuse vir pergolas, en as jy dit met 'n UV-bestande produk van 'n goeie gehalte (jou tweede groot besluit) behandel, hoef jy net elke tweede jaar onderhoudswerk te doen. Skuur ou vernis versigtig af voor jy 'n nuwe laag aanwend en verseker so dat die hout jare lank mooi bly.

Hoe maak ek my buite-area 'n verlengstuk van my huis?
Harde buiteontwerp verwys na hout- of klip-elemente in jou tuin wat bydra tot die karakter, styl en uitleg van jou huis. Ons Suid-Afrikaanse leefstyl is geskoei op "binne-buitelewe" en priële of patio's sal beslis waarde en plesier toevoeg. Harde buiteontwerp kan ook strukture insluit wat losstaande van die hoofgebou is - soos dekke, lapas, buitekaggels, braai-areas en waterelemente en dammetjies. Neem altyd die argitektoniese impak van dié strukture in ag - dit moet die huis se boustyl kompleteer, eerder as afbreuk doen daaraan. As jy twyfel, vra 'n kenner. Die beloning sal tweevoudig wees - 'n ruimte om te geniet, sowel as toegevoegde waarde tot jou eiendom.

Hoe 'n goeie idee is dit om 'n garage in 'n leefruimte te omskep?
Hoewel 'n huis met ekstra kuierplek vir sekere kopers meer waarde sal hê, kan dit jou potensiële kopersmark beperk as jy jou motorhuis daarvoor ingeboet het, sê Westernpro Valuers. In 'n samelewing waar veiligheid al hoe belangriker word, sal die meeste kopers juis 'n motorhuis vereis. Dis dus betwisbaar of 'n omskepte motorhuis waarde gaan toevoeg of verminder.

Hoe 'n groot rol speel die omgewing wanneer jy opknap?
Dis belangrik dat jy aanpas by jou omgewing, maar dis net so belangrik (indien nie meer belangrik nie) om jou omgewing aan te pas by jou behoeftes en leefstyl. Wanneer jy in 'n nuwe huis intrek en jy het die geld, doen die
veranderinge so gou jy kan, anders gaan die spasie stadig maar seker jou leefstyl dikteer. As jy tyd en moeite spandeer aan projekte wat jy self kan doen, kan jy baie geld spaar - en moontlik kan daardie onbereikbare droom nog 'n werklikheid word.

Hoe maak ek geplaveide areas interessanter?
Plaveisel is 'n gewilde buite-oppervlak, want dis glyvas en die prys is billik. Plaveiblokke van beton is sterk en bekostigbaar, het die voorkoms van teëls of keistene, en kan in allerhande skakerings gekleur word. Vir ekstra tekstuur en kleur kan 'n mens klein plaveistene kombineer met groter blokke, met gedeeltes onder gruisklip, of met sandsteen- en klipteëls - onthou net dat laasgenoemde gereeld geseël moet word.

Vir nog inligting oor huisverbeteringe, kry die spesiale uitgawe van Tuis Opknap wat periodiek te koop is!

Suzanne George skryf in @TUIS :
Die groen gogga het my behoorlik gebyt en ek probeer alles doen om meer ekovriendelik te leef. Die herwinningsdrommetjies staan gereed in my kombuis, die kinders leer mooi om ligte af te skakel as hulle ’n vertrek verlaat, die geiser het ’n warm kombers om, ensovoorts. Al probleem is dat ek niks anders as huishoudelike skoonmakers met die spierkrag van ammoniak vertrou om my bad mee skoon te maak nie. Is daar ander, natuurlike, produkte waarmee ek my huis silwerskoon kan maak?
 

Assistentredakteur Rhoda Davids het haar geantwoord met ‘n antwoord wat ons ook reeds in SO MAAK MENS gegee het! Wys jul net, SO MAAK MENS se wenke werk!
Dit is steeds die eenvoudigste items – goed wat ons ma’s en oumas gebruik het – wat ons huise laat blink.

Vars suurlemoensap, asyn en koeksoda bly maar die drie juwele onder huisskoonmaakmiddels. Suurlemoensap is een van die veelsydigste skoonmaakmiddels – dit doen wondere om koper skoon en blink te kry, seep-aanpaksels op te los en vlekke te verwyder, en die bonus is die heerlike vars geur van suurlemoensap.

Asyn is nog ’n natuurlike veeldoelige skoonmaak- en ontsmetmiddel wat op die meeste huishoudelike oppervlakke gebruik kan word. As dit nie reg verdun word nie, kan dit te suur wees – gebruik altyd gelyke dele water en asyn. Moet jou nie oor die sterk reuk bekommer nie; dit verdwyn sodra dit droog is.

Paraffien en sout gemeng, werk wondere vir hardnekkige vlekke op teëls en emalje oppervlakte!

Koeksoda is ’n uitstekende reuk-neutraliseerder en kan as lugverfrisser gebruik word. Sprinkel dit op ’n klam lap of spons en vee werkvlakke, wasbakke en oonde daarmee skoon. 

 

 

  VOILA!!





 
   Vir 'n PERSOONLIKE epos antwoord op jou navraag, 
   kontak my regstreeks by: rethajm@gmail.com
Groetes!! Rx. 
 
 

Indien jy nog nie ONSDORP se nuusbrief ontvang nie,

Vul die onderstaande vormpie in vir heerlike tong in die kies humor,

Vars elke twee weke in jou posbus

Teken in op Kammanuus


GetResponse Email Marketing