16/11/2010
Staptyd, kom ek nou die dag van die berg se kant af, verby die ou opstal, en stap 'n draai tussen
die appelkose
wat hierdie jaar nie veel gedra het nie.Dan stap ek by die bokke se nuwe lusern kampe verby, en steek net daar vas!
In die middel
van die een landjie roep 'n helder cherise-pienk blom my! Ek stap die lusern binne, hier en daar die
delikate ertjie-pers-lusern
blommetjies. Die
helder pienk blom is 'n Petunia. Die heksehoedjies met die slap randjies
wieg triomfantlik in die wind. Hoe kom dit daar? Ek het nog nooit van ons hier bly, Petunia’s
geplant nie!
Dit laat my dink aan die mooi verhaal van die ou ou man wat Mango bome geplant het.
Toe vra iemand hom waarom hy dit hoegenaamd
doen, want vanweë sy ouderdom
sal hy sekerlik nie die vrugte daarvan pluk nie!
Hy antwoord en sê dat hy al soveel
vrugte van bome gepluk het wat ander geplant het,
en die eet daarvan so geniet het, dat hy nou bome plant waarvan
ander eendag sal kan pluk...
So het iemand - sekerlik 'n vrou-
iewers Petunias geplant neffens 'n land waar haar man lusern-saad
verbou het,
en so het een van daardie saadjies by ons opgekom, en pluk ek vandag die blom daarvan!
Dis soos die Koning se vrou wat erg depressief was, en die wysgere het toe aangeraai dat
iemand gevind moes word wat baie gelukkig is, en dat hul dan die gelukkige mens se jas
vir
haar moes aantrek dat sy weer gelukkig kan word.
Oral is gesoek, maar niemand was opreg gelukkig nie.
Toe in die
middel van 'n woud – (!hmm!) – vind hul 'n ou vroutjie wat baie gelukkig was,
sy het tevrede die diere gevoer, die son gevoel die wind beluister en skatryk
uit God se hand
net geleef en gewees, maar sy het nie 'n jas gehad nie...
Ons kan nie geluk vind in iets buite ons self nie.
Iemand het
gesê: Om lief te hê stel ons altyd bloot aan verlies en teleurstelling,
wat nie altyd is wat ons uit liefde wil hê
nie, maar wat ons soms uit liefde ontvang.
Daarom moet ons voortdurend vra wat God kan.
Liefde wil
die wêreld 'n beter plek maak.
Om met God te lewe is om te waak teen die gevoel van verontregting.
Ons moenie iets
buite onsself soek om iets binne onsself te besweer nie.
Dis ‘n moeilike les om te leer.
Lewe egter
met entoesiasme.
Ons moet ophou met die vraag waarom en liewer vra waarnatoe...
Laat ons God entoesiasties bly verheerlik,
ook waar ons aan die skadukant van die kruis verbyloop.
Die woordjie entoesiasme kan vry vertaal word met God binne
ons...
Kom ons probeer dus met entoesiasme, so leef dat ons aanhou Mango boompies plant , of diere in 'n bos voer,
of wat ook al doen wat jou gelukkig maak...
Ek kan ook
nie anders as om te dink aan die woorde van Marilyn Monroe nie –
"I'm selfish, impatient and a little insecure.
I make mistakes, I am out of control and at times hard to handle.
But if you can't handle me at my worst, then
you sure as hell don't deserve me at my best."
Die teendeel is egter ook waar, iemand wat jou slegste kant
kon hanteer, verdien weliswaar jou beste!
En dis 'n moeilike boom om entoesiasties te bly plant!

Ja! Een van julle het my gevra wat is Rhubarb oftewel RABARBER!
Rabarber /
Rhubarb
(Rheum rhabarbarum) is 'n plant in die duisendknoopfamilie.
Die plant word vanweë sy eetbare dele gekweek.
Rabarber
staan al meer as 5 000 jaar by die mens in die belangstelling,
in die begin egter alleen as 'n geneesmiddel.
Die Sjinese was die eerstes wat die gewas,
vanuit die Asiatiese steppe, in gebring het. Uit die wortel is en word nog steeds 'n sterke purgeermiddel
ontgin.
Omstreeks 1600 ontdek John Gerard, hofbotanikus van die Engelse koning
Charles die Eerste,
dat die stele geëet kan word.
Dit het egter tot ver in die agttiende eeu geduur voordat rabarber as groente 'n groter bekendheid
gekry het.
Rabarber is gulsige plante, wat hou van goeie vrugbare humusryke en voghoudende grond.
Effe suurgrond werk ook goed!
Kompos
en bemesting dra by tot welige dik steelvorming. In die winter vra dit minder water.
Rabarber saai en kweek nie te maklik nie, saad ontkiem stadig so wees geduldig,
dit is beter om rabarber
te vermeerder deur ouer plante(minstens 3 jaar oud) in die najaar te vermeerder deur deling.
Van siektes en plae het die plant weinig las net soms meeldou en bladluise.
Bespuiting daarteen met gekoopte produkte of
organiese selfmaak-produkte werk uitstekend.

Heerlike RHUBARB KRUMMEL-TERT
1 k rou rhubarb
200 g (360 ml) koekmeel
100 g haselneute, fyngekap
150 g (109 ml) suiker
5 ml vanieljegeursel
150 g (160 ml) sagte botter
600 g rabarber
15 ml suiker
Aangemaakte Kaneel-suiker.
(NB. Vir die
van julle wat daardie ietsie ekstra wil hê, of die ekstra myl wil loop:
Gaan loer op een van
die BEGIN maande se
bladsye daar het ek my SPESERY-SUIKER RESEP gegee –
dit werk hemels in hierdie resep i.p.v. kaneelsuiker!! )
Verhit oond tot 180 ºC. Meng meel, haselneute,
helfte van die suiker en die vanieljegeursel.
Vryf botter in tot dit soos broodkrummels lyk.
Smeer ’n oondvaste bak met botter.
Was rabarber en sny ente van stingels af. Skil / haar af indien
nodig. Sny rabarber in klein stukkies.
Besprinkel met oorblywende suiker.
Meng goed. Sit rabarber in bak, strooi nog 15 ml suiker bo oor.
Bedek met krummel-mengsel. Strooi lagie kaneelsuiker OF Spesery-suiker
bo oor.
Bak vir sowat
30 minute tot gaar.
Bedien
warm met dun room, weliswaar Bon appétit!

En proe
my RABARBER LIMONADE!!
Was sowat 20 rabarberstele en sny in stukke van circa / sowat
5 cm lank.
Bring die rabarber met 2 liter water tot kook
en laat die rabarber circa 15 min saggies
kook met die deksel op.
Die stele moet heeltemal blus of uitmekaar kook as jy dit roer.
Giet dit oor deur ‘n metaalsif, en druk die rabarber
in
die sif om
al die vloeistof uit die pulp te haal.
(Die pulp kan jy weggooi, of saam met tertappels in ‘n nagereg gebruik.)
Roer nou sowat 2 k suiker na smaak deur die
sap.
Kook sap
weer vinnig op en laat weer vinnig afkoel. Hou in yskas!
Bedien net so met ‘n takkie kruisement daarby of vermeng met rooibostee
vir ‘n heerlike vars drankie!
My vinnige RABARBER NAGEREG
2 k gesnyde rabarber stele, onthaar
1 blik tertappels
(opsioneel)
1 k suiker
1 t kaneel
Kook die rabarber in
1 k water vinnig tot sag( dit gabeur baie gou!)
Voeg suiker by. Kook deur. Voeg appels by,
roer nou 2 t vlapoeier aangemaak met bietjie water by,
en kook alles tot verdik.
Draai
hitte laer. Maak ¼ van die volgende kluitjiereseppie aan en drup die deeg bo-oor die rabarber
in
die kastrol.
Plaas deksel terug en hou dig vir sowat 10 minute totdat die kluitjies gar gestoom
het!
KLUITJIES
2 eiers geklits
Voeg daarby 3 e gesmelte botter, ¾ k
melk, 2 k bruismeel, en 2 t suiker.
Meng goed tot 'n gladde stywe drup-deeg.
Gebruik soos
nodig.

Voila!!
PRUE LOMBARD het gevra: Kan enige
iemand vir my laat weet waar ek 'n "Snackle" kan aankoop.
Ek
weet dat die goed voorheen vervaardig is deur Transvaal Industries.
Ons
woon in die Verre Oos Rand (Springs/Brakpan).
Byvoorbaat dankie & groete
Al wat ek via Frik
kan voorstel is dat Prue, Bid or Buy gereeld gaan dophou.
Hulle het so rukkie terug as Augustes een verkoop
vir R 20.
http://www.bidorbuy.co.za/category/230/Antiques_Collectables_Kitchenalia.jsp
Hier is so bietjie geskiedenins van die snackle en waar hy vandaan kom
http://www.bidorbuy.co.za/item/18059923/SNACKLE3in1_MADE_BY_TRANSVAAL_
INDUSTRIES_COMPLETE_WITH_INSTRUCTION_RECIPE_LEAFLET.html
En dan was daar navrae oor GEMMERBIER-BYE van IZAK en JEAN wat geskryf het:
Ek is op soek na "bye" om gemmerbier meer te maak. Ek kan onthou as
kind het my mammie altyd
vir ons die heerlikste gemmerbier daarmee gemaak.
Dit is in werklikheid kristalle wat leef op suikerwater.
Dit is omdat hulle baie besig is en aanmekaar
op en af in die houer beweeg terwyl die gemmerbier "gis"
dat hulle in die volksmond bekend is as "bye".
Hulle teel ook verskriklik vinnig aan as hulle net in suikerwater gesit
word deurdat die
kristalle net doodeenvoudig opbreek en die stukkies weer groter word
om later ook weer op te breek in talle kleiner
stukkies, wat weereens op hulle beurt groter word en opbreek.
Buite die water "vrek" hulle.
En:
Ek is op soek na 'n resep om gemmerbier krisalle te maak. My ma het so 'n plantjie
gahad toe ek klein was.
Ons het 'n tyd terug so 'n resep
in 'n tydskrif gekry,maar ek kry nie die kristalle gemaak nie. Dankie
Ek het geglo hulle
verwys na WATER SUIKER KEFIR , en nadat ek aan hulle beide alles hieroor aangestuur het
laat weet Izak
:
Ek het gelees oor die water kefir, maar dit klink nie vir my heeltemal wat ek soek nie.
Dit klink vir my meer of ek en Jean op dieselfde spoor is.
Die "kristalle" is deurskynend en sag soos jellie. Ek gaan vir jou die resep stuur wat
ek het, maar nie regkry nie.
Het al 'n paar keer probeer.
Ek het nog nooit vars gemaalde gemmer gebruik nie, maar gekoopte gemmer poeier.
Weet nie of dit 'n verskil kan maak nie.
Ek
weet ook nie presies wat is bakkerssuurdeeg nie. Is dit die nat gevriesde blokkies wat mens kry?
Die artikel was in Landbou Weekblab van 19 April 1991.
Lynette de Lange, via Landbou weekblad, se resep lees:
56 g bakkerssuurdeeg [vars koekiesuurdeeg, ja!]
1 k water
2 gelykvol t suiker
2 gelykvol fyn gemmer (of 1 med fyn gestampte gemmerwortel)
Plaas suurdeeg in ‘n glasfles en voeg res van bestandele by.
Voed die plantjie nou vir 7 tot 10 dae elke
tweede dag met 1 t suiker en 1 t gemmer.
[Ek lees in die ander internet weergawes dat voiding elke
dag geskied]
Dreineer dan deur ‘n gaasdoek en hou die afsaksel.
Die afsaksel
word nou weer soos bo gevoed en die vloeistof wat afgegooi is kry nou die volgende by:
Sap van 2 suurlemoene
2 k kookwater
2 k suiker
Roer tot suiker opgelos is, vul met water aan tot 4.5 l en
bottel. Laat staan vir 2 ure en skroef dan toe.
Wanneer kristalle gevorm het en jy wil nie die suurlemoen
basis gebruik nie, kan jy jou bier maak.
Onthou egter dan gebruik jy nie die vloeistof wat van
die aftreksel oorbly nie. -
hierdie deel van die instruksies verstaan ek nie!
Om die BIER te maak
:
1 k kristalle
8 k water
2 k suiker
4 t fyn gemmer
24 rosyne (‘n handvol sal ook werk!)
Maak alles aan, gooi in bottles en laat staan vir 2 dae. Syg
deur en hou in yskas.
Lynette seg dat die kristalle ALTYD in ‘n skroeffles in die yskas gehou moet word.
ANDER LESERS SE
BYDRAE EN TERUGVOER IN HIERDIE VERBAND SAL WAARDEER WORD.
KONTAK MY ASSEBLIEF!
Ons
eie Frik Lombard het hieroor gesê:
Ek het so bietjie gaan soek na die "bye" op die
Internet. Die naaste wat ek kon kry is 'n gemmerbier plantjie.
Jy maak die plantjie en dan vir 5 dae gooi
jy suiker oor die plantjie en gebruik dan die plantjie.
Ek sit so paar skakels oor die "plantjie"
op.
Manne, as dit nie presies is soos wat jul kan onthou nie, kontak ons weer en ons sal verder soek.
http://www.buzzle.com/articles/ginger-beer-plant-how-to-make-ginger-beer.html
http://hubpages.com/hub/DarkwingsGinger_Beer_Recipe
http://www.yours.co.uk/Home--Leisure/Search-Results/Food--
Drink/Search-Results/Cookery-Tips/How-do-you-make-a-ginger-beer-plant/
http://lukehoney.typepad.com/the_greasy_spoon/2008/05/the-mysterious.html
'n Ander vraag vir interressantheid is wat is "Turkish fig"?
Mens
kry Balsamiese asyn met "Turkish fig" en ek weet dit is nie turksvy nie,
want dit is tog
"prickly pear" in engels?
Die ANTWOORD hierop volg in die volgende plasing! Want:
CHARENE MAY, e.a. het weer Navrae oor Dieet wenke, ingestuur.
Charene, Ek is nie maer nie. Ek fokus op gesond wees, in my klere te pas, dankbaar en gelukkig
te wees.
Daar is al baie op die werfie geskryf oor hierdie onderwerp, jul kan gerus maar op die vorige maande
se
bladsye rondblaai, maar ek gee tog weer:

MY 6 BESTE WENKE VIR VETVERBRANDING.
1. Eet Vesel
'n Hoë-vesel dieet
verminder vet en cholesterol absorpsie in jou derm (voorkom vet storing),
verstadig glukose opname
in
die bloedstroom (beteken meer suiker word verbrand as energie, minder word gestoor as vet), stabiliseer insulien vlakke
en
verbeter normale maag lediging, en maak jou vinniger versadig.Navorsing het getoon dat 'n lae-vet, hoë-vesel dieet
resultate byna
drie keer meer gewigsverlies
veroorsaak as' n lae-vet, lae-vesel dieet.
So, hoe kry jy jou vesel? Hier's hoe ek myne kry(iewers ingepas p/dag):
1 groot bak slaai, 1 bak hawermout, baie groente, neute, 2-3 rou vrugte
elke dag.
Vrugte het nog 'n bonus: water en vitamien C in die sitrus vrugte-
wat ook help
vet verbrand.
2. Eet / drink Kalsium!
Navorsing toon dat drie of vier daaglikse porsies van lae-vet
suiwelprodukte kan help om liggaamsvet te verminder.
Hoër vlakke van kalsium wat gestoor word
in die vetselle kan help om vet afbreek, asook 'n toename in termogenese
(die liggaam se kerntemperatuur) te verbeter.
Die beste kalsium kom van suiwelprodukte soos
lae-vet melk, joghurt en maaskaas (dus nie uit duur kalsium aanvullings).
Ander goeie bronne, veral vir diegene wat laktose
intolerant is, sluit in donker blaargroentes, salm, amandels, en hawer
(met die ekstra bonus van nog vesel).
3. Eet ontbyt.
Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag. Studies het getoon dat mense
wat 'n groot en' n gesonde ontbyt
in hul dieet het, verloor beduidend groter hoeveelhede vet as diegene wat ontbyt uitsluit.
Om ontbyt uit
te los, sal tot spierverlies en metabolisme verlaging ly, wat albei jou vetverbrandende vermoë verhinder.
'N
groot ontbyt voorbeeld is' n groot glas water, tee of koffie-sonder suiker met afgeroomde melk,
hawermout, vars
vrugte en neute.
Of 2 snye volkoring roosterbrood met geposeerde eier of roereier. Of jogurt en volkoring ontbytkos.
4. Eet 5-6 klein maaltye per dag.
Dit sluit 3 hoofmaaltye in met 2 of meer versnaperinge, afhangende
van jou energieverbruik en behoeftes.
Hier's 'n voorbeeld (7 maaltye!!)van wat op een dag op my
bord kan verskyn:
1) piesang so 7uur soggens
2) hawermout met kaneel en rosyne of roosterbrood
met ½ Avo, of 1 eier... so 9uur
3) handvol amandels / vrug 10:30
4) ligte middagete,
van koue vleis / tuna, 3 Provita’s en joghurt of 1 eier met spinasie...
5) appel so @ 3:30
6) ‘n proteïen met baie groente of soms 'n groot slaai, nooit later as 7:00!
7) handvol rosyne / jogurt (of SOMS 'n roomys, of 5 Marie-koekies saam my laaste teetjie!) 9:30
Ek drink tussen in tee met versoeter met afgeroomde melk...
Die filosofie agter die dikwels eet is dat
die fisiese daad van vertering 'n metaboliese koste het,
en deur voortdurend te voed, handhaaf mens ' n hoër metaboliese tempo.
Solank as wat jou kos gesond is, lei dit tot
meer kalorieë verbranding regdeur die dag.
Eet te min, en jy veroorsaak dat jou liggaam in hongersnood gaan en
energie verlaag, wat lei tot 'n verhoogde vet storing...
5. Drink Water!
Jou liggaam maak
voortdurend gebruik van water om energie te vorm, spiere te bou,
vet te verbrand, gifstowwe
uit te spoel... sonder genoeg water,
het studies getoon dat spiere minder aktief is, metabolisme
verstadig, en jou liggaam verbrand dus vet minder effektief.
Water help ook om die eetlus te onderdruk en
gee jou 'n "vol gevoel".
So drink verskeie glase water per dag, en drink 'n glas water ten minste 30 minute
voor
jou oefensessie. Water kom ook natuurlik voor in voedselsoorte, soos groente en vrugte.
Ek sukkel met water drink, en gooi suurlemoensap
daarby en probeer my 3 ekstra glase inkry!
Mens werk jou liggaam se vog behoefte so uit:
Jou
gewig deel deur 10 + 1 = soveel glase VOG per dag wat jy benodig!
NIE SOVEEL ADDISIONELE WATER soos almal seg nie!
Bv. 60 kg = 7 glase van
250 ml elk VOG. Ek glo ek drink genoeg tee of koffie, so ter wille van my gewete,
drink ek ook
elke dag (probeer) 750 ml skoon water ook.
6. Oefen!
Vind iets waarvan jy hou. Wat jy kan doen en
wat veilig vir jou omstandighede is.
Ek stap amper elke dag so 4-6 km @120 treë per minuut, vir ten minste 'n uur elke dag.
So eenmaal per
week kies ek een dag en gaan stap so 2 ure lank.
Begin so: Stap vir de eerste week vir 10 minute weg van jou
huis, en kom terug.
Volgende week stap jy 'n ¼ uur weg, en terug,
dan 20 minute en dan
die 4de week stap jy 'n halfuur weg en terug, en siedaar!
Jy het dit in 'n maand aangeleer en jy is klaar
in roetine en jy sal nie glo hoeveel dit vir jou beteken nie!
As jy soms nie kan nie, so what, jy
gaan mos net weer aan sodra jy kan! Om te stap, is egter MY tyd.
Ek luister musiek, bel my vriendin, luister sommer net na als om my, geniet
net bloot die WEES op daardie oomblik, dink,bid,
mediteer en filosofeer sonder inmenging van iemand, en ja,
geniet dit net om te voel hoe jou lyf beweeg!
7. Aanvullings
As jy gesond is, eet
en leef, het jy nie juis aanvullings nodig nie. Maar ek gebruik:
1.My gewone medikasies soos voorgeskryf.
2.Probiotika – dit doen wondere vir 'n mens se immuniteit ens...
3.Daaglikse multi-vitamien-
met minerale, Goeie Omega’s en CLA.
(CLA speel 'n noodsaaklike rol om liggaamsvet te verminder
en spiertonus te verbeter deur
die liggaam se vermoë om vet te stoor, te inhibeer.)
NOG WENKE:
Marí Hudson wat die PlusMinusEetplan
ontwerp het en die Guru’s @health24.co.za, sê almal:
Jy hoef nie 'n dieet te volg om gewig te verloor en dit af te hou nie. Jy moet 'n plan maak.
En dit moet
realisties wees. As jy 'n kilo per week kan verloor, wonderlik.
As jy net wil verhoed dat jy weer gewig op tel, selfs beter.
Hier is die eerste stappe:
- Praat met 'n professionele persoon. 'n Dokter, dieetkundige
of gekwalifiseerde gesondheidskenner kan
vasstel wat jou ideale en gesonde liggaamsgewig
is.
- Eet kleiner porsies.
- Eet 'n wye verskeidenheid kosse om seker te maak jy kry die nodige voedingstowwe.
- Eet kosse met baie vesel. Dit sluit vrugte, groente en graankosse
in.
- Eet minder
hoë-vet kosse. Dit sluit suiwelkosse soos kaas, botter, volroom melk, rooivleis, koek en pasteie in.
- Oefen minstens 20 minute drie keer per week.
Volgens hulle lyk DIE IDEALE DIEET so:
Koolhidrate
moet die grondslag van jou energie-inname vorm (55 %), met die fokus op lae-GI-kos vir
volgehoue energie.
Jy moet maer vleis en minstens vyf porsies
vrugte en groente per dag eet en jou slegte vette beperk
tot 20 % van jou energie-inname.
Eet gereeld droë bone, lensies en soja, asook hoender,
vis, laevetmelk en eiers en beperk kos met baie
suiker en vette,
asook jou alkoholinname
tot twee of minder drankies per dag.
Voorbeelde van 'n volmaakte bord:
Ontbyt
• Volgraanontbyt en melk met vrugte bo-op
• Omelet van drie eierwitte met volgraan roosterbrood en vrugte
Middagete
• Toebroodjie gevul met twee of drie skywe maer vleis, met 'n slaai, vrugteslaai, of groente
• Boontjie- of lensiesop met 'n slaai of bygereg van groente
Aandete
• slaai
of gekookte groente (helfte van die bord); 'n porsie vis, hoender of maer vleis die grootte van jou handpalm
• Roerbraai: Driekwart groente en een kwart vleis, pluimvee of seekos. Maak driekwart van jou bord vol
met
die roerbraaigereg en een kwart met rys.
PEUSELHAPPIES:
3 Kraakbeskuitjie soos
Provitas
1 Sny Volgraan / low GI brood met avo, tamatie, sout en peper
1 Bakkie groen
slaai
1 Bakkie vrugteslaai
3 Malvalekkers
LEKKER VRUGTEPONS:
1 Liter sodawater
Algemene dieetkoeldrank
(ek verkies “Passionfruit” of lemmetjie)
Medium appel (gerasper)
Medium papaja (verpulp) of Pynappel fyn gekap / grof gerasper
Meng die sodawater en gegeurde koeldrank tot
hul mooi gemeng is.
Voeg die appel en papaja by en roer weer. Plaas is ‘n houer en hou
verkoel in die
yskas.
Interessante feit is dat 3 blokkies sjokolade gelykstaande is aan 10 en 'n halwe koppies skoon blaarslaai.
So peusel liewer aan blaarslaai voor
daardie laataand TV as aan sjokolade.
3 blokkies is ook gelyk aan 2 snye brood, so kies maar self, as jy honger is, eet brood want na 3 blokkies
gaan
jy steeds honger wees, maar na 2 snye brood?

’n Feit van die lewe is, is dat daar altyd iemand mooier, slimmer
en ryker as jy gaan wees.
Jy sal vir ewig in die
skadu van iemand anders staan,
en slegs ’n tevrede
“self” sal jou die son laat sien.
Mooi groete!