....Só MAAK MENS !

Nuttige Tabelle en wenke!

Werk jou BMI uit met die volgende nuttige toestelletjie! Maak net daarna seker dat jy terugkeer SO MAAK MENS toe vir die res van ons kuier!

AS jy belangstel om my tabelle in PDF formaat af te laai, kliek op die volgende skakel!

Peterjassie was so gaaf om dit vir ons so te verwerk sodat hy dit ook aan sy lesers as 'n Pasella kan aangee!

http://www.peterjasie.co.za/Metrieke%20omskakelingstabel.pdf 

As jy nie die PDF-tabelle wil aflaai nie, kan jy gerus die kookterme, tabelle en wenke ondertoe, op papier uitdruk, lamineer en byderhand hou om jou in die kombuis te help!  
 
Ek deel ook graag die volgende web adres met jul, gaan maak daar 'n draai as jy iets vinnig wil omreken, MAAR maak seker jy kom terug na ons toe!! 
 
Mag dit alles tot hulp wees!

                                             In ‘n tyd van verandering en woelinge,      

is dit meer as ooit waar

     dat Kennis, Mag is.

            - John F. Kennedy - 
 
 

 

______________________________________________________________________    

In ‘n wonderlike kook tydskrif staan daar die volgende sinnetjie :

 "Dis als in die metode. Dis net soveel wát jy doen as hóé jy dit doen -

die regte metode kan die wêreld se verskil maak !"

 

Daarom het ek vir julle die volgende gaan naspeur!

Bronne :  Van toeka se resepte boeke tot die spik-splinternuwe-varstes soos ook die Avokado-tydskrifte op die rak!

 

O ja : Vergewe my maar dat ek dit wraggies nie nog alfabeties ook lys nie!

(Wie weet...ek doen dit later dalkies tog nog!)

 

SMOOR: is 'n manier waarvolgens vleis, vis seekos of groente gaargemaak word deur

dit eerstens in 'n bietjie warm olie te skroei en dit dan, bedek, in vloeistof te prut tot gaar.

Smoor verskil van Stowe in terme van die grootte van die item wat gaargemaak

word -kleiner stukkies word gestowe.

Die hoeveelheid vloeistof wat vir smoor gebruik word is ook minder5 as vir stowe,

en bedek gewoonlik net-net die helfte van die item wat gaargemaak word.

(bv. "roast" / skaapboud in oond / nek / "Eisbein" / soutvleis..)

Dit is inherent 'n  kombinasie van braai of bak en stowe.

 

STOWE : is 'n  kombinasie van soliede bestanddele wat in water of ander vloeistof

gekook word deur dit te prut,en wat bedien word sonder om gedreineer te word.

Bestanddele kan insluit groente, vrugte, wors en seekos. Alhoewel water gebruik word,

kan aftreksel, wyn of bier ook gebruik word. 

Geurmiddels word ook bygevoeg. Bredies word dikwels teen 'n relatiewe lae temperatuur

gestowe.

(Dit moet prut , nie kook nie) sodat die geure kan meng. (bv. Kerrie / potjiekos/ "stew")

 

SOTEER: is een van die maklikste en vinnigste kook metodes.

Dit behels gewoonlik die braai van porsies vleis, vis of groente in 'n  bietjie warm olie

aan beide kante tot die kos sag is , maar nie bruin nie.

Die vleis of vis word gewoonlik verwyder, en die oorblywende stukkies en sappe (fond)

in die pan word by 'n  sous  ingewerk.  Sjefs  ag dit as 'n  mors van ongelooflike geure

as jy nie van die fond 'n sousie maak nie...

AS dit gedoen word tot die  kos bruin, half deurskynend en gaar is, bv. soos by

gebraaide uie, is dit eintlik gekaramelliseerde uie.

 

KARAMELLISEER: is om droë suiker of bestanddele wat baie suiker bevat te

verhit totdat 'n bruin kleur en karamelsmaak afgegee word.

Gebruik 'n  dikboomkastrol en matige hitte.

 

KOOK: is om oor vinnige hitte gaar te maak in water of in ander vloeistof.

Groot borrels vorm, kom na die oppervlak en breek.

Groente, rys , pasta en sop word gekook.

 

DRUKKOOK: is wanneer die proses van kook in 'n  verseëlde  doelmatige

kastrol plaasvind onder hoë druk, dit  laat kos gaarmaaktyd  versnel en is uiters

effektief om vleis stukke wat taai is vinnig en doeltreffend te versag en gaar te maak.

Braai gewoonlik eers vleissnitte alkant bruin in vlak olie, alvorens dit in die drukkoker geplaas word 

dit verseker ekstra geur en 'n  mooi kleur...

 

PRUT: is om oor lae hitte gaar te kook in vloeistof wat net onder kookpunt is.

Borrels vorm stadig en

breek net onder die oppervlak.

 

POSJEER: is die proses waar kos liggies in vloeistof gewoonlik water, melk,

aftreksel of wyn geprut word om die vorm te behou.

Dit is veral  geskik vir eier geregte, pluimvee, vis en vrugte wat maklik

uitmekaar val in die gaarmaak proses.

Temperatuur moet laag gehou word en die kooktyd so kort as moontlik.

In water moet dit net klein kristal borreltjies

op die boom en teen die rand van die pan vorm en ander vloeistof moet skaars roer.

(Bv. Smoor-snoek / eiers ..)

 

ROOSTER: is die vinnige gaarmaak van vleis, vis of groente oor intense

hitte- op die kole of onder 'n elektriese rooster element of  op  vlamme.

Die hitte kan van bo of van onder afkomstig wees of soms van beide.

 

BRAAI: is die stadige gaarmaak van vleis, vis, hoender of groente, onbedek met droë hitte.

Baie soos rooster, maar geskied stadiger en oor matiger hitte, afkomstig van kole, 

of elektriese elemente of gasbraaiers.

 

PANBRAAI en DIEPBRAAI: is om kos in vlak of diep olie of vet gaar te maak. Die vet moet warm wees, maar nie rook warm nie.

Moenie teveel kos gelyk insit nie anders  verkoel die temperatuur en absorbeer die kos teveel olie.   

 

BEDRUIP: Om warm vet of vloeistof oor kos te skep terwyl dit gaargemaak word oor die kole ,

gebak of gerooster word.

Dit verhoog sappigheid en geur.

 

BESTRYK: Om warm vet of vloeistof oor kos te smeer met 'n kwas terwyl dit gaargemaak

word oor die kole , gebak of gerooster word.

Dit verhoog sappigheid en geur.

 

BESTRYK: is wanneer gebak met water, eier en of melk of eierwit gesmeer word

gewoonlik voor of net na dit gebak word.

 

MARRINEER: is om vleis of groente in gegeurde vloeistof te week, om te versag

en ekstra sappigheid en geur te verkry.

Marinade bestaan gewoonlik uit 'n  mengsel van olie, asyn,

suurlemoensap water, gekapte uie en verskeie geur en kruiemiddels.

(Wie ken nie sosaties nie!)

 

STOOM: is die metode waar stoom gebruik word om kos gaar te maak.

Dit word as 'n  baie gesonde  tegniek beskou en amper alle kosse kan so gaar gemaak word.

Dit werk deur eers water te kook, wat dit in stoom omskep, die stoom dra

dan die hitte oor na die kos wat dit dan gaarmaak. Die kos wat gaargemaak word, raak

nie aan die water nie.

Dit word meestal gedoen deur die groente of vleis in 'n  stomer - van staal of bamboes

of selfs plastiek in moderne stoom apparate- te plaas en dit in die pot 

bokant die stoom te laat gaar word.

 

ROOM: in terme van metodes, verwys na die meng van bestanddele -

gewoonlik suiker- saam met 'n  soliede vet soos margarien, botter of olie.

Die tegniek word gewoonlik gebruik in die maak van beslag vir gebak soos koek,

koekies, wafels ,pannekoek ens.

Die droë bestanddele word met die vet gemeng tot lig en donsig...

en die volume daarvan vermeerder as gevolg van die skepping van lugborrels.

Hierdie lugborrels, by die vette ingesluit, bly in die finale beslag agter en laat die

produk uitswel soos dit bak, en dien dus as rysmiddel.

 

BESLAG: 'n  Mengsel van eier, meel en melk wat vir braai en bak gebruik word.

 

BAK: is 'n  metode waarby soet of sout items in die droë hitte van 'n  oond gaargemaak word.

Alhoewel bak self 'n  relatiewe maklike proses is, is dit 'n  goeie idee om 'n  basiese kennis

van elke bestanddeel te hê aangesien dit 'n  rol in die eindresultaat speel.

Moet nooit die oond te vol maak nie die hitte moet kan sirkuleer.

Moet ook  nie oonddeur oopmaak tydens rysproses nie.

Bak groot koeke, pasteie, ligte vrugtekoeke, eiervla en geregte wat stadig moet bak,

op die middelste rak, sponskoeke, vlakterte en geregte

wat vinnig moet verbruin soos macoroni-en-kaas op die hoër rakke en ryk vrugtekoeke,

Skotse brosbrood en meringues  op die laagste rak.

 

BESTUIF: Om 'n  klein bietjie meel of versiersuiker oor iets te sit of te strooi.

 

INSNY: is om soliede vet met droë bestanddele te meng deur dit met twee messe

in te sny tot die mengsel taamlik gekrummel is.

By skons en tertdeeg word die vloeistof gewoonlik by die droë bestanddele ingesny.

 

INVOU: is om geleidelik en liggies te meng en terselfdertyd lug in te sluit deur met 'n 

slaplemmes of metaallepel in 'n  sirkel beweging vertikaal in die mengsel in te sny en na die

rand van die bak op te lig en om te keer. Vou 'n  warm of koue mengsel geleidelik in styf

geklitste eierwit in en nie omgekeerd nie.

As eierwit geleidelik by 'n  warm mengsel ingevou word, word dit geleidelik gaar, en meng glad nie.

By sekere geregte bv. melktert pap, moet eierwit juis weer geleidelik  bygevoeg word

om dit juis gaar te maak indien dit nie weer teruggaan na die oond of stoofplaat nie.

 

INVRYF: is om botter, margarien of vet liggies met die vingertoppe in droë bestanddele in te vryf

tot dat dit soos fyn krummels lyk.

Werk 'n  entjie bokant jou bak  sodat dit deur die lug val en sodoende lug kan insluit.

 

KLITS: is om lug in 'n  mengsel in te neem en die mengsel baie deeglik te vermeng tot skuimerig en lig.

Moenie mengsels wat lig geklits is en 'n  tyd lank gestaan het weer klits nie.

 

KLOP: is om die mengsel glad te maak deur met 'n  houtlepel lug in vinnige sirkel bewegings in te sluit.

Deurdat die bestanddele om en om in een rigting geroer word, kom die onderste mengsel ook gedurig

met die lug in aanraking.

 

BLIND BAK: Om flan of pastei of tert doppe / korse  te bak sonder vulsel. Sit deeg in tertbak,

plaas waspapier bo-oor, vul tertbak met droë bone en bak tot kors gaar is.

Verwyder papier en bone, en gebruik kors  soos  nodig.

 

KNIE : is om deeg te meng deur dit oor te vou saam te pers en te druk met die kneukels en hand.

Dit is die belangrikste stap in brood en beskuitbak. Dit veroorsaak dat die deeg elasties

word wat die deeg toelaat om goed te rys en te verseker dat die eindproduk sy vorm behou.

Bestrooi jou hande en die oppervlakte met meel aan die begin,

en begin aan die buitekant en werk na die binnekant.

Gebruik die palm van jou hand om die deeg herhaaldelik te vou.

As die deeg taai raak, strooi bietjie meel maar nie te veel nie.

Knie totdat die deeg elasties en glad is sowat 10 minute!

 

RYS: Plaas jou deeg in 'n gesmeerde houer en bedek met kleefplastiek.

Ek het ook reeds hieroor ander wenke gegee gebruik wat jy vind vir jou help.

Die rysperiode sal verskil van gebak tot gebak, maar rys die beste in warm toestande.

Die deeg moet verdubbel in hoeveelheid tydens die rysperiode, dan is dit reg.

Druk jou vinger daarin om te sien of dit klaar gerys het, as dit genoeg gerys het

sal jou vinger se afdruk op die deeg agterbly.

 

AFKNIE : Nadat die deeg gerys het, keer dit op 'n  meelbestrooide oppervlak uit en

knie die deeg weer totdat dit so groot soos die oorspronklike grote is.

Dit sal die gasborrels wat tydens die rysproses ontstaan het egalig deur die deeg versprei

en verseker dat die deeg 'n  egalige tekstuur kry wanneer dit gebak word.

Knie die deeg af deur jou kneukels herhaaldelik in die deeg te druk.

Daarna kan die deeg gevorm word soos verkies in broodjies, bolletjies, vetkoeke, pizza basisse ens.

Brood en beskuit kan nou weer in die panne laat rys word tot  amper dubbel volume

en dan gebak word, of dadelik gebak word.

 

SKIF: Wanneer gesmelte bestanddele skei en klonterig word pleks van glad.

Wanneer asyn in melk  of eier mengsels ingeroer word,

moet dit aanhoudend oor lae hitte geroer word om te voorkom dat dit skif.

 

INMAAK: is die proses waar kos behandel word sodat die eetbaarheid en voedingswaarde behoue kan bly.

Algemene metode sluit in die droog van, vriesdroog van, vries van, vakuumverpakking, preservering deur (of mengsels daarvan)

van asyn, alkohol, olie, stroop of suiker.

Ander prosesse wat hierby aansluit is pekel, beroking en sout van kosse.

 

BLANSJEER: Om vleis wit te maak en sterk groentesmake te versag.

Ook om sekere kosse soos groente en vrugte te help

bewaar voor of tydens die  bevriesings proses.

Plaas kos in koue water, verhit tot kookpunt en dreineer voordat dit verder kook.

Groente  word egter  sodra die water kook,  in die kookwater vir nie langer as 'n

paar minute  nie gedompel en dadelik gedreineer.

Sodra dit afgekoel het kan dit bevries word.

 

KAP: is om voedsel in klein fyn stukkie  te sny met 'n  mes of ander skerp voorwerp.

Veral geskik met verwerking van vars kruie.

 

PUREE: is om kos deur 'n  sif te druk of met 'n  voedsel verwerker baie fyn te maak

tot 'n  gladde dik moes.

 

PLUIS: is om stukkies gaar vleis , hoender of vis saam met die draad in kleiner repies te trek.

 

VLOK: is om stukkies gaar vleis , hoender of vis liggies met 'n  vurk in klein stukkies te verdeel.

 

GARNEER: Om ekstra bestanddele op of by geregte te voeg om dit aantreklik te laat lyk.

 

AL DENTE: is die Italiaanse term wat die tekstuur van gaar pasta beskryf, sag maar

ferm wanneer dit gebyt word.

 

BAIN-MARIE: 'n  oondpan halfvol warm water waarin soufflés, terriens, en so meer

gebak word in die oond teen 90 - 95 ºC

 

BOUQUET GARNI: 'n  klein bossie of moeselien sakkie gevul  met vars kruie wat

saam met aftreksels of vleis geregte gaar gemaak word en dan net voor bediening

verwyder word.

 

 

GEUR: die byvoeging van sout, peper speserye of kruie om voedsel  meer geurig te maak.

 

ROUX: om meelblom en vet saam te kook  tot 'n dik mengsel wat as basis vir talle

souse gebruik word.

 

UITBRAAI: om vleis met baie vet, of stukkies vet oor matig tot warm hitte te roer totdat

al die vette in olies omgesit word en kan uitkook, om suiwer olie te verkry wat in olie vorm

of in gestolde vorm gebruik kan word, soos bv. kaiings en vet wat verkry word uit stukkies

spek of varkvet...

 

VERGLANS: om gebak blink te maak deur deeg met eier en melk te bestryk om dit 'n 

blink aantreklike voorkoms te gee.

 

GLASERING: Dit beteken ook dat die bokant van die gevormde brode met 'n glaseersel 

soos 'n  geklitste eier of melk gesmeer word.

Dit beskerm die kors en verbeter die voorkoms van die brood.

 

Ook deur geregte, bv. pynappel-wortels met vla of meelblom te verdik  tot 'n glansryke

groente gereg, of  vrugte stroop met vla of meelblom te verdik  tot 'n glansryke deurskynende

lagie bo-oor bv. by yskas of vrugte terte.

 

____________________________________________

   OMSKAKELINGSTABELLE, AFKORTINGS, PLAASVERVANGERS, EN NUTTIGE INLIGTING.

_________________________________________________________________

Metrieke omskakelings tabel

VOLUME

VLOEISTOF

Teelepels

1/4

2 ml

1/2

3 ml

1

5 ml

2

10 ml

Eetlepels

1

15 ml

2

30 ml

3

45 ml

4

60 ml

Koppies

1/4

60 ml

1/3

80 ml

1/2

125 ml

3/4

200 ml

1

250 ml

1 1/2

375 ml

2

500 ml

4

1000 ml (1 litre)

 

Metrieke omskakelings tabel vir ou resepte Vloeistowwe.

Metrieke

Imperiaal

30 ml

1 vloeibare oz

60 ml

2 oz

100 ml

3  oz

125 ml

4  oz

150 ml

5  oz (1/4 pint / 1 gill)

190 ml

6  oz

250 ml

8  oz

300 ml

10  oz (1/2 pint)

500 ml

16  oz

600 ml

20  oz (1 pint)

1000 ml (1 litre)

1 3/4 pints  / 35 oz

 

Metrieke omskakelings tabel vir ou resepte. Droë bestandele.

Metrieke

Imperiaal

15 g

1/2 oz

30 g

1 oz

60 g

2 oz

90 g

3 oz

125 g

4 oz 1/4 lb)

155 g

5 oz

185 g

6 oz

220 g

7 oz

250 g

8 oz (1/2 lb)

280 g

9 oz

315 g

10 oz

345 g

11 oz

375 g

12 oz (3/4 lb)

410 g

13 oz

440 g

14 oz

470 g

15 oz

500 g

16 oz (1 lb)

750 g

24 oz (1 1/2 lb)

1 kg

32 oz (2 lb)

 

 

 

Afkortings :

 

gram      

 g /gm

kilogram   

 kg

milliliters   

 ml

liter          

 l

teelepel

 tl

eetlepel

 Etl / etl

desertlepel

 dl

koppie

kp

ons

oz

knippie

 2-3 druppels of  1/8 tl

milligram 

mg

pint

pt

quart

qt

minute (60 sekondes)

min

uur (60 minute)   

u

dosyn (12)

doz

bakpoeier

B.P.

pond

pd

 

Hoeveelhede:

 

 

1 teelepel

60 druppels

1/3  Etl

3 tl

1 Etl

 

4 Etl

1/4 kp

 

5 1/3 Etl

1/3 kp

8 Etl

1/2 kp

 

10 2/3 Etl

2/3 kp

 

12 Etl

3/4 kp

 

16 Etl

1 kp

 

2 kp

1 pint

 

4 kp

1 quart

 

32 onse

1 quart

 

16 oz.

1 pond

 

32 oz.

1 quart

 

1 oz. vloeistof 

2 Etl

 

8 oz. vloeistof 

1 kp

 

1 7 g koevertjie gelatin (ongegeur)    

1/4 ons

1 Etl of 15 ml

1 medium suurlemoen (sap)

1 1/2 vloeibare ons (3 Etl )

45 ml

.035 onse

1 gram

 

1 ons

28.35 gram

 

1 pond

453.59 gram

of .45 kilogram

2.21 pond

1 kilogram

 

1/2 cup

118.3 ml

 

1.06 quarts

1000 ml

of 1 liter

2 Etl        vet

1 oz

 

1 kp        vet 

1/2 pd

 

1 pond    botter

2 kp

 

1 kp        botter

1 kp olie     +   ½  tl     sout

2 kp        suiker 

1 pd

 

2 1/2 kp  styf gepakte bruin suiker

1 pd

 

4 ½ kp   gesifte koekmeel

1 pd

 

 

1 kp (250 ml)

 

Broodkrummels

136 g

Koekmeel                            

136 g

Volkoringmeel

124 g

Mielieblom

146 g

Rys

186 g

Suiker

212 g

Strooisuiker

218 g

Versiersuiker

142 g

Donkerbruinsuiker

150 g

Ligtebruinsuiker

216 g

Botter

250 g

Neute

105 g

Droëvrugte

190 g

Rosyne

190 g

Droë klapper

78 g

Kakao

80 g

Semels

40 g

Melk

250 g

Sjokolade brokkies 

200 g

 

1 kp ( 237 ml )

 

 

 

 botter of margarien

1/2 pd

237 g

 

cheddar kaas, gerasper

1/4 pd

114 g

 

meelblom

1/4 pd

115 g

 

soliede vet

1/2 pd

227 g

 

gemaalde  droë vrugte

1/4 pd

 114 g

 

eiers

4 - 5 heel eiers

8 eierwitte

12 eiergele

 

Temperature

 

 

Grade Celsius

grade Fahrenheit

150

300

 

180

350

      

195

375

 

220

425

 

 

 

 

 

Koekpan groottes:

Liter

 

18 cm   Ronde pan

1

12.5 cm  Vierkantige pan

21 cm

1.5

18 cm

23 cm

2.25

21 cm

25 cm

3.5

23 cm

28 cm

4.5

25 cm

30 cm

5.5

28 cm

35 cm

7

30 cm

 
...  ...  

 

 Vervangings :

1 kp       koekmeel   kan vervang word met :   

½   kp   Soja  meel   +  ½    kp  rysmeel in ‘n  resep wat vra vir Glutten vry meel.

1 tl         bakpoeier  met    ½   tl  baksoda   +  ½    tl      kremetart 

1 tl         bakpoeier  met    1   tl   baksoda   +  ½    kp    karringmelk

1 kp       botter of margarine  met   7/8 kp   slaai of groente olie   +  ½   tl   sout

1 Etl      meelblom met  1   Etl  fyngemaalde tapioca

1 Etl      "maizena" of mielieblom met  2   Etl  koekmeel

Bak sjokolade:

1 oz       bitter sjokolade    = 1 blokkie

3 Etl      Kakao  = 1 Etl vet    =  1 blokkie bitter sjokolade

4 Etl      Kakao + 2 tl botter   = 1 blokkie bitter sjokolade

Eiers:

1 kp       eiergele     = 12 - 14  eiergele

1             eierwitte  = 8 - 10     eierwitte

2             eierwitte  = 1 heel eier

2             eiergele   = 1 heel eier

1             heel eier  = 2 Etl droë eier poeier  + 2 ½ Etl water

Versoeters:

1 kp       molasses    = 1 kp   heuning

 1 kp      Heuning    = gelyke dele molasses en mieliestroop

 1 kp      Heuning    = 1 kp  gewone wit suiker + 1/4 kp vloeistof

 1 kp      Stroop      = 1 kp  gewone wit suiker + 1/4 kp vloeistof

1 kp     bruin suiker  = 3/4 kp  wit suiker         = 1/4 kp molasses

1 1/3 kp  styf gepakte bruin suiker  = 1kp gewone wit suiker

1 1/3 kp stroosuiker  = 1kp   gewone witsuiker

Vervang Suiker met gelyke dele fruktose of Kunsmatige versoeter poeier of 

Hulletts se Sugarlite.

Melk:

1 kp       melk   = 1/2 kp  ingedampte melk +1/2 kp water

1 kp       karringmelk   = 1 kp  vars melk +1 Etl suurlemoensap of asyn

1 kp       karringmelk   = 2/3 kp  gewone jogurt + 1/3 kp vars melk

1 kp       suurroom  = 1 kp  gewone jogurt

1 kp       jogurt  = 1  kp  karringmelk

Room kan met gelyke dele ingedampte melk vervang word.

Melk en botter in kapok aartappels kan met appelsous vervang word vir ‘n 

lae vet alternatief.

Soja melk kan vervang word met ingedampte melk of kondensmelk - 
tensy dit spesifiek benodig word vir anti suiwel resepte.  

 

 

 

NOG SPEELGOED !!

MAAR LW, KOM WEER TERUG HIERHEEN!!

 

 

 


EN,

Het jul al op die FORUM geloer?

Hoe kom jy daar? ...deur op die goue megafoon te kliek op een van die bladsye!!...OF om die navrae blokkie in te vul wat op die HUIDIGE MAAND se bladsy is!

Toe, gaan soek dit nou!

 

Op ons Lesers FORUM het al verskyn :

Lien se vraag:  ek wil graag weet wat die afrikaans se woord vir 'n "canopa" is want ek het al in die woordeboek gekyk - help asb ek het al baie snaakse woorde gehoor so kom ons kyk wat kom hier uit.

Gaan lees gerus Hennie se antwoord daarop !

 

Dan was daar ook nog interessante stukkies oor:

Bid A BACHELOR

Lekker Afrikaans

Enige hulp ivm LOUW...

Ingelegde Komkommer...

 

 

By die  : Noem die vreugdes in jou lewe! Het die volgende al verskyn:

Ek het gesê: Appelkoostyd, ganse wat met kleintjies tussen lusernlande stap,
Boerbokke wat teen die hang uitskilfer, ’n hanslam wat kwispelstertjie skuimbekkie 
geknield by jou staan en drink, ’n kat wat 6 kleintjies in jou kas in die mandjie 
wat jy orals vir haar reggeskuif het kry en hulle spinnende en trots vir jou wys!
‘n Skaaphond wat baldadig en getrou altyd op sy pos langs jou draf,

’n Karoo-kop vol vuurvlammende rooi aalwyn raseme, ’n sonsondergang langs die groot Gariep.
Die lag in iemand se oë wat na jou kyk en diep-bly is om jou te sien en te ken...

 

Johann  het gesê: melkkos en braaivleis as jy in Taiwan bly!

 

Tom het gesê: Beesstert-potjie op 'n Sondagmiddag in die bos, langs die Luembe-rivier diep in Angola, saam met jou SA kollegas.....en natuurlik 'n lekker glas Captain Morgan!

 

Wat sê jy?

 

 

En ek het oor Kombuis toestelle gevra:  

Sonder watter "gadget" of kombuis toestel kan jy glad nie kosmaak nie? In die Winter, is my gunsteling die lemoensap uitdrukker!

Toe, wat's joune?

 

 

Speel ook saam in ons:  KOM DEK SAAM TAFEL, WAT BRING JY ? 

Jy kan ietsie losslaan met jou antwoord...

Ons begin so:

Ek sê: Ons gaan piekniek hou onder ’n  reuse Eikeboom , langs ’n  spruit waarin ook Wilger-takke in die water sleep...

Ek bring saam: ’n  geruite tafeldoek met bypassende servette en reuse kussings waarop ons kan uitspan...

 

 

 ....Hmmm

Wat bring jy? Edit Text

Hier is iets vir pasella op al hierdie bladsye,

Geniet dit!

 

http://www.liplekker.blogspot.com/

http://www.peterjasie.co.za/pasella.html 

http://www.peterjasie.co.za/resepte.html

En ‘n magdom Engelse resepte by:

http://funkymunky.co.za/newsletters.html

http://funkymunky.co.za/amarula_recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/eighteen.html

http://funkymunky.co.za/history.html

http://funkymunky.co.za/converter.html

http://funkymunky.co.za/foodlinks.html

http://funkymunky.co.za/herbs.html

http://funkymunky.co.za/herbalteas.pdf

http://funkymunky.co.za/smoothies.pdf

http://funkymunky.co.za/lemonade.pdf

http://funkymunky.co.za/XCentric%20Ideas%20Issue%209.

http://funkymunky.co.za/Egg_Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/fondue.pdf

http://funkymunky.co.za/S%20A%20Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/healthy-breakfast-smoothies.pdf

http://funkymunky.co.za/breads.pdf

http://funkymunky.co.za/ancient-formulas.pdf

http://funkymunky.co.za/Home_Remedies.pdf

http://funkymunky.co.za/Knorr%20Veggies.pdf

http://funkymunky.co.za/Delicious%20chicken%20recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/pasta%20dishes.pdf

http://funkymunky.co.za/mothersday.pdf

http://funkymunky.co.za/weet-bix_recipe_book.pdf

http://funkymunky.co.za/Heins%20Mince%20Hamburger%20and%20Pattie%20Collection.pdf

http://funkymunky.co.za/saladbook3.pdf

http://funkymunky.co.za/FunkyMunky's%20Festive%20Recipe%20Collection.pdf

http://funkymunky.co.za/gift_jar_recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/hmchristmas.pdf

http://funkymunky.co.za/Healthy%20Christmas%20Mini%20Ebook.pdf

http://funkymunky.co.za/Healthy-Salad-Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/Soups%20for%20Winter.pdf

http://funkymunky.co.za/Cheesecake_Lovers.pdf

http://funkymunky.co.za/icecream.pdf

http://funkymunky.co.za/casseroles.pdf

http://funkymunky.co.za/470+_crockpot_recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/fryer.pdf

http://funkymunky.co.za/Pudding%20Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/Curry%20Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/chocolate_11.pdf

http://funkymunky.co.za/Delicious%20Sandwich%20Recepies.pdf

http://funkymunky.co.za/busy-fitness.pdf

http://peterjasie.co.za/70motivationalquotes.pdf

http://funkymunky.co.za/300_Chicken_Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/appetizers.pdf

http://funkymunky.co.za/Cookie%20Recipes.pdf

http://funkymunky.co.za/101RomanticIdeas.pdf

http://funkymunky.co.za/seafood.pdf

http://tipnut.com/recycled-grocery-totes/

http://tipnut.com/10-clever-dish-towel-crafts/

http://tipnut.com/35-reusable-grocery-bags-totes-free-patterns/

 

'n Baie oulike link na yskasmagnete!!

http://images.marthastewart.com/images/content/web/pdfs/pdf1/cookshelpers.pdf

 

'n Baie oulik link na 'n Pie-chart!

http://www.marthastewart.com/article/pie-chart/

 

EN, ek wag vir jou by my facebook bladsy, http://www.facebook.com/somaakmens kom maak 'n draai en sluit aan as vriend/in!

Ook by die SO MAAK MENS, FACEBOOK FAN BLAD: http://www.facebook.com/pages/SO-MAAK-MENS-/196536958619

 

Mooi groete!!

R. 

 


 
Wil jy hê ek moet jou meer inligting oor iets gee?    
Kontak my regstreeks by: rethajm@gmail.com  
Groetes!!
 Rx. 
 
 

Retha van Somaakmens

Indien jy nog nie ONSDORP se nuusbrief ontvang nie,

Vul die onderstaande vormpie in vir heerlike tong in die kies humor,

Vars elke twee weke in jou posbus