....Só MAAK MENS !

TUIN praatjies

KYK ook HEELONDER, vir die huidige maand se MAANKALENDER,maak net seker jy kies in die lysie heel bo aan SOUTH AFRICA, PRETORIA... en seg REFRESH, om die een te kry waar jy woon... 

PLANTGIDS vir die JAAR en WENKE om met die MAAN te plant

           Plantgids Toorbone patats krisante gerbera's  aspersies Organiese Tuinmaak Kompos peste en plae ysland papawers krismisrose varings japonika's Boeke Koejawels Rose UIE  en nog baie meer!!!

VANDAG se MAAN

Baie inkomende navrae het baie dieselfde strekking ... en baie van julle wonder waarom jul navrae so lank onbeantwoord bly... en baie wonder waarom party s’n meer as eenkeer beantwoord is...

Ek het die mooi oewerhuisie aan die Grote GARIEP verruil om onder die Helderberg te kom woon, want ek het weer VOLTYDS op MATIELAND begin studeer...

As jou vraag onbeantwoord is, vra ek nederig omverskoning, en versoek ek jou om dit onder my aandag te bring!

Weens die groot volume wat reeds van die begindae af geplaas is kan ek ongelukkig dit nie meer kompak kry as tans nie en moet die afsaklyste  dus  baie skatte en antwoorde huisves! Speel rond en krap en kuier orals asb.! Ek wil veral vra dat jul onder die BEGINDAE sal gaan loer, daar is ook 'n verskeidenheid tuin insetsels.

Baie navrae wat AL REEDS hier verskyn of iets daaroor reeds verskyn het, het ek bloot die skakels aangestuur want meer daaroor kon ek nie antwoord nie.

Ek plaas dus nou sommer 'n hele kaboedel uittreksels van lekker briefies en net 'n paar antwoorde sommer vir die lekkerte en diversiteit daarvan, meeste antwoorde het ek egter na die epos adresse geantwoord, en die ander antwoorde verskyn wel al hier so ek wil dit nie herhaal nie...

INDIEN ENIGEEN, ENIGE VAN DIE VRAE OOK MET RAAD EN DAAD OF PRODUK ADVERTENSIE WIL BEANTWOORD, WEES WELKOM OM DEEL TE NEEM WANT EK IS NIE 'N TUINBOUKUNDIGE NIE, EN EK LEER GRAAG SAAM MET JULLE!!!!! STUUR BLOOT JOU ANTWOORD OF GOEIE RAAD  VIR MY, (MELD NET DIE VRAAG DAT EK WEET OP WATTER EEN JY REAGEER)  EN EK SAL DIT BY DIE REGTE PERSOON UITKRY!

 

SANDRI wou weet: Ek wil net weet hoe maak ʼn mens laventel stegies en in wat moet jy hulle sit om te kan groei.  SAndri, by die PLANTGIDS skakel sal jy goeie raad kry oor die maak van steggies, en ook op hierdie bladsy net verder ondertoe. Beste raad vir steggies bly maar om sagtehout steggies in hormoonpoeier te doop, en te plant in kissies met 'n mengsel van vrugbare potgrond en riviersand...en die groen gedagte van 'n afgesnyde COKE bottel oor elke steggie vir beskerming en vog retensie bly n goedkoop raad wat werk...

CHRISTA skryf: Hi, Ek wil net graag weet of jy dalk vir my raad het vir die tuin om my groente vinniger te laat groei. Die grond hier is nie baie voedsaam nie en ek dink die grond kort iets. My groente groei in ʼn tonnel maar hulle is baie treurig. Wat kan ek meng wat in my huis sal wees om dit aan te help. Ek en my man sit sonder werk met 3 kinders en is nogal afhanklik van die bietjie groente wat daar geplant is. As jy my kan help sal ek dit waardeer. Dankie! Christa, by die PLANTGIDS skakel sal jy goeie raad kry en ook op hierdie bladsy net verder ondertoe. Hoop dit help! 

PETRO skryf: Goeiedag, Ek wil baie graag weet waar kan ek 2012 se kalender vir die gestaltes van die maan kry. Wil graag groentetuin begin.

http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinhoekie.html

http://www.healthyliving-herbs.co.za/index.php/moon-gardening

http://earthsky.org/lunar-calendar-buy-now?gclid=COrF9Nnv3LECFfMdtAodxn0AVg

http://www.calendar-365.com/moon/moon-calendar.html

http://www.calendar-365.com/moon/moon-phases.html

http://www.chiddingstone.kent.sch.uk/homework/moon/

http://www.rodurago.net/en/index.php?site=details&link=calendar&rck=708a644d17302d784e00a6ed257a404c

http://www.hko.gov.hk/gts/time/calendar/pdf/2012e.pdf

http://translateye.com/download/calendar.php

 

LINDA OLIVIER vra: kan ek vygie saad enige tyd van die jaar saai? Nie alle vygies nie, maar Bokbaai vygies met sukses enige tyd ja, beskut egter teen ryp en koue tydens ontkioemingstyd veral en in die winter maande. Plant dus in sonnige beskutte hoekie! 

 

LUZANNE NORTJE laat weet: Hi julle.  Ek is vreeslik opsoek na VLEIS tamaties saadjies.Kry nerens te koop of te bedel nie. Het altyd my pa gekry,hy het regte groen vingers gehad,maar hy is 2011 oorlede,en nou sit ek met my hande in my hare. Laat weet (asseblief) v my sodra jul dalk weet van iemand.  Dankie luzanne bloemfontein

Hallo Luzanne.(Antwoord onse Hennie haar sommer intussen)Probeer solank om op google die woorde 'beef tomatoes' in te tik. Of gebruik die woorde meat tomatoes. Ons sal uitkyk vir jou.Groete, Hennie

 

MARINA BREYTENBACH skryf : Goeie dag, ons wil graag gras plant maar sit tans met gras wat meer stokkierig is en baie dorings inhet.Hoe kan ek dit verwyder sodat dit skoon bly en nie saam met nuwe gras uitkom nie? Ons bly in Naboomspruit Limpopo,ek wil ook graag weet wat is die beste grassaad om te plant. Nog "n probleem wat ons het is miere/termiete. ons kan gif links gooi dan bou hul weer aan die regterkant. ek het vanoggend op gelet dat dit meer soos termiete lyk as miere. Hulle bou neste waar ek ook gras wil plant. Marina, kyk asb by die PLANTGIDS skakel en ondertoe daar is raad vir termiete en grasperke, hoop dit help anders laat weet my gerus! :

 

VIRNA VAN HEERDEN vra: waar kry ek aspersie plante te koop in Pta. Kan enigeen hiermee help asb? Dit sal beslis meer in die Vrystaat, Ficksburg se wêreld volop gekry kan word, maar in Pretoria? As jy hierdie leseres kan HELP, laat my weet asb!! 

 

MONICA vra: Wat kan ek op my kruieplantjies spuit om kewers en goggas weg te hou?Hoe kweek n mens malvas. Hoe sny n mens stiggies en plant jy hulle direk in die grond.Baie Dankie!  Monica, loer asb ondertoe op die bladsy daar is heelwat raad oor organiese  middels, en kyk ook op die skakel na die plantgids, daar is ook antwoorde hiervoor!

 

MARIE SCHEEPERS skryf: Ek is opsoek na bemesting vir my tafeldruiwe wat organies is. Wat kan ek gebruik? Wanneer en hoeveel dien ek toe? Bly tussen Middelburg en Loskopdam. Dieselfde vrae ook vir my vrugte en sitrus bome? Is daar 'n organiese produk op die mark wat ek kan gebruik of sal ek dit self moet aanmaak?Dankie Marie.Hi Marie! Jy woon baie naby AGRON  Groblersdal, die verskaffers van humate en kompos

tee!! Ek sal aanbeveel dat jy hul nader vir baie kundige advies! Humate tee is die heel beste organiese kompos wat jy sal kry. Hulle Verskaf ook korrel kunsmis. Jy kan ook kers opsteek by Louis Meintjies van die TLU. Hy is 'n kundige met EM of  Bio Ekologiese bemesting.: http://www.tlu.co.za/index.php/en/?option=com_content&view=article&id=100:adjunk-president-van-tlu-sa-in-plaasaanval&Itemid=67

Dan ken jy seker ook KRUGER BOERDERY naby Marble Hall? Hulle sal jou die beste raad kan gee oor behoeftes vir druiwe en sitrus in jul area. Willem Kruger Boerdery baie goed vir wingerd, en (Gert ) Kruger Boerdery vir

citrus. Indien  jy nie regkom nie laat weet asb en ek  probeer meer inligting vir jou kry!

En lekker terugvoer daarna:  Hi Retha, Baie dankie ek waardeer jou hulp vreeslik, ek soek al lankal inligting!Ek gaan definitief jou raad te volg. Groete, Marie

 

Die  antwoorde op die volgende navrae kan gevind word ondertoe op die bladsy, ook by die PLANTGIDS skakel...

Oor HORMOONPOEIER vir steggies het RUT gevra: Waar kan ek groei poeier kry vir d maak v stiggies v kruieplante? Asb.

En LOUISA DOWNTON: Ek wil weet hoe 'n mens jou eie groei hormoonpoeier vir steggies kan maak.

CADDY CHARLES skryf: eks mal oor rose,en het n groot roos tuin, maar as dit by snoei tyd kom het ek nie vaagste idee hoe en waar om te begin sny nie. ‘n paar illustrasies of foto’s sal waardeer word.

BAREND BESTER : Hoe maak jy steggies van bome en wat se grond gebruik ‘n mens

MARIE NEL: Wanneer kan ek Varkblomme[lelies] plant. Ek wil graag geel aanplant. Hoe moet ek die bedding voorberei...watter voedsel...koelte of sonlig...baie water of min water ?

ISABEL LOURENS: Klim plante vir langs die kus. Ivy brand dood van die sout lug.

Franskraal kusgebied. Ek wil graag windskuilings maak vir my beddings en groente tuin.

Baie dankie Isabel, loer gerus hier: http://www.housefindernam.com/index.php/component/content/article/54 en lees veral oor die VLIERBESSIE, en my gunsteling is die sterjasmyn en die Buxux Semperv Faulkner as struikie.  As iemand in daardie omgewing beter raad kan gee wat reeds daar aard sal ek bly wees om daarvan te hoor!  

 

GERDA VOLSCHENK skryf : ek het 'n groente soort wat groen is..party mense noem dit patat bo di grond en ander noem dit suzie pampoentjies..ek ken ni di regte naam ni. sal u my kan help. toe dit uitgeloop het het ek dit net geplant..kan u meer ingeligting verskaf asb.. As enige leser hiermee kan help, laat weet my dringend asb!!

HES-MARI BAM skryf: Goeie dag, ek wil graag weet hoe versorg ek 'n kiepersol plantjie? Hoeveel water, ens?

Gaan kyk asb na hierdie mooi en nuttige inligtings bladsy: http://www.ekapa.ioisa.org.za/ekapaafr/module10/M10treesandshrubs.htm Die Kiepersol hou van genoeg water, baie dreinering en NIE nat voetjies nie!  Al die variteite is nie rypbestand nie en moet dus beskut word. My beste raad is, om te dink waar dit in sy natuurlike inheemse habitat goed sou doen, en dan so naby as moontlik daaraan te voorsien vir n gelukkige Kiepersol! Genoeg son en goeie boomvoeding is dus ook nodig . 

TINA DU PLESSIS skryf: Ek het gelees dat ek die punte moet "terugknip", om 'n bosserige effek te kry.  Is dit ook van toepassing op die gewone klein-blom-tuin angelier? 

Watter tyd van die jaar is ideaal om steggies te maak? Lente soos die gewone somer plante? Aug – Sept?

Lê die saad van angeliere net onder die kroonblare? in die stampertjie?

Sal dit ook die geval wees met asters?

          Tina, Die groeipunt beduie gewoonlik die gedeelte met die heel boonste drie blaartjies, dus net na die derde blaartjie, amper soos wat mens tee sou oes!

Angeliere word gewoonlik afgesny waar die blomsteel afgebreek sou word.

Saad van Leeubekkies, angeliere en asters ontkiem maklik, maar angeliere word aanbeveel dat jy dit eerder van steggies probeer kweek. 'n Sterk steggie bestaan uit tenminste 2 litte en twee blare, sny die steggie sowat 4cm onderkant die lid af,  druk dit tot by die onderste lid in hormoonpoeier en plant in riviersand tot wortels gevorm het.  'n Bos gekoopte angeliere (blomme) kan ook as steggies gebruik word, sodra dit klaar geblom het en jy die blomme afgebreek het, kan die stingels soos steggies behandel word. As 'n mens eers die plante het, kan steggies jaarliks in die herfs van die plante gemaak word. Vir versorging is dit makliker om die plante op 'n spesiale sonnige plek bymekaar te plant in rye en sal dit dalk ook nodig wees om die plante te stut. Moenie meer plant as wat jy kan beheer nie. Die groeivorm van die plante is polvormig en 'n massa stingels word uitgestoot met 'n klomp knoppies aan elke stingel. Vir groot blomme moet al die syknoppies uitgeknip word sodat daar net een knop aan elke stingel oorbly, wat dan 'n groot angelier sal lewer. Angeliere moet dikwels kunsmis kry. Strooi dus elke drie tot vier weke 'n teelepel kunsmis soos 5:1:5 saam met twee teelepels superfosfate. 'n Mens moet ook 'n lekker dik laag kompos, gemeng met kraalmis, as deklaag gebruik. Die plante moet ook verkieslik natgelei word.

ERNST VAN JAARSVELD, kundige van die BURGER, skryf:

          ANGELIERE is van ons mooiste tuinplante en 'n mens kweek hulle maklik van saad of steggies. Die angelier se oorsprong is Italië en die suide van Frankryk en sy wetenskaplike naam is Dianthus caryophyllus.

Angeliere, Dianthus, aard normaalweg baie goed in alkaliese grond, maar die plante word soms geel en vrek dan. Die plante is dan met 'n swam of bakterie besmet . Dit val die wortels en hoofstingel aan en die sap kan nie die blomme en blare bereik nie. Só vergeel die hele plant. Dié soort siektes vier veral hoogty gedurende warm somers en die hele Kaapse kusstrook .Trek die siek plante uittrek en verbrand, aangesien die virus of swam ook ander plante sal aanval. Maak dan elders beddings.

Angeliere kweek maklik van saad of steggies. Hul saad is fyn en kan in vlak kissies gesaai word voordat dit met 'n fyn lagie sand bedek word. Die saailinge ontkiem vinnig en sodra die tweede blaarpaar verskyn, kan die jong plantjies uitgeplant word.

Daar is vyftien soorte in Suid- Afrika waarvan die mooiste die baard-angelier, D. caespitosus. Een soort, D. albens, kom in die Skiereiland voor en agt soorte aard in die Karoo en fynbos-streke van die land.

Angeliere is gewilde tuinplante. Hulle varieer van eenjariges en meerjariges tot meerjarige grondbedekkers. Dit is 'n baie groot groep met byna 300 soorte en kom selfs inheems in ons land voor. Die inheemse veldangeliere is maar klein, maar sommige baie mooi. Wat die soorte vir tuine betref, is daar talle kultivars op die mark en jaarliks word nuwes gekweek. Angeliere bly ook baie gewild as snyblomme.

          'n Nuttige boek hieroor is : Jacobus Adriaan Gerhardus Henning  se Tegniese handleiding vir die kweek van rose, krisante en angeliere in Suid-Afrika. Hoop dit kon jou help! Laat weet gerus!

JUANITA LOUW HET OP DIE GASTEBLADSY gevra: Ek wil weet of 'n mens rocket blaarslaai kan vries, ek het taamlik baie geoes en sal nie alles op een slag in 'n slaai kan gebruik nie.

Hi Juanita! Dit is gelukkig dat ek jou boodskap raakgesien het daardie boodskappe kom gewoonlik nie dadelik by my uit nie! Die op die navrae blokkie wel! Ek dink nie jy sal dit kan vries om weer as slaai te kan gebruik nie want die blare ‘ryp’ dood. Jy sal dit dus slegs soos spinasie kan gebruik in 'n geroomde rocket sous of dis.

PIETER OOSTHUIZEN vra benoud: HOE snoei ek 'n perske boom???? prakties -watter takke bly en na hoeveelste oog?

Hi Pieter! Gelukkig is snoeityd nog nie verby nie! Die belangrikste is om die binnekante van die bome te probeer oopkry sodat genoeg sonlig daar kan inkom  en groter vrugte  kan ontwikkel. Die boom gehoort tot 'n kelkvorm gesnoei te word. Tensy jy dit oopspalk met drade in rye? By losstaande bome, let op die ruimte in die middel en die gebalanseerde verspreiding van die leier-lote. Takke wat te laag groei, moet afgesny word. So ook die takke wat naby die leier-lote groei. Die lote self hoef nie baie teruggesny te word nie, omdat bloeisels feitlik aan die totale lengte van die nuwe hout gevorm word.

Snoei alle dooie hout, swak dun lote, ou stamme wat geen nuwe groei toon nie, en takke wat deurmekaar groei, weg.

Snoei waar die ogie of botsel na buite wys. Perskes en kaalperskes dra hul vrugte  op nuwe hout wat die vorige seisoen gevorm is. Die ouer hout (lyk effens verweer en donker) moet dus so ver moontlik verwyder en die nuwe spruite (lyk vars en is lig van kleur) so ver moontlik behou word.

Wanneer jong perskebome uitgeplant word, sny die stam tot op kniehoogte (sowat 45 cm) af. Drie tot vier ogies behoort behou te word wat in teenoorgestelde rigtings lê.

Gebruik 'n Skerp snoeiskêr, 'n klein snoeisagie, soos 'n boogsaag, 'n sekans, 'n langsteelsnoeiskêr, verseëlaar om aan die ''snoeiwonde'' van vrugtebome te verf sodat dit mooi kan genees. Kalkswael is ook nodig. Bespuit die bome hiermee nadat dit gesnoei is. Twee tot drie weke later volg op met 'n bespuiting met Curoleum.

 'n Goeie boek wat ek sou aanbeveel:Christopher Brickell se PRUNING,  en Oliver E Allen se PRUNING and CRAFTING. Dan ook Marianne Alexander se TUINMAAK DEUR DIE JAAR en natuurlik het wyle

Prof Kristo Pienaar uitstekende boeke hieroor geskryf!

Verder sal ek aanbeveel dat jy hier gaan loer ook:

http://www.dfpt.co.za/component/option,com_docman/task,doc_view/gid,1122/Itemid,110/lang,en/

http://groenvingers.blogspot.com/2009/02/perskes.html

http://www.stodels.com/index.php/kweek-u-eie-perskes

http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/spuitprogram-vir-kwepers-en-perskes

 

Baie oor bostaande vrae se antwoorde is ook hier te kry:

http://kb.thegardener.co.za/category/practical-gardening/

EN 'n LIEFLIKE KALENDER : http://www.dietuinier.co.za/site/files/7215/2012%20Calendar.pdf

 

Voila!

 

 

Daliene skryf: Inligting oor die plant en foto's van groente vir 'n skool projek

 

Daliene

 

Ek 'plak' vir jou hier iets oor tamaties en ander groentes solank...

 

Jong het jy al hier rondgeloer?   http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinpraatjies.html

En  http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinhoekie.html ek is seker ek het al daar oor groentes iets geplaas.

 

Tamaties dra sapryke rooi, geel of oranje vrugte.

Tamatie plante kan in enige grond gekweek word. As jy plantjies koop maak seker die blare is donkergroen,

die stam blougroen en die wortels vry van nematodes.

Moet nie tamaties van bo natmaak nie. 'n Vogtige mikroklimaat kan ontstaan wat swamsiektes bevorder. Lei dit eerder nat.

As grond siektes 'n probleem is in jou groentetuin, dan moet jy dit oorweeg om gousblomme tussen die groente te plant.

Dit is veral effektief tussen tamaties, eiervrugte en soetrissies. Maar weet jy ek plant myne gewoon in kompos ryke pot grond, gekoop,  

of wat ek sommer in die bos kry (!) Dan sit ek dit in semi skadu tot sowat 10 cm hoog dan plant ek dit in rye uit of in die grond

  in semi-skadu  met oggend son, of so 4 plante in groterige pot, dan maak en so riet  groei stellasie waarteen dit kan

rank en dan  groei en dra dit wonderlik! Veral die tros kersie tamatietjie werk vir my beter as gewone tamaties hul dra so oorvloedig en is so heerlik!

 

Tamaties 

  • Kweek in hangmandjies, potte en groot tuinbeddings, afhangende van die soort.
  • Posisie: Volson.
  • Grond Voeg bemesting soos Osmocote by en moenie weer voed voor die eerste bloeisels verskyn nie. 
  • Voed gereeld nadat die plant geblom het met ’n vloeibare middel soos Nitrosol of Multifeed.
  • Water Sodra die plante gevestig is, moet jy dit een of twee keer per week goed natmaak, of soos nodig. 
  • Keer swamsiektes deur die grond nat te maak, nie die plante nie.
  • Onderhoud Ondersteun die plante, indien nodig: Steek stokke langs pas geplante saailinge in, sodat jy nie later die wortels beskadig nie. 
  • WENK Plant tamaties ’n bietjie dieper as ander plante.
  • Ertjies

  • Kweek in tuinbeddings.
  • Dwergvorms aard ook in groot potte.
  • Posisie: Volson.
  • Grond Maak seker die dreinering is goed.
  • Dien tydens planttyd ’n misstof soos Osmocote toe, indien nodig.
  • Gereelde toedienings van ’n vloeibare voedingsmiddel sal voordelig wees.
  • Water Maak deurnat wanneer droog.
  • Sorg gereeld vir genoeg water terwyl die blomme en vrugte ontwikkel – dit sal die beste oes verseker.
  • Onderhoud Bied steun waarteen selfs die dwergvorms kan oprank.
  • Die hegrankies klou die beste aan dun draad of net.

WENK Plant ’n paar plante in die lente vir ’n vroeë oes,

dan weer ’n paar in die middel tot laat herfs vir ’n vroeë winteropbrengs.

 

Watter groente moet ek plant?

 

Al gee dit groot plesier om ’n groot verskeidenheid groente te kweek,

is dit beter om te konsentreer op dié waarvan jou huismense hou. 

Plant dus eerder groter hoeveelhede van net ’n paar soorte.

En bly op die uitkyk vir verbeterde kultivars,

veral dié wat groot opbrengste in klein ruimtes lewer

 

 

Die vreugde van die oes wenke

1.   Geen ruimte is te klein vir ’n gesonde pluksel nie.

2.   Kies dié kultivars wat juis geteel is om in potte en balies te groei en plant hulle in treffende houers.

3.   Groentetuine kan netjiese formele vorms aanneem:

4.   Probeer kropslaai as randplant in die bedding.

5.   Plant ander groente in ordelike blokke of geometriese vorms.

6.   Ontwerp jou groentetuin net soos jy ’n blombedding ontwerp: rondom ’n treffende kombinasie van welige, dikwels kleurvolle blare en interessante blaarvorms.

7.   Kweek boontjies en ertjies in die middel of agterlangs in klein beddings op steunrame. Dit gee hoogte en interessante effek, en maak dit makliker om die peule te pluk.

 

Peste & plae

 

·         Niemand is lief vir gif in die tuin nie, veral nie op plante wat jy gaan eet nie.

·         Beveg indringers met ’n organiese metode soos metgesel-aanplanting –

·         dis die kuns om sekere plante bymekaar te plant omdat hulle goed is vir mekaar en omdat hulle peste weghou.

·         Die webwerf Greater Good South Africa beveel die volgende metgeselle aan:

·         Gousblomme in die hele tuin, teen rondewurms;

·         hisop saam met kool en druiwe, teen koolmot;

·         kappertjies by radyse, kool en lede van die pampoenfamilie teen plantluise;

·         peperment by kool om die wit koolvlinder weg te hou;

·         en roosmaryn by kool, boontjies en wortels, teen koolmot en wortelvlieg

WENK Kyk uit vir kultivars wat in ’n bosvorm groei of vir ranksoorte

hulle bied groter opbrengste en neem minder plek in jou tuin op.

·         BEET  

 

·         Kweek in tuinbeddings, groot potte en groeibuise.

·         Posisie: Volson.

·         Grond Maak seker dis van goeie gehalte en dreineer vryelik.

·         Spit ’n paar weke voor jy die beet plant organiese materiaal in.

·         Gee gereeld ’n vloeibare voeding soos Nitrosol of Seagro.

·         Water Maak gereeld nat, maar moenie te veel of te min water gee nie

·         dit kan wortelontwikkeling strem.

·         Onderhoud Moenie die ontblote wortels met deklaag bedek wanneer hulle begin ontwikkel nie.

·         Saai elke ses weke vir ’n volgehoue opbrengs.

·         WENK Pluk die jong blare en gebruik dit in slaai.

 

En in die TUINIER het die volgende oor tamaties  verskyn:

Hoe om Tamaties in Potte te Kweek

Verskyn in die Januarie 2011 uitgawe van Die Tuinier.

Die kweek van tamaties in potte is die ideale oplossing vir tuiniers met min plek.

Jy kan ook kreatief wees en met verskillende variëteite eksperimenteer en oulike

fokuspunte maak van jou tamatiepot-uitstallings. Een van die lekkerste dinge is dat die potte geskuif kan word om voordeel te trek uit die veranderende posisie van die son namate die somer oorgaan in herfs en dan in winter. Die plante kan aanhou tamaties dra tot in die wintermaande mits hul nuwe plekke ook warm en beskut is.

Tamatietipes vir houers 

Sowel bepaalde as onbepaalde tamaties kan in potte gekweek word.

Dit sluit in kersietamaties wat gewoonlik onbepaald is.
Bepaalde tamaties is bostamaties wat ongeveer net 1,2 meter hoog word.

Terwyl dit nie regtig nodig is om hulle te stut nie, vind jy dalk dat die takke buig namate

die vrugte ontwikkel en gestut moet word. Deur hulle te stut word die vrugte ook

aan die son blootgestel om ryp te word. Goeie bepaalde draers vir potte is Red Khaki,

Heinz 1370, Rodade en Marianna (‘n Saladettetamatie).

Onbepaalde tamaties is rankers wat net aanhou groei tensy ‘n mens hulle stop.

Sulke tamaties het spesiale behandeling nodig as dit in ‘n pot gekweek word.

‘n Stewige tralie- of raamwerk is nodig en die plant moet teen die stut opgelei en daaraan

vasgemaak word. Dit gee ‘n mens meer beheer oor die produksie van vrugte en die vorm van die plant.

Goeie draers is kersietamaties soos ‘Bite Size’, ‘Red Cherry Sweetie’ en ‘Yellow Pear’.

Die volgrootte tamatie ‘Moneymaker’ (wat oop bestuif word) en die hibried ‘Sundance’

(wat baie siekte bestand is) is ook goeie keuses.

Houers 

Hoe groter en dieper ‘n houer is, hoe beter, hoewel ‘n baie groot houer moeilik is om te verskuif.

Maak seker die potte is minstens 40 cm in deursnee en net so diep. ‘n Groot houer keer dat die

wortels te warm word en die pot-medium te vinnig uitdroog. Maak seker daar is genoeg dreineer gate.

Groeimedium

Die nadeel van houers is dat die voedingstowwe uitloog omdat die water deur die houer en onder uitloop.

Begin gevolglik met ‘n ryk groeimedium en voed dan gereeld. 

Een keuse is om ‘n mengsel van een deel pot-grond en een deel (hersaamgestelde) palm-veen te maak.

Meng anders ‘n bietjie kompos by die pot-grond in aangesien dit met waterhouvermoë en dreinering help.

Meng ook beenmeel en ‘n organiese misstof in.

Spring weg 

As die saad in saadbakkies of klein potjies gesaai word, is dit makliker om die plante te versorg.

Wanneer die saailinge stewig en ongeveer 10 tot 15 cm hoog is, plant hulle oor in groter houers met die

laagste stel blare op grondvlak (dit lewer ‘n sterk plant op). Plant net een saailing in ‘n pot aangesien ‘n enkele

tamatieplant die pot sal vul namate dit groei. As twee of meer plante saam in ‘n pot geplant word, maak dit dat

hulle om die voedingstowwe meeding. Meer as een plant lei ook tot digte, oorgroeide groei wat nie lug of

son inlaat nie en gevolglik raak die plante vatbaar vir swamme.

Pietersielie, oreganum, marjolein en basiliekruid (wat gereeld teruggeknyp word) kan saam met die

tamatieplant geplant word. Hierdie kruie is ook goeie insekweerders. ‘n Deklaag van bas-stukkies dien

as buffer teen die son en hou die wortels koel.

Voeding en benatting

Groente in potte moet meer dikwels natgemaak en gevoed word as groente in die grond.

  • Gereelde water is van die uiterste belang. Om te bepaal hoe gereeld om nat te maak, 
  •  voer daagliks die kneukel-toets uit. Dit behels om jou vinger tot by die middelste kneukel in die 
  • grond in te druk en die grond te voel. As die grond amper droog voel, maak die plant nat, en as 
  • dit klam tot nat is, wag met natmaak tot die volgende dag.
  • ‘n Tamatie in ‘n groot pot moet tweeweekliks met vloeibare misstof gevoed word. 
  • Dit help om die uitgeloogde voedingstowwe te vervang. Voeding kan tot een maal per week 
  • verhoog word wanneer die plant begin vrugte maak.

Stut

Alle tamaties in potte, die bepaaldes sowel as die onbepaaldes, moet liefs gestut word.

Vir onbepaalde tamaties is dit die beste as die traliewerk aan ‘n muur vas is. Bind die stingels aan

die traliewerk vas soos die plant groei en maak seker jy waaier die groei uit waar dit moontlik is.

As die plant volgens jou sy maksimum hanteerbare hoogte bereik het, knyp al die groeipunte uit.

‘n Nuwe manier om ‘n bepaalde tamatie te stut, is om die hoofstam te stut en dan die systamme

afsonderlik te stut namate hulle uitgroei sodat hulle ook regop groei. Dit maak die plant oop en stel

al die blomme en vrugte aan die son bloot.
Plastiekbedekte staalrame is ook te kry. Anker hulle stewig in die grond om ‘n behoorlike raamwerk

vir die tamatie te bied. Gebruik plastiek- en materiaalbande (nooit draad nie) om die stingels aan die

stutte of traliewerk vas te maak.

Plaag- en siektebeheer

  • Tamatieplante wat in hul potte uitdroog, is vatbaar vir rooispinmyt. Sorg dus dat die plante 
  • behoorlik water kry. Hou dop vir besmetting met rooispinmyt. As dit verskyn, spuit dadelik met 
  • Ludwig’s Insect Spray (Reg-nr. L7631) en maak die onderkante van die blare papnat. 
  • Die kanolaolie in die spuitstof behoort die spinmyte te versmoor. As die besmetting te erg is,
  •  is dit dalk nie die moeite werd om die plant te red nie.
  • Voorkom bolwurm- en ruspeskade sodra die vrugte begin vorm deur te spuit met ‘n organiese
  •  insekdoder soos Ludwig’s Insect Spray (Reg-no. L7631) of 
  •  Margaret Roberts Biological Caterpillar Insecticide (Reg-no. L7112).
  • Witvlieg is altyd lastig en is geneig om weerstandig te raak teen plaagdoders.
  •  Die beste keuse is waarskynlik die gebruik van ‘n produk met ‘n versmorende werking
  • (wat olie as aktiewe bestanddeel het).
  • Om swambesmettings te voorkom, hou die houers op ‘n plek waar daar ‘n bietjie lugbeweging is. 
  • Benat die basis van die plant en nie die blare nie as dit moontlik is. As die groei te dig is, 
  • dun van die blare ‘n bietjie uit.

Oes 


Onbepaalde tamaties het ‘n onbepaalde oestyd: Hou aan pluk en hulle sal aanhou dra.

Vergelykenderwys het bepaalde tamaties ‘n beperkte oestyd en teen die tyd dat die laaste tamaties

gepluk word, is die plant uitgeput en reg om uitgetrek te word. 

Pluk die meeste tamaties sodra hulle van oranje na rooi begin verkleur omdat dit die plant uitput as hulle

langer bly sit. Dit is dit werd om ‘n paar vrugte aan die plant heeltemal ryp te laat word omdat hierdie

tamaties die beste geur het. Laat geplukte tamaties by kamertemperatuur en uit direkte sonlig ryp word.

Moenie hulle in die yskas bêre nie omdat

lizelle skryf: ek het broodboom hoe versorg ek die boom en watse  kos kan ek hom gee om mooi te

groei sy blare lyk soos roes  

 

Ernst van Jaarsveld, skryf oor Broodbome die volgende....Hoop dit help?

Laat weet gerus!

 

Broodbome aard goed in houers

 

Die suurberg-broodboom (Encephalartos longifolius) aard goed in houers.

 

André van Pretoria het in broodbome begin belang stel en wil graag sy kennis oor dié stokperdjie uitbrei.

Hy vra watter boek sal meer vertel oor die versorging van broodbome, asook die identifisering van

verskillende soorte, die groei tempo's en watter soorte in potte sal aard, veral die soorte wat bestand

is teen winterkoue.

 

Vanweë broodbome se gewildheid het verskeie publikasies die lig gesien. Cycads of the world, deur

David Jones (Uitgewer Reed, 1993), handel oor broodboomsoorte in die wêreld.

Dit het ook 'n hoofstuk oor hul verbouing. Dan is daar Cycads of South Africa, deur Cynthia Giddy

(Struik Uitgewers, 1980), en 'n meer onlangse boek deur Douglas Good.

 

Kirstenbosch het 'n slapband boekie wat grotendeels oor die kweek van broodbome handel.

Die titel is Grow cycads en die skrywers is Donaldson & Winter (NBI, 1998).

Vir bestellings kontak die Kirstenbosch-boekwinkel,021 762 1621     , Privaat sak X 7, Claremont 7735.

 

Die meeste broodbome groei stadig en mens moet maar geduld beoefen dit is 'n langtermynbelegging.

 

Die soorte wat vinniger groei, soos die Oos-Kaapse broodboom (Encepahalrtos altensteinii),

die Natalse broodboom (E. natalensis) en die Modjadji-broodboom (E. transvenosus), is weer sensitief vir koue.

 

In die meeste gevalle aard broodbome goed in houers en kry 'n mens 'n paar soorte wat bestand is teen koue soos die withaar-broodboom (Encepahlartos friderici-guilielmi) van die Oos-Kaap.

 

Van die soorte wat in die Karoo groei, soos die Karoo-broodboom (E. lehmanii) met sy vaalgroen blare,

is ook redelik bestand teen koue.

 

Die aantreklike suurberg-broodboom (E. longifolius) aard goed in houers en is ook redelik koue bestand.

Die houer moet genoeg dreinerings openinge hê en die pot-grond poreus.

Ek beveel 'n mengsel van twee dele sand of gruiserige grond, een deel kompos en een deel leemgrond aan.

Voeg kompos en beenmeel by.

 

Omdat die plante in houers groei, voed elke lente met kompos of 'n vloeibare, organiese voeding.

'n Goeie idee is om jaarliks 'n grondkombers van kompos om die potplant te strooi: elke keer wanneer die

plant water kry, loog die voedingstowwe om die grond in en bereik dit die plantwortels.

 

Rein Lombard het 'n paar broodbome saam met sy nuwe huis “geërf'', waarvan vier klein plantjies

aan die basis van die stam het. Hy wil weet hoe hy te werk moet gaan om die plantjies te verwyder

en hoe kan hy hulle aan die groei kry.

Een broodboom het 'n keel gevorm en hy vra hoe hy nuwe bome van saad kan kweek.

 

Broodbome groei redelik maklik van suiers en hoe groter die suiers, hoe makliker verplant dit.

Onthou, die meeste broodboomsoorte vorm struike en die suiers kan jy dus ook aan los.

Die suier moet die grootte van 'n vuis of groter wees. Klein suiers oorleef moeilik.

 

Die beste tyd om die suiers te verwyder, is in die winter tot lentetyd. Knip tot teen die hoofstam af

en dien 'n swamdoder toe om infeksies te keer. Bewaar die suier 'n week of twee in 'n koel plek s

odat die wond kan uitdroog en genees.

 

Plant in 'n sanderige mengsel in 'n warm omgewing. Beskerm teen skerp sonlig.

Gebruik geduld want dit skiet baie stadig wortel.

 

In die geval van die keëls, stel eers vas of dit manlike of vroulike plante is.

Die vroulike keëls is groter en ronder en die manlike keëls ``slanker''. Die vroulike keëls se skubbe word effens los,

hul temperatuur styg ietwat en beteken dat dit vir bestuiwing gereed is.

Die poeieragtige stuifmeel van die manlike plant kan nou oorgedra word.

 

Dit is maklik om te bepaal wanneer manlike keëls ryp is omdat dit in dié stadium sommer baie stuifmeel afskei.

Sny die manlike keël af en plaas op 'n koerant. Skud die stuifmeel uit.

 

Party mense bestuif hul plante deur stuifmeel met water te meng en dit met die buis van 'n spuitnaald

(sonder die naald) tussen die los skubbe in te spuit. Ander gebruik 'n bestuiwer en blaas die droë

stuifmeel in die nate in.

 

As die manlike en vroulike plante langs mekaar groei, is die kans goed dat hulle hulself sal bestuif.

 

Dit duur lank voordat die wyfie-keël uitmekaar begin val en kleurryke saad vrystel.

Verwyder die vlesige gedeeltes en plaas in water. Dié wat dryf, is onvrugbaar, en dié wat sink,

is gewoonlik vrugbaar. Plant vlak in saadbakkies in die warmer lentemaande.

 

Tielman de Villiers sê sowat 70% van alle broodbome vrek weens te veel water.

 

``Dit is belangrik dat die grond goed dreineer en dat die oortollige water kan wegvloei.

Plant dus liefs teen die skuinste van 'n bultjie. Dit is veral belangrik indien die plant pas verplant is

des te meer in die Kaapse winters.

 

``Net so belangrik is dat kompos van die kroon weggehou moet word. So ook water uit 'n tuinslang.

Outomatiese sprinkelbesproeiing met nooit in die hitte van die dag aanskakel nie, want dan ``ontspan''

die skubbe wat die kroon seël en die groeipunt beskerm. Water (en swamme) kan dus makliker binnedring,

die kwesbare groeipunt vernietig en die plant van binne af laat vrot. Dit is ook goeie beleid om alle dooie

boom- en struikblare wat op die kroon versamel, gereeld te verwyder en daardeur dit skoon en droog te hou. ''

 

 

Belangstellendes in broodbome kan dit gerus oorweeg om aan te sluit by die Broodboomvereniging van

Suid-Afrika, Posbus 1790, Groenkloof 0027, Pretoria.

 

 

 Zamioculcas (binnenshuise broodboom)

Dit is een van die heel maklikste plante om te versorg. Die broodboom moet net een keer per maand water kry.

Te veel water sal veroorsaak dat sy bol vrot.

Voeding is opsioneel. Verder moet die plant ook nie te veel son kry nie.

Vroeë oggendson of laatmiddagson word aanbeveel.

 

Cindy: Hoe maak n mens n kruie tuintjie?

 

Op die werfie by die tuin bladsye en in die argief is heelwat oor kruie tuintjies geplaas,

het jy al daar rond geloer?

http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinhoekie.html

http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinpraatjies.html

 

Gaan kyk gerus ook hier:

 

http://www.jouwereld.co.za/jl_kruiepot.htm

http://issuu.com/tc_lonehill/docs/issuu_dt_march

http://www.mysubs.co.za/Article/s_308862/3/2/Formele-kruietuin-vir-inspirasie

http://groenvingers.blogspot.com/2009/05/groentetuin.html

 

http://books.google.co.za/books?id=f3pLKX_5b4wC&pg=PA2&lpg=PA2&dq=begin+kruie+

tuin&source=bl&ots=gcklTa002K&sig=

cWW3dPxpLBN8kDXGlcWSnxuWvyQ&hl=en&ei=4DDCTt2vJpDMmAXQq8WEDw&sa=X&oi=book_

result&ct=result&resnum=3&ved=0CDQQ6AEwAg#v=onepage&q=begin%20kruie%20tuin&f=false

 

Lekker tuinmaak!

Groetnis!

 

 

 

 

George: Dagsê, ek begin kommersieel perske bome aanplant net buite die oosrand. +- 10 000 bome.

Ek is op soek na boek wat die beginsels oor snoei,kunsmis ens gee? het julle dalk so iets. Groete George

 

Hi George!

Ons het nie so 'n boek wat ons uitgee nie, nee ongelukkig, maar ek dink jy sal by die plaaslike boekwinkel

  kry wat jy soek, ek het goeie boek wat ek sou aanbeveel:

Christopher Brickell se PRUNING,  en Oliver E Allen se PRUNING and CRAFTING.

Dan ook Marianne Alexander se TUINMAAK DEUR DIE JAAR en natuurlik het wyle

Prof Kristo Pienaar uitstekende boeke  hieroor geskryf!

 

Verder sal ek aanbeveel dat jy  hier gaan loer ook:

http://www.dfpt.co.za/component/option,com_docman/task,doc_view/gid,1122/Itemid,110/lang,en/

http://groenvingers.blogspot.com/2009/02/perskes.html

http://www.stodels.com/index.php/kweek-u-eie-perskes

http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/spuitprogram-vir-kwepers-en-perskes

 

Laat weet as ek nog kan help asb.!

Mooi groete

Retha.

 

 

Annamarie: Watter vrugtebome en groente kan ek na aan ons riviertjie plant?

Dit word nogal koud hier in die winter. Ons woon in die Oos-Kaap. Dankie vir u hulp.

Hi Annemarie!

 Het jy al op die werfie by die TUIN  bladsye en in die argief rond geblaai?

Daar is  'n jaar gids wat al die streke se groentes aandui.

 Wat vrugtebome betref, jy kan enigiets plant wat in ryp gebiede sal aard, perskes,

kersies, appels, pere, persimmons, vye, granate, appelkose, pruime en  sitrus sal almal daar aard.

 Vrugtebome soos papajas, litjies, mango's, boomtamaties  sal uiteraard nie goeddoen nie,

 

tensy jul  naby aan die kuslyn is ?

Plant jou bome  naby die riviertjie  maar beskut teen onnodige wind en veral waar hul oggendson kan kry.

 

Laat weet asb. as jy meer wil weet hoor en hoe dit met jou aanplantings gaan!

Mooi groete!

 

 

Albert: Vrugte bome vrek vanaf takke .Takke begin eers vrek eers een tak maar res van boom is

nog reg partymaal kom vars lote uit die dooie tak uit. Maar mettertyd vrek al die takke en dan

boom wil net weet wat is fout en wat kan mens doen?

Hi Albert!

 

Jy seg nie watse vrugtebome nie? Dit het met ons gebeur met ons kaalgat-perskebome wat op

taaiperske onderstamme ge-ent was.

 

Die eerste raad wat ek het, is dat jy dadelik 'n Sinksulfaat  toediening  by die wortels van jou bome

moet toedien, al die dooie takke moet uitsny en die sny plekke moet seël, dit behoort te help TENSY

jou probleem is wat  by ons gebeur het, mens kry so kankersiekte wat die bome se wortels aanval en

dan later in die stamme in versprei en die takke so laat doodgaan.

 

Niks wat mens werklik daaraan kan doen nie. Wel, nie niks nie, maar die behandeling is baie duur,

jou kwekery sal jou kan help.

Op die einde het ons baie bome verloor maar kon van die onderstamme  red en het toe maar die

grond met landboukalk  behandel en nuwe  gesonde bome ingeplant.

 

Baie sterkte en laat weet gerus  hoe dit gaan!

 

Mooi groete

Retha.

 

 

Charlie: Ek soek asseblief inligting oor lusern plant ek weet nie regtig veel nie dit my eerste keer

wat ek nou gaan plant

 

Hi Charlie!

 

Nou ja ek kan jou  net vertel dat ons, SA Standaard, plant en laat  bewei deur die boerbokke en

Duitse Merino's! En dat dit goed gaan! Ons plant gewoonlik net voor die winter om onkruide en grasse

te verminder en goeie pol-vorming te bewerkstellig. As jy nou wil plant  moet jy maar oppas vir onkruide hoor.

SA Standaard hou 12 tot 15  jaar, voordat jy weer te hoef vervang.

Hoeveel  wil jy plant ens.?? Waar is julle?

 

Beste wat ek nou kan doen, is die volgende links vir jou gee!

http://www.elsenburg.com/info/els/071/071a.html

http://www.elsenburg.com/info/els/070/070a.html

http://www.landbou.com/kundiges/dierevoeding/bemesting-van-lusern-met-superfosfaat

http://www.lusern.org/index.php?option=com_content&task=view&id=191&Itemid=266

http://armmanslusern.co.za/

 

Hoop dit help! R.

Elize Buchanan skryf: Goeie dag, Ja "those were the days" dit was fantasties om na hul stemme te luister asook die tema musiek. Jy het my dag gemaak [spreekwoordelik!] Hulle stemme was wonderlik om na te luister. Gedurende daardie dae het ons altyd gewonder hoe lyk die mense. Die verbasing was groot toe ons van hulle op die televisie sien. Jan se grappies was altyd van die beste - hulle sal altyd goeie gedagtes vir my oplewer.

Ek Soek asb. inligting vir die korrekte aan plant van dahlia bolle, gaan hulle eers die kans gee in 'n pot om uit te loop, so, ek soek die korrekte diepte vir die bol, maar ek het nou 'n idee om reg te werk te gaan. Baie groete!

Elize, Dankie, vir die lekker saamkuier en saam onthou!

Min ander blomplante is beter geskik vir die uiteenlopende grond- en klimaatstoestande in Suid-Afrika. Dahlias kan met ‘n bietjie sorg gekweek word waar warm winde onder ‘n skroeiende son waai of waar koel mis oor sanderige kustuine trek.

Onthou Dahlias word geplant voor die grondtemperature te warm is en blom vanaf laat somer tot vroeg winter. Nou vra mense altyd wat is die vereistes vir die kweek van suksesvolle Dahlia bolle. Onthou as jy die bol in die pakkie koop lyk dit mos soos ‘n spinnekop met dik bene. Maak seker dat die bolle nie uitgedroog is as dit gekoop word nie maar die bolle moet ferm wees. Jy moet nooit die bene van die lyf split en hoop jy gaan meer plante kry nie. Al die voedingswaarde van die bolle sit in die bene en voer dit deur na die groeipunt toe. Dahlias moet in goed gedreineerde grond geplant word wat met kompos en beenmeel omgewerk is. ‘n vol son is gewoonlik die beste posisie maar die plante verkies skadu op die warmste tyd van die dag. Dahlia bolle moet liefs nie dieper as 5-7cm in totaal geplant word nie en die groeipunt van die bol net onder grondvlak. Dit vat so ongeveer twee maande vir die bolle om op te kom. Stut asb die blomme van die langer variëteite. As jy ‘n bol voeding wil gebruik om die plante ‘n hupstoot te gee sal ek aanraai om dit oor 4 weke toe te dien omdat die plant dan eers genoeg wortels gevorm het om dit op te neem.(RSG se Derrich Gardener)

Planttyd
Gehalte dahliaknolle kom vanaf middel September by tuinsentrums aan en moet in September of Oktober geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. As jy aan die kus woon, plant die knolle eers in Oktober. Hulle kry swaar as hulle te vroeg geplant word omdat hulle begin blom wanneer daar nog verskeie warm maande voorlê wat hulle moet verduur. Hulle moet eers in die mid- tot laatsomer begin blom en lewer hul beste vertoning in laatherfs en vroegwinter – totdat die ryp hulle kortknip.

Sonskyn is die beste
Dahlias verkies helder sonskyn, maar vaar betreklik goed in ligte skadu as hulle minstens drie tot vier uur direkte sonskyn per dag kry. Hoe meer son hulle kry, hoe stewiger is die plante.

Grond en stut
Kweek dahlias in goed dreinerende tuingrond. Hulle vaar egter die beste as die grond ryk is aan organiese materiaal, fosfaat en kalium. Spit kompos, goed ontbinde mis of veenmos in. Sodra die dahlias begin blom, voed hulle met bol voedsel om hulle aan te moedig om ‘n benydenswaardige blomme drag te lewer. Wanneer hoog groeiende variëteite geplant word, plaas ‘n klein stut stokkie langs die knol. As die plant hoër groei en meer steun nodig het, vervang die korte met ‘n langer, stewiger stut stok (wees versigtig om nie die wortels te beskadig nie).

Baie meer bedekking!
‘n Deklaag word aanbeveel. Dit sal waterverlies deur verdamping uit die grond voorkom en die plante goed laat groei sodra hulle begin blom. Moenie toelaat dat die grond uitdroog nie. Hoe meer organiese materiaal grond bevat en hoe dikker die deklaag bo-op is, hoe minder water is nodig om dit klam te hou.

Snoei en uitknyp
Snoei en ontknopping word aanbeveel om goeie blomme te kweek. Beperk die plant tot net ‘n paar stamme en knyp die meeste van die sylote uit. Behou die stut stok terwyl die plant groei. As dit die plan is om die blomme as snyblomme te gebruik, verwyder die meeste van die sý knoppe as hulle verskyn en behou ‘n enkele blom per steel. As jy egter ‘n kompakte bos met ‘n massa blomme verkies, knyp ‘n paar van die groeipunte en die middelste blomknop uit. Die verwydering van dooie blomme sal die plant aanmoedig om opnuut te blom.

Sny vir die vaas
Dahlias maak werklik mooi snyblomme uit – vir die beste resultate plaas hulle in ‘n vaas lou water met Chrystal-snyblomvoedsel in teen die aanbevole hoeveelheid.

Warm wenk!
As jou dahlias teen laatsomer langbenig begin lyk, sny bloot twee derdes van elke plant af. Hulle sal reageer met nuwe groei en nuwe blomme.

 

NOG INFO :

http://www.cooltropicalplants.com/Growing-dahlias.html
Read more about 
Dahlias by www.gardeningeden.co.za

http://www.north-west-dahlias.co.uk/how_to_grow.htm

http://www.flower-gardening-made-easy.com/how-to-grow-dahlias.html

http://www.thegardenhelper.com/dahlia.html

 

Betsie skryf: Dankie vir die oulike blad. Ek het spinasie gesaai en te teenmekaar. Ek wil dit graag uitplant / verplant, maar weet nie op watter stadium en hoe presies ek dit moet doen nie.

Help tog asseblief. Baie dankie Betsie.

Betsie, Jy kan dit of uitdun en die uitgedunde plantjies in ’n slaai gebruik en die res los soos dit is as daar genoeg is, of jy kan dit wel met sukses uitplant. Ek het gewag tot my plantjies sowat 8-10 cm hoog was en dit toe uitgeplant.  Sorg dat die plek /pot waar jy dit wil uitplant VOOR die tyd goed natgemaak is sodat die grond klam is voor jy dit uitplant. Dan steek jy elke plantjie met sy grondjies uit en plant dit met so min  grond verlies moontlik uit. AS die worteltjies sonder grond uitkom, plant net sodra moontlik om die worteltjies nie te laat uitdroog nie. Gee daarna  elke dag genoeg water tot jy sien die middelste blaartjies loop  weer uit.  Die plantjies sal verlep voorkom maar hou klam en hou moed dit vat so 3-4 dae dan is hulle reg! Die wat nie vat nie plant ek net weer in. Geniet dit ek is self mal oor spinasie!

Gaan loer ook hier vir ander wenke…

http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinhoekie.html

Raaitjie skryf: Ek wil tamaties in houers plant om later uit te plant. Watter tipe grond gebruik ek daarvoor?

Hi Raaitjie! Jong het jy al hier rondgeloer?  http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinpraatjies.html

En  http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinhoekie.html ek is seker ek het al oor tamaties iets geplaas?

Tamaties dra sapryke rooi, geel of oranje vrugte.Tamatie plante kan in enige grond gekweek word. As jy plantjies koop maak seker die blare is donkergroen, die stam blougroen en die wortels vry van nematodes.Moet nie tamaties van bo natmaak nie. 'n Vogtige mikroklimaat kan ontstaan wat swamsiektes bevorder. Lei dit eerder nat.As grond siektes 'n probleem is in jou groentetuin, dan moet jy dit oorweeg om gousblomme tussen die groente te plant. Dit is veral effektief tussen tamaties, eiervrugte en soetrissies. Maar weet jy ek plant myne gewoon in kompos ryke pot grond, gekoop,  of wat ek sommer in die bos kry (!) Dan sit ek dit in semi skadu tot sowat 10 cm hoog dan plant ek dit in rye uit of in die grond  in semi-skadu  met oggend son, of so 4 plante in groterige pot, dan maak en so riet  groei stellasie waarteen dit kan rank en dan  groei en dra dit wonderlik! Veral die tros kersie tamatietjie werk vir my beter as gewone tamaties hul dra so oorvloedig en is so heerlik!

WENKE:

  • Kweek in hangmandjies, potte en groot tuinbeddings, afhangende van die soort.
  • Posisie:Volson.
  • Grond Voeg bemesting soos Osmocote by en moenie weer voed voor die eerste bloeisels verskyn nie. Voed gereeld nadat die plant geblom het met ’n vloeibare middel soos Nitrosol of Multifeed.
  • Water Sodra die plante gevestig is, moet jy dit een of twee keer per week goed natmaak, of soos nodig. Keer swamsiektes deur die grond nat te maak, nie die plante nie.
  • Onderhoud Ondersteun die plante, indien nodig: Steek stokke langs pas geplante saailinge in, sodat jy nie later die wortels beskadig nie. 
  • Plant tamaties ’n bietjie dieper as ander plante.

En in die Januarie 2011 uitgawe  TUINIER het die volgende oor tamaties  verskyn:

Die kweek van tamaties in potte is die ideale oplossing vir tuiniers met min plek. Jy kan ook kreatief wees en met verskillende variëteite eksperimenteer en oulike fokuspunte maak van jou tamatiepot-uitstallings. Een van die lekkerste dinge is dat die potte geskuif kan word om voordeel te trek uit die veranderende posisie van die son namate die somer oorgaan in herfs en dan in winter. Die plante kan aanhou tamaties dra tot in die wintermaande mits hul nuwe plekke ook warm en beskut is.

Tamatie tipes vir houers 
Sowel bepaalde as onbepaalde tamaties kan in potte gekweek word. Dit sluit in kersietamaties wat gewoonlik onbepaald is.
Bepaalde tamaties is bos tamaties wat ongeveer net 1,2 meter hoog word. Terwyl dit nie regtig nodig is om hulle te stut nie, vind jy dalk dat die takke buig namate die vrugte ontwikkel en gestut moet word. Deur hulle te stut word die vrugte ook aan die son blootgestel om ryp te word. Goeie bepaalde draers vir potte is Red Khaki, Heinz 1370, Rodade en Marianna (‘n Saladettetamatie).

Onbepaalde tamaties is rankers wat net aanhou groei tensy ‘n mens hulle stop. Sulke tamaties het spesiale behandeling nodig as dit in ‘n pot gekweek word. ‘n Stewige tralie- of raamwerk is nodig en die plant moet teen die stut opgelei en daaraan vasgemaak word. Dit gee ‘n mens meer beheer oor die produksie van vrugte en die vorm van die plant. Goeie draers is kersietamaties soos ‘Bite Size’, ‘Red Cherry Sweetie’ en ‘Yellow Pear’. Die volgrootte tamatie ‘Moneymaker’ (wat oop bestuif word) en die hibried ‘Sundance’ (wat baie siekte bestand is) is ook goeie keuses.

Houers 
Hoe groter en dieper ‘n houer is, hoe beter, hoewel ‘n baie groot houer moeilik is om te verskuif. Maak seker die potte is minstens 40 cm in deursnee en net so diep. ‘n Groot houer keer dat die wortels te warm word en die pot medium te vinnig uitdroog. Maak seker daar is genoeg dreineer gate.

Groeimedium
Die nadeel van houers is dat die voedingstowwe uitloog omdat die water deur die houer en onder uitloop. Begin gevolglik met ‘n ryk groeimedium en voed dan gereeld. 
Een keuse is om ‘n mengsel van een deel pot grond en een deel (hersaamgestelde) palm-veen te maak. Meng anders ‘n bietjie kompos by die pot grond in aangesien dit met waterhouvermoë en dreinering help. Meng ook beenmeel en ‘n organiese misstof in.

Spring weg 
As die saad in saadbakkies of klein potjies gesaai word, is dit makliker om die plante te versorg. Wanneer die saailinge stewig en ongeveer 10 tot 15 cm hoog is, plant hulle oor in groter houers met die laagste stel blare op grondvlak (dit lewer ‘n sterk plant op). Plant net een saailing in ‘n pot aangesien ‘n enkele tamatieplant die pot sal vul namate dit groei. As twee of meer plante saam in ‘n pot geplant word, maak dit dat hulle om die voedingstowwe meeding. Meer as een plant lei ook tot digte, oorgroeide groei wat nie lug of son inlaat nie en gevolglik raak die plante vatbaar vir swamme.

Pietersielie, oreganum, marjolein en basiliekruid (wat gereeld teruggeknyp word) kan saam met die tamatieplant geplant word. Hierdie kruie is ook goeie insekweerders. ‘n Deklaag van bas stukkies dien as buffer teen die son en hou die wortels koel.

Voeding en benatting
Groente in potte moet meer dikwels natgemaak en gevoed word as groente in die grond.

  • Gereelde water is van die uiterste belang. Om te bepaal hoe gereeld om nat te maak, voer daagliks die kneukel-toets uit. Dit behels om jou vinger tot by die middelste kneukel in die grond in te druk en die grond te voel. As die grond amper droog voel, maak die plant nat, en as dit klam tot nat is, wag met natmaak tot die volgende dag.
  • ‘n Tamatie in ‘n groot pot moet tweeweekliks met vloeibare misstof gevoed word. Dit help om die uitgeloogde voedingstowwe te vervang. Voeding kan tot een maal per week verhoog word wanneer die plant begin vrugte maak.

Stut
Alle tamaties in potte, moet liefs gestut word. Vir onbepaalde tamaties is dit die beste as die traliewerk aan ‘n muur vas is. Bind die stingels aan die traliewerk vas soos die plant groei en maak seker jy waaier die groei uit waar dit moontlik is. As die plant volgens jou sy maksimum hanteerbare hoogte bereik het, knyp al die groeipunte uit.

‘n Nuwe manier om ‘n bepaalde tamatie te stut, is om die hoofstam te stut en dan die systamme afsonderlik te stut namate hulle uitgroei sodat hulle ook regop groei. Dit maak die plant oop en stel al die blomme en vrugte aan die son bloot.
Plastiekbedekte staalrame is ook te kry. Anker hulle stewig in die grond om ‘n behoorlike raamwerk vir die tamatie te bied. Gebruik plastiek- en materiaalbande (nooit draad nie) om die stingels aan die stutte of traliewerk vas te maak.

Plaag- en siektebeheer

  • Tamatieplante wat in hul potte uitdroog, is vatbaar vir rooispinmyt. Sorg dus dat die plante behoorlik water kry. Hou dop vir besmetting met rooispinmyt. As dit verskyn, spuit dadelik met Ludwig’s Insect Spray (Reg-nr. L7631) en maak die onderkante van die blare papnat. Die kanolaolie in die spuitstof behoort die spinmyte te versmoor. As die besmetting te erg is, is dit dalk nie die moeite werd om die plant te red nie.
  • Voorkom bolwurm- en ruspeskade sodra die vrugte begin vorm deur te spuit met ‘n organiese insekdoder soos Ludwig’s Insect Spray (Reg-no. L7631) of Margaret Roberts Biological Caterpillar Insecticide (Reg-no. L7112).
  • Witvlieg is altyd lastig en is geneig om weerstandig te raak teen plaagdoders. Die beste keuse is waarskynlik die gebruik van ‘n produk met ‘n versmorende werking (wat olie as aktiewe bestanddeel het).
  • Om swambesmettings te voorkom, hou die houers op ‘n plek waar daar ‘n bietjie lugbeweging is. Benat die basis van die plant en nie die blare nie as dit moontlik is. As die groei te dig is, dun van die blare ‘n bietjie uit.

Oes 
Onbepaalde tamaties het ‘n onbepaalde oestyd: Hou aan pluk en hulle sal aanhou dra. Vergelykenderwys het bepaalde tamaties ‘n beperkte oestyd en teen die tyd dat die laaste tamaties gepluk word, is die plant uitgeput en reg om uitgetrek te word. 
Pluk die meeste tamaties sodra hulle van oranje na rooi begin verkleur omdat dit die plant uitput as hulle langer bly sit. Dit is dit werd om ‘n paar vrugte aan die plant heeltemal ryp te laat word omdat hierdie tamaties die beste geur het. Laat geplukte tamaties by kamertemperatuur en uit direkte sonlig ryp word. Moenie hulle in die yskas bêre nie omdat die koue hul geur verlore laat gaan en hul tekstuur beïnvloed.

Geniet dit!

Hester skryf ook weer vir my: Hi Retha,

Hoe gaan dit nog?  Ek  het toe my boontjies gekry maar nog nie geplant nie.  Ek dink dis nog te koud hier by ons..

Ek het nou n ander probleem.  Ek het roket( rocket) saad gekoop want die slaai wat hulle op die tv maak lyk altyd so lekker.

Ek weet nie hoe om hulle te saai en hou groot die plant word om wanneer om te pluk nie.  Ken jy dit?

Ek sal baie bly wees as jy my kan help......Groete.Hester. 

 Hi Hester! Lekker om van jou te hoor! Hoe om (enige) saad te saai:

Saad kan in bakke of beddings gesaai word en later uitgeplant word, of direk waar die plant benodig word. Dit is beter om saad in bakke of ander geskikte houers te saai omdat jy dan kan sorg vir the beste toestande vir optimum ontkieming.

'n Geskikte houer in sterk, nie vlakker as 100mm nie, met genoeg dreineringsgate. ’n Mengsel van twee dele skoon sand, een deel leemgrond  en een deel goed verrotte kompos is geskik. Dit hoef nie gesif te word nie, maar groot kluite, klippe, stukke bas, ens. moet verwyder word. Die grondmengsel moet maklik dreineer. Indien nodig kan ekstra sand bygevoeg word.

Maak die bakke driekwart vol en stamp die bodem ’n paar keer liggies teen ’n ferm oppervlak om die grond te laat insak. Maak liggies gelyk met ’n stuk hout. Toets die dreinering deur die grond deurnat te maak. Die water behoort vinnig te dreineer om die grond oral ewe klam te laat.

Die saad kan in vlak rytjies gesaai word of eweredig oor die hele oppervlakte gestrooi word. Moenie te dig saai nie want saailinge wat verdruk word kry makliker siektes. Bedek die saad met ’n lagie fyn sand, fyn bas of gesifte grondmengsel, nie meer as 1 tot 1,5 keer die deursnee van die sade nie.

Plaas die bakke op ’n gelyk oppervlak waar oortollige water kan wegdreineer. Dis raadsaam om die saad te beskerm deur ’n glasplaat of glasveselplaat bo-oor te plaas, of om die bakke in ’n glashuis te hou. As die bakke in die son is moet skadu voorsien word totdat ontkieming voltooi is. Skadu-doek, koerante of sakmateriaal kan bo-oor die glasdeksel geplaas word.

Besproei die bakke met ’n fyn sagte sproeikop. Groot druppels of sterk waterdruk sal die sade uitwas en die saailinge dood. Die grondmengsel moet nooit uitdroog nie, maar te veel water is ook nadelig. Sodra die saailinge verskyn kan die bakke minder besproei word en die grond kan toegelaat word om droog te word voor die volgende besproeiing.

Sodra die eerste paar regte blare verskyn het en die saailinge groot en sterk genoeg is om te hanteer, kan hulle uitgeplant word. Verwyder hulle versigtig deur ’n klein gedeelte met grond en al uit te lig of los te sny, en maak die worteltjies saggies los. Wortelbeskadiging moet vermy word, en saailinge moet nooit uitgetrek word nie omdat dit die jong wortels beskadig. Die plantjies kan in houers of in die grond uitgeplant word en moet beskut word totdat hulle goed  gevestig is.

Die grond waarin hulle uitgeplant gaan word moet vooraf goed bemes word met beenmeel of superfosfaat, sowel as genoeg kompos. Hou die plantjies klam, veral gedurende die eerste jaar. ’n Deklaag van growwe plantmateriaal kan oor die grond gesprei word om die grondvog te behou en die wortels koel te hou.

Gaan loer ook hier:

http://gardenofeaden.blogspot.com/2011/06/how-to-grow-rocket-from-seed.html

http://www.gardenersworld.com/how-to/projects/rocket-seeds-grow/

Jerry seg: Hi! Ek het Grinnedela boompies en uie plantjies gekoop. Wat is die beste om bogenoemde te plant. Baie dankie vir die inligting en hulp.

Groete Jerry. Hartenbos

Hi Jerry! Ai die mooie Hartenbos! Hoe mis ek skielik die Kaap! Jong vergewe my vir die Engels hierby!

Verder het ek ook al  d.m.v. ’n gekoopte plant een Granadilla geplant en in die skadu onder 'n reuse Tortilla doringboom in goed gedreineerde kompos ryke grond geplant en baie jare se vreugde en vrugte  daarvan geniet. Die ergste wat  met hul kan gebeur is wit plantluise wat jy met seepwater of Blue death kan behandel en hul hou nie van Ryp nie. Beskerm die onderste meter elke winter met ’n Ryp kombers en dan loop dit weer uit.

Neil van SA Fruit Farms skryf:  The purple granadilla, also known as the purple passion fruit, is locally grown commercially as well as for home use.

Climatic requirements
• Granadillas prefer moderate temperatures throughout the year.
• They are sensitive to severe frost (especially the purple granadilla).
• In hot areas, they should be planted on cool slopes and in cool areas on the warm northern slopes. The average maximum monthly temperature should not exceed 29 °C and the minimum should not fall below 5 °C.
• Granadillas prefer a high relative humidity and well-distributed rainfall of not less than 1 200 mm/year (irrigation can supplement low rainfall).

Soil requirements
Deep soil preparation is important because granadilla plants develop shallow root systems in compacted soils. Thorough soil preparation will also improve drainage. This is very important, because granadillas are sensitive to excessively wet soil conditions. It is best to avoid clay soils.

Seed
Granadillas are mostly grown from seedlings.
• When seed is used, be sure to use seed from ripe fruit selected from healthy plants.
• Scoop out the contents of a granadilla that has been cut through.
• Wash the contents to separate the seed andpulp.
• Dry the seed in the shade and sow it in seedling trays or planting bags filled with a well-prepared soil mixture.
• To enhance germination, the seed together with the pulp can be placed in a plastic container and allowed to ferment for 1 to 3 days. It is then thoroughly washed, dried and sown as soon as possible.
• Seed may be stored in closed containers at 13 °C for about 4 months.

Transplanting
• The seedlings should be ready for transplanting about 3 to 6 months after sowing the seed.
• The optimum time for transplanting is during August/September.
• The yellow granadilla is more susceptible to cold than the purple granadilla and grafted plants should therefore not be planted in areas where frost occurs.

Planting distance
Generally plant spacings of 1 to 2 m are used. The average lifespan of a healthy granadilla plantation is about 3 years. Bearing in mind the effect of viruses and soil-borne diseases, plant spacing of about 1 m could ensure high production over the short term.

Trellising system
Erecting a trellising system is the main initial expense. A sturdy construction is necessary because the trellis has to support a heavy mass. The wooden posts must be solid and resistant to termites.
Construct it as follows:
Draw a single strand of 12-gauge wire (taut) about 2 m above the surface of the ground and along the tops of the wooden posts 2 m high and about 6 m apart along the row.

Training the plants
• The granadilla vines should be trained systematically so that the framework gets a good shape.
• Tie a selected leader of each plant loosely to a stake or train it up a string until it reaches the top wire. Remove all side shoots, but not the leaves.
• As soon as the main leader reaches the top wire, it is progressively wound loosely round the wire as it grows.

Selective pruning
• The main leader is trained along the wire and the fruiting laterals are trained so that they hang down freely.
• Cut off all laterals at ground level if they start growing along the ground.

Fertilisation
The recommended fertiliser programme for granadillas is given in the table. These are only general guidelines and should be supported by soil and leaf analyses.

Diseases
Major diseases affecting granadilla crops in South Africa include:

• Damping off of seedlings caused by fungi as a result of poor seedbed management.

Control
– Plant on a well-drained site in virgin soil, or sterilised soil or growth medium.

• Foot rot (dikvoet) where the base of the stem thickens, causing cracks in the soil surface through which numerous secondary organisms can enter, resulting in total rotting of the stem. Waterlogging and overirrigation increase the incidence of the disease.

Control
– Plant in well-drained soils.

• Various viruses causing symptoms such as spots, mosaics and distortion. It is usually very difficult to identify the specific virus involved.

Control
– Affected shoots can be broken off the plant
– Frequent washing of hands reduces transmission
– Wipe instruments with 10 % of a household bleach after pruning each plant.

Pests
Pests which frequently occur on granadillas include stinkbugs and tip wilters.

Control
• Field inspections must be carried out frequently.
• Collecting insects by hand can help to control them.

Harvesting
Depending on the time of transplanting, the first fruit is usually ready for harvesting 6 to 9 months after planting. At about 18 months after planting the crop should have reached its full bearing potential. Thereafter, there are 2 main crops annually, namely a summer crop from November to January and a smaller winter crop during June and July. In the Northern Province and Mpumalanga growers sometimes have a third crop during March and April. A limited quantity of fruit will, however, be available throughout the year.

When to pick the fruit
• Fruit for the fresh market is picked 2 to 3 times a week in summer when fully developed and with a light purple colour.
• Fruit should not have a deep purple colour when harvested, because it will arrive at the market in a shrivelled condition and will not have a good market value. A wax treatment protects the fruit from drying out and could delay the shrivelling process.
• During the cooler months fruit is harvested weekly.
• Fruit for processing can be harvested when it has reached a deep purple colour.
• Fruit should be harvested early in the morning.


Vir meer oor GRENADILLAS bestel ‘’n E-Boek by: niel@safruitfarms.com

http://www.safruitfarms.com/Default.aspx?tabid=409

http://mybroadband.co.za/vb/showthread.php/134967-How-to-grow-a-granadilla-vine-from-fruit...

http://www.daff.gov.za/docs/Infopaks/granadilla.pdf

Vir uie,  het ek gewoon die saad gesaai en as dit sowat 10 cm hoog is, dit in rye uitgeplant.  Goeie dreinering is belangrik en kompos ryke grond weereens. Vol son en baie water is al en ek was gelukkig met my uie oes!

Het jy al op die werfie  na die wenke gekyk? http://www.onsdorp.com/somaakmens/tuinpraatjies.html

Mooi groete en laat weet  gerus of dit  genoeg info is!

Retha.

Emaine Harbor het geskryf:  Wil graag weet of ek nou al kan waatlemoen, spanspek, blaarslaai, geelwortles, soetmielies ( sweetcorn )boontjies en tamaties kan plant binne die volgende 2 weke.Dit is die eerste keer wat ek dit wil probeer en het nie 'n idee van planttye nie. Hoop jy kan my raad gee. baie dankie.

Emaine,  September is die oorgang van winter na Lente by ons!

AMPER ORALS WENKE:

Saai Afrikaners, anemone, asters cinerarias, Josefskleed, ridderspore, gousblomme, salie, Weeskindertjies, Verbenas, Vingerhoedjies...

Winterblomme wat klaar geblom het kan nou uitgehaal word, en beddings reggemaak word.

Plant Dahlias, Begonias en Gloxinias. Usambaraviooltjies kan nou voortgeplant word deur die wortels stukkend te breek en die stukkies te plant. Verdeel waterlelies en ander waterplante wat te dig groei. Plant aartappels.

STREEKGIDS-WENKE:

SUBTROPIES

Sorg dat jaarplante op warm dae genoeg water kry. Plant saad of saailinge van

soetrissies, eiervrug, komkommers en pietersielie. Saai suikermielies, radyse en geelwortels direk. Plant die laaste boontjies. Plant patatknolle.

WINTERREëN

Plant petuniasaad. Spuit eikebome teen meeldou. Saai boontjies, spinasiebeet,

suikermielies, jongmurgpampoentjies, skorsies en pampoen direk, en 'n paar rye geelwortels, beet, rape en radyse. Plant pataten aartappelknolle. Plant saad of

saailinge van kopkool, kropslaai, tamaties, soetrissies en eiervrug.

RYP GEBIEDE

Struike met rypskade kan teruggesny en versorg word sodra alle gevaar van ryp verby is. Wag met die saai van somerjaarplante wat warmte nodig het om te ontkiem. Koop houers met saailinge wat in afsonderlike houers geplant kan word

waar hulle verder kan groei tot dit warm genoeg is om hulle in die tuin uit te plant. Sny rypbeskadigde kannas terug en gee 'n deklaag van mis. Sny rypbeskadigde

begonias en Impatiens terug. Plant aartappelknolle. Saai suikermielies, skorsie- en pampoensoorte wanneer alle rypgevaar verby is. Saai gewone spinasie, kopkool, komkommers, eiervrug, soetrissies, spinasiebeet, tamaties, blaarslaai en pietersielie

in saadkissies en hou op 'n warm plek. Plant geelwortels, radyse, rape, beet en witwortels. Plant in streke met kwaai ryp gevoelige groente in houers en beskerm

tot dit warmer is, of bedek hulle snags met strooi, karton of met 'n ‘fleece'-doek.

SOMERREëN

Wag in droë dele vir die eerste reën voor jy grasperke se kors breek. Gee spesiale aandag aan jong saailinge. Groente: Soos by winterreën.

 

Hester Maritz skryf: Iemand wat ek ken plant toorbone en tjorriebone. Die Indiërs eet dit blykbaar graag.  Watse bone is dit want hulle is geheimsinnig!

Hester, Jy praat van die Chori Beans en Magic beans!  http://www.seedsofindia.com/Beans.htm

Hier kan jy foto’s van al die Indiese bone sien en ’n kort beskrywing van elk!

 

Anton Venter skryf: ek werk met gestremde kinders en wil graag patats kweek kan jy my se waar ek inligting sal kry lekker dag.

Hi Anton! Ek help graag en gee sommer al die info wat ek oor patats vir jou kon kry hier. AS jy als in Afrikaans wil hê sal jy egter moet kans gee dat ek dit verwerk?  Ek sit sommer ook ’n klompie lekker resepte by daar is niks so lekker as om iets gaar te maak wat jyself gekweek het nie nê!

Patatranke is skaars. Ek laat gewoonlik ’n patat wat uitgeloop het in ’n halwe bottel water staan dat dit lang slap lote maak, as die eerste blare begin geel raak weet ek dis nou of nooit en dan loop plant ek dit buite!  In die tonnel laas jaar het ek begin winter ’n paar patats onder die grond vergeet hulle het sowaar weer begin uitloop! Vir die volledige inligting oor patats, wat ek aan Anton gestuur het, kontak my asb.

Hier is egter ’n uittreksel:Tradisioneel verkies Suid-Afrikaners patats met ‘n room, of wit vleeskleur. Uit evaluasie proewe wat die afgelope paar jaar in verskeie gebiede in die land gedoen is, is oor en or bewys dat swart Suid Afrikaners patats met ‘n droë vleis (hoë styselinhoud) verkies terwyl wit mense patats met ‘n soet (waterige), wit vleis verkies.

Voedingswaarde van oranje patats

Die plaaslike teelprogram wat in 1952 begin is, was gegrond op die voorkeur van Suid Arikaners en verskeie cultivars, almal met wit vleis is vrygestel. Die patats wat vandag geproduseer word, is byna uitsluitlik van Roodeplaat afkomstig. Om volgehoue hoë produksie te handhaaf, word gesonde kernplante op Roodeplaat instand gehou, vermeerder en aan produsente verskaf.

Tot onlangs is plaaslike cultivars, soos Bosbok en Blesbok suksesvol uitgevoer, meestal onder die naam "Bushbuck". Produsente en uitvoerders is onlangs onkant gevang deurdat die Europese mark nou oranje-kleurige patats bo room-kleurige patats verkies. Geen plaaslike cultivar in die LNR-Roodeplaat versameling het ‘n oranje vleeskleur nie, gevolglik het LNR-Roodeplaat die afgelope paar jaar baie versoeke ontvang vir oranje patats.

Oranje patats is ‘n gesogte produk vir uitvoer na Europa en die Verenigde Koningkryk. Uit ‘n gesondheids oogpunt kan oranje patats ‘n groot bydra maak om beta-karoteen, die voorloper van vitamien A, tot die dieet toe te voeg. Vitamien A is ‘n anti-oksidant, wat belangrik is vir die menslike immuniteit sisteem. In Suid Afrika, is vitamien A tekort ‘n ernstige gesondheidsprobleem. Een uit elke drie voorskoolse kinders in plattelandse gebiede, ly aan ‘n vitamien A tekort. Dit gee aanleiding tot vertraagde ontwikkeling en groei, nag blindheid of algehele blindheid, lae weerstand teen siektes en in ernstige gevalle, die dood.

Telers van LNR-Roodeplaat het ‘n paar jaar gelede ‘n aantal oranje patat cultivars ingevoer vir gebruik in die teelprogram en om te evalueer vir kleinskaalse produksie as ‘n Vitamien A ryke groentesoort. Die teelprogram het ten doel om cultivars te ontwikkel vir toestande en voorkeure in Suider Afrika. Twee van die ingevoerde Amerikaanse cultivars, Jewel en Beauregard voldoen aan vereistes vir uitvoer na Europa. Virus-getoetste plante kan vir die komende seisoen van Roodeplaat bekom word. Vir meer besonderhede, kontak Sunette Laurie by   +27 (0) 12 841-9611   of e-pos: slaurie@vopi.agric.za.

 

·         Sowat 9kg patats is al van een stoel geoes. DIE groot geheim? Plant patats in SLIKGROND!

 

Patat vries wonderlik. Jy kan enige een van die volgende resepte vries. Maak dit wanneer patat goedkoop is en vries dit vir latere gebruik….. MAAR vir julle wat hierin belangstel, gaan asb. na die KOS PRAATJIES bladsy toe!

 

Francois vra: kan ek krisante en babertondasiesnet in kompos plant in my tuin met beenmeel?

Hi Francois!

Jong ek is nie ’n tuin kundige nie en tref-en-trap ook maar so met sukses en soms met minder sukses!

My Skoonma het SONDER kompos krisante en Barberton madeliefies of Gerbera’s gekweek in haar tuin wel met beenmeel by en baie water en op ’n plek wat oggendson gekry het en hare was pragtig! Sy het egter gesê met Krisante moet jy weet wanneer om die plant kos te gee en hoeveel. Want die wortels soek een soort kos, en die blare ’n ander. Dan is daar ook die stryd teen siektes, plantluise en rooispinnekop. Die klein krisante plantjies word vroeg in Oktober uitgeplant in goed voorbereide grond, dan teen middel November is dit tyd om die plant se kroon uit te breek sodat dit ’n mooi sterk stoel kan maak. Oor die Gerbera's het sy altyd geseg: “Oppas vir verdrink!”  

Hoop die volgende FLORCOM inligting help jou ook!

Krisante – verbouingspraktyke

Krisante is kortdagplante wat beteken dat knop inisiasie en blom ontwikkeling deur die daglengte bepaal word.

Grondvoorbereiding:

Ongeveer 20 ton goed gekomposteerde kompos moet jaarliks per hektaar toegedien word.

Grondvoorbereiding is baie belangrik en grond moet behoorlik los wees tot op ‘n diepte van ten minste 45 cm.

Maak seker dat daar voor plant geen kluite is nie en dat die grondoppervlak gelyk is.

Grondsterilisasie:

70 g Metielbromied / m2 ( Wagperiode = 5 dae ).

Plantdigtheid:

62 Plante / m2 bedding.

Ondersteuningsnette van 12,5 cm by 12,5 cm word benodig.

Langdagbehandeling:

Begin met aanplanting.

Is nodig wanneer nag langer as 8 ure is.

150 W / 9m2.

Gloeilampe = 2,3 tot 2,5 m bo grondoppervlak.

Een ry ligte vir elke twee beddings en die lampe is ongeveer twee meter uit-mekaar.

Die liglesing op planthoogte moet ongeveer 70 lux wees.

Die eerste lamp moet ongeveer 50 cm van die punt van die bedding geplaas word.

16 ure lig of sikliese beligting ( 10 minute uit elke 30 minute ).

Kortdagbehandeling:

Vanaf (afhangende van varieteit en ander faktore) ongeveer 3 weke na aanplanting tot blomme kleur begin wys.

Benodig 13 ure nag.

Alar (64%):

Ongeveer 3 toedienings van 150 g / 100 liter.

Die eerste toediening is net na die kortdagbehandeling

( ongeveer 3 weke na plant ).

Die tweede en derde toedienings is ongeveer 1 en 2 weke na die eerste toediening.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat hierdie slegs riglyne is en dat die konsentrasie en frekwensie van toedienings deur verskeie faktore bepaal word.

Besproeiing:

Eerste twee weke na aanplanting oorhoofs, daarna 2/3 druppers en 1/3 oorhoofs.

Skedulering word deur klimaat, grondtipe en groeifase bepaal.

Temperatuur:

Nagtemperatuur = 16 tot 180C.

Dagtemperatuur se minimum = 170C en maksimum = 32o C.

(Onthou hierdie is slegs riglyne).

Plaagbeheer:

Siektes wat algemeen voorkom is: Botrytis, Meeldou, Rhizoctonia, Roes, Verticillium, Pythium, TSWV- virus, Bakteriese verwelkingsiekte, Kroongal, Nematodes, Luise, Thrips, Rooispinnekop, Wit vlieg.

Spuit vroeg soggens.

1000 tot 1500 liter water per hektaar word saam met die gif gespuit.

Vermy saamvoeg van aggressiewe middels.

Die spuitprogram word in ‘n groot mate deur die klimaat bepaal – die deurlopende gebruik van ‘n standaard spuitprogram is dus nie effektief.

Ten einde resistensie te voorkom moet middels gereeld afgewissel word.

Bemesting:

In gronde wat neig om te versuur kan 1) Ca, Mg en P voor aanplanting toegedien word as dolomitiese kalk en superfosfaat en 2) K en N gedurende die groeifase as ‘n 1:0:1 wateroplosbare mengsel.

In die meeste grond word toediening van kunsmis via ‘n A- en B- bakstelsel aanbeveel. Met hierdie stelsel word alle voedingstowe deur die besproeiingswater in gebalanseerde hoeveelhede toegedien.

Vir die berekening van ‘n bemestingprogram is inligting aangaande die grondtipe, klimaat, groeifase, visuele voorkoms van die plante, grondanalises en waterkwaliteit nodig.

Gereelde analises van die grond is nodig – maak seker dat van ‘n internasionaal geakrediteerde laboratorium gebruik gemaak word.

Hol stele by Krisante:

Hol stele by krisante is veral gedurende die winter ‘n probleem. Hierdie probleem veroorsaak ‘n afname in steelmassa en gevolglik ‘n afname in inkomste.

Min navorsingsresultate  oor hierdie verskynsel kan in die literatuur gevind word. Waarnemings deur Florcom wys dat ‘n tekort aan kalsium  ‘n moontlike oorsaak van die probleem mag wees. Ca tekorte ontstaan wanneer die plant se wortelpunte beskadig is en/of wanneer water nie voldoende opgeneem word nie.

Hol stele word dikwels waargeneem wanneer die grond te nat is. Indien die grond te nat is, is die wortels minder aktief en word water en Ca nie voldoende opgeneem nie.

Gedurende die winter is evapotranspirasie agv koue en lae ligintensiteite minder met die gevolg dat opname van Ca afneem.

Ongunstige toestande vir opname van Ca tydens die oorgang van die langdag- na die kortdag-siklus is deur Florcom waargeneem as die belangrikste rede vir die ontstaan van hol stele. Tydens hierdie periode is Ca nodig vir die vorming van sterk selwande. Baie kwekers pas nie hul besproeiing gedurende hierdie periode aan nie, met die gevolg dat dikwels te veel water toegedien word. Die kombinasie van lae ligintensiteit en te nat grond veroorsaak afname in die opname van Ca en gevolglik die ontstaan van hol stele.

Barberton Daisies! !

The indigenous Barberton Daisy can be a successful landscape plant as its vibrant colours and rich green foliage produce appealing results when grouped in beds. The dominant colours are red orange, yellow and pink.

Although Gerberas are sub-tropical plants, they can be grown in most parts of South Africa. They tolerate light frost, but where this occurs, they should be planted in shady spots. The best results are found in mild temperature areas where minimum night temperatures are higher than 6 degrees Celsius. Gerberas are not affected by maximum temperatures and can tolerate harsh sunlight. The relative humidity should average 65%.

The original Barberton Daisy prefers full sun and the best results are obtained on north facing sites. The hybrids prefer filtered sun with a tolerance of 40 000 lux. Colours of flowers tend to fade in shady areas but the stem length of the flowers is then much longer. Gerberas will not flower in areas with shade of less than 80%.

Gerberas originated in the granite mountains of Barberton and thrive in these eroded sandy soils, which are well drained and hold little water. Well drained soil with a minimum depth of 30cm is necessary. The soil should be free of clay particles and can be 25% composted. The pH level should be 6,0 -7,0.

Gerberas are very vulnerable to soil diseases and too much water will result in root and crown rot. Never give too much water and ensure that all irrigation water is drained. The hybrid cultivars cannot tolerate water on their leaves and an underground irrigation system is required. Irrigation should commence in the early morning and cease by 2 pm to allow drainage from the roots.

Fertilisation and cultivating

The best method of providing the necessary nutrient requirements is through the irrigation system or by means of a slow-release fertiliser. Nitogen at 200-250 ppm is preferred and a low ammonium fertiliser such as 15-15-18 is recommended. Irrigation water should have a pH between 5,5 and 6. For best flowering results during spring and summer, a balanced micronutrient application is necessary. Gerberas require more boron and calcium for flowering.

The sowing of Gerbera seeds in a landscape area will not result in a lush bed of flowers. It is best to propagate them in large plug trays and transplant the young plants after six to eight weeks into the landscape area. Plants should be propagated in a sowing medium of 60% peat and 40% perlite.

North-facing rocky areas are ideal for Gerberas. Nine plants per square metre are recommended. Plant Gerberas with the crown 2 to 3 cm above ground level since the plant will pull itself into the ground in due course, and ensure that the crown section receives direct sun.

The main insect pests affecting Gerberas are spider mites, leaf miners, white fly and aphids. The main diseases are powdery mildew, bacterial blight, crown rot and root rot.

Landscaping result

Landscaping with Gerberas is somewhat more challenging than with most other commonly used plants, but a well-maintained landscape with attention to detail will produce attractive results. Gerberas flower for eight months of the year. They react on picking and new flowers will continuously be produced when old flowers are removed at the stem base.

Information supplied by Johann Rademeyer, Imvuba Gerbera.

 

Rene Wagner vra: Hoe plant n mens aspersies?

Hi Rene! Ek moes ook maar via die net oplees vir jou want my eie poging was nie noemenswaardig nie! Ek het 4 plante daar van Ficksburg se wêreld present gekry en dit bloot geplant. Dit het lieflik gegroei toe word dit winter en die plant sterf terug en toe verhuis ons van die dorp na die plaas en ek vergeet die plante net daar en nog nooit weer daaroor gedink nie, tot jou navrae!

Aspersies is 'n meerjarige plant met 'n reguit, eetbare stam en klein takkies met nog kleiner blommetjies wat uiteindelik die rooi bessies word wat die swart aspersie saad dra. Aspersies is in 'n botaniese klas van sy eie met 120 spesies in die Asparagaceae genus. Die groente is gesog en duur, tensy jy weet hoe om jou eie te kweek. Dan word dit 'n goedkoop manier om 'n delikate geur aan al jou geregte te gee.

Aspersies is 2 500 jaar gelede vir die eerste keer aangeplant in Griekeland. Die woord aspersie is afgelei van die Griekse woord vir stam. Lank voor dit as voedsel gebruik is is dit aangeplant vir medikasie.

Wat ook al jou rede vir die aanplant van aspersies, 'n goed versorgde bedding kan jou familie vir tot 20 jaar van aspersies voorsien. Meeste supermarkte hou geblikte aspersie aan, maar niks kom by die ware Jakob wat vars gepluk is nie.

Soos die aspersie plant groei vorm dit 'n mat van lang, silindervormige wortels wat horisontaal versprei. So 'n wortelstelsel wat een jaar oud is word 'n aspersie kroon genoem. Terwyl aspersies van saad gekweek kan word plant meeste mense aspersies aan met behulp van aangekoopte krone. Wat jy nie kan koop nie is geduld, want dit neem 'n aspersiebedding drie jaar om gevestig te raak van krone. In die tweede jaar verskyn daar enkele lote. In die derde jaar behoort jou aspersies reg te wees vir oes. Moet nie langer as een maand lank oes nie. Dit gee die krone kans om goed gevestig te raak.

Plant die krone in 'n sloot wat omtrent 'n halwe meter wyd is. Plant hulle 15 centimeter diep en 30 centimeter uit mekaar. Aspersies hou van goed gedreineerde grond. Die wortelstelsel is geneig om na bo te kom soos dit ouer word. Bedek dit met nog grond.

Voila!

 

Roenell van Zyl skryf : Eerstens dankie vir die webtuiste.  Ek bevorder organiese groei in my tuin.  Ek sukkel egter baie met slakke, luise en swamme veral op die Jakobregops en blomplante met groter blare.  Het my grond laat toets en het laas jaar baie gewerk aan suurgehalte van grond maar kon nog nie bostaande vryspring of beheer nie.  Sukkel baie met luise op tamatie-boom en kannas. By voorbaat dankie!

Roenell, ek verwys graag na ’n vroeëre plasing:  RIA BERGH  het skryf: Ek het pas vir die eerste keer 'n groentetuin begin, wil graag meer leer  hoe om peste organies te beheer. Bv. my Spinasie is vol gate gevreet, en die radyse het waar dit bo die grond uitsteek bytplekke. Ek wil ook my eie kompos maak .

Baie mense verkeer onder die wanindruk dat jy 'n groot erf nodig het vir 'n groentetuin, maar in 'n meenthuistuin kan jy net so maklik groente kweek.

Hoeveel ruimte jy het, sal egter bepaal watter soort groente jy plant. As jou groentetuintjie net so groot soos 'n deur is, kan jy onder meer blaargroente plant soos sny-en-kom-weer-slaai, spinasie of dalk tamaties en boontjies wat rank en min ruimte opneem. Laat die pampoene en aartappels liewer vir die groter tuine.

Ons moet probeer om sovêr moontlik weg te bly van gifstowwe.  Maak gebruik van organiese insekdoders as dit nodig word, maar let daarop dat pesbestryding begin met gesonde plante.

MIELIESTRONK seg oor Organiese tuinbou :

Organiese tuinbou is die kweek van vrugte, groente en ander gewasse sonder die toevoeging van kunsmis, ander chemikalieë of groeihormone in die grond.

Pleks daarvan word afval van die tuin sowel as die etenstafel tot sogenaamde kompos verwerk en in die grond ingewerk. Kraal- of ander mis en beenmeel kan ook gebruik word om die grond te verryk, of peulgewasse kan op 'n rotasiegrondslag in die grond gesaai word om stikstof daaraan toe te voeg.

En chemiese plaagdoders is taboe.

Komposmakery

DIE maak van kompos wat die grond sal verryk en die grondtekstuur gesond sal hou, is 'n belangrike komponent van organiese tuinbou.

Tuin- en kosafval hoef nie weggegooi te word nie. Dit kan gekondenseer en hergebruik word as bemestingstof deur middel van 'n proses wat komposmakery genoem word.

Kompos kan gemaak word deur laag op laag van verskillende organiese afval in 'n groot houer op te stapel, terwyl jy ruimte tussen die lae laat sodat die lug kan sirkuleer. Stikstof word bygevoeg in die vorm van kraalmis of groen snysels ten einde hitte op te wek.

Die hitte bevorder verrotting en maak alle ongewenste organismes dood. Die afval word iewat nat gemaak en dan bedek. Namate hitte en stoom opbou, ontbind die afval om mettertyd 'n voedingryke stof genaamd kompos te vorm.

Die kompos word dan as bemesting vir plante gebruik.

DIE organiese tuinier beskou sy tuin as 'n ekosisteem. Hy besef dat 'n verandering in een deel van die sisteem die onderlinge verhoudinge tussen organismes in die tuin kan ontwrig.

Hy sal byvoorbeeld 'n probleem van hoë stikstofvlakke in grond, wat die groei van onkruid kan stimuleer, aanspreek deur 'n gewas te plant wat juis baie op stikstof teer. Sodoende word 'n normale balans van grond voedingstowwe geskep.

Nog 'n beginsel van organiese tuinbou is verskeidenheid. Organiese tuiniers roteer hul gewasse omdat dit help keer dat een besondere insek, onkruid of plantsiekte 'n probleem raak.

"Die basis van organiese tuinbou is rotasie," verduidelik 'n ander tuinier.

"Dis ewe belangrik as om nie gif te spuit nie."

'n Ander beginsel van organiese tuinbou is herwinning. Die organiese tuinier se doel is om sy grond selfonderhoudend te hou deur die voedingstowwe te herbenut-alle organiese reste word regstreeks in die grond teruggewerk.

Om die grond op te bou is 'n kern konsep. Dit is omdat die kwaliteit van plante regstreeks verband hou met die gehalte van die grond. Goed gebalanseerde grond sal genoeg voedingstowwe aan plante voorsien sodat hulle optimaal groei en die minste deur plae en siektes benadeel word.

Peulgewasse soos ertjies of boontjies kan 'n noodsaaklike deel van die rotasie van gewasse wees en verrig verskeie funksies. Benewens die feit dat hulle stikstof in die grond fikseer, maak hulle die grond los en beheer hulle onkruid.

Natuurlike metodes om skadelike plae vas te vat:

METODES van natuurlike plaag beheer is onder meer om die tuin skoon en onkruid loos te hou, goeie kompos in die grond in te werk en organiese gifstowwe slegs te gebruik wanneer dit absoluut noodsaaklik is. Organiese tuiniers glo dat gesonde en "gelukkige" plante 'n natuurlike immuniteit teen plae en siektes het.

Wanneer 'n insek af en toe aan die blare van 'n groenteplant knabbel, loop daardie plant mos ook nie gevaar om te vrek nie. Maar, toegegee, partykeer kan jou plante oornag deur honger slakke verwoes of deur 'n duinemol skoon uit die grond geploeg word. Dan is dit 'n hartseer saak. Tog bly eenvoudige en ou beproefde bestrydingsmetodes dikwels nog die beste manier om sulke probleme aan te spreek.

As jy wel plaagdoders moet koop, sorg sovêr moontlik dat hulle organies is.

Maar onthou ook dat selfs organiese plaagdoders gevaarlik kan wees en heuningbye en selfs voëls kan doodmaak as te veel daarvan gebruik word. Om elke insek in jou tuin dood te maak, is geen goeie praktyk nie, want baie nuttige insekte wat die pestilensies vreet, kan ook doodgemaak word-en dit kan 'n selfs groter probleem skep.

Boonop is daar ook die gevaar dat baie lewende wesentjies in die grond, soos erdwurms en bakterieë, wat dooie plant- en dieremateriaal help afbreek en voedsame grond vir jou plante voorsien, gedood kan word.

Slakke kan bestry word deur soveel van hulle as moontlik self dood te maak.

Jy hoef darem nie snags met 'n flitslig in jou tuin rond te dwaal nie. 'n Mens kan stukke hardebord skuins teen mure staanmaak en hulle sal bedags daaragter wegkruip. Gaan in die namiddag uit en pluk hulle van die skadukant van die borde af en maak hulle dood. Of kry vir jou 'n paar eende, indien moontlik. Daar word vertel dat eende 'n tuin vry van slakke hou-met waarskynlik veel minder blywende nadele vir die ekologie as slak gif.

Dan kan daardie fraaie vlinders in ons tuine ongelukkig dikwels 'n hele spul vraatsige ruspers genereer. Die skoenlappers lê hul eiers op plante, wat binne 'n paar dae in wurmpies of ruspers verander wat in een dag hul eie gewig in blare verslind.

Bly maar regdeur die groeiseisoen op die uitkyk vir sulke ruspers en verwyder hulle waar moontlik met die hand. Jy sal verbaas wees om te sien hoe 'n mens hulle baiemaal op dié manier nogal goed in toom kan hou as die besmetting nie te erg is nie. Maar moenie laks word en jou waaksaamheid verslap nie!

Voor- en nadele van organiese tuinbou

ORGANIESE boerdery het gemiddeld twintig persent kleiner oeste gelewer as oeste met konvensionele boerdery. Dit was die resultaat van 'n vergelykende studie van 21 jaar wat deur Switserse wetenskaplikes onderneem is. Maar hulle het ook bevind dat die organiese benadering meer as die verskil vergoed het met die ekologiese voordele wat behaal is.

Vra dan ook tuiniers wat hulle tot organiese tuinbou gewend het, en hulle sal jou 'n hele aantal goeie redes gee hoekom hulle dit gedoen het. Tog sal baie van hulle die eerstes wees wat erken dat hierdie metode dalk nie vir elke tuinier sal deug nie.

KOMPOS:

Om jou eie kompos te maak, is maklik en spaar jou geld.

KORTPAD: Versamel al die dooie blare wat afgeval het, maak dit in 'n hoop bymekaar en laat dit êrens waar dit nie gesteur sal word nie of plaas dit in 'n kompos houer. Sprinkel 'n laag LAN-kunsmis daaroor en wag dat dit verrot.

Later kan die kompos as 'n grondkombers aangewend word om jou tuingrond teen erosie te beskerm sodra die swaar winterreën toeslaan...

'n "Regte" Komposhoop word egter gebou soos 'n koekstruif. 'n Mens pak alles in lae.

EERSTE LAAG: Gooi eers 'n laag van sowat 25 cm growwe tuinafval soos snoeisels en groot takke in fyner stukkies gesny.

TWEEDE LAAG: Gooi 5cm kraalmis, hoendermis en fyner tuinafval soos gras snysels, blare, dooie eenjariges en kombuisafval.

DERDE LAAG: Sowat 5cm gewone tuingrond, pot grond of gewaste riviersand.

VIERDE LAAG: Strooi kompos aktiveerder oor die hele oppervlakte van die hoop.

Organiese kompos aktiveerders is by kwekerye beskikbaar, maar jy kan ook jou eie "aanjaag"-konkoksie maak: Kap die blare van nieskruid, brandnetel of smeerwortel fyn en strooi dit tussen elke derde laag. Die opgeknapte blare kan ook vir 'n paar dae in 'n emmer met water in "trek" en dan oor die nuwe komposhoop gegooi word. Herhaal die lae tot die hoop sowat 1m hoog is.(Die

Burger)

STODELS KWEKERY gee ook 'n paar goeie wenke vir die maak van jou eie kompos:

Feitlik enige afval-plantmateriaal (ou groente uit die kombuis of dooie plante uit die tuin) kan gebruik word.

Kry 'n versteekte plek in die tuin. Bou die komposhoop deur 'n laag plantafval omtrent 150 mm diep oor die vloer van die kompos area te versprei.

Voeg sowat drie skeppe bemestingstof vir elke kubieke meter kompos by, en voeg dan water by. Moet nie die materiaal in die water week nie.

Herhaal die proses tot jy die regte grootte hoop het.

Bemestingstof verhoog nie net die voedingswaarde van kompos nie, dit help ook die organiese ont -bindingsproses aan.

Versnel dié proses deur die hoop elke 2 tot 3 weke met 'n tuinvurk om te dolwe.

Gebruik kompos as 'n deklaag of spit dit in die grond in.

Kompos verryk ook grond en breek kleigrond af.

NOG OOR PES BEHEER en VRUGTEVLIEG:

Jy kan die vruggies begin spuit sodra hulle begin uitswel en daarna elke 2 weke. Maar dis beter om ‘n lokaas te gebruik soos:

500g suiker, 5 l water en 110 ml aanbevole insekdoder.

Spat dit op die blare en wend elke 10 dae aan of as dit afgereën het.

Maak ook gate in die kante van 'n 2 l koeldrank bottel, sny 'n ou pynappel onder in en besprinkel met insekdoder, hang die bottel of blikkies op in die bome.

Vervang elke 2 weke en raak op verantwoordelike wyse van die ou lokaas ontslae.

PROBEER ook: "COMPANION PLANTING"

Deur sekere kruie blomme en of groente bymekaar te plant , bv.

Afrikaners, Salie, Roosmaryn, Knoffel- hul reuke verdryf baie insekte

TUISGEMAAKTE "GIF"

1. 5 dele Water en 1 deel melk met 'n bietjie skottelgoedseep @ Rooi spinnekop, Witvlieg, Ruspes, Tamatie wurms en virale infeksies.

2. Seepwater  teen plantluise en witvlieg.

3. Strooi gebruikte gemaalde moer koffie op mier paadjies @ miere

4. 1 e koeksoda op 1 l water en 'n paar druppels skottelgoedseep @ virale infeksies

5. Gebreekte eierdoppe oor die grond gestrooi @ slakke...

6. Bier in blikkies onder plante @ slakke

7. Versap:1 fyngedrukte knoffelhuisie, 4 gekapte uie, 1 e droë gekapte rissies, maak toe en laat staan vir 24 ure, meng daarby 2 e olie en 2 e skottelgoedseep. Gebruik hiervan 1 e op 1 l water vir bespuiting vir 'n algemene en kragtige insek middel.

Diatomaceous earth, en Biogrow Ferramol, beide van Talborne Organics - is effektief teen slakke...

OOR DIE BOLLE:

Gewoonlik word bolle uitgehaal sodra dit klaar geblom en die lowwe of blare heeltemal verlep het. Dan word dit in ‘n donker skoen boksie tussen saagsels op ‘n koel droë plek geberg tot volgende jaar planttyd!

Ek sit so ‘n paar motballetjies in ‘n aparte koevert en plak dit BUITE op die skoendoos vas, dan sit ek als in ‘n groter kartondoos en merk wat daarin is en pak dit dan in die spens weg en hoop dat ek sal onthou waar! Gewoonlik as ek die bolle in die winkels begin sien onthou ek van my eie en Voila!!

Nuttige leeswerk:

http://www.agro-organics.co.za/documents/Organies%20in%20perspektief%20AO.pd

- baie goeie riglyne hierin.

http://www.cliviasociety.org/Newsletters/Free%20State%20News%20No%209.pdf

http://www.afgri.com/afgriland/January-Ferbruary%202008.pdf   - bladsy 44

http://ghetezgreen.com/af/tag/organic-gardening/

http://www.dietuinier.co.za/archives/March2011/gardenVegetablesStartingAFoodGarden.php

http://www.goodbugs.co.za/files/Download/Sirkelvormige%20Lasagne%20groentetuin.pdf

http://af.egardengames.com/Organiese-tuinbou.asp

http://www.orchidshome.com/af/pests.html

http://groenvingers.blogspot.com/2009/05/groentetuin.html  - oulik!!

http://www.obaro.co.za/nuusbrief/2009/Okt2009.pdf   - bladsy 6

http://afrikanerkos.co.za/tag/asyn/

 

GEMMER in die tuin!

 

Blou gemmer (Dichorisandra)

Botaniese naam: Dichorisandra thyrsiflora (Commelinaceae).

Gewone naam: ‘Blue ginger’ of ‘Blou gemmer’. (Aangesien die Dichorisandra nie verwant aan die gemmer is nie, kan hierdie naam misleidend wees).

Groeibeskrywing: Die Dichorisandra is ‘n kruidagtige regopstaande meerjarige plant uit die familie Commelinaceae. Hulle tropiese loof en pragtige blomme vertoon besonder opvallend in ‘n beskutte tuin.

Besproeiing en voeding: Die Dichorisandra verkies klam en vogtige toestande. Die pH van die groeimedium moet neutraal of effens suur wees. Die Dichorisandra is soutgevoelig, met die gevolg dat ‘n oormaat van voedingstowwe vermy moet word.

Tuinplasing: Plant in die skadu op ‘n beskutte plekke. Vertoon ook mooi in potte wat binneshuis weg van die son maar in genoeg lig geplaas word.

Blomme: Pragtige blou blomme wat laat in die somer en gedurende herfs verskyn. Die blomme bly vir etlike weke mooi en vars.

Hoogte en wydte: 1,5m x 0,7m

Gehardheid: Rypgevoelig en moet in die skadu geplant word.

Voortplanting: Plant voort deur middel van saad, stiggies of verdeling.

Land van oorsprong: Amerika!

 

 

Naomi skryf : As my uie wat in die kombuis is al begin uitloop bo, kan ek dit so plant?  En indien wel, sal dit groei en kan ek die boonste groen uitloopsels eet? 

Inderdaad ja, jy kan dit plant en die groen uitloopsels eet, dit sal effe flouer in smaak wees as die ui self maar dis heerlik in sop en fyn gekerf in slaaie. Maar wees bedag daarop dat  jy nie juis 'n noemenswaardige uie-oes sal hê nie, dis altyd beter om uie van saad te kweek as van uitloper uie. Moet ook nie teveel water gee nie anders verrot die ui nog voor dit mooi wortels kan maak. Knoffel aan die anderkant, plant juis weer baie goed as jy die bolletjies uitplant. Jy kan ook die groen uitloopsels van knoffel  in jou kos gebruik.

SO, Plant ons uie!

•  Maak rye van 15 cm diep met 20-40 cm spasie tussenin. Sit ’n laag kompos in elke ry en gooi dit toe met grond. Lei die grond nat

•  Plant die saailinge 5-10 cm uit mekaar. Bedek die wortels met grond. Gooi dit elke dag nat

• Sit na ses weke ’n laag bogrond op

• Oes ses tot agt maande nadat dit geplant is, wanneer die blare geel is en omval. Sit die uie op ’n droë plek, bokant die grond.

Peste en siektes: Luise: Spuit met ‘n insekdoder.

En UIE RAAD vir boorders en kewers!

Kap 1 knoffelbol en 1 groot ui met skil op. Voeg 15 m F rissiepoeier en 1,5 F water by. Laat prut die mengsel 20 minute lank. Laat afkoel. Syg deur en bottel en verseël die filtraat.
Laat dit 6 weke lank verouder voor gebruik. Meng 15 m F van die mengsel met 750 m F water en bespuit wanneer nodig. Dit is veral doeltreffend teen ruspes.
(Die wenk kom uit Lekker vir Later , deur Anette Human.)

Kobie Gloy (op FB)  kla: Ons het verskriklik baie miere, maar ek het honde en wil nie gif gooi nie. Die miere is buite en binne-in my huis, ek is al moedeloos. Ek het anttrap oral neergesit, maar lyk my die miertjies word ingeënt daarteen of kry 'n teenmiddel lol. Niks help nie. Heeeelp asb!

Kobie, mens kry sulke miergif wat soos stokkies lyk dit kan in die miere se gaatjies gegooi word, ook Maxforce, en dan gaan hul onder die grond in hul neste whegg! Beskikbaar by kwekerye en as jy dit reg gebruik NIE giftig vir honde nie, verder kan jy die hele huis met 'n Pyrethroids-middel bespuit wat ook nie giftig sal wees vir die honde nie- vra ook by jou naaste kwekery of Koöperasie...hoop dit help :-)

Rolyn Poolman het ook vertel: Pasop vir die ant traps die soet reuk lok miere van ver af :) ek koop die kryt by agra of china town, baie goedkoop, kyk waar is die gate en trek baie kryt by die gate, ons het ook diere en honde hulle het nog niks oorgekom daarvan nie, ek het al by 'n strandhuisie waar ons gaan kamp het reg rondom die huisie die kryt getrek al die miere gaan dood sodra hulle oor die kryt stap! En

Ansie Maritz, het voorgestel: Gooi mieliemeel by hulle gate.Hul dra dit in die nes in en dan word dit n gis wat hulle laat vrek.Ek het die raad gekry by pest control.

Nelis Strydom het ook gevraKan u asb vir my inligting gee oor die maak van roossteggies ..

Nelis, Eerstens moet ek erken dat ek nie 'n fundi met rose is nie maar dat die volgende die beste advies is waarmee ek vorendag kan kom! Ekself het nog egter nie steggies  van rose  gemaak nie so ek kan dit nie waarborg nie. Roos-liefhebbers in die omgewing het egter met my hul raad gedeel en almal s'n stem ooreen so ek skat die volgende is dus seker goeie raad!

Gewoonlik doen die nuwe rose met groot los blomme nie goed met steggies nie, maar die rankrose, Banksia's, miniatuur rose, ouer rose en wilde rose doen beter met steggies. Verder moet jy dit eerder eers inlê vir die beste sukses daarmee, dis 'n lang proses maar glo beter. In voortjies in jou tuin of in swart plant sakke. Jy kan dit egter direk op die plek doen waar jy dit wil doen as jy die plek egter beskerm teen droogte, wind, onnodige stampe en stote en honde ...

Banksia's kan glo ook soos ander plante met lopers bewerk word, i.p.v. steggies afsny kan jy van die lang uitlopers/sy-lote met 'n klip op die grond "geanker" word, en dit dan met goeie grond bedek en so laat, dit behoort self wortels of uitlopers te vorm en kan dan later met die volgende seisoen afgesteek word en verplant word as nuwe plant.

Die maak van die steggie belangrik:

Hardehout steggies gesny in die herfs is glo beter as ander, maar net 50 % van steggies groei glo... Tog seg ander dat hul baie goeie resultate kry, so ek hoop jy het 'n 100% groeisyfer met joune! Jy kan egter beide  probeer.

Hardehout kan korter wees maar sagtehout verkieslik nie korter as 30 cm nie.

Sagtehout = eerste groei seisoen lote

Hardehout = tweede seisoen lote of ouer.

Sny omtrent 12 steggies per plant as jy kan, elkeen moet sowat 25-30 cm lank wees, en gesny van 'n gesonde sy loot van daardie seisoen.

Maak 'n skuins afknipsnit bokant die boonste groeipunt, en sny die onderpunt weer reguit af.

Die skuins bo help dat water afloop en die steggie nie van bo af vrot nie en die plat onder help met beter wortelvorming.

Los die boonste twee blaartjies aan en verwyder dan -behalwe die top 3 ogies- al die ander blare, dorings en ogies/ groeipunte tussen in. Moenie die bas skeur of beskadig wanneer jy die blare en dorings afhaal nie.

Hormoon groei poeier is 'n opsionele maar nuttige produk, kry dit by jou apteek of kwekery.

Maak die basis van jou steggie nat met water, doop in die poeier en dis gereed vir plant.

Maak nou 'n V vormige sloot eenkant in jou tuin, sowat 20 cm diep in goeie los krummelrige grond. Gooi sowat 2.5 cm riviersand onder in die V.

Plaas nou die steggies se basis op die riviersand en vul die sloot tot net bokant die helfte van die steggies.

Druk grond stewig om steggies vas. (Jy kan dit ook in sakkies inlê) Gee gereeld water.

Teen die volgende lente behoort die meeste van jou steggies te begin uitloop, en teen die somer sal hopelik party daarvan wortels gevorm het.

Met die volgende Herfs, lig dan elke plantjie uit en verplant waar jy dit wil hê, maak net seker jy versteur die wortels nie teveel nie en plant net so diep soos wat dit was.

Wenk:

MAAK só om 'n roossteggie maklik te laat groei: Druk dié deel wat 
bokant die grond kom, deur 'n middelslag aartappel en plant 
gewoonweg. Verwyder die aartappel wanneer dit droog is in daardie 
stadium sal die steggie al gesond groei. 

Gaan loer gerus ook hier:

http://www.heirloomroses.com/

http://issuu.com/tc_lonehill/docs/dietuinierdesember

En moet nie van LUDWIGS vergeet nie!

http://www.ludwigsroses.co.za/

 

Tersia Heimstadt het geskryf: Hoe maak mens Koejawel steggies. Ek het 'n wonderlike boom wat uit gehaal moet word omdat ons gaan aanbou en wil die boom nie verloor nie omdat hy groot verm vrugte dra. Ek het al probeer met uitloopsels wat aan die stam uit kom, maar sonder sukses.Ek woon op Otjiwarongo, Namibia

‘N HARDEKOEJAWEL—só praat ons van ’n eiewyse en koppige mens.

En as daar iets is wat nog altyd teen die koejawel getel het, is dit sy baie en harde pitte. Van die nuwe variëteite het egter baie meer vleis en minder pitte, en suikersoet, ingelegde koejawels en koejawel-koeldranke is vandag gunstelinge in menige huis!

Tersia het ‘n BAIE lang antwoord gekry, omtrent ALLES oor Koejawels en nog meer! Hier is slegs ‘n paar uitreksels uit haar antwoord!

Sover ek weet kan mens nie suksesvol steggies van Koejawelbome maak nie, slegs 'n sekere kultivar op 'n ander ent, die beste raad wat ek het is om dit weereens van die saad te probeer kweek as jy wel nog vrugte daarvan het! Het jy al 'n sterk jong takkie wat reeds al gedra het, met hormoon poeier behandel en dit so probeer? En wat as jy die boom afsaag en die afgesaagde boom en wortelstelsel oorplant? Dit behoort weer uit te loop en dieselfde vrugte te kan dra en ook gouer as wat jy met 'n steggie reg sal kry. Ons het al jonger koejawelbome met sukses so oorgeplant of geskuif. Saag die boom sowat 'n voet bo die grond af, grawe die hele wortelstelsel so ver moontlik uit en plant dit sodat dit presies in dieselfde rigting as oorspronklik front, gee 'n hormoon behandeling by die wortels en baie water en top bemesting, kunsmis nie op die wortels nie anders sal die kunsmis die wortels brand, probeer 'n ureum mengsel om wortel vorming te "boost".

Maar meer kundiges seg oor KOEJAWELS….         

Die immergroen koejawelboom met sy gladde, glansende bas en hangtakke behoort tot die mirte-familie Myrtaceae. Die vrug is groen tot geel aan die buitekant, maar pienk, wit of geel binne, met daardie harde, maar eetbare pitte in die middel.

Die koejawel (of guava) kom oorspronklik uit die tropiese dele van Amerika, tussen Mexiko en Peru, maar word vandag in byna alle tropiese en subtropiese dele van die wêreld aangetref. In Suid-Afrika het die koejawel van groot ekonomiese belang geword toe dit in die Tweede Wêreldoorlog vanweë sy rykheid aan vitamien C as ’n waardevolle beskermende voedsel vir die troepe in Noord-Afrika beskou is.

Die BESTE inligting op die web OOR KOEJAWELS kan jy hier vind :

http://www.guavaproducers.co.za/Afrikaans/afrikaans.html

http://www.safruitfarms.com/Default.aspx?tabid=408

Deon van der Walt skryf :  Hallo, Dankie vir jou insiggewende blad. ek wil graag weet hoe sensitief Ysland Papawers is vir die son en of ek 'n skadunet moet oprig vir die warm somermaande. Ek woon in die warm Klein-Karoo.

Deon, sover ek weet is dit eintlik ‘n plant wat jy nou moet plant in VOL son, maar juis nou (April-Mei)in die kouer maande, so ek neem aan onder skadunet in die somer sal seker kan werk, ek het dit self nog nie gedoen nie!

Ons het hier by ons ‘n wonderlike inspirerende tannie Oin gehad (Ons bly in die warm Bo-Karoo!!) wat elke jaar haar ysland papawers, die tipiese bloedrooi een met die swart gesiggie- mens kry baie kleure maar die regte rooietjie het sy geplant in die winter maande en dan begin Lente was dit ‘n prentjie in haar tuin! Dit het geblom tot laat in Desember nog , sy het gesê hoe later in die somer egter hoe kleiner het haar plantjies geword, so ek neem aan hul hou nie van baie hitte nie nee.

Deon het per epos ook nog ander wenke oor papawers en so meer gekry en as jul dit wil hê, stuur epos en ek stuur dit graag aan! …ek het sy navrae afgesluit met: O ja, ek kon ook nie anders as om ‘n lekker muffin reseppie wat ek raakgelees het ook by te las nie!... Die resepte is langsaan by die kos…!

Amanda Kapp skryf: Kan u my asb inlig wat 'n persoon op Katjiepierings, Japonika's en Krismisrose moet gooi dit help blykbaar dat die blare nie vergeel nie.  Baie Dankie.

Amanda, Al waarvan ek weet is dat jy die geel blare aan krismisrose en asaleas met ysterchelaat ('n produk van SOYGROW- by kwekerye en Kooperasies beskikbaar)  en ’n eetlepel (1 e op 2-5 l ligte louwater)magnesiumsulfaat (Engelse sout) kan behandel. Maak dit bloot in 'n gieter aan en dien toe teen aan die stamme   dit is nie nodig om dit oor die plant uit te giet nie dit word deur die wortels na die blare oorgedra, alhoewel dit geen skade  sal maak as dit direk op die blare ook toegedien word nie. Verder moet jy kyk dat die plante goeie dreinering het want al wil hul amper daagliks  vog hê wil hul nie in NAT grond staan nie.

'n Toediening van ysterchelaat gedurende die lente voorkom en behandel chlorose (ystertekort aangedui deur geel blare). Sonder magnesuim kan plante nie groen kleurstof vorm en dus nie fotosinteer nie. Seeprodukte soos seebamboes is ryk aan magnesium. So ook dolomietiese kalk en kraalmis. Engelsesout (magnesiumsulfaat) vul die magnesiumvlakke aan. Albei kan in water opgelos word om die plante mee nat te maak. Dit kan ook as blaarvoeding gebruik word.

Magnesiumsulfaat is in enige hoeveelheid by landboukoöperasies beskikbaar.

Die mikro-organismes is die belangrikste bestanddeel van grond. Dit kom in hul miljoene in grond voor, breek orangiese materiaal af en herwin dit vir plantwortels.

Daar is 'n ongelooflike hoeveelheid soorte wat dikwels interafhanklik is en saam werk om voedingstowwe so doeltreffend moontlik uit selfs die hardste houtsoorte, been en dierehoewes te herwin.

Azaleas, Katjiepierings, Japonika's en blou krismisrose hou van suurder grond en is nes fuchias lief vir baie water. As jy nie 'n besproeiingstelsel het nie, moet jy maar sorg dat jy hulle soggens goed natmaak en ook die blare bespuit. Op warm dae kan jy hulle selfs in die aand ook weer 'n keer nat maak. (Op sulke dae is dit vir jouself ook beter om liefs nie deur die dag in die tuin rond te karring nie, maar eerder vroegoggend jou ding te doen of te wag totdat die son begin water trek).

Om die suurgehalte van grond aan te vul, kan jy blomswael oor die plante se wortelgebied strooi of 'n suur kompos toedien. Aluminiumsulfaat in water opgelos sal ook help. Vra by jou kwekery wat die verhouding moet wees.

Om blou krismisrose se kleur te verbeter, kan jy aluminiumsulfaat om die wortelgebied van gevestigde plante toedien. Doen dit tweeweekliks tot in Januarie.

Strooi weer kalk liggies om die wortelgebied van pienk krismisrose om húl kleur te verbeter.

Krismisrose en azaleas se blare is geneig om soms te vergeel. Behandel dit soos genome met ysterchelaat en blaarvoeding wat spoorelemente bevat.

Let op na die verskyning van rooispinnekop op azaleas, krismisrose en fuchias en behandel dadelik.

Azaleas en krismisrose vertoon nie net mooi in die tuin nie, maar is goeie snyblomme wat jou huis teen Kersfees kan versier. Die eikeblaar-krismisroos is die beste geskik as snyblomme.

Gaan loer ook hier op bladsy 6 van die Obaro nuusbrief wat hul seg oor KRISMISROSE!

http://www.obaro.co.za/nuusbrief/2006/nuusbrief_200612.pdf

ALLES oor SPOORELEMENTE BESTUUR kan jy hier kry:

http://155.240.170.39/downloads/191719991127944820.pdf

Ook het ek vir haar Maart se tuintake kon aanstuur…(SIEN heel bo by LEES MEER! )

Petro Pretorius het gevra: Ek wil graag weet watter tuinboek julle sou aanbeveel? Ek is nuut in die kwekery bedryf ..iemand het Readers Digest Gardening A-Z aanbeveel. Is daar dalk iets anders? Dankie Petro.

Petro! Daardie boek van Readers Digest is baie goed ja, maar nie direk geskryf vir ons Suid Afrikaanse  tuine ens nie. Ek gebruik myne vir algemene naslaan oor die verskeidenheid plante daarin wat relevant is enige plek. As jy dit gebruik onthou net dat dit vir die boonste helfte vd aarde geskryf is en ons is in die suidelike halfrond dus as hul seg lente  is dit herfs by ons maar die algemene riglyne is steeds van toepassing.

 ‘n Wonderlike  Plaaslike boek wat jy kan gebruik wat ek kan aanbeveel, is Marianne Alexander se TUINMAAK IN SUID AFRIKA…op my tuinhoekie is sy voorblad  en my uittreksels vir elke maand kom ook daaruit.

Dan is ENIGE boek van wyle Prof Kristo Pienaar  steeds relevant en uitstekend.

Ook Diddi Hofmann se boeke veral oor kruie is ‘n aanwins vir enige tuinier of kwekery.

‘n Ander baie goeie gids is HUISPLANTE VIR SUID AFRIKA  van Keith Kirsten en Owen Reid.  Dan is al Margaret Robberts se kruie boeke  natuurlik ook uitstekend.

Ander outeurs  op my rak wat ek aanbeveel is:

Beckett/Bradley/kingsbury/Newbury;  Penelopy Ode;  Braam en Piet van Wyk;  LeRoux, Kotze en Nel; Frits van Oudshoorn;  Antoinette Pienaar;  Walters;  Schriefer;  John en Rosemary Hemphill; Rodales se plant en kruie Ensiklopedies;  Betsie Rood;  Meredith;  Marienne Uys;  Nancy Gardiner en Dudley Harris.

Susan Mostert skryf: hallo,ek wil graag weet watse WINTER blomme kan ek nou plant wat in die winter sal blom. ek bly in witbank. baie dankie.

Susan, (hmmm dalk familie? Ek was selwers ‘n nooi Mostert mos!)

ONTHOU: EK IS NIE 'N TUINBOUKUNDIGE NIE, EN LEER OOK MAAR SAAM MET JULLE EN SO STUK-STUK SOOS WAT OOK EK, PROEF-EN-PLANT!

Witbank is in die ryp-streek en daar is nie veel wat dan kleur gee nie nê! Vergeet van verskeidenheid het ek gevind, plant ‘n massa van een ding!  En vergeet van al die eksotiese goed, plant die eenvoudige dankbare blomme wat jou sal beloon met hul oorvloed en prag. Hou die eksotiese goed vir potte en hangmandjies en vir beskutte beddings.

Jy kan einde Februarie-Maart-April begin plant aan: Kosmos, Namakwalandse-madeliefies, Bokbaai-vygies, Linarias, strandviooltjies, Nemesias, winter vuurpyle, rooi Ysland papawers, pronkertjies, daglelies en meeste bolle wat beskikbaar is.

Verder konsentreer in Maart, op die beskerming van ryp gevoelige plante wat jy nie wil verloor nie. Ek maak myne vroegtydig toe met die ryp-komberse. Dit lyk dalk nie so goed met hierdie groot wit lappe om party plante nie maar kom Lente kan jy dit afhaal en jou tuin het mooi gebly!

Om die onooglikhede uit die gesig te hou maak ek potte vol kleur met Kappertjies, of Afrikaners of Gousblomme wat ek kan vervang daar waar die oog dit eerste kan vang dan pla dit niemand dat die ander bedek is nie, mense verstaan en weet mos!

Jy kan ook strooi of riete gebruik i.p.v. die doeke. Die doeke werk net baie makliker, jy haal dit so 9-10 uur af en dan maak jy dit weer so @ 5uur weer toe. Maar as jy baie het wat toe gemaak word, of doringstruike of bome los jy dit sommer bedek die heeltyd!

Ek skuif gewoonlik al my potte wat ek wil toemaak bymekaar en gooi dan die doek  sommer bo-oor almal.

Katsterte of Aspersie-varings, mens kry heelwat verskillendes, verdra ryp baie goed, asook die Ruscus-varings vir groenigheid vir die winter.

As jy wil hê jou bolle moet mooi en vinnig uitloop hou hul so 4-5 dae onder in jou yskas voor jy dit wil plant.

Einde Maart- middel April is die beste bol-plant-tyd.

Geniet jou tuinmaak!

JOHAN VAN SITTERT skryf: Potplante wat met pot grond in potte geplant word... Hoe gereeld moet hulle water kry.... varings , broodbome , krismisroose ens. My krismis rose het ek n maand terug gekoop en uit geplant in potte op beskutte stoep.Een het amper gevrek  en die ander een het ook agteruit gegaan... die broodboom het ek ook in potgrond geplant... die pot het nie dreineer nie en sy blare het begin geel word...

Hi Johan, Wyle Prof Christo Pienaar het altyd gesê nie te min nie en ook nie teveel water nie! Ernstig, jy moet maar gereeld met jou vingers voel, as jy jou vingers so ‘n duim kan indruk en dis nog klam is dit reg anders gee water- het skoonmoeder my geleer!

Maar ja, meeste plante hou van goed gedreineerde potgrond, klam maar nie nat nie, elke 2de derde dag goed natmaak is beter as elke dag bietjie water.

Potte wat in die son staan vra natuurlik bietjie meer.

Onthou met planttyd, om ou potskerwe of klippe onder in die pot te gooi voor jy dit opvul met potgrond sodat die dreineer gate kan oopbly.

Krismisrose is vol nonsens in potte veral, hul hou van direk in die grond wees en dan van ‘n beskutte plek wat net middagson kry. As hul egter hul staanplek gekry het is hulle net vreugde. Onthou hulle hou eintlik meer van suurder grond maar meer alkaliese grond gee weer blou blomme. As jy blou en pienk blomme wil hê op dieselfde plek, werk teesakkie of dennenaalde in om die wortels van party.

Party Varings hou nie van water op hul blare nie so gee die water onder teen die wortels.  Varings hou ook nie van slaap met nat voete nie so gee soggens water.

Plantvoedsel stokkies of pille is natuurlik vir alle potplante ‘n hupstoot en verseker lang gelukkige plante in die pot.

Ek het een broodboom vir amper 24 jaar al in dieselfde grond en in dieselfde pot! -al wat dit ooit gepla het was wind, verskuiwings en koue. So van ek daarvoor opgelet het is dit steeds gelukkig! Dis wel ‘n stadige groeier maar nogtans.

Onthou bv as jy iets rondskuif, maak aan ‘n takkie wat bv na die Noordekant wys, ‘n toutjie vas, dan skuif jy dit na ‘n soortgelyke beskutte plek maar draai die pot sodat daardie takkie weer in dieselfde rigting wys, dit geld ook vir bome wat jy in Julie uitplant. Dit sal blare ens verloor, maar Lente loop dit uit asof dit nooit verplant is nie!

                                         VOILA!

PLANT met die MAAN


 
Wil jy hê ek moet jou meer inligting oor iets gee?    
Kontak my regstreeks by: rethajm@gmail.com  
Groetes!!
 Rx. 
 
 

Retha van Somaakmens

Indien jy nog nie ONSDORP se nuusbrief ontvang nie,

Vul die onderstaande vormpie in vir heerlike tong in die kies humor,

Vars elke twee weke in jou posbus