Roenell van Zyl skryf : Eerstens dankie vir die webtuiste. Ek bevorder organiese groei
in my tuin. Ek sukkel egter baie met slakke, luise en swamme veral op die Jakobregops
en blomplante met groter blare. Het my grond laat toets en het laas jaar baie gewerk aan suurgehalte van grond
maar kon nog nie bostaande vryspring of beheer nie. Sukkel baie met luise op tamatie-boom en kannas.
By voorbaat dankie!
Roenell, ek verwys graag na ’n vroeëre
plasing: RIA BERGH het skryf: Ek het pas vir die eerste keer 'n groentetuin
begin, wil graag meer leer hoe om peste organies te beheer. Bv. my Spinasie is vol gate gevreet,
en die radyse het waar dit bo die grond uitsteek bytplekke. Ek wil ook my eie kompos maak .
Baie
mense verkeer onder die wanindruk dat jy 'n groot erf nodig het vir 'n groentetuin, maar in 'n meenthuistuin kan jy net so
maklik groente kweek.
Hoeveel ruimte jy het, sal egter bepaal watter soort groente jy plant. As jou groentetuintjie
net so groot soos 'n deur is, kan jy onder meer blaargroente plant soos sny-en-kom-weer-slaai, spinasie of dalk tamaties en
boontjies wat rank en min ruimte opneem. Laat die pampoene en aartappels liewer vir die groter tuine.
Ons moet probeer om
sovêr moontlik weg te bly van gifstowwe. Maak gebruik van organiese insekdoders as dit nodig word, maar let
daarop dat pesbestryding begin met gesonde plante.
MIELIESTRONK seg oor Organiese tuinbou :
Organiese
tuinbou is die kweek van vrugte, groente en ander gewasse sonder die toevoeging van kunsmis, ander chemikalieë of groeihormone
in die grond.
Pleks daarvan word afval van die tuin sowel as die etenstafel tot sogenaamde kompos verwerk en in
die grond ingewerk. Kraal- of ander mis en beenmeel kan ook gebruik word om die grond te verryk, of peulgewasse kan op 'n
rotasiegrondslag in die grond gesaai word om stikstof daaraan toe te voeg.
En chemiese plaagdoders is taboe.
Komposmakery
DIE
maak van kompos wat die grond sal verryk en die grondtekstuur gesond sal hou, is 'n belangrike komponent van organiese tuinbou.
Tuin-
en kosafval hoef nie weggegooi te word nie. Dit kan gekondenseer en hergebruik word as bemestingstof deur middel van 'n proses
wat komposmakery genoem word.
Kompos kan gemaak word deur laag op laag van verskillende organiese afval in 'n groot houer
op te stapel, terwyl jy ruimte tussen die lae laat sodat die lug kan sirkuleer. Stikstof word bygevoeg in die vorm van kraalmis
of groen snysels ten einde hitte op te wek.
Die hitte bevorder verrotting en maak alle ongewenste organismes dood.
Die afval word iewat nat gemaak en dan bedek. Namate hitte en stoom opbou, ontbind die afval om mettertyd 'n voedingryke stof
genaamd kompos te vorm.
Die kompos word dan as bemesting vir plante gebruik.
DIE organiese tuinier
beskou sy tuin as 'n ekosisteem. Hy besef dat 'n verandering in een deel van die sisteem die onderlinge verhoudinge tussen
organismes in die tuin kan ontwrig.
Hy sal byvoorbeeld 'n probleem van hoë stikstofvlakke in grond, wat die
groei van onkruid kan stimuleer, aanspreek deur 'n gewas te plant wat juis baie op stikstof teer. Sodoende word 'n normale
balans van grond voedingstowwe geskep.
Nog 'n beginsel van organiese tuinbou is verskeidenheid. Organiese tuiniers
roteer hul gewasse omdat dit help keer dat een besondere insek, onkruid of plantsiekte 'n probleem raak.
"Die basis van
organiese tuinbou is rotasie," verduidelik 'n ander tuinier.
"Dis ewe belangrik as om nie gif te spuit nie."
'n
Ander beginsel van organiese tuinbou is herwinning. Die organiese tuinier se doel is om sy grond selfonderhoudend te hou deur
die voedingstowwe te herbenut-alle organiese reste word regstreeks in die grond teruggewerk.
Om die grond op te
bou is 'n kern konsep. Dit is omdat die kwaliteit van plante regstreeks verband hou met die gehalte van die grond. Goed gebalanseerde
grond sal genoeg voedingstowwe aan plante voorsien sodat hulle optimaal groei en die minste deur plae en siektes benadeel
word.
Peulgewasse soos ertjies of boontjies kan 'n noodsaaklike deel van die rotasie van gewasse wees en verrig verskeie
funksies. Benewens die feit dat hulle stikstof in die grond fikseer, maak hulle die grond los en beheer hulle onkruid.
Natuurlike
metodes om skadelike plae vas te vat:
METODES van natuurlike plaag beheer is onder meer om die tuin skoon
en onkruid loos te hou, goeie kompos in die grond in te werk en organiese gifstowwe slegs te gebruik wanneer dit absoluut
noodsaaklik is. Organiese tuiniers glo dat gesonde en "gelukkige" plante 'n natuurlike immuniteit teen plae en siektes
het.
Wanneer 'n insek af en toe aan die blare van 'n groenteplant knabbel, loop daardie plant mos ook nie gevaar
om te vrek nie. Maar, toegegee, partykeer kan jou plante oornag deur honger slakke verwoes of deur 'n duinemol skoon uit die
grond geploeg word. Dan is dit 'n hartseer saak. Tog bly eenvoudige en ou beproefde bestrydingsmetodes dikwels nog die beste
manier om sulke probleme aan te spreek.
As jy wel plaagdoders moet koop, sorg sovêr moontlik dat hulle
organies is.
Maar onthou ook dat selfs organiese plaagdoders gevaarlik kan wees en heuningbye en selfs voëls
kan doodmaak as te veel daarvan gebruik word. Om elke insek in jou tuin dood te maak, is geen goeie praktyk nie, want baie
nuttige insekte wat die pestilensies vreet, kan ook doodgemaak word-en dit kan 'n selfs groter probleem skep.
Boonop
is daar ook die gevaar dat baie lewende wesentjies in die grond, soos erdwurms en bakterieë, wat dooie plant- en dieremateriaal
help afbreek en voedsame grond vir jou plante voorsien, gedood kan word.
Slakke kan bestry word deur soveel van hulle as moontlik
self dood te maak.
Jy hoef darem nie snags met 'n flitslig in jou tuin rond te dwaal nie. 'n Mens kan stukke
hardebord skuins teen mure staanmaak en hulle sal bedags daaragter wegkruip. Gaan in die namiddag uit en pluk hulle van die
skadukant van die borde af en maak hulle dood. Of kry vir jou 'n paar eende, indien moontlik. Daar word vertel dat eende 'n
tuin vry van slakke hou-met waarskynlik veel minder blywende nadele vir die ekologie as slak gif.
Dan kan daardie fraaie
vlinders in ons tuine ongelukkig dikwels 'n hele spul vraatsige ruspers genereer. Die skoenlappers lê hul eiers op plante,
wat binne 'n paar dae in wurmpies of ruspers verander wat in een dag hul eie gewig in blare verslind.
Bly maar regdeur die
groeiseisoen op die uitkyk vir sulke ruspers en verwyder hulle waar moontlik met die hand. Jy sal verbaas wees om te
sien hoe 'n mens hulle baiemaal op dié manier nogal goed in toom kan hou as die besmetting nie te erg is nie. Maar
moenie laks word en jou waaksaamheid verslap nie!
Voor- en nadele van organiese tuinbou
ORGANIESE boerdery
het gemiddeld twintig persent kleiner oeste gelewer as oeste met konvensionele boerdery. Dit was die resultaat van 'n vergelykende
studie van 21 jaar wat deur Switserse wetenskaplikes onderneem is. Maar hulle het ook bevind dat die organiese benadering
meer as die verskil vergoed het met die ekologiese voordele wat behaal is.
Vra dan ook tuiniers wat hulle tot organiese tuinbou
gewend het, en hulle sal jou 'n hele aantal goeie redes gee hoekom hulle dit gedoen het. Tog sal baie van hulle die eerstes
wees wat erken dat hierdie metode dalk nie vir elke tuinier sal deug nie.
KOMPOS:
Om jou eie kompos te maak,
is maklik en spaar jou geld.
KORTPAD: Versamel al die dooie blare wat afgeval het, maak dit in 'n hoop bymekaar en laat
dit êrens waar dit nie gesteur sal word nie of plaas dit in 'n kompos houer. Sprinkel 'n laag LAN-kunsmis daaroor en
wag dat dit verrot.
Later kan die kompos as 'n grondkombers aangewend word om jou tuingrond teen erosie te
beskerm sodra die swaar winterreën toeslaan...
'n "Regte" Komposhoop word egter gebou soos 'n koekstruif.
'n Mens pak alles in lae.
EERSTE LAAG: Gooi eers 'n laag van sowat 25 cm growwe tuinafval soos snoeisels en groot
takke in fyner stukkies gesny.
TWEEDE LAAG: Gooi 5cm kraalmis, hoendermis en fyner tuinafval soos gras snysels,
blare, dooie eenjariges en kombuisafval.
DERDE LAAG: Sowat 5cm gewone tuingrond, pot grond of gewaste riviersand.
VIERDE
LAAG: Strooi kompos aktiveerder oor die hele oppervlakte van die hoop.
Organiese kompos aktiveerders is by kwekerye beskikbaar,
maar jy kan ook jou eie "aanjaag"-konkoksie maak: Kap die blare van nieskruid, brandnetel of smeerwortel fyn en
strooi dit tussen elke derde laag. Die opgeknapte blare kan ook vir 'n paar dae in 'n emmer met water in "trek"
en dan oor die nuwe komposhoop gegooi word. Herhaal die lae tot die hoop sowat 1m hoog is.(Die
Burger)
STODELS
KWEKERY gee ook 'n paar goeie wenke vir die maak van jou eie kompos:
Feitlik enige afval-plantmateriaal (ou groente uit
die kombuis of dooie plante uit die tuin) kan gebruik word.
Kry 'n versteekte plek in die tuin. Bou die komposhoop
deur 'n laag plantafval omtrent 150 mm diep oor die vloer van die kompos area te versprei.
Voeg sowat drie skeppe
bemestingstof vir elke kubieke meter kompos by, en voeg dan water by. Moet nie die materiaal in die water week nie.
Herhaal
die proses tot jy die regte grootte hoop het.
Bemestingstof verhoog nie net die voedingswaarde van kompos nie, dit
help ook die organiese ont -bindingsproses aan.
Versnel dié proses deur die hoop elke 2 tot 3 weke met 'n tuinvurk
om te dolwe.
Gebruik kompos as 'n deklaag of spit dit in die grond in.
Kompos verryk ook grond en
breek kleigrond af.
NOG OOR PES BEHEER en VRUGTEVLIEG:
Jy kan die vruggies begin
spuit sodra hulle begin uitswel en daarna elke 2 weke. Maar dis beter om ‘n lokaas te gebruik soos:
500g suiker, 5 l water
en 110 ml aanbevole insekdoder.
Spat dit op die blare en wend elke 10 dae aan of as dit afgereën het.
Maak
ook gate in die kante van 'n 2 l koeldrank bottel, sny 'n ou pynappel onder in en besprinkel met insekdoder, hang die bottel
of blikkies op in die bome.
Vervang elke 2 weke en raak op verantwoordelike wyse van die ou lokaas ontslae.
PROBEER
ook: "COMPANION PLANTING"
Deur sekere kruie blomme en of groente bymekaar te plant , bv.
Afrikaners,
Salie, Roosmaryn, Knoffel- hul reuke verdryf baie insekte
TUISGEMAAKTE "GIF"
1.
5 dele Water en 1 deel melk met 'n bietjie skottelgoedseep @ Rooi spinnekop, Witvlieg, Ruspes, Tamatie wurms en virale infeksies.
2.
Seepwater teen plantluise en witvlieg.
3. Strooi gebruikte gemaalde moer koffie op mier paadjies @ miere
4.
1 e koeksoda op 1 l water en 'n paar druppels skottelgoedseep @ virale infeksies
5. Gebreekte eierdoppe oor
die grond gestrooi @ slakke...
6. Bier in blikkies onder plante @ slakke
7. Versap:1 fyngedrukte
knoffelhuisie, 4 gekapte uie, 1 e droë gekapte rissies, maak toe en laat staan vir 24 ure, meng daarby 2 e olie en 2
e skottelgoedseep. Gebruik hiervan 1 e op 1 l water vir bespuiting vir 'n algemene en kragtige insek middel.
Diatomaceous
earth, en Biogrow Ferramol, beide van Talborne Organics - is effektief teen slakke...
OOR DIE BOLLE:
Gewoonlik
word bolle uitgehaal sodra dit klaar geblom en die lowwe of blare heeltemal verlep het. Dan word dit in ‘n donker skoen
boksie tussen saagsels op ‘n koel droë plek geberg tot volgende jaar planttyd!
Ek sit so ‘n
paar motballetjies in ‘n aparte koevert en plak dit BUITE op die skoendoos vas, dan sit ek als in ‘n groter kartondoos
en merk wat daarin is en pak dit dan in die spens weg en hoop dat ek sal onthou waar! Gewoonlik as ek die bolle in die winkels
begin sien onthou ek van my eie en Voila!!
Nuttige leeswerk:
http://www.agro-organics.co.za/documents/Organies%20in%20perspektief%20AO.pd
- baie goeie riglyne hierin.
http://www.cliviasociety.org/Newsletters/Free%20State%20News%20No%209.pdf
http://www.afgri.com/afgriland/January-Ferbruary%202008.pdf - bladsy 44
http://ghetezgreen.com/af/tag/organic-gardening/
http://www.dietuinier.co.za/archives/March2011/gardenVegetablesStartingAFoodGarden.php
http://www.goodbugs.co.za/files/Download/Sirkelvormige%20Lasagne%20groentetuin.pdf
http://af.egardengames.com/Organiese-tuinbou.asp
http://www.orchidshome.com/af/pests.html
http://groenvingers.blogspot.com/2009/05/groentetuin.html - oulik!!
http://www.obaro.co.za/nuusbrief/2009/Okt2009.pdf - bladsy 6
http://afrikanerkos.co.za/tag/asyn/
GEMMER in die tuin!
Blou gemmer (Dichorisandra)
Botaniese naam:
Dichorisandra thyrsiflora (Commelinaceae).
Gewone
naam: ‘Blue ginger’ of ‘Blou gemmer’. (Aangesien die Dichorisandra nie verwant aan die gemmer is nie,
kan hierdie naam misleidend wees).
Groeibeskrywing:
Die Dichorisandra is ‘n kruidagtige regopstaande meerjarige plant uit die familie Commelinaceae. Hulle tropiese loof
en pragtige blomme vertoon besonder opvallend in ‘n beskutte tuin.
Besproeiing en voeding: Die Dichorisandra verkies klam en vogtige toestande. Die pH van die groeimedium moet neutraal
of effens suur wees. Die Dichorisandra is soutgevoelig, met die gevolg dat ‘n oormaat van voedingstowwe vermy moet word.
Tuinplasing: Plant in die skadu op ‘n beskutte plekke. Vertoon
ook mooi in potte wat binneshuis weg van die son maar in genoeg lig geplaas word.
Blomme: Pragtige blou blomme wat laat in die somer en gedurende herfs verskyn. Die blomme
bly vir etlike weke mooi en vars.
Hoogte en wydte:
1,5m x 0,7m
Gehardheid: Rypgevoelig en moet in die skadu
geplant word.
Voortplanting: Plant voort deur middel van
saad, stiggies of verdeling.
Land van oorsprong: Amerika!
Naomi skryf
: As my uie wat in die kombuis is al begin uitloop bo, kan ek dit so plant? En indien
wel, sal dit groei en kan ek die boonste groen uitloopsels eet?
Inderdaad
ja, jy kan dit plant en die groen uitloopsels eet, dit sal effe flouer in smaak wees as die ui self maar dis heerlik in sop
en fyn gekerf in slaaie. Maar wees bedag daarop dat jy nie juis 'n noemenswaardige uie-oes sal hê nie, dis
altyd beter om uie van saad te kweek as van uitloper uie. Moet ook nie teveel water gee nie anders verrot die ui nog voor
dit mooi wortels kan maak. Knoffel aan die anderkant, plant juis weer baie goed as jy die bolletjies uitplant. Jy kan ook
die groen uitloopsels van knoffel in jou kos gebruik.
SO, Plant ons uie!
• Maak
rye van 15 cm diep met 20-40 cm spasie tussenin. Sit ’n laag kompos in elke ry en gooi dit toe met grond. Lei die
grond nat
• Plant die saailinge 5-10 cm uit mekaar. Bedek die wortels met grond. Gooi
dit elke dag nat
• Sit na ses weke ’n laag bogrond op
• Oes ses tot agt maande nadat dit geplant is,
wanneer die blare geel is en omval. Sit die uie op ’n droë plek, bokant die grond.
Peste en siektes:
Luise: Spuit met ‘n insekdoder.
En UIE RAAD vir boorders en kewers!
Kap 1 knoffelbol en
1 groot ui met skil op. Voeg 15 m F rissiepoeier en 1,5 F water by. Laat prut die mengsel 20 minute lank. Laat afkoel. Syg
deur en bottel en verseël die filtraat.
Laat dit 6 weke lank verouder voor gebruik. Meng 15 m F van die mengsel
met 750 m F water en bespuit wanneer nodig. Dit is veral doeltreffend teen ruspes.
(Die wenk kom uit Lekker
vir Later , deur Anette Human.)
Kobie Gloy (op FB) kla: Ons het verskriklik baie miere, maar
ek het honde en wil nie gif gooi nie. Die miere is buite en binne-in my huis, ek is al moedeloos. Ek het anttrap oral neergesit,
maar lyk my die miertjies word ingeënt daarteen of kry 'n teenmiddel lol. Niks help nie. Heeeelp asb!
Kobie,
mens kry sulke miergif wat soos stokkies lyk dit kan in die miere se gaatjies gegooi word, ook Maxforce, en dan gaan hul onder
die grond in hul neste whegg! Beskikbaar by kwekerye en as jy dit reg gebruik NIE giftig vir honde nie, verder kan jy die
hele huis met 'n Pyrethroids-middel bespuit wat ook nie giftig sal wees vir die honde nie- vra ook by jou naaste kwekery of
Koöperasie...hoop dit help :-)
Rolyn Poolman het ook vertel: Pasop vir die ant traps die soet reuk lok miere van ver af :) ek koop die kryt by agra
of china town, baie goedkoop, kyk waar is die gate en trek baie kryt by die gate, ons het ook diere en honde hulle het nog
niks oorgekom daarvan nie, ek het al by 'n strandhuisie waar ons gaan kamp het reg rondom die huisie die kryt getrek al die
miere gaan dood sodra hulle oor die kryt stap! En
Ansie Maritz, het voorgestel: Gooi mieliemeel by hulle gate.Hul dra dit in die nes in en dan word dit n gis
wat hulle laat vrek.Ek het die raad gekry by pest control.
Nelis Strydom het ook gevra: Kan u asb vir my inligting gee
oor die maak van roossteggies ..
Nelis, Eerstens moet ek erken dat ek nie 'n fundi met rose is nie
maar dat die volgende die beste advies is waarmee ek vorendag kan kom! Ekself het nog egter nie steggies van
rose gemaak nie so ek kan dit nie waarborg nie. Roos-liefhebbers in die omgewing het egter met my hul raad
gedeel en almal s'n stem ooreen so ek skat die volgende is dus seker goeie raad!
Gewoonlik doen die nuwe rose met groot los blomme nie goed met steggies
nie, maar die rankrose, Banksia's, miniatuur rose, ouer rose en wilde rose doen beter met steggies. Verder moet jy dit eerder
eers inlê vir die beste sukses daarmee, dis 'n lang proses maar glo beter. In voortjies in jou tuin of in
swart plant sakke. Jy kan dit egter direk op die plek doen waar jy dit wil doen as jy die plek egter beskerm teen droogte,
wind, onnodige stampe en stote en honde ...
Banksia's kan glo ook soos ander plante met lopers bewerk word, i.p.v. steggies afsny kan jy van die lang uitlopers/sy-lote
met 'n klip op die grond "geanker" word, en dit dan met goeie grond bedek en so laat, dit behoort self wortels of
uitlopers te vorm en kan dan later met die volgende seisoen afgesteek word en verplant word as nuwe plant.
Die maak van die steggie
belangrik:
Hardehout steggies
gesny in die herfs is glo beter as ander, maar net 50 % van steggies groei glo... Tog seg ander dat hul baie
goeie resultate kry, so ek hoop jy het 'n 100% groeisyfer met joune! Jy kan egter beide probeer.
Hardehout kan korter wees maar
sagtehout verkieslik nie korter as 30 cm nie.
Sagtehout = eerste groei seisoen lote
Hardehout = tweede seisoen lote of ouer.
Sny omtrent 12 steggies per plant as jy kan, elkeen moet sowat 25-30 cm lank wees, en gesny van 'n gesonde sy
loot van daardie seisoen.
Maak
'n skuins afknipsnit bokant die boonste groeipunt, en sny die onderpunt weer reguit af.
Die skuins bo help dat water afloop en die steggie nie van
bo af vrot nie en die plat onder help met beter wortelvorming.
Los die boonste twee blaartjies aan en verwyder dan -behalwe die top 3 ogies- al die ander blare,
dorings en ogies/ groeipunte tussen in. Moenie die bas skeur of beskadig wanneer jy die blare en dorings afhaal nie.
Hormoon groei poeier is 'n opsionele maar
nuttige produk, kry dit by jou apteek of kwekery.
Maak die basis van jou steggie nat met water, doop in die poeier en dis gereed vir plant.
Maak nou 'n V vormige sloot eenkant in jou tuin, sowat 20 cm diep in
goeie los krummelrige grond. Gooi sowat 2.5 cm riviersand onder in die V.
Plaas nou die steggies se basis op die riviersand en vul die sloot tot net bokant die
helfte van die steggies.
Druk
grond stewig om steggies vas. (Jy kan dit ook in sakkies inlê) Gee gereeld water.
Teen die volgende lente behoort die meeste van jou steggies te begin
uitloop, en teen die somer sal hopelik party daarvan wortels gevorm het.
Met die volgende Herfs, lig dan elke plantjie uit en verplant waar jy dit wil hê,
maak net seker jy versteur die wortels nie teveel nie en plant net so diep soos wat dit was.
Wenk:
MAAK só om 'n roossteggie maklik te laat groei: Druk dié deel wat
bokant die grond kom, deur 'n middelslag aartappel en plant
gewoonweg. Verwyder die aartappel wanneer dit droog
is in daardie
stadium sal die steggie al gesond groei.
Gaan loer gerus ook hier:
http://www.heirloomroses.com/
http://issuu.com/tc_lonehill/docs/dietuinierdesember
En moet nie van LUDWIGS vergeet nie!
http://www.ludwigsroses.co.za/
Tersia Heimstadt het
geskryf: Hoe maak mens Koejawel steggies. Ek het 'n wonderlike boom wat uit gehaal moet word omdat
ons gaan aanbou en wil die boom nie verloor nie omdat hy groot verm vrugte dra. Ek het al probeer met uitloopsels wat aan
die stam uit kom, maar sonder sukses.Ek woon op Otjiwarongo, Namibia
‘N HARDEKOEJAWEL—só
praat ons van ’n eiewyse en koppige mens.
En as daar iets is wat nog altyd teen die koejawel getel het, is dit sy baie en harde pitte. Van die nuwe variëteite
het egter baie meer vleis en minder pitte, en suikersoet, ingelegde koejawels en koejawel-koeldranke is vandag gunstelinge
in menige huis!
Tersia het ‘n BAIE lang antwoord gekry, omtrent ALLES oor Koejawels en nog meer! Hier is slegs ‘n paar
uitreksels uit haar antwoord!
Sover
ek weet kan mens nie suksesvol steggies van Koejawelbome maak nie, slegs 'n sekere kultivar op 'n ander ent, die beste raad
wat ek het is om dit weereens van die saad te probeer kweek as jy wel nog vrugte daarvan het! Het jy al 'n sterk jong takkie
wat reeds al gedra het, met hormoon poeier behandel en dit so probeer? En wat as jy die boom afsaag en die afgesaagde boom
en wortelstelsel oorplant? Dit behoort weer uit te loop en dieselfde vrugte te kan dra en ook gouer as wat jy met 'n steggie
reg sal kry. Ons het al jonger koejawelbome met sukses so oorgeplant of geskuif. Saag die boom sowat 'n voet bo die grond
af, grawe die hele wortelstelsel so ver moontlik uit en plant dit sodat dit presies in dieselfde rigting as oorspronklik front,
gee 'n hormoon behandeling by die wortels en baie water en top bemesting, kunsmis nie op die wortels nie anders sal die kunsmis
die wortels brand, probeer 'n ureum mengsel om wortel vorming te "boost".
Maar meer kundiges seg oor KOEJAWELS….
Die immergroen koejawelboom met sy gladde, glansende bas en hangtakke behoort tot die mirte-familie Myrtaceae. Die
vrug is groen tot geel aan die buitekant, maar pienk, wit of geel binne, met daardie harde, maar eetbare pitte in die middel.
Die koejawel (of guava) kom oorspronklik uit die tropiese dele van Amerika, tussen Mexiko en Peru, maar word vandag
in byna alle tropiese en subtropiese dele van die wêreld aangetref. In Suid-Afrika het die koejawel van groot ekonomiese
belang geword toe dit in die Tweede Wêreldoorlog vanweë sy rykheid aan vitamien C as ’n waardevolle beskermende
voedsel vir die troepe in Noord-Afrika beskou is.
Die BESTE inligting op die web OOR KOEJAWELS kan jy hier vind :
http://www.guavaproducers.co.za/Afrikaans/afrikaans.html
http://www.safruitfarms.com/Default.aspx?tabid=408
Deon van der Walt skryf : Hallo,
Dankie vir jou insiggewende blad. ek wil graag weet hoe sensitief Ysland Papawers is vir die son en of ek
'n skadunet moet oprig vir die warm somermaande. Ek woon in die warm Klein-Karoo.
Deon, sover ek weet is dit eintlik ‘n plant wat jy nou moet plant
in VOL son, maar juis nou (April-Mei)in die kouer maande, so ek neem aan onder skadunet in die somer sal seker kan werk, ek
het dit self nog nie gedoen nie!
Ons het hier by ons ‘n wonderlike inspirerende tannie Oin gehad (Ons bly in die warm Bo-Karoo!!) wat elke jaar
haar ysland papawers, die tipiese bloedrooi een met die swart gesiggie- mens kry baie kleure maar die regte rooietjie het
sy geplant in die winter maande en dan begin Lente was dit ‘n prentjie in haar tuin! Dit het geblom tot laat in Desember
nog , sy het gesê hoe later in die somer egter hoe kleiner het haar plantjies geword, so ek neem aan hul hou nie
van baie hitte nie nee.
Deon
het per epos ook nog ander wenke oor papawers en so meer gekry en as jul dit wil hê, stuur epos en ek stuur dit graag
aan! …ek het sy navrae afgesluit met: O ja, ek kon ook nie anders as om ‘n lekker muffin reseppie wat ek
raakgelees het ook by te las nie!... Die resepte is langsaan by die kos…!
Amanda Kapp skryf:
Kan u my asb inlig wat 'n persoon op Katjiepierings, Japonika's en Krismisrose moet gooi dit help blykbaar
dat die blare nie vergeel nie. Baie Dankie.
Amanda, Al waarvan ek weet is dat jy die geel blare aan krismisrose en asaleas met ysterchelaat
('n produk van SOYGROW- by kwekerye en Kooperasies beskikbaar) en ’n eetlepel (1 e op 2-5 l ligte louwater)magnesiumsulfaat
(Engelse sout) kan behandel. Maak dit bloot in 'n gieter aan en dien toe teen aan die stamme dit is nie nodig
om dit oor die plant uit te giet nie dit word deur die wortels na die blare oorgedra, alhoewel dit geen skade sal maak
as dit direk op die blare ook toegedien word nie. Verder moet jy kyk dat die plante goeie dreinering het want al wil hul amper
daagliks vog hê wil hul nie in NAT grond staan nie.
'n Toediening van ysterchelaat gedurende die lente voorkom en behandel chlorose (ystertekort
aangedui deur geel blare). Sonder magnesuim kan plante nie groen kleurstof vorm en dus nie fotosinteer nie. Seeprodukte soos
seebamboes is ryk aan magnesium. So ook dolomietiese kalk en kraalmis. Engelsesout (magnesiumsulfaat) vul die magnesiumvlakke
aan. Albei kan in water opgelos word om die plante mee nat te maak. Dit kan ook as blaarvoeding gebruik word.
Magnesiumsulfaat is in enige hoeveelheid
by landboukoöperasies beskikbaar.
Die mikro-organismes is die belangrikste bestanddeel van grond. Dit kom in hul miljoene in grond voor, breek orangiese
materiaal af en herwin dit vir plantwortels.
Daar is 'n ongelooflike hoeveelheid soorte wat dikwels interafhanklik is en saam werk om voedingstowwe so doeltreffend
moontlik uit selfs die hardste houtsoorte, been en dierehoewes te herwin.
Azaleas, Katjiepierings, Japonika's en blou krismisrose hou van suurder grond en is nes
fuchias lief vir baie water. As jy nie 'n besproeiingstelsel het nie, moet jy maar sorg dat jy hulle soggens goed natmaak
en ook die blare bespuit. Op warm dae kan jy hulle selfs in die aand ook weer 'n keer nat maak. (Op sulke dae is dit vir jouself
ook beter om liefs nie deur die dag in die tuin rond te karring nie, maar eerder vroegoggend jou ding te doen of te wag totdat
die son begin water trek).
Om
die suurgehalte van grond aan te vul, kan jy blomswael oor die plante se wortelgebied strooi of 'n suur kompos toedien. Aluminiumsulfaat
in water opgelos sal ook help. Vra by jou kwekery wat die verhouding moet wees.
Om blou krismisrose se kleur te verbeter, kan jy aluminiumsulfaat om
die wortelgebied van gevestigde plante toedien. Doen dit tweeweekliks tot in Januarie.
Strooi weer kalk liggies om die wortelgebied van pienk krismisrose om
húl kleur te verbeter.
Krismisrose
en azaleas se blare is geneig om soms te vergeel. Behandel dit soos genome met ysterchelaat en blaarvoeding wat spoorelemente
bevat.
Let op na die verskyning
van rooispinnekop op azaleas, krismisrose en fuchias en behandel dadelik.
Azaleas en krismisrose vertoon nie net mooi in die tuin nie, maar is goeie snyblomme wat
jou huis teen Kersfees kan versier. Die eikeblaar-krismisroos is die beste geskik as snyblomme.
Gaan loer ook hier op bladsy 6 van die Obaro nuusbrief wat hul seg oor
KRISMISROSE!
http://www.obaro.co.za/nuusbrief/2006/nuusbrief_200612.pdf
ALLES oor SPOORELEMENTE BESTUUR kan jy hier kry:
http://155.240.170.39/downloads/191719991127944820.pdf
Ook het ek vir haar Maart se tuintake kon aanstuur…(SIEN heel bo by LEES MEER! )
Petro
Pretorius
het gevra: Ek wil graag weet watter tuinboek julle sou aanbeveel? Ek is
nuut in die kwekery bedryf ..iemand het Readers Digest Gardening A-Z aanbeveel. Is daar dalk iets anders? Dankie Petro.
Petro! Daardie boek van Readers Digest is
baie goed ja, maar nie direk geskryf vir ons Suid Afrikaanse tuine ens nie. Ek gebruik myne vir algemene naslaan oor die
verskeidenheid plante daarin wat relevant is enige plek. As jy dit gebruik onthou net dat dit vir die boonste helfte
vd aarde geskryf is en ons is in die suidelike halfrond dus as hul seg lente is dit herfs by ons maar die algemene riglyne
is steeds van toepassing.
‘n
Wonderlike Plaaslike boek wat jy kan gebruik wat ek kan aanbeveel, is Marianne Alexander se TUINMAAK IN SUID AFRIKA…op
my tuinhoekie is sy voorblad en my uittreksels vir elke maand kom ook daaruit.
Dan is ENIGE boek van wyle Prof Kristo Pienaar steeds relevant
en uitstekend.
Ook Diddi Hofmann
se boeke veral oor kruie is ‘n aanwins vir enige tuinier of kwekery.
‘n Ander baie goeie gids is HUISPLANTE VIR SUID AFRIKA van Keith Kirsten
en Owen Reid. Dan is al Margaret Robberts se kruie boeke natuurlik ook uitstekend.
Ander outeurs op my rak wat ek aanbeveel is:
Beckett/Bradley/kingsbury/Newbury; Penelopy
Ode; Braam en Piet van Wyk; LeRoux, Kotze en Nel; Frits van Oudshoorn; Antoinette Pienaar; Walters; Schriefer; John
en Rosemary Hemphill; Rodales se plant en kruie Ensiklopedies; Betsie Rood; Meredith; Marienne
Uys; Nancy Gardiner en Dudley Harris.
Susan Mostert skryf: hallo,ek wil graag weet watse WINTER blomme kan ek nou plant wat in die winter sal blom.
ek bly in witbank. baie dankie.
Susan, (hmmm dalk familie? Ek was selwers ‘n nooi Mostert mos!)
ONTHOU: EK IS NIE 'N TUINBOUKUNDIGE NIE, EN LEER OOK MAAR SAAM MET JULLE
EN SO STUK-STUK SOOS WAT OOK EK, PROEF-EN-PLANT!
Witbank is in die ryp-streek en daar is nie veel wat dan kleur gee nie nê! Vergeet van verskeidenheid het ek
gevind, plant ‘n massa van een ding! En vergeet van al die eksotiese goed, plant die eenvoudige dankbare
blomme wat jou sal beloon met hul oorvloed en prag. Hou die eksotiese goed vir potte en hangmandjies en vir beskutte beddings.
Jy kan einde Februarie-Maart-April begin
plant aan: Kosmos, Namakwalandse-madeliefies, Bokbaai-vygies, Linarias, strandviooltjies, Nemesias, winter vuurpyle, rooi
Ysland papawers, pronkertjies, daglelies en meeste bolle wat beskikbaar is.
Verder konsentreer in Maart, op die beskerming van ryp gevoelige plante wat jy nie wil
verloor nie. Ek maak myne vroegtydig toe met die ryp-komberse. Dit lyk dalk nie so goed met hierdie groot wit lappe om party
plante nie maar kom Lente kan jy dit afhaal en jou tuin het mooi gebly!
Om die onooglikhede uit die gesig te hou maak ek potte vol kleur met Kappertjies, of Afrikaners
of Gousblomme wat ek kan vervang daar waar die oog dit eerste kan vang dan pla dit niemand dat die ander bedek is nie, mense
verstaan en weet mos!
Jy
kan ook strooi of riete gebruik i.p.v. die doeke. Die doeke werk net baie makliker, jy haal dit so 9-10 uur af en dan maak
jy dit weer so @ 5uur weer toe. Maar as jy baie het wat toe gemaak word, of doringstruike of bome los jy dit sommer bedek
die heeltyd!
Ek skuif gewoonlik
al my potte wat ek wil toemaak bymekaar en gooi dan die doek sommer bo-oor almal.
Katsterte of Aspersie-varings, mens kry heelwat verskillendes, verdra
ryp baie goed, asook die Ruscus-varings vir groenigheid vir die winter.
As jy wil hê jou bolle moet mooi en vinnig uitloop hou hul so 4-5 dae onder in jou
yskas voor jy dit wil plant.
Einde
Maart- middel April is die beste bol-plant-tyd.
Geniet jou tuinmaak!
JOHAN VAN SITTERT skryf: Potplante wat met pot grond in potte geplant word... Hoe gereeld moet hulle water kry.... varings , broodbome
, krismisroose ens. My krismis rose het ek n maand terug gekoop en uit geplant in potte op beskutte stoep.Een het
amper gevrek en die ander een het ook agteruit gegaan... die broodboom het ek ook in potgrond geplant... die pot
het nie dreineer nie en sy blare het begin geel word...
Hi Johan, Wyle Prof Christo Pienaar het altyd gesê nie te min nie en ook nie teveel
water nie! Ernstig, jy moet maar gereeld met jou vingers voel, as jy jou vingers so ‘n duim kan indruk en dis nog klam
is dit reg anders gee water- het skoonmoeder my geleer!
Maar ja, meeste plante hou van goed gedreineerde potgrond, klam maar nie nat nie, elke
2de derde dag goed natmaak is beter as elke dag bietjie water.
Potte wat in die son staan vra natuurlik bietjie meer.
Onthou met planttyd, om ou potskerwe of klippe onder in die pot te gooi
voor jy dit opvul met potgrond sodat die dreineer gate kan oopbly.
Krismisrose is vol nonsens in potte veral, hul hou van direk in die grond wees en dan
van ‘n beskutte plek wat net middagson kry. As hul egter hul staanplek gekry het is hulle net vreugde. Onthou hulle
hou eintlik meer van suurder grond maar meer alkaliese grond gee weer blou blomme. As jy blou en pienk blomme wil hê
op dieselfde plek, werk teesakkie of dennenaalde in om die wortels van party.
Party Varings hou nie van water op hul blare nie so gee die water onder teen die wortels. Varings
hou ook nie van slaap met nat voete nie so gee soggens water.
Plantvoedsel stokkies of pille is natuurlik vir alle potplante ‘n hupstoot en verseker
lang gelukkige plante in die pot.
Ek het een broodboom vir amper 24 jaar al in dieselfde grond en in dieselfde pot! -al wat dit ooit gepla het was
wind, verskuiwings en koue. So van ek daarvoor opgelet het is dit steeds gelukkig! Dis wel ‘n stadige groeier maar nogtans.
Onthou bv as jy iets rondskuif, maak aan
‘n takkie wat bv na die Noordekant wys, ‘n toutjie vas, dan skuif jy dit na ‘n soortgelyke beskutte plek
maar draai die pot sodat daardie takkie weer in dieselfde rigting wys, dit geld ook vir bome wat jy in Julie uitplant. Dit
sal blare ens verloor, maar Lente loop dit uit asof dit nooit verplant is nie!
VOILA!