ONSDORP.com

StorieStoep

Hoofstraat
Die Mier
Manifes
Kambassadeurs
AfriSkakels
Ander Dorpe se werwe
Army Stories
Boemerang Boertjie
Briewebus
Die Knoop Snelweg
Dobbelblad
Hulpnavrae
Kalahari dot net
KERKPLEIN
Markplein
NUUSBRIEF
Jaargelde
Nuusbrief Argiewe
Ons Kaart
S.A. ABC
Stambome
SOEKHOEKIE
Strandloper
StorieStoep
Voels
Werk in Kanada
Webmeester
HELP!

ONS REEKS OOR VERPLEGING: 
 
DELMARÉ se DAGBOEK
Deur Nursie

nursie.gif

DIE HEEL NUUTSE AFLEWERING.... 

24. Die wêreld is beslis kleiner as wat ons dink (1)! 

{(*) naam & van verander}  

In een van die mees bisarre gevalle van ‘toeval’ (as daar so iets is), het gekom in die vorm van ‘n man wat saam met my man gewerk het. Daar was ‘n jaar wat manlief 3 maande in Amerika gewerk het aan ‘n projek – en in diè tydperk het ons bouplanne deurgekom wat toe mooi oormekaar geval het – en nie een kon verander word nie.  

Net om seker te maak ek val nie vas met die bouery nie – was daar reëlings getref dat ek met ene Tony(*) kan praat om te help... Min wetende daar is twee Tony’s met dieselfde van, maar een is in ‘n bestuursposisie en die ander ‘n verkoopsman. Gelukkig het ek die direkte nommer van die ‘regte’ Tony gehad en onwetend dat die man verkies om Mnr. Hamman (*) genoem te word ‘n groot flater gemaak... 

Omtrent 6 weke na die bouery begin het, was hier ‘n situasie wat ek met die Mnr Tony Hamman moes bespreek, en ek bel sy sekretaresse en vra om met hom te praat. Sy vra eers watter een ek soek en in verband waarmee ek skakel, maar sy skakel my toe deur toe sy hoor waaroor dit gaan, dis mos nou die reëlings wat getref is dat ek by hom kan raadvra.  

Die diep stem antwoord toe baie professioneel “Hamman” en ewe skaapagtig vra ek of dit Tony Hamman is – toe hy my duidelik hoog de duiwel in inlig “JA dit IS MNR Hamman – waarmee kan ek help?”. Toegegee, hy was meer ‘gemoedelik’ na die gesprek, maar het nooit ingegee om my op my naam te noem nie, en ek het maar gehou by Mnr Hamman... 

Dit was maklik 4 jaar later wat ek die aand by die werk aankom na ‘n laaaaaaang operasielys en ‘n klomp nuwe geslagtes... Slaan glad nie ag op die van Hamman nie. Sien die man se voorletter is T. S Hamman maar lui nog steeds nie ‘n klokkie by my nie. 

Met die medisyne rondtes doen ons ook wondinspeksie om seker te maak daar is nie bloeiery wat buitengewoon is en wat sigbaar is in die verbande nie. Dis ‘n hele ding om kop te hou met alles, en dis bloot roetine vir ONS, maar gesien van die pasiënt se situasie af, dis in sy onderklere... nie iets wat mens gereeld ten toon stel teenoor vreemdelinge nie.  

Sonder om dit vreemd te vind, gaan ons almal deur al die regte bewegings en doen die ons werk, al geselsende met die mense om hulle bietjie meer op hul gemak te stel terwyl jy bloeddrukke en polse neem, slaappille en pynmedikasie uitdeel. 

Die eerste man in die vierbedsaal vra my met ‘n bekommerde gesig of my man nie omgee dat ek so nagdiens werk nie – en ek antwoord hom dat ons dit al so gewoond is, ons sal mekaar seker nek omdraai as ons skielik elke aand by mekaar moet wees, want as hy nie in Amerika werk vir 3 maande nie, dan werk ek nagdiens. Met die gordyne toegetrek vir die wondinspeksies, is die stiltes maar swanger van die ongemak, maar dit bly maar roetine en ‘n mens hou dit maar lig en professioneel. 

Die volgende omie het stilweg geglimlag oor die vinnige antwoord, die wonde het goed gelyk en almal die binneaarse voedings het goed gewerk en die urinesakkies was leeggemaak en totale gekaart.  

Teen die tyd wat ek my na mnr Hamman se bed begewe, het hy nou al ‘n paar afleidings gemaak, en terwyl ek sy bloeddruk en pols neem en verneem of hy iets vir pyn en/of slaap nodig het, vra hy of my man vir dieselfde plek werk waar HY werk. Ek kyk toe op die kaarte, kliek en antwoord bevestigend en herinner hom stuitig aan ons gesprek ‘n paar jaar gelede. Met die gordyne toegetrek sodat ek sy breuk pleister kan inspekteer in die lies, kry ek die nodige ‘toestemming’ dat ek hom gerus Tony kan noem... 

Hierdie keer was dit my beurt om die professionele front voor te hou en hom as Mnr Hamman aan te spreek ten spyte van sy ontydige gul uitnodiging! 

nursie2.gif

lifechanger2.jpg

PROVINET2008.jpg

capecarhire4.jpg
Horizontal Divider 2

kalahariafrbooks.gif