SUID AFRIKAANSE VOGELS

BEGIN | Bloukraanvoel | Telefoonpaaljagters | Groot Dorpsjagters | Kleiner Dorpsjagters | Witkruisarend | Visarend | Uile-Nagjagters | Reiers | Wit Reiers | Hamerkop | Dobbertjies | Eende | Hoenders | Lepelaar | Duikers | Strand Kiewiete | Bokmakierie | Speg | Spekvretertjie | Terug na Onsdorp

Groot Reiers van die Klein Karoo

greiers.jpg

 

Hoe groter ‘n voŽl is, hoe makliker sien ‘n mens dit mos raak, nie waar nie? Dan val hierdie drie gemaklik binne daardie katagorie, want hulle is groot genoeg om sommer op ‘n ver afstand raakgesien te word. As jy vinnig kyk en hy is regtig ver, kan jy een van die groot reiers dalk nog met ‘n kraanvoŽl verwar, maar ‘n tweede kyk sal jou oortuig – dis reier se kind daardie. Selfs as hy vlieg is dit maklik om te weet dis ‘n reier – kraanvoŽls vlieg met hul nekke ver uitgestek terwyl reiers hul nekke intrek om so ‘n mooi ‘S’ te vorm.

 

Maar watter een is dit waarna jy kyk wanneer jy hom raaksien? Veral die Bloureier (Grey Heron) en Swartkopreier (Blackheaded Heron) lyk vir die ongeoefende oog sommer baie op mekaar, veral as jy laasgenoemde se swart nek nie duidelik kan sien nie! Kyk mooi na die illustrasies, die verskille is klein genoeg dat hulle op ‘n afstand redelik maklik met mekaar verwar kan word. En terwyl hulle nog jonk is, is dit nog moeiliker. Gelukkig het een van die twee - om die uitkenning vir ons makliker te maak - besluit om ‘n heel ander leefstyl aan te kweek. ‘n Mens assosieer reiers mos met water – die meeste reiers is immers vis- en paddavangers – maar spesifiek die Swartkopreier het besluit om weg te breek van die norm. Sou jy ‘n groot reier in die veld of op ‘n landery sien, is die kanse byna 100% dat dit ‘n Swartkopreier sal wees, want hy verkies eerder insekte, klein voŽltjies en muise as vis op sy spyskaart. ‘n Leser wat in Millenium-park woon het my juis ‘n tydjie gelede vertel dat hy op sy voorstoep sit en kyk hoe een gereeld  - feitlik daagliks - ‘n muis of twee in die veld daar naby kom vang. Swartkopreiers en Bloureiers het darem ook verskillende kleure snawels en bene om hulle van mekaar te kan onderskei.

 

Wat hulle egter wel in gemeen het is die nesmaak-plek wat hulle dikwels deel. Sou jy dalk op ‘n reier-kommune afkom – en hier kan jy sommer baie reiers van elke geur en kleur bymekaar kry (oor die kleiner wit reiers gesels ons later) – ontdek jy ‘n raserige, maar uiters interessante geroesemoes! Daar is voornemende pa’s wat die beste plek vir ‘n nes soek; voornemende ma’s wat vlerksleep by die voornemende pa’s; pa’s wat takkies aandra sodat die gekose ma’s by die gekose plek kan nes bou; bure wat gevaarlik na mekaar pik as die een te na aan die ander kom; ouers wat om die beurt op die nes sit en later kos vir die twee of drie donskop-kleintjies aandra - voorwaar ‘n spreekwoordelike malhuis.

 

Die derde van ons groot reiers, die Reusereier (Goliath Heron) en terloops die grootste in die wÍreld, is beslis nie algemeen by ons nie. Trouens, ek weet net van een paar wat so ‘n paar seisoene gelede hier by ons ingetrek het. Maar boeta, as jy nou groot wil sien dan moet jy hulle van naderby beskou! ‘n Leser het my onlangs gebel om te vertel dat sy een van hulle by die dam langs die Safari Volstruisplaas opgemerk het. Dit is ook die omgewing waar hulle die meeste van die tyd boer. Volgens een van die seuns in die omgewing wat hulle gereeld dophou probeer hulle feitlik elke jaar broei, maar sonder sukses.

 

As jy oor voŽls of reiers wil gesels, skakel my gerus by 072 90 33 707. Reinderd – Swartberg Eco Explore (Ek wil darem weer ‘n slag baie dankie sÍ aan almal wat bel, en aan Gert en Wilmar wat my so gewilliglik van materiaal voorsien wanneer ek daarvoor bakhand staan.)



Teken in op Kammanuus


    3046 Lesers al reeds!
    GetResponse E-pos Bemarking