|
|||||
|
Met erkenning aan Ilse
Wat party woorde 'EINTLIK' beteken!
A ALMANAK : 'n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom. AMBULANS : Kombi met disko-ligte. B BAAS : Wat Ma vir Pa laat dink hy is. BABA : 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene anger word. BABAWAENTJIE : Verlede jaar se pret op wiele. BEGROTING : Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee. BELASTING : Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid. BOOM : Iets wat jare op een plek bly staan en dan skielik op 'n dag voor 'n voertuig inspring. BROMMER : Vlieg met 'n dieselengin. BRUIDEGOM : Iemand wat hom teen iets taais vasgeloop het. BRUNET : Uitgebrande blondine. D DIEET : n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word. E EEND : n Hoender met roeispane vir voete. ETENSTYD : Die enigste tyd wanneer n kind nie wil eet nie. G GERAAMTE : Iemand met sy binnekant buite en sy buitekant weg. GESINSVAKANSIE : Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wilwegkom. GEWETE : Iets wat pla as alles baie lekker gaan. H HELIKOPTER : Eierklitser met ambisie. HUWELIKSERTIFIKAAT : n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk. I INRYTEATER : n Plek waar jy ou prente en jong paartjies aantref. K KARSIEK : Dit wat jy elke maand kry as jy die paaiement moet betaal. KORTPAD : n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te se waar jy is nie. KRAAI : Spreeu in n aandpak. KREDIETKAART : Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie. L LEKTOR : Iemand wat die rare talent het om 'n student aan die slaap te praat. M MATRIEKSERTIFIKAAT : Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat sy pa betaal het. MIDDELJARE : Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil. MôRE : 'n Plek waar jy alles kan aflaai wat jy gister moes gedoen het. N NOODHULP : Jou kans om gesond te word voor die dokter jou beetkry. O OUDERDOM : Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem. P POU : 'n Hoender wat blom. R ROLSKAATSE : Tekkies sonder remme. S SNIPPERMANDJIE Iets wat tieners altyd mis kyk. SNOR Bolip wat uitrafel. T TAKT Die vermoe om jou mond toe te maak voor iemand anders dit vir jou doen. V VLEISBRAAI n Partytjie waar die kos so n bietjie rou en die gaste so n bietjie gaar is. W WEERVOORSPELLER Iemand met wie die weer lief is om die spot te dryf. WITTEBROOD Die vakansie wat n man neem voordat hy vir n nuwe baas begin werk Hiermee is my voorraad van woorde op, stuur asb enige wat jy het om by te dra! - HJG STUUR GERUS VIR ONS JOU EIE BYDRAE! |
|||||
|
|
|||||